Skip to content

Computer Applications Technology Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 11202215 pages

Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Exemplar November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, ʼn HTML-merkersblad en ʼn toevoermasker-karakterblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal die toesighouer ʼn CD/DVD/flitsskyf (‘flash drive’) met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee. Indien ʼn CD/DVD/ flitsskyf (‘flash drive’) aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die CD/DVD/ flitsskyf ('flash drive') skryf. 3. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. 4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie, verwyder NIE. 5. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die toesighouer vir ʼn ander kopie vra. 6. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae. 7. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 8. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 9. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE. 10. Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ʼn vraag vereis dat die antwoord in sel F3 in ʼn sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4 in, sal dit NIE nagesien word NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3 11. Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’ ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is. 12. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op ‘English (South Africa)’ stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret (‘Portrait’) is, tensy anders aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid. 13. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ʼn sigblad kopieer. 14. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. 15. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf ('flash drive’) wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) SCENARIO Vroue, veral julle meisies, se regte word al jare lank geskend. Die Verenigde Nasies het ʼn besluit geneem om die regte van vroue, meestal dié van jong meisies, te beskerm en te bevorder. 11 Oktober is toe tot Internasionale Meisiekinddag verklaar. ʼn Nie-regeringsorganisasie in u munisipale afdeling het besluit om ʼn leierskamp vir dertig jong meisies te reël. VRAAG 1: WOORDVERWERKING ʼn Dokument is opgestel om agtergrond van die Internasionale Meisiekinddag te gee. Wysig die dokument soos benodig. Maak die 1_GirlChild-woordverwerkingsdokument oop. 1.1 Verander die opskrif van die dokument as volg. Die opskrif moet aangepas word na: • WordArt met ʼn Goue aksentkleur 4 • en ʼn Bevel Relaxed Inset teks-effek. (3) 1.2 Vind die teks onder die dokumentopskrif en doen die volgende: • Voeg ʼn eindnota by hierdie teks. • Gebruik die simbool  (Wingdings karakterkode 0046 of nuwe weergawe kode 70) vir die eindnota. • Skuif die teks aan die einde van die dokument (laaste bladsy) wat begin met ‘Adapted…2021’ en plaas dit in die eindnota. (3) 1.3 Vervang al die verskynsels van die woord, ‘COVID-19’ met ‘COVID-19’. (3) 1.4 Vind die teks ‘Live … change’ onder opskrif 3 en redigeer as volg: 1.4.1 Voeg kolpunte in op die paragraaf deur van die 1Bullet.jpg-prentjie in die eksamenlêer gebruik te maak. (2) 1.4.2 Stel die teks sodat dit 1.5 cm van die kolpunte af is. (1) 1.5 Vind die prentjie ‘Figure 1’ en verwyder die hiperskakel. (1) 1.6 Skep ʼn nuwe styl genaamd ‘GirlChild’ as volg: • Baseer die nuwe styl op die ‘Heading 2’ styl. • Formateer die lettertipe na ‘small caps’ effek. • Pas die styl toe op AL die subopskrifte onder opskrif ‘6. Facts and figures: Women’s leadership and political participation’. (4) 1.7 Soek die teks ‘Rwanda’ onder die opskrif ‘Women in national parliaments’ en voeg ʼn aanhaling(citation) in met die bron ‘Adapted from….girl-child-day’ onderaan die dokument. Maak seker dat die inligting oor die naam van die bron en die adres waar die bron gevind moet word, ingevoeg is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.8 Voeg die prentjie 1GirlChild.jfif in op ʼn nuwe bladsy aan die einde van die dokument as volg: • Die bladsy moet in landskap wees. • Die prentjie moet in die middel van die bladsy wees. (3) 1.9 Voeg ʼn outomatiese ‘outline circle’ bladsynommering in die voetskrif van die dokument, sodat die ewe bladsynommers links is en die onewe bladsynommers regs. Die bladsynommer moet nie op die eerste bladsy verskyn nie. (4) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 2: WOORDVERWERKING ʼn Vorm is geskep vir die meisies wat die leierskapkamp wil bywoon. Maak die 2Form-woordverwerkingsdokument oop en verander die dokument. 2.1 Wysig die vorm om soos die onderstaande vorm te lyk: Let op na die volgende: • Verander die papiergrootte na A3. • Verander die oriëntasie van die bladsy. • Logo is ʼn kombinasie van die prentjie en enige WordArt. • Voeg ‘tab leaders’ in vir Surname en Name. • Voeg vormveld teksblokkies (form field check boxes) in. • Getalformaat vir betaalde bedrag is 0.00. • Voeg ‘Hotel’ by Accommodation aftreklys. • Gebruik ʼn kombinasie van rooi en groen kleure vir die agtergrond van die bladsy. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 3: SIGBLAD Die organiseerders van die leierskapkamp het besluit om ʼn sigblad te skep om inligting oor die deelnemers op te neem. Maak die sigblad 3_Participants oop en werk in die Girls-werkblad. 3.1 Formateer die werkblad as volg: 3.1.1 Maak die teks in die saamgevoegde ry 1 sigbaar sonder om die skakering (shading) van die sel te verwyder. (1) 3.1.2 Voeg ʼn rooi buitelyn om die saamgevoegde sel. (1) 3.2 Formateer al die opskrifte in Ry 7 na vetdruk, horisontale en vertikale sentrering. (2) 3.3 Gebruik ʼn sigbladfunksie om te verseker dat al die opskrifte in ry 7 op die skerm bly as die gebruiker afrol. (2) 3.4 Gebruik ʼn funksie in sel D3 om die geboortedatum van die jongste deelnemer aan te dui. (2) 3.5 Die organiseerders het opgemerk dat die plek waar die kamp gaan plaasvind nie ʼn Cell C-sein het nie. Voeg ʼn funksie in sel G4 om die aantal deelnemers wat Cell C gebruik, te bepaal. (3) LET WEL: Cell C-gebruikers het selnommers wat met 084 begin. 3.6 Voeg ʼn funksie in sel H6 om die aantal deelnemers wat geen registrasiegeld betaal het nie, te bereken. (2) 3.7 Voeg ʼn funksie in sel I8 om die uitstaande bedrag vir Rasheed te bereken. Kopieer die funksie sonder formatering (without formatting) na alle deelnemers. (4) 3.8 Buso Noel ontvang ʼn geskenk van R1500,00 deur die skool. Sy besluit om haar uitstaande bedrag en die van Wessels Jane te betaal. Bereken in sel J11 die geld wat sy oor het. (3) 3.9 Gebruik ʼn sigbladfunksie om ʼn groen vul met donkergroen teks op alle BnB- akkommodasie in Kolom K toe te pas. (3) 3.10 Gebruik ʼn funksie in sel M6 om die totale bedrag te bepaal wat deur deelnemers betaal word wie se eerste aktiwiteit ‘Whatif’ is. (4) 3.11 Die organiseerders het besluit om alle deelnemers wat geen registrasiegeld betaal het nie, daaraan te herinner deur ʼn e-pos aan hulle te stuur. Voeg ʼn funksie in sel P8 om die teks ‘Send email’ aan SLEGS die deelnemers wat geen registrasiegeld betaal het nie, te vertoon. Kopieer die funksie na alle deelnemers. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 3.12 Gebruik die inligting in sel A40:B44 om ʼn grafiek van die aantal deelnemers per klas soos volg te skets: • 3D-gegroepeerde (clustered) grafiek. • Formateer kaartgebied met enige gradiëntvul van jou keuse. • Formateer datareekse tot volle keël (full cone). • Voeg data-etikette in wat slegs die aantal deelnemers aandui. • Formateer die X-as met binnemerkies (inside tick marks). • Pas ʼn filter toe om nie graad 10-deelnemers te wys nie. • Gebruik ʼn sigbladfunksie om die grafiek na die nuwe blad met die naam My Graph te skuif. (10) [41] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 4: DATABASIS ʼn Databasis met inligting van al die deelnemers is ontwerp en gestoor. Verander die databasis deur die volgende te doen. Open die 4_Learners databasis. 4.1 Formateer die Entries tabel as volg: 4.1.1 Verander die formaat van die Surname-veld om die teks in hoofletters te vertoon. (1) 4.1.2 Stel die veld van die Surname-veld in sodat dit nie meer as 15 karakters kan aanvaar nie. (1) 4.1.3 Voeg ʼn nuwe veld ‘Image’ tussen Name en DOB velde in, sodat dit foto’s kan stoor. (3) 4.1.4 Voeg ʼn geldigheidsreël (validation rule) in by die DOB-veld sodat dit slegs deelnemers vanaf die ouderdom 01 Januarie 2003 tot 31 Desember 2005 aanvaar. Voeg ʼn geskikte geldigheidsboodskap (validation message) by. (2) 4.1.5 Stel die veldeienskappe van die UserCode-veld in om te verseker dat die gebruiker ʼn kode vir die deelnemers in die volgende formaat invoeg. • Twee letters in kleinletters • Gevolg deur '*' • Gevolg deur een of twee syfers. (4) 4.1.6 Verander die akkommodasie-veld om ʼn aftreklys met die volgende opsies te vertoon: • BnB • Lodge • Hotel (2) 4.2 Skep ʼn vorm genaamd ‘Participants’ gebaseer op die Participants-tabel. • Sluit slegs die volgende velde in: Surname, Name, Grade en Accommodation. • Skep ʼn etiket in die vorm kopskrif (header) en voer jou naam in. • Plaas ʼn skaduwee rand (shadowed border) om die etiket met jou naam. • Voeg vandag se datum in as ʼn veld in die vormvoetskrif (footer). • Voeg ʼn aksieknoppie in die vormvoetskrif in om die vorm te sluit. (6) 4.3 Skep ʼn navraag genaamd Query 4_3 gebaseer op die Participants-tabel. • Vertoon slegs die volgende velde: Surname, Name, DOB, Grade en Cell Number. • Toon alle graad 10 en 11 leerders wat in 2004 gebore is. • Sorteer die navraag in alfabetiese volgorde volgens Surname. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 4.4 Daar het organiseerders lugtyd ontvang wat geborg is deur ʼn telekommunikasiemaatskappy. Maak die navraag Query 4_4 oop en verander die navraag as volg: • Alle deelnemers wat 073 of 083 selnommers gebruik, sal die geborgde lugtyd ontvang. • Slegs die deelnemers wat R300.00 en meer betaal het, sal geborg word. • Slegs die Surname, Name en Registration fee-velde moet verskyn. (6) 4.5 Skep ʼn verslag Report 4_5 gebaseer op die Participants-tabel soos volg: • Vertoon alle velde behalwe Accommodation- en Cateringvelde. • Groepeer volgens Grade en dan Town. • Sorteer volgens die Surname-veld. • Verander die oriëntasie van die verslag na landskap. • Verander die opskrif van die verslag na ‘Report Girl Child’. • Voeg ʼn berekende veld in die Grade-voetskrif om die aantal deelnemers per graad te bereken. • Voeg ʼn geskikte beskrywing vir die berekende veld in. (9) [38] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11 VRAAG 5: HTML Maak die onvolledige 5_ Leadershp Games.html-webblad in ʼn webblaaier en ook in ʼn teks-redigeerder oop. Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE. LET WEL: • Vraagnommers verskyn as kommentaar (‘comments’) in die kodering om jou te lei waar om die antwoord(e) in te voeg. • ʼn HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg. Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. 5.1 Voeg ʼn HTML-kode in sodat die teks ‘Girl Child’ in die blaaier (browser) verskyn. (1) 5.2 Formateer die paragraaf onder Minefield soos volg: • Font grootte moet 4 wees. • Font tipe moet Book Antiqua wees. • Paragraaf moet in kursief wees. (4) 5.3 Wysig die merkers sodat die prentjie onder die opskrif Minefield korrek vertoon. Verander ook die volgende: • Wydte en hoogte van die prentjie na 100. • Prentjie moet gesentreer wees. • Wys die teks ‘IMAGE’ as die prent nie vertoon kan word nie. (4) 5.4 Wysig die horisontale lyn onder die prentjie onder die opskrif Minefield om rooi te wees (kode ‘ff0000’) en dikte van 80%. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 5.5 Wysig die lys onder die opskrif ‘Human knot’ as volg: • Verander die lys na ʼn geordende lys. • Die lys moet in Romeinse hoofletters wees. (3) 5.6 Plaas ʼn raam (border) met wydte van 2pt rondom die prentjie onder die opskrif ‘Human knot’. (2) 5.7 Soek die teks ‘Go to Website’ aan die einde van die webwerf. Skep ʼn skakel (link) na hierdie teks om na die gegewe webwerf te skakel (link). (3) Sluitingsmerker(s) of driehoekige hakies en nesting korrek gebruik. (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13 VRAAG 6: ALGEMEEN 6.1 Open die sigblad 6_Export en verander as volg: 6.1.1 Maak seker dat die sigblad op EEN bladsy verskyn wanneer dit gedruk word. Moenie kolomgroottes en lettergrootte verminder nie. (1) 6.1.2 Sentreer die sigblad horisontaal op die bladsy. (1) 6.1.3 Die boonste ry moet boaan elke bladsy herhaal word wanneer dit gedruk word. (1) 6.1.4 Filter die data sodat SLEGS deelnemers van ‘Lady Frere’ sal vertoon. (2) 6.1.5 Stoor die sigblad 6_Export as ʼn PDF-dokument genaamd 6_Export Data. (1) 6.2 Die organiseerders het versoek dat jy koeverte voorberei wat die resultate vir elke deelnemer sal stoor. Maak ʼn nuwe woorddokument oop en gebruik ʼn saamvoegfunksie (‘mail merge’) om die koeverte soos volg te adresseer. • Gebruik die sigblad 6_Merge Info as ʼn brondokument. • Sorteer die ontvangerslys (Recipient list) in stygende volgorde van Towns. • Voeg die volgende velde in: Surname, Name en Town. • Voltooi die saamvoeging en stoor alle koeverte as 6_ Merged_Envelopes. (5) [11] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) ANNEXURE A - HTML MERKBLAD (HTML TAG SHEET) Basiese Merkers (Basic Tags) Formatting Tags continued Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van die <li></li> Word voor elke lysitem webblad ingevoeg, en voeg dan ʼn <body Stel die agtergrondkleur van nommer of simbool by bg colour="pink"> die webblad afhangende van die tipe lys wat geselekteer is <body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg ʼn prent in liggaamteks <head></head> Bevat inligting oor die <img src="name" Stel ʼn prent inlyn: kan ook dokument align="left"> ''right", "center"; "bottom", "top", "middle'' wees <html></html> Skep ʼn HTML-dokument – <img src="name" Stel die grootte van die begin en eindig 'n webblad border="1"> raam rondom ʼn prent <title></title> Definieer 'n titel vir die <img src="name" Stel die hoogte en breedte dokument width="200" height van ʼn prent <!-- --> Kommentaar ="200"> Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks Tag Description alt="alternative wanneer die muis oor ʼn <hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> prent gehou word of wanneer die prent nie gevind word nie <h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg ʼn horisontale lyn in <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van ʼn reël <i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> Stel die breedte van ʼn lyn, in persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte van "1" tot "7" <hr colour="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn size="3"></font> <font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags) colour="green"></font> <font face="Times Stel fonttipe Merker (Tag) Beskrywing New Roman"></font> Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep ʼn tabel Merker (Tag) Beskrywing <tr></tr> Skep ʼn ry in ʼn tabel <a href="URL"></a> Skep ʼn hiperskakel <td></td> Skep ʼn sel in ʼn tabel <a href="URL"><img Skep ʼn prentskakel <th></th> Skep ʼn tabelopskrif (in ʼn sel src="URL"></a> met algemene vetgedrukte, gesentreerde teks) <a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea <table width="50"> Stel die breedte van die tabel <a href="#NAME"></a> Skakel na 'n teikenarea wat <table border="1"> Stel die breedte van die elders in die dokument raam rondom die selle van geskep is die tabel Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die cellspacing="1"> selle van die tabel Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die spasie tussen ʼn cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan <p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf <tr align="left"> Stel die inlynstelling vir die sel(le) (kan ook ''center'' of ''right'' wees) <p align="left"> Stel ʼn paragraaf links inlyn <tr valign="top"> Stel die vertikale (verstek), kan ook ''right'' of inlynstelling vir sel(le) (kan ''center'' wees ook ''middle'' of ''bottom'' wees) <br/> Voeg ʼn reëlbreuk ('line <td colspan="2"> Stel die getal kolomme break') in waaroor ʼn sel moet strek <ol></ol> Skep ʼn genommerde lys <td rowspan="4"> Stel die getal rye waaroor ʼn sel moet strek <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers "I","i","1"></ol> wat gebruik is <ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys type="disc", Definieer die tipe kolpunte "square","circle"></ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15 TOEVOERMASKER(INPUT MASK) KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING 0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie 9 toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke # ('blanks') in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter .,:;-/ wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.) < Laat alle karakters na onderkas (‘lower case’) omgeskakel word > Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na ! regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word (byvoorbeeld, \ \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Computer Applications Technology

View all