Skip to content
Practical assessment task

Dramatic Arts PAT GR 12 2020 Bylae Afr (Hersien)

Grade 12 Dramatic Arts practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 6 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Dramatic ArtsGrade 1220206 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com DRAMATIESE KUNSTE BYLAE VIR: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE (Covid-19: Aanpassings aan die bestuur, opvoer en nasien van die PAT'e) GRAAD 12 2020 Hierdie bylae bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/PAT 2020 NSS – BYLAE Die nasionale regulasies bepaal dat elke leerder te alle tye 'n beskermende masker moet dra en dat fisiese afstand in alle interaktiewe situasies gehandhaaf moet word. Die doel van hierdie regulasies is om die verspreiding van Covid-19 by leerders onder toesig van die DBE te voorkom. Dit impliseer dat uiterste versigtigheid uitgeoefen moet word wanneer leerders by die skool is om die risiko van besmetting onder onderwysers, leerders en ander skoolbeamptes te verminder. As in loco parentis sal al die beamptes by 'n skool op ‘n redelike wyse alle protokolle en prosedures volg om nakoming en veiligheid te verseker. Die nasionale Covid-19-veiligheidsregulasies het genoodsaak dat die vak Dramatiese Kunste twee belangrike aanpassings aan die PAT'e implementeer en vir die duur van die pandemie handhaaf: 1. Geen leerder of onderwyser mag hul maskers op enige tydstip verwyder om enige van die drie PAT'e te onderrig, leer of assesseer nie. 2. Elk van die drie PAT'e moet 'n INDIVIDUELE Dramatiese Item wees. GEEN item mag 'n groep- of paar-item wees NIE. LET WEL: Die keuse van Dramatiese Items moet steeds kontrasterend en 'n verskeidenheid wees, soos hieronder uiteengesit:  Genres en Dramatiese Bewegings: Afrika-dramavorme/Commedia dell'Arte/Griekse Teater/Suid-Afrikaanse Teater/ Realistiese Teater/Elizabethaanse Teater/Epiese Teater/Arm/Gestroopte Teater/Teater van die Absurde/Postmoderne Teater  Dramatiese Vorms: Gedig/Monoloog/Prosa/Lofgedig/Gedramatiseerde Prosa/Vertelkuns/Mimiek/Fisieke/ Musiekteater Daar is twee hoofscenario's waarvoor die stelsel moet voorberei:  Scenario 1: Skole bly oop tot aan die einde van die akademiese jaar  Scenario 2: Verdere grendeltyd ('lockdown') word geïmplementeer en skole moet vir 'n (nog) onbepaalde periode sluit SCENARIO 1: SKOLE BLY OOP TOT AAN DIE EINDE VAN DIE AKADEMIESE JAAR 1. KABV-inhoud wat vir die PAT'e onderrig moet word Geen veranderinge is aan die Onderwerpe se inhoud, kontekste, vaardighede, kennis en tegnieke aangebring nie. Onderwysers moet steeds alle Onderwerpe onderrig met betrekking tot die vaardighede, kennis en tegnieke wat vir die PAT'e (Geskrewe Afdeling en Opvoer- afdeling) benodig word. 2. Onderrig Onderwysers moet onderrig, vaardighede oordra en instruksies gee terwyl hulle 'n masker dra. 3. Leer  Leerders moet leer met hul maskers aan. Vaardighede, kennis en tegnieke kan verduidelik word en leerders kan instruksies volg en in hul persoonlike werkboeke aantekeninge maak.  Die vaardighede wat aangeleer word, kan op skool (met maskers aan) en tuis (sonder masker) aangeleer en geoefen word. Die enigste keer dat 'n masker verwyder mag word, is wanneer die leerder in sy/haar huis is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/PAT 2020 NSS – BYLAE Daar word verwag dat leerders die vaardighede en tegnieke van die stem, die liggaam, toneelspel en teksontleding inkrementeel vanaf graad 10 tot graad 12 aanleer, ervaar en oefen. Leerders het die geleentheid om deurlopend ervaring op te doen en hierdie vaardighede te oefen, terwyl hulle die protokolle van sosiale afstandhouding handhaaf. Leerders sal hierdie vaardighede in die finale voorbereiding en repetisie vir die jaareindeksamen aanwend en toepas. 4. Assessering Onderwysers moet 'n sperdatum verskaf waarvolgens al die PAT'e vir Kwartaal 2 en 3 geassesseer moet word, insluitend die Geskrewe Afdeling en Opvoerafdeling. 5. Modaliteit vir die Geskrewe Afdeling (die manier waarop die assessering gedoen gaan word)  Onderwysers moet die opdrag/instruksie vir die Geskrewe Afdeling aan leerders gee.  Onderwysers moet leerders inlig of die Geskrewe Afdeling 'n opstel of 'n navorsingstaak of 'n joernaal is.  Onderwysers moet die begrip van die rubriek/kriteria by die leerders fasiliteer.  Onderwysers moet die formaat van die betrokke geskrewe taak onderrig, bv. Navorsing, Opstel en Joernaal.  Daar word van leerders verwag om die take by die skool of tuis te voltooi, binne ‘n redelike tydsraamwerk, en om die voltooide take in te dien om nagesien te word.  Sorg moet gedra word tydens die hantering en stoor van leerders se bewyse. Daar word aanbeveel dat die onderwyser handskoene gebruik.  Sodra die voltooide taak geëvalueer en punte toegeken is, moet onderwysers bewyse van geskrewe take op 'n veilige plek bewaar. LET WEL: 'n Leerderjoernaal/-portefeulje is 'n KABV-vereiste en dit is van uiterste belang dat die leerder se vordering en ontwikkeling in beide teorie en praktiese werk aangeteken word. 6. Modaliteit vir die Opvoerafdeling (die manier waarop die assessering gedoen gaan word) Die twee oorblywende PAT'e kan op die terrein ('on-site') óf weg van die terrein ('off-site') plaasvind. OP DIE TERREIN:  Die twee oorblywende PAT's sal lewend deur elke individuele leerder op die terrein (skool) opgevoer en op 'n selfoon (of geskikte opname-toerusting beskikbaar) opgeneem word.  Slegs die individuele leerder, die vakonderwyser en die opsionele ondersteunings- personeellid wat die opvoering opneem, moet teenwoordig wees. Die klaskamer of ander geskikte ruimtes, soos gange en die binnehof, mag gebruik word. Elke beampte en die leerder moet 'n masker of 'n deursigtige gesigskerm dra en daar moet by die protokolle vir fisiese afstand gehou word. Die vertrek moet voldoende ventilasie hê. Na elke leerder se opname moet die oppervlakke en toerusting ontsmet word.  LET WEL: Die skool moet reëlings tref om die onderwyser en leerder met die nodige hulpbronne te ondersteun om aan hierdie opvoerassesseringsvereiste te voldoen. Dit is noodsaaklik dat die leerder die PAT vir assessering opvoer, en dit is 'n video-/selfoon- opgeneemde weergawe wat deur die onderwyser of opsionele ondersteuningspersoneellid gedoen word.  Die onderwyser sal hierdie lewende opvoering nasien en 'n finale punt toeken.  Wanneer die leerder se bewyse van opvoering ontvang word, is die skool verantwoordelik vir die elektroniese bewaring van elke leerder se PAT-opvoering, bv. CD, flitsskyf, skootrekenaar, vir modereringsdoeleindes deur die SA/SES/DCES/DBE. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/PAT 2020 NSS – BYLAE WEG VAN DIE TERREIN:  Die twee oorblywende PAT'e word lewend weg van die terrein (tuis) opgevoer en deur elke individuele leerder op 'n selfoon (of geskikte opname-toerusting beskikbaar) opgeneem. Aangesien dit weg van die terrein plaasvind, is geen masker nodig nie.  LET WEL: Die skool moet reëlings tref om die onderwyser en leerder met die nodige hulpbronne te ondersteun om aan hierdie opvoerassesseringsvereiste te voldoen. Dit is noodsaaklik dat die leerder die PAT vir assessering opvoer en dat dit 'n selfoon- opgeneemde weergawe van goeie gehalte is. Let daarop dat die gehalte van die opname nie punte kry nie. Dit is egter noodsaaklik dat die opname van goeie gehalte moet wees om 'n billike, betroubare en geldige nasien van leerders se opvoerings moontlik te maak.  In hierdie situasie weg van die terrein sal die onderwyser die opgeneemde weergawe nasien en 'n finale punt toeken.  Wanneer die leerder se bewyse van opvoering ontvang word, is die skool verantwoordelik vir die elektroniese bewaring van elke leerder se PAT-opvoering, bv. CD, flitsskyf, skootrekenaar, vir modereringsdoeleindes deur die SA/SES/DCES/DBE.  Onderwysers in Dramatiese Kunste moet toesien dat: o Leerders daarvan bewus is dat hulle hul PAT vir 'n formele assesseringspunt moet opvoer o Leerders hul naam en van vir die video-opname aankondig, asook die Dramatiese Vorm en titel van die Dramatiese Item, bv. 'My naam is Simphiwe Bavuma. Ek voer 'n monoloog op uit People are Living There, geskryf deur Athol Fugard'.  Die onderwyser sal vervolgens elke leerder se opvoering nasien deur die toepaslike rubrieke te gebruik, bv. prosa, gedig, monoloog, beweging.  Onderwysers mag nie die gehalte van die videogreep nasien nie.  Die enigste vereiste is dat leerders duidelik gesien en gehoor moet word.  Leerders moet teen 'n 'neutrale en ligte' agtergrond, met so min meubels as moontlik in die ruimte, verfilm.  Leerders moenie voor 'n venster opneem waar die lig agter hulle is nie.  Die kameraraam moet die leerder se hele liggaam opneem; daar mag geen naby-skote wees nie.  Die opname self moet as 'n statiese raam opgestel word - geen in- of uitzoem nie.  Toneelspel moet verhoogtoneelspel wees; NIE film- of televisietoneelspel NIE.  Daar mag GEEN klankeffekte, filters, spesiale effekte of redigering by die greep gevoeg word nie.  Die kandidate moet die kleredragkode wat in die KABV uiteengesit is, nakom: hare word vasgemaak om te verseker dat die gesig sigbaar is; geen juweliersware of grimering nie; swart T-hemp en broek. SCENARIO 2: VERDERE GRENDELTYD ('LOCKDOWN') WORD GEÏMPLEMENTEER EN SKOLE MOET VIR 'N (NOG) ONBEPAALDE PERIODE SLUIT 1. KABV-inhoud wat vir die PAT'e onderrig moet word Geen veranderinge is aan die Onderwerpe se inhoud, kontekste, vaardighede, kennis en tegnieke aangebring nie. Onderwysers moet steeds alle Onderwerpe onderrig met betrekking tot die vaardighede, kennis en tegnieke wat vir die PAT'e benodig word. 2. Onderrig  Onderwysers moet onderrig gee, vaardighede oordra en elektroniese instruksies gee.  In enige onderrig- en leerkonteks waar Wi-Fi nie beskikbaar is nie, is dit belangrik dat onderwysers skriftelike lesse voorberei met duidelike instruksies aan leerders oor hoe om vaardighede en tegnieke vir die PAT'e toe te pas en in te oefen. Dit kan gedurende Kwartaal 2 gedoen word wanneer PAT 2 onderrig word. Gee gedetailleerde instruksies en gee aan die leerders tyd om dit neer te skryf. Dek stem-, liggaams-, bewegings-, toneelspel- en teksinterpretasievaardighede, kennis en tegnieke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/PAT 2020 NSS – BYLAE  Verwys die leerders na die spesifieke bladsye in die handboek wat hierdie vaardighede en tegnieke uiteensit.  As leerders Wi-Fi-toegang en data het, skep 'n WhatsApp-groep. Wees beskikbaar om leerders te onderrig en te ondersteun. 3. Leer Leerders sal in hul huise ingeperk wees. Hulle sou voorbereide handboekverwysings en instruksies van onderwysers ontvang het. LET WEL: Leerders word inkrementeel vanaf graad 10 tot graad 12 bekendgestel aan die vaardighede en tegnieke van die stem, die liggaam, toneelspel en teksontleding, hulle ervaar en oefen dit. Teen graad 12 Kwartaal 2 het die leerders aansienlike ervaring en oefening van hierdie vaardighede opgedoen om tydens die finale voorbereiding en repetisie vir die eksterne jaareindeksamen aan te wend en toe te pas. 4. Assessering Onderwysers moet 'n sperdatum verskaf waarvolgens al die PAT'e vir Kwartaal 2 en 3 geassesseer moet word. 5. Modaliteit vir die Geskrewe Afdeling (die manier waarop die assessering gedoen gaan word)  Onderwysers moet die opdrag/instruksie vir die Geskrewe Afdeling aan leerders gee.  Onderwysers moet leerders inlig of die Geskrewe Afdeling 'n opstel of 'n navorsingstaak of 'n joernaal is.  Onderwysers moet die begrip van die rubriek/kriteria by die leerders fasiliteer.  Onderwysers moet die formaat van die betrokke geskrewe taak onderrig.  Leerders moet die taak tuis doen en dit elektronies voor die sperdatum aan die onderwyser stuur OF  In die geval waar leerders geen Wi-Fi of data het nie, moet daar met die skool gereël word dat geskrewe take na 'n sentrale versamelpunt geneem kan word en dat 'n tydperk toegelaat moet word vir die ontsmetting van leerders se geskrewe werk voordat dit verwerk word. Dit is noodsaaklik dat alle werk wat ingedien word, nagespoor word.  Geskrewe take moet met handskoene aan geassesseer word. 6. Modaliteit vir die Opvoerafdeling (die manier waarop die assessering gedoen gaan word) Modaliteite weg van die terrein (sien hierbo) is op Scenario 2 van toepassing. GRAAD 12 FINALE OPVOEREKSAMEN, VRAESTEL 2  Leerders sal EEN opsie uit oudisie (Opsie 1) of 'n aangepaste temaprogram (Opsie 2) kies en dan die vereistes daarvan volg soos deur die onderwyser uiteengesit.  LET WEL: Daar is GEEN groepitems NIE, slegs individuele stukke.  Die protokolle en prosedures vir opvoerings op die terrein of weg van die terrein is van toepassing.  In die geval van grendeltyd ('lockdown') wat verder verleng word, kan sommige veranderings aangebring word, maar dit sal deur die DBE oorgedra word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/PAT 2020 NSS – BYLAE KONSESSIES  Die standaardprosedure vir die toekenning van 'n konsessie moet gevolg word, bv.: (a) In die geval van die gepubliseerde lys van hindernisse, waarvoor leerders aansoek mag doen om 'n konsessie te ontvang, sou ouers reeds by die Provinsiale Eksamendirektoraat aansoek gedoen het om sodanige konsessie toe te staan. Die amptelike dokumentasie moet aan die skoolhoof vir bewaring gegee word. (b) In die geval van 'n onverwagte siekte moet die leerder 'n getekende, oorspronklike mediese sertifikaat aan die skoolhoof, onderwyser en die provinsiale beampte voorlê indien daar moderering is.  Die leerders aan wie 'n konsessie toegestaan is of wat 'n mediese sertifikaat het, moet die joernaal, wat in Kwartaal 1 begin het en met elke kwartaal se teoretiese en PAT- betrokkenheid ontwikkel het, inlewer. Inskrywings word chronologies of opeenvolgend tot aan die einde van die jaar gedoen. Hierdie voltooide dokument sal ingelewer word in plaas van 'n opvoering van die PAT/PAT'e.  Onderwysers moet toesien dat leerders dit in hulle weerspieël wanneer (a) en/of (b) hierbo ‘n moontlikheid is.  Die joernaalinskrywings moet na elke les en/of repetisie handel oor hulle ontwikkeling ten opsigte van vaardighede, kennis en tegnieke.  Onderwysers moet die joernaalrubriek/-kriteria en -vereistes by al die leerders fasiliteer om hulle in staat te stel om die beste moontlike punt te verdien.  Elke leerder moet 'n verklaring van egtheid voltooi om te verseker dat dit die leerder se eie werk is en dat hy/sy nie in die samestelling of voltooiing van die taak bygestaan is nie.  Leerders word daaraan herinner dat die doel van die joernaal in die KABV-dokument (bladsy 56) uitgelig word indien 'n kandidaat nie in staat is om 'n opvoering vir PAT 2 of PAT 3 of beide te doen nie. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dramatic Arts.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all