Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201520 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 NOVEMBER 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/November 2015 NSS – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B (investering)  1.1.2 A (amplitudes)  1.1.3 C (kollektiewe)  1.1.4 B (bates en laste)  1.1.5 C (storting)  1.1.6 B (middel)  1.1.7 A (subsidies)  1.1.8 A (sterftekoers)  (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 I – Koop en verkoop waarborge  1.2.2 F – Vroegtydige waarskuwing dat ekonomiese aktiwiteite verander  1.2.3 H – Toon verwagte inkomste en uitgawes vir drie jaar  1.2.4 A – Prys van een land se geldeenheid ten opsigte van 'n ander land se geldeenheid  1.2.5 C – 'n Handelsbeleid wat lei tot die toename in plaaslike produksie 1.2.6 B – Ryk nywerheidslande van die wêreld  1.2.7 E – Onderwys en gesondheid  1.2.8 D – Poog om sentralisasie van nywerhede te verminder  (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Vermenigvuldiger  1.3.2 Geld / finansiële  1.3.3 Meriete / publieke  1.3.4 Buitelands / internasionaal  1.3.5 Gini  1.3.6 Lewensverwagting  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/November 2015 NSS – Memorandum AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van inspuitings in die ekonomiese kringloop. • Uitvoer inkomste / X  • Investering / I  • Owerheidsbesteding / G  Enige (2 x 1) (2) 2.1.2 Watter uitwerking sal kwotas op invoere hê? • Dit sal invoere beperk (daling)  • Invoere word duurder  (Aanvaar enige relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2) 2.2 Datarespons 2.2.1 Watter berekeningsmetode is in die tabel hierbo gebruik om die bruto binnelandse produk te bereken? Inkomemetode / BBP(I)  (1) 2.2.2 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte. • BTW  • Sondebelasting / aksynsreg  • Brandstofheffing  (1) 2.2.3 Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer. BWT (BBP) teen basiese pryse  (2) 2.2.4 Hoe sal jy BBP na BNP omskakel? BBP plus primêre inkome van die res van die wêreld  minus primêre inkome aan die res van die wêreld  / BBP plus/minus  netto primêre inkome  (2) 2.2.5 Bereken die vergoeding van werknemers as 'n persentasie van BBP teen markpryse in 2013. Toon ALLE berekeninge. 1 576/3 385  x 100  = 46,55% of 47%  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.3 Datarespons 2.3.1 Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra? Vryhandel bevoordeel die ontwikkelde lande / minder ontwikkelde lande word benadeel  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 2.3.2 Watter internasionale organisasie bevorder vryhandel? Wêreld Handelsorganisasie (WHO)  (2) 2.3.3 Stel EEN manier voor waarop 'n land deur vryhandel benadeel kan word. • Storting kan plaasvind  • Dit kan lei tot ekonomiese onstabiliteit  • Oorontginning van natuurlike hulpbronne  • Dit kan 'n land se ekonomiese onafhanklikheid in gedrang bring  • Jong nywerhede groei nie na volwassenheid nie  • Lei tot verhoogde werkloosheid  • Die omgewing, veiligheid en arbeidsregulasies word ondermyn  • Buitdelandse maatskappye kan owerhede dagvaar vir verliese  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 2.3.4 Hoe word Suid-Afrika deur handelsbande met China bevoordeel? • Groter verskeidenheid produkte op Suid-Afrikaanse markte  • Baie produkte is goedkoper  • Chinese belegging is groter in Suid-Afrika: bevorder die ekonomie  • Beide lande vorm deel van BRICS – dit sal hulle selfs meer bevoordeel  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks die verskillende soorte tariewe as 'n metode van invoervervanging. • Ad valorem  'n persentasie van die waarde op luuksegoedere  soos motors, juweliersware en parfuum  • Spesifiek  'n bedrag per eenheid, massa of grootte  bv. voedsel, diere en plante  • Saamgestelde  as ‘n spesifieke tarief en ‘n ad valorem tarief gehef word op ingevoerdfe produkte  bv. R10 is gehef op ‘n produk plus ‘n persentasie van 20% op die waarde van die produk  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.5 Hoe kan die huishouding as 'n belangrike deelnemer in die ekonomiese kringloopmodel tot die uitbou van die ekonomie bydra? • Die eienaars van die vier produksiefaktore kan poog om die kwaliteit daarvan te verhoog om 'n beter bydrae tot die ekonomie te lewer  • Huishoudings kan hul produksiefaktore teen laer koerse verkoop om die inflasiekoers te verlaag en so die ekonomie te bou  • Huishoudings (arbeiders) kan arbeidsonrus en stakings te beperk waar hulle gewoonlik onrealistiese stygings in vergoedings