You're offline
Skip to content
Exam guideline

Civil Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com

Subject: Civil TechnologyGrade 12202110 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SIVIELE TEGNOLOGIE EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 2 DBE/2021 Eksamenriglyne INHOUDSOPGAWE Page 1. INLEIDING 3 2. KOGNITIEWE VLAKKE 4 3. STRUKTUUR VAN DIE VRAESTEL 5 3.1 Konstruksie – Struktuur van die vraestel 6 3.2 Siviele Dienste – Struktuur van die vraestel 7 3.3 Houtbewerking – Struktuur van die vraestel 8 4. TIPES VRAE WAT IN 'N SIVIELETEGNONOLOGIE-VRAESTEL GEVRA WORD 9 5. SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) 9 6. ALGEMENE OPMERKINGS 9 7. AFSLUITING 10 HIERDIE RIGLYNDOKUMENT IS NIE 'N WERKSKEDULE NIE. DIT VERVANG NIE DIE INHOUD IN DIE KABV-DOKUMENT NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 3 DBE/2021 Eksamenriglyne 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Siviele Tegnologie gee 'n uiteensetting van die aard en doel van die vak Siviele Tegnologie. Dit lei die filosofie wat onderliggend is tot die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Siviele Tegnologie geassesseer gaan word  Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne praktiese eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word, hanteer word. Hierdie riglyne moet saam met die volgende gelees word:  Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Siviele Tegnologie  Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)  Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, graad R tot 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 4 DBE/2021 Eksamenriglyne 2. KOGNITIEWE VLAKKE Bloom se Taksonomie bestaan uit ses vlakke, soos hieronder getoon. Evaluering Sintese Analisering Toepassing Verstaan/Begrip kennis Die volgende kognitiewe vlakke, voorbeelde van werkwoorde en gewig is op Siviele Tegnologie van toepassing: KOGNITIEWE VLAKKE – DENKVAARDIGHEDE VEREIS VLAKKE VAN TIPES VOORBEELDE VAN KOGNITIEWE KOGNITIEWE WERKWOORDE/ GEWIG VEREISTES VEREISTES AKSIEWOORDE Rangskik; Kies/Selekteer; Kennis Definieer; Beskryf; Vind; Identifiseer; Laer orde 30% Memoriseer en herroep Benoem; Maak 'n lys/Aanteken; informasie/inligting Noem; Herken; Herhaal; Verklaar Klassifiseer; Verstaan; Kies/Selekteer; Definieer; Beskryf; Bespreek; Begrip Onderskei; Verduidelik; Veralgemeen; Dui aan; Verstaan/Interpreteer Illustreer; Lei af; informasie/inligting in Interpreteer; Pas; jou eie woorde Maak; Beskryf; Omskryf/Hersien; Middelorde Herhaal; Som op 50% Pas toe; Pas aan; Bereken; Vergelyk; Toepassing: Voltooi; Bepaal; Ontdek; Teken; Pas kennis op nuwe Verduidelik; Versamel; situasies toe Identifiseer; Illustreer; Verander; Stel in werking; Berei voor; Toon; Skets; Los op; Gebruik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 5 DBE/2021 Eksamenriglyne Analise Analiseer; Klassifiseer; Kategoriseer; Vergelyk; Verdeel kennis in dele en Kontras; Onderskei; toon verband tussen Kritiseer; Diskrimineer; dele. Onderskei; Bestudeer; Ondersoek; Toets Rangskik; Saamstel; Sintese Kombineer; Ontwerp; Konstrueer; Skep; Bring kennisdele Beeld uit; Ontwerp; bymekaar om 'n geheel Ontwikkel; Vind te vorm. foute/Vind uit; Formuleer; Inkorporeer; Bou verhoudings vir Hoër orde Integreer; Dink uit; 20% nuwe situasie Organiseer; Beplan; Probleemoplossing; Produseer; Struktureer Beoordeel; Assesseer; Lewer kommentaar; Vergelyk; Evaluering Kritiese analise; Gevolgtrekking; Beoordeel op grond van Verduidelik; kriteria. Evalueer; Ondervra; Lei af; Beoordeel; Voorspel; Beveel aan; Bestudeer LET WEL: Die moeilikheidsgraad word nie bepaal deur die werkwoord wat gebruik word nie, maar eerder deur die konteks van die vraag/inhoud wat geassesseer word. 3. STRUKTUUR VAN DIE VRAESTEL Hierdie eksamenriglyne is saamgestel in ooreenstemming met die KABV-dokument (in 2014 uitgereik) wat fokus op spesialisering in tegniese vakke. Hierdie riglyne moet saam met die inhoudsbeskrywing per kwartaal en Afdeling 4 van die KABV- dokument vir graad 12 Siviele Tegnologie gebruik word. Daar moet ook aan die SANS/SABS-gebruikskode vir Boutekeninge voldoen word. Die finale eksamenvraestel duur 3 uur. Die maksimum punt is 200 en die vraestel sal uit SES vrae bestaan. Die summatiewe assessering (eksamens) sal voorsiening maak vir 'n verskeidenheid kognitiewe vlakke en vermoëns van leerders.  In ELKE spesialisering bestaan die GENERIESE gedeelte uit dieselfde vrae en dieselfde gewig. Hierdie gedeelte bestaan uit TWEE vrae.  In ELKE spesialisering fokus die SPESIFIEKE gedeelte slegs op die inhoud wat op daardie spesialisering van toepassing is. Hierdie gedeelte bestaan uit VIER vrae. Daar sal APARTE vraestelle vir ELK van die spesialiserings wees. Daar sal SES vrae in elke vraestel wees. Kandidate moet AL SES die vrae in die vraestel beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 6 DBE/2021 Eksamenriglyne 3.1 Konstruksie – Struktuur van die vraestel TOTALE PUNTE VRAAG INHOUD TYD GENERIES – AFDELING A WBGV, Veiligheid Materiaal 1 20 18 minute Gereedskap en Toerusting Verbinding/Hegting Interpretasie van gevorderde tekeninge:  Terreinplan, vloerplan en aansigte van veelverdiepinggeboue (berekeninge van oppervlakte, omtrek en lengte van 'n muur deur afmetings van die tekeninge gegee, af te lei 2 40 36 minute  Basiese tekensimbole wat verband hou met die bou-omgewing volgens die SANS vir Boutekeninge (kandidate moet in staat wees om basiese tekensimbole te interpreteer wat met die bou-omgewing verband hou) VAKSPESIFIEK – AFDELING B Dakke 3 Trappe 30 27 minute Verbinding/Hegting (Vakspesifiek) Uitgrawings Bekisting 4 40 36 minute Gereedskap en Toerusting (Vakspesifiek) Materiaal (Vakspesifiek) Pleister en Vlaklaag 5 Steenwerk 30 27 minute Grafika as Kommunikasiemiddel Bewapening in Beton Fondasies 6 40 36 minute Betonvloere Hoeveelhede (Vakspesifiek) GROOTTOTAAL: 200 180 minute Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 7 DBE/2021 Eksamenriglyne 3.2 Siviele dienste – Struktuur van die vraestel TOTALE PUNTE VRAAG INHOUD TYD GENERIES – AFDELING A WBGV, Veiligheid Materiaal 1 20 18 minute Gereedskap en Toerusting Verbinding/Hegting Interpretasie van gevorderde tekeninge:  Terreinplan, vloerplan en aansigte van veelverdiepinggeboue (berekeninge van oppervlakte, omtrek en lengte van 'n muur deur afmetings van die tekeninge gegee, af te lei 2 40 36 minute  Basiese tekensimbole wat verband hou met die bou-omgewing volgens die SANS vir Boutekeninge (kandidate moet in staat wees om basiese tekensimbole te interpreteer wat met die bou-omgewing verband hou) VAK SPESIFIEK – AFDELING B Konstruksie wat met Siviele Dienste Verband Hou 3 30 27 minute WBGV, Veiligheid (Vakspesifiek) Hoeveelhede (Vakspesifiek) Kouewatertoevoer Warmwatertoevoer 4 40 36 minute Gereedskap en Toerusting (Vakspesifiek) Materiaal (Vakspesifiek) Grafika as Kommunikasiemiddel (Patroonontwikkeling) 5 30 27minute Dakwerk Stormwater Bogrondse Dreinering (Riolering) Ondergrondse Dreinering (Riolering) 6 40 36 minute Sanitêre toebehore Hegting (Vakspesifiek) 180 GROOTTOTAAL: 200 minute Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 8 DBE/2021 Eksamenriglyne 3.3 Houtbewerking – Struktuur van die vraestel TOTALE PUNTE VRAAG INHOUD TYD GENERIES – AFDELING A WBGV, Veiligheid Materiaal 1 20 18 minute Gereedskap en Toerusting Verbinding/Hegting Interpretasie van gevorderde tekeninge:  Terreinplan, vloerplan en aansigte van veelverdiepinggeboue (berekeninge van oppervlakte, omtrek en lengte van 'n muur deur afmetings van die tekeninge gegee, af te lei 2 40 36 minute  Basiese tekensimbole wat verband hou met die bou-omgewing volgens die SANS vir Boutekeninge (kandidate moet in staat wees om basiese tekensimbole te interpreteer wat met die bou-omgewing verband hou) VAKSPESIFIEK – AFDELING B Vensters Kaste 3 30 27 minute Muurpanele Hoeveelhede (Vakspesifiek) Dakke Plafonne 4 40 36 minute Gereedskap en Toerusting (Vakspesifiek) Materiaal (Vakspesifiek) Formele Bekisting 5 30 27 minute Skoring Grafika as Kommunikasiemiddel Hangvloere Trappe 6 Ysterware 40 36 minute Deure Verbindings 180 GROOTTOTAAL: 200 minute Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 9 DBE/2021 Eksamenriglyne 4. TIPES VRAE WAT IN 'N SIVIELETEGNOLOGIE-VRAESTEL GEVRA KAN WORD Die vraestel sal uit verskillende soorte vrae bestaan wat die volgende insluit maar nie daartoe beperk is nie:  Pasitems  Meervoudige keuse  Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies.  Vrae waar kandidate feite moet kan stel, vergelyk, onderskei, beskryf, konsepte verduidelik en foute kan identifiseer met aanbevelings en stellings.  Tekeninge en sketse wat verband hou met die kurrikulum om die samestelling, werkbeginsels en ander aspekte van die vakinhoud te demonstreer. 5. SKOOLGEBASEERDE ASSESERING (SGA) Afdeling 4 Assessering: Op bladsy 106 word die gewig van die graad 12-SGA-punte in die KABV vir Siviele Tegnologie verkeerd aangedui. Die gewig moet 5 van die 25 (20%) vir kwartaal 1-toets en 10 uit 25 (40%) vir onderskeidelik die Junie- en die voorbereidende eksamen wees. SGA-punte vir Siviele Tegnologie moet soos hierbo aangedui, bereken word. 6. ALGEMENE OPMERKINGS 6.1 Kandidate moet daarop let dat nasieners slegs dit wat die kandidaat geskryf het, kan nasien. Nasieners mag nie interpreteer wat hulle dink die kandidate bedoel het nie. Daarom is dit baie belangrik dat die kandidate goed gekonstrueerde sinne moet skryf en reaksies op 'n logiese en kronologiese wyse moet struktureer. Korrekte vakterminologie moet afgedwing word, aangesien punte nie vir verkeerde vakterminologie toegeken word nie. 6.2 Vir berekeninge:  'n Punt word slegs toegeken as die korrekte eenheid langs die antwoord geskryf word.  Waar die kandidaat 'n beginselfout gemaak het, bv. bymekaar te tel in plaas daarvan om te vermenigvuldig, word geen punte vir die berekening toegeken nie. 6.3 Vir tekeninge:  Die deel waarvoor die punt toegeken moet word, moet korrek in die korrekte posisie geteken word om 'n punt te verdien.  Punte kan slegs vir 'n byskrif toegeken word as die byskrif die korrekte deel aandui. 6.4 Wanneer 'n kandidaat die verkeerde tekening geteken het, bv.:  'n Horisontale snit in plaas van 'n vertikale snit, sal geen punte vir die tekening toegeken word nie aangesien die kandidaat nie op die verwagte uitkoms gereageer het nie.  'n Ortografiese aansig in plaas van 'n snitaansig, sal geen punte vir die tekening toegeken word nie, aangesien die kandidaat nie op die verwagte uitkoms gereageer het nie.  'n Ortografiese aansig in plaas van 'n isometriese aansig, sal geen punte vir die tekening toegeken word nie, aangesien die kandidaat nie op die verwagte uitkoms gereageer het nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 10 DBE/2021 Eksamenriglyne 7. GEVOLGTREKKING Hierdie Eksamenriglyndokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV- dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie. Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie. Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Civil Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Civil Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com | Hlayiso