Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING
2021
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 7 antwoordblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers %20Eng_hlayiso.com_--8f870317-4f98-4448-b660-0d528b30c2a4/v1-c304a8b770601b9842d8/card.webp)


%20Eng_hlayiso.com_--dcb7f976-b3d6-42a9-b2b1-44ae9b2d8e3f/v1-323df2bd04b35e089240/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--f39d7571-db9f-4ded-b5e7-27008235ca8b/v1-4efe03b2e24afe8e530e/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--6bfe9199-25cf-4c12-8dc6-817a01e3c184/v1-832d27151183c3221d20/card.webp)
View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)




Civil Technology Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 562.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
NSC June Exam 2021
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 2 DBE/2021
SS/NSS
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees alle vrae sorgvuldig deur.
4. Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
NIE.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
9. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE. Die SI-eenheid vir antwoorde moet langs
die antwoord aangedui word.
10. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
11. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
12. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
13. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
14. Beantwoord VRAAG 2, 3.6, 4.8, 5.2, 5.4, 5.5 en 6.9.2 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
15. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
16. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
17. Google Images is as die bron van alle foto's en prentjies gebruik.
18. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 3 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 1: WBGV, VEILIGHEID, MATERIAAL, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN
HEGTING (GENERIES)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
1.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
1.1.6 swaairaam.
nabehandeling; elektroplatering; galvanisering; poeierbedekking;
verf; vernis; skuurverseëlaar
1.1.1 Beskikbaar in 'n water- of oliebasis-vloeistof (1)
1.1.2 Laat beton toe om sy optimale sterkte te bereik (1)
1.1.3 Bedekking van 'n metaal deur die proses van elektrolise (1)
1.1.4 Kan weer gesmelt word aangesien geen chemiese proses betrokke
is nie (1)
1.1.5 Voeg sterkte by die oorspronklike ongeverfde metaal (1)
1.2 FIGUUR 1.2 hieronder toon gereedskap wat op 'n konstruksieterrein gebruik
word.
A B
FIGUUR 1.2
1.2.1 Noem TWEE materiale waarvan die gereedskap vervaardig kan
word. (2)
1.2.2 Lei uit FIGUUR 1.2 die veiligste opsie af om te gebruik, A of B.
Motiveer jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 4 DBE/2021
SS/NSS
1.2.3 Verduidelik die doel van die gereedskap in FIGUUR 1.2. (1)
1.2.4 Hoe ver van 'n muur moet die basis van die leer geplaas word om
te verseker dat dit veilig geposisioneer is. (1)
1.3 'n Laserwaterpas word dikwels in konstruksie gebruik.
1.3.1 Verduidelik wat jy sal bepaal indien jy 'n laserwaterpas in ELK van
die volgende gevalle gebruik:
(a) Wanneer 'n rioleringstelsel vir 'n gebou geïnstalleer word (1)
(b) Wanneer teëls teen 'n muur gelê word (1)
1.3.2 Verduidelik wat sal gebeur indien die driepoot nie wyd genoeg is
wanneer 'n laserwaterpas opgestel word nie. (1)
1.4 Verduidelik wat sal gebeur indien 'n werker uitermatig swaar vragte met die
hand optel. (1)
1.5 Die gebruik van steiers word nie toegelaat nie, tensy dit geïnspekteer is.
1.5.1 Wanneer moet steiers geïnspekteer word? (1)
1.5.2 Wie is vir die inspeksie van die steiers verantwoordelik? (1)
1.6 FIGUUR 1.6 hieronder toon 'n hegstuk wat op bouterreine gebruik kan word.
FIGUUR 1.6
1.6.1 Identifiseer die hegstuk. (1)
1.6.2 Noem die deel wat saam met die hegstuk gebruik moet word. (1)
1.6.3 Verduidelik waarom dit 'n beter opsie is om hierdie hegstuk te
gebruik om twee staalseksies met mekaar te verbind. (1)
[20]
VRAAG 2: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
FIGUUR 2 op die volgende bladsy toon 'n tekening wat op 'n bouplan verskyn.
Analiseer die tekening en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 2.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 5 DBE/2021
SS/NSS
NOTAS:
Kontrakteurs moet alle afmetings en
vlakke/hoogtes op die terrein
ERF 53 verifieer voordat daar met werk
begin word. Argitekte moet dadelik
25 000 van enige afwykings in kennis gestel
word.
ARGITEK SE HANDTEKENING ………..…….
14 100 KLIËNT SE HANDTEKENING …………...……
1 Die volgende simbool moet op die
10 000
3 000 4 000 10 000 3 000 vloerplan aangetoon word:
Eenrigtingskakelaar – dubbelpool
2
3 000 Die volgende item moet in die
badkamer geïnstalleer word:
3
4 000
4
10
ERF 49
35 000 NUWE
WONING
12 000 20 000
Hoofrioollyn moet op 'n val van
5 1 : 40 geïnstalleer word.
Steenversterking moet elke derde
laag tot op vensterhoogte en op elke
laag vanaf die bokant van die venster
4 000
ERF 51
tot op muurplaathoogte geïnstalleer
word.
3 000 Sypaadjie van 1,5 m wyd moet
5 000 geplavei word.
6
SYPAADJIE 1 500 WYD 1 30/05/2021 REGSTEL VAN
AFMETING
7
HERSIENING DATUM BESKRYWING
PROTEASTRAAT GEDRUK DEUR: DATUM GEDRUK:
HENSON DRUKKERS 01/04/2021
8
TEKENINGTITEL:
TERREINPLAN ERF 51
SYPAADJIE
PROJEK:
VOORGESTELDE NUWE WOONHUIS OP
ERF 51, DIEPRIVIER
PROJEKNR. TEKENINGNR.
GR 448-209 559P9
DATUM GETEKEN NAGEGAAN SKAAL
16/04/2021 JP NSIKI P GUNTER 1 : 200
VERWYSINGSKODE
SKAAL 1 : 200 9 QP 2–2021
FIGUUR 2 [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 6 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3: KASTE, SWAAIRAME, MUURPANELE EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)
Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 FIGUUR 3.1 hieronder toon die binnekant van 'n ingeboude kas sonder
deure. Bestudeer die skets en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
D
E
C
FIGUUR 3.1
3.1.1 Beskryf die doel van dele A, B en C onderskeidelik. (3)
3.1.2 Onderskei tussen dele D en E deur dit te identifiseer. (2)
3.1.3 Noem die diepte van 'n ingeboude kas. (1)
3.2 Noem TWEE bordprodukte wat die geskikste vir die konstruksie van die
karkas van die ingeboude kas sal wees. (2)
3.3 Beskryf die voordeel van 'n ingeboude kas wat tot op plafonhoogte gebou is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 7 DBE/2021
SS/NSS
3.4 FIGUUR 3.4 hieronder toon 'n buite-aansig van 'n onvoltooide swaairaam. Die
swaairaam kan verleng word deur 'n nuwe deel bo-op die bestaande
swaairaam te plaas. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.
A
FIGUUR 3.4
3.4.1 Noem die ontbrekende deel wat bo-op die swaairaam geplaas kan
word om dit 'n volledige swaairaam te maak. (1)
3.4.2 Noem EEN doel van die deel wat bo-op die swaairaam geplaas
kan word. (1)
3.4.3 Identifiseer onderdeel A. (1)
3.4.4 Teken 'n netjiese vryhandskets van 'n deursneeaansig van die
profiel van deel A in jou ANTWOORDEBOEK. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 8 DBE/2021
SS/NSS
3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon 'n vertikale snit deur 'n muurpaneel waarvan die
konstruksie foutief is. Die muurpaneel strek van die vloer tot by die plafon.
Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 3.5
3.5.1 Identifiseer DRIE foute wat tydens die konstruksie van die
muurpaneelwerk gemaak is. (3)
3.5.2 Teken, in jou ANTWOORDEBOEK, 'n netjiese skets van 'n
vertikale deursneeaansig van EEN tong-en-groef-bord wat in die
konstruksie van muurpaneelwerk gebruik word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 9 DBE/2021
SS/NSS
3.6 FIGUUR 3.6 hieronder toon die vloerplan van 'n gebou met 'n geweldak met
gegolfde daksinkplate as dakbedekking. Bestudeer die figuur en beantwoord
die vrae. Toon ALLE berekeninge.
500
Muur A
5 000
9 000 200
FIGUUR 3.6
Gebruik die volgende spesifikasies:
Die mure is 220 mm dik.
Die lengte van een nokplaat is 2 350 mm.
Die ware lengte van 'n dakspar/kapspar is 2 900 mm.
Die gegolfde daksinkplaat steek 50 mm verby die dakspar/kapspar uit.
Gebruik die afmetingspapier op ANTWOORDBLAD 3.6 en bereken die
volgende (alle eenhede moet in METER getoon word):
3.6.1 Die totale lengte van die fassieplanke wat vir die gebou benodig
word (4)
3.6.2 Die lengte van EEN gegolfde daksinkplaat (2)
3.6.3 Die getal nokplate wat benodig word (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 10 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 4: DAKKE, PLAFONNE, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN MATERIAAL
(SPESIFIEK)
Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 FIGUUR 4.1 hieronder toon vier masjiene. Bestudeer die prente en
beantwoord die vrae wat volg.
A B
C D
FIGUUR 4.1
4.1.1 Benoem hierdie groep masjiene. (1)
4.1.2 Identifiseer A. (1)
4.1.3 Verduidelik waarom dit nodig is om 'n veiligheidsbril te dra wanneer
daar met verdiepskaaf in B gewerk word. (1)
4.1.4 Verduidelik TWEE redes waarom dit nodig is om die hout vir los
kwaste en spykers na te gaan voordat die elektriese skaafmasjien
in C gebruik word. (2)
4.1.5 Verduidelik hoe jy 'n absolute reguit saagsnit sal verseker wanneer
jy 'n uitsnysaag, soos in D gebruik. (1)
4.1.6 Verduidelik wat met die werkstuk gedoen moet word voordat jy kan
begin om 'n sirkel uit die middel van hout met 'n uitsnysaag te
saag. (1)
4.1.7 Wat moet jy doen met 'n werkstuk voordat jy met 'n uitsnysaag kan
begin werk? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 11 DBE/2021
SS/NSS
4.2 Die spilprofileermasjien moet, soos alle ander masjiene, in stand gehou,
geolie en gereeld gediens word. Beskryf enige ander TWEE aspekte om
hierdie masjien te versorg. (2)
4.3 Watter deel van die bandskuurder moet na grootskaalse gebruik vervang
word? (1)
4.4 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (4.4.1 tot 4.4.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.4.9 M.
KOLOM A KOLOM B
4.4.1 Lynolie A gemerk volgens die grootte van
die defekte
4.4.2 Faktor vir keuse van hout
vir vloerlys B die greinpatroon van die hout
4.4.3 Visuele gradering C moet voor vernis aangewend
word om die beste afwerking te
4.4.4 Was verseker
4.4.5 Faktor vir keuse van hout D moet 'n groef aan die agterkant
vir opvoutafel hê
4.4.6 Skuurseëlaar E verskaf 'n duursame afwerking en
beskerm hout teen slytasie
4.4.7 Meganiese gradering
F 'n baie lang proses en vereis
4.4.8 Vernis herhaling om 'n duursame
oppervlakafwerking te verseker
G wanneer die buigsterkte van hout
getoets word
H geneig om wit kolle te ontwikkel
waar water gestort word
I veroorsaak krimping wanneer dit
aangewend word
J moet lig in gewig wees
K kwaste kan met water
skoongemaak word
L laat 10 minute-droogtyd tussen
lae toe
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 12 DBE/2021
SS/NSS
4.5 Noem TWEE verskillende tipes valdeure wat in 'n plafon geïnstalleer kan
word. (2)
4.6 Wat is die minimum afmetings wat vir die opening van 'n valdeur aanbeveel
word? (1)
4.7 Onderskei tussen kaplatte (daklatte) en plafonlatte volgens hul gebruike. (2)
4.8 ANTWOORDBLAD 4.8 toon die onvoltooide aansigte van 'n Suid-Afrikaanse
(Howe-) dakkap en 'n hoofstyldakkap.
4.8.1 Voltooi die tekeninge in goeie verhouding om die verskil in die
konstruksie van die onderskeie dakkappe te toon. (12)
4.8.2 Gee byskrifte en die afmetings vir enige TWEE dele van die Suid-
Afrikaanse (Howe-) dakkap. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 13 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN GRAFIKA AS
KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Teken, in goeie verhouding, in jou ANTWOORDEBOEK 'n syaansig van die
ribbe en binte soos aan die onderkant van 'n formeel gebruik word. Teken
slegs EEN rib met die binte. Toon EEN byskrif met afmetings op die tekening. (6)
5.2 ANTWOORDBLAD 5.2 toon 'n gedeelte van 'n houtstut vir die bekisting van 'n
vloerblad. Gebruik ANTWOORDBLAD 5.2 en teken in goeie verhouding 'n
vertikale snit deur die bokant van die bekisting vir 'n vloerblad. Die kopsdraad
van die soffietbord moet getoon word. Toon enige DRIE byskrifte. (10)
5.3 Verduidelik hoekom die minimum afstand tussen die muur en staanskoor NIE
minder as 1 200 mm moet wees NIE. (1)
5.4 ANTWOORDBLAD 5.4 toon 'n onvoltooide deursneeaansig van 'n staanskoor
vir 'n meerverdiepinggebou. Voltooi die tekening op ANTWOORDBLAD 5.4
deur 'n lyndiagram te gebruik om die twee staanskore en die steekbalk net
bokant die eerste vloerblad te teken. (3)
5.5 Gebruik ANTWOORDBLAD 5.5 en teken volgens skaal 1 : 1 die boreling en
styl van 'n saamgestelde ISOMETRIESE aansig van 'n lang- en- kortskouer-
tapvoeg. Die hout wat vir die voeg gebruik word, is 60 mm x 21 mm. MOENIE
verborge besonderhede toon NIE.
Begin die tekening vanaf die gegewe hoek op die ANTWOORDBLAD. (10)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 14 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 6: HANGVLOERE, TRAPPE, YSTERWARE, DEURE EN VERBINDINGS
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.1.6 C.
6.1.1 Die minimum lengte van die loopstuk/aantree is ...
A 250 mm.
B 200 mm.
C 300 mm.
D 350 mm. (1)
6.1.2 Die optree van 'n houttrap ...
A is die deel waarop jy trap as jy die trap gebruik.
B is die vertikale onderdeel tussen twee opeenvolgende
loopstukke.
C heg die handreling aan die balustrade vas.
D moet altyd meer as 200 mm wees. (1)
6.1.3 By 'n houttrap is die balustrade …
A aan die voet van die trap.
B die vertikale stutte wat die handreling ophou.
C waar die spilpaal aan die bordes geheg word.
D bo-op die bordes. (1)
6.1.4 Die neusrand van die trap ...
A is die oorhang van die loopstuk.
B het 'n minimum lengte van 200 mm.
C is tussen die spilpale.
D is die vertikale afstand tussen twee balusters. (1)
6.1.5 'n Kwart-bordes-trap word ook 'n ... genoem.
A 'n U-vormige trap
B 'n linkerkantste trap van 'n intermediêre bordes
C 'n reguit trap met 'n halwe bordes
D L-vormige trap (1)
6.2 Wat is die minimum afstand in 'n trap tussen die steeklyn en die plafon? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 15 DBE/2021
SS/NSS
6.3 FIGUUR 6.3 hieronder toon DRIE tipes slotte wat in die boubedryf gebruik
word. Bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg.
A B
C
FIGUUR 6.3
6.3.1 Identifiseer slotte A tot C onderskeidelik. (3)
6.3.2 Beskryf EEN voordeel van B. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 16 DBE/2021
SS/NSS
6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon die binneaansig van 'n geraamde verspande
plankdeur (geraamde Z-plankdeur) met skarniere. Bestudeer die prent en
beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D
E
F
FIGUUR 6.4
6.4.1 Identifiseer dele A tot C onderskeidelik. (3)
6.4.2 Beskryf EEN doel van B. (1)
6.4.3 Noem die dikte van reling D. (1)
6.4.4 Identifiseer die voeg wat by E gebruik word. (1)
6.4.5 Verduidelik die rede hoekom die onderste ente van die tong-en-
groefplanke oor die onderreling van die deur loop, soos deur F
aangedui. (1)
6.5 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, 'n vertikale snit deur
die boreling en verhewe paneel (kussingpaneel) van 'n vierpaneeldeur met 'n
lae slotreling en verloopstyle. Benoem die styl op jou tekening. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 17 DBE/2021
SS/NSS
6.6 Watter items kan verbind word deur die volgende verbindingsmetodes te
gebruik?
6.6.1 Spykerplate (1)
6.6.2 Dakspykers (1)
6.6.3 Stormklemme (1)
6.7 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, die vooraansig van 'n
saamgestelde aansig van 'n dubbelpen-tap-en-gatvoeg om 'n deel van die
reling, styl en die verborge besonderhede van die dubbele tappe te toon. (6)
6.8 Noem die doel van 'n mierskerm soos dit by houthangvloere gebruik word. (1)
6.9 FIGUUR 6.9 hieronder toon 'n deel van die boaansig van 'n houthangvloer.
A
B
C
D
FIGURE 6.9
6.9.1 Identifiseer A–D. (4)
6.9.2 Teken op ANTWOORDBLAD 6.9.2 waar die besonderhede van die
houthangvloer in FIGUUR 6.9 uitgelaat is, VIER tong-en-groef-
vloerplanke. Die tong-en-groef-planke moet in lengte parallel langs
die lang muur loop. GEEN verborge besonderhede word verlang. (4)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 2
NR. VRAAG ANTWOORD PUNTE
1. Identifiseer die tipe plan in FIGUUR 2. 1
Lei uit die notas die installasie van die
2. steenversterking tot op vensterhoogte 1
af.
Lei die skaal af wat vir FIGUUR 2
3. 1
gebruik word.
4. Identifiseer nommer 1. 1
5. Identifiseer nommer 3. 1
6. Identifiseer nommer 5. 1
7. Identifiseer nommer 7. 1
8. Identifiseer nommer 8. 1
9. Identifiseer nommer 9. 1
Noem die item in die kolom vir die
10. notas in FIGUUR 2 wat in die 1
badkamer geïnstalleer moet word.
Teken die elektriese simbool soos in
11. die kolom vir die notas in FIGUUR 2 2
beskryf word.
Lei uit FIGUUR 2 af watter maatskappy
12. 1
die bouplan gedruk het.
13. Gee die afkorting vir nommer 2. 1
Noem die kleur wat jy sal gebruik om
14. die nuwe woning op die terreinplan aan 1
te dui.
Lei uit FIGUUR 2 af hoekom die nuwe
15. woning op 'n hoekerf gebou gaan 1
word.
Lei die erfnommer van die nuwe
16. woning af wat in FIGUUR 2 geïllustreer 1
word.
Watter aansig is die naaste aan
17. 1
Proteastraat?
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
Wat is die erfnommer van die eiendom
18. 1
aan die westekant van die woning?
19. Gee die afkorting vir nommer 6. 1
Noem die val waarteen die hoof-
20. 1
rioollyn geïnstalleer moet word.
21. Beskryf wat as hersiening 1 gedoen is. 1
22. Lei die afmetingsfout op die totale
1
wydte van die woning af.
Noem die projeknommer vir hierdie 1
23.
plan.
24. Wat is die wydte van die sypaadjie? 1
25. Hoeveel takpype word op die plan
1
aangedui?
26. Verduidelik die doel van nommer 4. 1
In watter SI-eenheid is die afmetings
27. op die plan aangedui? 1
Teken 'n netjiese vryhandtekening van
die boaansig van 'n enkelopwasbak,
28. soos in die SANS/SABS se 3
Gebruikskode vir Boutekenepraktyk
aangedui.
Beveel TWEE tipes boumateriaal aan
29. wat gebruik kan word om die 2
oppervlak by nommer 7 af te werk.
Bereken die totale oppervlak van die
30. erf. Gee jou antwoord in m². 3
Toon ALLE berekeninge.
Bereken die afstand tussen Nommer 1
31. en Nommer 3 op die noordaansig. 4
Toon ALLE berekeninge.
TOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 3.6
A B C D
3.6.1
3.6.2
3.6.3
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 4.8
SA (HOWE-) DAKKAP
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Korrektheid van tekening 9
Enige TWEE byskrifte en afmetings 4
TOTAAL: 13
HOOFSTYL-DAKKAP
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Korrektheid van tekening 3
TOTAAL: 3
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.2
STUT
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Korrektheid van tekening 7
Enige DRIE byskrifte 3
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.4
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Korrektheid van tekening 3
TOTAAL: 3
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.5
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Korrektheid van die tekening 10
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/2021
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.9.2
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Korrektheid van tekening 4
TOTAAL: 4
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng_hlayiso.com_--8f870317-4f98-4448-b660-0d528b30c2a4/v1-c304a8b770601b9842d8/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--dcb7f976-b3d6-42a9-b2b1-44ae9b2d8e3f/v1-323df2bd04b35e089240/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--f39d7571-db9f-4ded-b5e7-27008235ca8b/v1-4efe03b2e24afe8e530e/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--6bfe9199-25cf-4c12-8dc6-817a01e3c184/v1-832d27151183c3221d20/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum