Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 943.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae
is vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
NIE.
4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
7. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
8. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
9. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
10. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.
11. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
12. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
13. Beantwoord VRAE 2.1, 3.10 en 6.8 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE
deur, waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak.
14. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.
15. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
16. Google is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik.
17. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Kies die korrekte vereistes ten opsigte van steiers:
1.1.1 Dit moet ʼn veiligheidsfaktor van ten minste 2 / 4 hê (1)
1.1.2 Die breedte van die platformplanke is 114 mm / 228 mm (1)
1.1.3 Skutrelings moet ten minste 750 mm / 900 mm hoog wees (1)
1.1.4 Skopplate moet ten minste 150 mm / 1 500 mm hoog wees (1)
1.1.5 Platforms moet met ʼn glyvaste laag / roeswerende laag bedek
word (1)
1.2 Motiveer kortliks waarom hangsteiers by elke werkposisie so na as
moontlik aan die struktuur geheg moet word. (1)
1.3 Identifiseer DRIE van die volgende vereistes wat op die verskaffer van
gevaarlike chemiese stowwe van toepassing is.
1.3.1 Noodhulpmaatreëls moet aangedui word
1.3.2 Oorsprong van die houers moet aangedui word
1.3.3 Kontaknommers van nooddienste moet aangedui word
1.3.4 Brandbestrydingsmaatreëls moet aangedui word
1.3.5 Die vervoerinligting moet aangedui word
1.3.6 Berginginstruksies moet aangedui word (3 x 1) (3)
1.4 Wat is die minimum en maksimum helling vir trappe wat tydens die
konstruksieproses gebruik word? (2)
1.5 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik
moet word nie. (2)
1.6 Beskryf die verskil tussen die tipe oppervlakafwerking van ʼn waterbasisverf
en ʼn oliebasisverf. (2)
1.7 Noem DRIE voordele van die nabehandelingproses vir beton. (3 x 1) (3)
1.8 Beskryf kortliks die poeierbestrykingproses. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ʼn
skaal van 1 : 200 volgens die volgende vereistes:
2.1.1 Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet
Die erfgrense voor en agter is 23 m lank
Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank (2)
2.1.2 Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens
Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense (2)
2.1.3 Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens (1)
2.1.4 Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf (1)
Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore
volgens die volgende vereistes:
2.1.5 Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting (2)
2.1.6 Die takriole na die badkamer en kombuis (2)
2.1.7 Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting (2)
2.1.8 Steekoë (4)
2.1.9 Inspeksie-oë (4)
2.2 Noem die VIER besonderhede van ʼn bout wat verskaf moet word wanneer
dit aangekoop word. (4 x 1) (4)
2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout. (2)
2.4 Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.4.
FIGUUR 2.4
(4 x 1) (4)
2.5 Noem TWEE vereistes waaraan ʼn boksteier moet voldoen voordat
werknemers dit mag gebruik. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5
2.6 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer ʼn leer
vervoer word. (2 x 1) (2)
2.7 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie. (2)
2.8 Beskryf kortliks EEN gebruik van ʼn bukswaterpas. (1 x 2) (2)
2.9 Noem TWEE materiale wat deur ʼn multidetektor in mure opgespoor kan
word. (2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Noem TWEE tipes risiko’s wat beheer moet word wanneer daar in
nou/beperkte ruimtes gewerk word. (2 x 1) (2)
3.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.3) in die
ANTWOORDEBOEK.
3.2.1 ʼn Masker wat jou neus en mond bedek, bied net matige beskerming
teen die inaseming van stof. (1)
3.2.2 Slegs persone met mediese opleiding mag in ʼn mangat werk. (1)
3.2.3 ʼn Veiligheidsharnas is nie nodig indien ʼn persoon ʼn leer gebruik om ʼn
mangat te betree nie. (1)
3.3 Motiveer kortliks waarom die area om ʼn mangat moet beveilig word wanneer
dit oop is. (1)
3.4 In watter omstandighede moet waarskuwingstekens by mangate aangebring
word? (1)
3.5 Motiveer waarom ʼn asemhalingstoestel gedra moet word wanneer ʼn mangat
betree word. (1)
3.6 Sink is ʼn hoogs reaktiewe metaal. Verduidelik hoekom die eienskap ʼn nadeel
in ʼn sink-allooi is. (2)
3.7 Noem DRIE nadele van ontsinking in metaalpype. (3 x 1) (3)
3.8 Motiveer kortliks waarom lasse tussen koper- en gegalvaniseerde pype
vermy moet word. (2)
3.9 Noem DRIE faktore wat die termodinamiese en kinetiese toestande van
galvaniese korrosie in metale bepaal. (3 x 1) (3)
3.10 FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ʼn dubbele omloophoek
in ʼn eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe laag van die
eensteenmuur op ʼn skaal van 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B. (10)
3.11 Verduidelik EEN doel van die vloeivulling van ʼn mangat. (1 x 1) (1)
3.12 Wat is die gradiënt van ʼn ø 100 mm-rioolpyp? (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7
VRAAG 4: KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN
GEREEDSKAP (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 FIGUUR 4.1 toon ʼn diagrammatiese voorstelling van die watertoevoerstelsel
na ʼn huis. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die stelsel.
B
A
D
C
FIGUUR 4.1
4.1.1 Identifiseer dele A tot D. (4 x 1) (4)
4.1.2 Beskryf kortliks die doel van deel A. (1)
4.1.3 Wie is verantwoordelik vir die onderhoud van deel B? (1)
4.1.4 Wie is verantwoordelik vir die onderhoud van deel D? (1)
4.1.5 Wat is die minimum diepte wat deel D onder grondvlak gelê word? (1)
4.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 4.2.
FIGUUR 4.2
4.2.1 Wat word dié tipe klep genoem? (1)
4.2.2 Wat word deel A genoem? (1)
4.2.3 Watter pylpunt dui die korrekte vloeirigting aan, pylpunt B of C? (1)
4.2.4 In watter omstandighede word van dié tipe klep gebruik gemaak? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
4.3 Beskryf kortliks die waterbesparende eienskap van ʼn elektroniese kraan. (2)
4.4 Wanneer ʼn watervoorsieningpyp bars, kan modderwater in die pyp inkom.
Motiveer kortliks waarom die modderwater eers uitgepomp moet word,
voordat die pyp herstel word. (2)
4.5 In watter omstandighede word die strekdraadpasstuk gebruik om
gegalvaniseerde pype te herstel? (1)
4.6 Identifiseer die volgende warmwaterstelsel simbole.
4.6.1 C
H T
(1)
4.6.2
(1)
4.6.3 PV
(1)
4.7 Maak netjiese sketse om die simbole van die volgende warmwaterstelsels te
illustreer.
4.7.1 Balanseertoestel (2)
4.7.2 Afsluitkraan (2)
4.8 Verduidelik kortliks waarom die warmwater-uitlaatpyp aan die bokant van ʼn
geiser geïnstalleer word. (2)
4.9 Beskryf die doel van die volgende geiserkomponente.
4.9.1 Drupbak (1)
4.9.2 Drukbeheerklep (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9
4.10 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die geiserstelsel in
FIGUUR 4.10.
FIGUUR 4.10
4.10.1 Benoem dié tipe geiserstelsel. (1)
4.10.2 Benoem dele A tot D van dié geiserstelsel. (4 x 1) (4)
4.10.3 Wat is die doel van die glasbedekking wat die binnenetwerk afdig? (1)
4.11 Noem TWEE oorsake van waterslag in waterpype. (2 x 1) (2)
4.12 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
FIGUUR 4.12.
FIGUUR 4.12
4.12.1 Benoem dié gereedskapstuk. (1)
4.12.2 Wat is die doel van die filter in die suigpyp van die gereedskapstuk? (1)
4.12.3 Noem TWEE stelsels waar dié gereedskapstuk gebruik word.(2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 5: RIOLERING EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
5.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioolstelsel in FIGUUR 5.1.
FIGUUR 5.1
5.1.1 Benoem die onderdele van A tot H van dié rioolstelsel. (8 x 1) (8)
5.1.2 Gee die afkortings van dele B en H. (2 x 1) (2)
5.1.3 Wat is die doel van die waterslot in deel C? (1)
5.1.4 Verduidelik hoe deel E voorkom dat onwelriekende gasse in die gebou
vrygelaat word. (3)
5.1.5 Wat is die doel van deel F? (1)
5.2 Watter letter, A of B, dui die vloeirigting van die riool in die rioolpyp in
FIGUUR 5.2 aan?
FIGUUR 5.2 (1)
5.3 Beskryf kortliks die doel van ʼn mangat in ʼn rioolstelsel. (2)
5.4 Verduidelik kortliks wat ʼn vakuumtenk is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11
5.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioolplan in FIGUUR 5.5.
FIGUUR 5.5
5.5.1 Watter letters dui die posisies van inspeksie-oë aan? (3 x 1) (3)
5.5.2 Watter letters dui die posisies van steek-oë aan? (2 x 1) (2)
5.5.3 Watter letter dui die posisie van die mangat aan? (1)
5.6 Wat is die minimum deursnee grootte van rioolpype? (1)
5.7 Motiveer waarom die volgende regulasies op rioleringstelsels toegepas moet
word.
5.7.1 Pype moet teen die vereiste helling gelê word. (1)
5.7.2 Rioolpype moet in reguit lyne gelê word. (1)
5.7.3 Rioolpype wat onder ʼn gebou deurloop, moet met ʼn 100 mm dik
betonlaag bedek word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
5.8 FIGUUR 5.8 toon die riooluitleg, op skaal 1 : 100, van ʼn gebou met ʼn lengte
van 6 000 mm en breedte van 3 000 mm. Bereken die volgende hoeveelhede
vir die dreineringstelsel.
FIGUUR 5.8
5.8.1 Die hoeveelhede vaste sanitêre toebehore wat benodig word. (1)
5.8.2 Die totale lengte takpype wat benodig word. (2)
5.8.3 Die totale lengte rioolpype wat benodig word. (1)
5.8.4 Die hoeveelheid toegangsopeninge wat geïnstalleer moet word. (1)
5.9 ʼn Silindriese watertoevoertenk is 2 800 mm hoog en het ʼn deursnee van
1 800 mm. Bereken die volgende:
(Toon ALLE berekeninge en formules.)
5.9.1 Die volume van die tenk in m³ (3)
5.9.2 Die volume water wat die tenk kan vat (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13
VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE, DAKWERK, STORMWATER EN
VERBINDINGS (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
6.1 Wat is die aanbevole helling van dakgeute? (1)
6.2 Wat is die doel van die steunarms wanneer geute geïnstalleer word? (1)
6.3 Verduidelik kortliks die gebruik van voegskorte op dakke. (2)
6.4 FIGUUR 6.4 toon ʼn ventilasiepyp wat bokant ʼn dak uitsteek. Noem TWEE
faktore wat in gedagte gehou moet word, voor die installering van die pyp.
(2 x 1) (2)
FIGUUR 6.4
6.5 Kies ʼn beskrywing ten opsigte van stormwatertoebehore uit KOLOM B wat
by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die
vraagnommers (6.5.1 tot 6.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 6.5.6 I.
KOLOM A KOLOM B
6.5.1 Grondgeute A Ten minste 20 m weg van enige
gebou
6.5.2 Oop stormwaterkanale B Voer rioolwater na damme
6.5.3 Betonskoen C Versamel dakwater
6.5.4 Dreineerputte D Voer stormwater na damme
6.5.5 Mangate E Water uit ondergrondse
stormwaterstelsels word hierin
gestort
F Ten minste 5 m weg van enige
gebou
G Word onderaan afvoerpype
geplaas
H Moet met gietysterdeksels bedek
wees
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
6.6 Noem TWEE funksies van die vloeimiddel vir soldering. (2 x 1) (2)
6.7 Wat is die doel van die rubberring in die kompressieverbinding van ʼn PVC-
pyp? (1)
6.8 FIGUUR 6.8 op ANTWOORDBLAD C toon ʼn afgeknotte piramide met ʼn
vierkantbasis.
Teken op ANTWOORDBLAD C die ontvouing van die afgeknotte piramide. (16)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 15
NAAM
SIVIELE TEGNOLOGIE EN
ANTWOORDBLAD A (GENERIES) VAN:
2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ʼn
skaal van 1 : 200.
ERF 121 ERF 123 ERF 125
KOMBUIS BADKAMER
A
A
PARLEMENTSTRAAT
Erfgrense 2
Boulyne 2
Erfingang 1
Uitgangspeil 1
Hoofriool 2
Takriole 2
Mangat 2
Steekoë 4
Inspeksie-oë 4
TOTAAL: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2024)
NAAM
SIVIELE TEGNOLOGIE EN
ANTWOORDBLAD B (SPESIFIEK) VAN:
3.10 FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ʼn dubbele
omloophoek in ʼn eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe
laag van die eensteenmuur op ʼn skaal van 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B.
Steenwerk 8
Toepassing van skaal 2
FIGUUR 3.10 TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 17
NAAM
SIVIELE TEGNOLOGIE EN
ANTWOORDBLAD C (SPESIFIEK) VAN:
6.8 FIGUUR 6.8 op ANTWOORDBLAD C toon ʼn afgeknotte piramide met ʼn
vierkantbasis.
Teken op ANTWOORDBLAD C die ontvouing van die afgeknotte piramide.
SYAANSIG
Konstruksielyne A1 – A3 3
Booglyne C1 + C2 2
Basispunte D1 – D6 6
Naatlyne F1 + F2 1
Sykantlyne G1 – G6 2
Akkuraatheid + netheid 2
TOTAAL: 16
BOAANSIG
FIGUUR 6.8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper