Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2017 QP (Afr)

IEB Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201712 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Tyd: 3 uur 180 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n HTML-merkerlysinsetsel van een bladsy. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Jy mag slegs die teksgebaseerde redigeerders, naamlik Notepad, Notepad ++, WordPad en Komodo-teksredigeerder, vir die HTML-afdeling gebruik. 3. Jy moet AL die vrae beantwoord. Lees asseblief die hele vraag voor jy 'n oplossing aanpak. Moenie meer doen as wat deur die vraag vereis word nie. 4. Neem kennis van die puntetoekenning om te bepaal watter oplossing verlang word en hoeveel tyd aan elke vraag bestee moet word. 5. Dit is in jou eie belang om in die gewoonte te kom om jou werk gereeld te stoor. 6. Indien 'n formule/funksie soos 'n ingewikkelde if-stelling nie werk nie, dui die vraagnommer aan, gee 'n kort verduideliking en plak 'n skermkiekie van die spreitabel of databasis in die Skermkiekies-dokument om gedeeltelik punte te verdien; jy mag dit dan uit die spreitabel of databasisprogram weglaat. 7. Daar word aanbeveel dat jy 'n rugsteunkopie van al die databasislêers maak voordat jy jou eksamen begin. 8. Alle woordverwerkingsdokumente moet soos volg opgestel word (tensy ander instruksies gegee word):  Die verstek (default) vir meeteenhede – sentimeter (cm)  Taal – English (South Africa)  Bladsygrootte – A4  Kantlyne – 2,54 cm 9. Let daarop dat jy die ongekoppelde (offline) hulpfunksie wat in elke toepassing beskikbaar is, mag gebruik. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 12 10. Figure in die vraestel het 'n rand. Wanneer 'n figuur as deel van 'n vraag verskaf word, hoef jy nie die rand by te voeg nie, tensy jy spesifiek gevra word om dit te doen. 11. Alle datalêers wat in Instruksie 12 gelys word, kan op die netwerkaandrywer wat vir hierdie eksamen toegewys is, gevind word. Let asseblief daarop dat alle oplossings na jou eksamengids op hierdie netwerkaandrywer gestoor moet word. 12. Jy is voorsien van een subgids (subfolder) en 21 lêers (files) in jou eksamengids. Verwys na Figuur 1 hieronder en maak seker dat die volgende gidse (folders) en lêers in jou eksamengids bestaan: Figuur 1 Die Webwerf-subgids bevat 2 lêers en 1 subgids. Verwys na Figuur 2 hieronder. Figuur 2 Die Beelde-subgids in die Webwerf-subgids bevat 2 lêers. Verwys na Figuur 3 hieronder. Figuur 3 IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 12 Lees die scenario hieronder wat die agtergrond beskryf vir die praktiese take wat jy moet uitvoer. SCENARIO Jy is bekommerd oor die effek wat sosiale netwerke en media op jou jonger sibbe (broer of suster) het. VRAAG 1 1.1 Stel die lêer Persoonlike Gedagte om versteek te wees. (1) 1.2 Wysig die woordverwerkingsdokument Briefhoof om 'n dokumenttemplaat te wees. (2) 1.3 Organiseer jou vooraf gelaaide lêers soos volg: 1.3.1 Skep 'n gids genaamd Argief. (1) 1.3.2 Skuif al die lêers wat in die jaar 2015 of vroeër gewysig is na hierdie gids. (2) 1.4 Hernoem die lêer Kandidaat na jou Eksamennommer. (1) Maak die woordverwerkingsdokument Rekenaarbestuur oop en beantwoord die volgende vrae in die toepaslike afdeling: 1.5 Verskaf die handelsnaam en weergawe van die bedryfstelsel wat jy gebruik. (2) 1.6 Wysig jou eksamengids se aansig soos volg:  Verander die aansig na besonderhede (details).  Orden volgens tipe dalend.  Lê 'n skermkiekie (screenshot) van hierdie aansig vas en plak dit op die korrekte plek in die Rekenaarbestuur-dokument. (3) 1.7 Verskaf die volgende inligting oor die lêer Hart.jpg: 1.7.1 Outeur (1) 1.7.2 Lêergrootte (1) 1.8 Verskaf 'n skermkiekie van die html-redigeerder wat jy vir hierdie eksamen sal gebruik en plak dit op die korrekte plek in die Rekenaarbestuur- dokument. (1) 1.9 Jou sibbe se rekenaar se skyfspasie is vol. Verskaf instruksies oor hoe om 'n skyfskoonmaak te loop. Plaas jou antwoord op die korrekte plek in die Rekenaarbestuur-dokument. (3) 1.10 Lê 'n skermkiekie vas van die skyfspasie wat jou stelselaandrywer op jou masjien oor het en plak dit op die korrekte plek in die Rekenaarbestuur- dokument. (2) Voeg jou Eksamennommer in die kopskrif van die dokument in. Stoor en maak die dokument Rekenaarbestuur toe. [20] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 12 VRAAG 2 Maak die dokument Vals Nuus oop en bring die volgende veranderinge aan: 2.1 Wysig die bladsykantlyne soos volg: 2.1.1 Stel die Top-, Bottom-, Left- en Right-kantlyn om 3 cm te wees. (1) 2.1.2 Stel die gutter om 1 cm te wees. (1) 2.2 Voeg 'n rand (border) om die hele dokument in soos volg: 2.2.1 Voeg 'n skadurand om die hele dokument in. (2) 2.2.2 Stel die randbreedte om 3 pt te wees (1) 2.3 Voeg 'n outomatiese inhoudsopgawe direk na die titel "Fake News" in. (2) 2.4 Wysig die kopskrif en voetskrif van die dokument soos volg: 2.4.1 Stel dit sodat die dokument 'n verskillende kopskrif en voetskrif op die eerste bladsy het. (1) 2.4.2 Voeg jou eksamennommer in die kopskrif van die eerste bladsy in. (1) 2.4.3 Voeg 'n datum wat outomaties bygewerk word in aan die regterkant van die voetskrif in die gedeelte van die dokument wat op die tweede bladsy van die dokument begin. (2) 2.5 Skep 'n nuwe karakterstyl in die dokument soos volg: 2.5.1 Noem die nuwe karakterstyl Verwysing. (2) 2.5.2 Stel die fontfamilie op Verdana. (1) 2.5.3 Stel die fonteffekte om subscript te wees. (1) 2.5.4 Stel die fontkleur om red te wees. (1) 2.5.5 Pas die styl toe op die teks "[howstuffworks.com on 2017/02/01]" aan die bokant van die tweede bladsy. (1) 2.6 Wysig die Heading 2-styl soos volg: 2.6.1 Stel die paragraaf om spasiëring van 12 pt voor te hê. (1) 2.6.2 Stel die arsering (shading) op grey. (1) 2.7 Voeg 'n skakel terug na die begin van die dokument in soos volg: 2.7.1 Voeg die teks "Back to top" aan die einde van die dokument in. (1) 2.7.2 Voorsien hierdie teks van 'n hiperskakel na die begin van die dokument. (2) Stoor en maak die dokument Vals Nuus toe. [22] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 12 VRAAG 3 Jy besluit om 'n plakkaat vir jou buurt te skep om slim gebruik van digitale platforms te bevorder. Maak die dokument Slim oop en bring die volgende veranderinge aan: 3.1 Wysig die bladsyopstelling soos volg: 3.1.1 Stel die oriëntasie van die dokument op portrait. (1) 3.1.2 Stel die papiergrootte van die dokument op A3. (1) 3.2 Voeg 'n voetnoot by die teks "vergelyk" by wat die woorde "Mense plaas net die beste van hulself" vertoon. (2) 3.3 Stel die fontgrootte van al die teks op 32. (1) 3.4 Voeg 'n Drop Cap by elkeen van die twee sinne by. (2) 3.5 Voeg 'n beeld in soos volg: 3.5.1 Voeg die beeld Skinder onder die laaste teksreël in. (1) 3.5.2 Stel die paragraafinlynstelling (alignment) op regs. (1) 3.5.3 Stel dit ook om NIE die aspekverhouding te sluit nie. (1) 3.5.4 Stel die hoogte op 25 cm en die breedte op 18 cm. (1) 3.5.5 Voeg 'n rooi dubbelrand om die prent in. (2) Voeg jou Eksamennommer in die kopskrif van die dokument in. Stoor en maak die dokument Slim toe. [13] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 12 VRAAG 4 Jy wil 'n brief vir al jou vriende met jonger sibbes skep, sodat hulle ook na hul broers en susters kan kyk. Maak die woordverwerkingsdokument Brief oop en bring die volgende veranderinge aan: 4.1 Wysig die tabel soos volg: 4.1.1 Voeg die twee selle in die eerste ry saam. (1) 4.1.2 Stel die eerste ry om 'n ligblou arsering (shading) te hê. (1) 4.1.3 Wysig die rand van die tabel om 'n dubbelbuiterand van 3 pt te hê en geen lyne binne die tabel nie. (2) 4.2 Voeg kommentaar by die teks "201 Facebook-vriende" by wat die woorde "Min tieners, as daar is, het soveel mense persoonlik ontmoet" vertoon. (2) 4.3 Skep 'n regsgerigte tabelstop op 15 cm met 'n leistippel (dotted leader) vir al die teks ná "Voorgestelde wysheid om te deel" tot by "Blokkeer die persoon". Die eerste deel van elke reël moet teen die linkerkantlyn wees. (3) 4.4 Voeg die dokument soos volg saam: 4.4.1 Verbind die dokument met die databron Vriende deur die blad genaamd Data te gebruik. (2) 4.4.2 Pas 'n filter op die databron toe sodat dit net rekords sal gebruik waar die Jonger Sibbe-veld "Ja" is. (2) 4.4.3 Vervang die teks "vriend" met die twee saamgevoegde velde Voornaam en Van geskei deur 'n spasie. (2) Voeg jou Eksamennommer in die kopskrif van die dokument in. Stoor en maak die dokument Brief toe. [15] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 12 VRAAG 5 Jy het 'n bietjie statistiek oor vriende in jou sosiale netwerk versamel en moet nou formatering en berekeninge by die data byvoeg om die nuttigheid van die data te verbeter. Maak die spreitabel Statistiek oop en let daarop dat die werkboek uit sewe werkblaaie bestaan, naamlik Plasings, Opsomming, Gebruikers, Bladsye, Advertensies, V 5.17 en Plasings 2. Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die werkblad genaamd Plasings toegepas moet word. 5.1 Stel die breedte van kolom A, B, C, D en E op 13. (2) 5.2 Formateer selbestek A1:E1 soos volg:  Stel 'n dubbelrand aan die onderkant van die selle  Geen ander rand nie  Vet (Bold)  Geel vulling (fill) (4) 5.3 Voeg die bladsynommerveld aan die regterkant van die voetskrifgedeelte in. (2) 5.4 Vervang alle voorkomste van die woord "vierong" met die woord "Viering". (2) 5.5 Sorteer al die data volgens Onderwerp stygend en dan volgens Gebruiker dalend. (3) 5.6 Filtreer die data sodat slegs boodskappe met die onderwerp "Verhoudings" wat meer as 150 karakters is, vertoon word. (3) 5.7 Pas voorwaardelike formatering op kolom B toe soos volg:  Woede moet 'n red vulling hê  Hartseer moet 'n blue vulling hê  Verveeld moet 'n yellow vulling hê (3) Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die werkblad genaamd Opsomming toegepas moet word. 5.8 Voeg 'n berekening in B2 in om die gemiddelde getal karakters per plasing in die werkblad genaamd Plasings te bepaal. (2) 5.9 Voeg 'n berekening in B3 in om die mediaangetal karakters per plasing in die werkblad genaamd Plasings te bepaal. (2) 5.10 Voeg 'n berekening in B4 in om die getal plasings in die werkblad genaamd Plasings volgens die geslag wat in A4 gegee word, te bepaal. Brei hierdie berekening uit na B5. (3) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 12 Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die werkblad genaamd Gebruikers toegepas moet word. 5.11 'n Gebruiker se formele naam bestaan uit sy/haar titel, gevolg deur 'n spasie, gevolg deur die eerste letter van sy/haar voornaam, gevolg deur 'n punt en spasie, gevolg deur sy/haar van. Mnr Neil Patrick se formele naam sal byvoorbeeld Mnr N. Patrick wees. Voeg in kolom E (V 5.11) 'n funksie in om die gebruiker se formele naam te bepaal. Brei die berekening uit sodat al die gebruikers se formele naam bepaal sal word. (5) 5.12 Voeg in kolom G (V 5.12) 'n funksie in om die ouderdom wat die gebruiker vanjaar sal bereik, te bepaal. Die ouderdom moet elke jaar outomaties bygewerk word. Brei die berekening uit sodat al die gebruikers se ouderdom bereken sal word. (3) Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die werkblad genaamd Bladsye toegepas moet word. 5.13 Formateer die waardes in kolom E om persentasie te wees. (1) 5.14 Voeg in kolom F 'n berekening in om die getal besoeke wat terugkeerbesoeke is te bepaal. Terugkeerbesoeke = Besoeke × Terugkeerbesoekers Brei die berekening uit sodat al die bladsye se terugkeerbesoeke pm (per maand) bereken sal word. (3) 5.15 Herskep die volgende grafiek presies soos dit gegee word op 'n nuwe blad deur die data in sel A1:C5 op die Bladsye-werkblad te gebruik. Verwys na Figuur 4. (4) Bladsyvergelyking 4 000 3 500 3 000 2 500 2 000 1 500 1 000 500 0 Likes Visits Quantem Volleyball City of Joburg ProServ South Africa 0Firefly Figuur 4 IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 12 Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die werkblad genaamd Advertensies toegepas moet word. 5.16 Die koste van 'n advertensie verskil na gelang van die tipe organisasie wat in kolom B (Tipe) aangedui word. Indien 'n organisasie as Niewins aangedui word, is die koste 100, andersins is dit 600. Voeg in kolom C (V 5.16) 'n funksie in om die organisasie se koste per advertensie te bepaal. Brei die berekening uit sodat al die organisasies se koste bepaal sal word. (3) Let daarop dat al die veranderinge hieronder op die werkblad genaamd V 5.17 toegepas moet word. 5.17 Voeg 'n berekening in sel B1 in om te bepaal watter gebruiker die meeste plasings uit die Plasings 2-blad het. Jy mag enige toepaslike data en berekeninge by die res van hierdie werkblad en/of die Plasings 2-werkblad byvoeg om dit reg te kry. (5) Voeg jou Eksamennommer in die kopskrif van elke werkblad in. Stoor en maak die werkboek Statistiek toe. [50] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 12 VRAAG 6 Jy ontwerp jou eie sosialemedia-stelsel genaamd Sokkies waar mense vriende is met almal wat ingeteken is. Maak die databasis Sokkies oop en bring die volgende veranderinge aan: 6.1 Voer data uit die tekslêer genaamd Gebeurtenis in die Gebeurtenis-tabel in. (2) 6.2 Bring die volgende veranderinge in die tabel Bladsy aan: 6.2.1 Stel die veld bladsy_id om die primêre sleutelveld te wees. (1) 6.2.2 Stel die tipe-veld om na te slaan uit die waardes Sport, Verhouding, Korporatief en Akademies. (3) 6.2.3 Voeg 'n veld genaamd admin by wat die veld gebruikersnaam uit die tabel Gebruiker sal naslaan. (3) 6.3 Bring die volgende veranderinge in die tabel Gebruiker aan: 6.3.1 Maak seker die geslag-veld het akkurate toevoer van die gebruiker soos volg:  Stel die veldgrootte op 1  Voeg 'n valideringsreël by om slegs "M" of "V" toe te laat (3) 6.3.2 Voeg 'n toevoermasker by die telefoon-veld by om te verseker dat 'n telefoonnommer toegevoer word in die formaat soos in die voorbeeld (072) 555-1234 en dat alle nommers toegevoer word. Verwys asseblief na Figuur 5 vir 'n lys karakters wat toevoermaskers definieer. (3) Kar Verduideliking Kar Verduideliking Kar Verduideliking Gebruiker kan 'n Gebruiker kan 'n Gebruiker moet 'n 0 9 syfer (0 tot 9) # syfer, plus- of syfer (0 tot 9) toevoer toevoer minusteken toevoer Gebruiker moet 'n Gebruiker moet 'n Gebruiker kan 'n L ? A letter of 'n syfer letter toevoer letter toevoer toevoer Gebruiker kan 'n Gebruiker moet óf 'n Gebruiker kan a letter of 'n syfer & karakter óf 'n spasie C karakters of spasies toevoer toevoer toevoer Plekhouers vir Skakel alle karakters Skakel alle karakters desimale en .,:;-/ > wat volg in < wat volg in duisende, datum- en hoofletters om kleinletters om tydverdelers Karakters tussen Laat die toevoer- Karakters wat dubbelaanhalings- ! masker van links na \ onmiddellik volg, sal “” tekens sal letterlik regs vul letterlik vertoon word vertoon word Figuur 5 IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 12 6.4 Skep 'n nuwe tabel genaamd Advertensie soos volg: 6.4.1 Skep 'n primêre sleutelveld genaamd advertensie_id van 'n toepaslike datatipe. (3) 6.4.2 Skep 'n veld genaamd titel van die teksdatatipe en die formaat om hoofletters te verseker. (2) 6.4.3 Skep 'n veld genaamd koste van 'n geldeenheiddatatipe en stel dit om vereis te word. (2) 6.5 Skep 'n vorm soos volg: 6.5.1 Skep 'n vorm genaamd Gebruiker_plasing deur slegs die gebruikersnaam-, voornaam- en van-veld uit die tabel Gebruiker en slegs die plasing- en Likes-veld uit die tabel Plasing te gebruik. Maak seker die vorm word gegroepeer volgens die Gebruiker-tabel en dat die subvorm Plasingsubvorm genoem word. (3) 6.5.2 Redigeer die etiket in die vormopskrif tot "Gebruikers met hul plasings" en sluit jou Eksamennommer in. (1) 6.5.3 Stel die Default View-eienskap van die Plasingsubvorm op Single Form. (1) 6.5.4 Maak die Plasingsubvorm afsonderlik oop en voeg 'n knoppie op die subvorm wat die plasings bevat by, wat die huidige plasing sal skrap. Die opskrif van die knoppie moet "Skrap" wees. (3) 6.6 Skep navrae soos volg: 6.6.1 Skep 'n navraag genaamd Akademies wat slegs die bladsytitel-veld van alle rekords in die tabel Bladsy met die tipe "Akademies" sal vertoon. (3) 6.6.2 Skep 'n navraag genaamd Gewild wat alle velde uit die tabel Plasing sal vertoon waar die gebruiker "OneLiner" is met die Likes meer as 40. (4) 6.7 Skep 'n verslag soos volg: Skep 'n verslag genaamd Plasings deur alle velde uit die tabel Plasing te gebruik, gegroepeer volgens die veld gebruiker. (3) Stoor en maak die databasis Sokkies toe. [40] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 12 VRAAG 7 Jy is gevra om die Netwerke- en Gedagtes-bladsye van 'n webwerf wat goeie praktyke op sosiale netwerke bevorder, by te werk. Maak Netwerke.html in die subgids Webwerf oop en bring die volgende veranderinge aan: 7.1 Voeg 'n titel wat lui "Goeie Praktyk" op die bladsy by en sluit jou eksamen- nommer daarby in. (2) 7.2 Stel die agtergrondkleur van die tabel om groen te wees. (2) 7.3 Redigeer die eerste sel in die eerste ry soos volg: 7.3.1 Laat die sel oor twee kolomme strek. (2) 7.3.2 Stel die sel om 'n horisontale inlynstelling van center te hê. (2) 7.4 Stel die breedte van die eerste sel in die tweede ry op 250. (2) 7.5 Plaas 'n hiperskakel op die teks "Volgende Bladsy" na die webbladsy Gedagtes.html. (2) Stoor en maak Netwerke.html toe. Maak Gedagtes.html in die subgids Webwerf oop en bring die volgende veranderinge aan: 7.6 Voeg 'n opskrif by soos volg: 7.6.1 Voeg 'n vlak 1-opskrif "Gebeurtenisse wat 'n mens tot nadenke stem" by. (2) 7.6.2 Stel die fontkleur om red te wees. (2) 7.7 Voeg 'n beeld op die bladsy by soos volg: 7.7.1 Voeg die beeld Harambe.jpg wat in die subgids genaamd Beelde in die Webwerf-gids aangetref word by. (2) 7.7.2 Stel die breedte en hoogte van die beeld op 250. (2) Stoor en maak Gedagtes.html toe. [20] Totaal: 180 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all