Skip to content
Practical assessment task

Consumer Studies PAT GR 12 2018 (Soft Furnishings) Afr

Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201822 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT- ARTIKELS) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2018 Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) DIE PRAKTIESE ASSESSERSINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. • Tydens die praktiese assesseringstaak vir die Produksie van Sagtemeublement- artikels moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoë/vaardighede toon om sagtemeublement-artikels te produseer met die fokus op verkoopbaarheid. • Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies graad 12 bestaan uit 'n uitlê-en-uitknipsessie (deel van praktiese eksamen 1) en twee praktiese eksamens van drie uur elk. Leerders voer hierdie praktiese eksamens individueel uit. o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 (plus uitlê-en-uitknipsessie) Leerders sal die helfte van die artikel maak wat hul vir die mikro-onderneming vir die projek in kwartaal 1 gekies het. o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2 Leerders sal die artikel voltooi wat hulle in praktiese eksamen 1 begin het. 2. PUNTETOEKENNING • Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te kombineer soos hieronder aangedui. Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 (sluit uitlê en uitknip in) 100 Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100 Totaal 200 ÷ 2 Finale punt vir PAT 100 • Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar assessering. • Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT verskaf. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei puntestate deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) 3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met Sagte Meublement as praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT die verantwoordelikheid van die skool, soos in die KABV-dokument uiteengesit. Maak seker van die volgende: • 'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: groot tafels vir uitlê en uitknip; twee of meer strykplanke en strykysters; uitknipskêre (een vir elke leerder); toerusting vir meet en merk. • 'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R100 per leerder vir ELK van die twee praktiese eksamens word benodig om die vereiste artikels te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese lesse. • Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag doen, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00. • Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die volgende groep gereed te maak. • Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te voltooi. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK • Uitlê en uitknip word vooraf in 'n EEN-UUR-sessie onder eksamentoestande gedoen. • 'n Tydraamwerk van 3 UUR in totaal word per eksamen benodig (die een-uur- uitlê-en uitknipsessie voor praktiese eksamen 1 uitgesluit) 5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS 5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2) • Hierdie praktiese eksamen moet in die toets- en eksamenrooster vir die tweede kwartaal ingesluit word. • Leerders moet die artikel maak wat vir die mikro-onderneming (projek in kwartaal 1) gekies is. Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikels vorm 'n belangrike aspek van die eksamen. • Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat in 6 uur voltooi kan word met die vaardighede wat die leerders tydens die SGA ('SBA') praktiese lesse in graad 10 en 11 geleer het. • Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir die praktiese eksamens gekies word: o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat binne 7 uur voltooi kan word (een-uur-uitlê-en-uitknipsessie, praktiese eksamen 1 en praktiese eksamen 2); OF o Gebruik dieselfde handelspatroon wat tydens die praktiese lesse gebruik is en laat die leerders die artikel weer in 7 uur maak (een- uur-uitlê-en-uitknipsessie, praktiese eksamen 1 en praktiese eksamen 2). • Die artikel gekies moet 'n minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van 100 punte. • Die tegnieke wat per eksamen voltooi moet word, moet 'n totale vaardigheidskode-gewigswaarde van 50 punte hê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) • Leerders moet die een-uur-uitlê-en-uitknipsessie voor die dag van praktiese eksamen 1 onder eksamentoestande voltooi. • Leerders moet die helfte van die artikel in praktiese eksamen 1 begin en voltooi. • Na drie uur moet leerders hulle artikels vir nasien ingee. Na afloop van die nasien word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute reggemaak is nie. 5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3) • Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is, plaasvind. • Die leerders sal oor die produksieproses, vakmanskap en die verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word. • 'n Tydsbestek van 3 uur in totaal word vir hierdie praktiese eksamen benodig. • Die tegnieke wat per eksamen vereis word, moet 'n vaardigheidskode-gewigswaarde van 50 punte hê. • Na drie uur moet leerders hul artikels vir finale nasien ingee. Na afloop van die nasien word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute reggemaak is nie. 6. VOORBEREIDING VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende: • Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander skoolaktiwiteite bots nie. • Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n patroon vir elke leerder. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik. • Berei die puntestate verskaf voor met die leerders se name en hulle eksamennommers. • Leerders moet die patroon en instruksies een week (7 skooldae) voor die uitlê- en-uitknipsessie ontvang. • Koop die kleedstof en ander benodigdhede/kramery, knip die kleedstof in die vereiste grootte vir elke leerder. • Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit: o Kleedstof in die vereiste grootte o Die patroon en instruksieblad o Die kramery/ander benodigdhede, bv. 'n ritssluiter, knope, spelde, ens. • Gaan al die beskikbare naaimasjiene na, versien dit en maak seker dat al die naaimasjiene in 'n goeie werkende toestand is. • Verdeel leerders in groepe volgens die getal leerders wat maklik in 'n lokaal geakkommodeer kan word. • Bedraad al die naaimasjiene met die geskikte kleur garing en toets die spanning vooraf. • Berei die klaskamer voor en maak seker die volgende is beskikbaar: o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene o Strykysters en -planke o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die artikels o Genoeg klein gereedskap soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing, spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en skerp uitknipskêre Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) 7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 4 uur 7.1.1 Die uitlê-en-uitknipsessie: 1 uur (voor praktiese eksamen 1) • Deel elke leerder se stelletjie ('kit') uit met die kleedstof, patroon, instruksieblad en ander benodigdhede soos die ritssluiter. • Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknipsessie enige hulp aan leerders verleen nie. • Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken. • Leerders kan uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of nuwe dele uitsny nadat die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit sal NIE weer nagesien word nie. • Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die dag van praktiese eksamen 1. 7.1.2 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 3 uur • Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits') met die uitgeknipte artikels en ekstra afvalmateriaal. • Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees. • Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees. • Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer hierdie praktiese eksamen uit. • Die artikels moet na 3 uur vir nasien gereed wees. • Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer teenwoordig wees. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of enige hulp aan die leerders verleen nie. • Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte aanteken. Na afloop van die nasien kan die leerders foute regmaak of die artikels voltooi tot by die vereiste stadium waar praktiese eksamen 2 begin. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE. • Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels in die stelletjie ('kit') teruggeplaas word en op 'n veilige plek tot die dag van praktiese eksamen 2 bewaar word. 7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 3 uur • Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits') met die half voltooide artikels asook ekstra afvalmateriaal. • Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees. • Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees. • Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, doen hierdie praktiese eksamen 2. • Die artikels moet na 3 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer teenwoordig wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of enige hulp aan die leerders verleen nie. • Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte aanteken. Na afloop van die nasien kan die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikels voltooi. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE. • Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels weer op 'n veilige plek tot die dag van moderering bewaar word. 8. EVALUERING • Die onderwyser en eksterne moderator het een uur om die finale produkte te evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi. • Die leerders moet hul werkplekke na afloop van die eksamen opruim sodat die onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer. 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 9.1 VOOR praktiese eksamen 1 Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1 ontvang en modereer om te verseker dat die standaard van die eksamen gepas is: • Die artikel gekies met die gewigswaarde van tegnieke volgens die vaardigheidskode aangedui • 'n Fotokopie van die patroonkoevert • 'n Illustrasie van die artikel • Die lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. wat gekoop moet word • Die beraamde koste per leerder • Die ingevulde oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken • 'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en puntetoekenning vir die praktiese eksamensessies • Die puntestate vir beide praktiese eksamens • Beplanning vir al drie sessies (uitlê-en-uitknip-, praktiese eksamen 1- en praktiese eksamen 2-sessies) wat die totale gewigswaarde van tegnieke aandui Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur is nie. 9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2 • In kwartaal 3 sal die laaste groep met 'n maksimum van 12 leerders deur die betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê. • Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die moderering beskikbaar hê: o Al die artikels wat die leerders gedurende die weeklikse praktiese klasse vir SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie) o 'n Kopie van die ingevulde puntestaat vir praktiese lesse o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds praktiese eksamen 2 voltooi het o Die punte van al die leerders wat reeds praktiese eksamen 2 voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) • Die moderator sal ses leerders lukraak kies en hulle onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen aflê, asook die artikels wat die leerders gekies, gemaak het. • Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. • Die gerekenariseerde puntestate moet op die dag van moderering ingevul word. • Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die aanpassingspeiling wat vereis word: PAT 2 100 Leerder se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS –3 *O = Onderwyser; *M = Moderator • 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie. • Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word. • Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word. • Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer word en die puntestate moet deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN SAGTEMEUBLEMENT-PRODUKSIE • Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as vir die weeklikse praktiese lesse te kies. • Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning nie. • 'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek. • Die totale gewigswaarde van die tegnieke in ELKE praktiese eksamen in graad 12 moet 'n minimum van 50 punte in totaal hê. • Punte vir dieselfde tegniek kan nie twee keer in dieselfde praktiese eksamen toegeken word nie. • Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit Uitlê en uitknip van 'n handelspatroon 12 Ritssluiter 15 • Kleedstof is korrek gevou 1 • Naattoelating korrek en egalige breedte 2 • Patroon op lengtedraad geplaas 1 • Naatafwerking 3 • Alle relevante dele op die vou geplaas 2 • Sit rits in: stikwerk reguit, korrekte breedte vanaf rits 5 • Patroondele korrek aan kleedstof vasgesteek 2 • Hoeke onderaan rits netjies en reguit 3 • Reguit knip op kniplyne 2 • Hoeke aan bokant van rits netjies en reguit 2 • Kepies akkuraat geknip 2 Gefatsoeneerde hoeke 10 • Patroonmerke 2 • Meet en sny 3 Uitlê en uitknip vanaf afmetings, geen patroon nie 15 • Stik naat om hoeke te vorm 2 • Kleedstof korrek gevou 2 • Afwerking van naat 2 • Afmetings akkuraat op kleedstof gemerk 3 • Heg rek aan 3 • Lengtedraad van kleedstof korrek gebruik 5 Kwiltwerk 20 • Reguit geknip 5 • Plaas kleedstof, voering en watteersel opmekaar 5 Laslapontwerp 10 • Ryg die drie lae aanmekaar 6 • Laslappatroon op papier ontwerp 2 • Merk stiklyne 4 • Ontwerp pas by kleedstof en artikel 3 • Akkurate stikwerk 5 • Moeilikheidsgraad (getal en vorm van blokkies; verwys Gebruik van Velcro/vasmaakmiddels 5 na KABV vir tegnieke per graad) 5 • Netjies en korrek gestik of gewerk 3 Uitlê en uitknip van patroondele 20 • Korrekte posisie 2 (Laslapstukkies, voering en watteersel ingesluit) Versiering behalwe borduurwerk 5 Laslapwerk: • Geskik vir artikel 2 • Akkurate meet en knip van lappies 5 • Netjiese steke 3 • Groote van lappies geskik vir grootte van artikel 3 Skuinsomboorsel 20 • Korrekte getal laslap-lappies 2 • Knip van skuinsstroke 5 Ander patroondele: • Las skuinsstroke 5 • Ekonomiese plasing van patroondele op kleedstof 2 • Heg stroke vir randafwerking • Voering- en watteerselpatroondele akkuraat gemeet en o Korrekte en egalige breedte 3 gemerk op kleedstof 5 o Lê plat en egalig 2 • Reguit geknip 3 o Masjien- of handsteke 5 Nate/Aanmekaar werk van laslappies 15 • Laslappies volgens ontwerp aanmekaar gelas 2 Koord/Buisboorsel gemaak van skuinsstroke 20 • Reëlmatige klein stekies 2 • Sny skuinsstroke 5 • Nate reguit/egalige rondings/vierkantige hoeke 2 • Heg skuinsstroke 5 • Naattoelating = 0,5 cm 3 • Maak omboorsel/koord 5 • Groepering van lappies 2 • Krimp tou 2 • Finale voorkoms 2 • Plaas koord in naat in 3 Nate en naatafwerkings (saamstel van artikel, bv. sak) 10 Smal enkelsome 8 Oop of toe reguit nate met 'n afwerking • Egalige en korrekte breedte 2 • Reguit stikwerk 3 • Netjies afgewerk/omgekap 2 • Korrekte naattoelating, egalige breedte 4 • Egalig omgevou 2 • Naatafwerking 3 • Netjies gestik 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) Opgestikte sak 10 Borduurwerkversiering: drie tot vyf dekoratiewe steke 10 • Sak se vorm, grootte van nate/some 3 met hand gewerk • Posisie op artikel is korrek 2 • Goeie ontwerp, geskik vir artikel 3 • Stiksel om sak op artikel vas te stik 5 • Goeie keuse van kleure 3 Kussingsloop 10 • Borduursteke – vakmanskap 4 • Belegsel op korrekte wyse oorgevou/soom netjies en Gordynvoering 10 gelyk 3 • Nate reguit 2 • Nate gelyk/netjies (rolnaat/oopnaat) 3 • Soom 3 • Stikwerk reguit 2 • Komberssteektrensies (hou voering in posisie) 3 • Hoeke weggeknip 2 • Korter en smaller (egalige afwerking) 2 Knope op kussings/dekoratief 5 Vaswerk van gordynband 5 • Los stikwerk deur al die lae 2 • 3 rye reguit stiksels 3 • Afgewerk met komberssteek 2 • Korrekte posisie op gordyn 2 • Knope oorgetrek met geskikte kleedstof 1 Vasmaakmiddels: lussie en hakie/knoop/drukkertjies/ 5 Randstroke aangeheg 10 knoop en knoopsgat • Egalige breedte 2 • Korrekte spasiëring/grootte 2 • Stikwerk reguit/geen plooie nie (naat vir vaswerk) 3 • Korrekte steek 1 • Netjiese simmetriese hoeke 3 • Knope stewig vasgewerk 2 • Geen los drade/slordige hoeke nie 2 Oorgetrekte gordynkappe 10 Verstekhoeke 12 • Geknip volgens vorm/ontwerp 3 • Presiese breedteafmeting reg rondom 2 • Geen rafels/drade nie 3 • 45°-hoeke geknip met naattoelating 2 • Afwerking/egalige stikwerk/hoeke netjies omgekeer/ • Stik hoeke en knip oortollige kleedstof af 2 hoeke netjies weggeknip 4 • Vou naattoelating in en ryg egalig deur al drie lae 3 Keuse van kleedstof 10 • Bostiksel deur alle lae. Geen plooie/voue nie. 3 (Onderwyser moet houer hê waaruit leerders kan kies.) Valletjies 20 • Kleedstowwe pas vir maklike was en versorging 3 • Some: smal, egalig met netjiese stikwerk 3 • Kleure pas, treffende effek 3 • Korrekte steeklengte vir rygplooie 1 • Motiewe/Ontwerp/Patroon op kleedstof klein en • 2/3 rye rygsteke 2 geskik vir laslapwerk 4 • Intrek van rygplooie egalig versprei 3 Uitsny/Vorms van laslappies 5 • Werk valletjie aan artikel 4 • Dol-laslapwerk – grootte van lappies geskik vir • Reguit stiksel in middel van rygsteke 4 grootte van artikel 2 • Naatafwerking 3 • Laslappies akkuraat geknip 3 Borduurwerkversiering 5 Randafwerking 15 • Goeie ontwerp 2 • Knip en las skuinsstroke vir skuinsomboorsel 5 • Netjies en stewig vasgewerk 3 • Sny reguit omboorsel volgens mate/patroon 4 Nate en naatafwerkings 10 • Aanheg van omboorsel vir randafwerking Geronde naat o Korrekte en egalige breedte 2 • Stiksel reguit o Lê plat 2 2 • Korrekte naattoelating, egalige breedte o Netjies gestik 2 3 • Naatafwerking 3 Bande/handvatsels (vir sakke/beursies) 10 • Egalige ronding 2 • Egalige breedte, geskik vir sak 3 Nate en naatafwerking 12 • Versterk binnekant met geskikte kleedstof 2 Nate met hoeke • Aan sak geheg en versterk 5 • Stiksel reguit 3 Gehalte en verkoopbaarheid 10 • Korrekte naattoelating, egalige breedte 3 • Algemene afwerking 3 • Naatafwerking 3 • Algehele netheid 3 • Hoeke 3 • Geskik vir doel 4 Nate en naatafwerkings (saamstel van artikel, bv. sak) Voering vir sak 10 Oop- of toenate met afwerking • Nate 4 • Reguit stikwerk • Korrekte grootte/geen plooie/voue nie 3 • Korrekte naattoelating, egalige breedte • Netjies aangeheg 3 • Naatafwerking Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) ONDERWYSER SE BEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN 1 EN 2 (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum en tyd van eksamensessies: PRAKTIESE EKSAMENS VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL PRAKTIESE EKSAMEN 1 (KWARTAAL 2) TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL PRAKTIESE EKSAMEN 2 (KWARTAAL 3) TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word) Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd leerders groep 25 1 8 10/09/2018 08:00–11:00 2 8 10/09/2018 12:30–15:30 3 9 11/09/2018 08:00–11:00 Praktiese Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal Eksamen benodig per leerders leerder 1/2 100% katoen (30 cm x 3) 90 cm 25 22,5 meter Garing 1 tolletjie 25 tolletjies Patroon 1 25 patrone Watteersel/Tussenbelegsel 1m 25 meter ('Batting') Ryggare 1 tolletjie 25 tolletjies Kant 1 12,5 meter ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste 100% katoen 22,5 meter Garing 25 tolletjies Patroon 25 patrone Watteersel/Tussenbelegsel ('Batting') 25 meter Ryggare 25 tolletjies Kant 22,5 meter Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan die einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan die Vakadviseur voorgelê word) Totale getal GROEPE Getal leerders Datums Tyd leerders per groep PAT Benodigdhede per leerder: Hoeveelheid Getal Totaal benodig per leerder leerders ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) VERBRUIKERSTUDIES PRAKTIESE OPSIE: SAGTEMEUBLEMENT-PRODUKSIE OORSIGLYS VIR BEPLANNIING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD SKOOL ONDERWYSER SKOOLHOOF DATUM INGELEWER Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum praktiese-eksamen- sessies KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Items ingesluit 'n Illustrasie van die artikel/fotokopie van die patroonkoevert Kopie van die patroon, instruksieblad wat aan leerders verskaf word Voltooide tegnieke en gewigswaarde van artikel vir Praktiese Eksamen 1 en 2 Assesseringskriteria vir tegnieke Inkopielys Beraamde koste per leerder GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM: __________ Handtekeninge: ONDERWYSER: __________________________ DATUM:____________________________ SKOOLHOOF: ____________________________ DATUM: ___________________________ MODERATOR: ____________________________ DATUM: ___________________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) KRITERIA VIR TEGNIIEKE GEBRUIK: Netheid van Voorgeskrewe Stikwerk/stiksels Konstruksie Afronding artikel tegnieke voltooi Geen vuil merke Alle tegnieke Steeklengte Watteersel moet Geen los drade nie/kleedstof suksesvol voltooi geskik vir tipe stewig nie skoon, kleedstof vasgewerk Laslappies en Geen los drade Kleur van wees sodat dit randstroke moet nie kwiltgaring moet nie skuif nie netjies afgewerk Geen skroeimerke geskikte effek Sak moet wees nie verkry netjies aan Netjies Geen sigbare Spanning van mekaar gewerk gestryk/geen patroonmerke nie steke korrek wees skroeimerke nie Steke moet Handvatsels stewig afgewerk stewig wees vasgewerk Blokkies akkuraat Sakke netjies vasgewerk , vasgewerk naattoelating Voering moet deurgaans netjies pas dieselfde breedte (10) (10) (10) (20) (10) Netheid van artikel, voorgeskrewe tegnieke, stikwerk/stiksels, konstruksie en afronding: 0-1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, sal glad nie verkoop nie 2-3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie 4-6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop 7-8 Goed, voldoen aan al die vereistes, behoort goed te verkoop 9-10 Uitstekend, oortref alle vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE OPSIE: PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENTARTIKELS Praktiese Eksamen 1 (Kwartaal 2) SKOOL NAME VAN LEERDERS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Uitlê en uitknip van patroondele (laslapwerk, voering en watteersel ingesluit) Laslapwerk: 15 Meet en sny laslapdele akkuraat 2 Grootte van kleedstofdele geskik vir kleedstofgrootte 3 Korrekte getal laslapdele 3 Ander patroondele: Ekonomiese plasing van patroondele op kleedstof 2 Voering- en watteerselpatroondele gemeet en akkuraat op kleedstof gemerk 2 Reguit knipwerk 3 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 5 Interpretasie van patroon Volg patrooninstruksies 3 Doeltreffende gebruik van tyd 2 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv. maatband, skêr, naalde, ens. 2 Korrekte hantering van groot toerusting, bv. naaimasjien, omkapmasjien, strykyster, ens. 3 (Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik, veilige en korrekte gebruik van toerusting.) 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Organisasie van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner toerusting lê nie rond nie 1 Hantering van toerusting na gebruik, korrekte hantering van afvalmateriaal en rommel 2 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal.) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van praktiese eksamen 5 Elektriese toerusting afgeskakel, skoongemaak en veilig gebêre 2 Elektriese kragpunte afgeskakel 2 Werkplek netjies en skoon 1 3 VERKOOPBAARHEID: Algemene voorkoms 20 Netheid van artikel en afwerking 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 Vakmanskap 40 Stikwerk/Stiksels 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) PUNTESTAAT VIR SAGTE MEUBLEMENT PRAKTIESE EKSAMEN 2 PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE OPSIE: PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENTARTIKELS Praktiese Eksamen 2 (Kwartaal 3) SKOOL NAME VAN LEERDERS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Interpretasie van patroon 15 Volg patrooninstruksies 7 Akkurate naaldwerktegnieke 8 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv. maatband, skêr, naalde, ens. 2 Korrekte hantering van groot toerusting, bv. naaimasjien, omkapmasjien, strykyster, ens. 3 (Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik, veilige en korrekte gebruik van toerusting.) Doeltreffende gebruik van tyd 5 Doeltreffende gebruik van tyd terwyl wag om toerusting te gebruik 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Organisasie van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner toerusting lê nie rond nie 1 Hantering van toerusting na gebruik, korrekte hantering van afvalmateriaal en rommel 2 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal.) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van praktiese eksamen 5 Elektriese toerusting afgeskakel, skoongemaak en veilig gebêre 2 Elektriese kragpunte afgeskakel 2 Werkplek netjies en skoon 1 3 VERKOOPBAARHEID Algemene voorkoms 20 Netheid van artikel 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 Vakmanskap 40 Stikwerk 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) VOORBEELD VAN 'N ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK ARTIKEL: SAK MET LASLAPPIEWERK GEWIGSWAARDE UITLÊ EN UITKNIP PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 20 SUBTOTAAL: 20 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1/2 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Keuse van kleedstof 10 Borduurwerk 10 Nate 20 Versierings 5 Kwiltwerk 20 Skuinsomboorsel 15 SUBTOTAAL: 80 TOTAAL: 100 VIR DIE ONDERWYSER: BENODIGDHEDE: Ligte kleedstof, 50 cm x 10 cm Gedrukte kleedstof, 50 cm x 10 cm Donker kleedstof, 45 cm x 115 cm Watteersel ('Batting'), 30 cm x 30 cm Kleedstof vir voering, 30 cm x 30 cm Ongebleikte linne ('Calico'), 25 x 25 cm Naalde Koppiespelde Gare Skêr (uitknip en algemene gebruik) Kwiltgaring Templaat A en Templaat B Versierings Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) VIR DIE LEERDERS: DIE UITLÊ-EN-UITKNIP-SESSIE: 1 uur (eksamentoestande) • Ontvang die stelletjie ('kit') wat die kleedstof, patroon, instruksieblad en ander benodigdhede soos kant, knope, ens. bevat. • Gedurende hierdie een-uur-sessie word van jou verwag om die patroondele, watteersel en voering uit te knip. • Dra die patroonmerke, waar van toepassing, oor. • Gee die uitgesnyde patroondele by die onderwyser in om nagesien te word. • Nadat die onderwyser jou werk nagesien kan jy die uitgeknipte dele verbeter/korrigeer, indien nodig, maar GEEN hernasien sal plaasvind nie. • Gee die patroondele by die onderwyser in vir veilige bewaring tot die dag van praktiese eksamen 1 UITLÊ-EN-UITKNIP-SESSIE: 1 uur (eksamentoestande) 1. Knip die volgende patroondele uit: • 2 x templaat A – ligte kleedstof • 2 x templaat A – gedrukte kleedstof • 2 x templaat A – donker kleedstof • 2 x templaat B – ligte kleedstof • 2 x templaat B – gedrukte kleedstof • 2 x templaat B – donker kleedstof • 4 x 25 cm x 4 cm stroke • 2 x 70 cm x 8 cm stroke (bande/handvatsels) • 1 x 25 x 25 cm donker kleedstof vir rugkant van sak • 2 x 25 x 25 vierkante – voeringkleedstof UITLEG: 2. Dra patroonmerke oor, indien van toepassing. 3. Vou alle patroondele en ekstra kleedstof op en gee dit by die onderwyser in vir nasien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) PRAKTIESE EKSAMEN 1: 3 UUR PATROONINSTRUKSIEBLAD: Afkortings: V = vierkant, bv. V1 = vierkant 1 PRAKTIESE EKSAMEN 1 INSTRUKSIES ILLUSTRASIES 1. Plaas een ligte vierkant op een donker 1. vierkant, met regte kante na mekaar en stik op die stiklyn, knip op die kniplyn. Pars naat. (V1 en V9) 2. Herhaal bogenoemde proses met een gedrukte en een ligte vierkant. (V3 en V7) 3. Plaas een donker driehoek op een 3. gedrukte driehoek, regte kante op mekaar, stik en knip soos aangedui in die diagram. Pars (V5.1 en V5.2). 4. Herhaal die proses hierbo met een ligte en een gedrukte driehoek (V4.1 en V6.1) en een donker- en een ligte driehoek (V 2.1 en V8.1) 5. Plaas V2.1 op V2.2 en stik soos 5. aangedui om vierkant V2 te vorm. Pars die nate.. 6. Herhaal die proses hierbo met V4.1 en V4.2 om vierkant V4 en V6.1 en V6.2 (V6) en V8.1 en V8.2 (V8) te vorm. Pars nate. 7. Stik blokke V1, V2 en V3 aanmekaar om Ry 1 te vorm. 8. Herhaal om Ry 2 en Ry 3 te vorm. 9. Stik die rye aanmekaar om 'n vierkant te vorm. Pars die nate. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) 10. Stik 'n donker strook (25 cm x 4 cm) 10. aan die boonste rand van die vierkant. Pars die naat. Stik 'n donker strook aan die onderste rand van die vierkant. Pars. 11. Stik donker stroke aan die regter- en 11. linkerkante van die vierkant. Pars. 12. Plaas die ongebleiktelinne-vierkante op tafel, plaas die watteersel ('batting') bo-op, plaas laslappie-vierkant op watteersel ('batting'), steek vas en ryg. 13. Kwilt, werk onafgewerkte kante van die Sien voltooide diagram op bladsy 21. vierkant weg. PRAKTIESE EKSAMEN 2: 3 UUR 14. Plaas vierkant op tafel, regte kant na bo. Plaas die rugkant (agterkant) bo-op die voorkant, met die regte kante wat na mekaar wys. Stik die synate en die onderste nate. Pars en draai die binnekant na buite. 15. Plaas voeringvierkante op mekaar, met regte kante na mekaar en stik die synate. Pars. 16. Vou die twee 70 x 8 cm-stroke in die helfte in die lengte. Pars en stik in die lengte. Keer/Draai om om die handvatsels te vorm. 17. Steek handvatsels aan sak vas soos in 17. die illustrasie aangedui. 18. Plaas voering oor sak, met regte kante na mekaar en stik boonste naat. Pars. Keer/Draai om. 19. Werk onderste naat van die voering met die hand vas. Plaas voering in sak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) VOLTOOIDE VIERKANT Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels) TEMPLATE Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all