Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
NOVEMBER 2015
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 

%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)



View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 361.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
opiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 'n Besigheid wat NIE die prys kan beïnvloed NIE:
A Prysnemer
B Prysbepaler
C Monopolis
1.1.2 'n Volmaakte mededinger sal 'n … op lang termyn maak.
A ekonomiese wins
B ekonomiese verlies
C normale wins
1.1.3 Produkdifferensiasie en … speel 'n belangrike rol in nieprys-
mededinging.
A prys
B reklame
C regeringsbeleid
1.1.4 Goedere wat uiters gewens vir die algemene welstand van mense
is, maar dikwels nie hoog deur die mark aangeslaan word nie,
staan as … goedere bekend.
A niemeriete-
B meriete-
C nieduursame
1.1.5 Mense se besteebare inkomste neig om in inflasietydperke …
A af te neem.
B toe te neem.
C dieselfde te bly.
1.1.6 'n Inflasiekoers wat rentekoerse op verbandlenings uitsluit:
A Inflasie weens prysregulering
B Voedselinflasie
C VPIX
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2015
NSS
1.1.7 Die vasstelling van maksimum toelaatbare vlakke van
uitlatingsgasse, soos koolstofdioksied, word … maatreëls genoem.
A opvoedings-
B owerheids-
C bevel-en-beheer- (BEB-)
1.1.8 Die potensiaal vir toerismegroei is baie groter in … lande.
A ontwikkelende
B ontwikkelde
C Europese (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Oligopolie A organisatoriese eienskappe van markte
1.2.2 Wêrelderfenis- B 'n tydperk van volgehoue prysdaling
terrein
C internasionale ooreenkomste gerig op die
1.2.3 Implisiete koste vermindering van kweekhuisgasse
1.2.4 Duopolie D 'n mark wat deur 'n klein aantal besighede
beheer word
1.2.5 Niehernubare
hulpbronne E 'n plek van spesiale kulturele of fisiese belang
1.2.6 Markstruktuur F waarde van insette wat die ondernemer self
besit en wat in produksie gebruik word
1.2.7 Kyoto Protokol
G 'n mark wat deur twee besighede beheer word
1.2.8 Deflasie
H kan uitgeput raak indien dit herhaaldelik
gebruik word
I 'n tydperk van prysstyging
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2015
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die addisionele koste wat aangegaan word wanneer produksie met
nog een eenheid styg
1.3.2 Pryse wat deur owerhede bo die ewewigsprys vasgestel word om
die produsent te bevoordeel
1.3.3 Besighede wat in 'n oligopoliemark saamwerk om pryse vas te stel
1.3.4 'n Mark wat 'n gebrek aan optimale hulpbrontoedeling het en nie in
staat is om die hoeveelheid goedere te produseer wat mense wil
hê nie
1.3.5 'n Belasting wat gehef word op goedere wat die omgewing
benadeel
1.3.6 'n Styging in pryse van goedere weens 'n toename in insetkoste
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee TWEE kenmerke van kollektiewe goedere. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom is oligopolieë huiwerig om met mekaar mee te ding oor
die prys om sodoende 'n groter markaandeel te verkry?
(1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE UITDAGENDE TAAK VAN DIE MEDEDINGINGSKOMMISSIE
Die Mededingingskommissie is 'n statutêre liggaam, saamgestel volgens die
Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998) deur die regering van Suid-
Afrika, met die mandaat om beperkende sakepraktyke, die misbruik van
dominante posisies en samesmeltings te ondersoek, te kontroleer en te
evalueer om gelykheid en doeltreffendheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie
te bewerkstellig.
Aangesien dit vir die ondersoek van alle klagtes oor
mededingingsbeperkende praktyke van die hele ekonomie verantwoordelik
is, ontvang dit 'n aansienlike aantal klagtes oor verskillende
mededingingsbeperkende optrede met betrekking tot alle markte/sektore.
Indien skuldig bevind, word 'n boete opgelê wat deur die
Mededingingstribunaal onderskryf word.
[Aangepas uit die Mededingingskommissie se webtuiste]
2.2.1 Identifiseer TWEE voorbeelde van mededingingsbeperkende
optrede in die uittreksel hierbo. (2 x 1) (2)
2.2.2 Wat is die rol van die Mededingingskommissie? (2)
2.2.3 Wat kan besighede doen indien hulle nie tevrede is met die boete
wat die Mededingingskommissie hulle opgelê het nie? (2)
2.2.4 Hoe kan verbruikers voordeel trek uit groter mededinging in
die ekonomie? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2015
NSS
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKSTERNALITEITE
Prys A1
V
A
E
P1
E1
P
A1
V
A
0
H1 H Hoeveelheid
2.3.1 Watter tipe eksternaliteit word in die grafiek hierbo getoon? (2)
2.3.2 Verduidelik die begrip eksternaliteit. (2)
2.3.3 Wat word deur die gearseerde deel (skadudeel) op die grafiek
aangedui? (2)
2.3.4 Hoe kan die eksternaliteit hierbo markmislukking veroorsaak?
(2 x 2) (4)
2.4 Bespreek kortliks die aantal besighede en die aard van die produk as
kenmerke van 'n volmaakte markstruktuur. (2 x 4) (8)
2.5 Motiveer hoekom die regering minimum lone in die arbeidsmark toepas.
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE maniere om inflasie te meet. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan klimaatsverandering landbouproduksie beïnvloed? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SA inflasie: Kerninflasie teenoor Hooflyninflasie
Persentasie
VPI-
hooflyninflasie
Kerninflasie
[Bron: www.statsa.gov.za]
3.2.1 Watter EEN van die twee tipes inflasie is die amptelike
inflasiekoers? (1)
3.2.2 Wat is die inflasieteikengrens wat deur die SARB vasgestel word? (1)
3.2.3 Watter effek sal 'n styging in rentekoerse op die neiging van die
VPI-kromme hê? (2)
3.2.4 Hoe sal inflasie die betalingsbalans negatief beïnvloed? (2)
3.2.5 Hoekom is kerninflasie laer as die VPI? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2015
NSS
3.3 Bestudeer die uittreksel en illustrasie hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Skaliegas-onttrekking deur hidrouliese rotsbreking ('fracking') van
rotsformasies het die beskouing oor energie verander. Lande raak
selfonderhoudend wat natuurlike gas betref en kan selfs groot uitvoerders
word wat die ekonomie 'n hupstoot sal gee, terwyl gas as plaasvervanger
vir steenkool in elektrisiteitsopwekking koofstofuitlatingsgasse laat daal.
Diegene wat rotsbreking teenstaan, meen dat dit en ander gevolge van
skaliegas-onttrekking die omgewing deur swak praktyk beskadig, wat tot
waterbesoedeling sal lei.
[Aangepas uit The Economist, Januarie 2015]
3.3.1 Wat is rotsbreking ('fracking') volgens die uittreksel hierbo? (1)
3.3.2 Noem enige EEN niehernubare hulpbron. (1)
3.3.3 Noem TWEE ekonomiese voordele van rotsbreking vir die Suid-
Afrikaanse ekonomie. (2 x 2) (4)
3.3.4 Watter impak sal rotsbreking, na jou mening, op die omgewing hê?
(2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die begrip produsenteprysindeks. (4 x 2) (8)
3.5 Wat is die voordele van die gebruik van tegnologie in die volhoubaarheid van
die omgewing? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat met markmislukkings
verband hou. (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter effek sal die oorbewerking van grond op landbouproduksie
in Suid-Afrika hê? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE INDIVIDUELE BESIGHEID OP KORT TERMYN
MK
L
Prys/Inkomste
N R
P1 MI
M GI
K
S
0 H1 Hoeveelheid
4.2.1 Watter punt (byskrif) op die grafiek dui op winsmaksimering? (1)
4.2.2 Noem die kurwe L. (1)
4.2.3 Wat word deur die gearseerde deel (skadudeel) voorgestel? (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks die begrip kort termyn. (2)
4.2.5 Verduidelik hoekom hierdie ewewigsposisie NIE dieselfde sal
bly NIE. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2015
NSS
4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PENSIOENARISSE AANGESPOOR OM BELEGGINGSINSTRUMENTE TE
GEBRUIK OM AFTREESPAARGELD TEEN INFLASIE TE BESKERM
Faktore soos stygings in inflasie en markonbestendigheid kan 'n beduidende
impak op Suid-Afrikaanse pensioenfondse hê. Om hulle enkelbedrag by
aftrede (kontantbetaling) teen hierdie moontlike interingsfaktore (erosie van
pensioen) te beskerm, word plaaslike pensioenarisse aangespoor om
gespesialiseerde beleggingsinstrumente te gebruik om hul toekoms te
beskerm.
[Bron: www.fanews.co.za]
4.3.1 Noem TWEE faktore uit die uittreksel hierbo wat 'n impak op
aftreespaargeld sal hê. (2 x 1) (2)
4.3.2 Verduidelik die begrip enkelbedrag by aftrede. (2)
4.3.3 Hoe kan die regering fiskale beleid gebruik om inflasie te bekamp? (2)
4.3.4 Hoe kan pensioenarisse hulself teen die interingseffek
(erosie-effek) van inflasie beskerm? (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik die gebruike van koste-voordeel-ontleding (KVO). (4 x 2) (8)
4.5 Hoe is die omgewing as 'n algemene hulpbron, na jou mening, vir
markmislukking verantwoordelik? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2015
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/
Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/
Lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder om enige
feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die
bespreking/ontleding versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
'n Monopolie is heeltemal die teenoorgestelde van 'n volmaakte mededingende mark.
• Ondersoek die monopolie as 'n markstruktuur. (26 punte)
• Verduidelik die langtermynewewig van die monopolis met behulp van 'n netjies
benoemde grafiek. (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Toerisme is die bedryf in die wêreld wat die vinnigste groei.
• Ondersoek, in besonderhede, die uitwerking van toerisme op die Suid-Afrikaanse
ekonomie. (26 punte)
• Hoe kan inheemse kennisstelsels gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
bevorder? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2015 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper