Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Die vraestel is verdeel in Afdeling A (25 punte), Afdeling B (75 punte) en Afdeling C
(50 punte).
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer jou antwoorde presies soos hulle in die vraestel verskyn.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
7. Lees die vrae sorgvuldig. Let op die bewoording van die vrae, d.w.s. verduidelik,
noem, kies, bespreek, identifiseer, ens. en beantwoord dan dienooreenkomstig.
8. Gee jou antwoorde in algemene terme. Gebruik handelsname slegs wanneer jy
gevra word. Gebruik byvoorbeeld "woordverwerker" in plaas van "Microsoft Word"
of "WordPerfect".
9. Gewoonlik word 'n punt per feit toegeken. 'n Tweepuntvraag sal dus twee feite
vereis, ensovoorts.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2017 QP (Afr)
IEB Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Computer Applications Technology · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 2 van 15
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Kies die korrekte woord(e) in Kolom B wat die definisie in Kolom A die
BESTE beskryf. Skryf SLEGS die woord(e) van jou keuse langs elke
vraagnommer neer.
Vraag-
Kolom A Kolom B
nommer
1.1.1 Rekenaars wat met die Internet Vermomde rekenaars
verbind is en wat in gevaar gestel is
en gebruik kan word om kwaadwillige GPS
take onder afgeleë leiding uit te voer. (1)
1.1.2 'n Netwerk van privaat rekenaars wat DoS
met kwaadwillige sagteware besmet is
en as groep beheer word sonder die GPRS
eienaars se medewete, byvoorbeeld
om spamboodskappe te stuur. Antispam (1)
1.1.3 'n Globale satellietnavigasiestelsel wat
geoligging en tydinligting aan 'n BotNet
ontvanger verskaf in alle
weerstoestande, oral op of naby die Antispioenware
aarde. (1)
1.1.4 Dit word gebruik om ongevraagde Meme
massa-e-pos te voorkom. (1)
1.1.5 'n Idee, gedrag of styl wat van persoon Virus
tot persoon binne 'n kultuur versprei,
gewoonlik elektronies. Zombierekenaars (1)
1.2 Gee die toepaslikste definisie van die volgende terme:
1.2.1 SISU (2)
1.2.2 Warmkol (2)
1.2.3 Hittesinkput (2)
1.2.4 "Warm" ruiling (2)
1.2.5 Domein (2)
[15]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 3 van 15
VRAAG 2
Kies die TOEPASLIKSTE antwoord op elke vraag. Skryf SLEGS die letter van jou
keuse langs elke vraagnommer neer.
2.1 Watter EEN van die volgende is 'n afvoertoestel?
A Skandeerder
B Mikrofoon
C Luidspreker
D Muis
2.2 In 'n toepassing kan 'n dokument gedruk word deur te klik op 'n prentjie
soos die een wat hieronder getoon word.
Die naam wat gegee word aan 'n prentjie wat op hierdie manier gebruik
word, is 'n …
A beeld.
B ikoon.
C foto.
D wyser.
2.3 Sipho ontvang 'n snaakse e-pos en hy stuur dit aan na sy vriend, Bob. Dit
word … genoem.
A kopiëring
B aanstuur
C aanhegting
D formatering
2.4 Ouers kan sagteware gebruik om hul kinders te beskerm teen toegang tot
Internetwerwe wat hulle as onvanpas vir besigtiging beskou. Hierdie tipe
sagteware word … genoem.
A teenvirussagteware
B 'n brandmuur
C filtreersagteware
D 'n Internetblaaier
2.5 Waar word die klant se elektroniese data gestoor wanneer 'n moderne
krediet-/debietkaart gebruik word om by 'n winkel vir goedere te betaal?
A Op die mikroskyfie
B In die gedrukte naam
C In die hologram
D In die gedrukte nommer
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 4 van 15
2.6 Watter een van die volgende toestelle het die grootste stoorkapasiteit?
A 1 GG DDT (DDR) LSG
B 1 kG L1 cache
C 1 TG VTA (SSD)
D 1 MG L3 cache
2.7 Wat is die VIER sleuteldele waarin 'n rekenaarstelsel verdeel word?
A Sleutelbord, vertoon, geheue en skyfaandrywer
B Woordverwerking, spreitabelle, databasisse en aanbiedings
C Bisse, grepe, woorde en Hertz
D Toevoer, verwerking, afvoer en berging
2.8 Wat word die goue ingelegde drade op die moederbord wat vir die oordrag
van data gebruik word, genoem?
A Busse
B LSG
C Sleutels
D Nodusse
2.9 Die handeling om 'n rekenaar aan te skakel en te begin word … genoem.
A laai
B oopmaak
C POST
D selflaai
2.10 Die tipe rekenaar wat gebruik word om die weer en klimaatsverandering/
globale verwarming op die aarde te voorspel.
A Skootrekenaar
B Hoofraamrekenaar
C Superrekenaar
D Tabletrekenaar
[10]
25 punte
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 5 van 15
AFDELING B
VRAAG 3 STELSELTEGNOLOGIEË
3.1 In Figuur 1 word foto's gegee van verskillende toestelle wat in of met 'n
tipiese rekenaar verbind kan word.
3.1.1 3.1.2
3.1.3 3.1.4
3.1.5
Figuur 1
Teken die volgende tabel in jou Antwoordboek. Skryf dan die naam van
elkeen van die toestelle in die tweede kolom en hul HOOFfunksie in die
derde kolom in. Let wel: wanneer die funksie ingevul word, dink aan wat die
betrokke toestel uniek maak.
Vraag-
Naam van toestel Hooffunksie
nommer
3.1.1
3.1.2
3.1.3
3.1.4
3.1.5 (10)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 6 van 15
3.2 'n Moderne SVE (sentrale verwerkingseenheid) is die belangrikste deel van
'n rekenaar en kan geklassifiseer word as Dubbelkern of Vierkern.
3.2.1 Noem die DRIE standaarddele waarin alle SVE's verdeel kan word.
(Jy mag nie afkortings gebruik nie.) (3)
3.2.2 Verduidelik die terme Dubbelkern en Vierkern. (2)
3.2.3 Wat is die verskil tussen multitaakverwerking en multiverwerking? (4)
3.3 Cachegeheue help die SVE om die verwerking van die rekenaar vinniger te
maak.
3.3.1 Verduidelik hoe cachegeheue hierdie verwerking vinniger maak. (2)
3.3.2 Gee TWEE voorbeelde van waar cachegeheue aangetref kan word. (2)
3.4 Wanneer ook al die SVE onvoldoende geheue het vir party van die
toepassings wat op die rekenaar moet loop, het die SVE ook toegang tot
virtuele geheue. Wat is virtuele geheue? Jou antwoord moet verduidelik
hoe virtuele geheue werk. (4)
[27]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 7 van 15
VRAAG 4 INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
Bootiful, 'n internasionale skoenwinkelketting, het pas sy eerste winkel in Johannesburg
geopen en stel 'n netwerk op met die volgende topologie (uitleg soos getoon Figuur 2).
Die netwerk verbind drie verkoopspuntterminale, die bestuurder se werkstasie, haar
sekretaresse se werkstasie en 'n terminaal vir klante om toegang te verkry tot algemene
inligting oor die skoene wat in die winkel verkoop word.
Figuur 2
4.1 Noem die tipe netwerktopologie wat in Figuur 2 getoon word. (1)
4.2 Jy moet motiveer waarom die topologie wat in Figuur 2 getoon word,
gekies is.
4.2.1 Noem TWEE voordele van die netwerktopologie wat deur Bootiful
gebruik word. (2)
4.2.2 Noem TWEE nadele van die netwerktopologie wat deur Bootiful
gebruik word. (2)
4.3 Voltooi elke sin hieronder deur een item uit die volgende lys te gebruik:
Brug, Spil, Modem, Proksiebediener, Skakel, Wi-Fi-roeteerder
4.3.1 'n ... bestuur nie enige van die dataverkeer wat daardeur gaan nie. (1)
4.3.2 'n ... stuur data na die korrekte segment van die netwerk aan. (1)
Die IT-bestuurder van Bootiful se Hoofkantoor het besluit om al sy rekenaars in 'n
intranet te verbind.
4.4 4.4.1 Wat is 'n intranet? (2)
4.4.2 Wat sal EEN voordeel wees om 'n intranet vir Hoofkantoor te hê? (1)
4.5 Daar word vir die HUB by Hoofkantoor gesê dat sy 'n modem sal moet hê
om hul netwerk via 'n veselverbinding met die Internet te verbind.
Waarom is hierdie stelling VERKEERD en wat moes vir haar gesê word? (3)
4.6 Noem TWEE brokkies inligting wat die werkers in hul rekenaars moet
insleutel om toegang tot die netwerk te verkry. (2)
[15]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 8 van 15
VRAAG 5 INLIGTINGSBESTUUR
OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg is die besigste lughawe in
Afrika. Een vlug styg op of land gemiddeld elke 25 sekondes. Dit het daartoe gelei
dat geraas, lugbesoedelingsvlakke en daaglikse temperature om die lughawe
toegeneem het. Navorsers van die WNNR monitor hierdie geraas-, besoedelings-
en temperatuurvlakke, spesifiek die besoedelende gasse stikstofdioksied (NO2) en
koolstofdioksied (CO2). Moniteringstoestelle is rondom die grens van die lughawe
geplaas.
5.1 Noem EEN geskikte toestel wat gebruik kan word om toevoerdata in te
samel wat elkeen van die volgende hoeveelhede meet:
5.1.1 Geraasvlak (1)
5.1.2 Lugbesoedelingsvlak (1)
5.1.3 Temperatuur (1)
5.2 Data van die moniteringstoestelle word in vastetoestand-geheue gestoor.
Die geheue word op 'n veilige plek by die lughawe se IT-departement
gehuisves. Elke maand word die data wat in hierdie vastetoestand-geheue
gestoor is, na die navorsers se rekenaars by die WNNR oorgedra. Noem
TWEE maniere waarop die data oorgedra kan word. (2)
5.3 Noem TWEE vrae wat beantwoord kan word deur die data wat ingesamel is
sodra die data op die navorsers se rekenaars by die WNNR gestoor is. (2)
5.4 Gee TWEE tipes kommersieel beskikbare sagteware wat geskik sal wees
om die data te verwerk. (GEEN HANDELSNAME NIE) (2)
5.5 Beskryf TWEE maniere waarop die verwerkte data gebruik kan word om
veranderinge in beide geraasvlakke en lugbesoedelingsvlakke van maand
tot maand en ook langtermyntendense te toon. (2)
5.6 Gee op grond van die inligting wat verkry is vir die lughawe-owerhede EEN
aanbeveling van wat gedoen kan word om die geraasvlakke, temperatuur-
vlakke of lugbesoedelingsvlakke te verbeter. (1)
[12]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 9 van 15
VRAAG 6 SOSIALE IMPLIKASIES
6.1 IKT (Inligtings- en Kommunikasietegnologie) word al meer deel van ons
daaglikse lewe en die Suid-Afrikaanse regering maak toenemend daarvan
gebruik om dienste nader aan die mense te kry.
6.1.1 Gee TWEE maniere waarop die ontwikkeling van IKT die manier
beïnvloed het waarop die Suid-Afrikaanse regering werk. Jy moet die
vooruitgang, ontwikkeling of verbetering gee wat eers plaasgevind
het en dan die effek wat dit op die Suid-Afrikaanse regering gehad
het. (4)
6.1.2 Tog kan dit ook lei tot die Suid-Afrikaanse regering se skending van
sy burgers se privaatheid. As jy die President van Suid-Afrika is, gee
TWEE wette wat jy sal implementeer om die privaatheid van die
Suid-Afrikaanse bevolking te beskerm. (2)
6.2 Beskryf TWEE maniere waarop die ontwikkeling van IKT in Suid-Afrika die
manier waarop besighede bedryf word, bevoordeel het. (2)
[8]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 10 van 15
VRAAG 7 OPLOSSINGSONTWIKKELING
Dr. RedLiquid, die Fisiese Wetenskappe-onderwyser by Voorwaarts Hoërskool,
het 'n spreitabel gebruik om die snelhede te bereken van 'n klip wat uit
laboratoriumvensters op vyf verskillende hoogtes bokant die grond laat val word.
Dit word gebaseer op die formule:
v2 = u2 + 2gs
waar: v = eindsnelheid, in m·s–1
u = beginsnelheid, in m·s–1
g = die versnelling as gevolg van gravitasie, in m·s–2
s = die hoogte waarop laat val word, in m
A B C D
Waarde Waarde Waarde Resultaat
1 van u van g van s v
2 5 9.8 3
3 10 9.8 15
4 12 9.8 18
5 8 9.8 10
6 14 9.8 21
7.1 Gil het = (D2*D2 + 2 * B2 * C2) in sel D2 ingevoer. Waarom sal hierdie
formule 'n FOUTIEWE antwoord oplewer? (1)
7.2 Wat is die KORREKTE formule wat in sel D2 ingevoer moes word? (3)
7.3 Indien hierdie formule outomaties gevul word tot by sel D6, watter formule
sal in D6 wees? (3)
7.4 Watter formule moet in sel D7 ingevoer word om die tweede hoogste
waarde van v te vind? (3)
7.5 Kolom B het deurgaans dieselfde waarde, d.w.s. 9.8. Indien Kolom B
verwyder word, wat sal die nuwe formule in C2 (voorheen D2) moet wees
om by dieselfde resultaat as tevore uit te kom? (1)
7.6 Om tyd te bespaar en onnodige foute te voorkom, kan die konstante
waarde in Kolom B in 'n enkele sel, sê E1, ingevoer word. Waarna sal die
formule wat dan in sel D2 ingevoer word, verander word in die
veronderstelling dat hierdie formule outomaties in die kolom ingevul sal
word tot by D6? (1)
7.7 Wat word die tegniek genoem om 'n konstante waarde van 'n enkele,
nieveranderende sel te gebruik? (1)
[13]
75 punte
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 11 van 15
AFDELING C
Star Trek Anniversary Movie Productions (Pty) Ltd
[<http://www.startrek.com/uploads/assets/articles/9a5570aa205c967c350c52e4ad43bc8ab6fdecd0.png>]
Miljoene kykers oor die wêreld heen was platgeslaan toe die heel laaste nuwe episode van 'n Star
Trek-reeks, Enterprise, op 13 Mei 2005 op televisie uitgesaai is. 2017 is die 51ste herdenking van
die eerste uitsending van die Star Trek-reeks en jy, self 'n geesdriftige Star Trek-aanhanger
(Trekker), besluit om 'n videoproduksiemaatskappy by jou huis op te rig. Jy wil nuwe episodes van
Star Trek vir webgebaseerde stroming en verkope produseer om te voorsien in die behoefte van
Trekkers wat "Boldly going where no-one has gone before" so baie mis.
VRAAG 8 GEÏNTEGREERDE SCENARIO
8.1 Jy doen navorsing op die Internet en kom af op 'n wonderlike werf by
www.startrek.com. Daar is baie foto's en tekeninge van die Star Trek-heelal
en omdat jy weet dat jy al hierdie beelde sal benodig, begin jy om die
hulpbronne af te laai. Jou ma, 'n vermaakprokureur, sien wat jy doen en is
bekommerd daaroor dat jy die wet oortree.
8.1.1 Waarom is dit onwettig om hierdie beelde af te laai en in jou
kommersiële video's te gebruik? (2)
8.1.2 Wat moet jy doen sodat jy hierdie beelde wettig kan gebruik? (2)
8.2 Jou ma stem in dat jy die leë pakstoor in die agterplaas as jou ateljee kan
gebruik en leen vir jou R50 000 om die produksie-eenheid te begin. Jy sal
die volgende moet koop:
'n Toestel wat videobeelde vir die produksie van die video kan neem
'n Klankopneemtoestel
Stoortoestelle om die ongeredigeerde filmmateriaal van jou video's te
stoor
Rekwisiete en kostuums
Beligtingstoestelle
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 12 van 15
'n Toestel vir die naproduksie van die video's. Hierdie toestel sal die
volgende moet kan doen:
‒ Redigeer die ongeredigeerde filmmateriaal en beelde grafies en pas
die gehalte van die beelde aan.
‒ Voeg klank en musiek by en pas die gehalte van die klank aan.
‒ Produseer GPK (CGI) en spesiale effekte soos nodig en voeg dit by
die filmmateriaal.
‒ Voeg enige spesiale effekte soos nodig by, byvoorbeeld begin- en
einderkenningsreekse.
‒ Stel 'n databasis op met inligting van beskikbare akteurs om aan te
stel. Let wel: Die maksimum bedrag wat jy kan bekostig om enige
akteur te betaal is R1 000.
‒ Beheer jou beperkte begroting deur 'n spreitabelprogram te gebruik.
‒ Stel 'n webwerf op vir die verkoop en stroming van die
geproduseerde episodes.
Jy sien die volgende advertensies vir TWEE rekenaarstelsels aanlyn by
<www.bestcomputerbuys.com>.
STELSEL A STELSEL B
Hewlett-Packard-Z1-G2-tafelrekenaar 27-duim Apple iMac ME088LL/A-
Intel Core i5 I5-4590 3.30 GHz Quad tafelrekenaar
8 GG LSG (1200 MHz DDR3) Intel Core i5 – 3.4 GHz Quad
1 TG hardeskyfaandrywer 16 GG LSG (1600 MHz DDR3)
DVD-skrywer 1 TG hardeskyfaandrywer
Intel ingeboude HD Graphics 4600 DVD-skrywer
27" plat skerm – kantel agteroor NVIDIA-kaart met 'n GeForce GT
Standaardsleutelbord 755M-grafikaverwerker en 1 GG
Draadlose muis DDR3-geheue
Windows 10 Professional 27" plat skerm
Standaardsleutelbord
Draadlose muis
Mac OS X Yosemite
R19 800 R21 600
Figuur 3
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 13 van 15
8.2.1 Watter een van die rekenaarstelsels wat in Figuur 3 getoon word,
sal jy koop, Stelsel A of Stelsel B? Baseer jou keuse op jou vereistes
en begroting. (1)
8.2.2 Gee DRIE redes ter ondersteuning van jou keuse in 8.2.1. (3)
8.2.3 Noem EEN bykomende stuk hardeware wat nodig is wat nie deel is
van die stelsels in Figuur 3 nie. (1)
8.3 'n Toegewyde videokamera kos ongeveer R19 000, wat baie van jou
begroting sal opgebruik. Dus moet jy ander opsies oorweeg.
8.3.1 Noem EEN hardewaretoestel wat jy kan koop om in die plek van 'n
toegewyde videokamera te gebruik. (1)
8.3.2 Gee TWEE spesifikasies wat jy moet oorweeg wanneer die toestel in
8.3.1 gekoop word. (2)
8.4 'n Tipiese video-episode sal ongeveer 2 GG stoorruimte benodig. Beveel
EEN toestel aan wat jy sal koop om die 16 voltooide episodes te stoor. (1)
8.5 Jy sal ook videoredigeersagteware vir naproduksie benodig.
8.5.1 Gee 'n handelsnaam van EEN videoredigeersagtewareprogram wat
geskik sal wees vir jou gebruik. (1)
8.5.2 Gee 'n handelsnaam van EEN videobesigtigingsagtewareprogram
wat geskik sal wees om na jou episodes te kyk. (1)
8.6 Jy stel 'n databasis op wat al die besonderhede bevat van die akteurs wat
aansoek gedoen het vir rolle in jou video's. Van die inligting wat in die
databasis gestoor word, bestaan uit die volgende velde. Kopieer die tabel in
jou Antwoordboek en voltooi dan die ontbrekende datatipes. Jy moet ook 'n
moontlike valideringsreël vir die vaslegging van die data in elkeen van die
velde voorstel.
Vraag-
Veldnaam Datatipe Valideringsreël
nommer
8.6.1 Geslag
(2)
Vorige
8.6.2
toneelspeelervaring (2)
8.6.3 Salaris
(2)
8.7 Jy bring baie ure voor jou rekenaarstelsel deur om aan jou episodes te werk
en vind dat jy na 'n paar uur nie baie goed voel nie.
8.7.1 Noem TWEE tipes beserings wat jy as gevolg van langdurige
rekenaargebruik kon opgedoen het. (2)
8.7.2 Gee vir elkeen van die beserings wat in 8.7.1 genoem is 'n manier
om sodanige besering te voorkom. (2)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 14 van 15
8.8 Jy besluit om 'n bekendstellingspartytjie te hou om jou video-episodes aan
voornemende kopers te adverteer.
8.8.1 Gee TWEE maniere buiten massa-e-pos waardeur jy jou produk kan
adverteer om mense bewus te maak van die komende bekend-
stellingspartytjie. (2)
8.8.2 Iemand wat 'n uitnodiging na jou bekendstellingspartytjie ontvang
het, stuur vir jou 'n onbeskofte e-pos wat sê hulle vind Star Trek
aaklig en hulle hou aan om die e-pos gedurig vir jou te stuur. Watter
term word gebruik om hierdie praktyk te beskryf? (1)
8.9 Die produksie- en naproduksierekenaarstelsel loop al 'n hele ruk, maar nou
het 'n paar probleme opgeduik wat reggestel moet word.
8.9.1 Die rekenaarstelsel loop baie stadiger as toe jy aanvanklik begin het.
8.9.2 Die rekenaarstelsel hou aan om weer te begin.
8.9.3 Die rekenaarstelsel sal glad nie aanskakel nie.
8.9.4 Jou video-episodes vertoon nie korrek nie en jy bly sien hoe die
beelde in beeldelemente (pixels) opbreek.
8.9.5 Die klank van jou video's kan nie meer gehoor word nie.
Jy moet vir elkeen van die probleme hierbo 'n moontlike oorsaak identifiseer
en dan 'n moontlike oplossing gee. Kopieer die volgende tabel in jou
Antwoordboek om die vraag te beantwoord.
Vraag-
Moontlike oorsaak Moontlike oplossing
nommer
8.9.1 (2)
8.9.2 (2)
8.9.3 (2)
8.9.4 (2)
8.9.5 (2)
8.10 Die reeks "The New Adventures of Star Trek" is voltooi en jy wil 'n webwerf
opstel sodat kopers episodes kan koop. Jy bied twee formate vir die
verkryging van die video's aan, naamlik direkte aflaai of videostroming.
Verduidelik die terme:
8.10.1 direkte aflaai (2)
8.10.2 videostroming (2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 15 van 15
8.11 Jy kies 'n IDV om jou webwerf te huisves.
8.11.1 Waarvoor staan IDV? (1)
8.11.2 Gee TWEE dienste buiten webhuisvesting en Internetverbinding
wat 'n IDV aanbied. (2)
8.12 Party van die kopers lig jou in dat hulle nie gemaklik is daarmee om hul
kredietkaartbesonderhede aan jou te stuur wanneer hulle 'n video by jou
koop nie. Jy sê vir hulle dat die data geënkripteer sal word.
8.12.1 Wat beteken enkripsie? (2)
8.12.2 Waarom is enkripsie nuttig? (2)
8.12.3 Gee EEN manier waarop gebruikers van jou webwerf seker kan
wees dat hul data geënkripteer word. (1)
50 punte
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)
Related documents

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2017 Memo (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2017 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2017 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2017 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2017 QP
More from Grade 12 Computer Applications Technology

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 Memo (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 QP

Question paperIEB