You're offline
Skip to content
Document

Consumer Studies PAT GR 12 2018 (Knitting and Crocheting) Afr hlayiso.com

Subject: Consumer StudiesGrade 12201819 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2018 Hierdie riglyne bestaan uit 19 bladsye. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 2 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. • Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoë/vaardighede demonstreer om gebreide en gehekelde artikels te produseer, met die fokus op verkoopbaarheid. • Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit twee praktiese eksamens van agt uur elk. o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 Leerders sal die artikel wat hulle vir die mikro-onderneming kies, brei/hekel vir die projek in praktiese eksamen 1. o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2 Leerders sal die artikel in praktiese eksamen 2 brei/hekel. 2. PUNTETOEKENNING • Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te kombineer soos hieronder aangedui. Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 100 Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100 Totaal 200 ÷ 2 Finale punt vir PAT 100 • Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering. • Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei puntestate deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 3 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) 3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMENS Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die brei- en hekel- praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT sowel as die gespesifiseerde getal praktiese lesse die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV-dokument. Maak seker van die volgende: • 'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: tafels; twee of meer strykplanke en strykysters; skêre (een vir elke leerder); merk- en meetgereedskap en toerusting vir brei en hekel. • 'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R100 per leerder vir ELK van die twee praktiese eksamens word benodig om die artikels te maak, buiten die fondse wat benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse. • 'n Aantal leerders kan die eksamen gelyktydig aflê, na gelang van die getal werkplekke en hulpmiddels beskikbaar om die eksamen gerieflik af te lê. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK • 'n Tydsbestek van 8 UUR in totaal word per eksamen benodig. • Elke eksamen sal in TWEE sessies van VIER uur elk afgelê word, met 'n breek/pouse van minstens 30 minute na twee uur OF 'n skool kan besluit om die agt uur oor TWEE DAE VAN VIER UUR PER DAG te versprei, met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee ure. 5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS 5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2): Hekel-PAT • Hierdie praktiese eksamen moet in die toets- en eksamenrooster vir die tweede kwartaal ingesluit word. • Leerders sal die artikel wat vir die mikro-onderneming (projek in kwartaal 1) gekies is, hekel. Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid vorm 'n belangrike aspek van die eksamen. • Die onderwyser moet EEN geskikte patroon vir die mikro- onderneming (projek kwartaal 1) identifiseer en kies. Die leerders sal hierdie artikel tydens praktiese eksamen 1 hekel. • Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir praktiese PAT 1 gekies word: o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat in 8 uur voltooi kan word met die vaardighede wat tydens die praktiese lesse vir SGA in graad 10 en 11 aangeleer is; OF o Gebruik dieselfde handelspatroon as wat tydens die praktiese klasse gebruik is en maak dieselfde artikel weer in 8 uur. • Die artikel gekies moet 'n minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van 100 punte hê. • Leerders moet die artikel in praktiese eksamen 1 begin en voltooi. • Die artikel gekies moet in 8 uur gemaak word en al die gevorderde tegnieke wat vir graad 12 geïdentifiseer is, toon. • Na 8 uur moet die leerders hul artikels vir finale assessering ingee. Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders terugbesorg word om foute reg te maak en om afronding te doen, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings gedoen is NIE. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 4 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) TEGNIEKE WAT INGESLUIT MOET WORD: Hekeltegnieke (PAT 1) Breitegnieke (PAT 2) Kies EEN van die volgende patrone: Kies EEN van die volgende patrone • Basiese steekpatroon • Kabelpatroon OF Kantpatroon OF • Getekstureerde patroon enige getekstureerde patroon • Kleurpatroon Die volgende tegnieke is • Oopwerk OF Motiewe OF VERPLIGTEND: Geraamde vierkante OF • Aanheg Wielvierkante • Afheg • Seskantige patroon OF Agtkantige • Rifsteek patroon • Kousbandsteek Die volgende tegnieke is • Koussteek VERPLIGTEND: • Gebruik verskillende kleure wol • Gebruik 'n randjie om die artikel af • Randjie om artikel af te rond te rond • Maak artikel gereed/Finale afronding • Gebruik verskillende kleure garing/wol • Maak artikel gereed/Finale afronding 5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3) • Hierdie eksamen sal plaasvind op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is. • Die leerders sal oor die produksieproses, vakmanskap en die verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word. • 'n Tydsbestek van 8 uur in totaal word vir hierdie praktiese eksamen benodig. • Die artikel gekies moet 'n totale vaardigheidskode-gewigswaarde van 100 punte hê. • Die tegnieke wat per eksamen voltooi moet word, moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte vir hierdie praktiese eksamen hê. • Na 8 uur moet leerders hulle artikels vir finale assessering ingee. Na afloop van die assessering moet die artikels aan die leerders teruggegee word om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat foute reggemaak is NIE. 6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende: • Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander skoolaktiwiteite bots nie. • Kopieer die illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop vir elke leerder 'n patroon. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik. • Berei die puntestate verskaf voor met die leerders se name en hulle eksamennommers. • Leerders moet die instruksies een week (7 skooldae) voor die datum van die eerste groep leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei. • Koop al die benodigdhede. • Maak vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') wat die volgende insluit: o PAT 1: Hekeltoerusting, patroon, instruksieblad, wol of garing, hekelpenne o PAT 2: Breitoerusting, instruksieblad, garing en wol, breipenne • Deel die leerders in groepe volgens die getal leerders wat maklik in die klaskamer geakkommodeer kan word. Die getal per groep sal van die beskikbare hulpmiddels afhang. • Berei die klaskamer vir die eksamen voor en maak seker dat klein gereedskap, bv. skêre, breinaalde, steekhouers, rytellers en wol beskikbaar is. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 5 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) 7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN 7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 8 uur (hekel) • Hierdie eksamen sal plaasvind in TWEE SESSIES VAN VIER UUR ELK, met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee uur OF EEN SESSIE VAN AGT UUR met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee ure. • Deel elke leerder se stelletjie ('kit') met hekeltoerusting, wol, garing, patrone, steekhouers, rytellers en instruksies uit. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of die leerders op enige manier behulpsaam wees NIE. • Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte aanteken. Nadat die artikel nagesien is, kan die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikel voltooi. Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE. Nadat die verbeteringe aangebring is, word die artikels op 'n veilige plek gebêre tot die dag van praktiese eksamen 2. • Die artikels moet na agt uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag gedurende die praktiese eksamen in die vertrek/lokaal teenwoordig wees. 7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 8 uur (brei en hekel) • Hierdie eksamen sal plaasvind in TWEE SESSIES VAN VIER UUR, met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee uur OF EEN SESSIE VAN AGT UUR met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee ure. • Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits') met die breitoerusting, wol, garing, patrone en instruksies. • Genoeg wol/garing en skêre moet beskikbaar wees. • Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer praktiese eksamen 2 uit. • Die artikels moet na 8 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders op enige manier behulpsaam wees NIE. • Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte aanteken. Nadat die artikel nagesien is, mag die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikels voltooi. Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat foute reggemaak is NIE. • Nadat verbeterings aan die artikels aangebring is, moet dit tot die dag van moderering veilig bewaar word. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag gedurende praktiese eksamen 2 in die vertrek/lokaal teenwoordig wees. 8. EVALUERING • Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te evalueer, die leerders se werkplekker te inspekteer en die puntestate te voltooi. • Die leerders moet hul werkplekke na die eksamen opruim sodat die onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 6 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR praktiese eksamen 1 Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1 ontvang en modereer om te verseker dat die standaard van die eksamen geskik is: • 'n Fotokopie van die patroon • 'n Illustrasie van die artikel • Die lys van wol/garing, kramery/ander benodigdhede, ens. wat aangekoop moet word • Die beraamde koste per leerder • Die voltooide oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken • 'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en puntetoekenning vir beide praktiese eksamensessies • Die puntestate vir die PAT-sessies • Beplanning vir praktiese eksamen 1- en praktiese eksamen 2- sessies, wat die totale gewigswaarde van tegnieke aandui Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur is nie. 9.2 OP DIE DAG VAN PRAKTIESE EKSAMEN 2 • In kwartaal 3 sal die laaste groep leerders deur die betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê. • Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die moderering beskikbaar hê: o Al die artikels wat die leerders tydens die praktiese klasse vir SGA ('SBA') gemaak het (indien nie tydens SGA-moderering gemodereer nie) o Al die PAT 1-artikels van al die leerders vir verifikasie, indien hulle 'n ander artikel maak o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds beide eksamens voltooi het o Die punte van die leerders wat alreeds die eksamen voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat • Die moderator sal ses kandidate lukraak kies en die leerders onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen aflê. • Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. • Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 7 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) • Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die aanpassingspeiling wat vereis word: PAT 2 100 Leerder se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS -3 *O = Onderwyser; *M = Moderator • 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie. • Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word. • Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word. • Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer word en deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 8 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN BREIWERK • Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die weeklikse praktiese lesse te kies. • Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning nie. • Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word. • Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit. Vashou van breipenne en wol/garing 10 Koussteek 10 • Korrekte posisie in linkerhand 3 • Steke lyk soos 'n V aan die regtekant 2 • Korrekte posisie in regterhand 3 • Glad aan die regtekant 2 • Hou wol korrek in regterhand 4 • Growwer aan die aweregskant 3 • Korrekte spanning 3 Aanheg van steke 15 Riffelsteek 10 • Regtekant van steke op regtekant van artikel 3 • Egalige rye wat identies aan albei kante • Alle steke deur die voorste of agterste lusse 3 is 4 • Korrekte spanning, nie té styf nie 3 • Steke moet egalig wees 3 • Steke ewe groot 3 • Korrekte spanning 3 • Netjiese rand 3 Afheg van steke 15 Gebruik van verskillende kleure 10 • Heg af in patroonsteek 3 • Aanheg van nuwe wol aan begin van 3 • Steke is stewig, sal nie lostrek nie 3 'n ry 4 • Korrekte spanning, nie té styf nie 3 • Weef die wol in die rand in 3 • Steke ewe groot en lê in dieselfde rigting 3 • Netjiese rand • Netjiese rand 3 Kousbandsteek 10 Volg patroon 10 • Stewige struktuur wat kan rek en vorm behou 4 • Korrekte interpretasie van afkortings 3 • Egalige steke met egalige voorkoms 3 • Volg die patroon stap vir stap 2 • Growwe struktuur aan albei kante 3 • Korrekte spanning 3 • Eindproduk soos patroon 2 Vermeerder of verminder 10 Nate 15 • Breiwerk trek nie styf nie 3 • Lê plat 4 • Fatsoen beïnvloed nie die patroon nie 4 • Netjies, nie baie sigbaar nie 3 • Vermeerder/Verminder op korrekte posisie 3 • Reguit naatlyne 4 • Korrekte steek 4 Knope en knoopsgate/Vasmaakmiddels 10 Sakke 9 • Korrekte posisie op kledingstuk (dames regs, • Tipe sak geskik vir kledingstuk/artikel 3 mans linkers) 4 • Korrekte posisie 3 • Korrekte spasiëring 3 • Korrekte fatsoen 3 • Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaakmiddel 3 Kleurkombinasie 2 Kabelpatroon 10 • Mooi kleurkombinasie 2 • Verhoogde spanning van gebreide artikel 3 • Korrekte gebruik van kabelnaald 3 • Kabels is identies 4 Kantpatroon 10 Las van wol 10 • Korrekte keuse van wol/garing 2 • Verkieslik by naatrand 3 • Korrekte spanning 4 • Korrekte metode 4 • Patroon korrek 4 • Weef wol in breiwerk in 3 Finale afronding 10 Verander kleur 10 • Werk skoon en netjies 4 • Spanning egalig 4 • Werk rafel nie uit nie 3 • Verander verkieslik aan begin van ry 3 • Los drade netjies weggewerk 3 • Los drade netjies weggewerk 3 Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 9 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN HEKELWERK • Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die weeklikse praktiese lesse te kies. • Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning nie. • Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word. • Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit. Hou die hekelpen en garing/wol 5 Vorm 'n ringetjie 10 • Hekelpen in korrekte posisie 2 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Hou garing/wol korrek vas 3 • Steke dieselfde grootte 3 • Egalige voorkoms 3 Hekel 'n sirkel 10 Kettingsteke 10 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Steke dieselfde grootte 3 • Steke dieselfde grootte 3 • Voorkoms egalig 3 • Voorkoms egalig 3 Glipsteek 10 Kortbeen 10 • Korrekte spanning 4 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Steke dieselfde grootte 3 • Steke dieselfde grootte 3 • Vertoon egalig 3 • Egalige voorkoms 3 Halwe langbeen 10 Langbeen 10 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Dieselfde grootte 3 • Steke dieselfde grootte 3 • Egalige voorkoms 3 • Egalige voorkoms 3 Dubbelslagsteek 10 Las van motiewe/dele 15 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Gehekel/vasgewerk 3 • Steke dieselfde grootte 3 • Nie te styf nie 3 • Egalige voorkoms 3 • Nie sigbaar nie 3 • Gebruik korrekte kleur garing 3 • Netjiese rande 3 “Granny square” 15 Vermeerder of verminder 10 • Korrekte spanning 4 • Korrekte metode 4 • Goeie kleur kombinasie 3 • Korrekte posisie 3 • Netjies rande 4 • Fatsoen mag nie patroon beïnvloed nie 3 • Hoeke korrek, netjies 4 Steekpalbone 20 Randjie 10 • Korrekte/egalige spanning 5 • Korrekte breedte 3 • Korrekte fatsoen/lê plat 5 • Breedte geskik vir artikel 4 • Netjiese rande 5 • Lê plat, krul nie op nie 3 • Egalige voorkoms 5 Las garing/wol 5 Knope en knoopsgate/vasmaakmiddels 10 • Korrekte metode 3 • Korrekte posisie op kledingstuk (dames regs, mans 3 • Geen los drade nie/netjies weggewerk 2 linkerkant) • Korrekte spasiëring 3 • Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaakmiddel 4 Spasies 15 Ronde motief 15 • Dieselfde grootte 2 • Sluit rondte met glipsteek 2 • Steke egalig 5 • Begin nuwe rondte met twee/drie kettingsteke 2 • Elke rondte word met glipsteek gesluit 2 • Las nie sigbaar nie 3 • Begin nuwe rondte met twee/drie kettingsteke 2 • Steke egalige spanning 4 • Korrekte spanning 4 • Motief lê plat 4 • Finale afronding 10 Verander kleur 10 • Werk skoon en netjies 4 • Spanning egalig 4 • Werk trek nie los nie 3 • Verander liefs aan begin van ry 3 • Los drade netjies weggewerk 3 • Los drade netjies weggewerk 3 Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 10 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) ONDERWYSER SE BEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 1 EN 2 (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum en tyd van eksamensessies: TOETSE VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) PRAKTIESE EKSAMEN 1 KWARTAAL 2 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: PRAKTIESE EKSAMEN 2 KWARTAAL 3 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 11 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groep- Getal leerders Datums Tyd leerders nommer per groep 25 1 13 10/09/2018 08:00–12:30 2 12 11/09/2018 08:00–12:30 Eksamen Benodigdhede per Hoeveelheid Getal Totaal leerder leerders PAT 1 Hekelpen, 3,00 mm 1 25 25 Wol, 50 g 1 25 25 Wol, 50 g kontraskleur 1 25 25 Pêrelwit glaskrale 100 25 2 500 INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Hekelpenne, 3,00 mm 25 Wol, 50 g 25 Wol, 50 g, kontraskleur 25 Pêrelwit glas krale 2 500 Beraamde koste van inkopielys: BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………......... Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 12 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep PAT 1 Benodigdhede per leerder Getal Totaal leerders INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………......... Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 13 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) VERBRUIKERSTUDIES BREI- EN HEKELPRODUKSIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD SKOOL ONDERWYSER HOOF DATUM VOORGELÊ Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum PAT-sessies KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Items ingesluit vir PAT 1 en 2 'n Illustrasie van die item Kopie van die patroon se instruksieblad vir die leerders Voltooide tegnieke en gewigswaarde vir PAT 1 en PAT 2 Assesseringskriteria vir die tegnieke Gevorderde tegnieke genoem vir PAT 1 en 2 Inkopielys Beraamde koste per leerder GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: ________ Handtekeninge: ONDERWYSER: _____________________ DATUM:___________________________ HOOF: _____________________________ DATUM:___________________________ MODERATOR: ______________________ DATUM:_________________________ Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 14 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) PUNTESTAAT VIR HEKELWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1 PAT 1: HEKELWERK SKOOL LEERDERS SE NAME 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Interpretasie van patroon 15 Volg patrooninstruksies, afkortings 7 Akkurate tegnieke Deurgaans korrekte spanning 2 Rande egalig 2 Korrekte metode om steke op te stel 2 Korrekte metode om elke steek te brei/hekel 2 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van hekelpen 2 Korrekte hantering van gareknipper/ klein skêrtjie/spelde/stopnaald 3 Volgorde van werk en doeltreffende gebruik van tyd 5 Vermoë om realistiese werksvolgorde soos op patroon aangedui, te volg 2 Doeltreffende gebruik van tyd 3 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS 5 Netheid van werkplek en toerusting 2 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner gereedskap lê nie rond nie, hantering van toerusting na gebruik, korrekte hantering van oorskietwol/garing 1 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van eksamen 5 Toerusting korrek en veilig gebêre 2 Werkarea netjies en skoon 3 3 PAT 1 Algemene voorkoms 20 VERKOOP- Netheid van artikel en BAARHEID afwerking 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 PAT 1 Vakmanskap 40 VERKOOP- Steke 10 BAARHEID Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 15 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) PUNTESTAAT VIR BREI- EN HEKELWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK PAT 2: BREIWERK SKOOL LEERDERS SE NAME 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Patrooninterpretasie 15 Volg patrooninstruksies, afkortings Akkurate tegnieke 7 Korrekte spanning gehandhaaf 2 Rande egalig 2 Korrekte metode om steke op te stel 2 Korrekte metode om elke steek te brei 2 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van breinaalde 3 Korrekte hantering van gareknipper/ klein skêrtjie/spelde/stopnaald 2 Doeltreffende gebruik van tyd 5 Vermoë om realistiese werksvolgorde soos op patroon aangedui, te volg 2 Doeltreffende gebruik van tyd 3 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Netheid van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner gereedskap lê nie rond nie, hantering van toerusting na gebruik 2 Korrekte hantering van oorskietwol/garing 1 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop 5 van eksamen Toerusting korrek en veilig gebêre 2 Werkarea netjies en skoon 3 3 PAT 2 Algemene voorkoms 20 VERKOOP- Netheid van artikel 10 BAARHEID Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 PAT 2 Vakmanskap 40 VERKOOP- Steke 10 BAARHEID Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Consumer Studies 16 DBE/PAT 2018 NSC (Production of Knitted and Crocheted Items) VOORBEELD VAN 'N GEBREIDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VINGERLOSE HANDSKOENE IN RIF- EN KANTSTEEK GEWIGSWAARDE: TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Vashou van breipenne en wol 10 Aanheg van steke 15 Kousbandsteek 10 Rifsteek 10 Verminder 10 Heg af 15 Werk van nate 10 Las van wol 10 Kwaliteit en verkoopbaarheid 10 TOTAAL: 100 BENODIGDHEDE: 100 g dubbelbreiwol is genoeg vir twee pare 4 mm-breipenne Naald AFKORTINGS: r –brei regs r2tes – regs twee tesame aw – aweregs dop – draad oor pen PATROON (brei 2): Heg 36 steke aan. Ry 1–7: R2, Aw2, tot end. Ry 8–9: R alle steke. Ry 10 :R4, *dop, r2tes,r2. Herhaal van * tot 4 steke oorbly. R4. Herhaal ry 10 totdat die breiwerk 13 cm lank is. Herhaal rye 1-7. Heg steke af. Werk die naat toe van die onderkant af, laat 'n 2.5 cm opening vir die duim voordat die rifsteek begin. Werk langs een kant van die duim opening en werk dan albei die kante vas tot aan einde Van die rifsteek. Werk los drade weg. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VOORBEELD VAN GEHEKELDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GEHEKELDE SAKKIE GEWIGSWAARDE: TEGNIEK GEWIGSWAARDE Hou hekelpen en garing 5 Hekel 'n sirkel 10 Kettingsteek 10 Glipsteek 10 Kortbeen 10 Langbeen 10 Dubbelslagsteek 10 Picot randjie 10 Verander kleur 10 Vermeerder 10 Afronding 5 Totaal 100 BENODIGDHEDE: Wol A: 50 g hoofkleur Wol B: 50 g kontraskleur Hekelpengrootte 3,00 mm AFKORTINGS: ks. – kettingsteek gls – glipsteek kb. – kortbeen lb – langbeen dlb – dubbelslagsteek verm – vermeerder st/e – steek/steke Kopiereg voorbehou Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) METODE: Alle steke word in die agterste lus gewerk om 'n rif te skep. Gebruik wol A: maak 4 ks. Sluit ring/sirkel met 'n gls in die eerste ks. (Aan einde van elke rondte sluit rondte met 'gls en begin nuwe rondte met een/twee/drie ks om eerste steek te vorm). Rondte 1: Werk 8 kb in ring. Rondte 2: (1 kb, verm in volgende st) vier maal (12 ste Rondte 3: (1 kb, verm in volgende st) ses maal (18 ste) Rondte 4: (1kb, verm in volgende st) nege maal (27 ste) Rondte 5: (2 kb, verm in volgende st) nege maal (36 ste) Rondte 6: 1 kb in elke st (36 ste) Rondte 7: (3 kb, verm in volgende st) nege maal (45 ste) Rondte 8: 1 kb in elke st (45 ste) Rondte 9: (4 kb, verm in volgende st) nege maal (54 ste) Rondte 10: 1 kb in elke st (54 ste) Rondte 11: (5 kb, verm in volgende st) nege maal (63 ste) Rondte 12: 1 kb in elke st (63 ste) Rondte 13: 1 dlb in elke st (63 ste) Rondte 14: *1 ks, voeg kraletjie in, 1 kb in elke ander st * herhaal (63 ste) Rondte 15: 1 lb in elke st (63 ste) Rondte 16: 1 kb in elke st (63 ste) Rondte 17: *1 dlb in elke st, voeg kraletjie in, elke ander st in*, (63 sts) Rondte 18: 1 kb in elke st (63 ste) Rondte 19: * 1ks, 1 dlb in elke st (63 ste) Rondte 20: 1 kb in elke st (63 ste) Rondte 21: 1 lb in elke st (63 ste) Rondte 22: *1 kb in elke st, voeg kraletjie in by ander kb* (63 ste) Rondte 23: *1ks, dlb in elke ander st* (63 ste) Rondte 24: 1 kb in elke st (63 ste) Rondte 25: 1 lb in elke st (63 ste) Rondte 26: *1ks, lb in elke ander st* (63 ste) Rondte 27: 1 dlb in elke st (63 ste) Rondte 28: *1ks, lb in elke ander st (63 ste) Rondte 29: Dlb in elke st (63 ste) Rondte 30: *1ks, 1 lb in elke ander st (62 ste), Heg af. Handvatsel: Die handvatsel word gemaak deur 'n lang bandjie te maak wat deur Rondte 27 van die sakkie geryg word. Gebruik wol B maak 200 ks Steek hekelpen in derde ks vanaf hekelpen en werk langbene in elke steek (197 lb). Heg af. Picot-randjie: Gebruik wol B. 1 gls in eerste steek, (5ks,gls in 3e ks vanaf hekelpen, 2ks, slaan 2st oor, 1gls in volgende st) herhaal tot einde. Heg af Kopiereg voorbehou Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) KRITERIA VIR TEGNIEKE WAT GEBRUIK IS: Netheid van Voorgeskrewe Steke Konstruksie Afronding artikel tegnieke voltooi Geen vuil merke Alle tegnieke Steke korrek Konstruksie van Geen los drade nie/brei/hekelwerk suksesvol voltooi Spanning van elke tegniek nie skoon steke egalig en volgens vereistes Geen los drade korrek Verminder en nie Steke trek nie los vermeerder nie korrek gedoen Randjie netjies Netjies aangeheg en egalig en afgeheg Goeie (10) (10) 10) verhoudings (20) (10) Netheid van artikels, voorgeskrewe tegnieke, steke, konstruksie en afwerking: 0-1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop word nie 2-3 Swak, voldoen aan sommige standaarde, maar kan nie verkoop word nie 4-6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, kan verkoop word 7-8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop 9-10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal goed verkoop Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Consumer Studies PAT GR 12 2018 (Knitting and Crocheting) Afr hlayiso.com | Hlayiso