Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*CVLTA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)

%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)




View all




CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 KONSTRUKSIE D_hlayiso.com_.pdf
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 20
- File size
- 553.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
BENODIGDHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekengereedskap
3. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE
8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.1, 5.8 en 6.4 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE en
gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
ANTWOORDEBOEK in.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese oordrag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID, MATERIAAL EN TOERUSTING (GENERIES)
1.1 Dui aan of die volgende stellings ten opsigte van steierwerk WAAR of
ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die
ANTWOORDEBOEK.
1.1.1 Die planke van ʼn soliede houtsteierplatform moet ten minste 228 mm
breed wees. (1)
1.1.2 Die planke van ʼn soliede houtsteierplatform mag nie meer as 250 mm
verder as die laaste stut uitsteek nie. (1)
1.1.3 Die skutrelings moet ten minste 800 mm hoog wees. (1)
1.1.4 Skopplate moet ten minste 150 mm hoog wees. (1)
1.2 Noem DRIE vereistes waaraan ʼn boksteier moet voldoen voordat werknemers
dit mag gebruik. (3 x 1) (3)
1.3 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik mag
word nie. (2)
1.4 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie. (2)
1.5 Kies uit die onderstaande beskrywings die VIER korrekte beskrywings wat op
die nabehandeling van beton van toepassing is.
Skryf slegs die VIER korrekte vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.5.1 Dit beskerm beton teen roes
1.5.2 Dit verbeter die duursaamheid van beton
1.5.3 Dit verskaf ʼn glansafwerking aan die beton
1.5.4 Nabehandeling word met behulp van ʼn stampstok gedoen
1.5.5 Dit verhoog die sterkte van beton
1.5.6 Dit verskaf ʼn beskermende laag oor die beton
1.5.7 Dit maak die beton meer waterdig
1.5.8 Dit verbeter die weerstand teen afsluiting (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
1.6 Beskryf puntsgewys die poeierbestrykingproses vir metale. (3)
1.7 Beskryf kortliks EEN gebruik van die bukswaterpas. (1 x 2) (2)
1.8 FIGUUR 1.8 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese
staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing.
1.5
1.4
FIGUUR 1.8
1.8.1 Wat is die hoogtelesing op die staf? (1)
1.8.2 Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die staf.
Toon alle berekeninge, formules en eenhede. (4)
1.9 Noem DRIE materiale wat deur die multidetektor in mure opgespoor kan word.
(3 x 1) (3)
1.10 Noem die versorgingsmaatreël wat op die multidetektor van toepassing is ten
opsigte van die volgende fasette:
1.10.1 Skoonmaakmetode (1)
1.10.2 Wanneer dit oor ʼn lang tydperk geberg word (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 5
VRAAG 2: GRAFIKA EN VERBINDINGS (GENERIES)
2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op skaal
1 : 200 volgens die volgende vereistes:
2.1.1 Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet
Die erfgrense voor en agter is 23 m lank
Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank (2)
2.1.2 Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens
Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense (2)
2.1.3 Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens (1)
2.1.4 Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf (1)
Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore
volgens die volgende vereistes:
2.1.5 Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting (2)
2.1.6 Die takriole na die badkamer en kombuis (2)
2.1.7 Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting (2)
2.1.8 Steekoë (4)
2.1.9 Inspeksie-oë (4)
2.2 Noem die VIER besonderhede van ʼn bout wat verskaf moet word wanneer dit
aangekoop word. (4 x 1) (4)
2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout. (2)
2.4 Noem die dele 2.4.A tot 2.4.D van die bout in FIGUUR 2.4.
2.4.A
2.4.B 2.4.C 2.4.D
FIGUUR 2.4
(4 x 1) (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3: BETON, UITGRAWINGS, FONDAMENTE EN HOEVEELHEDE
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Beantwoord die vrae ten opsigte van die betonvloer in FIGUUR 3.1.
3.1.A 3.1.B
FIGUUR 3.1
3.1.1 Benoem die tipe vloerkonstruksie in FIGUUR 3.1. (1)
3.1.2 Benoem die dele 3.1.A en 3.1.B. (2 x 1) (2)
3.1.3 Noem EEN voorbeeld waar die vloerkonstruksie gebruik word. (1)
3.1.4 Wat is die breedte van deel 3.1.B? (1)
3.1.5 Wat is die totale dikte van die betonvloer? (1)
3.2 Beantwoord die vrae ten opsigte van die betontoets in FIGUUR 3.2.
FIGUUR 3.2
3.2.1 Identifiseer die tipe toets in FIGUUR 3.2. (1)
3.2.2 Noem TWEE doelwitte van die toets. (2 x 1) (2)
3.2.3 Wat is deursnee van die stampstok? (1)
3.2.4 Hoeveel keer word die mengsel met die stampstok gestamp? (1)
3.2.5 Waar word hierdie toets uitgevoer? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 7
3.3 Beskryf die doel van nabehandeling van beton. (3)
3.4 Noem DRIE metodes van nabehandeling van beton. (3 x 1) (3)
3.5 Noem DRIE metodes om uitgrawings snags veilig te maak. (3 x 1) (3)
3.6 Noem VIER oorsake van die ineenstorting van uitgrawings. (4 x 1) (4)
3.7 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
3.7.1 Masjinerie moet ten minste 2 meter vanaf uitgrawings wees. (1)
3.7.2 Slote dieper as 1,5 m moet deur bekisting beskerm word. (1)
3.7.3 Uitgrawings moet weekliks geïnspekteer word. (1)
3.7.4 Lere word by gebruik om by uitgrawings uit te klim. (1)
3.8 Noem VIER voordele by die gebruik van heipaalfondamente. (4 x 1) (4)
3.9 Noem TWEE tipes fondamente (heipaal- /blokfondament uitgesluit). (2 x 1) (2)
3.10 FIGUUR 3.10 toon die fondamentstroke vir ʼn stoorkamer. Die fondamente is
600 mm breed en 250 mm dik.
Bereken die hartlyn van die fondamentstrook.
6 000
4 000
FIGUUR 3.10 (5)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 4: WAPENING, BEKISTING, MATERIALE EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
4.1 Beantwoord die vrae ten opsigte van die staafkode in FIGUUR 4.1.
Staafkode: 6 Y 12 01 200
FIGUUR 4.1
4.1.1 Benoem die tipe staal. (1)
4.1.2 Wat is die hartafstandspasiëring? (1)
4.1.3 Hoeveel stawe word gebruik? (1)
4.1.4 Wat is die deursneegrootte van die staaf? (1)
4.2 Beantwoord die vrae ten opsigte van die gewapende betonbalk in FIGUUR 4.2.
4.2.A 4.2.B
4.2.C
4.2.D
FIGUUR 4.2
4.2.1 Benoem die dele 4.2.A tot 4.2.D. (4 x 1) (4)
4.2.2 Beskryf die doel van deel 4.2.B. (2)
4.3 Noem die DRIE kragte wat op betonkolomme inwerk. (3 x 1) (3)
4.4 Beskryf die doel van die dekkingsdiepte vir wapening in betonwerk. (2)
4.5 Noem DRIE materiale om die bekisting mee uit te voer, wat ʼn gladder afwerking
sal verseker. (3 x 1) (3)
4.6 Noem TWEE defekte wat vanweë bekisting in beton kan voorkom. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 9
4.7 Noem VIER eienskappe van goeie bekisting. (4 x 1) (4)
4.8 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–K) langs die vraag (4.8.1–4.8.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 4.8.1 N.
KOLOM A KOLOM B
4.8.1 Kraanarmpomp A hard, bros en breek maklik
4.8.2 Perspex B lae toksisiteit
4.8.3 Hoësterktebeton C hoë volumes beton
4.8.4 Koper D verpakking van toerusting
4.8.5 Voerpomp/Lynpomp E 20 MPa druksterkte
4.8.6 Gietyster F silwer in kleur
4.8.7 Silikoon G klein volumes beton
4.8.8 Polistireen H metaal gedoop in gesmelte sink
I 30 MPa druksterkte
J gebruik by sonkappe
K goeie antibakteriese eienskappe
(8 x 1) (8)
4.9 Identifiseer die metale as YSTERHOUDEND of NIE-YSTERHOUDEND:
4.9.1 Aluminium (1)
4.9.2 Gietyster (1)
4.9.3 Lood (1)
4.9.4 Staal (1)
4.9.5 Geelkoper (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
4.10 Identifiseer die volgende toerusting:
4.10.1
FIGUUR 4.10.1 (1)
4.10.2
FIGUUR 4.10.2 (1)
4.10.3
FIGUUR 4.10.3 (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 11
VRAAG 5: DAKKE, STEENMURE EN GRAFIKA (SPESIFIEK)
5.1 Beantwoord die vrae ten opsigte van die dakrandkonstruksie in FIGUUR 5.1.
5.1.A
FIGUUR 5.1
5.1.1 Watter tipe dakrandkonstruksie word in FIGUUR 5.1 gewys? (1)
5.1.2 Noem TWEE voordele van die dakrand in FIGUUR 5.1. (2 x 1) (2)
5.1.3 Noem TWEE tipes materiaal wat by 5.1.A gebruik kan word. (2 x 1) (2)
5.2 Bespreek kortliks die doel van balkvulling. (3)
5.3 Benoem dele 5.3.A tot 5.3.E van die dakkap in FIGUUR 5.3. (5 x 1) (5)
5.3.A 5.3.C
5.3.B 5.3.D
5.3.E
FIGUUR 5.3
5.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van ʼn spoumuur:
5.4.1 Wat is die mate van die ruimte (holte) tussen die mure? (1)
5.4.2 Wat is die maksimum hoogte van ʼn spoumuur? (1)
5.5 Noem DRIE nadele van spoumure. (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
5.6 Noem TWEE tipes muurbinte wat in ʼn spoumuur gebruik word. (2 x 1) (2)
5.7 Benoem die dele 5.7.A tot 5.7.D van die spoumuur in FIGUUR 5.7. (4 x 1) (4)
5.7.A 5.7.B
5.7.C
5.7.D
FIGUUR 5.7
5.8 Gebruik ANTWOORDBLAD B en teken ʼn isometriese aansig van ʼn pyler op ʼn
blokfondament. Gebruik die volgende inligting:
- Gebruik eie skaal
- Een-en-ʼn-halfsteenpyler (pilaar)
- Strykverband
- 5 Steenlae
- Blokfondament (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 13
VRAAG 6: VLAKLAE, TRAPPE, STEENWERK EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)
6.1 Noem EEN tipe sand wat as vlaklaagsand by plaveisel gebruik kan word. (1 x 1) (1)
6.2 Noem VIER voordele van plaveisel wat in dagha gelê word. (4 x 1) (4)
6.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
6.3.1 Die middelste steen in ʼn pasboog word ʼn sluitsteen genoem. (1)
6.3.2 Die minimum breedte van ʼn trap moet 900 mm wees. (1)
6.3.3 ʼn Vlaklaag is ʼn mengsel van sand, sement en water. (1)
6.3.4 ʼn Vlaklaag is gemiddeld 50 mm dik. (1)
6.4 FIGUUR 6.4 toon die vooraansig van ʼn verbindingsmuur tussen ʼn huis en ʼn
motorhuis, met ʼn deur by opening A.
Die volgende mates is van toepassing op die muur:
Lengte = 6,5 m
Muurhoogte = 2,8 m
Opening A = 0,9 m x 2,1 m
Muurdikte = 220 mm
Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD C en bereken die
hoeveelheid/aantal stene benodig vir die muur. (12)
2 800 A
3 600 900 2 000
FIGUUR 6.4
6.5 Noem DRIE tipes materiale wat as bekleding gebruik kan word. (3 x 1) (3)
6.6 Noem TWEE tipes vlaklae. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
6.7 Benoem die dele 6.7.A tot 6.7.D van die trapkonstruksie in FIGUUR 6.7.
6.7.A
6.7.B
6.7.C
6.7.D
FIGUUR 6.7
(4 x 1) (4)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 15
SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANTWOORDBLAD A GENERIES
2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan volgens
skaal 1 : 200.
ERF 121 ERF 123 ERF 125
KOMBUIS BADKAMER
A
PARLEMENTSTRAAT
Erfgrense 2
Boulyne 2
Erfingang 1
Uitgangspeil 1
Hoofriool 2
Takriole 2
Mangat 2
Steekoë 4
Inspeksie-oë 4
TOTAAL 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2018)
SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANTWOORDBLAD B KONSTRUKSIE
5.8 Gebruik ANTWOORDBLAD B en teken ʼn isometriese aansig van ʼn pyler op ʼn
blokfondament. Gebruik eie skaal.
Een-en-‘n-halfsteenpyler 2
Strykverband 1
5 Steenlae 1
Blokfondament 2
TOTAAL 6
PYLER OP BLOKFONDAMENT
ISOMETRIESE AANSIG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 17
SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANTWOORDBLAD C KONSTRUKSIE
VRAAG 6.4
A B C D
Steenberekening:
...... ......
....... ...... Totale muuroppervlakte
Stene:
...... .......
........ ........... Totale hoeveelheid stene
Aftrekkings:
...... ....... Opening A
....... ........ Totale oppervlakte
...... ........
........ ........ Totale hoeveelheid stene vir opening A
Totale hoeveelheid stene benodig:
................ - ............. = .............. stene
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology May-June 2025 (Construction) Afr.pdf
Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Civil Services_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) Afr.pdf
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) MG Eng.pdf
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Construction) MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CVLT GR12 MEMO ENG SEPT2018 CONSTRUCTION_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
CVLT GR12 MEMO AFR SEPT2018 HOUTBEWERKING_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CVLT GR12 MEMO AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CVLT GR12 MEMO ENG SEPT2018 CONSTRUCTION D_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
CVLT GR12 MEMO ENG SEPT2018 WOOD WORKING(1)_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Civil Technology
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2023_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT 2023_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper