Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 

_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)



View all




Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 442.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat ʼn reël na ELKE sub-vraag oop.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; ʼn 2-punt vraag sal dus
TWEE feite vereis, ens.
8. Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer opsies gee as wat die vraag
vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.
9. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
10. Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘stadiger’/’vinniger’ en ‘makliker’ sal SLEGS
aanvaar word as dit saam met ʼn rede of ʼn verduideliking gebruik word.
11. MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
vereis word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Die hooftaak van ʼn Skyf Defragmenteerder (‘Disk Defragmenter’) nuts-
program is om ...
A individuele lêers wat deur die gebruiker gekies is, uit te vee.
B ongebruikte lêers outomaties te verwyder.
C die hardeskyf te formateer wanneer dit vol is.
D lêers te herorganiseer en verwante lêers bymekaar te hou. (1)
1.2 Watter EEN van die volgende akronieme word NIE met hardeware
geassosieer NIE?
A VTA (‘SSD’)
B BJET (‘BYOD’)
C EULA
D GVE (‘GPU’) (1)
1.3 ʼn … is ʼn voorbeeld van kwaadwillige sagteware (‘malware’).
A Advertensie-blokkeerder
B Opwipvenster (‘Popup’)
C Spam filter
D Sleutelvaslegger (‘Keylogger’) (1)
1.4 Die …-oortjie op die Microsoft Word-ribbon bevat funksies soos die
aanvaarding of verwerping van veranderinge.
A Insert
B Review
C References
D Mailings (1)
1.5 Die letters a/b/g/n verwys na data-oordrag oor ʼn …-verbinding.
A ADSL
B Wi-Fi
C 3G
D vesel (‘fibre’) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.6 Watter EEN van die volgende funksies sal die aantal selle in die reeks
A1:A13 bereken, wat ʼn waarde het wat nie 5 is nie?
A =COUNTIF(A1:A13, ''<5'')
B =COUNTIF(A1:A13, ''<>5'')
C =COUNTIF(A1:A13; ''>=5'')
D =COUNTIF(A1:A13, ''>5'')
1.7 Watter EEN van die volgende velde in ʼn databasistabel, wat rekords van
hoërskoolleerders stoor, is die mees geskikte veld waarom ʼn verstekwaarde
(‘Default Value’) ingestel kan word?
A Huistaal
B Van
C Adres
D Telefoonnommer (1)
1.8 Watter SVE (‘CPU’) in die volgende lys is die beste keuse vir ʼn speletjies
skootrekenaar/tafelrekenaar?
A i5 quad core
B i7 quad core
C Atom
D Celeron (1)
1.9 As die kleur van ʼn beeld wat deur ʼn dataprojektor vertoon word, oor die
algemeen te lig of te donker voorkom, kan dit reggestel word deur die ... van
die projektor te verander.
A kontras
B helderheid
C resolusie
D posisie (1)
1.10 Watter EEN van die volgende laat ʼn gebruiker toe om digitaal geskepte
visuele weergawes te sien wat intyd (‘real time’) op ʼn fisiese omgewing
oorgedra is?
A 4D
B Virtuele realiteit
C Kuberruimte
D Vergrote werklikheid (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2: PASSENDE KOLOMME
Kies ʼn term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–U) langs die vraagnommers (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 W.
KOLOM A KOLOM B
2.1 ʼn Toestel wat gebruik word om baie moderne A Klikkaping (Click
toestelle, soos slimfone aan ʼn rekenaar te koppel jacking)
en ook toestelle aan ʼn laaier te koppel
B Konvergensie
2.2 ʼn Algemene term wat gebruik word om ʼn tipe
sagteware te beskryf wat jou rekenaar nadelig C Kopiereg
beïnvloed
D Skarebefondsing
2.3 ʼn Instrument wat gebruik word om inligting vanaf
mense in te samel E ergonomika
2.4 Die proses om baie mense te kry om ʼn projek te F Gesigherkenning
finansier, gewoonlik oor die internet
G lêerbediener
2.5 Ongewenste e-pos wat aan ʼn groot aantal
gebruikers gestuur word H gemorspos
2.6 ʼn Standaard wat toestelle soos slimfone toelaat I Kwaadwillige
om koordloos te koppel as hulle naby mekaar is sagteware
(‘Malware’)
2.7 Die daad om iemand anders se werk as jou eie
aan te bied J Mikro-USB
2.8 ʼn Biometriese sekuriteitsmaatreël wat toegang tot K NVK (NFC’)
ʼn gebruiker se rekenaar of toestel kan beheer
L Styl
2.9 Gekombineerde instellings wat die uitleg,
lettertipes en kleure van ʼn hele dokument beheer M Wagwoord
2.10 Die toenemende neiging om verskillende funksies N Plagiaat
en tegnologieë in rekenaars en toestelle te
O Vraelys
kombineer
P RFID
Q telependel
R Tema
S OKT (‘UPS’)
T Webplasing
U WiFi
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR ITEM
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar'
langs die vraagnommers (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Maak die
stelling reg as dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling
WAAR te maak. (Jy mag nie bloot die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander
nie. GEEN punt sal toegeken word as net ONWAAR neergeskryf word nie.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Windows 10 is die mees algemene Waar
bedryfstelsel wat op nuwe
skootrekenaars geïnstalleer is.
ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware- Onwaar – moederbord
komponente, soos die SVE (‘CPU’).
3.1 Formatering kan gebruik word om spesifieke waardes outomaties in ʼn sigblad
volgens spesifieke kriteria te rangskik. (1)
3.2 Mac OS is ʼn eiendomsregtelike bedryfstelsel. (1)
3.3 Die Scan Disk nutsprogram sal ʼn gebruiker toelaat om ongewenste lêers uit te
vee, bv. tydelike lêers/ lêergidse. (1)
3.4 ʼn Alt-teksmerker sal die webwerwe se toeganklikheid vir blinde gebruikers
verhoog. (1)
3.5 ʼn Rekenaar wat deur ʼn kuberkraker oorgeneem is, word ʼn pirate genoem. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Bestudeer die advertensie hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.
TOESTEL A TOESTEL B
DVI, VGA en HDMI afvoer DVI, VGA en HDMI afvoer
Dual Core i5™ 7360U 3,4 GHz 6 Core Ryzen™5 1600 3.2GHz
Geïntegreerde Intel Iris Grafika 6000 AMD Radeon RX 580 4G 256bis DDR5
4GB DDR4-2133Mhz Grafikakaart
3TB WD Blue 7200 RPM Hardeskyf 8GB DDR4-2133Mhz
LG Blu-Ray Interne Skrywer 512GB VTA (‘SSD’)
BH16NS40 (opsioneel) LG Blu-Ray Interne Skrywer BH16NS40
Koordloos: 802.11ac, Bluetooth 4.0 (opsioneel)
Linux Ubuntu 18.3 64 bis Koordloos: 802.11ac, Bluetooth 4.0
Linux Mint 18.3 64 bis
4.1.1 Alhoewel Toestel A ʼn hoër verwerkingspoed as Toestel B toon,
beweer die verkoper dat Toestel B die ‘vinnigste’ van die twee is.
Verskaf TWEE redes waarom dit die geval kan wees. (2)
4.1.2 Die bedryfstelsel op beide toestelle staan as oopbronsagteware
(OSS) bekend. Verskaf TWEE redes waarom die verkoper verkies
om dit te laai, in plaas van eiendomsregtelike sagteware. (2)
4.2 Daar is verskillende maniere om ʼn skerm aan ʼn rekenaar te koppel.
Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Benoem poort B. (1)
4.2.2 Noem TWEE nadele van poort C in vergelyking met poort B. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
4.3 Die beeld hieronder verskyn op ʼn skool se nuusbrief.
4.3.1 Wat word hierdie beeld genoem? (1)
4.3.2 Beskryf hoe dit gebruik sal word deur na ʼn geskikte voorbeeld te
verwys. (2)
4.4 VTA’s (‘SSD's’) raak al hoe meer gewild, maar hardeskyfaandrywers word
steeds wyd gebruik. Verskaf TWEE redes waarom HDD’s nog steeds op
baie nuwe toestelle gevind word. (2)
4.5 Jou skool beplan om BJET (‘BYOD”) te implementeer vir gebruik deur die
leerders. Verduidelik wat BJET (‘BYOD”) beteken, nie waarvoor die
akroniem staan nie. (2)
4.6 Noem EEN voordeel en EEN nadeel van ʼn koordlose muis. (2)
4.7 Jou skool oorweeg die aankoop van ʼn 3D-drukker. Gee ʼn kort definisie van
ʼn 3D-drukker en verduidelik hoe dit werk. (2)
4.8 Hoekom is dit vir die skool nodig om te weet watter programme hulle gaan
gebruik, voordat hulle ʼn rekenaar koop? (1)
4.9 Stel TWEE metodes voor wat gebruik kan word om ʼn flash drive wat met ʼn
virus besmet is, te herstel. (2)
4.10 Jy sal ʼn vlog-voer gebruik om studente rekenaargeletterdheid te leer.
4.10.1 Noem TWEE riglyne vir die skep en instandhouding van ʼn
suksesvolle vlog. (2)
4.10.2 Hoe verskil die stroom van ʼn video van die aflaai van ʼn aanlyn-
video? (1)
4.10.3 Hoekom is dit nie ʼn goeie idee vir ʼn gebruiker om ʼn video
herhaaldelik te stroom nie? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
In wolkrekenarisering (‘cloud computing’) bestaan die data en toepassings op
webbedieners.
5.1 Gee die generiese naam (afkorting/akroniem) vir die tipe netwerk wat oor ʼn
wêreldwye geografiese area sal strek. (1)
5.2 Gee TWEE voordele om toepassings op die wolk (‘cloud’) te gebruik in plaas
daarvan om die toepassing op jou persoonlike rekenaar te hê. (2)
5.3 E-posdienste soos hotmail en Gmail word as deel van wolkrekenaardienste
verskaf.
5.3.1 Noem TWEE nadele van die gebruik van ʼn webgebaseerde e-pos-
diens eerder as ʼn plaaslike rekenaar e-posdiens. (2)
5.3.2 Noem EEN voordeel van die gebruik van ʼn rygskakel (‘threaded’)
bespreking as ʼn kenmerk van ʼn e-posdiens. (1)
5.4 Noem die TWEE grootste bekommernisse in die gebruik van wolkrekenaar-
wese. (2)
5.5 Bespreek kortliks die funksie van elk van die volgende in ʼn netwerk:
5.5.1 Skakelaar (‘switch’) (2)
5.5.2 Bediener (‘server’) (2)
5.6 VoIP-telefoonoproepe word al hoe gewilder.
5.6.1 Verduidelik wat VoIP is (moenie net die afkorting uitbrei nie). (2)
5.6.2 Noem EEN moontlike voordeel van die gebruik van VoIP in plaas van
ʼn landlyntelefoon. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Noem EEN manier wat gebruik kan word om ʼn opname te doen, behalwe ʼn
pen-en-papier of aanlynweergawe. (1)
6.2 Gee TWEE redes waarom ʼn mens die gehalte van inligting moet verifieer
voordat dit gebruik kan word, behalwe die gevaar dat dit fopnuus (‘fake
news’) is. (2)
6.3 Leerders moes vrae vir die PAT opstel. Een daarvan was:
"Wat dink jy van groot data?"
Hoekom sal die data wat uit hierdie vraag verkry word, moeilik wees om
mee te werk? (1)
6.4 Die tabel hieronder toon tipiese voorbeelde van die URLs van webtuistes.
1. www.peta.org 2. www.sterkinekor.mobi 3. www.open.ac.za
Wat kan jy aflei van hierdie webtuistes, deur net na die onderstreepte dele
van die URL te kyk? (3)
6.5 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
6.5.1 Waarom is ʼn sirkelgrafiek beter as ʼn kolomgrafiek om vir hierdie
spesifieke data te gebruik? (1)
6.5.2 Gebaseer op die grafiek hierbo, wat is die vierde mees algemene
energiebron in Suid-Afrika? (1)
6.5.3 Stel ʼn verbetering voor wat aan hierdie grafiek aangebring kan word
om dit makliker te maak om te interpreteer? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Rekenaars op enige netwerk kan oop wees vir afkoopsagteware-aanvalle
(‘ransomeware attacks’).
7.1.1 Wat is ʼn afkoopsagteware-aanval (‘ransomeware attack’)? (2)
7.1.2 Wat is die enigste gewaarborgde manier om jou data teen
afkoopsagteware-aanvalle (‘ransomeware attacks’) te beskerm? (1)
7.2 Daar is toenemende berigte van ‘botnets’ wat vir DDoS-aanvalle gebruik
word. Verduidelik wat ʼn ‘botnet’ is en hoe dit gebruik sal word om so ʼn aanval
uit te voer. (3)
7.3 Beskryf TWEE instellings wat jy op Facebook kan maak om jou profiel te
beskerm en om dit privaat te hou. (2)
7.4 Noem TWEE maniere waarop ʼn persoon inligtingsoorlading meer doeltreffend
kan bestuur. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 Jy het twee van jou vriende gevra om jou PAT-opdrag te lees en om voorstelle
en veranderings aan te beveel.
8.1.1 Beskryf TWEE fasiliteite in Woordverwerking wat hulle in staat sal stel
om hierdie opdrag elektronies te deel en daaraan te werk sonder om
mekaar se werk uit te vee. (2)
8.1.2 Verduidelik wat jy onder die term toeganklikheid van ʼn dokument
verstaan. (1)
8.2 Ondersoek die volgende skermskoot van ʼn deel van ʼn paragraaf in ʼn
Woordverwerkingsdokument:
8.2.1 Noem die tipe inkeping wat aan die linkerkant van die paragraaf gebruik
is. (1)
8.2.2 Identifiseer enige EEN formateringkenmerk wat verander kan word om
die paragraaf meer leesbaar te maak, behalwe enige inlynstelling of
justeringsopsies. (1)
8.3 Die volgende veldname is in ʼn databasistabel gebruik om die rekords van atlete
in ʼn sekere sportspan te stoor:
8.3.1 Stel ʼn beter alternatief vir die datatipe van die Geboortedatum-veld
voor. (1)
8.3.2 Die Van-veld is ʼn teksveld met ʼn verstek-grootte van 255, wat te groot
is en verminder moet word.
Verduidelik waarom ʼn mens oor die algemeen versigtig moet wees
wanneer jy die grootte van ʼn teksveld in ʼn databasistabel verklein. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
8.3.3 In ʼn navraag van hierdie databasis verskyn die volgende kriteria in die
Van-veld: "Like Mo*" Gee die term wat aan karakters soos die ster ('*')
in hierdie navraag gegee word. (1)
8.4 Bestudeer die volgende uittreksel van ʼn werkgewer se Excel-werkblad, wat
ontwerp is om die aantal ure wat sekere personeellede gewerk het te bereken:
8.4.1 Die korrekte formule is in kolom D gebruik om die aantal ure gewerk, te
bereken, maar die resultaat word nie korrek vertoon nie.
Verduidelik wat gedoen moet word om die aantal ure gewerk korrek te
vertoon. (Let daarop dat dit NIE in jou antwoord nodig is om die
kieslysopsies of werklike muisklikke te beskryf NIE.) (1)
8.4.2 Die uittreksel hierbo, is deel van ʼn baie langer werkblad. Wanneer die
gebruiker af beweeg in die lys van name, sal die opskrifte in ry 1 op ʼn
stadium aan die bokant van die werkblad “verdwyn”.
Gee die naam van die sigbladkenmerk wat gebruik kan word om te
verhoed dat die opskrifry/e aan die bokant van die werkblad verdwyn. (1)
8.4.3 In die maak van ʼn drukstuk van die werkblad, het die werkgewer besluit
om die volgende opsie te gebruik, wat in ʼn dialoogkassie verskyn het:
Verduidelik kortliks hoekom die werkgewer besluit het om die opsie
‘Rows to repeat at top’ te gebruik om die hardekopie te maak. (1)
8.5 Bestudeer die volgende HTML-kode wat gebruik word om die prentjie Trophy.jpg
op ʼn webblad te plaas:
<img alt = “Wenner” src = “Trophy.jpg” width = “100” height = “75”>
8.5.1 Gee TWEE redes waarom die breedte- en hoogte-kenmerke by die
prentjie merker (‘tag’) ingesluit word. (2)
8.5.2 Gee die eenheid waarin die breedte- en hoogte-kenmerke gespesifiseer
word. (1)
8.5.3 Noem EEN rede waarom ʼn mens ʼn alt-kenmerk by die prentjie merker
(‘tag’) sal insluit. (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Jou oom is ʼn koördineerder wat rekenaargeletterdheid aan die jeug in jou
gemeenskap onderrig. Hy het jou hulp nodig met ʼn paar rekenaarverwante
kwessies aangesien jy verlede jaar RTT in graad 12 gehad het.
9.1 Jou oom moet ʼn maandelikse nuusbrief oor die aktiwiteite in die projek
publiseer. Die nuusbrief is gewoonlik 30 MB groot aangesien dit foto’s van
die projekaktiwiteite bevat en nie per e-pos as ʼn aanhegsel gestuur kan word
nie.
Stel TWEE maniere voor om die probleem van die elektroniese verspreiding
van die nuusbrief op te los. (2)
9.2 In die uitvoering van die projek sal jou oom internettoegang benodig.
9.2.1 Hy wil ʼn instaanbediener (‘proxy server’) vir toegang tot die internet
in die netwerk gebruik.
Noem TWEE voordele van die gebruik van ʼn instaanbediener
(‘proxy server’), behalwe om bloot internettoegang te verskaf. (2)
9.2.2 Daar is probleme met die opvangs van die Wi-Fi-sein in alle areas
op die skoolterrein.
Stel EEN toestel voor wat hulle kan gebruik vir ʼn meer eweredige Wi-
Fi-verspreiding oor die skoolterrein. (2)
9.3 Data wat op die kantoorrekenaars gehou word, is baie belangrik en moet
beveilig word.
Noem TWEE maniere waarop jou oom die data kan rugsteun sodat dit op ʼn
ander plek gestoor word. (2)
9.4 Die IKT-sentrumbestuurder is gewaarsku teen die risiko’s verbonde aan die
gebruik van beta-weergawe sagteware op die rekenaars in die IKT-sentrum
uit te probeer.
Verduidelik kortliks wat die doel van beta-sagteware is en waarom hy
versigtig moet wees met die gebruik daarvan. (2)
9.5 Een van die deelnemers aan die program het gesê dat Windows 10 geen
opsie het om outomatiese stelselopdaterings af te skakel nie.
9.5.1 Gee TWEE redes vir ʼn sagteware-ontwikkelaar om opdaterings vry
te stel. (2)
9.5.2 Waarom sal sagteware-ontwikkelaars NIE die gebruiker ʼn keuse
gee om outomatiese opdaterings af te skakel NIE? (1)
9.5.3 Noem TWEE potensiële nadele om nie in staat te wees om
outomatiese opdaterings af te skakel nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
9.6 Noem TWEE toevoer- of afvoertoestelle wat rekenaars toeganklik kan maak
vir die siggestremde gebruikers van die program. (2)
9.7 Daar is baie template beskikbaar wat afgelaai kan word. Die formele
maandelikse verslag wat jou oom by die projekbefondsers moet indien, moet
op ʼn templaat gebaseer wees.
Verduidelik wat ʼn templaat is. (2)
9.8 Die rekords van die deelnemers aan die program sal vanaf ʼn sigbladlêer na ʼn
databasislêer ingevoer word.
9.8.1 Wat is die algemene doel van ʼn invoerfunksie (‘import function’)? (1)
9.8.2 ʼn Hulpprogram (‘Wizard’) word gebruik om ʼn gebruiker deur die
invoerproses (‘import function’) te help. Verduidelik kortliks wat ʼn
Hulpprogram (‘wizard’) in hierdie konteks is. (2)
9.9 ʼn Databasistabel is geskep om inligting van die verskillende lede van die
jeugprogram te stoor.
Die onderstaande tabel bevat die inligting:
9.9.1 Waarom is die DOB-veld nie geskik om as ʼn primêre sleutel gebruik
te word nie? (1)
9.9.2 Watter databasiskenmerk kan gebruik word om te verseker dat die
gebruiker nie die Naam- en Van-velde ooplaat nie? (1)
9.9.3 ʼn Vorm is geskep vir deelnemers om hul inligting in te voer. Hoekom
sal dit beter wees om ʼn Datumkieser (‘Date Picker’) vir die Datum
Begin-veld te gebruik, eerder as om deelnemers toe te laat om dit in
te tik? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
10.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MET SLIM STEDE SAL JOU ELKE STAP AANGETEKEN WORD
deur Sara Degli-Esposti en Siraj Ahmed Shaikh | 17 April 2018
Moderne stede is propvol voorwerpe wat data ontvang, versamel en oordra.
Dit sluit selfone in, maar ook voorwerpe wat eintlik deel is van ons stede, soos
verkeersligte en lugbesoedelingstasies. Selfs iets so eenvoudig soos ʼn
vullisdrom kan nou aan die internet gekoppel word, wat beteken dat dit deel
vorm van die internet van dinge (IoT). ʼn Slim stad versamel die data van
hierdie digitale voorwerpe en gebruik dit om nuwe produkte en dienste te skep
wat stede meer leefbaar maak.
Alhoewel hulle groot potensiaal het om lewens te verbeter, verhoog die
moontlikheid van toenemend slimmer stede ook ernstige kommer oor
privaatheid. Deur sensors wat in ons stede ingebou is en die slimfone in ons
sakke, sal slim stede die krag hê om voortdurend te identifiseer waar mense
is, wie hulle ontmoet en selfs dalk wat hulle doen.
Na aanleiding van onthullings dat 87 miljoen mense se Facebook-data na
bewering oortree is en gebruik is om verkiesingsstemgedrag te beïnvloed, is
dit al hoe belangriker om behoorlik te ondersoek waarheen ons data gaan en
hoe dit gebruik word. Aangesien meer en meer kritiese infrastruktuur die
slagoffer van kuberaanvalle word, moet ons in ag neem dat ons stede nie net
slimmer raak nie, hulle word ook meer kwesbaar vir kuberaanvalle.
[Onttrek uit https://theconversation.com/with-smart-cities-your-every-step-will-be-recorded-
94527]
10.1.1 Waarna verwys die term Internet van Dinge (IoT)? (2)
10.1.2 Verwys na paragraaf 1. Baie voorbeelde van IoT word gegee wat
die ‘leefbaarheid’ in ʼn stad kan verbeter. Brei uit op enige TWEE
van hierdie voorbeelde (of gee jou eie) deur te beskryf hoe dit
burgers se lewens sal verbeter. (2)
10.1.3 Verduidelik hoe die Internet van Dinge en Groot Data met mekaar
verband hou. (2)
10.1.4 Bespreek TWEE uitdagings wat ʼn stad in die gesig staar wanneer
hulle probeer om die stelsels te implementeer wat nodig is om slim
stede te skep, behalwe die uitdaging om so ʼn projek te finansier. (2)
10.1.5 Baie inwoners van sulke slim stede sê dat privaatheidskwessies net
relevant is vir mense wat iets het om weg te steek. Stem jy saam of
verskil jy van hierdie stelling? Motiveer jou antwoord. (2)
10.1.6 Beskryf ʼn scenario van die tipe kuberaanval wat op ʼn slim stad
uitgevoer kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17
10.2 Jou stad stig ʼn indiensnemingsentrum om die werklose mense in jou area te
help om werk te kry. Die eerste ding wat hulle doen, is om ʼn elektroniese
liasseerstelsel met almal se inligting te skep, asook om profielfoto’s vir elke
persoon se CV te neem.
10.2.1 Noem TWEE voordele van ʼn papierlose kantoor. (2)
10.2.2 Watter tipe skandeerder sal jy vir hul kantoor aanbeveel, aangesien
hulle so baie skandering gaan doen? (1)
10.2.3 Waarom is dit moontlik om sekere drukkers vir skandering te gebruik? (1)
10.2.4 Hoe kan werksoekers gereelde opdaterings oor vakatures kry sonder
om die webwerf te besoek? (1)
10.2.5 Gee TWEE e-pos netiket-riglyne om te gebruik wanneer CV's aan
maatskappye gestuur word. (2)
10.2.6 Watter woordverwerkingsfunksie kan gebruik word om verskeie
persoonlike briewe te skep aan al die maatskappye waar mense
aansoek doen? (1)
10.2.7 Watter kameraspesifikasie kan die kwaliteit van die foto's beïnvloed? (1)
10.2.8 Watter tipe interne bergingsmedia word in die meeste kameras
gebruik? (1)
10.3 Die stad se verkeersdepartement wil graag verhoed dat verkeersoortreders
inligting oor spoedlokvalle en padblokkades op sosiale media deel.
10.3.1 Noem TWEE maniere waarop verkeersoortreders die ligging van ʼn
mobiele spoedkamera kan bepaal en deel nadat hulle daar verby gery
het. (2)
10.3.2 Noem TWEE maniere waarop mense boodskappe op sosiale media
vir die owerhede kan probeer wegsteek. (2)
[15]
TOTAAL AFDELING C: 75
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Exam guideline
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Guideline

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 Memo (Afr)

Memorandum