Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2017
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 621.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.
7. Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
feite vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1 Watter hardewaretoestel kan elektroniese kopieë van dokumente skep deur
'n beeld vas te lê?
A Drukker ('Printer')
B Skandeerder
C Stilus
D Monitor (1)
1.2 Watter SVE ('CPU') in die volgende lys is die beste keuse vir video-redigering?
A i3
B i7
C Pentium
D Celeron (1)
1.3 Watter stoortoestel sal die waarskynlikste breek indien dit per ongeluk laat val
word?
A HDD
B USB-flitsskyf ('flash disk')
C VTA ('SSD')
D MicroSD-kaart (1)
1.4 Programme wat nie reageer nie, word die beste toegemaak deur … te
gebruik.
A Disk Cleanup
B System Restore
C Task Manager
D Disk Defragmenter (1)
1.5 Indien die beeld op 'n monitor lyk asof dit die verkeerde grootte is of nie in
fokus is nie, kan dit reggemaak word deur die … van die monitor te verander.
A posisie ('position')
B helderheid ('brightness')
C resolusie ('resolution')
D kontras ('contrast') (1)
1.6 Die funksie =SUM(A1:B2) sal waardes in … invoeg.
A al die selle in ry 1 en 2
B selle A1, A2, B1 en B2
C selle B1 en B2
D al die selle in kolom A en B (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2017
NSS
1.7 Om 'n hulpprogram ('wizard') te gebruik om data uit 'n CSV-lêer in
'n toepassing te kry, word … genoem.
A uitvoer ('exporting')
B tussentydse databuffering ('spooling')
C invoer ('importing')
D saampers ('compressing') (1)
1.8 Watter EEN van die volgende toestelle in 'n LAN sal die waarskynlikste
'n ingeboude netskans ('firewall') hê?
A Drukker ('Printer')
B Roeteerder ('Router')
C Draagbare kliënt ('Mobile client')
D Werkstasie ('Workstation') (1)
1.9 'n Patroon van dataverandering met verloop van tyd word die beste deur die
term … beskryf.
A neiging ('trend')
B proses
C rygskakel ('thread')
D grafiek (1)
1.10 Watter EEN van die volgende prosesse is nuttig wanneer data geanaliseer
word?
A Herwinning ('Recycling')
B Skoonmaak ('Cleaning')
C Argivering ('Archiving')
D Vergelyking ('Comparing') (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 U.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Meeteenheid wat op bandwydte van A MHz
toepassing is
B oogspoor ('eye tracking')
2.2 'n Voorbeeld van 'n aspekratio
('aspect ratio') wat algemeen C kasberging ('caching')
gebruik word
D DIMM
2.3 'n Stadium in die inligtingverwerking-
siklus E oorverhitting
2.4 'n Tegnologie wat in toestelle vir F limiet/plafon ('cap')
verlamde gebruikers gebruik word
G wurm
2.5 Die rede waarom 'n rekenaarskerm
ná 'n vasgestelde tyd afskakel H argivering
2.6 'n Medium vir 'n vinnige en stabiele I UTP-kabel
Internetkoppeling
J 19 : 37
2.7 Samepersing van lêers vir
langtermynstoor K vorming ('shaping')
2.8 'n Kwaadwillige program ('malware') L teks-na-spraak ('text-to-speech')
wat voorgee om 'n nuttige
toepassing te wees M afvoer
2.9 Kasgeheue word hier gevind N Mbps
2.10 'n Maandelikse beperking op data O 16 : 9
wat oor 'n Internetkoppeling gebruik
word P kragbesparend
Q enkripsie
R SVE ('CPU')
S optiese vesel ('fibre optics')
T Trojan
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs
die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te
maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om die stelling te verander nie.
GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
Onwaar – moederbord
komponente, soos die SVE ('CPU').
3.1 'n Asterisk wat in soekkriteria gebruik word, word 'n oorheersstring ('wild card')
genoem. (1)
3.2 Linux is 'n eiendomsregtelike bedryfstelsel. (1)
3.3 Wanneer 'n USB-flitsskyf ('flash disk') geformateer word, sal dit enige data
wat daarop gestoor is, rugsteun. (1)
3.4 Groepering ('Grouping') kan gebruik word om outomaties spesifieke waardes
in 'n sigblad volgens 'n reël te verhelder. (1)
3.5 Die sigbladfunksies LEFT en RIGHT kan deur die funksie CONCATENATE
vervang word om dieselfde resultaat te verkry. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Noem TWEE nadele van draadlose sleutelborde. (2)
4.2 Noem TWEE maniere waarop die GGK ('GUI') van 'n mobiele toep ('mobile
app') van die tafel('desktop')-weergawe van dieselfde toep ('app') verskil. (2)
4.3 Watter soort tafelrekenaar ('desktop computer') is die resultaat van
konvergensie? (1)
4.4 Stel TWEE maniere voor om 'n muiswyser ('mouse pointer') reg te maak wat
op 'n onvoorspelbare manier beweeg, sonder om die muis te vervang. (2)
4.5 Gee TWEE redes waarom baie moderne skootrekenaars nie meer 'n optiese
aandrywer insluit nie. (2)
4.6 Noem TWEE gebruike van NVK ('NFC') op slimfone. (2)
4.7 Wat moet 'n gebruiker doen wanneer die proeftydperk van 'n
sagtewareproduk verval het? (1)
4.8 PDF is 'n gewilde lêerformaat.
4.8.1 Noem EEN voordeel van die gebruik van die PDF-lêerformaat. (1)
4.8.2 Hoe sou jy 'n kantoorsuite-dokument na PDF omskakel? (1)
4.8.3 Jy ontvang twee dokumente in PDF-formaat. Albei is een bladsy
lank.
Verduidelik waarom hulle verskillende lêergroottes het EN waarom
dit nie moontlik is om 'n tekssoektog in een van die twee te doen
nie. (2)
4.9 Verduidelik TWEE maniere om 'n program op jou rekenaar te vind,
BEHALWE om die Start Menu te gebruik. (2)
4.10 Verduidelik hoe 'n verkooppunttoestel ('POS device') 'n produk se prys vind
nadat dit geskandeer is. (2)
4.11 Noem TWEE eienskappe ('features') waarna 'n mens by
skootrekenaarhardeware moet oplet wat opgradering in die toekoms makliker
sal maak. (2)
4.12 Virtuele realiteit (VR)-toerusting word meer bekostigbaar.
4.12.1 Noem TWEE toerustingitems wat 'n mens vir VR sal benodig. (2)
4.12.2 Noem EEN manier waarop VR gebruik kan word. (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Noem 'n toestel wat 'n LAN aan 'n WAN koppel. (1)
5.2 Noem TWEE nadele van die gebruik van Bluetooth om toestelle in
'n huisareanetwerk (HAN) te koppel. (2)
5.3 Gee TWEE redes waarom 'n skool moontlik nie wolkberging ('cloud storage')
vir die stoor van groot volumes data sal wil gebruik nie. (2)
5.4 Noem EEN tipe tegnologie wat radiogolwe vir data-oordrag gebruik. (1)
5.5 Wat is die funksie van 'n netwerkskakel ('network switch')? (1)
5.6 Gebruikertoegangsregte kan dit wat 'n gebruiker op 'n netwerk kan doen,
beperk.
Gee TWEE voorbeelde van toegangsregte ('access rights') wat 'n gebruiker
op 'n netwerk beperk. (2)
5.7 Watter sagteware word benodig om toegang tot 'n maatskappy se intranet te
verkry? (1)
5.8 Die Internet word toenemend gebruik om oproepe ('voice calls') te maak.
5.8.1 Gee 'n voorbeeld van 'n program wat VoIP ondersteun, behalwe
Skype. (1)
5.8.2 Waarom word dit nie aanbeveel dat VoIP vir noodoproepe gebruik
word nie? (1)
5.8.3 Waarom sou 'n gebruiker die kwaliteit van VoIP-oproepe verlaag? (1)
5.9 Stel TWEE maniere voor waarop 'n gebruiker na musiek kan luister op 'n
slimfoon wat nie 'n kopstukprop/-poort ('headphone jack/port') het nie. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Waarom sou 'n outeur se naam nie genoeg wees om 'n bron as betroubaar te
beskou nie? (1)
6.2 'n Internetsoektog het 'n skakel van 'n adverteerder boaan die stel resultate
gelewer.
Gee 'n rede waarom dit moontlik nie 'n goeie idee is om hierdie skakel te
volg nie. (1)
6.3 Die grafieke hieronder stel die verandering in manlike en vroulike
leerdergetalle oor 'n tydperk voor.
Manlik vs. Vroulik Manlik vs. Vroulik
(2016) (2017)
48% 52% 53% 47%
Manlik Manlik
Vroulik Vroulik
6.3.1 Watter gevolgtrekking kan uit die data hierbo gemaak word? (1)
6.3.2 Watter tipe grafiek sou jy gebruik om die inligting in die grafieke
hierbo te kombineer? (1)
6.4 Hoe beïnvloed die aantal respondente die uitslag van 'n opname? (1)
6.5 Gee EEN rede waarom die waardes in die Naam-kolom en Punte-kolom
hieronder nie korrek gesorteer is nie.
Oorspronklike data Gesorteerde data
Van Naam Punte Van Naam Punte
Tlou Lerato 54 Harms Frikkie 54
Hlongwana Bulisa 89 Hlongwana Bulisa 89
Rhadebe Julius 28 Howell Liam 28
Harms Frikkie 17 Rhadebe Julius 17
Howell Liam 43 Tlou Lerato 43 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2017
NSS
6.6 Identifiseer DRIE probleme in die hulpprogram ('wizard') hieronder wat die
kwaliteit van data sal beïnvloed wanneer die invoerproses voltooi is.
(3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Noem die rekenaarmisdaad wat te doen het met die aanlyn pos van vals
inligting/beskuldigings oor 'n ander persoon. (1)
7.2 Stel TWEE reëls vir 'n aanvaarbare gebruiksbeleid (AGB/'AUP') in
'n skoolrekenaarsentrum met Internettoegang voor. (2)
7.3 Terwyl jy sagteware geïnstalleer het, is jy nie gevra om 'n produksleutel in te
voer nie.
Gee TWEE redes waarom dit gebeur het. (2)
7.4 'n Maatskappy stoor die persoonlike inligting van sy kliënte.
Stel TWEE riglyne vir die maatskappy voor om kliëntedata eties te bestuur. (2)
7.5 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LET WEL: Neem aan dat BANKZA die naam van 'n wettige Suid-Afrikaanse
bank is.
7.5.1 Identifiseer die tipe bedrogspul ('scam') wat in die prent hierbo
voorgestel word. (1)
7.5.2 Noem TWEE maniere waarop 'n gebruiker dit as 'n bedrogspul
('scam') kan identifiseer. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 Waarom sou 'n mens die formateringsimbole aanskakel, soos wat in die
skermkopie hieronder gedoen is?
(1)
8.2 Kyk na die skermkopie van 'n tabel hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
8.2.1 Wat is die huidige bladsybreedte sonder die kantlyne? (1)
8.2.2 Stel 'n manier voor om die aantal selle in die tabel te verminder
SONDER om enige teks uit te vee. (1)
8.2.3 Noem TWEE algemene maniere om die speltoetser ('spell checker')
in te stel om van die outomatiese onderstreping ontslae te raak. (2)
8.2.4 Die tabel in die skermkopie hierbo is te breed om korrek te vertoon.
Stel EEN manier voor om die tabel op die bladsy te laat pas. (1)
8.3 Die EINTLIKE grootte van 'n prent met die naam 'google.jpg' is 1080x900.
Hierdie prent behoort kleiner te vertoon wanneer die volgende HTML-kode
uitgevoer word:
<img src="google.jpg" width="540" height="50" />
8.3.1 Hoe beïnvloed die prentgrootte wat in die HTML-kode gespesifiseer
word, die oorspronklike grootte van die prent wat op 'n skyf
gestoor is? (1)
8.3.2 Waarom lyk die prent wat vertoon word asof dit kromgetrek is? (1)
8.3.3 Lewer kommentaar op die toeganklikheid van die prent in die
webblad vir blinde gebruikers. Motiveer jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2017
NSS
8.4 Kyk na die skermkopie van 'n sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
8.4.1 Gee die term vir die eienskap wat toegepas is om die
'Value error'-dialoog as 'n resultaat te gee. (1)
8.4.2 Wat is die doel van die aftrekknoppies ('dropdown buttons') langs die
kolomopskrifte in die prent? (1)
8.4.3 'n Benoemde reeks ('named range') is in die sigblad hierbo
gedefinieer.
Wat word hierdie benoemde reeks genoem? (1)
8.4.4 Jy moet die data in die sigblad na 'n databasis uitvoer.
Watter veld sou jy as 'n primêre sleutel kies? Verduidelik die rede vir
jou keuse. (2)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2017
NSS
AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 9
Die plaaslike munisipaliteit het jou gevra om jou kennis van IKT's te gebruik om hulle te
help om 'n doeltreffende waterbesparingsveldtog te implementeer.
9.1 Hulle wil 'n inligtingsboekie met prentjies vir die veldtog skep.
9.1.1 Noem 'n toepassing wat gebruik kan word om so 'n boekie te ontwerp. (1)
9.1.2 Waarom sou A2-grootte papier 'n slegte keuse wees om die boekie
te druk? (1)
9.1.3 Stel TWEE maniere voor om ink te bespaar wanneer 'n projek
gedruk word. (2)
9.1.4 Beveel 'n kostedoeltreffende alternatief vir drukwerk aan om 'n groot
aantal boekies te versprei. (1)
9.1.5 'n Digitale kamera sal gebruik word om foto's vir die boekie te neem.
Noem TWEE tipes stoormedia wat 'n mens saam met die digitale
kamera kan gebruik om die foto's te stoor. (2)
9.2 Die munisipaliteit sal 'n lys van inwoners wat die maand die meeste water
gespaar of vermors het, aanlyn publiseer.
9.2.1 Watter TWEE objekte in 'n databasisprogram kan gebruik word om
watergebruik deur elke klant in te voer? (2)
9.2.2 Identifiseer 'n veld in die lys hieronder waarin dieselfde data
herhaaldelik ingevoer moet word EN stel 'n kenmerk ('property') voor
wat 'n mens kan instel om te voorkom dat duplikaatdata met die
hand vasgelê word.
Klant_ID Gebruiksperiode Water_Gebruik (2)
9.2.3 Watter databasis-tegniek kan die munisipaliteit gebruik om die
toptien-waterbespaarders te bepaal? (1)
9.2.4 Watter webtuiste-eienskap kan elke keer wat die toptienlys
verander, outomatiese opdaterings aan munisipale klante verskaf? (1)
9.2.5 Bespreek TWEE implikasies daarvan om die name van die
toptien-oortreders aanlyn te pos. (2)
9.2.6 Noem TWEE ontwerpbeginsels wat dit maklik sal maak om die
munisipale webtuiste te gebruik. (2)
9.2.7 Hoe kan 'n kuberkraker ('hacker') die munisipale webtuiste dwing om
aflyn ('offline') te gaan? (1)
9.2.8 Verduidelik hoe dit moontlik is dat die webtuiste, sonder die klant se
medewete, vanaf 'n klant se rekenaar aangeval kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2017
NSS
9.3 Die munisipaliteit wil 'n waterbewustheidsopname doen.
9.3.1 Noem TWEE probleme met die gebruik van die vraag hieronder wat
in die opname verskyn het.
Hoe bespaar jy water tuis?
(2)
9.3.2 Noem TWEE metodes om hierdie waterbewustheidsopname te
doen. (2)
9.3.3 Wat is die implikasies vir die opname-bevindings indien dieselfde
mense meer as een opname-antwoord kan indien? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 10
Jou munisipaliteit het 'n komitee saamgestel om rampbestuur te hanteer.
10.1 Mobiele noodbeamptes sal IKT-toerusting ontvang.
10.1.1 Watter Internetkoppeling moet die beamptes kry? (1)
10.1.2 Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n VTA ('SSD') eerder as 'n
tradisionele hardeskyf op die beamptes se skootrekenaars. (2)
10.1.3 Gee 'n spesifikasie van die skootrekenaarskerm wat die gebruik
daarvan in sonlig sal beïnvloed. (1)
10.1.4 Watter gewilde kitsboodskapdiens ('instant messaging service') kan
gebruik word om groepe te skep om rampwaarskuwings vir die
gebied te deel? (1)
10.2 Die plaaslike regering wil 'n toep ('app') ontwikkel wat mense kan gebruik om
'n insident aan te meld sodra dit gebeur. Hulle sal op die gemeenskap
staatmaak om die projek te befonds.
10.2.1 Noem TWEE nadele van skarebefondsing ('crowd-funding') vir die
individu wat geld bydra. (2)
10.2.2 Watter tegnologie sou inwoners gebruik om die presiese posisie vas
te stel van 'n natuurlike ramp wat hulle sien gebeur? (1)
10.2.3 Watter inligting verskaf 'n speld ('pin') op 'n kaart by 'n
kaartdienstoep ('mapping service app') soos Google Maps? (1)
10.3 Mense sal moontlik hulle huise moet verlaat wanneer hulle deur 'n ramp
getref word. Hulle sal in gemeenskapsale of kerke gehuisves word.
10.3.1 Noem 'n voordeel van die gebruik van RFID-merkers ('RFID tags')
vir mense wat as gevolg van 'n ramp ontwortel is. (1)
10.3.2 Biometriese toestelle sal by die verskillende plekke geïnstalleer
word.
Gee TWEE voorbeelde van biometriese toestelle. (2)
10.3.3 Noem TWEE maniere waarop 'n gebruikersrekening, soos 'n
rekening by Google, Apple of Microsoft, nuttig kan wees wanneer 'n
slimfoon wegraak. (2)
10.3.4 Watter diens kan die munisipaliteit by die verblyfplekke opstel om
gratis draadlose Internettoegang te verskaf aan die mense wat daar
gehuisves word? (1)
10.3.5 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat 'n mens behoort te tref
wanneer 'n openbare rekenaar gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 17 DBE/November 2017
NSS
10.4 Die volgende boodskap verskyn op 'n rekenaar wat in een van die plekke
beskikbaar gestel is:
Ons is jammer, maar ons het AL die lêers op jou rekenaar geënkripteer
(deurmekaar gemaak). Om jou rekenaar weer te laat werk, betaal asseblief
3 Bitcoin aan die rekening wat verskaf is.
Jy help die slagoffers van hongersnood deur hierdie bedrag te betaal.
Baie dankie.
10.4.1 Watter tipe sagteware word vir die boodskap hierbo geblameer? (1)
10.4.2 Wat is Bitcoin? (1)
10.4.3 Noem 'n voordeel vir die outeurs van die boodskap om in Bitcoin
betaal te word. (1)
10.4.4 Watter stappe kan die munisipale IT-afdeling doen om op hierdie
dreigement te reageer? (1)
10.5 'n Voorbeeldsigblad met die besonderhede van die oorlewendes van 'n
natuurramp is soos volg opgestel:
10.5.1 Waarom vertoon die ID-nommer in sel A2 nie korrek nie? (1)
10.5.2 Die volgende funksie sal gebruik word om die gemiddelde ouderdom
van die oorlewendes te bereken:
=AVERAGE(D2:D200)
Waarom sal dit nie die gemiddelde ouderdom van die oorlewendes
gee nie? (1)
10.5.3 Noem TWEE maniere om die woord 'Ouderdomsgroep' in sel E1
volledig te vertoon. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper