Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 150 punte
Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminators en hulp-
eksaminators van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering by
te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word by
die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie.
Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van
beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder
die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende
vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 Memo (Afr)
IEB Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 memorandum from the 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Computer Applications Technology · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 217.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 2 van 16
NASIENRIGLYNE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 Koekie
1.1.2 Warmruiling
1.1.3 Windows Explorer
1.1.4 Toeps
1.1.5 Klokspoed
1.2 1.2.1 B
1.2.2 C
1.2.3 A
1.2.4 C
1.2.5 D
1.2.6 B
1.2.7 D
1.2.8 A
1.2.9 B
1.2.10 C
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Indringer
2.1.2 bandwydte
2.1.3 Valideringsreël
2.1.4 SUMIF()
2.1.5 Nutssagteware
2.1.6 Cc
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 3 van 16
NASIENRIGLYNE
2.2 2.2.1 Metadata: Data wat jou vertel van die eienskappe van die lêer,
d.w.s. outeur. OF data om die lêer beter te identifiseer wanneer
daar op die hardeskyfaandrywer daarna gesoek word. OF Data oor
die data kan aanvaar word indien die leerder 'n verduideliking gee
van wat hy/sy bedoel, d.w.s. verduidelik dat dit data oor die data in
die lêer is.
2.2.2 CAPTCHA: 'n Toets om te bepaal of dit 'n mens is wat met die
rekenaar in wisselwerking tree. OF Dit neem die vorm van
verwronge letters en woorde aan wat slegs deur mense herken en
ingesleutel kan word.
2.2.3 BIUS: Die BIUS bevat al die kodes wat nodig is om die sleutelbord,
aandrywers, monitor en baie ander funksies te beheer. OF Basiese
invoer-uitvoer-stelsel. OF Laai die volledige bedryfstelsel. OF Voer
krag-aan-selftoets uit.
2.2.4 Produksleutel: Die produksleutel is 'n reeks alfanumeriese
karakters wat tydens die installasie van rekenaarsagteware deur die
gebruiker ingesleutel word om te verifieer of die program wettig is.
OF Die produksleutel verseker dat daar geen sagtewareroof is nie
deur te beheer hoeveel keer sagteware op 'n toestel gelaai word
deur te verwys na die getal gebruikers wat die sleutel insleutel.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 4 van 16
NASIENRIGLYNE
AFDELING B
VRAAG 3 STELSELTEGNOLOGIEË
Vraag- Naam van Toestel/Item Hooffunksie
nommer
3.1.1 Android-bedryfstelsel Sagteware wat al die aktiwiteite wat op 'n mobiele
Of Android-toestel (foon) toestel plaasvind, beheer.
OF Android OF
NIE net slimfoon Dit is sagteware waarna as die platform verwys
Maar as dit gebruik is kan kan word, aangesien dit al die ander sagteware en
funksie steeds reg wees hardeware van 'n mobiele toestel beheer en
ondersteun.
OF
Wanneer 'n mobiele toestel aangeskakel word,
moet die bedryfstelsel eers gelaai word om al die
aktiwiteite te beheer.
Indien foon, moet dit foon se funksie weerspieël,
alles wat 'n foon kan doen
3.1.2 Netwerkkoppelvlakkaart Laat toe dat kommunikasie op 'n netwerk
(NVK) plaasvind.
Of Ethernet aansluiting of OF
Lan aansluiting Bevat 'n poort vir 'n bedrade toestel wat nodig is
om met 'n netwerk te verbind.
Nie routeerder OF
Stroombane wat op die moederbord gebou is wat
toestelle toelaat om met 'n netwerk te verbind.
3.1.3 Vingerafdrukskandeerder Tegnologie wat iets wat biologies eie aan jou is,
OF byvoorbeeld jou vingerafdruk, meet om jou
Biometriese skandeerder toegang tot hardeware of sagteware te gee.
OF
Vingerafdrukskandeerders wat in nuwe skoot-
rekenaars/slimfone is waartoe nie toegang verkry
kan word sonder vingerafdrukmagtiging nie.
3.1.4 Vinnigereaksie-kode Dit is 'n kode wat ontwerp is om jou toe te laat om
(QR-kode) langer teks vinnig te verkry en in te sleutel,
byvoorbeeld 'n webadres, deur bloot die kamera
op jou mobiele toestel te gebruik.
OF
Dit is 'n kode wat gewoonlik 'n webblad oopmaak
met meer inligting oor die item wat geskandeer
word.
OF
'n Masjienleesbare kode bestaande uit 'n skikking
van swart en wit vierkante wat tipies gebruik word
om URL's of ander inligting te stoor wat deur die
kamera of 'n toepassing op 'n slimfoon gelees kan
word.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 5 van 16
NASIENRIGLYNE
3.2 3.2.1 HDMI
3.2.2 • Dit is 'n vinniger verbinding as VGA.
• Dit is 'n hoëdefinisieverbinding in teenstelling met 'n standaard-
definisieverbinding.
• Die gehalte van die vertoon is beter/duideliker/meer gedefinieerd
as wanneer 'n VGA-verbinding gebruik word.
• Het oudio en video op een string
(Enige EEN van bogenoemde)
3.3 3.3.1 Klik op die lêer, regterklik en kies Send to ... > zipped folder of zip
file (na gelang van die sagteware wat op sy/haar rekenaar gelaai is)
OF maak 'n kompakteerprogram oop en druk die gekose lêers
saam. Wees versigting om niesagteware net saam te pers nie.
3.3.2 Foto's met 'n *.jpg-uitbreiding (moenie PDF aanvaar nie, aangesien
daar in die vraag aangedui word "afgesien van 'n PDF".) OF Beeld
Lêer OF multimedia lêer.
3.4 3.4.1 LSG (RAM): Lees-skryf-geheue
Indien 'n aantal toepassings of programme loop en daar is
onvoldoende geheue, kan dit die algehele werkverrigting van die
rekenaar stadig maak. OF Hoe meer geheue jy beskikbaar het, hoe
beter sal jou rekenaar werk, aangesien meer data en programme in
die geheue gelaai kan word vir verwerking. OF Die byvoeging van
LSG is dikwels die goedkoopste en effektiefste opgradering,
aangesien dit al die programme op jou rekenaar se
verwerkingspoed beïnvloed.
(Enige verduideliking wat goed aandui hoe die werkverrigting van
die rekenaar beïnvloed word.)
3.4.2 SVE: Sentrale verwerkingseenheid
Hoe hoër die spoed (GHz), hoe vinniger sal die SVE oor die
algemeen wees. OF Dit is die hardewarekomponent wat alle
berekeninge doen en instruksies uitvoer. OF Die SVE gaan haal
instruksies en data waaraan dit moet werk uit die LSG. OF het meer
Kerne
(Enige verduideliking wat goed aandui hoe die werkverrigting van
die rekenaar beïnvloed word.)
3.4.3 SSD: Vastetoestandaandrywer (Solid State Disk/Drive)
Die SSD is die plek waar data permanent gestoor word en dit stoor
data elektronies soos 'n flitsskyf. OF Die SSD gee vir ons 'n vinnige
data-oordragspoed en daarom maak dit sin dat vinniger sekondêre
geheue die algehele werkverrigting van 'n rekenaarstelsel kan
verbeter. OF Die grootte van jou SSD is belangrik vanweë al die
programme wat op die SSD gestoor moet word en dit word
normaalweg gemeet in GG/TG, ens. OF Dit is digitale sekondêre
geheue wat die proses vinniger maak.
(Enige verduideliking wat goed aandui hoe die werkverrigting van
die rekenaar beïnvloed word.)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 6 van 16
NASIENRIGLYNE
3.5 Argivering
Verduideliking
• Om inligting op 'n sekondêre stelsel soos DVD gestoor te hê vir rekord-
en verwysingsdoeleindes wanneer nodig.
OF
• Dit is om data/lêers te stoor wat nie op 'n daaglikse basis gebruik gaan
word nie.
OF
• Dit is 'n proses waar jy lêers stoor wat nie gaan verander of in die nabye
toekoms gebruik gaan word nie en dit na 'n ander stelsel skuif om
huidige skyfspasie beskikbaar te stel.
• Pers saam en stoor die argief op die selfde dryf en maak dan skyfspasie
oop.
Voorbeeld
• 'n Maatskappy kan kopieë van hul finansiële verslae van die laaste vyf
jaar maak aangesien hulle heel waarskynlik nie weer daarna gaan
verwys sodra belastingopgawes ingedien is nie.
OF
• 'n Skool kan vir 'n paar jaar rekords van Graad 12-data hou vir enige
navrae wat die skool kan hê.
(Enige verduideliking met 'n voorbeeld wat verwys na die hou van
rekords op 'n veilige plek slegs vir verwysingsdoeleindes, nie om enige
veranderinge aan die data/lêers te maak nie.)
Rugsteuning
Verduideliking
• Dit is om 'n kopie/duplikaat van data/lêers te hou ingeval iets verkeerd
loop waar die data/lêers gekorrupteer/oorskryf kan word.
OF
• Dit is om 'n kopie/duplikaat van data/lêers te hou ingeval jou data/lêers
geskrap word.
Voorbeeld
• Wanneer jy aan 'n skoolopdrag werk, hou jy 'n kopie ingeval jou
rekenaar ineenstort.
OF
• Onderwyser kan 'n rekord van leerders se punte vir die jaar hou en in
die loop van die jaar kan data by vorige werk bygevoeg word. Dit is ook
'n veiligheidsmaatreël om uitslae te hê indien die data verlore raak.
(Enige verduideliking met 'n voorbeeld wat verwys na die hou van 'n
kopie/duplikaat van data/lêers.)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 7 van 16
NASIENRIGLYNE
VRAAG 4 INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
4.1 4.1.1 • Kommunikasiesagteware
• Inbelsagteware
• Sagteware om met die internet te verbind
• Webblaaier
• E-posprogram
• Kitsboodskapper
• Bedryfstelsel met netwerksagteware
• Netwerksagteware
(Enige EEN redelike antwoord GEEN HANDELSNAME NIE)
4.1.2 • Modem
• Wi-Fi-roeteerder/Roeteerder
• 3G/4G-verbinding – Dongel
• Veselkabel + roeteerder
• NIC
(Enige EEN redelike antwoord)
4.2 4.2.1 • Minder kabels.
• Meer mense kan met 'n draadlose netwerk verbind word.
• Werknemers kan oral in die maatskappy verbind word terwyl
hulle rondloop.
• Werknemers is nie beperk tot een lessenaar nie.
(Enige EEN redelike antwoord)
4.2.2 • Versending kan stadig wees.
• Sein kan geblokkeer word wat veroorsaak dat kommunikasie
faal.
• Reikwydte kan beperk wees.
• Moet seker maak dat alle skootrekenaars se vermoë om
draadloos te kommunikeer, geaktiveer is.
• Sekuriteit nie in plek, ander kan op die netwerk rugry.
(Enige EEN redelike antwoord wat met 'n draadlose verbinding te
doen het)
4.3 JA (Soek gewoonlik na voordele wanneer antwoord ja is)
• Die sagteware is altyd op datum.
• Jy hoef nie enige duur/betaalde toepassings of sagteware af te laai of te
installeer om toegang tot die hulpbronne te verkry nie.
• Verkry toegang tot data op enige rekenaar of mobiele toestel op enige
plek solank jy internetverbinding het.
• Gebruik nie spasie op plaaslike rekenaar nie.
• Deling van dokumente met ander werknemers wat terselfdertyd aan
dieselfde dokument kan werk.
• Dokumente word outomaties deur die stelsel gerugsteun.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 8 van 16
NASIENRIGLYNE
NEE (Soek gewoonlik na nadele wanneer antwoord nee is)
• Wolkverwerking kan net effektief gebruik word indien jy 'n vinnige,
betroubare internetverbinding het.
• Die organisasie sal nie beheer oor sekuriteit van data of rugsteunbeleid
hê nie.
• Maandelikse fooi moet dalk betaal word om van die dienste gebruik te
maak of om toegang tot die hulpbronne te verkry.
• Sagteware het dalk nie al die eienskappe of vermoëns wat deur die
organisasie verlang word nie.
• Wolkverwerking kan stadiger wees aangesien dit van die internet-
verbinding afhanklik is.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
4.4 4.4.1 • Lêers/data sal na 'n aanlyn werf opgelaai word.
• Die werknemers sal 'n skakel of wagwoord vir die betrokke
lêers/data ontvang.
• Hierdie skakel sal dan gebruik word om die lêers af te laai om
daaraan te werk.
(Antwoord moet oplaai/gebruik van wagwoord – teken in op
rekening – vir toegang/aflaai insluit om volpunte te ontvang.)
4.4.2 filegooi, Google Drive, Dropbox, Microsoft OneDrive, iCloud
4.5 4.5.1 Internetdiensverskaffer
4.5.2 • E-pos
• Webbladgasheer
• Spamfiltrering
• Faks-na-E-pos
• Tegniese ondersteuning
• Stemdienste / Skype
• Landlyn dienste
(Enige DRIE van bogenoemde antwoorde)
4.5.3 Gevormde verbindings beteken dat voorkeur gegee word aan sekere
dienste op die internet soos e-pos, aflaai en blaai. Ander dienste,
soos aanlyn kuberspeletjies en VoIP, geniet 'n laer prioriteit en is dus
stadiger.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 9 van 16
NASIENRIGLYNE
VRAAG 5 INLIGTINGSBESTUUR
5.1 5.1.1 • Stort
• Wasmasjien
• Skottelgoedwasser
• Besproeiing
• Aanvulling van jou swembadwater
• Spoel van toilet
• Gebruik van water by wasbak/kombuisopwasbak
• Geyser
(Enige EEN van bogenoemde antwoorde)
5.1.2 • Is 'n tuinslang oop vergeet en word water verspil?
• Het jou huishouding sy waterverbruik vir die dag, week of maand
oorskry?
• 'n Lopende toilet.
• Jy kan 'n gebarste pyp hê.
• Dalk lek 'n kraan in jou huis.
• Besproeiingspyp lek.
• Iemand oorskry stortperk van 90 sekondes.
• As jy sê dat jy 'n e-pos kry/sms, ens. wat sê dat jy 'n lek het, oor
die limiet gegaan, ens. moet kennisgewing die idee regverdig dat
die kennisgewing spesifiek bystand met waterbesparings gee.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
5.2 • Hoeveel bondels wasgoed jy weekliks doen.
• Die lengte van die storte wat jy neem.
• Die water wat verbruik word om jou tuin te besproei of jou swembad vol
te maak.
• Hoe lank jy 'n kraan oop los wanneer jy jou tande borsel.
• Hoeveel water jy verbruik wanneer jy skottelgoed was.
• Hoeveel water jul huishouding daagliks verbruik.
(Enige TWEE antwoorde wat kan identifiseer waar die meeste water in die
huishouding verbruik word, kan aanvaar word. Moet van 5.1.2 verskil)
5.3 • Het die totale huishoudelike waterverbruik 50 liter per persoon per dag
oorskry?
• Het die totale huishoudelike waterverbruik 10 500 liter per maand
oorskry?
• Sal die huishouding 'n boete vir oormatige waterverbruik moet betaal?
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 10 van 16
NASIENRIGLYNE
5.4 5.4.1 Excel Spreitabelle OF Access databasisse. Trek handelsnaam dood
as dit die sageteware voorafgaan.
5.4.2 Spreitabelle:
• Jy kan grafieke teken om waterverbruik van vorige maande met
dié van die huidige maand te vergelyk.
• Jy kan berekenings doen om die gemiddelde waterverbruik van
die huishoudelike toestelle uit te werk.
• Wanneer die Stad Kaapstad vir jou 'n boete wil gee omdat jy na
hul mening te veel water verbruik het, het jy 'n bewys om jou
waterverbruik te bevestig deur dit te toon in jou spreitabel wat jy
geskep het.
• Jy kan 'n rollende gemiddelde gebruik om te toon hoe water oor
'n tydperk bespaar is of hoe water verspil is.
Databasis
• Navrae en verslae kan geskep word vir weeklikse/daaglikse/
maandelikse verslae.
(Enige EEN van bogenoemde antwoorde maar moet die program
wat gekies is, weerspieël)
VRAAG 6 SOSIALE IMPLIKASIES
6.1 6.1.1 • Die skrywer moes baie navorsing doen deur uit te gaan en
inligting op te spoor, terwyl beskikbare navorsing met digitale
media opgespoor word deur webwerwe/blogs/twitter en daar is
meer wisselwerking met die lesers.
• Argaïese media word deur digitale platforms vervang waar
bestuurders van sosiale media terugvoer kan gee oor die
verbindings tussen die mense en die data.
• Sosiale media vaar beter aangesien dit 'n diepgaande begrip het
van die gehoor as individue, nie net die demografie nie, en dus
meer diepgaande inhoud skep op grond van sy teikengehoor.
• Koerante kan nou video skiet en dit deel maak van die storie en
'n radiostasie kan blogs skryf en Facebook gebruik as deel van
sy program om wisselwerking met sy gehoor te hê.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde waar die leerderfokus
moet wees op die wisselwerking wat met die nuwe tegnologie
plaasvind van die gebruiker en skrywer se perspektief.)
Omgewingsvriendelik, solank as wat dit regverdig is.
6.1.2 • Aanvaar 'n gedissiplineerde en gestruktureerde benadering om
met inligting om te gaan deur 'n roetine te skep wat die tyd wat jy
aan inligting bestee, beperk.
• Filtreer e-pos in kategorieë.
• Gebruik RES-voer om die nuus wat jy lees, te struktureer om
webblaaiery te beperk.
• Maak gebruik van gevorderde soektogte en goeie soekterme om
jou te help om inligting op te spoor wanneer jy op die web soek.
(Enige DRIE van bogenoemde antwoorde)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 11 van 16
NASIENRIGLYNE
6.2 Sosiale boekmerke verwys na die werwe waardeur die gebruiker dikwels
blaai en laat ander gebruikers sien wat hulle boekmerk – stoor/versamel/
vaspen/berg. Baie van hierdie boekmerke laat jou sien hoeveel keer 'n
bepaalde werf geboekmerk is. Daar is geen wisselwerking tussen die
gebruikers nie.
Sosiale netwerke verwys na werwe soos Facebook, Myspace, Twitter en
Instagram wat toegewyde webwerwe en toepassings is vir wisselwerking
met ander gebruikers of om mense met soortgelyke belangstellings as jou
eie op te spoor.
6.3 6.3.1 Dit wil lesers bedrieg sodat hulle persoonlike inligting deel.
6.3.2 • Walvisvangs (whaling)
• Spiesvissery (spear phishing)
• Spoefery
• Domeinfoppery (pharming)
(Enige EEN van bogenoemde)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 12 van 16
NASIENRIGLYNE
VRAAG 7 OPLOSSINGSONTWIKKELING
7.1 7.1.1 'n Opskrifstyl is nie gebruik nie en om dit reg te stel moet jy net al
die opskrifte in die dokument na enige geskikte opskrifstyl verander
en die bywerking van die inhoudsopgawe sal werk.
OF
'n Ander tipe styl, byvoorbeeld eie styl/subtitel, is gebruik en om die
inhoudsopgawe reg te stel moet jy seker maak dat die verkose styl
in die dialoogblokkie vir die inhoudsopgaweopsie gekies is om die
inhoudsopgawe te laat werk.
(Enige EEN van bogenoemde)
7.1.2 Gebruik Paste Special
Voeg formatering saam in dokument wat gekopieer word.
7.2 =IF (C3="Female", "New", "Old") -1 indien aanhalingstekens nie gebruik is
nie
(Moenie net aanvaar die antwoord is verkeerd indien 'n alternatief
voorgestel word nie, byvoorbeeld 'n VLOOKUP)
7.3 >\E L 000<LLL moet \ hê
7.4 <a href=https://www.JusticeLeagueLounge.com>
Besoek JusticeLeagueLounge </a>
Maak vir die antwoord hierbo seker:
• Alles is korrek, veral https (aangesien vraag sê dit is 'n veilige webwerf)
vir die eerste punt.
• Spelling van die webblad is belangrik vir die tweede punt.
• Indien die alternatiewe teks "Besoek JusticeLeagueLounge" egter 'n
spelfout bevat, ken steeds die derde punt toe.
• Ons soek na die sluiting van die merker om die vierde punt toe te ken.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 13 van 16
NASIENRIGLYNE
AFDELING C
VRAAG 8 GEÏNTEGREERDE SCENARIO
8.1 8.1.1 Dit is waar twee of meer rekenaars gekonfigureer word (geen
beheerende bediener) om toe te laat dat sekere lêers, gidse en
toestelle gedeel word.
8.1.2 'n Wolkbediener laat die gebruiker toe om hardeware met ander
kliënte te deel teenoor 'n toegewyde bediener waar die hardeware
slegs vir die gebruik van die maatskappy is.
OF
Wolkbedienersekuriteit berus op 'n gedeelde gevirtualiseerde
omgewing wat deur jou wolkgasheerverskaffer bestuur word terwyl
die sekuriteit van 'n toegewyde bediener gehuisves word op fisiese
hardeware wat uitsluitlik aan die maatskappy toegewy is.
OF
Met 'n wolkbediener betaal die maatskappy 'n bedrag om die
bedienerspasie te gebruik sonder om 'n IT-spesialis te moet betaal
om die bediener te bestuur. 'n Maatskappy wat toegewyde
bedieners gebruik, benodig IT-kapasiteit en kundigheid om die
deurlopende instandhouding en spasie wat op die bediener
beskikbaar is, te bestuur.
OF
'n Wolkbediener sal jou toelaat om binne minute van enige plek af
toegang tot jou hulpbronne te verkry. 'n Toegewyde bediener kan
tyd neem om toegang tot jou hulpbronne te verkry omdat dit eers
moet verbind en indien die bediener af is, het jy geen toegang tot
enige data nie.
(Daar moet 'n duidelike vergelyking tussen die verskillende
bedieners wees om volpunte toe te ken.)
(Enige TWEE van bogenoemde)
8.2 8.2.1 Radiofrekwensie-identifikasie
8.2.2 Dit is 'n klein skyfie wat data stoor en versend en dit werk oor 'n
relatief kort afstand.
OF
Dit is 'n etiket met inligting wat deur radiofrekwensieseine geaktiveer
word om met 'n toestel wat die data ontvang, te kommunikeer.
OF
Data word op hierdie skyfie gelaai wat slegs deur 'n RFID-
etiketleser gelees kan word wanneer die radiofrekwensiesein naby
is vir die ontvangs van inligting.
8.2.3 In die hotelomgewing kan data oor die gaste op die kaart gelaai word
en dit sal dan gebruik word om toegang tot hul kamers te verkry.
OF
Die gebruik van die hysbak.
OF
Wanneer hulle vir ontbyt, middagete of aandete gaan, kan hul
rekening aangepas word.
(Enige EEN van bogenoemde)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 14 van 16
NASIENRIGLYNE
8.3 8.3.1 Sy sal die Search/Find and Replace-opsie moet gebruik.
8.3.2 • Sodat jy meer gedetailleerde verduidelikings van teks in die verslag
kan gee.
• Lewer kommentaar oor sekere stellings in die verslag.
• Verwys na die bron waaruit sekere feite verkry is.
• Verskaf die naam van iemand wat aangehaal is.
• Die inligting verskyn op dieselfde bladsy van die teks wat
verduidelik is. Kollyspunt EEN alternatief
(Enige DRIE van bogenoemde antwoorde)
8.3.3 • Versoenbaar oor verskeie platforms heen.
• Saamgedruk, daarom kleiner wanneer dit met e-pos gestuur word.
• Uitleg en formatering sal nie verander wanneer dit gedruk word nie.
• Kan uit enige brondokument geskep word.
• Sagteware om pdf-lêers te besigtig is gratis.
• Veilig, byna geen kans om met virusse besmet te word nie.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
8.3.4 Jy skep jou dokument soos gewoonlik en dan kan jy die Save As-opsie
gebruik wat jou toelaat om die dokument as 'n pdf uit te voer.
OF
Jy kan sagteware gebruik om 'n pdf te skep.
8.3.5 Portable Document Format
8.4 Trefslae verwys na hoeveel mense wat die webwerf besoek.
OF
Hoeveel keer daar lêerversoeke van 'n webbediener af was.
8.5 8.5.1 • Hy kan sy foon herlaai deur dit af en weer aan te skakel / herlaai /
verfris die toepassing
• Hy moet seker maak dat hy die jongste weergawe van Google
Maps afgelaai het.
• Hy moet seker maak hy het die jongste Google Play-sagteware
afgelaai.
• Hy kan sy cachedata nagaan om te sien of dit verhoed dat die
Google Maps-toep loop.
• Daar kan 'n probleem wees met sy battery of toestel wat nie
voldoende gelaai is om die toep te loop nie.
• Die ingeboude GPS kan afgeskakel wees om krag te
bespaar/skakel die GPS ligging aan
• Hy kan sy toestel herstel na fabrieksinstellings.
• Skakel mobiele data aan.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
8.5.2 • Kan jou fietsryspoed in km per tyd aanteken.
• Kan jou afstand gery aanteken.
• Kan aanteken hoeveel kalorieë jy verbrand het.
• Kan 'n grafiese voorstelling van jou prestasie gee.
• Kan jou intervaltye aanteken.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 15 van 16
NASIENRIGLYNE
8.5.3 • Die sagteware op sy rekenaar is verouderd en hy moet 'n nuwe
weergawe van die sagteware installeer.
• Die lêerprogram is dalk nie op sy toestel geïnstalleer nie.
• Lêer kon tydens die aflaaiproses gekorrupteer geraak het en hy
moet die lêer weer aflaai.
• Hy moet kyk of hy genoeg geheue het om die lêer oop te maak.
• Hy het dalk nie die program met die lêer geassosieer nie.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
8.6 8.6.1 'n Vierkernverwerker is 'n skyfie met vier onafhanklike eenhede
genaamd kerne wat die sentrale verwerkingseenheid se instruksies
met betrekking tot die bestuur van data lees en uitvoer.
Die turbostoot verhoog die klokspoed van elke kern individueel om
hoër werkverrigting uit die skyfie te verkry.
8.6.2 64 gigagreep Embedded Multimedia Card
Dit word gewoonlik in slimfone en 2-in-1-toestelle aangetref en is 'n
ander vorm van berging.
8.7 8.7.1 Kontrasverhouding is die verskil tussen die donkerste swart en die
witste wit wat die skerm kan vertoon. Hoe hoër die kontras-
verhouding, hoe duideliker en skerper sal die beeld verskyn.
8.7.2 Resolusie is die getal horisontale en vertikale beeldelemente wat 'n
skerm kan vertoon. Dit sal bepaal hoeveel beelde op die skerm kan
inpas. OR Kwaliteit van beeld dof/beter/sleg
8.8 2-in-1-toestel is …
• Veelsydig met 'n skarnierskerm wat vierrigtingbuigsaamheid verskaf,
naamlik tabletmodus, skootrekenaarmodus, staanmodus en tentmodus.
• Stewiger as 'n normale notaboek, wat beteken dit kan 'n paar stampe
hanteer.
• Ligter as 'n normale notaboek.
• 'n Goeie 2-in-1-toestel kan maklik as 'n slimfoon/tablet/skootrekenaar
werk, wat die koop van baie toestelletjies uitskakel.
• 2-in-1-toestelle is bekend vir hul raakskerms.
• Kleiner, dus maklik om te hanteer wanneer jy rondbeweeg.
• Indien op negatiewe kant, bevestig die redes.
(Enige DRIE van bogenoemde antwoorde)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I – Bladsy 16 van 16
NASIENRIGLYNE
8.9 Die vroeëre weergawes van Bluetooth is in selfone, draadlose Bluetooth-
kopfone en Bluetooth-verbindings in skootrekenaars gebruik waar die
hoofdoel was om data (byvoorbeeld beelde, musiek) te versend deur
kortgolfradioversending te gebruik.
Bluetooth 4.0 is primêr bedoel vir toestelle wat gereeld inligting insamel, óf
tot vyf keer per sekonde óf net een keer elke uur, byvoorbeeld hartklop,
glukosevlakke, treë gestap, ens.
8.10 • Oopbronsagteware word nie in alle geografiese gebiede ondersteun nie.
• Sommige werknemers verstaan dalk nie die tegniese hulp wat op die
internet aangebied word nie.
• Niemand om verantwoordelik te hou indien program nie werk nie.
• Daar is verskeie weergawes van dieselfde sagteware wat 'n invloed kan
hê op die manier waarop werk in die maatskappy gedoen word.
• Weerstand teen verandering/gemaklik met wat hulle ken.
• Word nie so algemeen gebruik nie, ens.
(Moenie veralgemeende antwoorde soos "nie so goed nie" of "het foute",
ens. aanvaar nie.)
(Enige EEN van bogenoemde antwoorde)
8.11 • Baie skade kan reeds deur die virus veroorsaak wees as dit eers twee
maande na besmetting opgespoor word, ens.
• Teenvirusdefinisies en -programme moet bygewerk word, aangesien
nuwe virusvoorkomste elke dag ontwikkel word.
• Omdat die werknemers inligting deel, kan veelvuldige gebruikers
beïnvloed word.
• Die maatskappy loop die risiko om belangrike data te verloor wat kan
veroorsaak dat die maatskappy moet sluit.
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
8.12 8.12.1 • Dit sal tyd bespaar aangesien die data onmiddellik vasgelê sal
word. (enige iets wat verband hou met geld-/tydbesparing in
hierdie kollyspunt)
• Dit sal potensieel akkurater data voorsien indien die stelsel
paslik ontwerp is (indien die stelsel byvoorbeeld geen
ontbrekende velde of brokkies inligting het nie).
• Die stelsel kan vinnig aangepas word indien daar bykomende
data is wat vasgelê moet word, ens.
• Kan enige tyd van die dag voltooi word.
• Red die omgewing moet verduidelik word, bv. weerhou om
dokumente uit te druk
(Enige TWEE van bogenoemde antwoorde)
8.12.2 Vodcasting is video podcasting of vlogging; dit is om video af te laai
wat by die podcast bygevoeg word. Podcasting is net die aflaai van
klanklêers.
8.13 Groen verwerking verwys na die gebruik van (rekenaar-) tegnologie op 'n
manier wat sensitief is vir die omgewing.
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 Memo (Afr)

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 Memo (Afr)

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo
Related documents

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2018 QP (Afr)

MemorandumIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2017 Memo (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2018 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P1 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP

Question paperIEB
Computer Applications Technology Grade 12 IEB P2 2019 QP (Afr)

Question paperIEB