Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VERBRUIKERSTUDIES
2022
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)

Consumer Studies Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 593.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute)
AFDELING A (Kortvrae)
1 Kortvrae (AL die onderwerpe) 40 20
AFDELING B (Langvrae)
2 Die Verbruiker 40 40
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 20 20
5 Behuising en Interieur 20 20
6 Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180
2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
beantwoord word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs met swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.
1.1.1 'n Spaarklub waaruit alle lede voordeel trek:
A Gemeenskap
B Stokvel
C Piramideskema
D Boekklub (1)
1.1.2 Die verhoging in die prys van goedere en dienste:
A Rentekoers
B BTW-koers
C Inflasiekoers
D Prima koers (1)
1.1.3 Die repokoers is die rentekoers …
A wat gebruik word om saamgestelde rente te bereken.
B wat die Reserwebank op banke hef.
C wat op persoonlike lenings gehef word.
D wat op huislenings gehef word. (1)
1.1.4 Die verbruikersprysindeks word gebruik om die …
A amptelike inflasiekoers te bereken.
B amptelike repokoers vas te stel.
C impak van prysverhogings op huishoudings te bepaal.
D prys van voedsel wat van BTW vrygestel is, te bepaal. (1)
1.1.5 Voedselitems wat van BTW vrygestel is:
A Witbrood en stampmielies ('samp')
B Groente en pasta
C Koelmeelblom en olie
D Eiers en rys (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/2022
SS/NSS
1.1.6 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
[Bron: Images.google.com]
Die prent stel 'n persoon voor wat aan die volgende
voedselverwante gesondheidstoestand ly:
A Diabetes
B Osteoporose
C Anemie
D Hipertensie (1)
1.1.7 Voedselbestraling help om ...
A die voedingswaarde te verhoog.
B vrugte en groente ryp te maak.
C bakterieë te vernietig.
D plaagdoders te verwyder. (1)
1.1.8 Voedsel met 'n hoë glukemiese indeks sal ...
A 'n vinnige styging in die bloedglukosevlakke veroorsaak.
B glukose stadig in die bloed vrystel.
C 'n geleidelike toename in die bloedglukosevlakke veroorsaak.
D die bloedglukosevlakke stelselmatig verander. (1)
1.1.9 Verbruikers geniet voedselsekerheid as hulle …
A 'n groentetuin begin.
B vir 6 maande 'n toelaag ontvang.
C voedingsaanvullings gebruik.
D genoegsame en veilige voedsel eet. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/2022
SS/NSS
1.1.10 Vitamien … is 'n voorbeeld van 'n antioksidant.
A K
B C
C D
D B (1)
1.1.11 Mary wil graag haar breë middel verbloem. Dit sal die beste bereik
word as sy die volgende dra:
A Rok met horisontale strepe
B Helderkleurige broek
C Rok met 'n breë lyfband/gordel ('belt')
D A-lyn-rok (1)
1.1.12 Die bokant van 'n stoof wat veilig is om te gebruik, maklik is om
skoon te maak en energiedoeltreffend is:
A Gasbrander
B Induksieblad
C Spiraalplaat
D Soliede plaat (1)
1.1.13 'n Huiseienaarsvereniging bestuur die volgende tipe huis-
eienaarskap:
A Vrye titel
B Voltitel
C Deeltitel
D Enkeltitel (1)
1.1.14 … is 'n voordeel van voltitelhuiseienaarskap.
A Gebruik van gemeenskaplike geriewe
B Veiligheid gedurende die dag
C Goedkoper instandhouding
D 'n Goeie belegging (1)
1.1.15 Die goedkoopste metode om vir 'n huishoudelike toestel te betaal:
A Huurkooptransaksie
B Kredietkaart
C Persoonlike lening
D Kontant (1)
1.1.16 Aanvangskoste om 'n besigheid te begin, sluit in ...
A huur, elektrisiteit, water, salarisse.
B lisensie, voorraad, huurdeposito, toerusting.
C versekering, lisensie, skryfbehoeftes, lone.
D telefoon, elektrisiteit, water, vervoer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/2022
SS/NSS
1.1.17 Die stadium wanneer 'n besigheid die beste-verkope-scenario kan
bereik:
A 50% van die produkte is verkoop
B Kwaliteitprodukte word vervaardig
C Verkope dek al die uitgawes
D Minder produkte as wat benodig word, word vervaardig (1)
1.1.18 'n Voorbeeld van die geskikste advertensiemedia vir 'n kleinskaalse
besigheid:
A Radio
B Televisie
C Bioskoop
D Strooibiljette (1)
1.1.19 … verseker dat daar genoeg grondstowwe vir produksie is.
A Voorraadbeheer
B Produkspesifikasie
C Gehaltebeheer
D Kosteberekening (1)
1.1.20 Die vermindering van omgewingsafval en besoedeling dra by tot …
A finansiële stabiliteit.
B volhoubare produksie.
C tydsbestuur.
D verlies aan inkomste. (1)
1.2 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Rente wat slegs op die oorspronklike leningsbedrag bereken word
1.2.2 Lede ontvang vergoeding vir die werwing van ander lede
1.2.3 'n Skema waar 'n produk verkoop word en lede vir kommissie
gewerf word
1.2.4 'n Bedrogswyse waarop geld van niksvermoedende verbruikers
bekom word
1.2.5 Die tydperk wat wetgewing verbruikers toelaat om 'n kontrak
sonder enige gevolge te kanselleer (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/2022
SS/NSS
1.3 Pas die uitwerking van 'n tekort aan 'n voedselbymiddel in KOLOM B by die
voedselbymiddel in KOLOM A. Skryf slegs die letter (AH) langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
VOEDSELBYMIDDEL UITWERKING VAN 'N TEKORT AAN
'N VOEDSELBYMIDDEL
1.3.1 Preserveermiddels A voedsel word galsterig
1.3.2 Stabiliseerders B vrugte word oorryp
1.3.3 Kleurstowwe C onaangename smaak
1.3.4 Antioksidante D gebrekkige skuimvorming
1.3.5 Smaakmiddels E onaantreklike voorkoms van voedsel
F voedselbederf
G klontvorming
H oneweredige tekstuur van voedsel
(5 x 1) (5)
1.4 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n Dokument wat die vloei van geld oor 'n toekomstige tydperk
aandui
1.4.2 Die vermoë van 'n besigheid om te groei en steeds op lang termyn
'n wins te toon
1.4.3 Vaste en veranderlike koste deur 'n besigheid aangegaan om
produkte te vervaardig
1.4.4 Die analise en evaluering van 'n voorgestelde besigheidsidee om
te bepaal of dit waarskynlik suksesvol sal wees
1.4.5 Die bedrag wat by die kosprys van goedere gevoeg word om
bokoste/oorhoofse koste en winste te dek (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/2022
SS/NSS
1.5 Kies VYF gevolge van handelsmerkrowery vir die oorspronklike
handelsmerkvervaardiger uit die lys hieronder. Skryf slegs die letters (AJ)
langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Verhoogde belastinginkomste vir 'n land se ekonomie
B Die oorspronklike handelsmerkvervaardiger sal inkomste verloor
C Afname in produkmededinging
D Dit doen afbreuk aan die beeld van die vervaardiger
E Goedkoper weergawes van die oorspronklike handelsmerk sal
beskikbaar wees
F Skep meer werksgeleenthede in die wettige bedryf
G Verhoed groei vir geregistreerde handelsmerkeienaars
H Verbruikers kan vertroue in die oorspronklike produk verloor
I Meer geleenthede vir die vervaardiger om uit te brei
J Finansiële volhoubaarheid in die wettige bedryf (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B: LANGVRAE
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Verduidelik die volgende terme:
2.1.1 Lopende betaalstelsel (LBS) (3)
2.1.2 Uitvissing ('Phishing') (3)
2.2 Noem TWEE heffings wat motoriste betaal wanneer hulle hul voertuie met
brandstof of diesel vol maak. (2)
2.3 Noem VIER oorsake van waterbesoedeling. (4)
2.4 Maak 'n lys van maniere waarop 'n huishouding elektrisiteit kan bespaar
wanneer water verhit en gekook word. (3)
2.5 Onderskei tussen direkte en indirekte belasting wat deur 'n verbruiker betaal
word. (3)
2.6 Bespreek die voordele van 'n tweejaar-waarborg op goedere en dienste. (4)
2.7 Verduidelik die verantwoordelikhede van munisipaliteite om die verspreiding
van Covid-19 te beheer. (4)
2.8 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: MTN.co.za]
2.8.1 Verduidelik waarom die advertensie as 'n kontrak beskou kan word
wanneer 'n verbruiker hierdie datapakket koop. (3)
2.8.2 Noem DRIE redes waarom die sluiting van hierdie kontrak
wettig is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/2022
SS/NSS
2.9 Bespreek die impak van prysverhogings van die volgende op Suid-Afrikaanse
huishoudings:
2.9.1 Brandstofpryse (4)
2.9.2 Elektrisiteit (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Maak 'n lys van die inligting wat op 'n voedseletiket moet verskyn. (5)
3.2 Noem waarom Suid-Afrika as voedsel-selfonderhoudend beskou kan word. (2)
3.3 Bestudeer die prente van bloedglukosevlakke hieronder en beantwoord die
vraag wat volg.
BLOEDGLUKOSEVLAKKE
A Hoog B Normaal C Laag
[Bron: bloodglucosevalue.com]
Identifiseer die gesondheidstoestande wat deur prente A en C voorgestel
word. (2)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Nandi, 'n tiener, het 2 km skool toe gehardloop omdat sy laat was. Sy het
nie tyd gehad om te eet nie. Sy het lekkers by 'n straatverkoper gekoop en
dit vinnig geëet voordat sy haar eerste klas vir die dag bygewoon het.
Halfpad deur die les het sy baie hongerig en bewerig begin voel en toe flou
geval. Sy is na die skool se siekeboeg geneem.
[Eie teks]
Noem VIER redes waarom Nandi die voedselverwante gesondheidstoestand
hierbo ondervind het. (4)
3.5 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Vyf kleuters by 'n dagsorgsentrum is hospitaal toe geneem nadat hulle
simptome van gastroënteritis getoon het. Die dagsorgsentrum het vir twee
dae geen watervoorsiening gehad nie. Hulle moes steeds voedsel berei,
vuil toerusting was en doeke ruil.
[Eie teks]
3.5.1 Gee die inkubasieperiode vir gastroënteritis. (1)
3.5.2 Verduidelik hoe gastroënteritis waarskynlik aan die kleuters
oorgedra is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/2022
SS/NSS
3.6 Noem VIER voordele van geneties gemodifiseerde voedsel vir die verbruiker. (4)
3.7 Verduidelik die negatiewe impak van organiese boerdery op die ekonomie. (6)
3.8 Bestudeer die gereg hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
VIS-EN-NOEDELGEBAK
(bestaan uit lae ingelegde sardyne met grate ('pilchards'), pasta,
witsous met cheddarkaas)
Bespreek hoe die gereg hierbo kan help met die voorkoming en bestuur van
osteoporose. (4)
3.9 Bestudeer die inligting hieronder wat op die verpakking van 'n brood verskyn.
Volkoringbrood
Voedingsfeite Bestanddele:
Porsiegrootte 1 sny (38 g) Volkoringmeel
Hoeveelheid Per Porsie Water
Totaal Vet 1 g Bruin suiker
Koring (gluten)
Versadigde Vet 0 g
Sojaboon-olie
Transvette 0 g Koringsemels ('Wheat
Cholesterol 0 g bran')
Gis
Natrium 190 g
Sout
Totaal Koolhidrate 18 g Koringkiem
Dieetvesel 3 g Molasse
Heuning
Suiker 3 g
Proteïen 4 g
Vitamien A 0% Vitamien C 0%
Kalsium 4% Yster 6%
[Aangepas uit ambitiousmares.blogspot.com]
Regverdig of die brood geskik is vir 'n persoon wat aan diabetes ly. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Noem TWEE eienskappe van klassieke modes. (2)
4.2 Gee TWEE voorbeelde van volhoubare tekstiele. (2)
4.3 Verduidelik die volgende terme:
4.3.1 Ekovriendelike materiaal (2)
4.3.2 Modegiere (2)
4.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Hierdie uitrusting bestaan uit:
Swart rok
Beige hoëhaksandale
[Bron: express.com/womensclothes]
Motiveer die geskiktheid van die kleur en styl van die uitrusting vir die
werkplek. (4)
4.5 Daar was in 2020 geen groot modeveranderinge in die wêreld of in
Suid-Afrika nie.
Verduidelik hoe die volgende faktore tot die stelling hierbo bygedra het:
4.5.1 Sosiale faktore (4)
4.5.2 Ekonomiese faktore (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Maak 'n lys van die inligting wat by 'n boukontrak ingesluit moet word om die
verbruiker en die boukontrakteur te beskerm. (5)
5.2 Bestudeer die prent van die yskas hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
157 ℓ SONENERGIE-
HIBRIEDE YSKAS Die sonenergie- hibriede yskas
gebruik beide elektrisiteit en
sonenergie. Dit gee egter voorkeur
aan sonenergie en gebruik daarom
soveel moontlik sonenergie om
die yskas te laat werk. Dit sal
die elektrisiteitsrekening aansienlik
verlaag en tot soveel as 44%
minder energieverbruik lei.
Eienskappe:
Outomatiese ontvriesing
A+ energie-indeks
Metaalkleurige afwerking
[Bron: defy.co.za]
5.2.1 Noem DRIE faktore om in ag te neem by die keuse van 'n yskas vir
'n gesin. (3)
5.2.2 Beskryf TWEE maniere waarop die yskas menslike energie
bespaar. (4)
5.2.3 Verduidelik die voordele van die gebruik van 'n sonenergie-
hibriede yskas. (3)
5.3 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Tydens die grendeltydperk ('lockdown') het baie mense 'n verlies aan
inkomste ondervind. Dit het 'n impak op huiseienaars gehad wat steeds hul
finansiële huiseienaarskap-verantwoordelikhede moes nakom.
[Eie teks]
Bespreek die moontlike gevolge vir huiseienaars indien hulle nie hulle
finansiële huiseienaarskap-verantwoordelikhede kan nakom nie. (5)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Noem VIER vereistes van hoë gehalte verpakking. (4)
6.2 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
TOFFIES VAN DARLING SWEET
Darling Sweet het 'n bekende handelsmerk vir diegene met 'n soet tand
geword. Die toffies is in baie geure beskikbaar. Darling Sweet het hul reeks
uitgebrei en sluit nou ook ander produkte soos heuning en toffiesmeer in.
Hulle produkte is by verskeie handwerk- en kosmarkte beskikbaar en word
ook aanlyn geadverteer.
[Bron: theculturetrip.com]
Verduidelik hoe die 5P's van die bemarkingsmengsel in die advertensie
hierbo bereik is. (5)
6.3 Bestudeer die grafiek hieronder van die verkope van 'n plaaslike
roomysbesigheid vir die afgelope ses maande. Beantwoord die vrae wat volg.
VERKOPE PER MAAND
(JULIEDESEMBER)
Roomysverkope
1000
0
Maande
6.3.1 Identifiseer die maand met die hoogste verkope. (1)
6.3.2 Gee DRIE moontlike redes vir die antwoord op VRAAG 6.3.1. (3)
6.3.3 Verduidelik waarom Julie die laagste verkope toon. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/2022
SS/NSS
6.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nel bedryf 'n wassery in sy gemeenskap. Hy bied die afhaal, was, stryk en
aflewering van wasgoed aan. Sy besigheid het onlangs uitgebrei nadat die
plaaslike restaurant 'n kontrak met hom gesluit het om hul tafeldoeke en
servette te was. Hy het toe sy besigheid uitgebrei deur verskillende
afdelings te vorm: twee werkers ontvang en sorteer bestellings; twee
werkers hanteer die wasmasjiene; twee stryk en verpak die wasgoed en 'n
drywer doen die afhaal en aflewering. Sedert hy die kontrak gesluit het, is
Nel baie besig en moes hy meer werkers huur en oplei en groter
wasmasjiene aankoop. Hy wil ook 'n droogskoonmaak-afdeling begin en
het twee werknemers na 'n droogskoonmaakkursus gestuur.
[Eie teks]
6.4.1 Verduidelik kortliks die belangrikheid van personeelopleiding om
die sukses van Nel se besigheid te verseker. (4)
6.4.2 Verduidelik die belangrikheid van netheid in die wassery. (2)
6.4.3 Identifiseer DRIE faktore wat tot die sukses van Nel se besigheid
sal bydra. (3)
6.4.4 Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe Nel se wassery 'n
doeltreffende diens aan sy klante bied. (6)
6.4.5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nel vra R100,00 vir ʼn 10 kg-mandjie wasgoed. Afhaal en
aflewering kos die verbruiker 'n verdere R30,00. Nel se
besigheid was en stryk 30 mandjies wasgoed per dag. Hy maak
'n wins van 40% op elke 10 kg-mandjie wasgoed, afhaal- en
afleweringskoste ingesluit.
(a) Bereken die bedrag geld wat die besigheid sal maak as
30 mandjies wasgoed daagliks afgehaal, gewas en afgelewer
word. (3)
(b) Bereken die wins wat Nel maak as 30 mandjies wasgoed per
dag gewas en gestryk word. (2)
6.4.6 Bespreek die faktore wat Nel se besigheid finansieel volhoubaar
maak. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Errata