You're offline
Skip to content
Question paper

CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D_hlayiso.com_.pdf

Subject: Civil TechnologyGrade 12201820 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE PUNTE: 200 TYD: 3 uur *cvlta1* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2018) BENODIGDHEDE: 1. ANTWOORDEBOEK 2. Tekengereedskap 3. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE 8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 12. Beantwoord VRAAG 2.1, 3.10, 5.1 en 5.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig. 13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in. 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese oordrag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3 VRAAG 1: VEILIGHEID, MATERIAAL EN TOERUSTING (GENERIES) 1.1 Dui aan of die volgende stellings ten opsigte van steierwerk WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 1.1.1 Die planke van ʼn soliede houtsteierplatform moet ten minste 228 mm breed wees. (1) 1.1.2 Die planke van ʼn soliede houtsteierplatform mag nie meer as 250 mm verder as die laaste stut uitsteek nie. (1) 1.1.3 Die skutrelings moet ten minste 800 mm hoog wees. (1) 1.1.4 Skopplate moet ten minste 150 mm hoog wees. (1) 1.2 Noem DRIE vereistes waaraan ʼn boksteier moet voldoen voordat werknemers dit mag gebruik. (3 x 1) (3) 1.3 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik mag word nie. (2) 1.4 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie. (2) 1.5 Kies uit die onderstaande beskrywings die VIER korrekte beskrywings wat op die nabehandeling van beton van toepassing is. Skryf slegs die VIER korrekte vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.5.1 Dit beskerm beton teen roes 1.5.2 Dit verbeter die duursaamheid van beton 1.5.3 Dit verskaf ʼn glansafwerking aan die beton 1.5.4 Nabehandeling word met behulp van ʼn stampstok gedoen 1.5.5 Dit verhoog die sterkte van beton 1.5.6 Dit verskaf ʼn beskermende laag oor die beton 1.5.7 Dit maak die beton meer waterdig 1.5.8 Dit verbeter die weerstand teen afsluiting (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2018) 1.6 Beskryf puntsgewys die poeierbestrykingproses vir metale. (3) 1.7 Beskryf kortliks EEN gebruik van die bukswaterpas. (1 x 2) (2) 1.8 FIGUUR 1.8 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing. 1.5 1.4 FIGUUR 1.8 1.8.1 Wat is die hoogtelesing op die staf? (1) 1.8.2 Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die staf. Toon alle berekeninge, formules en eenhede. (4) 1.9 Noem DRIE materiale wat deur die multidetektor in mure opgespoor kan word. (3 x 1) (3) 1.10 Noem die versorgingsmaatreël wat op die multidetektor van toepassing is ten opsigte van die volgende fasette: 1.10.1 Skoonmaakmetode (1) 1.10.2 Wanneer dit oor ʼn lang tydperk geberg word (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5 VRAAG 2: GRAFIKA EN VERBINDINGS (GENERIES) 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op skaal 1 : 200 volgens die volgende vereistes: 2.1.1 Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet Die erfgrense voor en agter is 23 m lank Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank (2) 2.1.2 Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense (2) 2.1.3 Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens (1) 2.1.4 Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf (1) Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore volgens die volgende vereistes: 2.1.5 Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting (2) 2.1.6 Die takriole na die badkamer en kombuis (2) 2.1.7 Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting (2) 2.1.8 Steekoë (4) 2.1.9 Inspeksie-oë (4) 2.2 Noem die VIER besonderhede van ʼn bout wat verskaf moet word wanneer dit aangekoop word. (4 x 1) (4) 2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout. (2) 2.4 Noem die dele 2.4.A tot 2.4.D van die bout in FIGUUR 2.4. 2.4.A 2.4.B 2.4.C 2.4.D FIGUUR 2.4 (4 x 1) (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN GRAFIKA (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Motiveer kortliks waarom die area rondom ʼn mangat beveilig moet word voordat werkers dit betree. (2) 3.2 Vul die toepaslike ontbrekende woord in by die volgende veiligheidsvereistes ten opsigte van openinge. Skryf slegs die antwoord en die vraagnommer in jou ANTWOORDEBOEK. 3.2.1 Veiligheidstekens moet by alle ... en vloere sonder relings ten toon gestel word. (1) 3.2.2 ʼn ... of vangplatform moet bokant ʼn opening waar mense werk geplaas word om te verhoed dat vallende voorwerpe werkers beseer. (1) 3.2.3 Mangate moet ʼn ... hê vir veiligheid. (1) 3.3 Beskryf EEN verantwoordelikheid van die kontrakteur wat deur Regulasie 10 van die Bouregulasies vereis word, wanneer op hoë plekke gewerk word. (1 x 3) (3) 3.4 Beskryf kortliks wat ontsinking van ʼn allooi is. (2) 3.5 Noem EEN gevolg van ontsinking wanneer dit in ʼn allooi plaasgevind het. (1 x 1) (1) 3.6 Hoe word tekens van ontsinking op metaaloppervlaktes uitgeken? (1) 3.7 Beskryf TWEE metodes om korrosie in metale te voorkom. (2 x 2) (4) 3.8 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in FIGUUR 3.8. 3.8.A FIGUUR 3.8 3.8.1 Wat word die gereedskapstuk genoem? (1) 3.8.2 Wat word deel 3.8.A genoem? (1) 3.8.3 Beskryf die skoonmaakproses van deel 3.8.A. (3) 3.9 Watter gereedskapstuk sal vir die volgende werk gebruik word? 3.9.1 Om vloeistowwe deur pype af te voer (1) 3.9.2 Om draad in pype te sny (1) 3.9.3 Om lekkasies in pypleidings te identifiseer (1) 3.10 FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon ʼn afgeknotte piramide met ʼn vierkantbasis. Teken op ANTWOORDBLAD B die ontvouing van die afgeknotte piramide. (16) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7 VRAAG 4: HOEVEELHEDE EN VERBINDINGS (SPESIFIEK) 4.1 FIGUUR 4.1 toon die vooraansig van die kouewatertoevoer vanaf die watermeter na ʼn huis op skaal 1 mm = 100 mm. Die hoofkouewaterpyp het ʼn deursnee van 22 mm en die takpype het ʼn deursnee van 15 mm. Bestudeer die tekening en bepaal, deur die tabel te voltooi, die hoeveelheid materiaal benodig vir die loodgieterinstallasie. C FIGUUR 4.1 WATERVOORSIENINGS- MATERIAAL GROOTTE HOEVEELHEID LENGTE TOEBEHORE Kouewaterpyp 4.1.1 22 mm 1 4.1.2 Kouewaterpyp 4.1.3 15 mm 1 4.1.4 Verloopelmboog 90° 4.1.5 22 mm x 15 mm 4.1.6 Elmboog 90° 4.1.7 15 mm 4.1.8 Verloop-T-stuk 4.1.9 22 mm x 22 mm 4.1.10 x 15 mm T-stuk 4.1.11 15 mm x 15 mm 4.1.12 (12) 4.2 Gee ʼn kort beskrywing van die volgende rioleringsterminologie: 4.2.1 Takpyp (2) 4.2.2 Steekoog (2) 4.2.3 Drekwater (2) 4.3 In watter kleurkode word die volgende rioolpype op huisplanne aangedui? 4.3.1 Drekwaterpyp (1) 4.3.2 Drekwater-rioollugpyp (1) 4.3.3 Bestaande riolering (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2018) 4.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die pyppasstuk in FIGUUR 4.4. FIGUUR 4.4 4.4.1 Wat word dié passtuk genoem? (1) 4.4.2 In watter TWEE groottes word die passtuk vervaardig? (2) 4.4.3 Beskryf kortliks die doel van die passtuk. (2) 4.5 ʼn Silindriese watertenk is 2 400 mm hoog en het ʼn deursnee van 2 100 mm. Bereken die volume van die tenk. Toon alle berekenings, formules en eenhede. (4) 4.6 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 4.6.1 ʼn Ystersaaglem se tande wys vorentoe. (1) 4.6.2 ʼn Pypsnyer kan gebruik word om gegalvaniseerde pype te sny. (1) 4.6.3 Die braam van ʼn gesnyde pyp word met ʼn ystersaag verwyder. (1) 4.6.4 uPVC-pype word met flenslasse gelas. (1) 4.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die koppelstuk in FIGUUR 4.7. 4.7.A 4.7.B FIGUUR 4.7 4.7.1 Wat word hierdie koppelstuk genoem? (1) 4.7.2 Identifiseer die dele 4.7.A en 4.7.B. (2) 4.7.3 Watter tipe pype word met die koppelstukke gelas? (1) 4.8 Beskryf kortliks die betekenis van die vertinning van ʼn soldeerbout. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9 VRAAG 5: KONSTRUKSIE, KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER (SPESIFIEK) 5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon laag 1 van ʼn dubbele omloophoek in ʼn eensteenmuur in strykverband. Teken in goeie verhouding op ANTWOORDBLAD C die opeenvolgende laag van die steenmuur. (6) 5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD D toon die onvoltooide bo-aansig van ʼn betonmangat. Voltooi in goeie verhouding die takaansluiting en pypwerk in die mangat. (3) 5.3 Noem TWEE redes waarom die betonvloeivulling in ʼn mangat skuins gebou word. (2 x 1) (2) 5.4 Beskryf TWEE posisies waar mangate geïnstalleer moet word. (2 x 2) (4) 5.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 5.5. 5.5.A 5.5.B 5.5.D 5.5.C FIGUUR 5.5 5.5.1 Wat word die klep genoem? (1) 5.5.2 Benoem die onderdele 5.5.A tot 5.5.D. (4 x 1) (4) 5.5.3 Noem TWEE posisies waar dié tipe klep geïnstalleer word. (2 x 1) (2) 5.6 Beskryf kortliks die doel van vakuumbrekers by ʼn geiser. (2) 5.7 Identifiseer die korrekte antwoord tussen die hakies ten opsigte van die volgende beskrywings: 5.7.1 ʼn Drupbak word onder ʼn (bad / geiser) geïnstalleer. (1) 5.7.2 Die termostaat beheer die (waterdruk / verhitting) in ʼn geiser. (1) 5.7.3 Songeisers word aan die (oostekant / noordekant) van die gebou geïnstalleer. (1) 5.8 Beskryf kortliks hoe ʼn lugslot in ʼn warmwaterstelsel ontstaan. (3) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 6: DAKWERK, STORMWATER, RIOLERING EN SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK) 6.1 Wat is die standaardhelling vir ʼn geut? (1) 6.2 Waarmee word geute aan fassieplanke geheg? (1) 6.3 Beskryf kortliks die doel van grondgeute in ʼn stormwaterstelsel. (2) 6.4 Hoe ver van ʼn gebou af moet stormwaterdreineringspunte gebou word? (1) 6.5 Beskryf die vereistes wat op die volgende fasette van dreineringstelsels van toepassing is: 6.5.1 Binnekant van pype (1) 6.5.2 Lasse in pype (1) 6.5.3 Skerp buigings (1) 6.5.4 Minimum deursnee van pype (1) 6.5.5 Hoogte van ontlugpype (1) 6.6 Beskryf kortliks die verskil tussen vuilwater en drekwater. (2) 6.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioleringpasstuk in FIGUUR 6.7. FIGUUR 6.7 6.7.1 Wat word dié passtuk genoem? (1) 6.7.2 Beskryf die werking en doel van dié passtuk wanneer vuilwater in ʼn rioolstelsel vrygestel word. (4) 6.8 Waarom moet stapelriole nie naby boorgate gegrawe word nie? (1) 6.9 Noem TWEE oorsake van verstoppings in hoofrioollyne. (2 x 1) (2) 6.10 Wat is die minimum interne druk wat rioolpype moet kan weerstaan? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11 6.11 Noem TWEE eienskappe van elkeen van die volgende materiale vir sanitêre toebehore: 6.11.1 Keramiek (2 x 1) (2) 6.11.2 Vlekvrye staal (2 x 1) (2) 6.12 Kies ʼn mate uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (6.12.1–6.12.5 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.12.6 J. KOLOM A KOLOM B 6.12.1 Rioolpypgrootte A 22 mm 6.12.2 Wasbakhoogte bo vloervlak B 45 mm 6.12.3 Wasbakwatertoevoerpypgrootte C 950 mm 6.12.4 Wasbakuitlaatpyp D 12 mm 6.12.5 Badwatertoevoerpype E 15 mm F 100 mm G 32 mm H 800 mm (5 x 1) (5) [30] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2018) GENERIES ANTWOORDBLAD NAAM: A SIVIELE TEGNOLOGIE 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan volgens skaal 1 : 200. ERF 121 ERF 123 ERF 125 KOMBUIS BADKAMER A PARLEMENTSTRAAT Erfgrense 2 Boulyne 2 Erfingang 1 Uitgangspeil 1 Hoofriool 2 Takriole 2 Mangat 2 Steekoë 4 Inspeksie-oë 4 TOTAAL 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13 SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD B SIVIELE DIENSTE 3.10 FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon ʼn afgeknotte piramide met ʼn vierkantbasis. Teken op ANTWOORDBLAD B die ontvouing van die afgeknotte piramide. SYAANSIG Konstruksielyne 3 Booglyne 2 Basispunte 6 Naatlyne 1 Sykantlyne 2 Akkuraatheid + netheid 2 TOTAAL 16 BO-AANSIG Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD C SIVIELE DIENSTE 5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon laag 1 van ʼn dubbele omloophoek in ʼn eensteenmuur in strykverband. Teken in goeie verhouding op ANTWOORDBLAD C die opeenvolgende laag van die steenmuur. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 15 SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD D SIVIELE DIENSTE 5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD D toon die onvoltooide bo-aansig van ʼn betonmangat. Voltooi in goeie verhouding die takaansluiting en pypwerk in die mangat. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Civil Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 12 · Civil Technology · 2018 · Eastern Cape Mock Exam · Question paper | Hlayiso | Hlayiso