Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2020
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 831.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
die toesighouer 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') met al die lêers wat vir
die eksamen benodig word, aan jou gee. Indien 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash
drive') aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer
op die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') skryf.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive')
inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers
daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
nie, verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Lees die vraag noukeurig deur aangesien akkuraatheid in berekening gebring
sal word.
10. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
11. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op 'South Africa'
ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.
14. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word
veranderinge aan die bestaande data gemaak.
15. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
HTML-vraag te beantwoord NIE.
16. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') wat jy saam met
hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak
seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
1Pyramids Woordverwerkingslêer
1Structure Woordverwerkingslêer
2Building Woordverwerkingslêer
3Tourists Sigblad
4Visitors Sigblad
5Andrews Prent
5Egypt Databasis
6_1NatGeo HTML-lêer
6_2Facts HTML-lêer
6Group Prent
7Invitation Woordverwerkingslêer
7Mail Databasis
7Years Sigblad
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS
SCENARIO
Die piramides by Giza, Egipte, is een van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld.
Daar word van jou verwag om met dokumente oor die piramides te help.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1Pyramids-woordverwerkingsdokument, wat inligting oor die piramides
bevat, oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die
bladsyonderskif ('footer') in.
1.1 Verander die prent boaan die eerste bladsy soos volg:
Stel die breedte van die prent na 21 cm.
Skuif die prent na die boonste rand van die bladsy sodat dit oor die
boonste, linker- en regterkantruimtes van die bladsy strek, soos hieronder
getoon.
Verwyder al die leë paragrawe onder die prent.
(3)
1.2 Redigeer die opskrif 'Amazing Facts about the Great Pyramids of Giza' onder
die prent soos volg:
Verwyder die skrap('strikethrough')-effek.
Strek ('Expand') die karakterspasiëring met 1.5 pt.
Sentreer die opskrif. (4)
1.3 Gebruik die outeur en die datum wat in die teks onder die opskrif 'Amazing
Facts about the Great Pyramids of Giza' gegee word om 'n webtuistebron in die
APA-styl by die dokument te voeg. (4)
1.4 Gebruik 'n woordverwerkingseienskap om al die onbreekbare ('nonbreaking')
spasies in die dokument met normale spasies te vervang.
Maak seker dat slegs EEN normale spasie in plaas van 'n onbreekbare
('nonbreaking') spasie verskyn. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS
1.5 Verander die inkepinginstellings ('indentation settings') op die liniaal ('ruler') van
die paragraaf wat met 'One of ...' begin soos volg:
Stel die eerste reël se inkeping ('first line indent') op 2 cm.
Stel die regterkant-inkeping ('right indent') op 14 cm. (3)
1.6 Verander die reël- en paragraafspasiëring van die tweede paragraaf wat met
'The grand …' begin soos volg:
Stel die paragraafspasiëring ná ('paragraph spacing after') op 8 pt.
Stel die reëlspasiëring na veelvoudig ('multiple') op 1.4. (3)
1.7 Gebruik 'n paragraafinstelling ('paragraph setting') om seker te maak dat die
opskrif 'Insert here' altyd as die eerste reël van 'n nuwe bladsy sal verskyn. (1)
1.8 Vind die opskrif 'Insert here'.
Voeg die 1Structure-woordverwerkingsdokument wat in jou eksamenlêergids
gevind word, onder die opskrif in sodat dit as 'n ikoon ('icon') verskyn. (3)
1.9 Vind die prent onder die opskrif 'Dimensions' en doen die volgende:
Formateer die prent sodat die teks onderaan die prent nie vertoon nie.
Verander die byskrif ('caption') 'Dimensions of the Great Pyramid' sodat die
byskrif-etiket ('caption label') as 'Structure' vertoon.
Stel die byskrif-etiketnommering ('caption label numbering') na die
a,b,c, …-nommeringformaat. (3)
1.10 Voeg 'n tekswatermerk ('text watermark') soos volg in:
Gebruik die teks 'Ancient'.
Vertoon die watermerk slegs op die eerste bladsy. (3)
Stoor en maak die 1Pyramids-dokument toe. [29]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Building-woordverwerkingsdokument, wat inligting oor die geheime van die
piramides bevat, oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of
bladsyonderskif ('footer') in.
2.1 Redigeer die dekblad ('cover page') soos volg:
Voer die instruksie in die 'Author'-vormkontrole uit.
Verwyder die 'Abstract'-vormkontrole. (2)
2.2 Verwyder bladsyrame ('page borders') uit die dokument. (1)
2.3 Gebruik style ('Styles') en voeg 'n inhoudsopgawe ('table of contents') soos
volg op die tweede bladsy in:
Verander ALLE opskrifte wat met die 'Heading 2'-styl geformateer is na die
'Heading 1'-styl.
Voeg 'n tweevlak-inhoudsopgawe in deur die 'Title'-styl as vlak 1 en die
'Heading 1'-styl as vlak 2 te stel. (3)
2.4 Voeg outomatiese bladsynommering van jou keuse in die bladsykantlyn
('Page Margins')-posisie aan die linkerkant van die bladsy in.
Die bladsynommer ná die Inhoudsopgawe-bladsy moet as 'Page 1' begin. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2020
SS/NSS
2.5 Vind die tabel onder die opskrif 'The overall precision of the Great Pyramid is
breathtaking' en skakel die tabel om na teks om soos volg te vertoon:
Neem kennis van die volgende:
Die tabel-instelling ('tab setting') is op 4 cm gestel.
Die inkeping-instellings ('indent settings')
Die inlynstelling ('alignment')
Die paragraafraam ('paragraph border')
Topic Facts
Base length 750 feet long at each base
Four corners Situated along the four cardinal points: north, south, east and west
Circumference The ratio of its circumference to its original height is equal to the
value of pi: 3.14. This is something that's not supposed to have been
known for more than another millennium. Their mathematical and
astronomical knowledge, and the acquisition of it remains a
complete mystery to modern-day scholars.
Geography They were also amazing geographers, perhaps one of the greatest
mysteries is the fact that the Great Pyramid is positioned exactly at
the latitude and longitude lines that contain more land and less sea
than any other place on Earth. It's right in the 'geographical' centre
of the Earth. This fact alone (out of many) suggest that the builders
also knew a great deal about the geography of our planet. It's hard
to imagine they could complete all of this without some sort of aerial
view. The manner that this knowledge was obtained remains a
mystery.
Position on earth There is a meridian running through the pyramids that divides the
continents and oceans into two equal halves.
Ratio The Great Pyramid's base is at 1:43,200 which is a mathematical
representation of the Northern Hemisphere.
(5)
2.6 Vind die sitaat ('citation') na die bron 'Hancock' en redigeer die sitaat sodat
slegs die outeur se naam en die bladsynommer as 433 vertoon. Die bron moet
NIE verander word NIE. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS
2.7 Vind die prent van die piramides boaan die laaste bladsy en formateer die
prent om soos hieronder te vertoon.
LET WEL: Die teks wat die buitelyne van die piramides omring, mag anders
vertoon.
"It's the precise configuration for 10,450 BC that we see on the Giza plateau – as though a
master-architect came here in that period and decided to lay out a huge map on the ground
using a mixture of natural and artificial features. He used the course
of the Nile Valley to depict the Milky Way, as it looked then.
He built the three pyramids to represent the three stars,
exactly as they looked then. And he put the three
pyramids in exactly the same relationship to the
Nile Valley as the three stars then had to the
Milky Way. It was a very clever, very ambitious, very exact way to mark a period – to freeze a
particular date into architecture if you like." – Robert Bauval (Reference)
(3)
2.8 Voeg 'n kruisverwysing ('cross reference') op die teks 'Reference' na die
boekmerk ('bookmark') 'ForEver' in.
Vertoon slegs die bladsynommer. (2)
Stoor en maak die 2Building-dokument toe. [21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat
formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer
(afkopieer/'copy down').
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik.
Maak die 3Tourists-sigblad, wat data oor die aantal toeriste na Egipte bevat, oop.
Werk in die Data-werkblad.
3.1 Formateer ry 1 soos volg:
Voeg selle A1:I1 saam en sentreer dit ('merge and centre').
Vergroot die fontgrootte van die teks na 13. (2)
3.2 Voeg 'n geskikte datumfunksie in sel C3 in om die maand van die datum
in sel A3 te onttrek. Maak seker dat die nommer van die maand korrek
vertoon. (2)
3.3 Voeg 'n funksie in sel C4 in om die gemiddelde aantal toeriste te bepaal wat
Egipte (kolom H) per maand besoek het.
Formateer die antwoord na GEEN desimale plekke. (3)
3.4 Die hoogseisoen ('peak season') vir toerisme in Egipte is van Oktober tot Mei
en die buiteseisoen ('off-peak season') is van Junie tot September.
Gebruik die SUMIF-funksie in sel C5 om die totale getal toeriste wat Egipte
tydens die hoogseisoen (kolom B) in 2019 (kolom G) besoek het, te bepaal. (3)
3.5 Die totale in kolom H moet die totale getal toeriste per maand vanaf 2015 tot
2019 bereken, maar dit gebeur nie soos verwag vir al die maande nie.
Voeg 'n formule in sel I8 in om die teks 'Correct' te vertoon as die totaal in
kolom H met die totale getal toeriste vanaf 2015 tot 2019 ooreenstem, anders
moet die teks 'Error' vertoon.
Kopieer die formule na die ander selle af. (7)
3.6 Gebruik 'n sigbladeienskap om 'n vulkleur ('fill colour') van jou keuse op die
selreeks C8:G19 toe te pas wanneer die getal toeriste laer as die gemiddeld
vir die vyf jaar (2015 tot 2019) is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2020
SS/NSS
Werk in die Chart_Grafiek-werkblad.
3.7 Redigeer die grafiek om soos volg te vertoon:
Egypt Tourism
1 400 000
1 200 000
1 000 000
2015
800 000
2016
2017
600 000
2018
2019
400 000
200 000
0
Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sep Oct Nov Dec
(7)
Stoor en maak die 3Tourists-sigblad toe. [27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer/'copy
down').
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik.
Maak die 4Visitors-sigblad, wat data oor besoekers aan die piramides bevat, oop.
Werk in die Pyr_Pir-werkblad.
4.1 Formateer die werkblad soos volg:
Verander die bladsy-oriëntasie na landskap.
Maak seker dat ry 2 boaan elke bladsy herhaal sal word wanneer jy die
werkblad druk. (2)
4.2 Gebruik 'n kombinasie van teksfunksies in sel D3 om SLEGS die teks ná die
'@'-teken uit die e-posadres in kolom C te onttrek.
Voorbeeld: Indien die e-posadres zulul@in.com is, moet SLEGS in.com
vertoon. (5)
4.3 Gebruik 'n geskikte opsoekfunksie ('lookup function) in sel F4 om die ligging
van die piramide in ry 4 te bepaal deur die kode in kolom E en die opsoektabel
('lookup table') in die Code_Kode-werkblad te gebruik.
Maak seker dat hierdie funksie die korrekte antwoorde sal vertoon indien dit na
die ander selle in kolom F gekopieer word.
LET WEL: MOENIE die funksie na die ander selle kopieer NIE. (5)
4.4 Gebruik 'n formule in sel H5 om die ouderdom van 'Gabriel Wilmar' in
voltooide jare te bepaal deur die geboortedatum in kolom G en die huidige
datum te gebruik. (6)
4.5 Voeg 'n geneste IF-funksie (-formule) in sel I14 in om 'Ja' te vertoon indien 'n
besoeker onder die ouderdom van 60 (kolom H) is EN Giza (kolom F)
besoek het, anders moet 'Nee' vertoon. (5)
Stoor en maak die 4Visitors-sigblad toe. [23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5: DATABASIS
'n Databasis is geskep om data oor toeriste en die piramides wat hulle kies om te
besoek, te stoor.
Maak die 5Egypt-databasis oop.
5.1 Verander die tbl5_1-tabel soos volg:
5.1.1 Verander die 'Indexed'-veldeienskap ('Indexed field property') van die
TSurname-veld om vir duplikaatwaardes voorsiening te maak. (1)
5.1.2 Vertoon die datum in die TBirthDate-veld in die 'Short Date'-formaat. (1)
5.1.3 Verander die TAge-veldeienskappe ('field properties') om die
ouderdom sonder desimale te vertoon. (1)
5.1.4 Stel die veldeienskappe ('field properties') van die EContact-veld sodat
die gebruiker slegs teks kan insleutel wat 'n '@'-teken bevat. (3)
5.1.5 Stel die TType-veld op 'n geskikte veldgrootte. (1)
5.1.6 Skep 'n toevoermasker ('input mask') vir die gebruiker om data in die
volgende formaat in te voer:
Onderkas('Lowercase')-letters
Die eerste karakter is 'n punt (.), gevolg deur
TWEE verpligte letters, gevolg deur
EEN opsionele letter
LET WEL: Die punt moet vertoon wanneer 'n rekord gekies word. (4)
5.1.7 Sentreer die inhoud van die PyramidCode-veld. (1)
5.1.8 Skep 'n kombinasielys ('combo box') vir die PyramidSite-veld deur die
tblSites-tabel te gebruik. (2)
5.1.9 Verander na databladaansig ('Datasheet View').
Voeg die 5Andrews-prentjie, wat in jou eksamenlêergids gevind word,
in die TPhoto-veld vir die reisiger 'Andrews Peter' in. (2)
Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2020
SS/NSS
5.2 Maak die vorm met die naam frm5_2 in ontwerpaansig ('Design View') oop
en doen die volgende:
Verander die volgorde van die velde na TSurname, TName, EContact,
TPhoto.
Vervang die opskrif in die vormboskrif ('form header') met jou
eksamennommer.
Voeg die Date-veld in die vormboskrif in.
Skakeer die EContact-veld met enige ligte kleur van jou keuse.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (4)
5.3 Maak die qry5_3-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop.
Verander die navraag sodat dit die totale getal piramides op die Giza-terrein
vertoon.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3)
5.4 Maak die qry5_4-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop en doen die
volgende:
Sorteer eers die navraag volgens die Surname-veld en dan volgens die
Name-veld.
Vertoon die rekords van die besoekers wat voor 1960 gebore is en wie se
domeintipe 'org' of 'edu' is.
Toeriste ontvang 'n 15%-afslag op die besoekerskoste (VisitorsCost).
Voeg 'n berekende veld met die naam Payable in om die bedrag te bepaal
wat na afslag betaalbaar is.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2020
SS/NSS
5.5 Skep 'n verslag met die naam rpt5_5, wat op die tblVisitors-tabel gebaseer
is, om die rekords soos volg te vertoon:
rpt5_5
Pyramid Name Surname VisitorsCost
Bent Pyramid
Fulton Morale R 14 955.00
Athena Patel R 14 835.00
Maximum Amount: R 14 955.00
Buried Pyramid
Jan-Harm Steenkamp R 14 759.00
Ernst Jordaan R 13 980.00
James Murray R 10 986.00
Troy Gentry R 14 210.00
Harriet Delane R 13 221.00
Nozipho Cele R 13 030.00
Andries Bester R 10 075.00
Maximum Amount: R 14 759.00
Headless Pyramid
Hendrik Fourie R 14 670.00
Kaitlin Cusana R 14 314.00
Sylvia Hebert R 14 164.00
Sammy Nel R 13 016.00
Alexis Stone R 12 225.00
Maximum Amount: R 14 670.00
Neem kennis van die volgende:
Die velde wat vertoon
Groepering
'n Berekening
Die formaat van die VisitorsCost-veld
Stoor en maak die rpt5_5-verslag toe. (8)
Stoor en maak die 5Egypt-databasis toe. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
LET WEL:
'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
gevind word.
EEN punt sal vir die korrekte gebruik van merkers, driehoekige hakies en korrekte
nesting vir albei webblaaie toegeken word. (1)
6.1 Maak die onvolledige 6_1NatGeo-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/
HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE).
LET WEL: Vraagnommers word as kommentaar ('comments') in die kodering
ingevoeg om aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg.
MOENIE hierdie kommentaar verwyder NIE.
[Aangepas uit https://www.nationalgeographic.com/archaeology-and-history/
archaeology/giza-pyramids.html]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2020
SS/NSS
LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn om hierdie
vraag te beantwoord.
6.1.1 Voeg HTML-merkers in om die teks te sentreer wat met
'PYRAMIDS …' begin en met '… other features' eindig. (2)
6.1.2 Vind die opskrif 'PYRAMIDS' en formateer dit soos volg:
Pas die 'Heading 1'-styl op hierdie opskrif toe.
Stel die font van hierdie opskrif op 'Papyrus'. (3)
6.1.3 Voeg die prentjie 6Group.jpg in onder die eerste paragraaf wat met
die teks '… complex mortuary temple' eindig. (2)
6.1.4 'n Poging is aangewend om 'n skakel op die opskrif 'The Future of the
Pyramids' na die webtuiste 'www.crystal.com' te skep.
Verander die skakel sodat die webtuiste 'www.crystal.com' in die
webblaaier sal oopmaak.
LET WEL: Moet NIE op die skakel klik NIE. (2)
Stoor en maak die 6_1NatGeo-webblad toe.
6.2 Maak die onvolledige 6_2Facts-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/
HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE).
WENK: Gebruik merkers wat in die aangehegte HTML-merkersblad gegee
word.
Voltooi die webblad om soos volg te vertoon:
Stoor en maak die 6_2Facts-webblad toe. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
Verwysings na piramides word op baie ander plekke gevind.
7.1 Maak die 7Years-sigblad oop.
7.1.1 Kopieer die data vanaf selle A1:B6 in die Chart-werkblad na
selle A2:F3 in die Data-werkblad.
Die gekopieerde data in die Data-werkblad moet soos volg vertoon:
Tourists in Egypt from 2015 to 2019
Year 2015 2016 2017 2018 2019
Number of tourists
per year 11532 9464 9878 9328 4847 (2)
7.1.2 Werk in die Chart-werkblad. Verander die grafiek om soos volg te
vertoon:
Number of tourists per year
4847
100%
80% 9328
60%
40% 9878
20%
0%
2017 2018 2019
(3)
7.1.3 Stoor die piramidegrafiek as 'n 7Chart.jpg-prentlêer in jou
eksamenlêergids. (2)
Werk in die Visitors-werkblad.
7.1.4 'n Benoemde reeks ('named range') is reeds vir die bedrae in
kolom F geskep.
Voeg 'n funksie in sel J3 in wat die benoemde reeks gebruik om te
bepaal hoeveel van die bedrae in die benoemde reeks groter as
R14 000 is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/November 2020
SS/NSS
7.1.5 'n Valideringsreël ('validation rule') is op selle E2:E194 gestel om
data uit die lys in selle M4:M9 te verkry. Daar is egter foute en
weglatings in die valideringslys (selle M4:M9), wat veroorsaak dat
data in kolom E ongeldig is.
Maak die valideringslys ('Validation List') reg EN dateer die
valideringsrëel ('Validation Rule') op sodat die data in kolom E
geldig word.
WENK: Om die ongeldige data in kolom E te identifiseer, gebruik
die omkring ongeldige data ('Circle Invalid Data')-opsie uit
die datavalideringsikoon ('Data Validation icon') in die
'Data Tools'-groep. (3)
Stoor en maak die 7Years-sigblad toe.
7.2 Maak die 7Invitation-woordverwerkingsdokument oop.
Voltooi 'n possamevoeging ('mail merge') soos volg:
7.2.1 Gebruik die 7Mail-databasis as 'n databron ('data source') vir die
7Invitation-possamevoegingdokument.
Redigeer die databron-ontvangerlys om SLEGS die data in te
sluit van die besoekers wat 'n edu-domeintipe het EN wat ná
1960 gebore is.
Vervang die teks <<Name>> met die saamvoegveld ('merged
field') Name.
Voeg 'n veld in die bladsyonderskrif ('footer') van die dokument in
om die datum en tyd wanneer die dokument oopgemaak is, te
vertoon. (6)
Stoor die 7Invitation-dokument.
7.2.2 Voltooi die possamevoeging en stoor die saamgevoegde dokument
as 7InvitationMerge. (1)
[20]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2020
SS/NSS
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
<body></body>
Definieer die liggaam van Word voor elke lysitem
die webblad ingevoeg, en voeg 'n nommer of
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur simbool by afhangende van die
bgcolor="pink"> van die webblad tipe lys wat geselekteer is
<body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in
liggaamteks
Stel 'n prent inlyn, kan "left","
<img src="name"
<head></head>
Bevat inligting oor die align="left"> right"; "bottom", "top", "middle"
webblad wees
<p align=
"center"><img Stel 'n prent "center" inlyn
<html></html>
Skep 'n HTML-dokument – src="name"></p>
begin en eindig 'n webblad
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent
webblad
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in ('line
<img src="name"
break') Stel die hoogte en breedte van 'n
width="200" height
<!-- --> Kommentaar prent
="200">
Teksmerkers ('Text Tags')
Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks
<img src="name"
<h1></h1> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent
alt="alternative
text"> gehou word of wanneer die prent
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif nie gevind kan word nie
<hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> <hr size="3"/>
Stel die grootte (hoogte) van 'n
Skep teks in vetdruk
reël
<i></i> <hr width= "80%"/>
Stel die breedte van 'n lyn, in
Skep teks in skuinsdruk
persentasie of absolute waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot <hr color=
size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
"7"
<font Tabelmerkers ('Tabel Tags')
color="green"> Stel fontkleur
</font> Merker ('Tag') Beskrywing
<font face="Times <table></table> Skep 'n tabel
New Roman"></font> Stel fonttipe
<tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
Beskrywing Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th>
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel
src="name"></a>
<a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea in die <table border="1"> Stel die breedte van die raam
dokument rondom die selle van die tabel
Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle
<a
elders in die dokument cellspacing="1"> van die tabel
href="#NAME"></a>
geskep is <table Stel die spasie tussen 'n selraam
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> en die inhoud daarvan
Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die
<tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center" of
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf
"right" wees)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of
''center'' wees "bottom" wees)
<ol></ol> <td colspan="2">
Stel 'n getal kolomme waaroor 'n
Skep 'n genommerde lys
sel moet strek
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel
<td rowspan="4">
"I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
"square","circle"> Definieer die tipe kolpunte
</ul> wat gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2020
SS/NSS
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
Karakter Beskrywing
0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon
# terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder
wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter
.,:;-/ hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie
in die 'Windows Control Panel' af.)
< Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lowercase') omgeskakel word
> Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('uppercase') omgeskakel word
Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs
! vertoon word. Karakters in die invoermasker getik, vul altyd van links na regs.
Jy kan die uitroepteken op enige plek in die invoermasker invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
\
(bv. \A word slegs as A vertoon).
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2020
SS/NSS
Eksamenplakker
180
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2020
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER__________________________________________________________
EKSAMENNOMMER __________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die Office 365
2013 2016 2019
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
(Maak 'n kruisie in die Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Spesifiseer)
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________
Lêername is vir elke antwoord ingevul. Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gepoog is.
Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum
Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM
nommer () () Punt
1 1Pyramids 29
2 2Building 21
3 3Tourists 27
4 4Visitors 23
5 5Egypt 40
6_1NatGeo
6 20
6_2Facts
7Years
7Chart
7 20
7Invitation
7InvitationMerge
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
__________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Errata