Skip to content

Computer Applications Technology Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 11202216 pages

Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Exemplar November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit: AFDELING A (25 punte) AFDELING B (75 punte) AFDELING C (50 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. MOENIE in die regterkantse ruimte van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Laat ʼn reël na ELKE sub-vraag oop. 7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2-punt-vraag TWEE feite vereis, ensovoorts. 8. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou. 9. Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘vinniger/stadiger’, ‘makliker’, ens. sal SLEGS aanvaar word indien dit gemotiveer word. 110. MOENIE handelsname in antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek vereis word. 1.11 Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D. 1.1 Watter EEN van die volgende word NIE geassosieer met skandeerders of die proses van skandering NIE? A RFID B OCR C POS D RTF (1) 1.2 Met watter EEN van die volgende word die 802.11-spesifikasie geassosieer? A VGA B Wi-Fi C USB D Bluetooth (1) 1.3 In ʼn databasis moet elke tabel ʼn veld insluit wat elke rekord uniek identifiseer. Hierdie veld staan as die ... bekend. A identiteitsnommer B ‘autonumber’ C bronkode D primêre sleutel (1) 1.4 Watter EEN van die volgende kontroles laat jou toe om meer as een opsie te kies? A B C D (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) 1.5 Watter EEN van die volgende lêeruitbreidings kan met ʼn grafika-lêer geassosieer word? A .doc B .mp3 C .pdf D .bmp (1) 1.6 Die mees waarskynlike rede hoekom jy ‘ekstra aandrywers’ op jou rekenaar het (soos U:, T: en Z: ens.) is omdat … A jou rekenaar deur kwaadwillige sagteware (‘malware’) besmet is. B jy besig is om nuwe sagteware op jou rekenaar te installeer. C jy tans ʼn aantal verskillende lêers van die internet aflaai. D jy tans aan ʼn LAN gekoppel is. (1) 1.7 Die afkorting DIMM word gebruik om ʼn … te omskryf. A ‘module’ van RAM wat ontwerp is om in ʼn gleuf op die moederbord te pas B tipe poort C knoppie wat gebruik word om die helderheid van die skerm te beheer D tipe kabel wat in netwerk gebruik word (1) 1.8 Watter EEN van die volgende sal jy NIE tipies in ʼn Netboek-rekenaar kry NIE? A Hardeskyf B Raakblad C DVD-aandrywer D USB-poorte (1) 1.9 ʼn Versameling regstellings, opdaterings en nuwe kenmerke sedert die vrystelling van die oorspronklike sagteware staan gewoonlik as ʼn ... bekend. A regstelling (‘patch’) B dienspakket C oplaai D drywer (1) 1.10 Watter EEN van die volgende verwys na ʼn stel ‘reëls’ waarvolgens ʼn toestel outomaties opgespoor en rekonfigureer word vir gebruik wanneer dit bygevoeg of op ʼn rekenaar geïnstalleer word? A AUP B Inprop-en-speel (‘Plug and Play’) C Validasie-reëls D Spooling (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5 VRAAG 2: PASITEMS Kies ʼn term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–O) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 N. KOLOM A KOLOM B 2.1 Dit word gebruik om ʼn rekenaar aan ʼn A LAG (‘ROM’) gekabelde netwerk te koppel 2.2 Die eenheid waarin die resolusie van ʼn B RAM skandeerder gemeet word 2.3 ʼn Soort geheue wat die “boot-up” instruksies C IDV (‘ISP”) bevat vir ʼn rekenaar om die bedryfstelsel te laai 2.4 ʼn Digitale kamera met meer opsies as ʼn mik- D MP en-druk-kamera 2.5 Die eenheid wat gebruik word om die spoed E DPI van ʼn drukker te meet 2.6 ʼn Maatskappy wat internettoegang verskaf F PPM 2.7 ʼn Aanlyn-stoorfasiliteit G REKORD 2.8 Die eenheid wat gebruik word om die resolusie H DVI van ʼn digitale kamera aan te dui of te meet 2.9 ʼn Enkele feit of die kleinste eenheid data in ʼn I DROPBOX databasis 2.10 Drukkers wat drie dimensionele soliede J NIC voorwerpe uit ʼn digitale model van die item kan skep K DSLR L NVK (‘NFC’) M 3D N ISO O VELD (10 x 1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK. Maak die stelling reg as dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie bloot die woord NIE gebruik om die stelling te verander NIE. GEEN punt sal toegeken word as net ONWAAR neergeskryf word nie.) VOORBEELDE: VRAAG ANTWOORD Facebook is ʼn voorbeeld van ʼn sosiale netwerk- Waar webwerf. ʼn NIC het gleuwe vir hardeware-komponente soos Onwaar – moederbord die SVE. 3.1 HDMI-poorte in monitors gebruik digitale seine om beter kwaliteit beelde te verskaf. (1) 3.2 Die kontrasverhouding is die verhouding tussen die breedte en hoogte van ʼn skerm, byvoorbeeld ʼn 16 : 9 verhouding. (1) 3.3 Die proses om data op jou rekenaar of toestel te enkodeer sodat ongemagtigde persone nie die data kan lees nie, staan as enkripsie bekend. (1) 3.4 Die skermgrootte van ʼn monitor word vertikaal in duim gemeet. (1) 3.5 Rugsteun verwys na die proses waar lêers wat selde verander of gebruik word van ʼn rekenaar na ʼn ander toestel geskuif word. (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË 4.1 Noem die DRIE belangrikste hardeware komponente wat ʼn mens moet oorweeg wanneer enige tipe rekenaar vir algemene rekenaardoeleindes aangekoop word. (3) 4.2 Lys TWEE voordele van ʼn UPS wat aan jou rekenaar gekoppel is. (2) 4.3 Gee TWEE algemene nadele of beperkings van die gebruik van raakskerms vir toevoer. (2) 4.4 ʼn Onderwyser het ʼn aantal ou toetsvraestelle in hardekopie formaat. Sy wil van die vrae verander. 4.4.1 Wat word met die term hardekopie bedoel? (1) 4.4.2 Gee die bykomende hardeware en sagteware (behalwe die rekenaar self) waarmee die onderwyser die toetsvraestelle na redigeerbare teks kan omskakel. (2) 4.5 ʼn Vriend het ʼn biometriese flitsskyf (‘flash drive’) gekoop. Verduidelik waarna die term ‘biometries’ verwys en gee die hoofgebruik van hierdie tegnologie. (2) 4.6 Een van die opsies of spesifikasies waarna jy moet kyk wanneer jy ʼn drukker aankoop, is die maandelikse dienssiklus. Verduidelik kortliks wat met die maandelikse dienssiklus van ʼn drukker bedoel word. (2) 4.7 Onderskei tussen ʼn ‘typical’ en ʼn ‘custom’ sagteware installasie. (2) 4.8 Noem TWEE voordele van wolkberging behalwe kostekwessies. (2) 4.9 Hardeskywe word gefragmenteer met verloop van tyd en moet gedefragmenteer word. Wat is die grootste voordeel daarvan om ʼn hardeskyf te defragmenteer? (2) 4.10 Jou onderwyser maak van die Study Opportunities-blog gebruik. 4.10.1 Verduidelik kortliks wat ʼn webjoernaal (‘blog”) is. (1) 4.10.2 Gee TWEE voorbeelde van hoe bloggers geld met hulle blogs maak. (2) 4.11 Gee TWEE funksies van ʼn moederbord. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Rekenaars in ʼn netwerk moet deur een of ander soort kommunikasiemedia (óf via kabel of koordloos) verbind word. UTP en optiese vesel is twee opsies wat kabels gebruik. Verduidelik TWEE hoofverskille tussen UTP-kabels en optieseveselkabels. (2) 5.2 Koordlose internetverbindings is wonderlik – jy kry mobiele internettoegang 24/7. Daar is egter ook ʼn paar beperkings wat met koordlose verbindings verband hou. 5.2.1 Gee die naam van ʼn tipe koordlose internettegnologie, afgesien van Wi-Fi. (1) 5.2.2 Verduidelik kortliks die konsep van ʼn warmkol ('hotspot') in terme van ʼn Wi-Fi-verbinding. (2) 5.2.3 Gee TWEE potensiële nadele om ʼn netwerk koordloos te verbind in teenstelling met die gebruik van kabels, behalwe koste. (2) 5.3 Rekenaarmisdadigers gebruik ʼn aantal metodes om rekenaarmisdade uit te voer, waarvan baie die gebruik van sagteware en/of sosiale ingenieurstegnieke behels. 5.3.1 Gee die algemene term wat gebruik word, om enige sagteware te beskryf wat ontwerp is om homself te installeer, sonder die gebruiker se medewete en om ʼn rekenaar stelsel negatief te beïnvloed. (1) 5.3.2 Verduidelik kortliks wat ʼn sleutelsteler (‘keylogger’) is en hoekom banke dikwels daaroor waarsku. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9 5.4 Die volgende is ʼn poging om ʼn tuisblad vir ʼn skool se webwerf te ontwerp. Identifiseer VIER punte van kritiek oor die webblad, behalwe enige aspekte wat met kleur of die inhoud (bewoording) verband hou. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR 6.1 Die insameling van data is die eerste stap in inligtingbestuur. Gee TWEE voordele van die gebruik van data wat reeds in ʼn digitale formaat is. (2) 6.2 Ondersoek die volgende skermskoot van die boonste deel van ʼn vraelys wat in Word geskep is en wat teksvormvelde gebruik: 6.2.1 Wat is die voordeel daarvan om vormvelde te gebruik om data in elektroniese vorms in te voer? (1) 6.2.2 Die data wat uit die vraelys verkry is, sal by ʼn databasis gevoeg word. Stel TWEE maniere voor waarop hierdie deel van die vraelys verander kan word, om beter kwaliteit inligting uit die databasis te verkry. (2) 6.2.3 Die vraelys is as ʼn templaat gestoor. Verduidelik kortliks wat ʼn templaat in hierdie konteks is. (2) 6.2.4 Gee TWEE algemene voordele van die gebruik van ʼn databasis in plaas van ʼn sigblad om data te manipuleer en te verwerk. (2) 6.3 Thandile het inligting van ʼn webwerf gekopieer vir haar PAT en dit as haar eie werk aangebied. Noem die misdaad waaraan Thandile skuldig is. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Databeskerming behels die beheer van toegang tot fisiese data sowel as die beheer van toegang tot rekenaars. Gee TWEE stappe wat geneem kan word om ongemagtigde toegang tot rekenaars te voorkom. (2) 7.2 Gee TWEE potensiële nadele van die gebruik van IKT in die werkplek buiten koste-kwessies. (2) 7.3 ʼn Persoon met swak motoriese beheer sukkel dikwels om ʼn gewone sleutel- bord en muis te gebruik. Noem TWEE alternatiewe toestelle vir sulke mense om hulle in staat te stel, om ʼn rekenaar effektief te kan gebruik. (2) 7.4 Gee TWEE wenke oor hoe om oogstremming te voorkom wanneer ʼn rekenaar vir lang periodes gebruik word. (2) 7.5 Noem TWEE algemene opsies wat ʼn mens in die kragskemas of instellings op ʼn draagbare rekenaar kan stel om batterylewe te bewaar. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING 8.1 Ondersoek die volgende ontleding van die resultate van ʼn sekere toets in ʼn sigblad en beantwoord die vrae daaronder: A B C D E F 1 Totale aantal 50 vrae 2 Vrae Vrae Van, Naam Klas % beantwoord korrek 3 Evans, Ian A 50 40 80,0% 4 Plaatjies, B 30 15 #VALUE! Miranda 5 Sapuka, A 38 19 47,5% Mtetelele 6 Singh, Kavish C 45 36 240,0% 7 Swart, Marie B 35 30 157,9% 8 Evans, Joe A 35 30 157,9% 8.1.1 Die formule in sel E3 om die persentasie vrae wat korrek beantwoord is uit die totale aantal vrae (gegewe in sel D1) te bereken, is: = D3 / D1. Hierdie formule werk korrek in sel E3, maar gee verkeerde resultate wanneer dit na die ander selle gekopieer word (E4:E8). Verduidelik hoekom dit gebeur en stel ʼn manier voor om die probleem op te los. (3) 8.1.2 Die aantal vrae wat regtig beantwoord is deur die leerlinge word gestoor in Kolom C. Skryf die formule neer wat benodig word in sel F3 om die persentasie vrae wat die leerder Ian Evans korrek beantwoord het, te bereken, uit die aantal vrae wat hy werklik beantwoord het. Aanvaar dat sel F3 reeds korrek as ʼn persentasie geformateer is. (2) 8.1.3 Die huidige ontwerp van die sigblad sal ʼn probleem veroorsaak as die gebruiker probeer om die data in alfabetiese volgorde volgens die leerders se name te sorteer (Kolom A). Verduidelik kortliks hoe die sigblad herontwerp kan word om die probleem te vermy. (2) 8.1.4 Die onderwyser wou vasstel hoeveel leerders die toets geskryf het. Hy het die funksie =COUNT(A3:A8) in sel F1 gebruik. Skryf die resultaat neer wat in sel F1 sal verskyn. Skryf die korrekte funksie neer wat die onderwyser eerder moet gebruik. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13 8.2 Alle voorkomste van die woord CAT moet met die teks Rekenaar- toepassings-tegnologie in vetdruk, in ʼn sekere woord- verwerkingsdokument, vervang word. Die Soek-en-Vervang dialoog word soos volg voltooi: 8.2.1 Waarom moet die ‘Match case’-opsie soos aangedui gekies word. (2) 8.2.2 Verduidelik waarom die 'Find whole words only’ opsie, soos vertoon, gekies moet word. (2) 8.2.3 Verduidelik, met verwysing na die instellings in die dialoog, hoekom die vervangings nie gemaak sal word soos dit bedoel was nie. (2) [15] TOTAAL AFDELING B: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING C VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO Die skool bied ʼn hondeskou aan vir fondsinsameling. Die graad 12 RTT-klas is gevra om ʼn klein inligtingsentrum in een van die klaskamers voor te berei om te help met take wat met die geleentheid verband hou. Daar sal ʼn klein netwerk aan ʼn drukker gekoppel wees en internettoegang sal verskaf word. 9.1 Die netwerk sal bestaan uit twee Windows-tafelrekenaars en ʼn ultraboek- skootrekenaar wat oopbronsagteware (OSS) gebruik. 9.1.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn oopbronkantoorpakket. (1) 9.1.2 Gee die grootste voordeel van oopbronsagteware, afgesien van die feit dat hierdie sagteware vryelik gebruik en versprei kan word. (1) 9.1.3 Gee EEN algemene hardeware nadeel van ʼn skootrekenaar in vergelyking met ʼn tafelrekenaar, afgesien van die feit dat draagbare rekenaars soms laer hardeware-spesifikasies het as nie-draagbare toestelle. (1) 9.2 Die hardeskyf van een van die rekenaars se stoorplek raak min. Gee DRIE voorstelle oor hoe om meer skyfspasie beskikbaar te maak, behalwe om nog ʼn hardeskyf by te voeg. (3) 9.3 Sibu, een van die leerders, is verantwoordelik vir die opneem van ʼn video en die opstel van ʼn ‘live feed’ van die geleentheid. 9.3.1 Wat is die belangrikste spesifikasie van ʼn monitor vir die meeste gebruikers? (1) 9.3.2 Sibu vind dat ʼn USB 2.0-poort te stadig is om videodata vinnig oor te dra. Gee die naam van ʼn poort wat ʼn hoër data-oordragtempo as ʼn USB 2.0 het. (1) 9.3.3 Gee die bykomende hardeware item wat Sibu aan sy rekenaar moet koppel om ʼn ‘live feed’ van die hondeskou te ontvang, afgesien van enige netwerkitems. (1) 9.4 Sibu is gevra om te kyk of die antivirussagteware op sy rekenaar wel op datum is. 9.4.1 Verduidelik kortliks, met verwysing na die manier waarop anti-virus sagteware virusse opspoor, waarom dit nodig is om die anti-virus sagteware op ʼn rekenaar, gereeld op te dateer. (2) 9.4.2 Sibu wou weet of sy brandmuursagteware (‘firewall’) ook opgedateer moet word. Reageer kortliks op sy navraag deur na die funksie van brandmuursagteware (‘firewall’) te verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15 9.5 Jasmine gebruik die Web om inligting oor hondehantering op te soek. 9.5.1 Terwyl Jasmine haar blaaier gebruik het, het die volgende venster verskyn: Wat is die algemene naam wat aan die tipe venster gegee word, soos die een hierbo, wat onverwags en sonder jou toestemming verskyn? (1) 9.5.2 Gee EEN rede waarom Jasmine nie die instruksies in die venster moet volg nie. (1) 9.6 Sibu is trots op sy vermoë om sleutelbordkortpaaie te gebruik. 9.6.1 Noem die hoofrede waarom sleutelbordkortpaaie gebruik word. (1) 9.6.2 Terwyl hy ʼn lang dokument geredigeer het, het Sibu al die teks in die dokument gekies en per ongeluk die spasiebalk gedruk. Al sy werk het verdwyn! Watter sleutelbordkortpad kan Sibu gebruik om sy werk terug te kry? (1) 9.7 ʼn Multifunksie-drukker is aan een van die rekenaars gekoppel. 9.7.1 Noem die poort wat gewoonlik gebruik word om ʼn drukker aan ʼn rekenaar te koppel. (1) 9.7.2 Gee TWEE voordele van ʼn multi-funksie drukker, afgesien van enige kostefaktore. (2) 9.8 Met die opstel van die skool se webwerf het Sibu ʼn sterk wagwoord gebruik. Noem TWEE kenmerke van ʼn sterk wagwoord. (2) 9.9 Sibu se eerste ontwerp van die webwerf het te veel animasie bevat en dit was moeilik om die webwerf maklik te navigeer. Gee DRIE redes waarom dit NIE ʼn goeie idee is om baie animasie op ʼn webblad, te hê NIE. (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO 10.1 Gee TWEE algemene ingeboude sagteware-kenmerke wat die meeste moderne bedryfstelsels het, wat dit makliker te maak vir mense met fisieke gestremdhede, om rekenaars te gebruik. (2) 10.2 As jou rekenaar nie aan die minimum vereistes voldoen nie, hoe kan dit die werking van die program beïnvloed? (2) 10.3 ʼn Sagtewarevereiste vir ʼn program sê: ‘Windows 7 of hoër’. Wat beteken dit? (2) 10.4 Gee TWEE redes waarom ʼn mens die ‘Open with’ opsie in teenstelling met dubbelklik op die lêer sal gebruik? (2) 10.5 Beskryf kortliks TWEE scenario’s waarom jy ʼn lêer as ʼn verskillende tipe lêer wil stoor. (2) 10.6 Jy het onlangs ʼn lêer van YouTube afgelaai, maar nou kan jy dit nie vind nie. Lys TWEE van die soekopsies wat jy kan gebruik om hierdie lêer op te spoor. (2) 10.7 Jy kan uitvind waar ʼn foto geneem is deur na die metadata van die lêer te kyk. Verduidelik wat dit beteken. (2) 10.8 Verkeerde of ongeldige data veroorsaak dat rekenaarstelsels afvoer produseer wat verkeerd en van geen nut is nie. 10.8.1 Noem TWEE ander gevolge, wat onbetroubare of verkeerde afvoer vir ʼn besigheid kan inhou. (2) 10.8.2 Gee TWEE redes hoekom ʼn databasis meer geskik is as ʼn sigblad om inligting te stoor. (2) 10.9 Sosiale ingenieurswese tegnieke kan veroorsaak dat die mees gesofistikeerde sekuriteitstelsels nutteloos kan wees. 10.9.1 Verduidelik wat hierdie stelling beteken, deur te verduidelik waarna sosiale ingenieurswese verwys. (2) 10.9.2 Gee TWEE voorbeelde van hoe e-posse in sosiale ingenieurswese gebruik kan word. (2) 10.10 Bespreek DRIE voordele van die gebruik van ʼn sosiale netwerk-webwerf. (3) [25] TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Computer Applications Technology

View all