Skip to content

Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paperCivil TechnologyGrade 12202417 pages

Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) BENODIGDHEDE: 1. Tekeninstrumente 2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar 3. ANTWOORDEBOEK INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 7. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 8. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 9. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 10. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk. 11. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 12. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 13. Beantwoord VRAE 2.1 en 6.10 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE deur, waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak. 14. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie. 15. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese kopiëring. 16. Google is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik. 17. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 3 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 1.1 Kies die korrekte vereistes ten opsigte van steiers: 1.1.1 Dit moet ʼn veiligheidsfaktor van ten minste 2 / 4 hê (1) 1.1.2 Die breedte van die platformplanke is 114 mm / 228 mm (1) 1.1.3 Skutrelings moet ten minste 750 mm / 900 mm hoog wees (1) 1.1.4 Skopplate moet ten minste 150 mm / 1 500 mm hoog wees (1) 1.1.5 Platforms moet met ʼn glyvaste laag / roeswerende laag bedek word (1) 1.2 Motiveer kortliks waarom hangsteiers by elke werkposisie so na as moontlik aan die struktuur geheg moet word. (1) 1.3 Identifiseer DRIE van die volgende vereistes wat op die verskaffer van gevaarlike chemiese stowwe van toepassing is. 1.3.1 Noodhulpmaatreëls moet aangedui word 1.3.2 Oorsprong van die houers moet aangedui word 1.3.3 Kontaknommers van nooddienste moet aangedui word 1.3.4 Brandbestrydingsmaatreëls moet aangedui word 1.3.5 Die vervoerinligting moet aangedui word 1.3.6 Berginginstruksies moet aangedui word (3 x 1) (3) 1.4 Wat is die minimum en maksimum helling vir trappe wat tydens die konstruksieproses gebruik word? (2) 1.5 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik moet word nie. (2) 1.6 Beskryf die verskil tussen die tipe oppervlakafwerking van ʼn waterbasisverf en ʼn oliebasisverf. (2) 1.7 Noem DRIE voordele van die nabehandelingproses vir beton. (3 x 1) (3) 1.8 Beskryf kortliks die poeierbestrykingproses. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ʼn skaal van 1 : 200 volgens die volgende vereistes: 2.1.1 Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet Die erfgrense voor en agter is 23 m lank Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank (2) 2.1.2 Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense (2) 2.1.3 Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens (1) 2.1.4 Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf (1) Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore volgens die volgende vereistes: 2.1.5 Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting (2) 2.1.6 Die takriole na die badkamer en kombuis (2) 2.1.7 Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting (2) 2.1.8 Steekoë (4) 2.1.9 Inspeksie-oë (4) 2.2 Noem die VIER besonderhede van ʼn bout wat verskaf moet word wanneer dit aangekoop word. (4 x 1) (4) 2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout. (2) 2.4 Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.4. FIGUUR 2.4 (4 x 1) (4) 2.5 Noem TWEE vereistes waaraan ʼn boksteier moet voldoen voordat werknemers dit mag gebruik. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 5 2.6 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer ʼn leer vervoer word. (2 x 1) (2) 2.7 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie. (2) 2.8 Beskryf kortliks EEN gebruik van ʼn bukswaterpas. (1 x 2) (2) 2.9 Noem TWEE materiale wat deur ʼn multidetektor in mure opgespoor kan word. (2 x 1) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Maak ʼn netjiese skets, in goeie verhouding, van ʼn bindhoutkap met ʼn helling van 45° wat op twee stutmure rus. Toon die volgende op jou tekening: • Mure • Muurplate • Sparre • Hanebalk • Nokbalk (10) 3.2 Wat is die minimum helling van ʼn dak wanneer klas A gegolfde sinkplate as ʼn dakbedekking gebruik word? (1) 3.3 Noem die maksimum afstand vir die spasiëring tussen dakkappe vir gegolfde daksinkplate. (1) 3.4 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur ʼn woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (3.4.1 tot 3.4.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.4.6 Optree. aantree; bordes; neusrand; loopstuk; skortbalk; optree; steeklyn; baluster; handreling; trapkuil 3.4.1 Die vertikale afstand tussen twee opeenvolgende loopvlakke (1) 3.4.2 Vertikale style wat die handreling bo hou (1) 3.4.3 Die plat, horisontale oppervlak van ʼn trap waarop jy trap as jy die trappe op- of afgaan (1) 3.4.4 Die boonste horisontale oppervlak van ʼn stel trappe (1) 3.4.5 Die horisontale afstand wat deur die trappe gedek word (1) 3.5 Wat is die breedte- en diktemates van ʼn kaplat vir gegolfde daksinkplate? (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 7 3.6 FIGUUR 3.6 hieronder toon die bekisting vir ʼn betontrap. Bestudeer die figuur en beantwoord die volgende vrae. FIGUUR 3.6 3.6.1 Benoem die dele wat A tot E gemerk is. (5 x 1) (5) 3.6.2 Wat is die minimum afstand tussen die handreling en loopvlak? (1) 3.7 Verduidelik EEN metode om die volgende materiale te verbind: 3.7.1 Dakkappe aan ʼn steenmuur (1) 3.7.2 Muurplaat aan ʼn steenmuur (1) 3.7.3 Metaal aan ʼn ander metaal (1) 3.7.4 Metaal aan beton (1) 3.7.5 Handreling aan ʼn muur te monteer (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 4: MATERIAAL, UITGRAWINGS, FONDASIES, TOERUSTING EN GEREEDSKAP (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.7 K. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Perspeks (‘Perspex’) A ysterhoudende metaal 4.1.2 Kubustoets B gedoop in gesmelte sink 4.1.3 Aluminium C getoets in ʼn laboratorium 4.1.4 Polistireen D nie-ysterhoudende metaal 4.1.5 Saktoets E basiese seëlmiddel 4.1.6 Rekbare gietyster F op die terrein getoets G verpakkingsmateriaal H alternatief vir glas I uiters giftig (6 x 1) (6) 4.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die toets in FIGUUR 4.2. FIGUUR 4.2 4.2.1 Identifiseer die tipe toetsmetode. (1) 4.2.2 Noem TWEE redes waarom die toets vir beton gedoen word. (2 x 1) (2) 4.2.3 Identifiseer EEN tipe gereedskap wat in FIGUUR 4.2 gebruik word. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 9 4.3 Noem enige TWEE metodes van die nabehandeling van beton. (2 x 1) (2) 4.4 Verduidelik die doel van bekleding by geboue. (2) 4.5 Noem DRIE tipes materiaal wat vir die bekleding van ʼn gebou gebruik kan word. (3 x 1) (3) 4.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die konstruksiemasjien in FIGUUR 4.6. FIGUUR 4.6 4.6.1 Identifiseer die tipe masjien. (1) 4.6.2 Noem EEN doel van dié masjien. (1 x 1) (1) 4.6.3 Noem TWEE maniere om die masjien te versorg. (2 x 1) (2) 4.7 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR. 4.7.1 By uitgrawings moet alle werkers harde hoede dra. (1) 4.7.2 Geen persoon mag op hul eie op ʼn uitgrawingsterrein werk nie. (1) 4.7.3 Lere of steiers moet vir toegang tot diep slote gebruik word. (1) 4.7.4 Weeklikse inspeksies is noodsaaklik by uitgrawings. (1) 4.8 Noem DRIE oorsake van die ineenstorting van uitgrawings. (3 x 1) (3) 4.9 Noem TWEE maniere om uitgrawings snags veilig te maak. (2 x 1) (2) 4.10 Voorsien die AFMETING in die volgende stellings van uitgrawings. 4.10.1 Vanaf watter diepte moet verspanning gebruik word? (1) 4.10.2 Vanaf watter diepte moet daar vir atmosferiese gasse getoets word? (1) 4.10.3 Hoe ver moet uitgegraafde grond vanaf die uitgrawing wees? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) 4.11 Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande blokkie vir die volgende fondasiebeskrywings. strookfondasie; trapfondasie; blokfondasie; vlotfondasie; heipaalfondasie 4.11.1 Die diepte van die fondasie is meer as drie keer die breedte (1) 4.11.2 Gebruik by ongelyke terreine (1) 4.11.3 Aaneenlopende betonstrook wat in ʼn sloot gegiet word (1) 4.11.4 Die strookfondasie en vloerblad vorm ʼn eenheid (1) 4.12 Noem enige DRIE voordele van die gebruik van heipaalfondasies. (3 x 1) (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 11 VRAAG 5: STEENWERK, GRAFIKA, PLEISTER EN VLAKLAAG (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 5.1 Die prentjies in FIGUUR 5.1 hieronder toon stappe van ʼn bouproses. Bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5.1 5.1.1 Herrangskik die prentjies vir hierdie bouproses in die KORREKTE volgorde vanaf die begin tot die einde deur die letters A tot D te gebruik, en gee ʼn kort beskrywing wat in ELKE prentjie gedoen word. (4 x 2) (8) 5.1.2 Verduidelik waarom die proses by C nodig is. (1) 5.1.3 Noem die bymengsel wat by die materiaal gevoeg kan word om die plastisiteit van die mengsel te verbeter. (1) 5.2 Verduidelik die volgende terme wat op plaveisel van toepassing is: 5.2.1 Verbinding (1) 5.2.2 Vlaklaagsand (1) 5.2.3 Loopvlakke (1) 5.3 Teken, in goeie verhouding, netjiese vryhandsketse van die volgende plaveiseltipes in jou ANTWOORDEBOEK. Die plaveisel moet vanaf ʼn hoek gelê word om ʼn patroon te vorm. 5.3.1 Mandjievleg-plaveiselpatroon (5) 5.3.2 Visgraat-plaveiselpatroon (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) 5.4 FIGUUR 5.4 toon die vooraansig van ʼn spoumuur. FIGUUR 5.4 5.4.1 Hoekom is daar ʼn behoefte aan die donker en omsirkelde deel A? (1) 5.4.2 Beskryf EEN posisie waar die syfergate in ʼn spoumuur geplaas moet word. (1 x 1) (1) 5.4.3 Verduidelik EEN doel van ʼn syfergat. (1 x 1) (1) 5.5 Teken in jou ANTWOORDEBOEK ʼn netjiese skets van die horisontale gedeelte van ʼn staaldeurkosyn wat in ʼn halfsteenmuur ingebou is, met kopstene en aan die een kant gepleister. (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 13 VRAAG 6: BEKISTING, WAPENING, FONDASIES, BETONVLOER EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 6.1 Noem EEN materiaal wat gebruik kan word om bekisting mee uit te voer, om ʼn gladder afwerking van die beton te verseker. (1 x 1) (1) 6.2 Bestudeer die volgende prentjies en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 6.2 Benoem dele A tot D van die bekisting in FIGUUR 6.2. (4 x 1) (4) 6.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die staafkode vir staalwapening: 16R10-02-200. 6.3.1 Watter tipe staal word gebruik? (1) 6.3.2 Wat is die spasiëring van die stawe? (1) 6.3.3 Wat is die diameter van die stawe? (1) 6.4 Watter kragte word deur die volgende dele van ʼn betonbalk weerstaan? 6.4.1 Ankerstawe (1) 6.4.2 Beuels (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) 6.5 Noem EEN metode om staalstawe met draad te verbind. (1 x 1) (1) 6.6 Noem TWEE redes van die dekkingsdiepte vir wapening in betonwerk. (2 x 1) (2) 6.7 Noem TWEE tipes heipaalfondasies. (2 x 1) (2) 6.8 Noem DRIE redes vir die gebruik van heipaalfondasies. (3 x 1) (3) 6.9 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die betonvloer in FIGUUR 6.9. A B FIGUUR 6.9 6.9.1 Benoem dele A en B. (2 x 1) (2) 6.9.2 Noem EEN nadeel van dié tipe vloerkonstruksie. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 15 6.10 FIGUUR 6.10 toon ʼn vloerplan van ʼn motorhuis met ʼn geweldak, ʼn noord- aansig en ʼn hoofstyldakkap. Gebruik die spesifikasies wat verskaf word en beantwoord die volgende vrae op ANTWOORDBLAD B. HOOFSTYLDAKKAP VLOERPLAN NOORD-AANSIG FIGUUR 6.10 Gebruik die volgende spesifikasies: - Al die mure is 220 mm dik - Tipe dak – Hoofstyldak - Helling van dakkap – 30° - Dele van dakkap word met spykerplate verbind - Gegolfde sinkplate word vir die dak gebruik - Hartafstand tussen dakkappe is 1 200 mm - Lengte van die gegolfde sinkplaat vir die dak is 2 490 mm, met ’n dekkingswydte van 610 mm - Afmetings van hout gebruik vir dakkappe is 114 mm x 38 mm - Ware afmetings van die dele van die dakkap: o Bindbalk = 2 788 mm o Dakspar = 2 440 mm o Hoofstyl = 800 mm - Hartafstand tussen die 76 mm x 50 mm kaplatte is 1 130 mm - Lengte van een nokbedekking is 1 800 mm - Oorhang van die dak by die gewelente is 150 mm - Oorhang van die dak by die fassiebordente is 600 mm 6.10.1 Bereken die lengte van die muurplaat. (3) 6.10.2 Bereken die aantal dakkappe. (6) 6.10.3 Bereken die aantal kaplatte. (4) 6.10.4 Bereken die lengte van die fasiebord. (6) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 16 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2024) NAAM SIVIELE TEGNOLOGIE EN ANTWOORDBLAD A (GENERIES) VAN 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ʼn skaal van 1 : 200. ERF 121 ERF 123 ERF 125 KOMBUIS BADKAMER A A PARLEMENTSTRAAT Erfgrense 2 Boulyne 2 Erfingang 1 Uitgangspeil 1 Hoofriool 2 Takriole 2 Mangat 2 Steekoë 4 Inspeksie-oë 4 TOTAAL: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 17 NAAM SIVIELE TEGNOLOGIE: EN ANTWOORDBLAD B (SPESIFIEK) VAN: A B C D A B C D 6.10.1 6.10.3 Muurplaat benodig tussen gewelmure: Aantal kaplatte benodig: (3) (4) 6.10.2 6.10.4 Aantal dakkappe benodig: Lengte van fassiebord benodig: (6) (6) BLADSY 1 BLADSY 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Civil Technology

View all