Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 150 punte
Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminators en
hulpeksaminatore van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering
by te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word
by die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie.
Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van
beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder
die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende
vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 Memo (Afr)
IEB Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 memorandum from the 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Computer Applications Technology · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 219.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 2 van 15
NASIENRIGLYNE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 J
1.1.2 I
1.1.3 L
1.1.4 F
1.1.5 A
1.2 1.2.1 B
1.2.2 D
1.2.3 C
1.2.4 B
1.2.5 A
1.2.6 D
1.2.7 C
1.2.8 D
1.2.9 C
1.2.10 D
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 3 van 15
NASIENRIGLYNE
VRAAG 2
2.1 2.1.1 VLOOKUP
2.1.2 Eindnota
2.1.3 vierkantige hakies
2.1.4 tabel cellpadding
2.1.5 video
2.1.6 wolk
2.2 Uitbreiding van die volgende akronieme:
2.2.1 GUI: graphic/graphical user interface
2.2.2 HTML: Hypertext Markup Language
2.2.3 URL: Uniform Resource Locator
2.2.4 EFO: elektroniese fondsoorplasing
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 4 van 15
NASIENRIGLYNE
AFDELING B
VRAAG 3 STELSELTEGNOLOGIEË
3.1 Naam van
Vraag- Hooffunksie (Indien die HW/SW verkeerd is, maar die
hardeware/
nommer funksie is korrek, gee kandidaat krediet vir die funksie.)
sagteware
3.1.1 Wi-Fi-verbindings- Hierdie toestel verrig die funksie van draadlose
toestel toegangspunt tot die internet.
OF
OF Die hoofdoel van hierdie toestel is om veelvuldige rekenaars
met die internet te verbind.
Wi-Fi-roeteerder OF
Sodat toestelle op die netwerk met die internet kan verbind.
OF
Die meeste Wi-Fi-roeteerders het Ethernet-poorte wat
ontwerp is om veelvuldige rekenaars met die internet te
verbind.
(Enige geskikte antwoord wat 'n toestel wat verbinding
met die internet moontlik maak, noem)
3.1.2 CAPTCHA Die tegnologie word meestal gebruik om spammers en botte
wat probeer om outomaties e-posadresse te oes, te
blokkeer.
OF
'n CAPTCHA is 'n tipe uitdagingsantwoordtoets wat gebruik
word om te bepaal of die gebruiker 'n mens is of nie.
OF
CAPTCHA: completely automated public Turing test to tell
computers and humans apart.
(Enige geskikte antwoord wat aandui dat dit kode is om
seker te maak dat jy 'n mens en nie 'n robot is nie)
3.1.3 Moederbord Die moederbord is 'n groot kringbord waarin al die ander
komponente ingeprop word.
OF
'n Moederbord hou baie van die noodsaaklike komponente
van 'n rekenaar bymekaar.
OF
'n Moederbord laat al die dele van jou rekenaar krag
ontvang en met mekaar kommunikeer.
(Enige geskikte antwoord wat die doel van 'n
moederbord aandui)
3.1.4 Grafikakaart Maak dit vir rekenaars moontlik om grafika en beelde
vinniger te produseer.
OF
'n Grafikakaart verbind met die moederbord van 'n
rekenaarstelsel en genereer afvoerbeelde om te vertoon.
OF
Die grafikakaart is verantwoordelik vir die lewering van 'n
beeld op jou monitor; dit word gedoen deur data in 'n sein
om te skakel wat jou monitor kan verstaan.
(Enige geskikte antwoord wat praat van beeldgehalte/
-reaksie)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 5 van 15
NASIENRIGLYNE
3.2 Die stelselsagteware verskaf basiese sekuriteitsfunksies soos:
• gebruikers- en wagwoordbeheer
• biometriese toegangsbeheer
• vra vir toegangsregte tot jou toestel voordat enige sagteware
geïnstalleer word
• beheer en voorkom die verspreiding van boosware
• kyk vir programme wat via die internet toegang tot jou rekenaar probeer
verkry
• die sekuriteitsentrum in die Windows-bedryfstelsel waarsku jou oor
verstellings wat jou stelsel onveilig kan maak, byvoorbeeld dat jou
antivirussagteware verouderd is
(Enige TWEE van bogenoemde)
3.3 Skyfskandeersagteware (Check Disk of ChkDsk kan ook aanvaar word)
3.4 3.4.1 Dit is 'n sagtewareprogram wat die bedryfstelsel met hardeware of
randtoestelle laat kommunikeer.
3.4.2 Die drywerprogram vir baie generiese en spesifieke toestelle word
vooraf op die rekenaar gelaai as deel van die bedryfstelsel en word
outomaties geïnstalleer wanneer die toestel in die rekenaar ingeprop
word.
3.5 3.5.1 Die produksleutel is 'n unieke alfanumeriese kode van enige lengte
wat uniek is aan 'n spesifieke program en wat tydens installasie deur
baie sagtewareprogramme vereis word.
3.5.2 'n Produksleutel word deur sagtewarevervaardigers gebruik om te
verseker dat elke kopie van hul sagteware wettig gekoop is en
programroof te voorkom.
3.5.3 Sonder die produksleutel sal die program heel waarskynlik nie
verder as die produksleutelbladsy oopmaak nie, OF dit kan net as 'n
proeflopie van die volledige weergawe loop OF jy kan nie eers die
program aflaai of installeer nie.
3.6 • Jy kan twee verskillende bedryfstelsels laai.
• Jy kan die tweede partisie as 'n herstelaandrywer vir die hoofpartisie
gebruik.
• Jy kan programme op een partisie installeer en jou data op die ander
partisie stoor.
• 'n Goeie manier om data te beveilig en te beskerm, aangesien
veelvuldige rugsteuning van lêers gedoen word.
• Indien data op die tweede partisie gestoor word, sal daar geen
dataverlies wees indien die primêre partisie herformateer moet word nie.
• Indien jy nie meer databergruimte op jou hardeskyfaandrywer het nie,
sal dit nie jou bedryfstelselprestasie beïnvloed nie.
(Enige TWEE van bogenoemde)
3.7 • Herinstalleer die bedryfstelsel/drywers
• Herstel deur die installasiemedia te gebruik
• Maak seker dat die kragtoevoer korrek werk
• Maak seker dat die hardeskyf werk
(Enige TWEE van bogenoemde)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 6 van 15
NASIENRIGLYNE
VRAAG 4 INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
4.1 Breëband: In die konteks van internettoegang word dit gebruik om
enige hoëspoed-internettoegang te beteken wat altyd aan is
en vinniger is as inbeltoegang.
Bandwydte: Is die kapasiteit van 'n bekabelde of draadlose netwerk-
kommunikasieskakel om die maksimum hoeveelheid data in
'n bepaalde tyd van een punt na 'n ander oor 'n rekenaar-
netwerk of internetverbinding te versend OF spoed van
data-oordrag.
4.2 4.2.1 • Geen reiskoste nie, aangesien vergaderings oor VOIP gehou
kan word.
• Bemarkingskoste sal minder wees, want geen drukwerk is nodig
nie.
• Kommunikasie kan dadelik plaasvind, aangesien e-pos gebruik
sal word en nie meer die ou stelsel om briewe te pos nie.
• Probleme in 'n spesifieke sakeprojek kan opgelos word met
roosterverwerking.
• Kliënte kan oor 'n afstand gehelp word indien maatskappye IT-
steunstelsels in plek het.
(Enige EEN van bogenoemde, maar een punt vir die voorbeeld
en die ander punt vir die verduideliking; kandidaat kan nie net sê
bespaar reiskoste nie)
4.2.2 Digitale kloof
4.3 Vesel: Gebruik veseloptiese kabels om data te versend.
ADHL: Gebruik telefoonlyne om data te versend OF met koperkabels
van jou naaste telefoonsentrale af. Vesel vereis kliëntperseel-
toerusing (CPE) of optiesenetwerkterminaal (ONT) waarmee
die roeteerder verbind word, terwyl ADHL dit nie vereis nie.
4.4 4.4.1 Ringtopologie
4.4.2 Voordele:
• Alle data vloei in een rigting, wat die kans op pakkiebotsings
verminder.
• 'n Netwerkbediener is nie nodig om netwerkkonnektiwiteit tussen
werkstasies te beheer nie.
• Data kan teen 'n hoë spoed tussen werkstasies oorgedra word.
• Bykomende werkstasies kan bygevoeg word sonder om die
prestasie van die netwerk te beïnvloed.
(Enige TWEE van bogenoemde)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 7 van 15
NASIENRIGLYNE
4.4.3 Beperkings:
• Alle data wat oor die netwerk oorgedra word, moet deur elke
werkstasie op die netwerk beweeg, wat dit stadiger as 'n
stertopologie kan maak.
• Die hele netwerk sal beïnvloed word indien een werkstasie afskakel.
• Die hardeware wat benodig word om elke werkstasie met die
netwerk te verbind, is duurder as Ethernet-kaarte en skakels.
(Enige TWEE van bogenoemde)
4.5 4.5.1 'n Netwerktussenvlakbeheerder (NIC, ook bekend as 'n netwerk-
tussenvlakkaart, netwerkaansluiter, LAN-aansluiter, fisiese netwerk-
koppelvlak, ens.) is 'n hardewarekomponent wat 'n enkele rekenaar
met 'n rekenaarnetwerk verbind OF ken 'n IP-adres toe.
4.5.2 'n Netwerkskakel (ook skakelspil, brugspil genoem) is 'n rekenaar-
netwerktoestel wat baie toestelle op 'n rekenaarnetwerk verbind
deur pakkieskakeling te gebruik om data te ontvang, te verwerk en
na die bestemmingstoestel aan te stuur.
4.6 4.6.1 Dit is 'n stel reëls/stappe/instruksies om te volg/kommunikasiemetode
wat bepaal hoe data oor 'n netwerk versend word.
4.6.2 Die lêers kan na 'n FTP-bediener opgelaai word en die mense wat
die lêers wil hê, kan dan die lêers van die bediener aflaai.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 8 van 15
NASIENRIGLYNE
VRAAG 5 INLIGTINGSBESTUUR
5.1 5.1.1 Die (GPS) liggingstelling op die foon is nie geaktiveer nie.
5.1.2 • rem skerp
• ry skerp om hoeke
• verdeelde aandag
• ry te vinnig
• afstand wat jy aflê
• plekke waarheen jy gaan
• tyd geneem om te bestuur
(Enige DRIE van bogenoemde)
5.2 • Discovery Insure kan wenke aan 'n bestuurder gee oor hoe om
spesifieke bestuursgedrag te verbeter.
• Discovery Insure kan die bestuurders beloon wanneer hulle 'n
insidentvrye verslag kry wanneer hulle bestuur.
• Discovery Insure kan die maandelikse tarief verhoog of verlaag wanneer
jy vir versekering betaal.
(Enige TWEE van bogenoemde)
5.3 • Wanneer 'n kliënt vir 'n ongeluk wil eis, kan hulle na die ingesamelde
data verwys om te sien of die kliënt te vinnig gery het, ens.
• Discovery Insure kan noodsaaklike inligting verskaf indien 'n geliefde in
'n ongeluk is, bv. om die ligging van die voertuig te bepaal.
• Discovery Insure kan inligting oor die laaste ligging verskaf indien die
voertuig gesteel word.
• Kan 'n bonus/afslag verdien.
(Enige TWEE van bogenoemde)
5.4 • Slaggate
• Weerstoestande
• Verkeerstoestande
• Padwerk sonder duidelike aanduidings om bestuurder te waarsku.
• Voetgangers wat die pad oorsteek sonder enige aanduiding van 'n
voetgangeroorgang.
• Hoë ongeluksone omdat padmerke nie duidelik is nie.
• Snelheidsperkborde beskadig/verwyder.
• Verkeersbeamptes wat onverwags uit die niet verskyn om 'n bestuurder
te stop vir lukraak kontroletoetse. Hulle moet meer sigbaar wees omdat
hul skielike verskyning kan veroorsaak dat 'n bestuurder skerp rem al
het hy/sy nie te vinnig gery nie.
(Enige TWEE van bogenoemde)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 9 van 15
NASIENRIGLYNE
VRAAG 6 SOSIALE IMPLIKASIES
6.1 6.1.1 Twitter is 'n gratis sosialenetwerk- (mikroblog-) diens wat gebruikers
lewendige voere van bygevoegde inligting gee. Slegs geregistreerde
lede kan kort plasings OF twiets uitsaai (geïsoleerde groep).
6.1.2 Die verstekinstelling vir Twitter is openbaar en enigiemand kan
enigiemand op Twitter volg, anders as Facebook, waar lede sosiale
verbindings moet goedkeur om iemand te volg.
OF
Twitter maak vinnige, kort boodskappe moontlik met bygevoegde
hiperskakels wat deur 'n volgeling ontvang word wat dan ingelig
word oor 'n geleentheid wat net deur Monte Casino aangebied sal
word, anders as Facebook wat die wêreld meer oop en geskakel
maak. Mense gebruik Facebook om met vriende en familie in
verbinding te bly, uit te vind wat in die wêreld aangaan en dinge wat
vir hulle saak maak, uit te druk en te deel.
(Om die tweede punt te ontvang moet daar 'n aanduiding wees van
hoe Facebook van Twitter verskil.)
6.1.3 Identiteitsdiefstal OF kloning
6.2 Manipuleer of lok iemand op bedrieglike wyse uit om vertroulike inligting te
deel.
Rede (enige EEN van die volgende):
• om voor te gee jy is iemand anders OF
• om boosware te installeer OF
• vir bedrieglike doeleindes
6.3 6.3.1 Die e-posdiensverskaffer ontvang en hou al die e-pos wat gestuur
word. Sodra ontvangers toegang verkry tot hul e-posrekening
wanneer die krag weer aan is, sal die boodskappe aflaai (gestuur
word) na die inmandjie van hul e-posprogram.
OF
Krag kan af wees aan die sender se kant maar nie aan die
ontvanger se kant of by die IDV nie.
OF
Rugsteunkrag/OKT/omkeerders kan gebruik word om die verbinding
te handhaaf. Vesel/ADHL-infrastruktuur bly werk as 'n vereiste in hul
lisensie.
OF
E-pos wat via selfoon gestuur word, bly steeds werk maar kom baie
stadiger deur.
6.3.2 Die opvoeder sal die BCC-veld gebruik om al die ouers se e-pos-
adresse in te sluit sonder dat hulle die name van die ander
ontvangers sal kan sien.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 10 van 15
NASIENRIGLYNE
6.3.3 'n Enkele groepnaam word aan 'n groep/stel/versameling e-pos-
adresse gegee.
6.3.4 • Dit bespaar tyd want al die e-posadresse hoef nie een vir een
ingetik te word nie.
• Enige e-pos wat aan die groep gestuur word, sal aan elke
persoon op die poslys gestuur word.
• Voorkom tikfoute in 'n adres en weglating van 'n adres.
• Enige lid op die lys kan 'n e-pos aan al die ander lede op die lys
stuur, antwoord op alle lede op die lys of 'n e-pos slegs aan die
oorspronklike sender stuur.
(Enige EEN van bogenoemde)
VRAAG 7 OPLOSSINGONTWIKKELING
7.1 7.1.1 Voorwaardelike formatering
7.1.2 Sy moet kolom E/korrekte selle kies en dan die number-oortjie kies
en die formaat na currency verander.
OF
Gebruik die Format Painter in die veronderstelling dat sel E11
korrek geformateer is.
7.1.3 = E11 *7%
OF
= 7/100 *E11 (Kan wiskundige simbole gebruik)
7.1.4 Geneste If
OF
If binne 'n If
7.2 Stap 1: Skep 'n hoofbrief.
Stap 2: Skep/soek die databron met die werknemers se inligting.
Stap 3: Gebruik Insert Merge Field en voeg verwante velde by deur die
databron te gebruik.
Stap 4: Doen 'n voorskou van die resultate om seker te maak die brief is
korrek.
Stap 5: Voltooi die saamvoeging en stoor die saamgevoegde dokument.
7.3 7.3.1 • Kopieer en plak
• Voeg in as 'n skakel of 'n ingebedde objek
• Importeer/eksporteer
(Enige TWEE van bogenoemde)
7.3.2 • Berekening: Count-funksie
• Vertoon: Report Header/Footer
OF
Indien gegroepeer in die Group Header/Footer
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 11 van 15
NASIENRIGLYNE
AFDELING C
VRAAG 8 GEÏNTEGREERDE SCENARIO
8.1 • Swak kabel-/roeteerderverbindingskeuse
• Oormatige getal gebruikers
• Tegniese kwessies met die IDV
• Mediafoute (vesel/ADHL)
• Agtergrondtoepassings gebruik die bandwydte
(Enige TWEE van bogenoemde)
8.2 'n Sosialenetwerk-werf is waar individue/organisasies dit waarvan hulle hou
en nie hou nie en hul belangstellings, kommentaar, foto's en aktiwiteite kan
plaas sodat hul vriende/kliënte dit kan sien.
8.3 8.3.1 Primêre sleutel
Verduidelik:
'n Veld wat elke rekord uniek identifiseer
OF
Primêre sleutel is 'n unieke sleutel wat nie herhaal kan word nie.
Voorbeeld: Hierdie sleutel sal werk indien die dieretuinbestuurder 'n
unieke ID aan elke dier/reptiel gee.
8.3.2 Toevoermasker
Verduidelik:
Dit is 'n vaste formaat waaraan data wat toegevoer word, moet
voldoen.
Voorbeeld:
Die dieretuinbestuurder sal dit gebruik om te verseker dat die
geboortedatum van die dier/reptiel in 'n spesifieke formaat vasgelê
word, byvoorbeeld 12 Mei 2019.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 12 van 15
NASIENRIGLYNE
8.3.3 Valideringsreël
Verduidelik:
Dit is die voorwaardes waaraan die data in 'n spesifieke veld moet
voldoen om geldig te wees.
Voorbeeld:
Die dieretuinbestuurder kan dit gebruik om die dier/reptiel se geslag
vas te lê ("M" vir manlik of "V" vir vroulik).
(Enige geskikte voorbeeld solank die voorbeeld korrek gebruik word
met betrekking tot die gegewe term en die scenario.)
8.4 'n Vorm maak maklike datavaslegging moontlik vanweë die feit dat al die
velde vir 'n gespesifiseerde rekord tegelykertyd gesien kan word.
Datavaslegging met 'n vorm is vinniger, want dit het 'n gebruikersvriendelike
koppelvlak om rekords in 'n tabel te besigtig, by te voeg of te verander.
8.5 • Jy kan volgens verskillende velde, opskrifte, ens. groepeer.
• Jy kan die inligting sorteer.
• Jy kan statistiese berekeninge doen.
• 'n Verslag bied inligting uit 'n databasis aan in 'n formaat wat maklik is
om te lees, in 'n beter uitleg en formaat wanneer dit gedruk word.
• Verslae het meer afdelings in vergelyking met navrae en tabelle.
(Enige TWEE van bogenoemde)
8.6 • 'n Grafiek moet altyd 'n beskrywende opskrif of titel hê.
• Asetikette word aanbeveel, veral met lyn- en staafgrafieke.
• Wanneer 'n sirkelgrafiek gebruik word, moet datawaardes of persen-
tasies getoon word.
• Legendes moet verwyder word indien hulle geen doel dien nie.
• Gebruik tendenslyne om tendense in die data te toon.
(Enige TWEE van bogenoemde)
8.7 Ergonomiese sleutelborde posisioneer die sleutels sodat jy jou hande in 'n
natuurliker posisie hou, dus is dit gemakliker om mee te werk en dit sal
ENIGE vorm van besering, byvoorbeeld RSI (ooreisingsbesering) of
karpaletonnel-sindroom verminder.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 13 van 15
NASIENRIGLYNE
VRAAG 9 GEÏNTEGREERDE SCENARIO (vervolg)
9.1 9.1.1 Nee
'n Bediener is 'n kragtige rekenaar wat gebruik word om hulpbronne
en dienste te voorsien aan al die rekenaars wat in 'n netwerk
verbind is en die dieretuinbestuurder sal slegs een tafeltekenaar vir
sy onderneming gebruik.
9.1.2 TAFELREKENAAR SKOOTREKENAAR
Verwerker Tafelrekenaar- Skootrekenaarverwerkers het
verwerkers kan tafelrekenaarverwerkers byna
vinniger wees as ingehaal.
skootrekenaar- OF
verwerkers. Skootrekenaars kan so goed
presteer soos tafelrekenaars,
maar is duurder.
Opgradering Die meeste Geheue en hardeskyfaandrywer
komponente in 'n is omtrent die enigste
tafelrekenaar kan komponente wat in 'n
maklik verwyder skootrekenaar opgegradeer kan
word, wat dit makliker word. Die oorblywende
maak om op te komponente is óf ingebou óf nie
gradeer en aangesien verwyderbaar nie, of die
tafelrekenaarkaste skootrekenaar is nie ontwerp om
gewoonlik baie groter met 'n opgegradeerde weergawe
is, is dit makliker om van 'n komponent te werk nie. Die
mee te werk wanneer behoefte om enigiets buiten die
opgradering hardeskyfaandrywer en geheue
plaasvind. op te gradeer beteken gewoonlik
'n nuwe skootrekenaar moet
aangekoop word.
9.1.3 • Hulle is draagbaar.
• Hulle kan vir 'n paar uur op batterykrag gebruik word indien geen
elektrisiteit beskikbaar is nie, bv. tydens 'n kragonderbreking.
• Geen los sleutelbord/muis nie.
• Laer krag- en ruimtevereistes.
• Kan op 'n verskeidenheid maniere gebruik word, soos wanneer
in 'n bed gelê word.
(Enige TWEE van bogenoemde)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 14 van 15
NASIENRIGLYNE
9.2 9.2.1 Geheue (RAM) is 'n komponent in jou rekenaar wat korttermyn-
databerging en -toegang moontlik maak.
Berging (hetsy in die vorm van 'n hardeskyfaandrywer of SSD) is die
komponent in jou rekenaar wat langtermyn-databerging en -toegang
moontlik maak.
OF
Programme en data wat geloop of verwerk moet word, moet van
berging af in geheue gelaai word.
Berging is die komponent wat gebruik word om jou lêers permanent
te stoor.
9.2.2 Die gleuf wat jou rekenaar in staat stel om SD-kaarte te lees wat
dikwels in digitale kameras aangetref word.
9.2.3 'n Vierkernverwerker is 'n skyfie met vier onafhanklike eenhede
genaamd kerne wat instruksies van die sentrale verwerkings-
eenheid (SVE) soos tel by, skuif data en vertak, lees en uitvoer.
OF
Dit beteken daar is vier verwerkers op 'n enkele skyfie gemonteer.
OF
Die SVE bevat vier afsonderlike verwerkers wat heeltemal
onafhanklik van enige ander kern op die SVE-skyfie werk.
9.2.4 • sleutelbord
• muis
• eksterne hardeskyfaandrywer
• luidsprekers
• flitsaandrywer
• webkamera
• drukker
• digitale kamera
• skandeerder
(Enige DRIE van bogenoemde)
9.3 9.3.1 Kwarantyn is 'n afsonderlike area van die hardeskyf wat die
geïnfekteerde lêers hou totdat die virus/boosware verwyder of
skoongemaak kan word.
9.3.2 Formateer/herformateer hardeskyf en herinstalleer toepassings.
9.3.3 • Druk Ctrl+Alt+Del en laai taakbestuurder
• Merk die niereagerende program en beëindig die taak
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 15 van 15
NASIENRIGLYNE
9.4 9.4.1 IKT staan vir inligtings- en kommunikasietegnologieë
OF
IKT word gedefinieer as die gebruik van 'n uiteenlopende stel
tegnologiese hulpmiddels en hulpbronne wat gebruik word om te
kommunikeer en inligting te skep, te versprei, te stoor en te bestuur.
9.4.2 Kennisgewingsboodskap in 'n opwipblokkie
9.4.3 Spraak-na-teks-program
9.4.4 Voeg onderskrifte/subtitels/gebaretaalinterpreteerder op die skerm by
9.5 • Sy sal die deelware gebruik want dit sal slegs vir 'n proeftydperk wees
om te sien of die dieretuin by die sagteware kan baat (waarna dit ophou
werk of funksies/kenmerke afgradeer).
• Indien die administratiewe assistent positief voel dat die dieretuin dit
moet bly gebruik of die "volledige" onbeperkte weergawe moet verkry,
kan sy die dieretuinbestuurder aanraai om vir die sagteware te betaal.
(Wanneer hierdie vraag nagesien word, moet jy seker maak dat die
leerder verwys na waarom die administratiewe assistent die gebruik van
die deelware sal oorweeg.)
9.6 Stippeldrukker maak slegs druk moontlik, terwyl 'n veeldoelige drukker
dokumente kan druk, kopieer, faks en skandeer OF beter kwaliteit
drukwerk.
9.7 • SIENDE mense: ALT-kenmerk verskaf die teks wat vertoon moet word
indien die beeld om een of ander rede nie vertoon kan word nie.
• Vir BLINDE/GEDEELTELIK SIENDE mense: skermleessagteware
gebruik die teks wat deur die ALT-kenmerk verskaf word om die beeld
vir die gebruiker te beskryf.
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 Memo (Afr)

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 Memo (Afr)

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo
Related documents

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP (Afr)

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2017 Memo (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 QP

Question paperIEB