Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Die vraestel is verdeel in Afdeling A (25 punte), Afdeling B (75 punte) en Afdeling C
(50 punte).
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer jou antwoorde presies soos hulle in die vraestel verskyn.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
7. Lees die vrae sorgvuldig. Let op die bewoording van die vrae, d.w.s. verduidelik,
noem, kies, bespreek, identifiseer, ens. en beantwoord dan dienooreenkomstig.
8. Gee jou antwoorde in algemene terme. Gebruik handelsname slegs wanneer jy
gevra word. Gebruik byvoorbeeld "woordverwerker" in plaas van "Microsoft Word"
of "WordPerfect".
9. Gewoonlik word 'n punt per feit toegeken. 'n Tweepuntvraag sal dus twee feite
vereis, ensovoorts.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 QP (Afr)
IEB Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Computer Applications Technology · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 682.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 2 van 15
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Kies die korrekte woord(e) in Kolom B wat die definisie in Kolom A die
BESTE beskryf. Skryf SLEGS die woord(e) van jou keuse langs elke
vraagnommer neer.
Kolom A Kolom B
1.1.1 'n Lêer wat deur 'n webbediener na 'n Inproptoestelle
webblaaier gestuur word en gebruik word
om jou aktiwiteite op 'n webwerf aan te
teken.
1.1.2 'n Metode om randtoestelle met 'n rekenaar Windows Explorer
te verbind waar toestelle in die rekenaar
ingeprop word sonder om die rekenaar af te
skakel.
1.1.3 Dit is 'n program wat gebruik word om die Klokspoed
inhoud van jou rekenaar maklik te besigtig
en jou lêers te bestuur.
1.1.4 Programme/sagteware op 'n slimfoon of Warmruiling
tablet, byvoorbeeld kalender, word so
genoem.
1.1.5 Bepaal hoe vinnig die SVE basiese Aanhegsel
instruksies kan uitvoer.
Internet Explorer
Koekie
Toeps
Baudtempo
Prop in en speel (5)
1.2 Kies die TOEPASLIKSTE antwoord op elke vraag. Skryf SLEGS die letter
van jou keuse langs elke vraagnommer neer.
1.2.1 Watter een van die volgende stellings oor reklameware is ONWAAR?
A Reklameware is sagteware wat veroorsaak dat ontwrigtende
en ongewenste reklame/advertensies op jou rekenaar verskyn.
B Reklameware kan slegs met die gebruiker se toestemming op
'n rekenaar geïnstalleer word.
C Die installering van reklameware kan vrywillig wees in ruil vir
'n produk of diens.
D 'n Vorm van boosware wat normaalweg bestaan uit opwip- en
ander advertensies. (1)
1.2.2 Watter EEN van die volgende laat gebruikers toe om deur 'n
draadlose verbinding soos Wi-Fi met 'n aanlyn internetbediener te
verbind?
A WAP
B SSID
C WISP
D WIP (1)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 3 van 15
1.2.3 Die "digitale kloof" verwys na …
A die kloof tussen diegene wat maklik toegang tot rekenaars en
die internet het en diegene wat dit nie het nie.
B die gaping wat bestaan ten opsigte van die gehalte van die
beeldelemente (pixels) op 'n monitor.
C die vermoë om die verskillende tegnologie-opsies wat vir
almal beskikbaar is, te verstaan.
D 'n nuwe term wat gebruik word om die digitale wêreld van
rekenaars te beskryf. (1)
1.2.4 Wanneer 'n wagwoord ingetik word, moet jy onthou dit is
"kassensitief". Dit beteken dat …
A al die letters met karakters en syfers gemeng moet wees.
B die wagwoord bo- en onderkaskarakters moet bevat.
C die letters in die wagwoord dieselfde kas moet hê as toe die
wagwoord aanvanklik geskep is.
D al die letters sensitief moet wees vir hoofletters. (1)
1.2.5 Watter een van die volgende terme pas NIE in die lys nie?
A Officejet
B Laserjet
C Bpm
D QWERTY (1)
1.2.6 Dit is 'n tipiese netwerk van rekenaars wat slegs toegang tot veilige
kommunikasie binne 'n maatskappy toelaat.
A Persoonlike Privaat Netwerk
B Intranet
C E-pos
D Internet (1)
1.2.7 Wat kan 'n moontlike oplossing wees vir 'n blanko vertoon op die
skerm wanneer 'n ander monitor met die stelseleenheid verbind
word en dit nie die probleem oplos nie?
A Installeer meer geheue.
B Skrap alle tydelike lêers wat op die hardeskyf is.
C Skakel die veiligemodusopsie ("safe-mode option") af.
D Vervang die grafikakaart. (1)
1.2.8 'n USB-poort word gebruik om randtoestelle met 'n rekenaar te
verbind. Indien jy 'n beperkte aantal USB-poorte het, kan jy 'n
USB-_________ gebruik om die aantal poorte uit te brei.
A spil
B brug
C verlengkabel
D modem (1)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 4 van 15
1.2.9 Watter EEN van die volgende stellings oor 'n brandmuur is WAAR?
A 'n Brandmuur word nie benodig indien jy 'n internetverbinding
het nie.
B Kommunikasie tussen die rekenaar en die internet word deur
die brandmuur gemonitor.
C 'n Brandmuur laat iemand toe om onwettig toegang tot die
rekenaar te verkry.
D 'n Brandmuur moet daagliks bygewerk word om sagteware-
roof te identifiseer wanneer jy op die internet is. (1)
1.2.10 Die beheerrekenaar in 'n veilige netwerk word 'n _______ genoem.
A terminaal
B gasheer
C bediener
D kliënt (1)
[15]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 5 van 15
VRAAG 2
2.1 Kies die TOEPASLIKSTE term (onderstreep en tussen hakies gegee) vir
elke vraag wat volg. Skryf SLEGS die term van jou keuse langs elke
vraagnommer neer.
2.1.1 'n (Indringer (hacker)/Kraker (cracker)) beskou ongemagtigde
toegang tot 'n rekenaar of netwerk as 'n uitdaging. (1)
2.1.2 Die maksimum hoeveelheid data wat binne 'n bepaalde tydperk van
een punt na 'n ander deur 'n kommunikasiekanaal versend kan
word, word (breëband/bandwydte) genoem. (1)
2.1.3 (Valideringsreël/Valideringsteks) is die voorwaarde waaraan die
data in 'n gespesifiseerde veld moet voldoen om geldig te wees. (1)
2.1.4 Die (COUNTIF()/SUMIF())-funksie tel die waardes wat in 'n aantal
selle vervat is en wat aan 'n bepaalde voorwaarde of bepaalde
kriteria voldoen, bymekaar. (1)
2.1.5 (Nutssagteware/Taakbestuurder) help die gebruiker om 'n rekenaar-
stelsel te organiseer, in stand te hou en die doeltreffendheid
daarvan te verbeter. (1)
2.1.6 (Bcc/Cc) laat 'n gebruiker toe om 'n kopie van 'n e-pos aan ander
ontvangers te stuur met die volle medewete van die oorspronklike
ontvanger. (1)
2.2 Gee 'n toepaslike definisie wat die volgende terme die BESTE sal beskryf:
2.2.1 Metadata (1)
2.2.2 CAPTCHA (1)
2.2.3 BIUS (1)
2.2.4 Produksleutel (1)
[10]
25 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 6 van 15
AFDELING B
VRAAG 3 STELSELTEGNOLOGIEË
3.1 Identifiseer die item/toestel in die prente hieronder en voltooi die tabel
volgens die instruksies.
3.1.1 3.1.2
3.1.3 3.1.4
Trek die volgende tabel in jou Antwoordboek. Skryf dan die naam van
elkeen van die items/toestelle in die tweede kolom, gevolg deur sy hoof-
funksie in die derde kolom.
Vraagnommer Naam van Item/Toestel Hooffunksie
3.1.1
3.1.2
3.1.3
3.1.4
(8)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 7 van 15
3.2 Wanneer 'n nuwe rekenaar gekoop word, is dit raadsaam om die video-
verbindingspoorte wat beskikbaar is, te oorweeg. Die meeste rekenaars
bied 'n VGA- en/of 'n HDMI-verbinding.
3.2.1 Watter een is die beste verbinding om te hê? (1)
3.2.2 Regverdig jou keuse in Vraag 3.2.1. (1)
3.3 Jy wil graag 'n paar lêers met 'n vriend deel en jy wil die lêers op 'n
geheuestafie stoor. Daar is nie baie spasie op die geheuestafie nie en jy wil
nie enige lêers skrap nie.
3.3.1 Verduidelik kortliks hoe jy al die lêers sal saampers om die lêers op
die geheuestafie te kan inpas. (1)
3.3.2 Watter tipe lêer, afgesien van 'n PDF, druk nie werklik die lêers saam
wanneer hierdie metode gebruik word nie? (1)
3.4 Brei die akronieme wat gegee word uit EN verduidelik hoe hierdie drie
kritieke hardewarekomponente die werkverrigting van 'n rekenaar
beïnvloed.
3.4.1 LSG (RAM) (2)
3.4.2 SVE (2)
3.4.3 SSD (2)
3.5 Jy wil skyfspasie beskikbaar maak en 'n voorstel is dat jy jou lêers argiveer
aangesien rugsteuning van jou lêers nie dieselfde resultaat sal hê nie.
3.5.1 Verduidelik elke konsep wat hierbo in vetdruk gegee word. (2)
3.5.2 Gee EEN voorbeeld van elke konsep in vetdruk hierbo wat die
verskil tussen die twee konsepte goed verduidelik. (2)
[22]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 8 van 15
VRAAG 4 INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
4.1 Wanneer 'n internetverbinding gekies word, sal 'n organisasie moet
oorweeg hoe om 'n rekenaar met die internet te verbind.
4.1.1 Beveel EEN sagtewareprogram aan wat oorweeg kan word wanneer
organisasies wil hê hul werknemers moet toegang tot die internet
verkry. (Moenie handelsname gebruik nie.) (1)
4.1.2 Beveel EEN noodsaaklike hardewaretoestel aan wat nodig is om
die organisasie se rekenaars met die internet te verbind. (1)
4.2 Die organisasie sal skootrekenaars toelaat om deur 'n draadlose verbinding
met sy netwerk te verbind.
4.2.1 Gee EEN voordeel van draadlose verbinding. (1)
4.2.2 Gee EEN nadeel van draadlose verbinding. (1)
4.3 Die eienaar van die organisasie oorweeg dit om van wolkverwerking
gebruik te maak.
Motiveer duidelik waarom jy óf teen óf vir die voorstel is deur TWEE redes
te verskaf. (2)
4.4 Wanneer data "in die wolk" gestoor word, sal die organisasie gratis
sagteware op die skootrekenaars moet installeer en dan by die wolk moet
registreer.
4.4.1 Hoe sal die werknemers binne die maatskappy lêers deel en
toegang daartoe verkry? (3)
4.4.2 Gee EEN HANDELSNAAM van 'n aanlyn bergingsdiens wat die
organisasie kan gebruik. (1)
4.5 'n IDV kan draadlose of bedrade internettoegang verskaf.
4.5.1 Brei die akroniem "IDV" uit. (1)
4.5.2 Noem DRIE ander dienste wat deur 'n IDV aangebied kan word. (3)
4.5.3 Wat die verskillende tipes internetverbindings betref, sal die meeste
organisasies 'n gevormde verbinding verkies. Verduidelik waarom
dit die geval is en gebruik 'n voorbeeld om jou antwoord te motiveer. (4)
[18]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 9 van 15
VRAAG 5 INLIGTINGSBESTUUR
Onvoldoende reënval en vinnig dalende damvlakke is die hoofredes waarom daar
'n droogte is in die Kaapstad-gebied. Om hierdie droogte te oorkom, moet almal
saamwerk. Vlak 6B-waterbeperkings is sedert 1 Februarie 2018 van krag. Daar
word van alle huishoudings verwag om nie meer as 50 liter per persoon per dag te
verbruik nie en huishoudings wat meer as 10 500 liter water per maand verbruik,
sal beboet word of waterbestuurtoestelle sal op hul eiendom geïnstalleer word. Die
Stadsraad van Kaapstad sal watermeters gebruik om die verbruik van water te
meet.
1
5.1 Jou huishouding het 'n bietjie navorsing gedoen en bevind dat FLUID
volgens www.kickstarter.com die wêreld se eerste lerende watermeter is. Jy
plaas die toestel eenvoudig om die hoofwaterpyp wat in jou huis inkom,
prop dit in 'n kragbron in en verbind dit met jou Wi-Fi-netwerk. Jy sal dan
intyds jou verbruik kan sien van enige verbinde toestel af.
5.1.1 Wanneer jy die toestel aktiveer, kan jy 'n lys van toestelle maak wat
ten opsigte van waterverbruik in die huishouding geïdentifiseer moet
word. Hierdie lys sal FLUID help om 'n bepaalde toestel te identifiseer
elke keer wanneer dit gebruik word. Noem minstens EEN toestel
wat geïdentifiseer kan word om te bepaal hoeveel water verbruik
word. (1)
5.1.2 Die FLUID-toestel kan kennisgewings na jou slimfoon stuur. Watter
soort kennisgewing sal jy verwag om te ontvang? Noem minstens
TWEE tipes kennisgewings wat jou kan help om water te bespaar. (2)
5.2 Die FLUID-toestel sal jou in staat stel om meer bewus te raak van die
hoeveelheid water wat jy verbruik. Wat hoop jy om te leer uit die data wat jy
ingesamel het? Gee TWEE voorbeelde van data oor waterverbruik waarvan
jy bewus gemaak kan word. (2)
1
[Bron: <www.capetown.gov.za>]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 10 van 15
5.3 Die data word op jou rekenaar gestoor. Gee TWEE voorbeelde van watter
nuttige inligting bereken kan word deur hierdie data te gebruik. Jy moet in
jou antwoord na die scenario verwys. (2)
5.4 Jou huishouding probeer om water te bespaar en daarom kan die hou van
'n rekord van die data wat van jou FLUID-watermeter ontvang word,
waardevol wees vir jou gesin en ook as bewys ingedien word by die
Stadsraad van Kaapstad, indien hulle jou waterverbruik bevraagteken.
5.4.1 Watter soort toepassingsagteware sal jy gebruik om die data te
verwerk? (1)
5.4.2 Gee EEN verduideliking vir jou keuse in Vraag 5.4.1. (1)
[9]
VRAAG 6 SOSIALE IMPLIKASIES
Met die gebruik van tegnologie vandag is ons so gewoond daaraan om inligting
met die druk van 'n knoppie te hê dat ons ons nie 'n lewe sonder tegnologie kan
voorstel nie.
6.1 Argaïese media is 'n term wat geassosieer word met die gebruik van ou
media (harde kopie, gedrukte koerante en tydskrifte).
6.1.1 Waarom raak argaïese media verouderd vergeleke met die digitale
media wat beskikbaar is om inligting te ontvang? (2)
6.1.2 Die versyfering van media het 'n groot impak op die wêreld-
gemeenskap gehad en het inligtingsoorlading veroorsaak. Gee
DRIE maniere hoe mense inligtingsoorlading kan hanteer. (3)
6.2 Pinterest 2 is 'n web- en mobieletoepassingmaatskappy wat opgesom word
as 'n "katalogus van idees". Dit is in 2010 bekend gestel en met meer as
70 miljoen gebruikers vandag, het Pinterest 'n taamlike indruk gemaak in
die sosialeboekmerkwêreld.
Verduidelik die verskil tussen sosiale boekmerk en sosiale netwerk wat
deel vorm van sosiale media. (4)
6.3 Mense ontvang soms e-posse wat te goed lyk om waar te wees; byvoorbeeld
dat hulle geld geërf het. Hulle word dan uitgelok om persoonlike inligting te
verskaf.
6.3.1 Waarom word die algemene gesegde "as dit te goed lyk om waar te
wees, dan is dit te goed om waar te wees" dikwels met strikroof
(phishing) geassosieer? (1)
6.3.2 Gee 'n voorbeeld van 'n ander tegniek wat gebruik kan word om
rekenaargebruikers se persoonlike inligting te verkry. (1)
[11]
2
[Bron: <http://en.wikipedia.org/wiki/pinterest>]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 11 van 15
VRAAG 7 OPLOSSINGSONTWIKKELING
Die PAT-opdrag vorm deel van die RTT Skoolgebaseerde Assessering
(portefeulje). Daar is 'n paar opsies wat jy kan gebruik om jou doel om jou inligting
professioneel aan te bied, te bereik. Jy kom voor die volgende vrae te staan terwyl
jy die opdrag entoesiasties afrond.
7.1 Jou onderwyser het 'n outomatiese inhoudsopgawebladsy aanbeveel. Elke
keer wanneer jy 'n inhoudsopgawe probeer skep, verskyn die volgende
boodskap:
No table of contents entries found.
7.1.1 Jy weet jy het style gebruik. Wat kan dan die rede wees vir die
boodskap hierbo en hoe kan jy die probleem oplos? (2)
7.1.2 Wanneer jy inligting in jou woordverwerkingsdokument kopieer en
plak, word jy soms gedwing om die font en formaat te verander. Dit
is 'n frustrasie en verspil tyd. Hoe kan dit voorkom word? (2)
7.2 Jy sal 'n spreitabelpakket gebruik om jou te help met 'n paar berekeninge in
jou opdrag. Verwys na die spreitabelinligting hieronder. Skryf 'n moontlike
formule/funksie neer wat gebruik is om die resultaat in kolom D3 te verkry. (4)
7.3 'n Databasistabel moet geskep word om die vaslegging van 'n kode te
beperk. Gee die toevoermasker wat jy sal gebruik om die beperking
volgens die volgende voorbeeld te bevredig: EB263rts. Hou in gedagte dat
elke kode met 'n hoofletter E moet begin, gevolg deur nog 'n hoofletter, drie
syfers en drie letters. (3)
7.4 Jy wil graag 'n skakel vertoon op 'n webblad wat jy ontwikkel sodat blaaiers
die volgende veilige webwerf kan besoek: www.JusticeLeagueLounge.com.
Watter HTML-kode sal jy skep om die gebruiker aan te moedig om op die
skakel te klik om bogenoemde webblad te besoek? (4)
[15]
75 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 12 van 15
AFDELING C
VRAAG 8 GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Cape Town Cycle Tour
2018
Plek: Kaapstad (11 Maart 2018)
Bespreek 'n reispakket hier
Cape Town Cycle Tour (voorheen bekend as die Cape Argus) is die grootste tydfietsrygebeurtenis
in die wêreld en heel moontlik die skilderagtigste. Hierdie toonaangewende gebeurtenis lok
elke jaar meer as 35 000 fietsryers van oor die wêreld heen en is beslis 'n unieke ervaring vir
deelnemers sowel as toeskouers. Beide deelnemers en toeskouers moet vooruit akkommodasie
bespreek vir hierdie gebeurtenis.
3
8.1 Die MyCapeTownStay.com-webwerf is Kaapstad se voorste aanlyn
besprekingsdiens vir akkommodasie, restaurante, motorhuur, ens. Die
hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die maatskappy het gehoor dat 'n
eweknie-tot-eweknie-netwerk IT-infrastruktuurkoste kan verlaag.
8.1.1 Definieer die term eweknie-tot-eweknie-netwerk. (2)
8.1.2 Wanneer jy 'n eweknie-tot-eweknie-netwerk opstel, is 'n toegewyde
bediener nie nodig nie, aangesien die maatskappy van 'n
wolkbediener sal gebruik maak. Noem TWEE verskille tussen 'n
wolkbediener en 'n toegewyde bediener. (4)
3
[Bron: <www.mycapetownstay.com>]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 13 van 15
8.2 Wanneer verblyf in 'n hotel deur MyCapeTownStay bespreek word, word
alle gaste ingelig dat hulle van 'n RFID-toegangskaart gebruik sal maak.
8.2.1 Waarvoor staan die akroniem RFID? (1)
8.2.2 Beskryf kortliks hoe RFID-tegnologie werk. (2)
8.2.3 Hoe sal die RFID-kaart deur die gaste binne die hotelomgewing
gebruik word? (1)
8.3 Die HUB van MyCapeTownStay wil graag maandelikse verslae ontvang oor
hoe suksesvol hulle is en of hulle enige veranderinge moet aanbring aan
hul webwerf of die manier waarop hulle as onderneming sake doen.
8.3.1 Die sekretaresse het 'n verslag in 'n woordverwerkingsdokument
geskep. Die HUB is egter nie gelukkig met die spelling van die
naam van een van die hotelle nie. Die hotel se naam is "Njalla"
gespel en die korrekte spelling is "Njala". Hoe kan die sekretaresse
dit regstel sonder om al 50 voorkomste oor te tik? (1)
8.3.2 Noem DRIE redes waarom dit raadsaam sal wees om in 'n
maatskappyverslag van voetnote gebruik te maak. (3)
8.3.3 Nadat die verslag geskep is, stel die HUB voor dat die verslag in
pdf-formaat geskep word. Noem TWEE voordele van die skep van
'n pdf-dokument afgesien daarvan om te verhoed dat iemand
veranderinge aanbring. (2)
8.3.4 Hoe kan jy die woordverwerkingsdokument in 'n pdf-dokument
omskakel? (1)
8.3.5 Brei die akroniem PDF uit. (1)
8.4 Toe die HUB die verslag lees, merk hy op dat hul webwerf redelik baie
trefslae het. Waarna verwys die term trefslae? (1)
8.5 Mnr. Tony Stark wil vir die Cape Town Cycle Tour oefen om te verseker dat
hy fiks en gereed is vir die uitdaging.
Wanneer daar na oefentoeps vir fietsryers gesoek word, is een van die
vanselfsprekendste toeps waarvan fietsryers dikwels vergeet, Google Maps.
Mnr. Stark besluit om van hierdie toep gebruik te maak, aangesien Google
Maps 'n mens toelaat om ryroetes op jou rekenaar te skep en hulle dan as
GPS-lêers na jou fietsryrekenaartoestel uit te voer.
8.5.1 Wanneer mnr. Stark sy roete wil begin, werk die Google Maps-toep
nie op sy fietsrytoestel nie. Gee TWEE moontlike oplossings om
hierdie probleem op sy mobiele toestel reg te stel. (2)
8.5.2 Die "Cyclemeter"-fiksheidstoep benut die GPS-funksies om 'n
magdom statistiek te skep om jou te help om jou fietsryprestasie te
log en te verbeter. Noem TWEE moontlike statistieke wat jy hoop
om te log om jou te help om jou prestasie te verbeter elke keer
wanneer jy fietsry. (2)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 14 van 15
8.5.3 Mnr. Stark het 'n aanhegsel afgelaai wat 'n nuwe fietsryprogram
bevat, maar die lêer wil nie oopmaak nie. Bespreek TWEE
moontlike redes vir hierdie fout. (2)
8.6 Die HUB van MyCapeTownStay het 'n opname binne die maatskappy
gedoen en dit lyk asof daar 'n behoefte is aan tegnologie wat meer op
datum is.
Daar was 'n versoek om 2-in-1-toestelle in plaas van notaboeke te hê.
Die volgende 2-in-1-toestel word oorweeg. Die gebruik van 'n Smart Hinge-
ontwerp wat tot 170° beweging verskaf en die 11 uur-batterylewe is twee
redes waarom hierdie toestel oorweeg word.
ASUS Transformer Book (T102HA-GR044T)
10.1-duim raakskerm 2-in-1-skootrekenaar
Tablet Intel Atom x5 Z8350 1.44 GHz/1.92 GHz
Turbovierkernverwerker, 4 GG LSG,
64 GG eMMC, 1 280 × 800 skermresolusie,
verwyderbare sleutelbord, Wi-Fi,
Bluetooth 4.0, Windows 10
R10 500.00
8.6.1 Wat is die funksie van die turbovierkernverwerker? (2)
8.6.2 Brei die akronieme in 64 GG eMMC uit en verduidelik waarom die
spesifikasie gegee is. (3)
8.7 Die HUB is verward oor die spesifikasie met betrekking tot die skerm.
Verduidelik die volgende sleutelspesifikasies waarop gelet moet word
wanneer enige vertoontoestel gekoop word, veral wanneer daar met beelde
ens. gewerk word.
8.7.1 Kontrasverhouding (2)
8.7.2 Resolusie (2)
8.8 Waarom sal die werknemers 'n 2-in-1-toestel bo 'n notaboek verkies? In jou
antwoord moet jy duidelik onderskei tussen 'n 2-in-1-toestel en 'n notaboek
deur DRIE redes vir jou antwoord te gee. (3)
8.9 Bluetooth 4.0 het 'n groot impak gemaak op die mark vir persoonlike
fiksheid en gesondheid en het vinnig die vroeëre weergawes van Bluetooth
vervang. Gebruik geskikte voorbeelde en verduidelik hoe die protokol van
die Bluetooth 4.0 verskil van die vroeëre weergawes van Bluetooth
waaraan ons gewoond was. (4)
8.10 Gee EEN rede waarom die HUB graag eiendomsregtelike sagteware soos
Microsoft Office sal wil gebruik in plaas van 'n gratis oopbron-
sagtewarepakket soos OpenOffice. (1)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 15 van 15
8.11 Die HUB is bekommerd oor rekenaarvirusbesmettings en stel voor dat die
2-in-1-toestelle minstens een keer elke twee maande vir virusse
geskandeer moet word. Gee TWEE redes wat jy sal gebruik om aan die
HUB te verduidelik waarom dit nie 'n goeie beleid is om slegs een keer elke
twee maande vir virusse te skandeer nie. (2)
8.12 Een van die werknemers word aangewys om geskikte materiaal op die
internet te versamel vir gebruik wanneer besprekings gedoen word.
8.12.1 Om hierdie rede is 'n vraelys geskep en op die webwerf geplaas vir
potensiële Cycle Race-deelnemers om te voltooi. Gee TWEE
voordele daarvan om dit moontlik te maak om die vraelyste aanlyn
te voltooi. (2)
8.12.2 Die werknemer het 'n paar vodcastings van potensiële hotelle gekry
wat gebruik kan word om hotelle en plekke van belang in Kaapstad
te bevorder. Verduidelik kortliks wat vodcasting is en hoe dit van
podcasting verskil. (2)
8.13 Al die bestaande tafelrekenaars van MyCapeTownStay sal aan 'n klein
beginonderneming geskenk word. Die HUB wil net seker maak dat hierdie
onderneming tot groen verwerking verbind is.
Beskryf kortliks waarna groen verwerking verwys. (2)
50 punte
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)
Related documents

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 Memo (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2017 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 QP

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 Memo (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 Memo (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 QP

Question paperIEB