Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
SIVIELE TEGNOLOGIE
2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 7 antwoordblaaie en 'n formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)




Civil Technology Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 676.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 26
This exam
NSC June Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 2 DBE/2018
SSE
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
skei NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.7, 3.5, 4.3, 5.2, 5.3, 6.1 en 6.2 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
13. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
oordrag.
15. Google Images is as die bron vir alle foto's en prentjies gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 3 DBE/2018
SSE
VRAAG 1: KONSTRUKSIE, VEILIGHEID EN MATERIAAL
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
1.1 Bestudeer FIGUUR 1.1 hieronder wat 'n werker toon wat op 'n
konstruksieterrein boorwerk doen en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 1.1
1.1.1 Beskryf die doel van die harde hoed. (1)
1.1.2 Verduidelik hoe die werker homself teen die stof kan beskerm wat
deur die boor veroorsaak word. (1)
1.1.3 Verduidelik die gevolge indien veiligheidstoerusting nie deur die
werker gebruik word terwyl hy boor nie. (1)
1.2 FIGUUR 1.2 hieronder toon veiligheidstoerusting wat vir persoonlike
beskerming gebruik word.
FIGUUR 1.2
1.2.1 Identifiseer die veiligheidstoerusting. (1)
1.2.2 Noem EEN spesifieke plek/werksarea waar hierdie toerusting
gebruik sal word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 4 DBE/2018
SSE
1.3 FIGUUR 1.3 hieronder toon die lyndiagram van 'n dakkap.
A
B
C
30°
FIGUUR 1.3
1.3.1 Identifiseer die soort dakkap. (1)
1.3.2 Identifiseer dele A tot C van die dakkap. (3)
1.3.3 Motiveer hoekom die dakkap in FIGUUR 1.3 nie met gras
(grasdak) bedek kan word nie. (1)
1.3.4 Noem EEN dakbedekking wat vir die dak in FIGUUR 1.3 gebruik
kan word indien daklatte (38 mm x 38 mm) gebruik word om die
dakbedekking in posisie te hou. (1)
1.4 Verduidelik die verskil tussen VWL (vogweerlaag) en VWM
(vogweermembraan) ten opsigte van waar dit gebruik word. (2)
1.5 Onderskei tussen 'n standaardkleisteen en 'n vrouesluiter deur middel van
TWEE vryhand- tweedimensionele tekeninge in goeie verhouding. Teken
slegs die aansig van die koplae. Benoem ELKE tekening en skryf die breedte
en hoogte van elke steen neer. (5)
1.6 Korrosie/Roes van staalseksies kan voorkom word deur dit óf te verf óf te
galvaniseer. Beveel EEN van die metodes aan en verduidelik waarom jy dit
aanbeveel. (1)
1.7 Noem enige TWEE preserveermiddels wat gebruik kan word om hout te
preserveer. (1)
1.8 Teken 'n netjiese skets van 'n tong-en-groef-plank wat vir vloere gebruik word. (3)
1.9 Beskryf die doel van sement in beton. (1)
1.10 Onderskei tussen massabeton en gewapende beton. (2)
1.11 Gedurende die giet van vars beton word 'n klomp lugborrels wat lugleegtes
veroorsaak in die beton vasgevang. Noem TWEE maniere waarop
vasgevangde lug in beton verwyder kan word. (1)
1.12 Verduidelik die verskil tussen 'n saktoets en 'n kubustoets ten opsigte van die
doel van elke toets. (2)
1.13 Noem die komponent wat gebruik word om die gaping/opening tussen twee
aangrensende gipsbordplafonborde toe te maak. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 5 DBE/2018
SSE
VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 FIGUUR 2.1 hieronder is 'n skets van 'n voorafgegiete betonheipaal wat in die
grond ingedryf word.
A
B
C
FIGUUR 2.1
2.1.1 Noem deel A en C. (2)
2.1.2 Wat word deur simbool B aangedui? (1)
2.1.3 Watter toerusting word gebruik om hierdie tipe heipaal in die grond
in te dryf? (1)
2.1.4 Onder watter omstandighede sal 'n heipaalfondasie gebruik word? (2)
2.2 Verduidelik hoe jy 'n deurskynende pypwaterpas sal gebruik om vlakke van
een punt na 'n volgende oor te dra. Die pyp is reeds met water gevul. (2)
2.3 Jy moet teëls op 'n vloer lê. Noem enige DRIE gereedskapstukke wat gebruik
kan word om die vloer vir die teëls uit te sit. (3)
2.4 FIGUUR 2.4 hieronder is 'n masjien wat in die bouomgewing gebruik word.
A B
FIGUUR 2.4
2.4.1 Identifiseer die gereedskap in FIGUUR 2.4. (1)
2.4.2 Identifiseer deel A. (1)
2.4.3 Beskryf die funksie van deel B. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 6 DBE/2018
SSE
2.5 Boë word algemeen in die boubedryf gebruik.
2.5.1 Noem die houtkonstruksie wat gebou moet word om die stene van
'n halfronde boog te ondersteun. (1)
2.5.2 Noem die steen wat in die middel van die halfronde boog is. (1)
2.6 FIGUUR 2.6 hieronder toon 'n betonbalk met defekte wat veroorsaak is deur
kragte wat op hulle inwerk. Noem die tipes kragte wat vir die defekte by A
en B verantwoordelik is.
A
B
FIGUUR 2.6 (2)
2.7 FIGUUR 2.7 op die ANTWOORDBLAD toon 'n onvolledige deursneeaansig
van 'n spoumuur.
Gebruik ANTWOORDBLAD 2.7 om die spoumuur te voltooi deur die volgende
in goeie verhouding te teken:
• Ses lae steenwerk bokant die twee bestaande lae (2)
• Dagha tussen steenwerk (1)
• Simbool vir beton in die holte tussen die mure (1)
• Simbool vir beton in die fondasie (1)
• Die simbool vir terugvulling slegs aan een kant (1)
• Die vogweerlaag tussen die mure en die holte (2)
• Die syfergat (1)
• Een muurbint (1)
2.8 'n Motorhuis moet in 'n enkelwoonstel verander word. As gevolg van beperkte
tyd en arbeidkoste word steenmure nie oorweeg nie. Noem 'n tipe
liggewigmuur wat gebruik kan word om die motorhuis in kamers te verdeel. (1)
2.9 Beskryf EEN nadeel van die tipe muur wat in VRAAG 2.8 genoem is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 7 DBE/2018
SSE
2.10 FIGUUR 2.10 hieronder toon 'n onvoltooide deursneeaansig van 'n
gewapende balk.
A
B
FIGUUR 2.10
2.10.1 Identifiseer A en B. (2)
2.10.2 Noem EEN negatiewe gevolg indien daar nie wapening in beton
is nie. (1)
2.10.3 Noem EEN funksie van beuels. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 8 DBE/2018
SSE
2.11 FIGUUR 2.11 hieronder toon bekisting vir 'n ronde kolom.
A
B
C
D
E
FIGUUR 2.11
Identifiseer A tot E. (5)
2.12 Herrangskik die stappe hieronder in die korrekte volgorde om 'n rib-en-
blokvloer op te rig. Skryf slegs die letters (A–C) in die korrekte volgorde in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Plaas wapening bo-op die holblokke.
B Pak al die holblokke tussen die ribbe.
C Plaas ribbe op stutmure. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 9 DBE/2018
SSE
VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.7 F.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Drukverminderingsklep A geïnstalleer by 'n spoelkloset by die
hoogste punt van 'n terreinrioolstelsel
3.1.2 Vakuumbreker
B reguleer die temperatuur van die water
3.1.3 Warmwateruitlaat in die geiser deur die element aan en af
te skakel teen 'n voorafgestelde
3.1.4 Kouewaterinlaat temperatuur
3.1.5 Veiligheidsklep C voorkom dat die geiser bars
3.1.6 Termostaat D pype op die boonste gedeelte van
'n hoëdrukgeiser gemonteer
E voor die geiser geïnstalleer om die
inkomende waterdruk vanaf die
munisipale hooflyn te reguleer
F pype op die onderste gedeelte van
'n hoëdrukgeiser gemonteer
G geïnstalleer bokant die boonste vlak
van die geiser op die warm- en koue-
waterpype om 'n suigaksie in die
sisteem te voorkom
H komponent wat die water in 'n elektriese
geiser fisies warm maak
(6 x 1) (6)
3.2 Waar sal jy 'n watersperder installeer? (1)
3.3 Noem EEN tipe watersperder wat by 'n handewasbak gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 10 DBE/2018
SSE
3.4 Teken die volgende elektriese simbole:
3.4.1 Kragpunt (2)
3.4.2 Tweerigtingskakelaar (2)
3.4.3 Muurgemonteerde lig (2)
3.5 Op ANTWOORDBLAD 3.5 voltooi die tekening van 'n deursneeaansig van
'n septiese tenk en toon die volgende op jou tekening:
• Buitemure met pleister en openinge
• Binnemuur met opening en pleister
• Inlaatpyp met T-verbinding
• Uitlaatpyp met T-verbinding
• Vloeistofvlak
• Betonblad aan bokant met mangate (11)
3.6 In die afwesigheid van water wat met pype deur die munisipaliteit verskaf
word, noem EEN ander bron van vars water wat vir menslike verbruik
geskik is. (1)
3.7 Beskryf die hooffunksie van 'n stormwaterstelsel. (1)
3.8 Steenkool is die primêre energiebron wat in Suid Afrika gebruik word om
elektrisiteit op te wek. Noem EEN ander bron vanwaar elektrisiteit opgewek
kan word. (1)
3.9 Beskryf EEN voordeel van 'n songeiser. (1)
3.10 Beskryf EEN moontlike manier waarop 'n verbruiker elektrisiteitsverbruik in 'n
huis kan verminder. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 11 DBE/2018
SSE
VRAAG 4: HOEVEELHEDE, MATERIAAL EN VERBINDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.6 C.
4.1.1 … word gebruik om staaldakdele, staalkolomme en in-situ
houtdakkappe te heg.
A Staalspykers
B Boute en moere
C Stapelmuurskroewe
D Spouanker/muurbint (1)
4.1.2 'n … is 'n soort spyker wat gebruik word om plafonborde en
plafonlatte te heg.
A Draadspyker
B Snyspykers
C Grootkopspyker
D Ovaal draadspyker (1)
4.1.3 … word gebruik om koperpype te heg.
A Sweissoldeerstaaf
B Sweisstaaf
C Ghries
D Soldeersel (1)
4.1.4 … word gebruik om die onderdele van 'n houtdakkap aan mekaar
te heg.
A Spykerplaat/Verbindingsplaat
B Grootkopspykers
C Muurankers
D Skroewe (1)
4.1.5 … kan gebruik word om 'n dakkap aan steenwerk te heg.
A Bout en moer
B Hulsanker
C Hoepelyster
D Al die bogenoemde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 12 DBE/2018
SSE
4.2 FIGUUR 4.2 hieronder toon die vooraansig van 'n tweepaneeldeur. Bestudeer
die tekening en voltooi die onvoltooide snylys hieronder. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.7) in die ANTWOORDBOEK
neer.
114 x 44
114 x 44
32 mm dik
200 x 44
2 030
32 mm dik
220 x 44
813
FIGUUR 4.2
ONDER- GETAL EEN- LENGTE WYDTE DIKTE MATERIAAL
DEEL HEID
Styl 2 mm 4.2.1 114 44 Saligna
Boonste 4.2.2 mm 813 114 4.2.3 Saligna
reling
Slotreling 1 mm 4.2.4 4.2.5 44 Saligna
Verhewe Saligna
kussing- 2 mm 768 612 4.2.6
paneel
Onderste Saligna
1 mm 813 4.2.7 44
reling (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 13 DBE/2018
SSE
4.3 FIGUUR 4.3 hieronder toon die vloerplan van 'n motorhuis met 'n
motorhuisdeur, 'n sydeur en 'n venster.
7 000
4 200
FIGUUR 4.3
SPESIFIKASIES:
• Die bobou is 'n eensteenmuur, 220 mm wyd en 2 600 mm hoog.
• Die sydeuropening is 2 100 mm hoog x 900 mm wyd.
• Die motorhuisdeur is 2 400 mm wyd x 2 100 mm hoog.
• Die vensteropening is 1 500 mm wyd x 450 mm hoog.
Gebruik ANTWOORDBLAD 4.3 en bereken die totale oppervlakte van die
mure van die bobou wat gebou moet word nadat al die openinge afgetrek is. (18)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 14 DBE/2018
SSE
VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n gevormde lamel. Alle afmetings is in millimeter.
Bestudeer die lamel en bereken die sentroïede van die lamina vanaf A-A.
WENK: Gebruik die formules op die FORMULEBLAD.
A
10
20
1
2
30
A 40 20 30
FIGUUR 5.1 (9)
5.2 ANTWOORDBLAD 5.2 toon 'n diagram van 'n kantelbalkraam. Gebruik
ANTWOORDBLAD 5.2 om die volgende vrae te beantwoord.
5.2.1 Benoem DIAGRAM A. (1)
5.2.2 Op ANTWOORDBLAD 5.2 ontwikkel en teken die diagram om
grafies die aard van die kragte in elke onderdeel (deel) van die
kantelbalkraam te bepaal. Gebruik skaal 1 mm = 1 N. (6)
5.2.3 Gebruik die inligting in die diagramme en voltooi die tabel op
ANTWOORDBLAD 5.2. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 15 DBE/2018
SSE
5.3 FIGUUR 5.3 toon die ruimtediagram van 'n balk met 'n spanwydte van
8 meter met twee puntbelastings en 'n eenvormig verspreide belasting.
Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
8N 4 N/m 4N
B C D E
A 2m 4m 2m
RL =15 N RR = 13 N
FIGUUR 5.3
5.3.1 Herlei die eenvormig verspreide belasting na 'n puntbelasting en
skryf die waarde van die herleide puntbelasting neer. (1)
5.3.2 Bepaal die afstand van die herleide eenvormig verspreide belasting
wat nou 'n puntbelasting is vanaf RR. (1)
5.3.3 Bepaal die afstand van die 4 N puntbelasting vanaf RL. (1)
5.3.4 Die waarde van die skuifkragte A = 15 N, B = 7 N, D = -9 N,
D 1 = -13 N en E = 0 N. Gebruik die beskikbare inligting en teken
die skuifkragdiagram op ANTWOORDBLAD 5.3. Gebruik 'n skaal
van 2 mm = 1 N. (8)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 16 DBE/2018
SSE
VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE
6.1 FIGUUR 6.1 hieronder illustreer 'n gedetailleerde deurneeaansig van die voet
van 'n hoofstyldakkap. Bestudeer die tekening en voltooi die tabel op
ANTWOORDBLAD 6.1.
1
7
2
3
4
8
9
5
10
6
FIGUUR 6.1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 17 DBE/2018
SSE
6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon die vloerplan van 'n tweeslaapkamerwoning.
110 110
220 3 000 545 900 545 3 500 220
220 220
3 000
110
6 110
3 000
220 220
220 2 100 900 2 100 1 000 1 500 1 000 220
110
220 8 710 220
FIGUUR 6.2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 18 DBE/2018
SSE
6.2.1 Bestudeer FIGUUR 6.2 en ontwikkel en teken, op
ANTWOORDBLAD 6.2, volgens skaal 1 : 50, die SUID-AANSIG
van die gebou. Gebruik die spesifikasies hieronder.
(Gebruik die assesseringskriteria op ANTWOORDBLAD 6.2 as 'n
riglyn vir jou tekening.)
SPESIFIKASIES:
• Die hoogte tussen die natuurlike grondvlak en die bokant van
die vloerblad is 300 mm.
• Die hoogte tussen die vloerblad en die onderkant van die
muurplaat is 2 600 mm.
• Die dak is bedek met gegalvaniseerde dakplate met 'n 228 mm
wye fassiebord.
• Nokdekking is 100 mm hoog.
• Reënwaterafvoerpype is 75 mm in deursnee en 100 mm
vierkantige geute word gebruik.
• Een reënwater-afvoerpyp moet aan elke kant van die dak
geplaas word.
• Die dakoorhang is 500 mm en die geweloorhang is 300 mm.
• Die deuropening is 2 100 mm hoog en 900 mm wyd.
• Die deurtrap is 150 mm hoog.
• Die gebou het 'n geweldak met 'n helling van 30°.
Die volgende moet ook op die tekening getoon word:
• Die metode wat gebruik word om die dakhoogte te bepaal
• Vensterbanke
VENSTERSKEDULE
Venster 1(V1) Venster 2(V2)
Wydte Hoogte Wydte Hoogte
1 500 mm 1 200 mm 900 mm 600 mm
DRIE punte sal vir die toepassing van die skaal toegeken word.
Begin jou tekening vanaf hoek A, soos op ANTWOORDBLAD 6.2
aangedui. (25)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2018
SSE
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 2.7
NGV
FIGUUR 2.7
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT SE
PUNT
Ses lae steenwerk bokant die twee 2
bestaande lae
Dagha/Mortel tussen steenwerk 1
Simbool vir beton in die holte tussen die
1
mure
Simbool vir beton in die fondasie 1
Die simbool vir terugvulling slegs aan
een kant 1
Die vogweerlaag tussen die mure en die
holte 2
Die syfergat 1
Een muurbint 1
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2018
SSE
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 3.5
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT SE
PUNT
Buitemure met pleister en openinge 3
Binnemuur met opening en pleister 2
Inlaatpyp met T-verbinding 2
Uitlaatpyp met T-verbinding 2
Vloeistofvlak 1
Betonblad aan bokant met mangate 1
TOTAAL: 11
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2018
SSE
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 4.3
Voltooi jou antwoorde in die ruimtes wat met ... en .... aangedui is.
A B C D
Hartlyn: Bobou
2/… =…
2/… =…
Totaal = …
Minus 4 / … =…
=…
1/ … Oppervlakte van mure van bobou:
… …
1/ … Oppervlakte van sydeur:
… …
1/ … Oppervlakte van motorhuisdeur:
… …
1/ … Oppervlakte van venster:
… …
Totale oppervlakte van muur na aftrekkings:
=… … … …
=…
(18)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2018
SSE
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.2
80 N
A
E
B
40 N
D
60° 30°
10 m C
a
DIAGRAM A: __________________ (1)
(6)
DIAGRAM A IS NIE VOLGENS SKAAL NIE
DEEL AARD
AE
BD
CD STUT
DE (3)
Toleransie van 1 N aan weerskante
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2018
SSE
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.3
8N 4 N/m 4N
B C D E
A 2m 4m 2m
RL = 15 N RR = 13 N
0N
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT SE PUNT
Korrekte vorm van skuifkragdiagram 1
Waardes van skuifkragte korrek gemeet 5
Horisontale lyne aangedui 2
TOTAAL 8
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2018
SSE
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.1
NR. VRAE ANTWOORDE PUNTE
1. Identifiseer die tipe dakoorhang-
konstruksie wat in die tekening
1
gebruik is.
2. Noem die minimum helling (val) van
nommer 1 indien gegalvaniseerde
1
dakplaatbekleding gebruik word.
3. Identifiseer nommer 2.
1
4. Noem die standaardafmeting van
nommer 3. 1
5. Noem die doel van nommer 4.
1
6. Noem die timmerhout wat aan die
bokant van die buitemuur, wat
1
nommer 5 gemerk is, getoon word.
7. Teken die tekensimbool vir nommer 6
in die kolom langsaan. 2
8. Verduidelik die doel van nommer 7.
1
9. Noem EEN materiaal wat vir
nommer 8 gebruik kan word. 1
10. Identifiseer nommer 9.
1
11. Identifiseer nommer 10.
1
12. Teken 'n netjiese vryhandlyndiagram
van 'n vink- of 'n W-dakkap in die
3
kolom hier langsaan.
TOTAAL: 15
Kopiereg voorbehou
Siviele Tegnologie
Downloaded from hlayiso.com DBE/2018
SSE
ASSESSERING-S-
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER: KANDIDAAT SE
ANTWOORDBLAD 6.2 PUNTE
KRITERIA PUNT
Buitemure 2
NGV (korrek
1
geteken)
VVV (korrek
1
geteken)
Venster 1
Vensterbank 1
Deuropening 1
Trap 1
Fassiebord 1
Reënwater-
1
afvoer/leipyp
Dak (korrek
2
geteken)
Geut 1
Nokbedekking 1
Bepaling van
4
dakhoogte.
Enige VIER
4
byskrifte
Toepassing van
skaal
Een of twee
verkeerd =3
Drie of vier
verkeerd =2
Meer as vyf
verkeerd =1
Geen afmetings
korrek nie =0 3
TOTAAL 25
A
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2018
SSE
FORMULEBLAD
BELANGRIKE AFKORTINGS
SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING
c Sentroïed b Breedte/Wydte r Radius
ℓ Lengte s Sy A Oppervlakte
FORMULES
OPPERVLAKTE FORMULE FORMULE FORMULE VIR DIE POSISIE
VAN (in woorde) (in simbole) VAN DIE SENTROÏEDE
X-as Y-as
s s
Vierkant sy × sy s×s
2 2
ℓ b
Reghoek lengte × breedte ℓ×b
2 2
Reghoekige b h
½ × basis × hoogte ½b × h
driehoek 3 3
Gelyksydige
driehoek/ b h
½ × basis × hoogte ½b × h
Gelykbenige 2 3
driehoek
(A1× d) ± (A2 × d)
Posisie van sentroïed =
Totale oppervlakt e
OF
Y=
∑ Ay
∑A
OF
X=
∑ Ax
∑A
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Eng)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum