Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2020
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 462.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25)
AFDELING B (75)
AFDELING C (50)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
TWEE feite vereis, ens.
8. Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.
9. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
10. Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger'/'stadiger' en 'makliker' sal SLEGS
aanvaar word indien dit saam met 'n rede of 'n verduideliking gebruik is.
11. MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
vereis word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 'n Flitsende vertikale staaf wat die posisie van die teks aandui wat in 'n
teksredigeerder getik word, word 'n … genoem.
A verheldering ('highlight')
B raam ('border')
C simbool ('symbol')
D wyser ('cursor') (1)
1.2 Die kommunikasiemedium wat algemeen vir 'n ADSL-internetkoppeling
gebruik word, is ...
A koperkabel.
B radiogolwe.
C veseloptiese kabel ('fibre-optic cable').
D klankgolwe. (1)
1.3 Watter EEN van die volgende is nou verwant aan biometriese sekuriteit?
A Netskans ('Firewall')
B Wagwoord
C Vingerafdrukleser ('Fingerprint reader')
D Enkripsiesleutel ('Encryption key') (1)
1.4 'n … is 'n moontlike rede waarom 'n program nie sal installeer nie.
A Stadige aflaaispoed ('download speed')
B Stadige laaiproses ('start-up process')
C Verandering van streeksinstellings ('regional settings')
D Beperkte gebruikersrekening ('user account') (1)
1.5 Bestudeer die volgende onvolledige geneste IF-stelling:
=IF(A1=1, IF(B1=4, "Ja", "Nee"
Watter EEN van die volgende opsies sal die stelling voltooi om 'Ja' of 'Nee' te
vertoon afhangend van die voorwaardes hieronder?
Ja – as die waarde in sel A1=1 EN die waarde in sel B1=4, OF
Nee – as enigeen van hierdie voorwaardes nie nagekom word nie
A ))
B ), "Nee")
C ), "Nee"))
D , "")) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.6 Watter EEN van die volgende sal jy gebruik om die probleem op te los
wanneer jou rekenaar onvoorspelbaar hang nadat 'n drywer opgedateer is?
A 'System Restore'
B 'Disk Cleanup'
C 'System Backup'
D 'Task Scheduler' (1)
1.7 Een van die moontlike beperkings van groot data ('big data') is …
A 'n verlies aan inkomste.
B 'n verlies aan gebruikersprivaatheid.
C 'n besmetting met kwaadwillige sagteware ('malware').
D beskikbare bandwydte. (1)
1.8 'n Draadlose roeteerder ('router') kan beskadig word as gevolg van ... indien
dit langs 'n mikrogolfoond geplaas of gebruik word.
A die hitte
B vibrasie
C steuring ('interference')
D 'n brandgevaar (1)
1.9 'n Boekmerk is 'n eienskap van 'n woordverwerker wat ... gebruik.
A hiperskakels ('hyperlinks')
B style
C tabelle
D afdelings ('sections') (1)
1.10 Bestudeer die volgende HTML-kode noukeurig:
<font face="Arial" colour="green"> First website </font>
Neem aan dat al die kode voor die reël hierbo korrek is. Watter EEN van die
volgende fontkleure sal gebruik word wanneer die teks 'First website' in 'n
deurblaaier ('browser') vertoon word?
A Rooi ('Red')
B Swart ('Black')
C Groen ('Green')
D Oranje ('Orange') (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 2: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.
KOLOM A KOLOM B
2.1 'n Veldeienskap wat outomaties 'n A SoIP ('VoIP')
waarde in 'n veld vir elke nuwe
rekord in 'n databasistabel invoeg B #NULL
2.2 Kwaadwillige sagteware ('Malware') C zombie
wat dikwels met Bitcoin verbind word
D spioenware ('spyware')
2.3 'n Tegnologie wat gebruik word om
'n redigeerbare sagtekopie van 'n E botnet
geskandeerde dokument te maak
F meningsopname ('survey')
2.4 'n Protokol wat gebruik word om
telefoonoproepe met gebruik van die G bpm ('ppm')
internet moontlik te maak
H OKH ('OCR')
2.5 'n Sigbladfoutboodskap wat verskyn
wanneer die waarde in 'n sel langer I attribuut
as die selbreedte is
J onderhoud ('interview')
2.6 'n Sellulêre tegnologie wat hoë
dataoordragspoed verskaf K valideringsreël ('validation rule')
2.7 'n Stel karakters wat aan die einde L LOP ('FTP')
van 'n lêernaam bygevoeg word om
die lêertipe te identifiseer M Edge
2.8 'n Metingseenheid vir drukresolusie N uitbreiding ('extension')
2.9 'n Groep geïnfekteerde rekenaars O MRI ('HCI')
wat oor 'n afstand beheer kan word
om ander rekenaars/netwerke aan te P verstekwaarde ('default value')
val
Q afkoopsagteware ('ransomware')
2.10 'n Stel vrae vir navorsingsdoeleindes
wat elektronies deur 'n groot groep R LTE
mense beantwoord sal word
S #####
T SPD ('DPI')
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE.) GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
geskryf word NIE.
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Die aanvanklike laai-instruksies ('start-up
instructions') vir 'n rekenaar word in die Waar
LAG('ROM') gestoor.
NVK('NFC')-toestelle kan tot op 'n afstand
Onwaar – Bluetooth
van 10 meter met mekaar koppel.
3.1 Ruitnetrekenarisering ('Grid computing') is 'n stelsel waar hulpbronne van baie
rekenaars terselfdertyd op verskillende plekke gebruik word om 'n enkele taak
te voltooi. (1)
3.2 'n Perseel('Site')-lisensie laat 'n maatskappy toe om slegs een kopie van die
sagteware te installeer. (1)
3.3 'n Aanhegsel ('Attachment') is 'n lêer wat saam met 'n e-posboodskap gestuur
kan word. (1)
3.4 Die AVERAGE-funksie sal die gemiddeld van 'n stel waardes in 'n databasis
gee. (1)
3.5 Inligtingsoorlading ('Information overload') is die proses waar analoog-
tegnologieë wat vir uitsendingdienste gebruik word, met digitale tegnologieë
vervang word. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Bestudeer die skootrekenaar ('laptop') se spesifikasies in die advertensie
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Intel Core i5
15.6"-skerm (1920 x 1080)
128 GG('GB')-VTA ('SSD')
3 x USB-poorte
VGA-poort
Webkamera met mikrofoon
802.11 b/g/n
SD-kaartleser
6 sel-battery
Office 365 (1 jaar-lisensie)
4.1.1 Aan watter algemene sagtewarekategorie behoort Office 365? (1)
4.1.2 Gee TWEE moontlike redes waarom skermresolusie bykomend tot
skermgrootte in die spesifikasies hierbo aangedui word. (2)
4.1.3 Gee TWEE redes waarom nuwer modelle skootrekenaars nie optiese
aandrywers ('optical drives') het nie. (2)
4.1.4 Gee EEN moontlike rede waarom 'n VTA ('SSD') in plaas van 'n
hardeskyf vir hierdie rekenaar gespesifiseer is. (1)
4.1.5 Gee TWEE eienskappe van 'n USB-poort wat dit so 'n gewilde keuse
maak om randtoestelle te koppel. (2)
4.1.6 Bespreek waarom jy nie sou verwag om 'n VGA-poort in die
spesifikasies van hierdie skootrekenaar te sien nie EN noem watter
ander poort jy eerder sou verwag om te vind. (2)
4.1.7 Noem TWEE spesifikasies in die advertensie wat dit moontlik sou
maak om biometriese sekerheid ('biometric security') op hierdie
skootrekenaar op te stel. (2)
4.1.8 Noem 'n noodsaaklike spesifikasie wat werkverrigting beïnvloed, wat
NIE in hierdie advertensie genoem word NIE. (1)
4.2 Noem TWEE voordele daarvan om aanlyn bankdienste te gebruik teenoor 'n
fisiese besoek aan 'n bank. (2)
4.3 Stel EEN manier voor om seker te maak dat dokumente wat in nuwe
weergawes van die sagteware geskep is, by ouer weergawes van die
sagteware aanpasbaar ('compatible') is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2020
SS/NSS
4.4 Gee TWEE redes waarom jy kan besluit om 'n tafelrekenaar eerder as 'n
skootrekenaar te koop. (2)
4.5 Gee TWEE redes waarom 'n rekenaar 'n gebruiker kan aanpor om die
bedryfstelsel, bv. Windows, in veilige modus ('safe mode') te laai. (2)
4.6 'n Drukker druk nie die dokument wat daarheen gestuur is nie, al werk dit en
is dit aangeskakel en behoorlik gekoppel.
Bespreek TWEE maniere om hierdie probleem op te los. (2)
4.7 Noem die nutsprogram ('utility program') wat dele van lêers wat oor die
hardeskyf verstrooi is, herrangskik sodat dit langs mekaar gestoor word. (1)
4.8 Gee TWEE redes vir die gebruik van die 'Task Scheduler'-nutsprogram. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Wat is die hoofdoel van 'n IDV ('ISP')? (1)
5.2 Noem TWEE funksies van 'n roeteerder ('router') soos dit in 'n tuisnetwerk
gebruik word. (2)
5.3 Noem TWEE voordele van 'n veseloptiese koppeling ('fibre connection') bo 'n
gekabelde ADSL-koppeling. (2)
5.4 Waarom sou 'n gebruiker verkies om 'n ongevormde ('unshaped') koppeling in
plaas van 'n gevormde ('shaped') koppeling aan die internet te hê? (1)
5.5 Noem TWEE voordele daarvan om 'n deurblaaier-gebaseerde ('browser-
based') aanlyn toepassing te gebruik om dokumente te redigeer eerder as 'n
losstaande ('stand-alone') toepassing wat op 'n tafelrekenaar geïnstalleer
word. (2)
5.6 Noem TWEE nadele daarvan om deurblaaier('browser')-inpropprogramme
('plug-ins') en -uitbreidings te gebruik. (2)
5.7 Waarom sal jy 'n 'Page Not Found'- of 'Not Found'-foutboodskap kry wanneer
jy probeer om toegang tot 'n webblad te kry? (1)
5.8 Baie openbare plekke bied dikwels gratis internettoegang aan.
5.8.1 Wat word hierdie tipe koppeling genoem? (1)
5.8.2 Noem EEN probleem met hierdie tipe gratis internetkoppeling,
behalwe vir sekerheidsrisiko's. (1)
5.9 Wat is die hooffunksie van 'n netskans ('firewall')? (1)
5.10 Hoe sou 'n werknemer vanaf 'n vergeleë ligging veilige ('secure') toegang tot
sy maatskappy se netwerk kry? (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Gee TWEE redes waarom 'n taakdefinisie nodig is wanneer die navorsing vir
jou praktiese assesseringstaak (PAT) beplan word. (2)
6.2 Verduidelik hoe jy kan voorkom dat baie verskillende of onverwante resultate
van 'n webblaaier ('web browser') verkry word wanneer jy na 'n spesifieke
onderwerp op die internet soek. (1)
6.3 Wanneer jy 'n vraelys opstel, is dit belangrik om die verwagte formaat van die
antwoorde op geslote vrae te oorweeg omdat dit jou kan help om die data te
verwerk en te analiseer.
6.3.1 Gee TWEE antwoordtipes/-formate wat waardes sal terugstuur wat
na 'n .csv-lêer uitgevoer ('exported') kan word. (2)
6.3.2 Hoe kan hierdie data visueel in 'n sigblad voorgestel word? (1)
6.4 Verduidelik waarom dit belangrik is dat navorsers NIE bevooroordeelde
('biased') bronne by hulle navorsing of verslae insluit NIE. (2)
6.5 Gee TWEE maniere waarop databasisnavrae nuttig kan wees wanneer data
geanaliseer word. (2)
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Beskryf 'n situasie wat as aanlyn teistering ('online harassment') sou
kwalifiseer. (1)
7.2 Stel TWEE maniere voor waarop rekenaargebruikers HSB ('RSI') aan hulle
hande en gewrigte kan voorkom. (2)
7.3 Noem TWEE maniere waarop jy kan voorkom dat jy 'n slagoffer van e-pos-
uitvissing ('e-mail phishing') word. (2)
7.4 Bestuurderlose motors/Selfbestuurmotors ('Driverless cars/Self-driving cars')
kan in die toekoms meer algemeen word.
Gebruik jou rekenaarkennis om TWEE potensiële probleme te bespreek wat
met bestuurderlose motors/selfbestuurmotors geassosieer kan word. (2)
7.5 Noem EEN nadeel van skarebefondsing ('crowd funding') vir iemand wat in 'n
nuwe onderneming belê. (1)
7.6 Noem TWEE nadele van die gebruik van gratis wolkbergingsdienste ('cloud
storage services'). (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 Jy het die woord 'text' getik, maar het verskyn.
Hoe kan jy seker maak dat die woord 'text' in plaas van die simbole vertoon
word? (1)
8.2 Noem EEN instelling wat aangepas kan word deur die liniaal ('ruler') van 'n
woordverwerker te gebruik. (1)
8.3 Wat moet jy doen voordat jy 'n geoutomatiseerde sitaat ('citation') in 'n
woordverwerkingsdokument kan invoeg? (1)
8.4 Data verskyn in selle A1:W100 in 'n sigblad.
Watter sigblad-opsie sal jy gebruik om slegs die selreeks A1:D10 te druk? (1)
8.5 Jy wil 'n grafiek uit 'n sigblad in 'n woordverwerkingsdokument plak ('paste').
Watter 'Paste Special'-opsie sal jy gebruik om die grafiek in die woord-
verwerkingsdokument te laat opdateer wanneer die data in die sigblad
verander? (1)
8.6 Waarom verskyn die letters C en D nie in die sigblad nie, soos in die
skermkopie hieronder getoon?
(1)
8.7 Verduidelik die konsep van 'n sirkelverwysing ('circular reference') in 'n sigblad. (1)
8.8 Die LOOKUP-funksie wat in sel C5 gebruik word, poog om die punt vir
spesifieke leerders uit die opsoektabel ('lookup table') (selle E4:I5) te vertoon,
soos in die skermkopie hieronder getoon, maar die funksie stuur 'n
foutboodskap terug.
Stel EEN manier voor om seker te maak dat die korrekte punte vir al die
leerders in die lys verskyn. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2020
SS/NSS
8.9 Microsoft Access laat jou toe om 'n teksblokkie ('text box') in te voeg wanneer
jy 'n databasisvorm ontwerp.
Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n teksblokkie in 'n databasisvorm. (2)
8.10 Die volgende boodskap het verskyn toe jy 'n databasisnavraag laat uitvoer
het ('ran'):
Gee TWEE redes waarom die databasis vereis dat jy 'n parameterwaarde
invoer. (2)
8.11 Terwyl jy na 'n webblad in die deurblaaier ('browser') kyk, besluit jy dat jy
graag die HTML-kode wil ondersoek.
Wat sal jy doen om die HTML-kode van daardie webblad te laat vertoon? (1)
8.12 Gee TWEE wenke wat jou sal help om foute te voorkom of wat jou met
foutopsporing ('troubleshooting') sal help wanneer jy in HTML kodeer. (2)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 9
Jou graad 12-klas reël 'n fliekaand as fondsinsameling vir jou skool. Jy moet met die
reëlings help.
9.1 Jy het 'n skootrekenaar en 'n dataprojektor nodig om die flieks in die skoolsaal
te wys.
9.1.1 Noem TWEE eienskappe, behalwe vir die resolusie, wat jy sal
oorweeg wanneer jy 'n dataprojektor koop. (2)
9.1.2 Verduidelik waarom dit NIE nodig sal wees dat die skootrekenaar 'n
toegewyde grafikakaart moet hê om flieks te vertoon NIE. (1)
9.2 Gee EEN rede waarom jy NIE 'n muis saam met 'n skootrekenaar hoef te
gebruik NIE. (1)
9.3 In plaas daarvan om al die flieks af te laai wat jy gedurende die fliekaand wil
vertoon, het een van jou vriende voorgestel dat jy dit vanaf dienste soos
Netflix of YouTube stroom.
9.3.1 Noem die tipe sagteware wat nodig is om flieks te speel. (1)
9.3.2 Verduidelik hoe bandwydte die stroom van flieks beïnvloed. (2)
9.3.3 Bespreek TWEE beperkings daarvan om 'n 4G sellulêre koppeling
te gebruik om 'n fliek te stroom. (2)
9.4 Identifiseer TWEE risiko's waaraan jou skootrekenaar blootgestel kan word
deur aan die internet gekoppel te wees EN stel 'n manier voor om skade te
voorkom van ELKE risiko wat jy identifiseer. (4)
9.5 Die skoolhoof vereis dat jy ná die fliekaand 'n verslag met hoof- en
subopskrifte moet skep.
9.5.1 Watter stappe moet jy doen voordat 'n outomatiese inhoudsopgawe
('Table of Contents') by 'n woordverwerkingsdokument gevoeg kan
word? (2)
9.5.2 Die verslag sal op 'n webblad gepubliseer word.
Noem TWEE moontlike plekke waarheen hiperskakels in die verslag
kan wys. (2)
9.5.3 Jy sal die possamevoegingseienskap ('mail merge feature') in
die woordverwerker gebruik om die verslag aan ander onderwysers
te stuur.
Noem TWEE voordele van die gebruik van die possamevoegings-
eienskap om verpersoonlikte e-posboodskappe te skep. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2020
SS/NSS
9.6 Die organiseerders verwag van die ouers om 'n elektroniese vorm in te vul
wat op die skool se blog gepubliseer sal word om die sukses van die
fliekaand te evalueer.
9.6.1 Gee TWEE voordele vir die organiseerders om die aanlyn vorm op
die skool se blog te publiseer. (2)
9.6.2 Noem TWEE webgebaseerde sigbladprogramme teenoor 'n
sigbladprogram wat by verstek op die skootrekenaar geïnstalleer is. (2)
9.6.3 Die data van die elektroniese vorm is na 'n sigblad uitgevoer.
Die organiseerders wil vasstel hoeveel ouers 'n gradering van meer
as 7 vir al drie kriteria gegee het, m.a.w. Fliekgradering,
Lokaalgradering en Spysenieringsgradering.
Bestudeer die skermkopie hieronder en verduidelik waarom die
COUNTIF-funksie wat in die adresstaaf ('address bar') van sel E2
vertoon word, nie die korrekte antwoord gee nie.
(2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 10
Jou skool reël 'n reünie. Leerders wat die afgelope 50 jaar hier skoolgegaan het, sal
uitgenooi word.
10.1 'n Skakel ('link') na die uitnodiging sal na elke voormalige leerder gestuur
word. Die antwoorde sal in 'n databasis vasgelê word.
10.1.1 Die GPS-koördinate van die venue word by die uitnodiging ingesluit.
Verduidelik die konsep GPS. (MOENIE slegs die akroniem in
woorde skryf NIE.) (2)
10.1.2 Watter e-poseienskap kan gebruik word om die skakel ('link')
gelyktydig na al die voormalige leerders te stuur? (1)
10.1.3 Watter tipe toepassing kan gebruik word om die probleem van 'n
skakeladres ('link address') wat baie lank is, op te los? (1)
10.1.4 Noem die databasisobjek ('database object') wat gebruik kan word
om 'n gedrukte opsomming van die getal mans en vroue wat verwag
word, te gee. (1)
10.1.5 Gee TWEE sekerheidsmaatreëls ('security measures') om
vertroulikheid van die data van die gaste wat op die lys in die
databasis is, te verseker. (2)
10.2 Voormalige leerders kan op sosiale media gevind word en 'n
sosialemediablad sal gebruik word om inligting oor die reünie te deel.
10.2.1 Gee TWEE redes waarom mense NIE sosialemedia-rekeninge wil
hê NIE. (2)
10.2.2 Noem TWEE riglyne wat by 'n skoolbeleid oor die gebruik van
sosiale media ingesluit kan word. (2)
10.2.3 Bespreek TWEE maniere waarop voormalige leerders opgespoor
kan word deur sosiale media te gebruik. (2)
10.3 'n Dinee, gevolg deur 'n dans, sal vir die voormalige leerders gehou word.
10.3.1 Noem TWEE tegnologieë wat gebruik kan word om die gaste te
identifiseer en by die dans toe te laat, behalwe vir biometriese
tegnologie. (2)
10.3.2 Die gaste sal kos vanaf 'n spyskaarttoep ('app') wat op 'n tablet
geïnstalleer is, kan kies.
Gee TWEE redes waarom die bestuur van maaltydkeuses van 'n
spyskaarttoep makliker is as vanaf 'n gedrukte spyskaart. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2020
SS/NSS
10.4 Die gaste sal toeps ('apps') vir aangepaste realiteit ('augmented reality/AR')
vir vermaak gebruik.
Noem TWEE maniere waarop aangepaste realiteit (AR) van virtuele realiteit
('virtual reality/VR') verskil. (2)
10.5 Daar sal 'n aanbieding oor die gebruik van die Internet van Dinge (IvD)
('Internet of Things/IoT') by die skool wees.
Verduidelik die konsep Internet van Dinge (IvD). (2)
10.6 Die gaste sal foto's met hulle slimfone neem.
10.6.1 Foto's sal met gebruik van Bluetooth vanaf die gaste se slimfone na
'n skootrekenaar oorgedra word.
Noem TWEE voordele daarvan om die foto's kabelloos van die
slimfone na 'n skootrekenaar oor te dra eerder as om 'n USB-kabel
te gebruik om die foto's oor te dra. (2)
10.6.2 Al die foto's van die reünie sal by 'n PowerPoint-aanbieding ingesluit
word.
Wat kan jy doen om die lêergrootte van die PowerPoint-aanbieding
te verklein sonder om dit saam te pers? (1)
10.6.3 Die PowerPoint-aanbieding sal na die wolk ('cloud') opgelaai word.
Hoe kan hierdie aanbieding aan voormalige leerders, wat nie
toegang tot die internet het nie, beskikbaar gemaak word? (1)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper