Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, insluitend 5 antwoordblaaie.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.
4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
6. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
7. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
8. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
9. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
10. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.
11. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
12. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
13. Beantwoord VRAE 2.1, 3.2, 3.3, 6.3.2 en 6.5 op die aangehegte ANTWOORD-
BLAAIE deur, waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak.
14. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.
15. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
16. Google is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik.
17. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Kies die korrekte vereistes ten opsigte van steiers:
1.1.1 Dit moet ʼn veiligheidsfaktor van ten minste 2 / 4 hê (1)
1.1.2 Die breedte van die platformplanke is 114 mm / 228 mm (1)
1.1.3 Skutrelings moet ten minste 750 mm / 900 mm hoog wees (1)
1.1.4 Skopplate moet ten minste 150 mm / 1 500 mm hoog wees (1)
1.1.5 Platforms moet met ʼn glyvaste laag / roeswerende laag bedek
word (1)
1.2 Motiveer kortliks waarom hangsteiers by elke werkposisie so na as
moontlik aan die struktuur geheg moet word. (1)
1.3 Identifiseer DRIE van die volgende vereistes wat op die verskaffer van
gevaarlike chemiese stowwe van toepassing is.
1.3.1 Noodhulpmaatreëls moet aangedui word
1.3.2 Oorsprong van die houers moet aangedui word
1.3.3 Kontaknommers van nooddienste moet aangedui word
1.3.4 Brandbestrydingsmaatreëls moet aangedui word
1.3.5 Die vervoerinligting moet aangedui word
1.3.6 Berginginstruksies moet aangedui word (3 x 1) (3)
1.4 Wat is die minimum en maksimum helling vir trappe wat tydens die
konstruksieproses gebruik word? (2)
1.5 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik
moet word nie. (2)
1.6 Beskryf die verskil tussen die tipe oppervlakafwerking van ʼn waterbasisverf
en ʼn oliebasisverf. (2)
1.7 Noem DRIE voordele van die nabehandelingproses vir beton. (3 x 1) (3)
1.8 Beskryf kortliks die poeierbestrykingproses. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ʼn
skaal van 1 : 200 volgens die volgende vereistes:
2.1.1 Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet
Die erfgrense voor en agter is 23 m lank
Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank (2)
2.1.2 Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens
Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense (2)
2.1.3 Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens (1)
2.1.4 Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf (1)
Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore
volgens die volgende vereistes:
2.1.5 Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting (2)
2.1.6 Die takriole na die badkamer en kombuis (2)
2.1.7 Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting (2)
2.1.8 Steekoë (4)
2.1.9 Inspeksie-oë (4)
2.2 Noem die VIER besonderhede van ʼn bout wat verskaf moet word wanneer
dit aangekoop word. (4 x 1) (4)
2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout. (2)
2.4 Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.4.
FIGUUR 2.4
(4 x 1) (4)
2.5 Noem TWEE vereistes waaraan ʼn boksteier moet voldoen voordat
werknemers dit mag gebruik. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 5
2.6 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer ʼn leer
vervoer word. (2 x 1) (2)
2.7 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie. (2)
2.8 Beskryf kortliks EEN gebruik van ʼn bukswaterpas. (1 x 2) (2)
2.9 Noem TWEE materiale wat deur ʼn multidetektor in mure opgespoor kan
word. (2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: SWAAIRAME, KASTE, MUURPANELE EN HOEVEELHEDE
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 FIGUUR 3.1 hieronder toon die vertikale deursnee-aansig deur ʼn deel van ʼn
swaairaam met ʼn bolig. Bestudeer die skets en beantwoord die vrae wat
volg.
FIGUUR 3.1
3.1.1 Identifiseer deel A. (1)
3.1.2 Benoem die horisontale deel wat die swaairaam en bolig skei. (1)
3.1.3 Beveel EEN ander materiaal aan behalwe stopverf, wat gebruik kan
word om glas in posisie vas te heg. (1)
3.1.4 Gee EEN rede waarom die relings en style van die swaairaam
gefatsoeneer is. (1)
3.1.5 Verduidelik die term bolig. (2)
3.1.6 Beskryf die doel van C. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 7
3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon die vloerplan van ʼn stoorkamer met ʼn geweldak.
FIGUUR 3.2
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Tipe dak: Suid-Afrikaanse (Howe) dakkap
• Die dak het AGT dakkappe
• Die mure is 220 mm dik
• Die ware lengte van die bindbalk is 5 280 mm
Rond jou antwoord tot TWEE desimale af.
Gebruik die opmetingsblad op ANTWOORDBLAD B en bereken die
volgende:
3.2.1 Die totale lengte van die muurplaat wat vir die gebou benodig word (4)
3.2.2 Die totale lengte hout wat vir die bindbalk benodig word (3)
LET WEL: ʼn Punt sal vir die korrekte gebruik van die opmetingsblad
toegeken word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
3.3 ANTWOORDBLAD C toon die vooraansig van die raamwerk van ʼn
ingeboude kas sonder die deure.
Gebruik ANTWOORDBLAD C en voltooi die gegewe tekening in goeie
verhouding.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Die kas word van 16 mm melamienplanke gemaak
• Die kas moet ʼn bo-eenheid hê
• Verdeel die onderste deel van die kas in TWEE gelyke dele met ʼn
tussensy
• Die kas het vier gelyke rakspasies aan die regterkant
• Die linkerkant het ʼn ovaal hangreling.
• Die kas moet ʼn voorreling en ʼn skopplaat hê (8)
3.4 Onderskei tussen ingeboude kaste en vrystaande kaste ten opsigte van
aanbevole dieptes. (2)
3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon die deursnee-aansig van ʼn tong-en-groef-
muurpaneel van vloer tot plafon, geheg aan ʼn 110 mm dikte muur.
Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 3.5
3.5.1 Identifiseer dele A–C. (3 x 1) (3)
3.5.2 Verduidelik die doel van deel C. (1)
3.5.3 Beskryf die doel van bedekking soos dit bo-op tong-en-groef
muurpanele aangebring is. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 9
VRAAG 4: DAKKE, PLAFONNE, GEREEDSKAP EN TOERUSTING EN
MATERIALE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn dak in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–G) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.6 H.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 A afdak
4.1.2 B sparpaardak
4.1.3 C hoofstyldak
4.1.4 D bindhoutdak
4.1.5 E Suid-Afrikaanse (Howe-) dak
F sparbintdak
G riet(gras)-dak
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
4.2 FIGUUR 4.2 hieronder toon dakprofiele vir gebou A en gebou B. Bestudeer
die sketse en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 4.2
4.2.1 Noem die dakprofiele vir gebou A en B onderskeidelik. (2 x 1) (2)
4.2.2 Teken ʼn netjiese lynskets van die boaansig van die dak vir gebou B. (4)
4.2.3 Verduidelik DRIE kenmerke van ʼn goeie dakbedekking. (3 x 1) (3)
4.3 Beskryf die doel van onderlaag vir die volgende dakbedekkings:
4.3.1 Beton of kleidakdeëls (1)
4.3.2 Grasdak (1)
4.3.3 IBR en gegolfde sinkplate (1)
4.4 Onderskei tussen ʼn kaphanger en spykerplate met betrekking tot hul
gebruike. (2 x 1) (2)
4.5 Beskryf die regulasie wat geld as die oppervlakte van ʼn grasdak 20 m²
oorskry. (1)
4.6 Verduidelik wat jy van die dakrand van ʼn dak verstaan. (1)
4.7 Beskryf TWEE voordele van meganiese gradering. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 11
4.8 Die stappe oor hoe om skuurseëlaar voor te berei en aan te wend, word
hieronder in willekeurige volgorde gegee.
Ontleed en herrangskik die stappe in die korrekte volgorde. Skryf SLEGS die
nommer van die stellings hieronder in die KORREKTE volgorde in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
1. Maak die kwas na elke aanwending in verdunningsmiddel skoon
2. Meng die skuurseëlaar goed voor aanwending
3. Verwyder alle stof
4. Laat 60 minute droogwordtyd tussen opeenvolgende lae toe
5. Skuur die houtoppervlak met verskillende grade skuurpapier totdat dit
glad en vry van skrape is.
6. Skuur liggies en stof die hout af voordat die volgende laag aangewend
word
7. Wend verskeie (gewoonlik twee tot drie) verdunde lae skuurseëlaar
met ʼn kwas aan (7 x 1) (7)
4.9 FIGUUR 4.8 hieronder toon ʼn deursnee-aansig van ʼn konvensionele valdeur.
Bestudeer die skets en gee EEN woord/term vir elke letter (A tot D) deur ʼn
woord/term uit die lys hieronder te kies.
Skryf slegs die woord/term langs die letter (A tot D) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld E – Dakspar
Bindbalk; Dakspar; Stut; Latwerk; Valdeur; Plafonbord; Dekstrook
FIGUUR 4.8
(4 x 1) (4)
4.10 Noem die minimum afmeting vir die opening van ʼn valdeur. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
4.11 FIGUUR 4.11 hieronder toon vier masjiene. Bestudeer die prente en
beantwoord die vrae wat volg.
A B
C D
FIGUUR 4.11
4.11.1 Benoem dié groep masjiene. (1)
4.11.2 Identifiseer B en C. (2 x 1) (2)
4.11.3 Beskryf EEN aspek wat in ag geneem moet word in die versorging
van ʼn figuursaag in terme van sy lem. (1)
4.11.4 Beskryf EEN manier waarop ʼn verdieper (‘roeter’) gestoor kan word.
(1 x 1) (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 13
VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN GRAFIKA AS
KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot
5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.6 E.
5.1.1 …. stutte word as ondersteuning gebruik om te verseker dat die
bekisting van ʼn kolom in sy loodregte posisie gehou word.
A Skuins
B Vertikale
C Horisontaal
D Vertikaal en horisontaal (1)
5.1.2 Wanneer bekisting vir kolomme opgerig word, heg die kante met …
A klampe.
B skroewe.
C jukke.
D wiggies. (1)
5.1.3 Die bekisting vir die … word eerste gebou, gevolg deur die skuins
konstruksie van die trap.
A optreë
B bordes
C loopvlak
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
5.1.4 Die gebruik van ʼn spalkplaat in bekisting vir trappe is om die ... te heg.
A kop van die stutte/stutte na die draer
B onderste deel van die stut/stut aan die klampe
C draer aan die voetbalk
D onderste deel van die wigpaar aan die voetbalk (1)
5.1.5 Wanneer bekisting vir vloerblaaie opgerig word, moet die volgende in ag
geneem word:
A Plaas die stutte op die wiggies wat deur die dwarslêers
ondersteun word.
B Maak die stutte aan die dwarsdraers vas.
C Pas die wiggies aan by die vlak van bekisting.
D Al die bogenoemde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
5.2 5.2.1 Beveel enige TWEE materiale aan wat as voering vir bekisting
gebruik kan word om ʼn gladde afwerking te verkry. (2 x 1) (2)
5.2.2 Verduidelik hoekom die afstand tussen die jukke na die onderkant van
ʼn kolom afneem. (1)
5.2.3 Regverdig die gebruik van ʼn verstelbare staalstut eerder as ʼn houtstut
wanneer bekisting geïnstalleer word. (1)
5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon ʼn lyndiagram van ʼn skoring. Ontleed die tekening
en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.3
5.3.1 Identifiseer dié tipe skoring. (1)
5.3.2 Noem EEN van die lede wat by A weggelaat is. (1)
5.3.3 Toon deur middel van ʼn lyndiagram hoe jy die verkeerde
stutte/diagonale stutte gaan regstel. Teken net meer as een helfte van
die tekening tussen horisontale stutte. (2)
5.4 Beskryf die doel van die volgende komponente van ʼn staanskoor:
5.4.1 Steekbalke (1)
5.4.2 Wigpare (1)
5.5 Teken in die ANTWOORDEBOEK ʼn netjiese lyndiagram van ʼn hoofstyl-
dakkap. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 15
5.6 FIGUUR 5.6 hieronder toon ʼn prentaansig van ʼn wigpaar wat tydens die
oprigting van ʼn formeel gebruik word.
Bestudeer die skets en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.6
5.6.1 Beskryf DRIE plekke waar wigpare tydens die oprigting van
formele gebruik word. (3 x 1) (3)
5.6.2 Verduidelik TWEE doeleindes om wigpare tydens die konstruksie
van ʼn formeel. (2 x 1) (2)
5.6.3 Onderskei tussen ruboog en pasboog ten opsigte van die tipe
latwerk wat jy sal gebruik wanneer jy ʼn formeel oprig. (2 x 1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 6: HOUT-HANGVLOERE, TRAPPE, YSTERWARE, DEURE EN
VERBINDINGS (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
6.1 VRAE 6.1.1 tot 6.1.4 hieronder beskryf sommige van die eienskappe of
voordele van verskillende slotte.
Noem die slot wat:
6.1.1 Het die voordeel om deure outomaties te sluit wanneer dit toemaak,
wat hulle doeltreffend maak om buitedeure te beveilig. (1)
6.1.2 Word in een van die deurstyle ingetap, terwyl die agterplaat op die
deurwang vasgeskroef word. (1)
6.1.3 Word as ʼn tydelike slot vir deure, hekke en skure gebruik. (1)
6.1.4 Word op die binneoppervlak van deure en laaie van kaste
vasgeskroef. (1)
6.2 Verduidelik hoekom jy verkies om ʼn ingelate kasslot in plaas van ʼn oplêkaslot
te gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 17
6.3 FIGUUR 6.3 toon die onvoltooide inmekaargesitte aansig van ʼn sigbare-
borstapvoeg. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 6.3
6.3.1 Noem die TWEE aangrensende dele in die konstruksie van ʼn tafel
waar hierdie voeg gebruik gaan word. (2 x 1) (2)
6.3.2 Gebruik ANTWOORDBLAD D en teken, in goeie verhouding, ʼn
isometriese aansig van die voeg by deel A. (8)
6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon die deursnee-aansig van ʼn deur. Bestudeer die
tekening en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 6.4
6.4.1 Verskaf ʼn titel vir dié deursnee-aansig. (1)
6.4.2 Identifiseer dele A, B en C. (3 x 1) (3)
6.4.3 Verduidelik wat met die tussenstyl van ʼn deur bedoel word. (1)
6.4.4 Verduidelik die doel van opening by C in FIGUUR 6.4. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
6.5 FIGUUR 6.5 op ANTWOORDBLAD E toon die buitemuur van ʼn gebou om
ʼn hanghoutvloer te akkommodeer. Teken, in goeie verhouding, die
hangvloer op ANTWOORDBLAD E.
Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ʼn riglyn. (12)
6.6 Beantwoord die volgende vrae rakende die trapkonstruksie in FIGUUR 6.6.
FIGUUR 6.6
6.6.1 Noem dele A, B en F van die trappe. (3 x 1) (3)
6.6.2 Onderskei tussen ʼn traparm met halwe bordus en reguit traparm
(2)
met ʼn bordus. (2 x 1)
6.6.3 Verduidelik die doel van deel D wanneer trappe gebruik word. (1)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 19
NAAM
ANTWOORDBLAD SIVIELE TEGNOLOGIE EN
A (GENERIES) VAN
2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ʼn
skaal van 1 : 200.
ERF 121 ERF 123 ERF 125
KOMBUIS BADKAMER
A
A
PARLEMENTSTRAAT
Erfgrense 2
Boulyne 2
Erfingang 1
Uitgangspeil 1
Hoofriool 2
Takriool 2
Mangat 2
Steekoë 4
Inspeksie-oë 4
TOTAAL: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
SIVIELE NAAM
ANTWOORDBLAD B TEGNOLOGIE EN
(SPESIFIEK) VAN:
Opmetingsblad
A B C D
3.2.1
(4)
3.2.2
(3)
Korrekte gebruik van opmetingsblad (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 21
SIVIELE NAAM
ANTWOORDBLAD c TEGNOLOGIE EN
(SPESIFIEK) VAN:
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT
Boonste rak (volle breedte) 1
Tussensy in middel 1
Hangspasie aan linkerkant 1
Ovaal-handreling 1
VIER rakke 1
TWEE laai-eenhede onder
rakke 2
Korrektheid van die
tekening 1
TOTAAL: 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
22 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2024)
NAAM
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD D (SPESIFIEK)
EN
VAN:
Gebruik ANTWOORDBLAD D en teken, in goeie verhouding, ʼn isometriese aansig van die
verbinding op deel A.
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Dele 8
TOTAAL: 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 23
NAAM
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD E (SPESIFIEK)
EN
VAN:
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Korrektheid van die tekening 1
Dele 11
TOTAAL: 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper