Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN KLEDING ITEMS)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2018
Hierdie riglyne bestaan uit 37 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2018 (Clothing) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 37 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Practical assessment task, 37 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2018
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 37
- File size
- 3.7 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 37
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring vakke wat ‘n praktiese komponent bevat,
sluit almal ‘n Praktiese Assesseringstaak (PAT), bv. ‘n Praktiese of Prestasie-
assesseringstaak in. Hierdie vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurspraktyke, Landbou Tegnologie
• KUNSTE: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaar toepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Electriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie
En Grafiese Ingenieurswetenskap en Ontwerp
Die punt vir ‘n Praktiese Assesseringstaak (PAT) is ‘n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir al die kandidate wat vakke neem met ‘n praktiese komponent en tel 25%
(100 punte) van die einde-van-die-jaar eksamenpunt. Die PAT wat oor die eerste drie
termyne van die skooljaar geïmplementeer word, word afgebreek in verskillende fases of ‘n
reeks kleiner aktiwiteiete wat die PAT vorm. Die PAT maak voorsiening vir leerders om op ‘n
gereelde basis tydens die skooljaar geassesseer te word en maak ook voorsiening vir die
assessering van vaardighede wat nie in geskrewe formaat geassesseer kan word nie bv ‘n
toets of eksamen. Daarom is dit belangrik dat skole moet toesien dat al die leerders die
Praktiese Assesseringstake binne die gestipuleerde periode voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar slaag. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil
van vak tot vak.
• Tydens die Praktiese Assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese
vermoë/vaardighede demonstreer om ‘n verskeidenheid kwaliteit kledingstukke te
produseer, met die fokus op verkoopbaarheid.
• Die Praktiese Assesseringstaak vir Graad 12 bestaan uit ‘n uitlê en uitknipsessie (deel
van praktiese eksamen 1) en twee praktiese eksamens van drie uur elk. Leerders voer
hierdie praktiese eksamens individueel uit.
o Termyn 2 : Praktiese eksamen 1 (plus uitlê en uitknipsessie)
Leerders sal die helfte van die kledingstukke maak wat hul vir die mikro-onderneming
vir die projek in termyn 1 gekies het.
o Termyn 3 : Praktiese eksamen 2
Leerders voltooi die kledingstukke wat hulle in praktiese eksamen1 begin het in
praktiese eksamen 2.
2. PUNTETOEKENNING
• Elke praktiese eksamen bestaan uit 100 punte Die punt vir die finale Praktiese
Assesseringstaak word verkry deur die punte vir die 2 eksamens te kombineer soos
onder aangedui word:
Praktiese eksamen: termyn 2 (sluit uitlê en uitknip in) 100
Praktiese eksamen: termyn 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
• Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar assessering.
• Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SBA en een vir die
PAT voorsien. Albei puntestate moet deur die onderwyser, hoof en moderator geteken
word.
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Verbruikerstudies is ’n keuse vak met vyf praktiese opsies. As die skool kies om
Verbruikerstudies met die Kledingproduksie praktiese opsie as ‘n vak aan te bied, is die
nodige toerusting en fondse vir die PAT sowel as vir die gespesifiseerde aantal praktiese
lesse die verantwoordelikheid van die skool soos uiteengesit in die KAB document.
Die onderstaande moet voorsien word:
• ‘n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting: groot tafels vir uitlê en uitknip, ‘n
minimum van 12 naaimasjiene, 2 omkapmasjiene, twee of meer strykplanke en
strykysters, uitknipskêre (een vir elke leerder), elektrisiteit, naaldwerktoerusting om
kledingstukke te maak, moet beskikbaar wees.
• ‘n Minimum van R80 tot ‘n maksimum van R100 per leerder vir ELK van die twee
praktiese eksamens word benodig, buiten die fondse wat benodig word om die
benodigdhede vir die kledingstukke wat vir die SBA praktiese lesse gemaak word, te
koop.
• Verdeel die leerders in groepe van maksimum 12 per sessie. Vier en twintig leerders
(twee groepe van 12) kan gelyktydig die eksamen op dieselfde dag doen bv van 8:00 –
11:00 en van 12:00 – 15:00.
• Die onderwyser het tyd nodig tussen die twee sessies om die lokaal vir die volgende
groep gereed te maak.
• Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
• Uitlê en uitknip word vooraf in ‘n een uur periode onder eksamen toestande gedoen.
• ‘n Tydraamwerk van 3 uur in totaal word per eksamen benodig (die een uur uitlê en
uitknipsessie in eksamen 1 uitgesluit.)
5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
5.1 Praktiese Eksamen 1 (termyn 2)
• Hierdie praktiese eksamen moet in die eksamenrooster vir die tweede termyn
ingesluit word.
• Leerders voltooi die helfte van die kledingstuk wat vir die mikro-onderneming
(projek term 1) gekies is. Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid
van die kledingstukke vorm ‘n belangrike aspek van die eksamen..
• Die onderwyser moet ‘n handelspatroon vir ‘n artikel wat binne 7 uur (een uur uitlê
en uitknip plus 2 x drie uur) met die vaardighede wat die leerders tydens die SBA
praktiese lesse vir graad 10 en 11 geleer het, voltooi kan word.
• Onderwysers het twee opsies om die patroon vir die praktiese eksamens te kies:
o Koop ‘n handelspatroon vir ‘n kledingstuk wat binne 7 uur voltooi kan word (1 uur
uitlê en uitknip en 2 x drie uur)
• Gebruik dieselfde handelspatroon wat in die praktiese lesse gebruik is en laat die
leerders die kledingstuk weer in 7 uur maak.
• Die gekose kledingstuk moet ‘n totale gewigswaarde van 100 punte volgens die
vaardigheidskode hê.
• Die tegnieke wat in elke eksamen voltooi moet word, moet ‘n totale
vaardigheidsgewigswaarde van 50 punte hê.
• Die leerders moet die een-uur uitlê en uitknipsessie onder eksamen toestande voor
praktiese eksamen 1 voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
• Leerders begin en voltooi die helfte van die kledingstuk in praktiese eksamen 1.
• Na drie uur moet die leerders hulle kledingstukke inhandig vir assessering. Nadat
die assessering voltooi is word die kledingstukke aan die leerders teruggegee
sodat foute reggemaak en aft e rond kan word indien nodig. Die kledigstukke word
NIE weer nadat verbeterings aangebring is, gemerk nie.
5.2 Praktiese eksamen 2 (termyn 3)
• Hierdie eksamen sal plaasvind op ‘n datum waarop met die vakadviseur
ooreengekom is.
• Die leerders sal geassesseer word op die produksieproses, vakmanskap en
verkoopbaarheid van die kledingstukke.
• ‘n Tydraamwerk van 3 uur in totaal word per eksamen benodig (uitsluitend die een
uur uitlê en uitknipesessie).
• Die tegnieke wat voltooi moet word, moet ‘n vaardigheidsgewigswaarde van 50
punte hê.
• Na drie uur moet die leerders hulle kledingstukke inhandig vir finale assessering.
Nadat die assessering voltooi is, word die kledingstukke aan die leerders teruggegee
om foute reg te maak en af te rond indien nodig. Die kledingstukke sal NIE weer
gemerk word nadat verbeterings aangebring is nie.
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is verantwoordelik vir die onderstaande:
• Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander skool
aktiwiteite bots nie.
• Al die toerusting moet in werkende toestand wees en die naaimasjiene moet gediens en
herstel word voor die aanvang van die praktiese eksamen.
• Kopieer die patroon, illustrasies/s en instruksieblad vir elke leerder of koop ‘n
handelspatroon vir elke leerder. Dit is verpligtend dat elke leerder ‘n instruksieblad
gebruik.
• Vul die leerders se name en eksamennommers in op die puntestate wat verskaf word.
• Die leerders moet die patroon en instruksies een week (7 skooldae) voor die uitlê- en
uitknipsessie ontvang om voor te berei.
• Koop die materiaal en ander benodigdhede en knip die kleedstof die verlangde grootte
vir elke leerder.
• Stel vir elke leerder ‘n stelletjie/”kit” saam wat die onderstaande insluit:
o Kleedstof in die vereiste grootte
o Die patroon en instruksieblad
o Die kramery/ander benodigdhede bv ‘n ritssluiter, knope, spelde ens..
• Verdeel die leerders in groepe volgens die aantal naaimasjiene wat beskikbaar is.
• Bedraad die naaimasjiene vooraf met die geskikte kleur garing en toets die spanning van
al die naaimasjiene.
• Berei die klaskamer voor en maak seker die dat die onderstaande beskikbaar is
o Elektriese stopkontake en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene
o Strykysters en strykplanke
o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die kledingstukke.
o Genoeg klein gereedskap soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing,
spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en uitknipskêre.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
7. UITVOERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
7.1 Praktiese eksamen 1 in termyn 2: 4 uur (een uur uitlê en uitknip plus
drie uur)
7.1.1 Die uitlê- en uitknipsessie: 1 uur (‘n dag voor praktiese eksamen 1)
• Deel elke leerder se “kit” uit, asook die kleedstof, patroon, instruksieblad en
ander benodigdhede soos die ritssluiters.
• Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê- en uitknipsessie aan leerders hulp
verleen nie.
• Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken.
• Leerders mag verbeterings aanbring/nuwe patroondele uitknip nadat die
uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit word NIE weer gemerk
nie.
• Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele in ‘n veilige plek tot
die dag van praktiese eksamen 1.
7.1.2 Praktiese eksamen 1 in Termyn 2: 3 uur
• Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul “kits”
tesame met die uitgeknipte patroondele en ekstra afvalmateriaal (om die
naaimasjiene se spanning te toets indien nodig.).
• Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees.
• Die naaimasjiene moet gereed wees by die tafels.
• Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, doen praktiese
eksamen 1.
• Die kledingstukke moet aan die einde van drie uur gereed wees vir
assessering.
Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot ‘n
maksimum van 20 punte.
• Slegs die onderwyser, leerders en moderator mag in die klaskamer wees
tydens die praktiese eksamen.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl die
praktiese eksamen uitgevoer word en mag NIE ander werk doen of hulp aan
die leerders verleen nie.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 merk en die punte neerskryf.
Hierna mag die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die
kledingstukke voltooi tot die vereiste stadium waar praktiese eksamen 2
begin, nadat die kledingstukke gemerk is. Die kledingstukke word NIE weer
gemerk nadat verbeterings gemaak is nie.
• Nadat die verbeterings gedoen is, word die kledingstukke saam met die “kits”
in ‘n veilige plek bewaar tot die dag van praktiese eksamen 2 in termyn 3.
7.2 Praktiese eksamen 2 in Termyn 3: 3 uur
• Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul “kits” en die
half voltooide kledingstukke asook ekstra afvalmateriaal (om die
naaimasjiene te toets indien nodig).
• Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees.
• Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.
• Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser voer praktiese
eksamen 2 uit.
• Die kledingstukke moet aan die einde van die drie uur gereed wees vir
assessering.
• Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is tot ‘n
maksimum van 20 punte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
• Slegs die onderwyser, die kandidate en die moderator mag in die klaskamer
wees tydens die praktiese eksamen.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
eksamen uitvoer en mag NIE enige ander werk doen nie of enige hulp aan
die leerders verleen nie.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 merk en die punte neerskryf.
Daarna kan die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die
kledingstukke voltooi. Die kledingstukke word NIE weer gemerk nadat
verbeterings aangebring is nie.
o Nadat verbeterings aangebring is, word die kledingstukke in ‘n veilige plek bewaar
tot die dag van moderering.
8. EVALUERING
• Die onderwyser en moderator het 45 minute om die finale kledingstukke te
evalueer, die werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.
• Die leerders moet hulle werkplekke na voltooiing van die eksamen opruim,
sodat die onderwyser die werkplekke kan inspekteer vir die finale
puntetoekenning.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR Praktiese eksamen 1
Die vakadviseur moet die onderstaande voor die einde van termyn 1 ontvang vir
moderering om te verseker dat die standaard van die eksamen toepaslik is:
• Die gekose kledingstuk met ‘n aanduiding van die tegnieke volgens die
vaardigheidskode.
• ‘n Fotokopie van die patroonkoevert
• ‘n Illustrasie van die kledingstuk
• Die lys van kledingstowwe, kramery/ekstra benodigdhede en wat gekoop moet word
• Die beraamde koste per leerder
• Die voltooide oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken
• n Ínstruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en die puntetoekenning
vir die praktiese eksamensessie
• Die puntestaat vir die praktiese eksamen
• Beplanning vir al drie sessies (uitlê en uitknip, praktiese eksamen 1 en praktiese
eksamen 2) met die totale gewigswaarde vir die tegnieke
• DIe PAT mag nie gedoen word tensy dit vooraf deur die Vakadviseur
goedgekeur is nie.
9.2 OP DIE DAG VAN praktiese eksamen 2
• In termyn 3 sal die laaste groep van maksimum 12 leerders ekstern gemodereer
word deur die vakadviseur terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool doen.
• Die onderwyser moet die onderstaande beskikbaar hê vir die moderator op die dag
van die moderering:
o Al die kledingstukke wat die leerders tydens die praktiese klasse vir SBA
gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie)
o ‘n Kopie van die voltooide puntestaat vir praktiese lesse
o Die voltooide kledingstukke (gemerk) van al die leerders wat reeds die
eksamen voltooi het
o Die punte van die leerders wat reeds die eksamen voltooi het
• ‘n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator om te gebruik, met die
name en eksamennommers van die leerders reeds opgeskryf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
• Die moderator sal lukraak 6 kandidate kies en hulle onafhanklik assesseer terwyl
hulle die eksamen doen, asook die kledingstukke wat hierdie leerders gemaak het.
• Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met die van die
onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as
10% van sy/haar punte verskil, moet ‘n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts
gemaak word na gelang van die verskil.
• Die gerekenariseerde puntestate moet op die dag van moderering voltooi word.
• Die onderstaande tabel demonstreer hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die
onderwyser se punte te bereken om te bepaal of ‘n aanpassing gemaak moet word of nie:
PAT 2
100
Leerders se name *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (Aantal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) - 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS -3
*O - Onderwyser; *M = Moderator
• ‘n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator
gemaak word as die praktiese eksamen nie aan die verwagte standaard voldoen nie.
• Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die
finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word.
• Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as ‘n aanpassing gemaak word.
• Die punte van al die leerders moet gefinaliseer en deur die vakadviseur en die hoof
afgeteken word op die dag van hierdie eksamen. Die gerekenariseerde puntestaat moet op
die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VAARDIGHEIDSKODE GEWIGSWAARDE VIR TEGNIEKE WAT IN KLEDING PRODUKSIE GEBRUIK
WORD
• Gebruik die onderstaande vaardigheidskode gewigswaarde om patrone vir die PAT sowel as vir die weeklikse lesse
te kies.
• Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning nie.
• Die gewigswaarde vir ‘n spesifieke tegniek moet slegs EENMAAL toegeken word.
• Di onderwyser mag ‘n tegniek wat nie aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die
onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
• ‘n Gewigswaarde word toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.
• Die totale gewigswaarde van die tegnieke in die gekose patroon wat vir die praktiese eksamen in graad 12 gekies
word, moet ‘n minimum totaal van 100 punte hê.
Uitlê en uitknip van ‘n kommersiële patroon 12 Maak ensit moue in 15
• Kleedstof korrek gevou 1 • Ryg (3 rye) om moukop 3
• Patroondele op lengtedraad geplaas 2 • Moue pas netjies in mousgat 5
• Dele wat op vou moet kom op vou geplaas 2 • Alle nate en naatafwerkings netjies 4
• Patrondele korrek vasgesteek 2 • Soom van mou 3
• Egalig geknip op kniplyne 2
• Kepies korrek geknip 2 Ritssluiter 15
• Patroonmerke 1 • Naattoelating korrek en egalige wydte 2
• Naatafwerking 2
Pylnate 10 • Insit van rits: steke netjies, korrekte breedte van 4
• Stik van breed na smal 2 rits
• Reguit stiksel 2 • Hoeke onderaan rits netjies en vierkantig 3
• Pars afwaarts of na middel van kledingstuk 3 • Hoeke bo-aan rits netjies en vierkantig 3
• Knoop gare by punt en ryg terug in pylnaat in 3 Skuinsomboorsel 20
Rygsdrade/Bo-op stiksel 10 • Sny van skuinsstroke 5
• Patroonmerke korrek oorgedra 2 • Las van skuinsstroke 5
• Egalig gespasieer 3 o Heg omboorsel aan vir afwerking 3
3 o Korrekte en egalige breedte 3
• Stiksel reguit
2 o Lê plat en egalig 2
• Pas by item/kleedstof
o Met masjien of hand vasgewerk 2
Oop- of toenate met afwerking 10 Plooie 12
• Reguit stiksel / egalige ronding /reghoek 4 • Patroonmerke korrek oorgedra 2
• Naattoelating korrek en egalige breedte 3 • Eweredig gespasieer 2
• Naatafwerking 3 • Egalige breedte 3
• Pas by kleedstof/patroon 2
• Voue van plooie op regsdraad van kleedstof 3
Bo-opgestikte sak 10
Vasmaakmiddels: lussie en hakies/knopies 5 • Fatsoen van sak, grootte, soom/nate 3
• Dieselfde grootte 1 • Korrekte posisie op kledingstuk 3
• Spasiering 1 4
• Stiksel om sak vas te heg
• Geskik vir kledingstuk 1
• Stewig vasgewerk 2
Knope en knoopsgate 10
Gefatsoeneerde belegsel (vir openinge soos mousgat 20 • Knoopsgate: dieselfde grootte (hand/masjien) 3
of halslyn) • Spasiëring 2
3 • Voorkoms 2
• Berei belegsel en ryg vas aan opening
4 • Stewig vasgewerk 3
• Heg belegsel aan
• Belegsel lê plat en pas netjies in opening 3 Some 10
• Naattoelating uitgedun, onderstiksel 4 • Egalige en korrekte breedte 3
• Belegsel egalige breedte 2 • Lê plat, geen plooie/rygsels aan regtekant nie 2
• Afwerking van rafelrande 2 • Netjiese, reguit stiksel/netjies met hand gewerk 3
2 • Korrekte steeklengte/korrekte hand steek 2
• Belegsel aan skouer/synate vasgewerk
Maak en heg kraag aan 20 Smal some 8
• Berei kraag voor dit gestik word (houstiksel – stik en 5 • Egalige en korrekte breedte 2
ryg dele aanmekaar) • Netjies omgekap 2
• Naat netjies gestik, egalige rondings/skerp hoeke 4 • Netjies omgevou 2
• Albei kante dieselfde • Netjies gewerk/gestik 2
2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
• Naattoelating uitgedun en uitgekeep 2 Uitlê en knip van afmetings, geen patroon 15
• Onderstiksel, geryg en gestryk • Kleedstof korrek gevou 3
• Heg kraag aan kledingstuk: pas netjies 2 • Afmetings korrek op kleedstof aangebring 4
• Naat netjies gestik, uitgedun, naatafwerking 3 • Lengtedraad korrek gebruik 4
2 • Egalige knipwerk 4
ONDERWYSER SE BEPLANNING: GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGTAAK1&2
(Moet aan die einde van Termyn 1 of vroeër aan die Vakadviseur voorgelê word vir
moderering)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
TOETSE VIR PRAKTIESE EKSAMEN GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
UITLÊ EN UITKNIP
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PRAKTIESE EKSAMEN1 KWARTAAL 2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PRAKTIESE EKSAMEN 2 KWARTAAL 3
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELDE VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van Kwartaal 1 of vroeër aan Vakadviseur voorgelê word vir moderering)
Totale GROEPE Aantal leerders Datums Tyd
aantal per groep
leerders
25 1 8 10/09/2018 08:00 –11:00
2 8 10/09/2018 12:30 –15:30
3 9 11/09/2018 08:00 –11:00
PAT 1 Benodigdhede: Hoeveelheid Aantal Totaal
benodig per leerders
leerder
1 Poliësterkatoen 1m 25 25 meter
Garing vir stikwerk 1 tolletjie 25 tolletjies
Patroon 1 25 patrone
Vilene/tussenvoering 0.50 m 12.5 meter
Ryggaring 1 25 tolletjies
Ritssluiter 1 25 ritssluiters
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Poliësterkatoen 25 meter
Garing vir stikwerk 25 tolletjies
Patroon 25 patrone
Vilene/tussenvoering 12.5 meter
Ryggaring 25 tolletjies
Ritssluiter 25 ritssluiters
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van Termyn 1 of vroeër aan Vakadviseur voorgelê word vir moderering)
Totale GROEPE Aantal leerders Datums Tyd
aantal per groep
leerders
PAT Benodigdhede: Hoeveelheid Aantal Totaal
benodig per leerders
leerder
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde Koste
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VERBRUIKERSTUDIES KLEDINGPRODUKSIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
KLEDING PRODUKSIE
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VOORGELÊ MOET WORD VIR MODERERING
SKOOL
ONDERWYSER
HOOF
DATUM VOORGELÊ
Datums van alle PAT Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum
sessies
KRITERIA JA / NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Artikels ingesluit vir PAT 1
‘n Illustrasie van die
kledingstuk/fotokopie van die
patroonkoevert
Kopie van die instruksieblad
vir leerders
Voltooide lys van tegnieke en
vaardigheidskode-
gewigswaarde van artikel vir
praktiese eksamens 1en 2
Kriteria vir tegnieke wat
gebruik word vir kledingstuk
Inkopielys
Beraamde koste per leerder
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: __________
Handtekeninge:
ONDERWYSER:_________________________ DATUM:______________________________
HOOF:___________________________ DATUM:______________________________
MODERATOR: ________________________ DATUM:______________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
KRITERIA VIR TEGNIEKE WAT GEBRUIK WORD:
Netheid van • Geen vuil merke nie/kleedstof skoon (10)
kledingstuk • Nate trek nie op nie
• Geen sigbare patroonmerke
Voorgeskrewe • Alle tegnieke suksesvol voltooi (10)
tegnieke voltooi
Stikwerk • Smal sig-sagsteek/reksteek (10)
• Kleur van garing moet pas by die kleur van die
kleedstof
• Steekspanning korrek/gee mee met die rek van die
kleedstof (Balpunt/naald vir rekstof in medium gewig
grootte vir korrekte stiksel)
• Stiksel stewig afgewerk
• Omkapmasjien – gebruik drie tol omkapsteek vir hoof
nate; gebruik vier tolsteek vir nate wat aan spanning
blootgestel word (kruisnaat van broek, mousgate)
Konstruksie • Nate het almal dieselfde/vereiste wydte (20)
• Strepe/geruite material moet by nate ooreenstem
• Nate (sy- en mousgatnate) moet bymekaar aansluit
• Die halsband en band voor moet plat lê en nie optrek
nie
• Dun naattoelating uit waar nodig om onnodige dikte
uit te skakel bv by voorste band
Afwerking • Geen los drade nie (10)
• Geen skroei-/brandmerke nie
• Netjies gestryk
Netheid van kledingstuk, voorgeskrewe tegnieke, stikwerk, konstruksie en afwerking:
0-1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, kan nie verkoop word niel
2-3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
4-6 Gemiddeld, voldoen aan meeste vereistes,behoort te verkoopl
7-8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoopl
9-10 Uitstekend, oorskry al die vereistes, sal baie goed verkoopl
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
PUNTESTAAT VIR KLEDING PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
PAT 1
SKOOL NAME VAN LEERDERS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1
PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
Uitlê en uitknip van patroon 15
Materiaal korrek gevou 2
Ekonomiese plasing van patroondele 3
Patroondele op vou van material 2
Reguit geknip 3
Volg patrooninstruksies 5
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv
maatband, skêr, naalde, ens. 2
Korrekte hantering van groot toerusting, bv 3
naaimasjien, omkapmasjien, strykyster ens.
(Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik,
veilige en korrekte gebruik van toerusting)
Volgorde van werk en doeltreffende gebruik 5
van tyd
Vermoë om patrooninstruksies te volg 3
Doeltreffende gebruik van tyd 2
2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK
VAN HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en toerusting
Werkplek goed georganiseerd 5
2
Kleiner toerusting lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik, korrekte 2
hantering van afvalmateriaal en rommel
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens
die eksamen om finale punt te bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Toepaslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van prakties 5
Elektriese toerusting af geskakel, skoongemaak 2
en veilig gebêre
Elektriese stopkontakte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3
Algemene voorkoms
Verkoopbaarheid 20
Netheid van artikel
10
Voorgeskrewe 10
Verkoopbaarheid
tegnieke voltooi
Vakmanskap 40
Verkoopbaarheid
Stiksel 10
Verkoopbaarheid Konstruksie 20
Vderkoopbaarheid Afwerking 10
Totaal 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
PUNTESTAAT VIR KLEDING PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 2
PAT 2
SKOOL NAME VAN LEERDERS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1
PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE 15
Interpretasie van patroon
Volg patrooninstruksies 8
Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv 3
maatband, skêr, naalde, ens.
Korrekte hantering van groot toerusting, bv 4
naaimasjien, omkapmasjien, strykyster ens.
(Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik, veilige en
korrekte gebruik van toerusting)
Volgorde van werk en doeltreffende gebruik 10
van tyd
Vermoë om patrooninstruksies te volg 5
Doeltreffende gebruik van tyd 5
2 NETHEID EN EKONOMIESE
GEBRUIK VAN HULPMIDDELS
5
Organisasie van werkplek en toerusting
2
Werkplek goed georganiseerd
Kleiner toerusting lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik, korrekte 2
hantering van afvalmateriaal en rommel
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop
tydens die eksamen om finale punt te bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Toepaslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van 5
prakties
Elektriese toerusting af geskakel, skoongemaak
en veilig gebêre 2
Elektriese stopkontakte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3
Algemene voorkoms
Verkoopbaarheid 20
Netheid van artikel
10
Voorgeskrewe tegnieke 10
Verkoopbaarheid
voltooi
Vakmanskap 40
Verkoopbaarheid
Stiksel 10
Verkoopbaarheid Konstruksie 20
Vderkoopbaarheid Afwerking 10
Totaal 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELD VAN ‘N KLEDINGITEM VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
JONG VOLWASSENE SE SE TOP EN BROEK (Simplicity 1285)
GEWIGSWAARDE:
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Uitlê en uitknip 10
Oop-/toenate en afwerkings 10
Raglanmoue 5
Opening voor en band 20
Some 10
Bo-opgestikte sak 10
Gulpopening 5
Band met rek 20
Boordjie op broekspype 10
TOTAAL: 100
BENODIGDHEDE:
1.60m rekbare stof vir top (grootte 87-92)
1.40m rekbare stof vir broek (grootte 87-92)
1.10m x 3.2cm breë rek
Garing
Balpuntnaald of naalde vir rekbare kleedstof vir naaimasjien (mediumgewig grootte)
Naalde
Spelde
Maatband
Torringmessie (opsioneel)
Skêre (uitknip- en kleiner)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
UITLê EN UITKNIPSESSIE: 1 uur voor praktiese eksamen 1 (eksamen toestande)
1. Lê die patroondele op die material uit, steek vas en knip uit.
2. Dra patroonmerke oor waar van toepassing.
3. Vou al die patroondele en ekstra material op en handig by onderwyser in om gemerk te
word.
4. Jy mag verkeerde dele oor knip nadat die onderwyser jou werk gemerk het. GEEN
punte word toegeken as die uitknip weer gedoen word.
5. Al die patroondele moet by die onderwyser ingehandig word vir veilige bewaring tot die
dag van praktiese eksamen 1.
PRAKTIESE EKSAMEN 1: 3 UUR
INSTRUKSIES ILLUSTRASIE
1. Met regterkante teen mekaar en
rafelrande gelyk, steek mou (2)
aan voorpant (1) en agterpant
(3), pas klein kolletjies
opmekaar. Stik of werk met
omkapmasjien. Pars naat na
mou. Indien gestik, werk
rafelrande af.
2. Om voorpant te versterk, stik op
stiklyn soos aangedui. Knip
skuins/diagonal na klein
kolletjies, wees versigtig om nie
deur stiksel te knip nie.
3. Vou hals/nekband (4) in die
helfte, in die lengte, verkeerde
kante teen mekaar, pas
middelpunte, klein kolletjies en
kepies; pars. Steek vas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
4. Op REGTEKANT, steek band
aan halsrand, pas middelpunte
en klein kolletjies. Stik of werk
met omkapmasjien, rek band
om te pas.
VIr gewone naaimasjien: Stik weer
6 mm van eerste stiksel binne
die naattoelating. Knip
naattoelating af tot naby tweede
stiksel.
5. Pars naat afwaarts, en band
boontoe.
6. Vou die band (5) in die helfte
met regtekante teenmekaar,
pas groot kolletjies opmekaar.
Stik tot by groot kolletjie. Knip
naattoelating korter.
6. Keer band om, pars. Ryg
rafelrande saam.
7. Werk op een helfte van top op ‘n
keer. Steek band aan opening
voor op REGTEKANT, pas klein
en groot en klein kolletjies op
mekaar. Stik bokant klein
kolletjie; stik terug by klein
kolletjie om naat te versterk.
Knip naattoelating korterm.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
8. Pars band boontoe en naat
sywaarts, weg van middel. Bring
laer deel na BINNEKANT bo-oor
ingeknipte deel.
9. Werk oorblywende band aan op
dieselfde manier. Aan
BINNEKANT vou REGTER band
oor LINKER band, pas klein
kolletjies. Met REGTERKANTE
teen mekaar, steek onderkant
van band en geknipte deel van
voorpant aanmekaar vas, pas
klein kolletjies; stik heen en weer
om te versterk.
10. Werk naattoelating van bande af
met omkapmasjien.
VIr gewone naaimasjiene: Sny
naattoelating korter tot 6mm van
stiksel af. Pars naat afwaarts.
11. Aan REGTEKANT, stik top
teenaan band (hals/nek) tussen
voorste band se nate. Stik top
teenaan voorste band se naat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
12. Stik of werk met omkapmasjien
die voor en agterpante aan
mekaar by mou en synate, pas
mounate opmekaar.
PRAKTIESE EKSAMEN 2: 3 UUR
13. Pars soom van mou. Stik of
sig-sag 6mm van rafelrand en
6mm onder eerste stiksel.
15. Pars soom van top. Stik of sig-
sag so na moontlik aan
rafelrand.
BROEK
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
1. Dra stiklyn op LINKER
VOORKANT (6) oor na
REGTEKANT met rygsteke.
2. Vou boonste rand van sak om
na REGTEKANT (8) op voulyn,
vorm belegsel. Stik op stiklyn
langs rafelrande. Sny
naattoelating korter by die
belegsel deel tot 6 mm.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
3. Keer belegsel om na
VERKEERDEKANT, druk
hoekies uit; pars en vou
rafelrande om na verkeerdekant
op stiklyn. Stik 6 mm van
rafelrande van belegsel.
4. Aan REGTEKANT,
steek sak aan REGTER
agterpant (7), plaas
boonste hoeke op groot
kolletjies.
Stik so na as moontlik
aan sykante en onderste
kant.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
5. Stik of werk met
omkapmasjien die
voor- en agterpante
aan mekaar vas by die
binne naat van die
broekspype.
14. Met REGTERKANTE
teenmekaar, steek
middelnaat vas aan
mekaar, pas middelvoor
lyne, binnebeen nate,
kepies en groot
kolletjies op mekaar.
Stik op stiklyn en
middelvoor lyn van
boonste rand van
agterpant tot groot
kolletjie. Stik weer oor
die stiksel om die naat
te versterk. Stik met
lang steke op die
middelvoor van groot
kolletjie tot boonste
rand. Knip REGTER
naattoelating van
voorpant tot by stiksel
aan die onderste deel
van die gulp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
15. Aan BINNEKANT pars
naattoelating van gulp
na LINKER voorpant.
Ryg vas aan boonste
rand van gulp.
16. Aan BUITEKANT, steek
LINKER VOORPANT
vas. Stik bo-op stiksel
op stiklyn en oor
onderste deel.
Verwyder rygsteke op
middelvoor.
17. Stik of stik met
omkapmasjien voor- en
agterpante aan mekaar
vas by synate.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
18. Met REGTEKANTE
teen mekaar, stik
middelagternaat van
band (10), laat ‘n
opening tussen klein
kolletjies soos in skets.
Stik terug by klein
kolletjies om naat te
versterk. Pars naat
oop.
19. Om te verhoed dat die
rek vassit in die
naattoelating as dit
ingeryg word, gebruik
vasstryk tekstielstof of
ryg met die masjien om
dit in plek te hou,
Onthou om die rygsteke
te verwyder nadat die
casing voltooi is.
Vou die casing in die
helfte, indie lengte, met
VERKEERDE kante
teenmekaar, rafelrande
gelyk. Die kant met die
opening is die
onderkant na die
casing.
12. Met die onderkant van
die casing wat na jou
wys, steek dit vas aan
die broek, pas die
middelvoor en
middelagter en die
klein kolletjies op die
synate. Stik of stik met
omkapmasjien op
stiklyn.
Vir gewone naaimasjien:
Stik weer 6mm van die
eerste stiksel in die
naattoelating. Knip
naattoelating naby 2e
stiksel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
13. Pars naat na broek en
die casing weg van die
broek.
14. Sny die rek in die
verlangde lengte
volgens die gids (11),
ryg rek deur die
opening en plaas die
punte oormekaar en
hou in posisie met ‘n
haakspeld.
15. Stik die punte van die
rek stewig vas.
16. Werk die opening met
glipsteke vas en
versprei die volheid
eweredig. Verwyder
rygsdrade.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
17. Met REGTEKANTE
teenmekaar, stik kante
van boordjie (9) met
kepies aanmekaar
vas..
18. Vou boordjie in die
helfte met
VERKEERDE kante
teenmekaar en
rafelrande gelyk; pars.
Op BUITEKANT, steek
boordjie aan broekspyp
vas, pas binnebeen
nate en klein kolletjies
op synate met
rafelrande gelyk.
Stik of stik met
omkapmasjien, rek
band om te pas.
Vir gewone masjiene: Stik
weer 6mm van eerste
stiksel in die
naattoelating. Knip
naattoelating naby die
tweede stiksel af.
19. Pars naat na broek en
band/boordjie weg van
broek..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 29 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 30 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 31 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 32 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 33 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 34 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 35 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 36 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 37 DBE/PAT 2018
NSS (Produksie van Kleding Items)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper