Skip to content

Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paperCivil TechnologyGrade 12201817 pages

Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) BENODIGDHEDE: 1. ANTWOORDEBOEK 2. Tekengereedskap 3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE 8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 12. Beantwoord VRAAG 2.1, 3.5 en 4.4 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig. 13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in. 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese oordrag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 3 VRAAG 1: VEILIGHEID, MATERIAAL EN TOERUSTING (GENERIES) 1.1 Dui aan of die volgende stellings ten opsigte van steierwerk WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 1.1.1 Die planke van ʼn soliede houtsteierplatform moet ten minste 228 mm breed wees. (1) 1.1.2 Die planke van ʼn soliede houtsteierplatform mag nie meer as 250 mm verder as die laaste stut uitsteek nie. (1) 1.1.3 Die skutrelings moet ten minste 800 mm hoog wees. (1) 1.1.4 Skopplate moet ten minste 150 mm hoog wees. (1) 1.2 Noem DRIE vereistes waaraan ʼn boksteier moet voldoen voordat werknemers dit mag gebruik. (3 x 1) (3) 1.3 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik mag word nie. (2) 1.4 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie. (2) 1.5 Kies uit die onderstaande beskrywings die VIER korrekte beskrywings wat op die nabehandeling van beton van toepassing is. Skryf slegs die VIER korrekte vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.5.1 Dit beskerm beton teen roes 1.5.2 Dit verbeter die duursaamheid van beton 1.5.3 Dit verskaf ʼn glansafwerking aan die beton 1.5.4 Nabehandeling word met behulp van ʼn stampstok gedoen 1.5.5 Dit verhoog die sterkte van beton 1.5.6 Dit verskaf ʼn beskermende laag oor die beton 1.5.7 Dit maak die beton meer waterdig 1.5.8 Dit verbeter die weerstand teen afsluiting (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) 1.6 Beskryf puntsgewys die poeierbestrykingproses vir metale. (3) 1.7 Beskryf kortliks EEN gebruik van die bukswaterpas. (1 x 2) (2) 1.8 FIGUUR 1.8 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing. 1.5 1.4 FIGUUR 1.8 1.8.1 Wat is die hoogtelesing op die staf? (1) 1.8.2 Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die staf. Toon alle berekeninge, formules en eenhede. (4) 1.9 Noem DRIE materiale wat deur die multidetektor in mure opgespoor kan word. (3 x 1) (3) 1.10 Noem die versorgingsmaatreël wat op die multidetektor van toepassing is ten opsigte van die volgende fasette: 1.10.1 Skoonmaakmetode (1) 1.10.2 Wanneer dit oor ʼn lang tydperk geberg word (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 5 VRAAG 2: GRAFIKA EN VERBINDINGS (GENERIES) 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op skaal 1 : 200 volgens die volgende vereistes: 2.1.1 Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet Die erfgrense voor en agter is 23 m lank Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank (2) 2.1.2 Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense (2) 2.1.3 Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens (1) 2.1.4 Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf (1) Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore volgens die volgende vereistes: 2.1.5 Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting (2) 2.1.6 Die takriole na die badkamer en kombuis (2) 2.1.7 Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting (2) 2.1.8 Steekoë (4) 2.1.9 Inspeksie-oë (4) 2.2 Noem die VIER besonderhede van ʼn bout wat verskaf moet word wanneer dit aangekoop word. (4 x 1) (4) 2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout. (2) 2.4 Noem die dele 2.4.A tot 2.4.D van die bout in FIGUUR 2.4. 2.4.A 2.4.B 2.4.C 2.4.D FIGUUR 2.4 (4 x 1) (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3: VENSTERS, DEURE EN MUURPANEELWERK (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die vensterraam in FIGUUR 3.1. 3.1.A 3.1.B 3.1.C 3.1.D 3.1.E FIGUUR 3.1 3.1.1 Benoem die dele 3.1.A tot 3.1.E. (5 x 1) (5) 3.1.2 Wat is die doel van deel 3.1.E? (2) 3.1.3 Wat is die breedte en dikte van deel 3.1.E? (2) 3.2 FIGUUR 3.2 toon ʼn tekening van 'n muurgemonteerde kabinet gemaak van 16 mm dik melamienspaanderkarton, met ʼn 3 mm dik hardebord agterkant. Stuiklasse word gebruik vir die konstruksie van die kabinet. FIGUUR 3.2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 7 Gebruik die volgende spesifikasies:  Een rak  Twee deure  Die buite afmetings van die kabinet is 1 200 mm hoog, 1 800 mm wyd en 500 mm diep  Dikte van die spaanderbord is 16 mm Bepaal die groottes van die onderdele en skryf die antwoord langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.6) in jou ANTWOORDEBOEK neer. (6) BESKRYWING HOEVEELHEID LENGTE BREEDTE DIKTE Sye 2 3.2.1 500 mm 16 mm Bokant 1 3.2.2 500 mm 16 mm Bodem 1 3.2.3 500 mm 16 mm Rak 1 3.2.4 500 mm 16 mm Deure 2 3.2.5 3.2.6 16 mm 3.3 Noem EEN hegtingsmiddel wat gebruik kan word om die volgende materiale in plek te hou, wanneer ʼn vertrek afgerond word: 3.3.1 Kroonlys (1) 3.3.2 Vloerlys (1) 3.3.3 Plafonborde aan plafonlatte (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) 3.4 FIGUUR 3.4 toon die vooraansig van ʼn holkern-vlakpaneeldeur. Bestudeer die tekening en voltooi die onvolledige snylys. Skryf die antwoord langs die vraagnommer (3.4.1–3.4.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer. (7) FIGUUR 3.4 DEEL HOEVEELHEID EENHEID LENGTE BREEDTE DIKTE MATERIAAL 3.4.1 2 mm 2032 50 38 SA den Bo-reling 1 mm 713 3.4.2 38 SA den Slotblok 2 mm 3.4.3 50 38 SA den Laaghout- 1 mm 2032 813 3.4.4 Laaghout paneel Onderreling 1 mm 3.4.5 50 38 SA den Kartondeur- 1 mm 3.4.6 690 38 Spaander- vulling bord Randstrook 1 mm 2032 44 3.4.7 Meranti 3.5 Teken op ANTWOORDBLAD B die volledige vooraansig van ʼn drie-paneeldeur met verhewe kussingpanele. Maak gebruik van die volgende spesifikasies:  Gebruik skaal 1 : 10.  Deur mates is = 2030 mm x 810 mm  Boreling = 114 mm x 44 mm  Onderreling = 220 mm x 44 mm  Tussenstyl = 75 mm x 44 mm  Styl = 144 mm x 44 mm  Verloopstyl = 144 mm x 44 mm  Slotreling = 220 mm x 44 mm  Boonste verhewe kussingpanele = 16 mm dik  Onderste verhewe kussingpaneel = 16 mm dik (15) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 9 VRAAG 4: DAKKAPPE EN PLAFONNE (SPESIFIEK) 4.1 Identifiseer die tipe dakkonstruksies in FIGURE 4.1.1 tot 4.1.4. (2) FIGUUR 4.1.1 FIGUUR 4.1.2 (2) FIGUUR 4.1.3 FIGUUR 4.1.4 4.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die korrekte antwoord verteenwoordig in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A–K) teenoor die vraagnommer (4.2.1–4.2.10), byvoorbeeld 4.2.11 M. (10 x 1) (10) KOLOM A KOLOM B 4.2.1 Hangstyl A Gedeelte wat bo op die muur rus 4.2.2 Plafonlat B Die binnehoek wat gevorm word as twee skuinsye van ʼn dak mekaar ontmoet 4.2.3 IBR-dakplatte C 76 x 50 mm 4.2.4 Kaplatgrootte D 228 x 28 mm 4.2.5 Spykerplaat E 114 x 38 mm 4.2.6 Kaphangers F Die vertikale tussenstyle aan weerskante van die hoofstyl 4.2.7 Nok G Tipe dakbedekking 4.2.8 Muurplaatgrootte H Hulle is ‘U’-vorming 4.2.9 Fassieplanke I Hoogste punt van die dak 4.2.10 Kiel J Reghoeke van verskeie groottes wat uit gegalvaniseerde plaat gepers word vir hegting K 38 x 38 mm Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) 4.3 FIGUUR 4.3 toon die deursnee-aansig van ʼn gedeelte van ʼn hoofstyl dakkap. Bestudeer die tekening en benoem die dele 4.3.1 tot 4.3.8. 4.3.1 4.3.2 4.3.3 4.3.4 4.3.5 4.3.6 4.3.7 4.3.8 FIGUUR 4.3 (8) 4.4 Gebruik ANTWOORDBLAD C en teken op skaal 1 : 20, die vooraansig van ʼn hoofstyldakkap. Gebruik die volgende spesifikasies:  Helling van dakkap 30˚  Lengte van bindbalk 3 000 mm  Alle hout van dakkap 114 mm x 38 mm  Oorhang van dakrand 250 mm  Toon enige DRIE byskrifte op die tekening  Skryf die titel en skaal onderaan die tekening (15) 4.5 Wat is die doel van ʼn plafon? (1) 4.6 Beskryf kortliks die doel van ʼn valdeur in plafonkonstruksie. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 11 VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN YSTERWARE (SPESIFIEK) 5.1 Verduidelik in jou eie woorde die verskille tussen die volgende: 5.1.1 Staanskoring (2) 5.1.2 Lugskoring (2) 5.2 FIGUUR 5.2 toon ʼn boog wat gebruik kan word vir dekoratiewe voorkoms vir geboue. Bestudeer die tekening en beantwoord die volgende vrae ten opsigte van boë. FIGUUR 5.2 5.2.1 Beskryf kortliks die doel van ʼn boog? (2) 5.2.2 Beskryf kortliks die stappe wat by die uitsetting van ʼn segmentale boog gevolg moet word. (6) 5.2.3 Noem enige ander TWEE tipe boë. (2 x 1) (2) 5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die slotte in FIGURE 5.3.A en 5.3.B. FIGUUR 5.3.A FIGUUR 5.3.B 5.3.1 Benoem die verskillende slotte. (2 x 1) (2) 5.3.2 Beskryf kortliks elke slot se gebruik. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) 5.4 FIGUUR 5.4 toon die bekisting van ʼn ronde betonkolom. Noem die onderdele 5.4.1 tot 5.4.5 van die bekisting. 5.4.1 5.4.2 5.4.3 5.4.4 5.4.5 FIGUUR 5.4 (5 x 1) (5) 5.5 FIGUUR 5.5 toon die wigpaar vir ʼn bekistingkonstruksie. Beskryf die doel van die wigpaar in die bekistingkonstruksie. FIGUUR 5.5 (4) 5.6 Motiveer volledig waarom ʼn geribde staalstaaf in plaas van gewone ronde staalstaaf vir beton bewapening gebruik word. (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 13 VRAAG 6: HANGVLOERE EN TRAPPE (SPESIFIEK) 6.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die trapkonstruksie in FIGUUR 6.1. 6.1.1 6.1.4 6.1.2 6.1.5 6.1.6 6.1.3 FIGUUR 6.1 6.1.1 Benoem die onderdele 6.1.1 tot 6.1.6 van die trap. (6 x 1) (6) 6.2 6.2.1 Wat is die maksimum hoogte van deel 6.1.1? (1) 6.2.2 Wat is die maksimum hoogte van deel 6.1.3? (1) 6.2.3 Wat is die minimum lengte van deel 6.1.5? (1) 6.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die korrekte antwoord verteenwoordig in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A–E) teenoor die korrekte vraag- nommer (6.3.1–6.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.2.6 F. KOLOM A KOLOM B 6.3.1 Baluster A ʼn Platform aan die bopunt van 'n trap 6.3.2 Handreling B Skuins dele wat by houttrappe gebruik word 6.3.3 Bordes C Vertikale paaltjies wat die handreling regop hou 6.3.4 Tussenbordes D Gebruik as steun wanneer trappe gebruik word 6.3.5 Trapboom E Klein platforms (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) 6.4 Beskryf die funksie van die volgende dele van houthangvloere. 6.4.1 Lugsteen (2) 6.4.2 Draer (2) 6.4.3 Mierskerm (2) 6.5 FIGUUR 6.5 toon ʼn deel van ʼn houthangvloer. Benoem die dele 6.5.1–6.5.6. 6.5.1 6.5.2 6.5.3 6.5.4 6.5.5 6.5.6 FIGUUR 6.5 (6 x 1) (6) 6.6 Motiveer kortliks waarom alle puin onder houthangvloere verwyder moet word. (2) 6.7 Wat is die lengte- en breedtemate van ʼn lugsteen? (2) [30] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 15 SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD A (GENERIES) 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan volgens skaal 1 : 200. ERF 121 ERF 123 ERF 125 KOMBUIS BADKAMER A PARLEMENTSTRAAT Erfgrense 2 Boulyne 2 Erfingang 1 Uitgangspeil 1 Hoofriool 2 Takriole 2 Mangat 2 Steekoë 4 Inspeksie-oë 4 TOTAAL 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD B HOUTBEWERKING 3.5 Teken op ANTWOORDBLAD B die volledige vooraansig van 'n drie-paneeldeur met verhewe kussingpanele. (15) Skaal 1 Boreling 2 Slotreling 2 Panele 3 Onderreling 2 Style 3 Mates 2 TOTAAL 15 X Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 17 SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD C HOUTBEWERKING 4.4 Gebruik ANTWOORDBLAD C en teken op skaal 1 : 20,die vooraansig van ʼn hoofstyl-dakkap. (15) X Dakspar 2 Hoofstyl 1 Bindbalk 1 Titel 1 Skaal in blokletters 1 Netheid 2 Skaal 4 Dele 3 TOTAAL 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Civil Technology

View all