Skip to content

Economics Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201216 pages

Grade 11 Economics question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 EKONOMIE PUNTE: 300 TYD: 3 uur *ECONA* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord SES vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND. AFDELING B: Beantwoord enige DRIE vrae van die vyf vrae. AFDELING C: Beantwoord enige TWEE vrae van die vier vrae. 2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag neer. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Lees die vrae deeglik en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in die ANTWOORDEBOEK verskyn.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) EKONOMIE 3 AFDELING A (Verpligtend) VRAAG 1 (LU1 – LU4) 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1 – 1.1.12) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die hoeveelheid van hierdie produksiefaktor kan nie verhoog word nie. A Grond B Arbeid C Kapitaal (2) 1.1.2 Om basiese pryse na markpryse om te skakel, moet belastings op produkte … word. A afgetrek B vermenigvuldig C bygetel (2) 1.1.3 In ʼn mark ekonomie word alle probleme deur die … opgelos. A regering B produsente C markmeganisme (2) 1.1.4 ʼn Afname in die vraag word voorgestel deur die skuif van die vraagkurwe na … A regs. B links. C bo. (2) 1.1.5 Die banksektor in Suid-Afrika is ʼn voorbeeld van ʼn … mark. A oligopolie B monopolie C volmaakte (2) 1.1.6 Verwys na al die bevrediging verkry uit die verbruik van ʼn gegewe hoeveelheid van die goedere. A Totale nut B Grensnut C Gemiddelde nut (2)
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) 1.1.7 Hierdie soort belasting word gehef op verdienste verkry uit die verkoop van goedere soos eiendom en aandele. A Inkomstebelasting B Belasting op toegevoegde waarde C Kapitaalwinsbelasting (2) 1.1.8 ʼn Toename in die rentekoers sal lenings… maak. A minder duur B nog duurder C baie goedkoper (2) 1.1.9 Hierdie kaarte word deur banke, aan daardie klante wat deposito- geld saldo’s in hulle rekening hou, uitgereik. A Krediet B Debiet C Verbruikers (2) 1.1.10 Meerderheid van arm mense woon in … gebiede. A stedelike B semi-stedelike C plattelandse (2) 1.1.11 Die liberalisasie van handel begin na die stigting van … A WHO. B GATT. C IMF. (2) 1.1.12 Die fisiese omgewing en toestande wat mense se lewens beïnvloed, word na verwys as … A omgewing. B ekonomie. C globalisering. (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) EKONOMIE 5 1.2 Kies die woord uit die volgende LYS wat die beste by die gegewe stellings pas. Skryf slegs die korrekte woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Arbeidsmag; Rykdom; Relatiewe prys; WHO; Per capita inkome; IMF; Entrepreneur 1.2.1 Ook bekend as ekonomiese aktiewe bevolking. (2) 1.2.2 Die prys van een goed uitgedruk in terme van ʼn ander. (2) 1.2.3 Reële BNI gedeel deur die bevolkingsgetal. (2) 1.2.4 Sentrale organisasie vir die neerlê van reëls oor hoe internasionale handel behoort plaas te vind. (2) 1.2.5 Die waarde van die bates van ʼn persoon of huishouding op ʼn bepaalde tydstip. (2) 1.3 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A – J) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1 – 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Natuurlike A ʼn Enkele verkoper met geen nabye hulpbronne substitute 1.3.2 Finale verbruiks- B Bevrediging verkry deur die verbruik van ʼn besteding artikel 1.3.3 Monopolie C ʼn Voorbeeld van regeringsinmenging om armoede te verlaag 1.3.4 Nut D Ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele bied vir myne, vervaardiging en ander besighede 1.3.5 ROI E Gawes uit die natuur 1.3.6 Ekonomiese F Het kwessies soos aardverwarming en groei besoedeling aangespreek 1.3.7 Ongeskiktheids- G Totale besteding van verbruikers en nie- toelae winsgewende instellings 1.3.8 Kyoto-protokol H Beleide en ooreenkomste vir volhoubare ontwikkeling I Toename in produksievermoë J Verbeter die kwaliteit van produksie (8 x 2) (16) TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) AFDELING B (Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling.) VRAAG 2 (LU1) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 2.1 Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig. Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (2.1.1 – 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 As ʼn land se kapitaal toeneem teen dieselfde koers as die toename in die arbeidsmag, staan dit bekend as kapitaal- (verbreding/verdieping). (2) 2.1.2 Goedere en dienste wat nie gebruik word as insette deur ander ondernemings nie, word (intermediêre/finale) goedere genoem. (2) 2.1.3 Daar is geen privaatbesit in ʼn (mark/beplande) ekonomie nie. (2) 2.1.4 Die nywerhede in die primêre sektor staan ook bekend as (ekstraktiewe/produktiewe) nywerhede. (2) 2.2 Noem enige DRIE kenmerke van arbeid as ʼn produksiefaktor. (3 x 2) (6) 2.3 DATA RESPONS Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE MAANDELIKSE UITVOER- EN INVOERSYFERS UITVOER INVOER MAART APRIL MAART APRIL WÊRELDSONES 2011 2011 2011 2011 Rm Rm Rm Rm AFRIKA 9 507,2 7 900,6 3 461,1 4 531,4 EUROPA 14 685,6 14 205,6 23 627,9 17 414,2 AMERIKA 6 965,4 6 057,4 7 758,0 7 204,6 ASIË 22 054,6 18 155,6 23 317,7 24 078,6 OSEANIË 690,7 638,8 995,2 776,0 [Aangepas uit www.sars.co.za] 2.3.1 Definieer die begrip ‘uitvoer’. (2) 2.3.2 Watter wêreldsone, volgens bogenoemde tabel, is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot? (2) 2.3.3 Gee die letter wat ‘invoere’ voorstel. (2) 2.3.4 Verduidelik BBP (E) kortliks. (4)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) EKONOMIE 7 2.4 DATA RESPONS Bestudeer die gegewe uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Die ekonomiese infrastruktuur van ʼn land is die ruggraat van sy nywerheidsontwikkeling en bestaan uit alle strukture en stelsels wat ekonomiese aktiwiteit fasiliteer. Stygende vlakke van investering in infrastruktuur word vereis om mededingend te bly en buitelandse investering te lok. Die gladde werking van die produksie en verspreidingsprosesse van ʼn land hang grootliks af van die bestaan van ʼn behoorlike infrastruktuur. [Aangepas uit www.finforum.co.za] 2.4.1 Definieer die begrip ‘infrastruktuur’ volgens die uittreksel. (2) 2.4.2 Noem TWEE redes waarom ʼn land sy vlakke van investering in infrastruktuur moet verhoog. (4) 2.4.3 Noem enige TWEE bronne van hernieubare energie. (4) 2.5 Verduidelik ‘motivering’ en ‘eienaarskap’ kortliks as eienskappe van ʼn gemengde ekonomie. (8) 2.6 Verduidelik ‘bydrae tot BBP’ kortliks, as ʼn belangrikheid van die primêre sektor. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 3 (LU2) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 3.1 Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig. Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 3.1.1 ʼn (Ekonomiese/Normale) wins beteken dat die onderneming meer wins verdien as wat dit elders kan verdien. (2) 3.1.2 ʼn (Volmaakte/Monopolie) mark bestaan waar daar slegs een verkoper is en geen naby substitute nie. (2) 3.1.3 Die verandering in die prys van een produk lei tot ʼn direkte verandering in die vraag na ʼn ander produk – dit beteken dat die twee produkte (komplimente/substitute) is. (2) 3.1.4 Wanneer TI groter is as TK, sal die onderneming ʼn (wins/verlies) maak. (2) 3.2 Noem die DRIE onvolmaakte markstrukture. (3 x 2) (6) 3.3 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. A P1 P A O H H1 3.3.1 Benoem die graad van elastisiteit van aanbod in bogenoemde grafiek. (2) 3.3.2 Definieer die begrip ‘elastisiteit van aanbod’. (2) 3.3.3 Noem TWEE faktore wat die graad van elastisiteit van aanbod bepaal. (4) 3.3.4 Gee die formule om elastisiteit van aanbod te bereken. (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) EKONOMIE 9 3.4 DATA RESPONS Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die vrae wat volg. Koste en Inkome skedule Totale Gemiddelde Totale Gemiddelde Grens- Hoeveel- Grenskoste Koste Koste Inkome Inkome inkome heid (R) (R) (R) (R) (R) (R) 1 10 10 10 14 14 14 2 18 9 8 24 12 10 3 24 8 6 30 10 6 4 32 A 8 32 8 2 5 42 8,4 10 30 6 B 3.4.1 Definieer die begrip ‘Grenskoste’. (2) 3.4.2 By watter punt bereik die onderneming winsmaksimalisasie? (2) 3.4.3 Bereken Gemiddelde Koste ‘A’. (3) 3.4.4 Bereken Grensinkome ‘B’. (3) 3.5 Onderskei tussen ‘korttermyn’ en ‘langtermyn’ kostes. (8) 3.6 Verduidelik ‘substitute’ en ‘noodsaaklikheid’ kortliks as faktore wat elastisiteit van vraag bepaal. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 4 (LU3) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 4.1 Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig. Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.1.1 Hoe groter die toename in produktiwiteit hoe (hoër/laer) is die ekonomiese groeikoers. (2) 4.1.2 Geld wat by ʼn bank gedeponeer is en wat sonder kennis onttrek kan word, word (vraag/aanbod) deposito genoem. (2) 4.1.3 Een van die doelwitte van (ASGISA/HOP) is om die behoeftes van mense te bevredig. (2) 4.1.4 Ontwikkelde lande het subsidies bekendgestel om (uitvoere/invoere) van spesifiek hul primêre landbougoedere aan te moedig. (2) 4.2 Noem enige DRIE eienskappe van rykdom. (3 x 2) (6) 4.3 DATA RESPONS Bestudeer die gegewe uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. SAOK SAOK se visie is een van ʼn gemeenskaplike toekoms – ʼn toekoms binne-in ʼn streeksgemeenskap wat ekonomiese welstand, verbetering van lewenstandaarde en kwaliteit van lewe, vryheid en sosiale regverdigheid en vrede en sekuriteit vir die mense van Suidelike Afrika verseker. Hierdie gedeelde visie is geanker in die gemeenskaplike beginsels en die historiese en kulturele ooreenkomste wat bestaan tussen die mense van Suidelike Afrika. [Aangepas uit www.sadc.int/] 4.3.1 Waarvoor staan die afkorting ‘SAOK’? (2) 4.3.2 Noem enige EEN visie van SAOK. (2) 4.3.3 Noem enige TWEE vorme van ekonomiese samewerking en integrasie. (4) 4.3.4 Noem enige EEN doelwit van SAOK. (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) EKONOMIE 11 4.4 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande dokument en beantwoord die vrae wat volg. HDFC BANK BETAALBAAR BY ALLE TAKKE VAN HFDC BPK DATUM: 2009 Okt 11 A/C BEGUNSTIGDE ALLEENLIK BETAAL Voorbeeld Betaalmaatskappy RAND Ses-en-veertig duisend Vierhonderd en Vyftig Rand R 46,450.00 *** Vir Vivus SMRC Sentrum EDMS BPK Rek Nr. 4032400106 HDFC PLUS HDFC BANK 725-1 HDFC PLUS Gemagtigde handtekening Lughaweweg, Chicalm, Goa 186783 4032400106 002512 29 4.4.1 Verduidelik kortliks ʼn ‘tjek’. (4) 4.4.2 Noem enige TWEE geld geassosieerde instrumente (tjeks uitgesluit). (4) 4.4.3 Noem EEN soort moderne geld. (2) 4.5 Verduidelik kortliks enige TWEE redes vir die ongelyke verdeling van inkome. (8) 4.6 Verduidelik ‘menslike hulpbronne’ kortliks as ʼn ontwikkelingstrategie. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 5 (LU4) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 5.1 Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig. Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.1.1 Wanneer mense nie in staat is om hul basiese behoeftes te bevredig nie, leef hulle in (absolute/relatiewe) armoede. (2) 5.1.2 Die afskaffing van beperkings soos tariewe en kwotas word na verwys as (handels-/kapitaal-) liberalisasie. (2) 5.1.3 Die regering kan die omgewing beskerm deur die instel van (groen- /blou-) belasting. (2) 5.1.4 ʼn Land het ʼn (absolute/vergelykende) voordeel as dit meer uitsette kan produseer met dieselfde insette as ʼn ander land. (2) 5.2 Noem enige DRIE absolute en vergelykende voordele van globalisasie. (3 x 2) (6) 5.3 DATA RESPONS Bestudeer die gegewe uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Volhoubare energie Volhoubare energie is die voorsiening van energie ten einde die behoeftes van mense te bevredig, sonder om die vermoë van toekomstige generasies, om in hul behoeftes te voorsien, in te boet. Dit beteken dat volhoubare energie, energie is wat herproduseer kan word en wat geen langtermyn skade aan die omgewing veroorsaak nie. Uit hierdie definisie is dit duidelik dat alle hernieubare energiebronne volhoubaar is. [Aangepas uit www.renewables-info.com] 5.3.1 Definieer die begrip ‘volhoubare energie’. (2) 5.3.2 Verduidelik hernieubare bronne kortliks. (4) 5.3.3 Noem enige TWEE voorbeelde van nie-hernieubare bronne. (4)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) EKONOMIE 13 5.4 DATA RESPONS Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Globalisasie Die idee dat ‘globalisasie’ toenemende voordele vir almal bring, is onredelik. Dit is duidelik uit die bewyse wat versamel is deur die Verenigde Nasies en die Wêreldbank, dat 85% van die wêreld se bevolking in lande lewe waar ongelykhede oor die afgelope 30 jaar toegeneem het, en waar die lewensstandaard vir ʼn groot aantal mense, in beide die Noorde en die Suide voortgaan om te verswak. [Aangepas uit www.globalsolidarity.org] 5.4.1 Definieer die begrip ‘globalisasie’. (2) 5.4.2 Wat verteenwoordig die begrip ‘die Noorde en die Suide’? (2) 5.4.3 Noem EEN internasionale instelling, volgens die uittreksel, wat aktiwiteite van lande standaardiseer. (2) 5.4.4 Noem TWEE oorsake van globalisasie. (4) 5.5 Verduidelik ‘basiese ekonomiese dienste’ en ‘voedselskemas’ kortliks, as twee voorbeelde van ‘voordele in natura’ wat die Suid-Afrikaanse regering gebruik om armoede te verlig. (8) 5.6 Bespreek ‘vervoer en kommunikasie’ as ʼn oorsaak van globalisering. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 6 (LU1 EN LU2) (50 PUNTE – 25 MINUTE) 6.1 Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig. Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (6.1.1 – 6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 6.1.1 Die (entrepreneur/arbeid) onderneem die risiko’s in produksie. (2) 6.1.2 Geboue, masjinerie en toerusting is voorbeelde van (tasbare/ontasbare) bates. (2) 6.1.3 Rentekoers is ʼn (monetêre/fiskale) beleidsinstrument. (2) 6.1.4 Suider-Afrika lande wat vrede en ʼn geïntegreerde streeksekonomie verlang, staan bekend as (SAKU/SAOK). (2) 6.2 Noem die DRIE doelstellings van die SA regering se inmenging in die ekonomie. (3 x 2) (6) 6.3 DATA RESPONS Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die vrae wat volg. Toekenning van hulpbronne vir sosio-ekonomiese dienste R24,6 miljard Om provinsiale gesondheid en onderwys te verhoog R4,1 miljard Uitgebreide Openbare Werke Program R4 miljard Skoolvoeding R6,4 miljard Openbare vervoer-, spoor- en pad infrastruktuur R1 miljard Streeks grootmaat-water infrastruktuur R600 miljoen Munisipale gratis basiese dienste R3,7 miljard Om die voorsiening van behuising te verhoog R932 miljard Behandeling en voorkoming van MIV/Vigs R12 miljard Sosiale toelaes [Aangepas uit www.statssa.gov.za] 6.3.1 Watter departement, volgens die tabel, ontvang die grootste toekenning van hulpbronne? (2) 6.3.2 Benoem die gesagstruktuur wat verantwoordelik is vir die voorsiening van sosiale dienste in Suid-Afrika. (2) 6.3.3 Noem TWEE ekonomiese dienste wat die kwaliteit van mense se lewens kan beïnvloed. (4) 6.3.4 Noem EEN gratis basiese diens wat arm mense ontvang. (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) EKONOMIE 15 6.4 DATA RESPONS Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. SARB laat repo koers onveranderd op 5,5% JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA, 22 Sep 2011 [Aangepas uit 'Mail & Guardian online’] 6.4.1 Benoem die sentrale bank van SA. (2) 6.4.2 Noem DRIE basiese funksies van die sentrale bank. (6) 6.4.3 Noem EEN monetêre beleidsinstrument. (2) 6.5 Verduidelik kortliks enige TWEE soorte ekonomies gemarginaliseerde groepe. (8) 6.6 Bespreek ‘MIV/Vigs’ as ʼn striemende faktor vir ekonomiese groei. (8) [50] TOTAAL AFDELING B: 150
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE (NOVEMBER 2012) AFDELING C (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.) Opsteltipe vrae: - Behoort uit ʼn inleiding, inhoud en slot te bestaan. - 5 PUNTE sal toegeken word vir die inleiding en die slot. - Addisionele 5 PUNTE sal toegeken word aan die interpretasie van die onderwerp. - ʼn Maksimum van 40 PUNTE sal toegeken word aan die inhoud. VRAAG 7 (LU1 AS1) OPSTELTIPE VRAAG Ontleed die eienskappe en belangrikheid van entrepreneurs in die ekonomie. [50] VRAAG 8 (LU2 AS1) OPSTELTIPE VRAAG Verduidelik in detail die kenmerke van ʼn volmaak mededingende mark en sluit jou opstel af deur kortliks die redes vir onvolmaakte markte te verduidelik. [50] VRAAG 9 (LU3 AS2) OPSTELTIPE VRAAG Verduidelik ten volle die eienskappe van ontwikkelende lande. [50] VRAAG 10 (LU4 AS4) OPSTELTIPE VRAAG Skryf ʼn gedetailleerde opstel oor die oorsake en uitwerkings van armoede. [50] TOTAAL AFDELING C: 100 GROOTTOTAAL: 300

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all