Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2017
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye,
'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 675.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
Gedurende die eksamen geld die normale reëls oor die verlating van die
eksamenlokaal.
2. Sleutel jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of
bladsyonderskrif ('footer') van ELKE dokument wat jy skep of stoor, waar
toepaslik.
3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers
wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar
die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan
jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die
CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies volg wat
deur die toesighouer/onderwyser gegee word.
4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
6. Beantwoord AL die vrae.
7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
8. Lees elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie wat die
toesighouer aan jou gegee het, inlewer, met AL jou antwoordlêers daarop
gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat die toesighouer/onderwyser aan jou
verduidelik het. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word.
Moet NIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE. Moet NIE duplikaat-
antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE.
10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf is, MOET NA AFLOOP
VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die
einde van die eksamen by die toesighouer in.
11. Gedurende die eksamen mag jy die aflyn hulpfunksies van die programme
wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2017
NSS
12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE
berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar
nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle
in 'n sigblad kopieer.
13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat
die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander
die data.
14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet
jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.
15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui.
16. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheid-
instellings korrek ingestel is.
17. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') wat jy saam met
hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak
seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
• 1Harvest Woordverwerkingslêer
• 2Pic Prentlêer
• 2Stay Woordverwerkingslêer
• 3Acc Sigbladlêer
• 4Coin Prentlêer
• 4Quest Sigbladlêer
• 5Visit Databasislêer
• 6Hectare Prentlêer
• 6More Prentlêer
• 6SAStats Woordverwerkingslêer
• 6Viti HTML-lêer
• 7Calc Sigbladlêer
• 7Rep Databasislêer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2017
NSS
SCENARIO
Daar word elke jaar verskeie feeste regoor Suid-Afrika gehou. Hierdie feeste sluit
kosfeeste, blommefeeste, kersiefeeste en wynfeeste in.
Die Harvest Food Festival (Oes-kosfees) word in November elke jaar gehou. Jy is
gevra om die Harvest Food Festival na te vors.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1Harvest-woordverwerkingsdokument, wat 'n oorsig oor die Harvest Food
Festival bevat, oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in.
1.1 Volg die instruksies hieronder om die voorblad te verander sodat dit soortgelyk
aan die een in die voorbeeld hieronder lyk.
LET WEL: Die WordArt en veranderde prentjie kan effens anders lyk as dit
wat hieronder getoon word.
A FEAST FOR THE SENSES
Date 24 to 26 November 2017
Venue Coetzenburg Sports Ground
1.1.1 Formateer die opskrif 'HARVEST FOOD FESTIVAL' soos volg:
• Pas enige WordArt van jou keuse op die opskrif toe.
• Roteer die WordArt met 90°. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2017
NSS
1.1.2 Bring die volgende veranderinge aan die prent onder die teks
'A FEAST FOR THE SENSES' aan:
• Sny die prent weg ('crop') om slegs die mandjie met die druiwe te
vertoon, soos op die vorige bladsy getoon.
• Verander die hoogte na presies 10 cm en die breedte na presies
12 cm.
• Pas enige ovaal prentstyl ('picture style') of vorm ('shape') van jou
keuse op die prent toe. (4)
1.1.3 Vind die tabel met die datum en plek en formateer dit soos volg:
• Stel die verstekwaarde ('default value') van die boonste selkantlyn
('cell margin') van die tabel na 0.1 cm.
• Moenie enige selrame vertoon nie. (2)
1.2 Voeg 'n bladsybreuk ('page break') voor die opskrif 'General overview' in. (1)
1.3 Die 'Display1'- en 'Display2'-styl verskyn in die dokument.
1.3.1 Verwyder die 'Display1'-styl sodat dit nie meer deel van die 'Quick
Style Gallery' is nie. (1)
1.3.2 Verander die 'Display2'-styl soos volg:
• Voeg nommering in die formaat 1., 2., ens. by.
• Voeg enige raam rondom die teks by.
• Verminder die inkeping ('indent') van die teks sodat dit met die
linkerkantlyn inlyn is.
• Dateer al die teks wat tans met die 'Display2'-styl geformateer
is, op. (4)
1.4 Vind die teks 'Gourmet Lane ()' op die tweede bladsy en skep 'n kruisverwysing
('cross reference') na 'Figure 3: Gourmet Meals' om tussen die hakies '()' te
verskyn. (2)
1.5 Vind die woord 'explore'.
Verander hierdie woord se taal na English (South Africa). (1)
1.6 Vind die teks onder 'Festival opening times:'. Let op die tabelstop-instellings
('tab settings') en tabelstop-posisionering ('tab positioning') en formateer die
teks deur tabelstoppe te gebruik, soos hieronder getoon.
Friday ____________________ 15h00-21h00
Saturday __________________ 10h00-18h00
Sunday ___________________ 10h00-18h00
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2017
NSS
1.7 Vind die teks 'Coetzenburg' onder die opskrif '4. Gourmet Lane' en doen die
volgende:
• Voeg 'n aanhaling ('citation') langs hierdie teks in na die boekbron
('book source'): Jean Ward, 'Coetzenburg: A Tourist Site'.
• Moenie die jaar vertoon nie. (2)
1.8 Die inskrywing 'Jumping Castles' vir die prent onder die subopskrif '7. Health
Kiddies Area' verskyn nie in die figuurtabel ('table of figures') op die laaste
bladsy nie.
1.8.1 Maak die nodige veranderinge om te verseker dat die verwysing na
die prent in die figuurtabel ('table of figures') ingesluit sal word
wanneer dit opgedateer word. (2)
1.8.2 Dateer die figuurtabel ('table of figures') op die laaste bladsy op. (1)
1.9 Voeg 'n outomaties gegenereerde bibliografie ('bibliography') op die laaste
bladsy direk onder die teks 'Bibliography' in.
Die bibliografie moet in die APA-styl verskyn. (2)
1.10 Formateer die bladsynommering in die dokument soos volg:
• Moenie op die eerste bladsy van die dokument 'n bladsynommer vertoon
nie.
• In seksie 2 ('section 2') op die laaste bladsy van die dokument, verander die
bladsynommeringformaat na i, ii, iii, ens. EN begin die nommering by i.
• Hou die styl van die bladsynommer met die 'i' dieselfde as die styl van die
vorige bladsye, soos hieronder vertoon.
i
LET WEL: Ignoreer die posisie van die bladsynommer van seksie 2. (4)
Stoor en maak die 1Harvest-dokument toe. [34]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Die 2Stay-woordverwerkingsdokument verskaf inligting oor die tipes verblyf wat vir die
Harvest Food Festival se besoekers beskikbaar is. Maak die dokument oop en voeg
jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die bladsyonderskrif ('footer') in.
2.1 Verander die bladsyuitleg ('page layout') soos volg:
• Stel die bladsygrootte op 'Legal'.
• Stel die veelvuldige bladsye ('multiple pages') op 'Book fold'. (2)
2.2 Die oudste Cape Dutch (Kaaps-Hollandse) of Victorian (Victoriaanse) villa is
600 jaar oud.
Vind die kommentaar ('comment') op die eerste bladsy van die dokument.
Reageer op die vraag met kommentaar wat die vraag beantwoord. (2)
2.3 Voeg 'n watermerk ('watermark') by die dokument soos volg:
• Gebruik die 2Pic-prent (in die eksamenlêergids).
• Verander die skaal ('scale') van die watermerkprent na 200%. (3)
2.4 Vind die teks 'Booking Form' op die laaste bladsy van die dokument en doen
die volgende:
• Vind die merkblokkievormveld ('check box form field') langs die teks
'Special Shopper' en stel die verstekwaarde ('default value') van die
merkblokkie op gemerk.
• Voeg die 'B and B'-opsie by die kombinasielyskontrole ('combo box control')
langs die teks 'Type of Accommodation'. Maak seker dat hierdie opsie
eerste verskyn.
• Formateer die teksvormveldkontrole ('text form field control') langs die teks
'Total' om:
o Slegs getalle te aanvaar
o Die waarde in Suid-Afrikaanse geldeenheid ('currency') te vertoon
o Hulpteks ('help text') 'Days*Rate' te vertoon wanneer die 'Help'-sleutel
(F1) gedruk word (7)
2.5 Vind die teks 'Insert SaveDate field' aan die onderkant van die dokument en
vervang dit met 'n veld wat die datum waarop die dokument gestoor is, bevat. (2)
Stoor en maak die 2Stay-dokument toe. [16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
• Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
• Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word om te
verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom
kopieer (afkopieer).
• Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate
steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
Maak die 3Acc-sigblad, wat inligting oor verblyf ('accommodation') bevat, oop.
Werk in die Accom_Verblyf-werkblad.
3.1 Formateer ry 6 soos volg:
• Verander die hoogte van ry 6 na 45 pt.
• Vou die opskrifte in ry 6 om ('wrap'). (2)
3.2 Voeg 'n formule in sel H7 in om die totale aantal nagte wat Elmarie Raymond
by haar verblyfplek gaan bly, te bepaal. (2)
3.3 Gebruik 'n VLOOKUP-funksie in sel I8 om die tarief per nag te bepaal vir die
verblyf wat deur Marsden Santos bespreek is. Gebruik die verblyfinligting in
kolom D en die opsoektabel in die Rate_Tarief-werkblad.
Maak seker dat die funksie korrek sal werk as dit na die res van die selle in die
kolom gekopieer word. (4)
3.4 Voeg 'n formule in sel J9 in om die totale bedrag wat vir verblyf verskuldig is,
te bepaal vir die getal nagte in kolom H gegee en teen die tarief per nag in
kolom I gegee.
Verander die formaat na geldeenheid ('currency'). (3)
3.5 Afslag word gegee, gebaseer op die stergradering van die verblyfplek van 'n
persoon (kolom K) en op die bedrag (kolom J).
Elke ster verteenwoordig 1% afslag.
VOORBEELD:
• 'n Besoeker wat verblyf met 'n een-ster-gradering ('*') het, sal 1% afslag
ontvang op die bedrag verskuldig.
• 'n Besoeker wat verblyf met 'n vier-ster-gradering ('****') het, sal 4% afslag
ontvang op die bedrag verskuldig.
Voeg 'n funksie/formule in sel L10 in om die afslagbedrag wat 'n gas sal
ontvang, te bepaal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2017
NSS
3.6 Die 7de karakter van die identiteitsnommer (kolom C) verwys na 'n persoon se
geslag:
VOORBEELD: 8102182331045: 810218 2 331 045
Geslag
Die stappe om die geslag van 'n persoon te bepaal, is:
Stap 1: Onttrek die karakter wat die geslag verteenwoordig uit die
identiteitsnommer.
Stap 2: Gebruik 'n teksfunksie om hierdie karakter na 'n getal om te skakel.
Stap 3: Bepaal of die getal 'n man of vrou verteenwoordig:
'n Getal groter as of gelyk aan 5 verteenwoordig 'n man, terwyl
'n getal kleiner as of gelyk aan 4 'n vrou verteenwoordig.
Die funksie in sel M7 poog om die karakter wat die geslag verteenwoordig, uit
die identiteitsnommer te onttrek. Die funksie onttrek egter tans meer as een
karakter.
Verander die funksie om die karakter in stap 1 korrek te onttrek en voeg
stap 2 en 3 by die funksie om dit te voltooi sodat 'Male' of 'Female' in sel M7
vertoon word. (6)
3.7 Voeg 'n funksie in sel G2 in om die derde laagste tarief per nag (kolom I)
te bepaal. (3)
3.8 Voeg 'n funksie in sel G3 in om die tarief per nag (kolom I) wat die meeste
voorkom, te bepaal. (2)
3.9 Voeg 'n funksie in sel G4 in om die totale bedrag (kolom J) wat deur al die
'Country'-verblyftipes (kolom E) verdien word, te bepaal.
VOORBEELD: 'Country House' of 'Country Inn'. (5)
Stoor en maak die 3Acc-sigblad toe. [31]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
• Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
• Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word, om te
verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom
kopieer (afkopieer).
• Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate
steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
Maak die 4Quest-sigblad, wat die resultate van 'n vraelys bevat, oop.
Werk in die Respons-werkblad.
4.1 Die antwoorde op die vraag oor die rede waarom feeste besoek word, word in
kolom H gestoor.
Voeg 'n funksie in sel H3 in om te bepaal hoeveel besoekers NIE op hierdie
vraag gereageer het NIE. (2)
4.2 Die eindtyd (kolom K) vir die voltooiing van 'n vraelys word verkry deur
20 minute by die begintyd (kolom J) te tel.
Voeg 'n TYD('TIME')-funksie in sel K6 in om die eindtyd vir die voltooiing van
die vraelys te bepaal.
LET WEL: Jy kan aanvaar dat die sekondes in die tydfunksie altyd op 0
gestel sal wees. (4)
4.3 Die totale getal besoekers word in sel K2 gestoor.
Voeg 'n formule in sel K3 in om die persentasie besoekers wat 'n rede
(kolom H) in die vraelys verskaf het waarom feeste besoek word, te bepaal. (4)
4.4 Gebruik voorwaardelike formatering ('conditional formatting') sodat die name
en vanne in kolom A en kolom B in enige vulkleur ('fill colour') sal vertoon,
slegs as die gereeldheid in kolom G gelyk is aan die gereeldheid wat in
sel B3 geselekteer is.
WENK: Gebruik 'n formule in die voorwaardelike formatering-eienskap. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2017
NSS
Werk in die Earn_Verdien-werkblad.
4.5 Die kolomgrafiek is geskep deur die data in die reeks B4:C10 in die
Earn_Verdien-werkblad te gebruik.
• Voeg die titel 'Amount' by die vertikale as ('vertical axis') in.
• Vertoon die 4Coin-prent in die tweede kolom, gestapel ('stacked') en met
die skaal ('scale') in eenhede van 100 000 gestel.
• Die horisontale as se byskrifte ('axis labels') moet vertoon word, soos in
die grafiek hieronder, EN in hoofeenhede ('major units') van twee dae.
Festival Earnings per Day
R900 000
R800 000
R700 000
Amount
R600 000
R500 000
R400 000
R300 000
R200 000
R100 000
R0
2017-11-22 2017-11-24 2017-11-26
Dates (5)
Stoor en maak die 4Quest-sigblad toe. [19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5: DATABASIS
Maak die 5Visit-databasis, wat besoekers se verblyfbesonderhede bevat, oop.
5.1 Die verblyfbesonderhede van alle besoekers word in die tbAccom-tabel
gestoor.
Maak die tbAccom-tabel in ontwerpaansig ('design view') oop.
5.1.1 Stel die veldgrootte ('field size') vir die Name-veld op 30. (1)
5.1.2 Maak seker dat 'n gebruiker 'n van in die Surname-veld moet invoeg. (1)
5.1.3 Skep 'n toevoermasker ('input mask') vir die IdentityNumber-veld om
data slegs in die volgende formaat te aanvaar: 9007185285083. (2)
5.1.4 Voeg 'EC' as die eerste opsie in die bestaande aftreklys ('drop-down
list') van die Province-veld by. (2)
5.1.5 Verander die veldeienskappe ('field properties') van die DateIn-veld
sodat:
• Die gebruiker slegs 'n datum tussen 2017/11/18 en 2017/11/28
(ingesluit) kan insleutel
• Gepaste valideringsteks ('validation text') as 'n boodskap
ingesleutel word (4)
5.1.6 Verander die uitdrukking ('expression') van die berekende veld Code
om die eerste DRIE letters van 'n besoeker se VAN terug te stuur. (2)
Stoor en maak die tbAccom-tabel toe.
5.2 Maak die frm5_2-vorm oop.
Verander die vorm soos volg:
• Verander die vormboskrif('form header')-teks na jou eksamennommer.
• Die datum-kies-kontrole ('date picker control') vir die DateIn-veld moet
NIE vertoon word wanneer die vorm na vormaansig ('form view')
omgeskakel word NIE.
WENK: Die datum-kies-eienskap ('date picker property') word in die
DateIn-teksblokkie-eienskappe ('properties') onder die 'Format'-
oortjie gevind.
• Formateer die Rate-veld na geldeenheid ('currency').
• Voeg die datum en tyd in die vormonderskrif ('form footer') in sodat dit
outomaties opdateer elke keer as die vorm oopgemaak word.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2017
NSS
5.3 Maak die qry5_3-navraag oop.
• Verander die navraag om alle besoekers uit Limpopo (LP) of Mpumalanga
(MP) te vertoon.
• Sorteer die data alfabeties volgens vanne.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (4)
5.4 Maak die qry5_4-navraag oop.
Verander die navraag om die totale getal nagte wat elke verblyfplek besoek sal
word, te vertoon, soos in die tabel hieronder getoon.
LET WEL: Die SumOfNumberOfNights-veld gebruik die NumberOfNights
veld en sal bereken word.
Accommodation SumOfNumberOfNights
Alverie Guest House 8
Avenir Country Lodge 11
Eenheid Self Catering 18
Everyellow Lodge 1
Everyellow Manor and Spa 14
Groen Guest Farm 19
Hazyview Country House and Spa 13
Heaven Valley Hotel 11
Klein Stel Lodge 5
LaMain 19
Lanrac Hotel and Spa 8
Montvue 2
Rosenview Guest House 16
Roseview Guest House 14
Sara Wine Estate and Hotel 24
Serenity Hotel 21
Sun Guest House 9
Vreden Estate 6
Vreede Self Catering 11
Werent Hotel and Spa 28
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (2)
5.5 Skep 'n navraag ('query') met die naam qry5_5, gebaseer op die
tbAccom-tabel, wat slegs die Name- en Surname-veld sal vertoon vir al die
besoekers wat:
• Vir 5 nagte of minder gebly het EN
• 'n Bedrag minder as R800 of meer as R2 000 gespandeer het EN
• Nie 'n geboortedatum (DOB) gegee het nie
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2017
NSS
5.6 Maak die qry5_6-navraag oop.
• Skep en vertoon 'n berekende veld met die naam Discount om die
verminderde bedrag te bereken nadat 10%-afslag van die bedrag
afgetrek is.
• Ignoreer die formatering.
Stoor en maak die qry5_6-navraag toe. (4)
5.7 Maak die rpt5_7-verslag, wat op die tbAccom-tabel gebaseer is, oop.
• Pas blou skakering ('shading') op die Province-veld in die Province-
groepboskrif ('group header') toe.
• Sorteer die Amount-veld in dalende ('descending') orde.
• Gebruik 'n funksie om die totale bedrag wat op elke verblyfplek
('accommodation') spandeer is, te bereken.
Stoor en maak die rpt5_7-verslag toe. (5)
Stoor en maak die 5Visit-databasis toe. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
'n Webblad is geskep, maar is nie voltooi nie. Volg die instruksies hieronder om die
webblad te voltooi.
Maak die onvolledige 6Viti-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/HTML-
redigeerder (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE) oop.
LET WEL:
• Vraagnommers word as kommentaar ('comments') in die kodering ingevoeg as
riglyne om aan te dui waar die antwoord(e) ongeveer ingevoeg moet word.
• 'n HTML-merkersblad ('tag sheet') is as verwysing aangeheg.
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2017
NSS
LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help.
6.1 Stel die fonttipe van die liggaam ('body') op 'Arial'. (1)
6.2 Formateer die teks 'Growing Grapes' soos volg:
• Stel die inlynstelling ('alignment') op gesentreer ('centre').
• Stel die fontkleur op blou ('blue'). (2)
6.3 Voeg 'n horisontale lyn met 'n grootte van 3 onder die opskrif 'Growing
(2)
Grapes' in.
6.4 Pas kolpunte toe op die items onder die teks 'The choice of variety will
depend on:' soos hieronder getoon. Let op die vorm van die kolpunte.
The choice of variety will depend on:
o the composition of the soil
o the climate
o situation of vineyard (3)
6.5 Voeg die prent 6Hectare.png (in die eksamenlêergids) onder die opskrif
'Distribution of grape vineyards' in en stel die hoogte op 250 en die breedte op
350. (4)
6.6 Redigeer die tabel soos volg:
• Verander die tabelraam na 5.
• Voeg ry 1 saam ('merge'), soos hieronder getoon.
• Voeg 'n addisionele ry by, soos hieronder getoon, en plaas die teks in die
toepaslike selle.
Variety of grapes
Vine types Sales
Table grapes 275 487 952
Rootstocks 215 587
Currants* 987 125
Sultana 148 759 871 (5)
6.7 Vind die prent 6More.jpg aan die einde van die webblad. Skep 'n skakel op
die prent sodat, wanneer op die prent geklik word, dit die 6SAStats.docx-
dokument (in die eksamenlêergids) sal oopmaak. (3)
Stoor en maak die 6Viti-dokument toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
Besoekers kan baie pryse by die Harvest Food Festival wen.
Maak die 7Calc-sigblad oop en werk in die Num_Nom-werkblad.
7.1 'n Palindromiese getal is 'n getal wat dieselfde is wanneer dit vorentoe en
agtertoe geskryf word. Voorbeelde van palindromiese getalle: 343, 121, 242,
535 en 787.
Bepaal of 'n willekeurige ('random') getal 'n palindromiese getal is deur die
volgende stappe te volg:
• Vervang die getal in sel A3 met 'n willekeurig gegenereerde ('randomly
generated') 3-syfer-getal.
• Onttrek die eerste syfer van die willekeurig gegenereerde getal in sel B3.
• Onttrek die laaste syfer van die willekeurig gegenereerde getal in sel C3.
• In sel D3, bepaal of die getal palindromies is. Indien dit palindromies is,
vertoon die teks 'Yes', of andersins vertoon 'No'. (10)
7.2 Werk in die Vouch_Bewys-werkblad.
7.2.1 Alle besoekers wat hulle verjaardae van vandag af verder vier, sal 'n
wyngeskenkbewys ontvang.
Voeg 'n funksie in sel E2 in om 'True' te vertoon indien die besoeker
vir 'n geskenkbewys kwalifiseer, of 'False' as 'n besoeker nie
kwalifiseer nie. Kopieer die funksie vir die res van die besoekers. (7)
Stoor die 7Calc-sigblad.
7.2.2 Gebruik die data in die Vouch_Bewys-werkblad van die
7Calc-sigblad om 'n verslag met die naam rpt7_2 in die databasis
7Rep te skep, soos hieronder getoon.
rpt7_2
Name_Naam Surname_Van Gender_Geslag DOB_Geboortedatum
Ocean Rojas Female 1971/06/20
Sonia Barlow Female 1962/10/08
Caryn Mack Female 1991/08/17
Philip Vinson Male 1969/10/12
Kylie Koch Female 1982/04/04
Maggy Riggs Female 1975/07/12
Iola Gray Female 1967/11/21
Jelani Myers Female 1972/01/26
Paul Robbins Male 1975/11/18
Brennan Maddox Male 1984/12/08 (3)
LET WEL: Slegs 'n gedeelte van die verslag word hierbo getoon.
Stoor en maak die 7Calc-sigblad en 7Rep-databasis toe. [20]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2017
NSS
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
<body></body>
Definieer die liggaam van Word voor elke lysitem ingevoeg,
die webblad en voeg 'n nommer of simbool by
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink"> van die webblad geselekteer is
<body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in
liggaamteks
Stel 'n prent inlyn, kan "left",
<img src="name"
<head></head>
Bevat inligting oor die align="left"> "right"; "bottom", "top", "middle"
webblad wees
<p align=
"center"><img Stel 'n prent "center" inlyn
<html></html> Skep 'n HTML-dokument – src="name"></p>
begin en eindig 'n webblad
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title>
Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent
webblad
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name"
<!-- --> width="200" height
Stel die hoogte en breedte van 'n
Kommentaar
="200"> prent
Teksmerkers ('Text Tags')
Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks
<img src="name"
<hl></hl> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent
alt="alternative
text"> gehou word of wanneer die prent
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif nie gevind kan word nie
<hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n
Skep teks in vetdruk
lyn
<i></i> <hr width="80%"/>
Stel die breedte van 'n lyn, in
Skep teks in skuinsdruk
persentasie of absolute waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot <hr
size="3"></font> color="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
"7"
<font Tabelmerkers ('Tabel Tags')
color="green"> Stel fontkleur
</font> Merker ('Tag') Beskrywing
<font face="Times <table></table> Skep 'n tabel
New Roman"></font> Stel fonttipe
<tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th>
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel
src="name"></a>
<a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea in die <table border="1"> Stel die breedte van die raam
dokument rondom die selle van die tabel
Skakel na 'n teikenarea <table Stel die spasie tussen die selle
<a
wat elders in die dokument cellspacing="1"> van die tabel
href="#NAME"></a>
geskep is <table Stel die spasie tussen 'n selraam
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> en die inhoud daarvan
Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die sel(le)
<tr align="left"> ("left", kan ook "center" of "right"
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf
wees)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of
''center'' wees "bottom" wees)
<br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line
<td colspan="2">
Stel 'n getal kolomme waaroor 'n
break') in
sel moet strek
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel
<td rowspan="4">
"I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
"square","circle">
Definieer die tipe kolpunte
</ul> wat gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2017
NSS
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis; plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; plus- en minustekens nie toegelaat
9
nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon
# terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder
wanneer data gestoor word; plus- en minustekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter
.,:;-/ hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie in
die 'Windows Control Panel' af.)
< Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word
> Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs,
! vertoon word. Karakters in die invoermasker ingesleutel, vul altyd van links na
regs. Jy kan die uitroepteken enige plek in die invoermasker invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
\
(byvoorbeeld,\A word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2017
NSS
Eksamenplakker
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2017
180
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER _________________________________________________________
EKSAMENNOMMER _________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office Office 365
(Maak 'n kruisie in die
2010 2013 2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
(VRAAG 6) (Spesifiseer)
Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer
(Maak 'n kruisie in die
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________
Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gepoog is.
Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Punt
Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM
nommer () () punt behaal
1 1Harvest 34
2 2Stay 16
3 3Acc 31
4 4Quest 19
5 5Visit 40
6 6Viti 20
7Calc
7 20
7Rep
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
__________________________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper