Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(VOEDSELPRODUKSIE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2018
Hierdie riglyne bestaan uit 30 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2018 (Food) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Practical assessment task, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2018
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 1.7 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 30
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
VOEDSELPRODUKSIE
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
• Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoë/vaardighede toon om 'n verskeidenheid gehalte
voedselprodukte te maak, met die fokus op verkoopbaarheid.
• Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit
twee praktiese eksamens van 3 uur elk. Leerders voer hierdie praktiese
eksamens individueel uit.
o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1
Leerders sal die produkte wat hulle vir die mikro-onderneming (projek in
kwartaal 1) gekies het, maak en bedien.
o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2
Leerders sal 'n verskeidenheid voedselprodukte maak om te verkoop, deur
'n verskeidenheid vaardighede en tegnieke te gebruik.
Leerders sal die praktiese eksamens individueel uitvoer.
2. PUNTETOEKENNING
• Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese
assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te
kombineer, soos hieronder aangedui.
Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 100
Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
• Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.
• Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei
puntestate deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf verskillende praktiese opsies. As die skool
besluit om Verbruikerstudies met die Voedselproduksie praktiese opsie as 'n vak aan
te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde
getal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die
KABV-dokument.
Maak seker van die volgende:
• 'n Geskikte opleidingskombuis met die nodige toerusting moet beskikbaar wees:
'n minimum van ses stowe (gas/elektries); 'n yskas; elektrisiteit/gas;
opwasbakke met lopende warm en koue water en toerusting en gereedskap vir
bereiding en kook.
• 'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R100 per leerder vir ELK van die
twee praktiese eksamens word benodig om bestanddele te koop om die vereiste
produkte te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese
klasse.
• Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig
leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag doen,
bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00.
• Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die
volgende groep gereed te maak.
• Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te
voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
'n Tydraamwerk van DRIE UUR in totaal word per eksamen benodig. Die 3 uur moet
soos volg ingedeel word:
• 15 minute vir leerders om hulle toetse te trek, rustig te raak by die werkplekke
aan hulle toegeken en om die resepte en werksvolgorde ontvang, te bestudeer.
Leerders kan ook begin om bestanddele en toerusting in hierdie tyd bymekaar
te maak.
• 2 uur vir die bereiding van die produkte onder eksamentoestande.
• 45 minute vir die onderwyser om te evalueer, die werkplekke van die leerders
na te gaan en die puntestate in te vul.
5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2)
• Hierdie praktiese eksamen moet in die toets- en eksamenrooster
vir die tweede kwartaal ingesluit word.
• Leerders sal die produkte maak wat hulle vir die mikro-onderneming
gekies het (projek kwartaal 1). Die produksieproses en
verkoopbaarheid van die produkte vorm 'n belangrike aspek van
hierdie eksamen.
5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3)
• Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator
ooreengekom is, plaasvind.
• Gedurende die praktiese eksamen in kwartaal 3 moet leerders 'n
verskeidenheid kookkunsvaardighede toon. Assessering sal op die
produksieproses en die verkoopbaarheid van die produkte fokus.
• Die onderwyser moet 'n minimum van VIER verskillende toetse
opstel wat vir die begroting beskikbaar en ander hulpmiddels van die
skool geskik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
• Elke toets moet:
o Uit ten minste twee produkte bestaan
o 'n Minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van 20 punte hê
o ʼn Verskeidenheid kookkunsvaardighede en -tegnieke insluit
• Sluit EEN van die volgende PER TOETS in. 'n Produk wat vir een
toets gekies is, kan nie in 'n ander toets herhaal word nie, om te
verseker dat 'n verskeidenheid vaardighede en tegnieke in elke toets
getoets word:
o Gisproduk (gebak of diepgebraai)
o Chouxdeeg
o 'n Gelatiengereg (nie kommersiële jellie nie)
o Tuisgemaakte broskors vir terte, pasteie of quiche
o Switserse rolkoek
o Sagte meringue soos suurlemoenskuimtert of spog-
broodpoeding
o Suikerkokery
• Die tweede produk kan enige geskikte tegniek of vaardigheid insluit
solank die vaardigheidskode-gewigswaarde steeds ʼn minimum van
20 punte is. Die gewigswaarde van die twee produkte sal gelyk of so
gelyk as moontlik wees.
• Alle resepte moet:
o Netjies in standaard- of aksieformaat getik wees
o Duidelike instruksies in kort sinne en maklike taal hê
o Klein wees, 2–3 porsies
o Vir die beskikbare begroting en ander hulpmiddels by die skool
Geskik wees
o Geskik wees om te verkoop
o Die verwagte smaak, tekstuur en voorkoms (gewenste
eienskappe) van elke produk insluit
o Duidelik geïllustreer wees
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:
• Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie. Dit moet by die rooster vir toetse/eksamens inpas.
• Al die toerusting/apparaat moet in 'n werkende toestand wees en die stowe
moet voor die begin van die praktiese eksamen gediens en herstel word.
• Kopieer die toetse (resepte en werksvolgorde) vir die leerders.
• Berei puntestate voor met leerders se name en hulle eksamennommers.
• Leerders moet al die resepte wat in die vier toetse ingesluit is (nie in
toetsformaat nie) een week (7 skooldae) voor die datum van die eerste groep
leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei. Hulle mag nie weet hoe
die resepte in toetsformaat gekombineer sal word nie en hulle mag ook nie weet
watter resepte hulle sal trek nie.
• Bereken die hoeveelhede om aan te koop volgens die getal leerders in
graad 12.
• Beplan die finale inkopielys met die beraamde pryse.
• Koop die bestanddele.
• Maak die opleidingskombuis skoon en netjies.
• Pak die vereiste toerusting en bestanddele voor die tyd uit. Leerders moet nie
tydens die eksamen rondloop en na toerusting in die stoorkamer soek nie, alle
toerusting moet geredelik by hulle werkplekke beskikbaar wees. Maak 'n tafel
met bestanddele en toerusting gereed (indien nodig) vir elke sessie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN
7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 3 uur
• Wanneer die leerders die eksamenlokaal binnekom, sal elkeen
sy/haar resepte, soos vir die projek in kwartaal 1 gekies, ontvang.
• Leerders sal 15 minute hê om die resepte en die werksvolgorde te
bestudeer voordat hulle met die praktiese eksamen begin.
• Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkplekke
geplaas word, bv. 'n leerder wat toets 1 doen, moet 'n werkplek en
stoof deel met 'n leerder wat toets 3 doen.
• Die produkte moet na 2 uur vir assessering gereed wees.
Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is verloor tot
'n maksimum van 20 punte.
• Slegs die leerders, die onderwyser en die moderator mag tydens die
praktiese eksamen in die lokaal wees.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl
hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE ander werk
doen of die leerders op enige wyse help nie.
• Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders
hoef nie tot aan die einde van die 2 uur-tydperk te wag nie.
• Leerders word toegelaat om finale skoonmaak te doen terwyl die
onderwyser hulle produkte assesseer.
7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 3 uur
• Wanneer die leerders die eksamenlokaal binnekom, sal elkeen EEN
van die vier toetse trek.
• Leerders sal 15 minute hê om die resepte en die werksvolgorde te
bestudeer voordat hulle met die praktiese eksamen begin.
• Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkplekke
geplaas word, bv. 'n leerder wat toets 1 doen, moet 'n werkplek en
stoof deel met 'n leerder wat toets 3 doen.
• Die produkte moet na 2 uur vir assessering gereed wees.
Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is verloor tot
'n maksimum van 20 punte.
• Slegs die leerders, die onderwyser en die moderator mag tydens die
praktiese eksamen in die lokaal wees.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl
hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE ander werk
doen of die leerders op enige wyse help nie.
• Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders
hoef nie tot aan die einde van die 2 uur-tydperk te wag nie.
• Leerders word toegelaat om finale opruiming te doen terwyl die
onderwyser hulle produkte assesseer.
8. EVALUERING
• Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te
evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.
• Terwyl hulle produkte geëvalueer word, moet leerders hulle werkplekke opruim
sodat die onderwyser/moderator die werkplekke vir die finale toekenning van
punte kan inspekteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
• Die onderwyser moet die volgende tydens die laaste week van
kwartaal 1, of vroeër, aan die vakadviseur vir goedkeuring voorlê:
• Die toetse en betrokke resepte wat die gewigswaarde van die
tegnieke volgens die vaardigheidskode aandui
• Die voorgestelde datum vir eksterne moderering by die skool vir die
laaste groep leerders
• Hierdie datum moet met die vakadviseur onderhandel word
• Die werksvolgorde vir elke toets
• Die memorandum met die gewenste eienskappe van elke produk vir
elke toets
• Die beplanning vir die aankope
• 'n Konsepbegroting en die beraamde koste per leerder (moet op
versoek beskikbaar wees)
• Die oorsiglys moet deur prinsipaal geteken wees
Die eksamen kan nie gedoen word nie tensy die items hierbo deur
die vakadviseur goedgekeur is.
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2
• In kwartaal 3 sal die laaste groep van 'n maksimum van 12 leerders
deur die betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl die
praktiese eksamen by die skool uitgevoer word.
• Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van
die moderering beskikbaar hê:
o Die punte van al die leerders vir PAT 1 in kwartaal 2
o Die punte van al die leerders wat die PAT 2 in kwartaal 3 voltooi
het
o 'n Afskrif van die voltooide puntestaat vir praktiese klasse
o 'n Afskrif van die vier toetse wat die leerders sal uitvoer
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se
gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders
alreeds op die puntestaat
• Die moderator sal willekeurig ses kandidate uit die laaste groep kies
en die leerders onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen
uitvoer.
• Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering
met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die
onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet
'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van
die verskil.
• Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering
voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
• Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en
die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeiling wat vereis word:
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS -3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
• 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
• Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde
puntestaat aangebring word.
• Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
• Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer
word en deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde
puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE
GEBRUIK IN VOEDSELPRODUKSIE
• 'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die
tegniek.
• Die totale gewigswaarde van die tegnieke in die resep(te) gekies vir elke toets vir die
praktiese eksamen in graad 12 moet 'n minimum van 20 punte tel.
• Punte mag nie twee maal vir dieselfde tegniek, in dieselfde toets, toegeken word nie.
1 Tegnieke Gewigswaarde-
punte
1.1 Bak van 'n koek: 3
Uitvoer van pan, voorverhit oond en stel op die korrekte temperatuur.
Posisie van oondrak korrek, bak vir korrekte tyd, blind bak.
1.2 Bak sonder om pan uit te voer: 2
Bak in 'n pan met warm water (bain-marie) bv. gebakte vla.
Bak 'n soufflé.
1.3 Blansjeer 2
1.4 Kook bo-op stoof (bv. rys, pasta, groente) 2
1.5 Diepbraai (skyfies, oliebolle, vetkoek, dreineer op papierhanddoek) 3
1.6 Rooster (hamburgerkoekies, biefstuk) 3
1.7 Rooster (groente en vleis) 3
1.8 Gaarmaak in mikrogolfoond, bv. vlasous, witsous, kook van pasta. (nie 3
om melk, voedsel, water warm te maak nie)
1.9 Posjeer 2
1.10 Drukkoker gebruik, bv. vir vleis-en-groentebredie, boontjiesop 3
1.11 Soteer (uie, soetrissies ens.) 2
1.12 Verseël en verbruin vleis/maalvleis/droogbraai van spekvleis 2
1.13 Vlakbraai (pannekoeke, plaatkoekies, hamburgerkoekies, viskoekies) 3
1.14 Prut/Stowe vleis/hoendergereg met groente, droëvrugte 4
1.15 Stoom: Dubbelkoker of mengbak op kastrol, bv. vis, eiervlasous, 3
sjokolade smelt (NIE RYS NIE)
2 Gelatien
2.1 Gelatiengereg, bv. gevormde slaai of nagereg 3
2.2 Gelatiengereg gemaak met kommersiële jellie 2
2.3 Invou van ander bestanddele soos geklopte room of gerasperde 2
komkommer op korrekte stadium
2.4 Ontvorm van gelatiengereg 2
3 Eiers
3.1 Sagte meringue (bv. suurlemoenskuimtert) 3
3.2 Harde meringue (skuimpies) 4
3.3 Vlabasis met eiers, bv. quiche/melktert 2
3.4 Klop en invou van eierwit, bv. soufflé, melktert, roulade 2
4 Gisgebak/Suurdeeggebak
4.1 Berei gisbeslag of gisdeeg 4
5 Mengmetodes
5.1 Beslag, eenbakmetode (pannekoek, plaatkoekies, poffertjies, koek, 3
ens.)
5.2 Beslag, roommetode 3
5.3 Beslag, sjiffonmetode (sluit klits en invou van eierwit in) 4
5.4 Beslag, muffin-/emulsiemetode 3
5.5 Beslag, smeltmetode 3
5.6 Beslag, klopmetode 3
5.7 Chouxdeeg 5
5.8 Deeg, invryfmetode (broskorstertdeeg, skons/botterbroodjies) 3
5.9 Tertdeeg, invryfmetode, meng, uitrol (maak eie skilferdeeg) 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
6 Voorbereiding van bestanddele
6.1 Skil, sny, kerf, blokkies sny van groente, bv. julienne-wortels (gebruik van 2
koksmes)
6.2 Ontbeen van hoender/hoenderborsies 2
7 Klaarvoorbereide voedsel
7.1 Berei 'n beskuitjiekors, bv. met Marie- of Tennis-beskuitjies en gesmelte 2
botter
7.2 Gebruik klaargemaakte/kommersiële tertdeeg/fillodeeg 2
8 Souse en slaaisouse
8.1 Gekookte souse, bv. vleissous, vla, konfyt, lemoensous, sous verdik met 2
meelblom
8.2 Mayonnaise (tuisgemaak) 4
8.3 Ongekookte tuisgemaakte slaaisous 2
8.4 Gekookte slaaisous 4
8.5 Witsous/kaassous, roux-metode 3
9 Suikerkokery en tuisgemaakte lekkergoed
9.1 Karamellisering van suiker, bv. karamelsous 4
9.2 Kook suikerstroop tot sagtebalstadium, hardebalstadium, ens. 4
9.3 Manipuleer suikerstroop, bv. klop fudge, malvalekkers. Sny in vorms 4
wanneer koud.
10 Tegnieke
10.1 Klop en invou van room 2
10.2 Botterversiersel/Vars roomversiersel – berei en versier kolwyntjies en koeke 3
10.3 Garnering, gevorderd, bv. tamatie-/aartappel-/radysblomme/tuilles/ 3
sjokoladekrulle/sjokoladeblare/sjokoladebakkies/vorm en versier met
fondantversiersel/marsepein en ander versierings, ens.
10.4 Gebruik van versierbuis/-sak 2
10.5 Royal-versiersel (versiersuiker en water/suurlemoensap/eierwit – 2
verglansing): Bereiding en gebruik
10.6 Berei sjokolade-ganache (sjokolade en room) 2
10.7 Puree 2
10.8 Vorm van deeg, bv. skons, koekies, broodrolle, koeksisters, krokette 3
10.9 Switserse rolkoek/roulade/Chelseabolletjie/Sweedse teering (koek) – rol 3
10.10 Lamingtons/Ystervarkies – maak sjokoladesous en doop, rol in klapper 3
10.11 Gebruik gespesialiseerde toerusting, bv. voedselverwerker, vermenger, 2
pastamasjien, (nie elektriese klitser of diepbraaier nie)
11 Enige ander vaardighede wat nie genoem is nie (mag slegs twee maal 1
in dieselfde toets gebruik word)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSERBEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN 2 KWARTAAL 3
(Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
TOETSE VIR PRAKTIESE EKSAMEN 2: GRAAD 12 (heg alle resepte aan)
Toets 1: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Toets 2: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Toets 3: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Toets 4: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELD VAN ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totaal Groepe Getal leerders Getal Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep toetse per toets
25 1 8 4 2 10/18 08:00–11:00
2 8 4 2 10/18 11:30–14:30
3 7 4 2 11/18 08:00–11:00
Toets Produk 1: Quiche Lorraine Produk 2: Koninginpoffertjies
1 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6
Salticrax-beskuitjies ¾ pak 5 pk Koekmeel 125 mℓ 750 mℓ
Margarien 50 mℓ/g 300 g Margarien 62,5 mℓ 360 g
(60 g)
Spekvleis 100 g 600 g Strooisuiker 50 mℓ 300 mℓ
Cheddarkaas, 250 mℓ 1 500 mℓ Sout knippie Pakkie
gerasper
Eiers 4 24 Eiers 2 12
Room, langlewe 125 mℓ 750 mℓ Geklopte room 100 mℓ 500 mℓ
Melk 175 mℓ 1¼ liter Papierhanddoek 1 rol
Hoenderaftreksel- ½ 3 Olie vir diep 5 liter
blokkie braai
Spray and Cook 1 blik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totaal Groepe Getal leerders Getal Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep toetse per toets
Toets Resep 1: Resep 2:
1 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x
Toets Resep 1: Resep 2:
2 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x
Toets Resep 1: Resep 2:
3 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6
Toets Resep 1: Resep 2:
4 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Bestanddele Toets 1 Toets 2 Toets 3 Toets 4 Totaal: Benaderde
(herlei na koste van
naaste hoeveelhede
aankoopeenheid benodig
in g/kg)
Benaderde koste van inkopielys: ...........................................
GERAAMDE KOSTE PER TOETS PER LEERDER: R.........................
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING INGEGEE MOET WORD
SKOOL:
ONDERWYSER:
PRINSIPAAL:
DATUM VOORGELÊ:
Datums van PAT-sessies Voorgestelde Goedgekeurde
modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODDERATOR
Vier toetse
Elke toets bestaan uit ten minste 2 produkte
Elke toets sluit 'n verskeidenheid tegnieke in
en het 'n vaardigheidskode-gewigswaarde
van 20 punte
Alle resepte aangeheg, netjies getik
Memorandum met die gewenste
eienskappe vir elke produk in elke
toets
Werksvolgorde/Tydsindeling vir elke toets
ontwikkel
Beplanning vir aankope aangeheg
Beraamde begroting en koste per leerder
aangeheg
Resepte duidelik geïllustreer
Sluit EEN van die volgende per toets in:
Gisgebak (gebak/diepgebraai),
chouxdeeg, 'n gelatiengereg (nie
kommersiële gelatien nie), tuisgemaakte
broskorsdeeg vir terte, pasteie of quiche,
Switserse rolkoek, sagte meringue, bv.
suurlemoenmeringuetert of koningin-
broodpoeding, suikerkokery
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM:...............
Handtekeninge:
ONDERWYSER: ............................................. DATUM: ...........................................
PRINSIPAAL: ............................................... DATUM: ...........................................
MODERATOR: .......................................... DATUM: ..........................................
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE EKSAMENS
PAT-EKSAMEN 1 2 NAME VAN LEERDERS
NAAM VAN SKOOL 1 2 3 4 5 6 7 8
EKSAMINATOR
DATUM
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 14
• Interpretasie van resep
Korrekte afmeet van hoeveelhede, korrekte
bereidingsmetodes, korrekte mengmetodes, korrekte
kookmetodes
7
o Resep 1
o Resep 2 7
• Gebruik van gereedskap en toerusting 6
Korrekte kastrol/pan vir tipe voedsel, korrekte grootte van
kastrol/pan vir stoofplaat. 1
Gebruik korrekte gereedskap om te berei en te kook. 2
Veilige gebruik van gereedskap, toerusting en stoof. 1
Korrekte temperature vir stoofplate en oond, hoogte van
2
oondrakkies, voorverhit oond, korrekte tyd vir bak/kook.
• Werksvolgorde en doeltreffende gebruik van tyd 5
Vermoë om gegewe werksvolgorde of ander realistiese
volgorde te volg.
2 HIGIËNE EN NETHEID
• Netheid van werkplek en toerusting 5
Skottelgoed was (warm water, afspoel) 1
Vadoeke skoon, beskikbaar en lê nie rond nie. 1
Hantering van toerusting/gereedskap na gebruik/korrekte 2
berging van oorskietbestanddele.
Afval op gepaste wyse weggegooi. 1
Onderwyser neem elke leerder 'n paar keer tydens en na
die eksamen waar en gee 'n punt daarvolgens.
• Persoonlike voorkoms 5
Hare netjies, koksmus/bedek, voorskoot/koksbaadjie,
skoon naels
Onderwyser neem elke leerder 'n paar keer tydens en na
die eksamen waar en gee 'n punt uit 5.
• Netheid van werkplek na prakties 5
Werkplek, opwasbak en stoof skoon. Gereedskap skoon
en weggepak in korrekte stoorplek en ruimte. Asblikke
skoon.
3 VERKOOPBAAR- Voorkoms 10
HEID Smaak/Geur 10
PRODUK 1 Tekstuur 10
4 VERKOOPBAAR- Voorkoms 10
HEID Smaak/Geur 10
PRODUK 2 Tekstuur 10
TOTAAL 100
Penalisering vir laat wees: trek 2 punte af vir elke 5 minute laat tot
'n maksimum van 20 punte
TOTAAL 100
VOORKOMS, TEKSTUUR EN SMAAK/GEUR VAN DIE FINALE PRODUK:
0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, kan nie verkoop nie
2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
4–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, behoort goed te verkoop
9–10 Uitstekend, oortref alle vereistes, sal baie goed verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELDE VAN TOETSE VIR PRAKTIESE EKSAMEN 2
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN TOETSE VIR PAT 2
Toets 1: Totaal 21
Rosyntjiebrood Hoender Mornay met Geelrys
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
4.1 Gisdeeg 4 1.13 Vlakbraai 3
10.8 Vorm deeg 3 8.5 Witsous, rouxmetode 3
1.2 Bak 2 1.6 Verbruin onder rooster 3
11 Afmeet 1 1.4 Kook rys 2
Totaal resep 1 10 Totaal resep 2 11
Toets 2: Totaal 24
Maalvleisrol met Skondeeg Sjokolademousse
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
1.11 Soteer 2 2.1 Gelatiengereg 3
1.14 Prut 4 1.15 Smelt sjokolade (stoom) 3
5.8 Deeg, invryfmetode 3 2.3 Vou geklitste eierwit/room in 2
10.8 Vorm maalvleisrol 3 2.4 Ontvorm 2
1.2 Bak 2
Totaal Resep 1 14 Totaal Resep 2 10
Toets 3: Totaal 21
Wortelkoek/-brood/-muffins Geurige Preietert
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
6.1 Berei bestanddele 2 5.8 Broskorstertdeeg 3
5.1 Beslag, 3 1.11 Soteer 2
emulsiemetode
1.1 Voer pan, bak 3 1.13 Vlakbraai 3
5.2 Versiersuiker 3 1.2 Bak 2
(roommetode)
Totaal Resep 1 11 Totaal Resep 2 10
Toets 4: Totaal 20
Kaas-Aigrettes Maalvleis-en-spinasiegebak met Rys
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigs-
waarde
5.7 Chouxdeeg 5 1.11 Soteer 2
1.5 Diepbraai 3 1.13 Vlakbraai 3
8.5 Kaassous (rouxmetode) 3
1.2 Bak 2
1.4 Kook rys 2
Totaal Resep 1 8 Totaal Resep 2 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
ROSYNTJIEBROOD
500 mℓ koekmeel
3 mℓ sout
1 x 10 g kitsgis
5 mℓ suiker
1 eier
75 mℓ melk
75 mℓ water
12,5 mℓ margarien
100 mℓ pitlose rosyne
1 eiergeel, geklits (om oor brood te smeer voordat dit gebak word)
Metode
1. Smeer 'n broodpan/spuit broodpan met Spray and Cook. Voorverhit oond tot 180 °C.
2. Sif die meel, sout, suiker en gis saam.
3. Vryf die margarien in die meelmengsel in.
4. Meng die melk en water en verhit tot louwarm. Klits die eier en voeg by die louwarm
melk.
5. Voeg die vloeistof by die meelmengsel en meng om 'n sagte hanteerbare deeg te vorm.
6. Knie vir 10 minute tot glad en elasties.
7. Bedek die deeg met 'n plastieksak en laat staan tot dubbel die grootte gerys
±15 minute.
8. Knie die deeg af en voeg die rosyne by. Knie goed totdat die rosyne eweredig versprei
is.
9. Vorm brood en plaas in die gesmeerde broodpan.
10. Bedek weer met 'n plastieksak en plaas op 'n warm plek om te rys tot dubbel die
grootte ±20 minute.
11. Verf die brood liggies met geklitste eier nadat dit gerys het en bak vir 20 minute.
12. Haal uit oond en laat afkoel. Bedien.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Rosyntjiebrood Goed gerys en lig in massa Elastiese krummel Aangename neutagtige
in verhouding tot grootte Klam maar nie smaak
Boonste kors goudbruin. deegagtig nie Geen sterk gissmaak nie
Netjiese geronde oppervlak Delikaat
Party rosyne is sigbaar Effens soet
Klein reëlmatige selletjies
(10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
HOENDER MORNAY (1–2 porsies)
2 stukkies hoender
Sout en peper na smaak
50 mℓ margarien
25 mℓ koekmeel
200 mℓ melk
2 mℓ mosterd
50 mℓ gerasperde kaas
20 mℓ broodkrummels
1. Voorverhit die oond tot 180 ° C.
2. Geur die hoenderstukkies met sout en peper.
3. Braai die gegeurde hoenderstukkies vir 15 minute oor matige hitte in 25 mℓ van die 50 mℓ
margarien.
4. Verwyder uit pan en plaas in bakskottel/vuurvaste bak.
5. Maak 'n witsous met die res van die margarien (25 mℓ), koekmeel en melk.
Voeg die mosterd by en verhit totdat die sous verdik het.
6. Giet die witsous oor die hoender en bak vir 15 minute.
7. Sprinkel die kaas en broodkrummels bo-oor en verbruin onder die boonste element van
die oond.
8. Bedien warm met rys.
NOTA VIR ONDERWYSER: Meet kaas, plaas in plastieksakkies en gee vir leerders.
GEELRYS (1–2 porsies)
250 mℓ water
1 mℓ sout
100 mℓ rys
5 mℓ kaneel/1 kaneelstokkie
3 mℓ borrie
5 mℓ margarien
30 mℓ pitlose rosyne
1. Kook water en sout in 'n kastrol.
2. Was rys, voeg dit saam met die margarien, kaneel en borrie by die kokende water.
3. Kook vir ± 25 minute of tot gaar. Dreineer water, voeg rosyne en 'n klein bietjie kookwater
by. Verlaag die temperatuur en stoom vir 5 minute.
4. Bedien warm.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Hoender Ligbruin en geel kleur Effens bros aan bokant Geurige hoender en
Mornay met (gesmelte kaas) Hoender sag kaas smaak
Geelrys Gladde witsous/geen Nie droog nie Nie té veel sout of
klonte nie. Rys sag peper nie
Geelrys: Geelrys:
Geel met sigbare Effense kaneelsmaak
rosyne (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
SJOKOLADEMOUSSE (2 porsies)
5 mℓ gelatien
25 mℓ koue water
100 g baksjokolade
45 mℓ melk
1 eierwit
125 mℓ room, verkoel
Metode
1. Smeer/Spuit 1 groot/2 klein jellievorms liggies met olie of Spray and Cook of spoel dit met
koue water uit.
2. Week gelatien in die koue water in 'n metaalmengbakkie.
3. Breek die sjokolade in stukkies in 'n ander metaalmengbak. Voeg melk by. Plaas die
metaalmengbak op 'n kastrol met kookwater en smelt die sjokolade, terwyl jy
aanhoudend roer, om met melk te meng. Verwyder van die hitte sodra die sjokolade
gesmelt het om oorverhitting te vermy.
4. Smelt die gelatien oor kookwater en voeg by die sjokolade.
5. Klits die eierwit met 'n draai-eierklitser/elektriese klitser tot stywe punte vorm.
6. Klits die room tot stywe punte vorm.
7. Vou die eierwit met 'n metaallepel/slaplemmes by die sjokolademengsel in.
8. Vou die room met 'n metaallepel/slaplemmes by die sjokolademengsel in.
9. Skep die mengsel in die voorbereide jellievorm(s). Plaas in koelkas om te stol.
10. Ontvorm op 'n groot/klein bord/bordjie.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Sjokolademousse Bruin kleur Gladde, romerige Romerige sjokolade-
Goed gestol tekstuur smaak
Geen wit spikkels nie Geen Soet
gelatienkorrels/stringe
(10) nie (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
MAALVLEISROL MET SKONDEEG (2 porsies)
VULSEL
200 g beesmaalvleis
10 mℓ sonneblomolie
1 klein ui
1 mℓ gekapte knoffel
15 mℓ vars pietersielie
50 mℓ blatjang
2 mℓ mosterd
3 mℓ Worcestershire-sous
50 mℓ gerasperde kaas
1 mℓ wit peper
50 g sampioene
3 mℓ sout
Metode:
1. Verhit die olie in 'n kastrol.
2. Kap die ui en pietersielie en kerf die sampioene.
3. Soteer die gekapte ui, knoffel en gekerfde sampioene tot sag. Voeg die maalvleis by en
verbruin. Roer deurgaans om die maalvleis los te maak.
4. Meng die blatjang, mosterd, sout, peper en Worcestershire-sous met die vleismengsel.
5. Prut vir ± 5 minute tot die mengsel verdik maar nie droog is nie.
6. Verwyder van hitte en voeg die kaas en gekapte pietersielie by.
7. Laat mengsel afkoel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
SKONDEEG
250 mℓ koekmeel
2 mℓ sout
2 mℓ suiker
15 mℓ margarien
60 mℓ gerasperde kaas
1 eier
5 mℓ bakpoeier
60 mℓ melk
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 ° C.
2. Smeer/Spuit 'n bakplaat ( 30 x 20 cm).
3. Sif die droë bestanddele.
4. Vryf die margarien in die droë bestanddele in. Voeg die gerasperde kaas by en meng
goed.
5. Klits die eier en voeg die helfte by die melk.
6. Voeg die vloeistof by die meelmengsel en meng om 'n sagte deeg te vorm.
7. Rol die deeg in 'n reghoek (25x45 cm) op 'n meelbestrooide oppervlak.
8. Smeer die vulsel egalig oor die deeg. Rol die deeg op, begin by die breë kant.
9. Plaas die rol op die gesmeerde bakplaat. Plaas die oop kant op die bakplaat. Maak die
kante van die rol netjies.
10. Sny die rol in 1,5 cm-snye, maar moet nie heeltemal deursny nie. Verf die oppervlak met
ander helfte van geklitste eier.
11. Bak tot goudbruin vir ± 20 minute.
12. Bedien warm op 'n bord/houtplank.
NOTA VIR ONDERWYSER: Meet die kaas, plaas in plastieksakkies en gee vir leerders.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Maalvleisrol Kors: Kors: Kors:
Ligte strooikleur/bruin Bros, nie droog nie Aangename
Vulsel: Nie pap nie kaassmaak
Aantreklike goudbruin Vulsel: Vulsel:
kleur Sag en klam Aangename effense
Netjies in spiraalvorm Nie rubberagtig nie souterige vleissmaak
opgerol (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
WORTELKOEK/-BROODJIE/-MUFFINS (1 koek/broodjie/12 muffins)
125 mℓ sonneblomolie
25 mℓ koue water
190 mℓ strooisuiker
2 groot eiers
2 mℓ koeksoda
250 mℓ koekmeel
2 mℓ sout
5 mℓ bakpoeier
5 mℓ kaneel
2 mℓ gemengde speserye
250 mℓ wortels
30 mℓ pekanneute (opsioneel)
Metode:
1. Voorverhit die oond tot180 ° C.
2. Smeer/Spuit 'n 200 mm-koekpan/250 mm-broodpan/muffinpan.
3. Voer die koek-/brood-muffinpan uit met bakpapier/waspapier en spuit liggies met Spray
and Cook.
4. Rasper die wortels fyn en kap die pekanneute.
5. Sif die droë bestanddele in 'n mengbak.
6. In 'n aparte mengbak klits die olie, water en strooisuiker met 'n draadklitser tot lig en
skuimerig. Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging.
7. Voeg die koeksoda by die eiermengsel en meng goed.
8. Voeg die gerasperde wortels en gekapte pekanneute by die eiermengsel. Meng goed.
9. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en klop met 'n houtlepel tot mengsel
glad is.
10. Giet die beslag in die voorbereide pan en bak vir 30 minute tot goudbruin. (Onthou die
muffins benodig 'n korter bakperiode)
11. Verwyder uit oond en laat afkoel. Verwyder die bakpapier/waspapier. Versier met
roomkaasversiersel en bedien op 'n bord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
ROOMKAASVERSIERSEL
250 mℓ versiersuiker
25 mℓ margarien
25 mℓ roomkaas (glad)
5 mℓ suurlemoensap
30 mℓ pekanneute
Metode:
1. Sif die versiersuiker.
2. Klits die roomkaas en margarien saam tot lig en romerig en voeg die versiersuiker en
suurlemoensap by. Klop tot glad en sag.
3. Kap die pekanneute.
4. Versier die wortelkoek/-brood/-muffins met die roomkaas versiersel en strooi gekapte
neute bo-oor.
5. Bedien op 'n bord.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Wortelkoek/- Goudbruin kleur Sag en klam Aangename
brood/-muffins Wit versiersuiker Geen groot rysgate/ mengsel van kaneel,
Goed gerys tonnels aan binnekant en gemengde
Spikkels van nie speserye maak
gerasperde wortels en
gekapte neute sigbaar
aan binnekant (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
GEURIGE PREIETERT
TERTKORS
300 mℓ koekmeel
150 mℓ mielieblom
2 mℓ sout
110 mℓ sagte margarien
1 eiergeel
75–80 mℓ koue water
Metode:
1. Sif meel, mielieblom en sout saam.
2. Vryf margarien in meel in tot grof gekrummel.
3. Klits eiergeel en water saam en sny met mes in meelmengsel in.
4. Druk deeg liggies aanmekaar. Voeg nog water by indien deeg te styf is.
5. Bedek en laat 30 minute in die koelkas rus.
6. Voorverhit oond tot 200 °C.
7. Rol deeg op waspapier uit (vee werkoppervlek met 'n klam doek af en die papier sal aan
die werkoppervlak klou)
8. Plaas deeg in 'n tertbord (27 cm-deursnee) en trek die waspapier af en sny rand netjies.
9. Bedek deeg met waspapier en droëbone/ertjies.
10. Bak 10 minute by 200 °C tot halfgaar.
11. Laat afkoel en gooi bone/ertjies uit.
12. Skep vulsel in tertkors en bak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
VULSEL
750 g preie
75 mℓ olie
125 g spekvleis/'macon'
125 mℓ suurroom
25 mℓ mielieblom
2 eiers
1 eierwit
2 mℓ komyn- of karwysaad
Sout en peper na smaak
125 mℓ gerasperde kaas
Metode:
1. Spoel preie af en sny in ringe.
2. Soteer in olie tot sag (moenie verbruin nie)
3. Kap spekvleis/'macon' en voeg by en braai 'n minuut saam. Laat afkoel.
4. Skep mengsel in half gebakte tertdop.
5. Klits room, mielieblom, eiers, eierwit, komyn-karwysaad, sout en peper saam en giet oor
preiemengsel.
6. Strooi kaas oor en bak 20–25 minute by 200 °C. Bedien warm.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Geurige Preietert Goudbruin kors Groente sag, ferm Aangename
Vulsel: Vlamengsel gestol souterige smaak
Gestol Tertdeeg bros/nie hard
Groen, wit en bruin nie
kleur (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
KAASAIGRETTES (DIEPGEBRAAIDE CHOUXDEEGPOFFERTJIES) (20 Aigrettes)
125 mℓ kookwater
65 mℓ margarien
125 mℓ koekmeel
1 mℓ sout
2 eiers
250 mℓ gerasperde cheddar kaas
Olie vir diepbraai
Papierhanddoek
Rooipeper
Metode:
1. Verhit olie in 'n diepbraaier/kastrol.
2. Verhit die water en margarien in 'n ronde kastrol totdat dit net begin kook. (Die margarien
moet gesmelt wees voordat die water begin kook.)
3. Voeg koekmeel en sout by sodra die water begin kook. Roer vinnig totdat mengsel 'n bal
in die middel van die kastrol vorm.
4. Verwyder van die plaat en laat mengsel vir 5 minute afkoel.
5. Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging – die beslag moet styf wees.
6. Skep teelepelsvol in die warm olie. Die aigrettes/poffertjies sal self omdraai as hulle
bruin is.
7. Dreineer op papierhanddoek en rooipeper oor.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Kaasaigrettes Oneweredige, ronde Fyn, bros korsie Aangename smaak
fatsoen Lig in gewig Effense
Goeie volume Goeie grootte holte rooipepersmaak
Nie inmekaargekrimp gevorm, effens klam Nie vetterig/olierig nie
nie aan binnekant/nie
Ligte goudbruin kleur deegagtig nie
Lig in gewig (10) (10) (10)
NOTA VIR ONDERWYSER: Meet die kaas, plaas in 'n plastieksakkies en gee aan leerders.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
MAALVLEIS-EN-SPINASIEGEBAK MET RYS (2 porsies)
SPINASIE
5 spinasieblare
1 mℓ sout
50 mℓ kookwater
Metode:
1. Spoel spinasieblare af onder lopende koue water. Kerf spinasie in dun repies.
2. Kook die water en sout in 'n klein kastrolletjie. Voeg spinasie by en verhit totdat spinasie
verwelk het.
3. Dreineer oortollige water en sit eenkant vir latere gebruik.
MAALVLEIS
1 klein ui
5 mℓ pietersielie
5 mℓ fyn knoffel of 2 mℓ knoffelvlokkies
15 mℓ olie
250 g maalvleis
100 mℓ blik tamaties
25 mℓ tamatiesous
1 lourierblaar
3 mℓ oreganum/basiliekruid
Sout en peper na smaak
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Kap die ui en pietersielie.
3. Verhit die olie in 'n kastrol. Soteer die ui, pietersielie en knoffel liggies.
4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
5. Voeg die geblikte tamaties, tamatiesous, lourierblaar en oreganum/basiliekruid by. Geur
met sout en peper. Meng goed en prut 'n paar minute.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
KAASSOUS
40 mℓ margarien
40 mℓ koekmeel
350 mℓ melk
Sout en peper na smaak
50 g/(100 mℓ) gerasperde cheddarkaas
Metode:
1. Smelt die margarien in 'n kastrol. Voeg die koekmeel by en roer om meeldeeltjies met
smeer te bedek.
2. Verwyder kastrol van plaat, voeg die melk geleidelik by en roer met 'n houtlepel totdat dit
goed gemeng is.
3. Plaas kastrol weer op die plaat en hou aan oor matige hitte roer totdat sous verdik het en
kookpunt bereik het.
4. Verwyder van die plaat. Geur met sout en peper.
5. Voeg die helfte van die kaas by die witsous en roer totdat die kaas gesmelt het. Hou die
res van die kaas eenkant om bo-oor die dis te strooi.
6. Skep die maalvleis in 'n oondvaste bak. Skep die spinasie bo-oor en gooi die kaassous
bo-oor die spinasie.
7. Strooi die res van die kaas bo-oor die kaassous.
8. Bak vir 20 minute of tot kaas begin verbruin. Bedien met gekookte rys.
GEKOOKTE RYS
250 mℓ water
1ml sout
100 mℓ rys
Metode:
1. Kook water en sout in 'n kastrol.
2. Was rys, voeg by die kookwater.
3. Kook vir ± 25 minute of tot gaar. Dreineer oortollige water.
4. Voeg 'n klein bietjie water by, verlaag die hitte en stoom vir 5 minute.
5. Bedien warm.
NOTA VIR ONDERWYSER: Meet die kaas, plaas in 'n plastieksakkies en gee aan leerders.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Maalvleis-en- Goudbruin kleur Kaasous sonder klonte Aangename smaak
spinasiegebak Geel, groen en wit Romerige tekstuur Nie té sout nie
gemengde kleur Rys: Sag en klam Rice: Neutagtige
Lae sigbaar smaak
Rys: Wit korrels (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 29 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
TYDTOEKENNING VOLGORDE VAN WERK
TOETS 1: Rosyntjiebrood en Hoender Mornay met Geelrys
Tyd Minute
0:00–0:20 20 min Voorverhit die oond. Berei die rosyntjiebrooddeeg.
0:20–0:30 10 min Bedek deeg met plastiek en laat rus.
Ruim op.
0:30–0:40 10 min Knie die deeg af en vorm die brood.
0:40–1:00 20 min Laat die rosyntjiebrood rys.
Berei die hoender.
Braai die hoender.
1:00–1:15 15 min Bak die rosyntjiebrood.
Kook die rys.
Meet bestanddele vir die witsous.
1:15–1:50 35 min Haal rosyntjiebrood uit oond uit. Laat afkoel.
Berei die witsous. Gooi oor die hoender en bak.
Dreineer die rys en hou warm.
Ruim op.
1:50–2:00 10 min Haal hoender uit die oond.
Bedien albei geregte.
TOTAAL TOTALE
TYD: 2 uur MINUTE:
120 min
TYDTOEKENNING VOLGORDE VAN WERK
TEST 2: Sjokolademousse en Maalvleisrol met Skondeeg
Tyd Minute
0:00–0:30 30 min Berei die jellievorm voor.
Hidreer die gelatien en berei die sjokolademousse, plaas in
koelkas om te stol.
0:30–0:35 5 min Ruim op.
0:35–1:05 30 min Voorverhit oond tot 180 ° C.
Berei die maalvleis en laat afkoel.
1:05–1:10 5 min Ruim op
1:10–1:40 30 min Berei die skondeeg.
Rol die deeg uit, smeer maalvleis oor en rol op.
Bak.
1:40–:50 10 min Ruim op.
1:50–1:55 5 min Ontvorm die sjokolademousse.
Haal maalvleisrol uit oond.
1:55–2:00 5 min Bedien albei produkte.
TOTAAL TOTALE
TYD: MINUTE:
2 uur 120 min
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 30 DBE/PAT 2018
NSS (Voedselproduksie)
TYDTOEKENNING VOLGORDE VAN WERK
TOETS 3: Wortelkoek/-brood/-muffins en Preietert
Tyd Minute
0:00–0:35 35 min Voorverhit die oond.
Berei koek-/brood-/muffinpan voor.
Berei wortel-/koek/brood/muffin.
Bak wortel-/koek/brood/muffin.
0:35– 0:40 5 min Ruim op.
0:40 –1:10 30 min Berei broskorstertdeeg, plaas in koelkas.
Ruim op.
1:10–1:40 30 min Haal koek uit oond en laat afkoel.
Rol tertdeeg uit, plaas in tertbord en bak blind vir 10 minute.
Berei vulsel vir preietert en bak.
1:40–1:45 10 min Berei versiersuiker en versier koek/brood/muffins.
1:45–1:55 5 min Haal tert uit oond en laat afkoel.
1:55–2:00 5 min Bedien albei produkte.
TOTAAL TOTALE
TYD: MINUTE:
2 uur 120 min
TYDTOEKENNING VOLGORDE VAN WERK
TOETS 4: Kaasaigrettes en Maalvleis-en-spinasiegebak
met Rys
Tyd Minute
0:00–0:05 5 min Voorverhit oond tot180 °C.
0:05–0:10 5 min Kook die rys.
0:10–0:50 40 min Verwelk die spinasie. Berei maalvleis en hou rys warm.
0:50–1:10 20 min Berei die kaassous en voltooi die gereg. Bak
1:10–1:15 5 min Ruim op.
1:15–1:45 30 min Berei kaasaigrettes.
1:45–1:50 5 min Ruim op.
1:50–1:55 5 min Haal maalvleisgebak uit oond en laat effens afkoel.
Sprinkel rooipeper oor die kaasaigrettes.
1:55–2:00 5 min Bedien albei produkte.
TOTAAL TOTALE
TYD: MINUTE:
2 uur 120 min
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper