Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

IEB Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201912 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Tyd: 3 uur 180 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n insetsel (HTML-merkerlys en Toevoermasker-karakterblad) van 2 bladsye (1–2). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Jy mag slegs 'n teksgebaseerde redigeerder, naamlik Notepad, Notepad++, WordPad of Komodo-teksredigeerder, vir die HTML-afdeling gebruik. 3. Jy moet AL die vrae beantwoord. Lees asseblief die hele vraag voor jy 'n oplossing aanpak. Moenie meer doen as wat deur die vraag vereis word nie. 4. Neem kennis van die puntetoekenning om te bepaal hoe kompleks die oplossing is wat verlang word en hoeveel tyd aan elke vraag bestee moet word. 5. Stoor jou werk gereeld. 6. Indien 'n formule/funksie soos 'n ingewikkelde if-stelling nie werk nie, dui die vraagnommer aan, gee 'n kort verduideliking en plak 'n skermgreep van die spreitabel of databasis in die Skermgrepe-dokument om gedeeltelik punte te verdien; jy mag dit dan uit die spreitabel- of databasisoplossing weglaat. 7. Maak 'n rugsteunkopie van al die databasislêers voordat jy jou eksamen begin. 8. Alle woordverwerkingsdokumente moet soos volg opgestel word (tensy ander instruksies gegee word): • Die verstek (default) vir meeteenhede – sentimeter (cm) • Taal – Engels (Suid-Afrika) • Bladsygrootte – A4 • Kantlyne – 2,54 cm 9. Let daarop dat jy die ongekoppelde (offline) hulpfunksie wat in elke toepassing beskikbaar is, mag gebruik. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 12 10. Figure in die vraestel het 'n rand. Wanneer 'n figuur as deel van 'n vraag verskaf word, hoef jy nie die rand by te voeg nie, tensy jy spesifiek gevra word om dit te doen. 11. Alle datalêers wat in Instruksie 12 gelys word, kan op die netwerkaandrywer wat vir hierdie eksamen toegewys is, gevind word. Let asseblief daarop dat alle oplossings na jou eksamengids op hierdie netwerkaandrywer gestoor moet word. 12. Jy is voorsien van 'n eksamengids genaamd Leerderlêers. In hierdie gids (folder) is twee subgidse. Verwys na Figuur 1 hieronder en kontroleer dat die volgende gidse en lêers (files) in Leerderlêers bestaan: Figuur 1 Die Webwerf-gids bevat twee lêers en een subgids. Verwys na Figuur 2 hieronder. Figuur 2 Die Beelde-subgids binne die Webwerf-gids bevat twee lêers. Verwys na Figuur 3 hieronder. Figuur 3 IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 12 Lees die scenario hieronder wat die agtergrond gee vir die praktiese take wat jy moet uitvoer. SCENARIO As deel van jou Lewensoriënteringkurrikulum neem jy deel aan uitreikprogramme in plaaslike gebiede. Lede van 'n nabygeleë dorpie het besluit om 'n gemeenskaps- biblioteek te begin om geletterdheidsvlakke onder inwoners te verbeter. Van die werk wat gedoen moet word, behels die instandhouding van rekenaar- toerusting wat geskenk is en die voorbereiding van relevante dokumente, waaronder 'n biblioteekbestuursdatabasisstelsel en 'n webwerf. Jy moet die kennis wat jy in Rekenaartoepassingstegnologie opgedoen het, gebruik om die gemeenskap te help deur die volgende take uit te voer: VRAAG 1 LÊER- EN GIDSBESTUUR 1.1 Hernoem die gids genaamd Antwoorde- in die eksamengids deur jou Eksamennommer by die bestaande gidsnaam aan te las. (1) 1.2 Kopieer die lêer genaamd v6BiblioteekDB.accdb na die gids genaamd Antwoorde-JouEksamennommer. (1) 1.3 Kry die MS Excel-lêer genaamd v1_3_WwdLêer.xlsx en verwyder die huidige wagwoord wat gestel is as "123456". Stoor die lêer in die gids genaamd Antwoorde-JouEksamennommer deur dieselfde lêernaam te gebruik. (1) 1.4 Kry die lêer genaamd v1_4_Accessing_Digital_Information.docx en stoor dit as 'n pdf in die gids genaamd Antwoorde-JouEksamennommer. (2) 1.5 Voeg jou Eksamennommer in die kopskrif van die dokument genaamd v1_Antwoord.docx in. (1) 1.6 Teken die hoeveelheid skyfspasie wat deur die lêer genaamd boeke.jpg opgeneem word, aan in die spasie wat in v1_Antwoord.docx voorsien is (boeke.jpg is in die Beelde-subgids in die Webwerf-gids.) (1) 1.7 Neem 'n skermgreep van die toestelspesifikasies van jou rekenaar en plak dit in die spasie wat in v1_Antwoord.docx voorsien is. (2) 1.8 Bepaal die spoed van jou rekenaar se verwerker. Teken jou antwoord aan in die spasie wat in v1_Antwoord.docx voorsien is. (1) 1.9 Jy merk op dat een van die rekenaars wat vir jou gebruik aan jou toegeken is, min skyfspasie beskikbaar het. Jy besluit om 'n paar ongebruikte toepassings te deïnstalleer. Gee die stappe wat jy sal volg om 'n ongewenste program te deïnstalleer. Tik jou antwoord in die spasie wat in v1_Antwoord.docx voorsien is. (4) 1.10 Skep 'n kortpad in die Antwoorde-JouEksamennommer-gids wat jou HTML-redigeerder sal oopmaak. (3) 1.11 Stoor die lêer v1_Antwoord.docx en redigeer die eienskappe daarvan sodat dit leesalleen is. (2) [19] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 12 VRAAG 2 WOORDVERWERKING 'n Gids om 'n gemeenskapsbiblioteek te begin is in die dokument genaamd v2_Gids.docx getik. Berei die dokument vir publikasie voor deur die volgende te doen: 2.1 Wysig die kopskrif en voetskrif soos volg: 2.1.1 Voeg die huidige datum in die kopskrif van die dokument in. (1) 2.1.2 Sentreer die datum in die kopskrif. (1) 2.1.3 Stel die datum om outomaties bygewerk te word. (1) 2.1.4 Formateer die voetskrif tot Blank (Three Columns). (1) 2.1.5 Voeg jou eksamennommer aan die linkerkant van die voetskrif in. (2) 2.1.6 Voeg bladsynommers aan die regterkant van die voetskrif in deur plain text-formaat te gebruik. (2) 2.1.7 Skrap die inhoudbeheer in die middel van die voetskrif. (1) 2.2 Voeg 'n beeld by soos hieronder aangedui: 2.2.1 Gebruik die beeld boeke.jpg in die Beelde-subgids in die Webwerf- gids. (1) 2.2.2 Voeg die beeld aan die begin van die eerste paragraaf by. (2) 2.2.3 Stel die teksomvouing sodat die beeld agter die teks verskyn. (2) 2.2.4 Stel die posisie van die beeld sodat dit Top Centre met betrekking tot die kantlyn is. (2) 2.3 Wysig die Heading 1-styl soos volg: 2.3.1 Verander die fontgrootte na 18 pt. (1) 2.3.2 Verander die fontkleur van outomaties na enige kleur van jou keuse. (1) 2.3.3 Verander die paragraafspasiëring na 6 pt voor. (1) 2.3.4 Selekteer alle teks geformateer as Heading 2 en pas die styl Heading 1 op die geselekteerde teks toe. (2) Stoor die lêer as v2_Gids-JouEksamennommer.docx in die gids genaamd Antwoorde-JouEksamennommer. [21] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 12 VRAAG 3 WOORDVERWERKING Alle lede van die biblioteek moet 'n aansoekvorm invul. Kry die lêer genaamd v3_Biblioteekaansoekvorm.docx en wysig die dokument soos volg. 3.1 Voeg inhoudbeheer soos volg in: 3.1.1 Voeg 'n kombinasieblokkie-inhoudbeheer in by die gegewe 5 cm- tabelkeep langs die "title"-etiket. (1) 3.1.2 Die kombinasieblokkie moet die opsies Mr, Mrs, Ms en Other voorsien. (1) 3.1.3 Voeg toepaslike teksinhoudbeheer in vir die etikette "Name" en "Surname". (2) 3.2 Voeg 'n stippelbuiterand in om die etikette "Title", "Name" en "Surname" sowel as hul inhoudbeheer. (2) 3.3 Gebruik die opsies "Learner/Student", "School Leaver", "Senior Citizen" en "Other" en skep vir elkeen 'n merkblokkie-inhoudbeheer. Die merkblokkies moet aan die linkerkant van die etikette verskyn. (3) 3.4 Wysig die uitleg van die merkblokkie-inhoudbeheer wat in Vraag 3.3 geskep is sodat dit as twee gebalanseerde kolomme verskyn terwyl die res van die dokument 'n enkelkolom is. (3) 3.5 Voeg 'n tab (tabelkeep) in lyn met die "Donation/Registration Fee"-etiket in soos volg: 3.5.1 Die tab moet by 14 cm wees. (1) 3.5.2 Die tab moet volgens die desimale punt in lyn gestel word. (1) 3.5.3 Die tab moet leistippel nommer 2 hê. (1) 3.6 Voeg die teks "R150.00" by die tabelstop in. (1) Voeg jou Eksamennommer in die kopskrif van die dokument in. Stoor die aansoekvorm as v3_Biblioteekaansoekvorm- JouEksamennommer.docx in die gids genaamd Antwoorde- JouEksamennommer. [16] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 12 VRAAG 4 POSSAAMVOEGING Maak die Word-dokument genaamd v4_Skenkers.docx oop en berei die dokument soos volg voor: 4.1 Aktiveer track changes. (1) 4.2 Voeg die dokument soos volg saam: 4.2.1 Gebruik die tabel genaamd tblDonor in die databasis v6_BiblioteekDB as die databron. (1) 4.2.2 Sorteer die data tydens die possaamvoegingsproses in stygende volgorde volgens DonorSurname en dan in dalende volgorde volgens DonorName. (2) 4.2.3 Vervang die teks <<Donor Name>>, <<Donor Surname>> en <<Email Address>> met die toepaslike velde uit die databron. (3) 4.3 Voeg kommentaar op die etiket "Email Address" in wat lui: "All email addresses must be verified." (2) Stoor die saamgevoegde dokument as v4_SkenkersSaamgevoeg- JouEksamennommer.docx in die gids genaamd Antwoorde- JouEksamennommer. [9] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 12 VRAAG 5 SPREITABELLE 5.1 Maak die spreitabel genaamd v5_1_Toevoegingsregister.xlsx oop en bring die volgende veranderinge aan: 5.1.1 Voeg jou Eksamennommer in die middel van die voetskrif in. (1) 5.1.2 Pas die volgende veranderinge op die reeks A1 tot H1 toe: (a) Onderstreep die opskrifte met 'n dubbellyn. (1) (b) Verander die font na bold. (1) (c) Verander die ryhoogte na 30 punte of 1.06 cm. (1) (d) Stel al die teks regs in lyn. (1) (e) Stel al die teks in lyn sodat dit gesentreer is tussen die bokant en die onderkant van elke sel. (1) 5.1.3 Sorteer die data volgens Outeur1 in stygende volgorde en dan volgens Titel in dalende volgorde. (4) 5.1.4 Formateer sel H3 tot H477 tot currency met geen simbool nie. (2) 5.1.5 Gebruik voorwaardelike formatering vir die selle in kolom H sodat alle items wat tussen R100 en R200 werd is, rooi ingevul is. (2) 5.1.6 Berei die dokument soos volg vir druk voor: (a) Stel die reeks A1 tot H477 as die drukgebied. (2) (b) Stel ry 1 om aan die bokant van elke bladsy te herhaal. (2) (c) Verander die bladsygrootte na enige geskikte grootte buiten A4. (1) (d) Verander die oriëntasie van die bladsy na landscape. (1) Stoor die lêer as v5_1_Toevoegingsregister-JouEksamennommer.xlsx in die gids genaamd Antwoorde-JouEksamennommer. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 12 5.2 Maak die spreitabel genaamd v5_2_Biblioteeklede.xlxs oop. Let daarop dat die spreitabel die volgende werkblaaie en data bevat: • Biblioteeklede – 'n rekord van alle lede van die biblioteek • Stats – 'n opsomming van statistiek • Fooistruktuur – 'n tabel met die fooie per groep • Sheet3 – 'n tabel met besonderhede van die bron van die biblioteekitems • Geslagtabel – 'n lys van die geslagopsies wat beskikbaar is Let daarop dat die volgende vrae op die Biblioteeklede-werkblad van toepassing is. 5.2.1 Voeg kommentaar in sel A1 in met die teks "LidID". (2) 5.2.2 Bepaal die LidID in sel A2 indien die LidID bestaan uit die eerste drie letters van die lid se van en die dag in die lid se geboortedatum. Kopieer hierdie formule na A3:A127. Sien die voorbeeld wat in Figuur 4 hieronder gegee word. LidID Van Naam Geboortedatum Figuur 4 (5) 5.2.3 Pas datavalidering soos volg op die selle E2 tot E127 toe: (a) Gebruik die lys in sel A2 tot A4 in die werkblad genaamd Geslagtabel. (2) (b) Voeg 'n waarskuwingstyl-foutkennisgewing in. (1) (c) Voeg 'n toepaslike foutboodskap in. (2) 5.2.4 Voeg 'n berekening in sel F2 in om die bedrag betaalbaar deur elke lid na gelang van die lidtipe te bepaal. Gebruik die data in die werkblad genaamd Fooistruktuur. Vul kolom F outomaties met hierdie berekening. (4) Die veranderinge hieronder moet in die werkblad genaamd Stats aangebring word. 5.2.5 Gebruik 'n spreitabelfunksie in sel B2 om die getal vroulike lede van die biblioteek te bepaal. (4) 5.2.6 Gebruik 'n spreitabelfunksie in sel B3 om die geboortedatum van die oudste lid van die biblioteek te bepaal. (2) Die veranderinge hieronder moet in die werkblad genaamd Sheet3 aangebring word. 5.2.7 Hernoem die werkblad tot Itembronne. (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 12 5.2.8 Skep 'n grafiek in hierdie werkblad soos hieronder aangedui: (a) Gebruik die data wat in A2:B5 gegee word. (1) (b) Die grafiektipe moet 'n Doughnut Pie Chart wees. (2) (c) Voeg etikette op die grafiek by. (1) (d) Redigeer die grafiektitel om te lui "Bron van Biblioteekitems". Die titel moet aan die bokant van die grafiek verskyn. (1) Stoor die lêer as v5_2_Biblioteeklede-JouEksamennommer.xlsx in die gids genaamd Antwoorde-JouEksamennommer. [49] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 12 VRAAG 6 DATABASISSE Die databasis genaamd v6_BiblioteekDB.accdb in die gids genaamd Antwoorde-JouEksamennommer is ontwikkel om die biblioteekgebruikers en die items in die biblioteek te bestuur. Hierdie databasis hanteer ook lenings en terugbesorgings van die hulpbronne in die biblioteek. Hernoem die databasis tot v6_BiblioteekDB-JouEksamennommer.accdb. 6.1 Die veranderinge hieronder moet op die tabel genaamd tblBooks toegepas word. 6.1.1 Stel die AccessionNumber-veld as 'n primêre sleutel. (1) 6.1.2 Verander die eienskappe van die Title-veld soos volg: (a) Die veld mag nie leeg wees nie. (1) (b) Die veld moet geïndekseer word, maar duplikate toelaat. (2) 6.1.3 Skep 'n kombinasieblokkie vir die Author1-veld om waardes in die tabel genaamd tblAuthors na te slaan. (3) 6.1.4 Wysig die AcquisitionDate-veld sodat dit as 'n long date vertoon. (2) 6.1.5 Verander die datatipe van die ItemCost-veld sodat dit currency sonder desimale vertoon. (2) 6.2 Die volgende veranderinge moet op tblBorrowingManager toegepas word. 6.2.1 Wysig die BookID-veld sodat slegs boeke wat in tblBooks aangetref word, uitgereik kan word deur hierdie databasis te gebruik. (3) 6.2.2 Stel die verstekwaarde van die DateBorrowed-veld op die huidige datum. (2) 6.2.3 Stel die verstekwaarde van die DateToReturn-veld om 'n datum 14 dae na die datum waarop die boek uitgereik is, te vertoon. Indien jy waarskuwings teëkom, klik "Yes" om voort te gaan en weer "Yes" om data met die nuwe reëls te toets. (2) 6.3 Die volgende verandering moet toegepas word op die veld genaamd MemberID in tblLibraryMembers. Skep 'n toevoermasker sodat drie letters, gevolg deur twee syfers waarvan die tweede een opsioneel is, toegevoer moet word. (3) 6.4 Skep 'n vorm soos volg: 6.4.1 Skep 'n vorm op grond van tblBorrowingManager deur al die velde wat beskikbaar is, behalwe die LibraryMember-veld, te gebruik. Gebruik die databladuitleg. Stoor die vorm as sfrmIssueDesk. (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 12 6.4.2 Maak die frmMemberDetails in ontwerpaansig oop en bring die volgende wysigings aan: (a) Verander die titel van die vorm na "Issue Desk". (1) (b) Verander die agtergrondkleur van die vormkopskrif na outomaties. (1) (c) Voeg 'n knoppie in die besonderhedeafdeling van die vorm by om 'n rekord op te spoor. (2) (d) Vergroot die besonderhedeafdeling van die vorm om 'n subvorm te akkommodeer. Voeg sfrmIssueDesk direk onder die vormvelde in as 'n objek in frmMemberDetails. (3) (e) Verstel die grootte van die subvorm sodat al die velde sigbaar is. (1) 6.5 Skep navrae soos volg: 6.5.1 Skep 'n navraag genaamd qryBooksNotReturned. Die navraag moet die lid se naam en van en die titels van die boeke wat nog nie terugbesorg is nie, vertoon. (4) 6.5.2 Skep 'n navraag genaamd qryFines om die boete te bereken wat betaal moet word op elke boek wat na die keerdatum terugbesorg is. Die boete is R10 per dag wat die boek laat is. Die navraag moet slegs die lid se naam en van sowel as die bedrag verskuldig, toon. (4) 6.6 Skep 'n verslag genaamd rptBorrowReport wat die volgende velde sal vertoon wat uit tblLibraryMembers, tblBooks of tblBorrowingManager kan kom. 6.6.1 MemberID 6.6.2 Surname 6.6.3 Name 6.6.4 BookID 6.6.5 Title (2) 6.7 Groepeer die verslag volgens MemberID. (1) 6.8 Voeg 'n teksblokkie met 'n toepaslike etiket en formule in die MemberID- groepvoetskrif in om te bepaal hoeveel boeke elke lid by die biblioteek geleen het. (3) Stoor en maak die databasis v6_BiblioteekDB-JouEksamennommer.accdb toe. [45] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 12 VRAAG 7 HTML 'n Webwerf is opgestel om die werk van die gemeenskap wat die biblioteek ontwikkel, bekend te stel. Daar is egter nog werk nodig om die voorkoms daarvan te verbeter. Volg die instruksies hieronder om hierdie taak wat aan jou opgedra is, uit te voer. Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die bladsy genaamd indeks.html in die Webwerf-gids toegepas moet word. 7.1 Voeg titelmerkers in die kopmerker in. (1) 7.2 Voeg jou eksamennommer as die titel van die webbladsy in. (1) 7.3 Voeg die beeld kopskrifBeeld.jpg in die Beelde-subgids in soos volg: 7.3.1 Voeg die beeld aan die bokant van die bladsy in. (2) 7.3.2 Verstel dit sodat dit 'n breedte van 1 200 px het. (2) 7.4 Sentreer die beeld, die horisontale lyne en die teks "Donors". Sien Figuur 5 hieronder. Figuur 5 (2) 7.5 Stel 'n hiperskakel vir die teks "Donors" om die bladsy genaamd skenkers.html oop te maak. (2) 7.6 Verander die fontkleur van al die teks onder die teks "Donors" na enige sigbare kleur. (2) 7.7 Wysig die lys wat gegee is sodat dit 'n kollys is. (3) Stoor en maak die HTML-lêer indeks.html toe. Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die bladsy genaamd skenkers.html in die Webwerf-gids aangebring moet word. 7.8 Wysig die tabel sodat dit rande van 2 px het. (2) 7.9 Voeg 'n tabelopskrif met die teks "Contact Donors" in wat oor drie kolomme strek. (2) 7.10 Stel die agtergrondkleur van die laaste ry op die hekskode #FFD700. (2) [21] Totaal: 180 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all