eis (baie meer as die huidige inflasiekoers)  • Huishoudings kan hul besparings te vermeerder en indirek bydra tot verhoogde produksie in die vervaardigingsektor  • Huishoudings kan hul besteding op luukse goedere beperk wat die totale markvraag sal beperk en pryse sal stabiliseer  • Huishoudings kan fokus op die aankope van Suid-Afrikaanse goedere om plaaslike produksie te stimuleer, toekomstige uitvoere te verhoog en toegang tot internasionale markte te verseker  • Huishoudings kan hul betrokke belastings betaal en ‘n beter dienslewering en infrastruktuur ontwikkeling eis  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE regstellende maatreëls wat tans in Suid- Afrika gebruik word. • BBSEB Wet  • Wet op Gelyke indiensneming  • Wet op Grondrestitusie  • Wet op Grondherverdeling  • Beleid wat gelykheid bevorder  • Beleid wat armoede verminder  • Regstellende aksie  (Aanvaar enige relevante antwoord) Enige (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe hou ekonomiese groei verband met ekonomiese ontwikkeling? As 'n ekonomie groei sal die volgende daaruit voortvloei: • Meer werk sal geskep word  • Meer mense sal 'n inkomste ontvang  • Die lewenstandaard sal verbeter  • Ekonomiese groei is nodig vir ekonomiese ontwikkeling om plaas te vind. Ekonomiese groei waarborg nie ekonomiese ontwikkeling nie  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2) 3.2 Datarespons 3.2.1 Wat is die verskil in die per capita-inkome tussen lande in die noorde en lande in die suide? • Suide het 'n lae per capita-inkome wat 15% van die wêreld se inkome bedra  • Noorde het 'n hoë per capita-inkome wat 85% van die wêreld se inkome bedra  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 1) (2) 3.2.2 Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra? Noord/Suid-verdeling / Noorde beheer die Suide / Die Noorde word meer bevoordeel as die Suide / Die Noorde beskik oor al die rykdom in vergelyking met die Suide/Suide is gemarginaliseerd  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.2.3 Hoekom sal die subsidiëring van landbouproduksie deur ryk lande dit vir ontwikkelende lande moeilik maak om deel te neem? • Subsidies lei tot laer markpryse vir ryk lande en ontwikkelende lande beleef onregverdige mededinging internasionaal  • Meeste Afrikalande is afhanklik van landbouproduksie wat hul nasionale inkome in 'n groot mate bepaal. Die meeste mense word negatief deur die kweekhuiseffek beïnvloed – produksie daal  (Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (2) 3.2.4 Hoe dra lande in die Noorde by tot die vernietiging van die omgewing? • Massaproduksie van goedere en dienste veroorsaak besoedeling  • Hoë vlakke van nywerheidsaktiwiteite veroorsaak klimaatsverandering  • Oorindustrialisasie lei tot uitputting van natuurlike hulpbronne  • Ontbossing te wyte aan oorindustrialisering  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) 3.3 Datarespons 3.3.1 Waarvoor staan die afkorting ROI? Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief  (2) 3.3.2 Gee EEN voorbeeld van ‘n ROI in Suid-Afrika. • Maputo-Ontwikkelingskorridor  • Richardsbaai-ROI  • Wildekus-ROI  • Lubombo-ROI  • Visrivier-ROI  • Weskus-beleggingsinisiatief  • Platinum-ROI (Kus tot kus)  • Phalaborwa-ROI  (2) 3.3.3 Verduidelik die begrip korridors. 'n Korridor is 'n ruimtelike gebied wat 'n deurgang vorm en toegang verleen van een gebied na 'n ander en voordele bied aan mynbou, vervaardiging en ander besighede  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.3.4 Hoe sal Suid-Afrika uit ROI's voordeel trek? • Verbeter logistiek en beleidsomgewing  • Nuwe beleggings  • Werksgeleenthede  • Nuwe sakegeleenthede  • Nuwe uitvoergeleenthede (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks spesiale ekonomiese sones (SES'e) in Suid-Afrika. • Dis 'n geografies voorafbepaalde gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite geïdentifiseer is om te ontwikkel  • Belangrikste doelwit is om die vervaardigingsektor uit te brei  • Produseer vir die uitvoermark  • Skep addisionele nywerheidsnawe (hoofde) sodat die nasionale nywerheidsbasis meer gediversifiseerd kan raak  • Hierdie gebiede kan aansporings soos belastingverligting en ondersteuningstelsels geniet wat nywerheidsontwikkeling bevorder  • Daar is planne om die belasting tot 15% te verminder as ‘n aansporing om nuwe nywerhede te lok  • Die doel met die skepping van SESe is om: - Slegs nuwe besighede te lok  - Besighede wat ‘n nuwe produklyn ontwikkel  - Besighede wat hul volume uitbrei  • Die DHN het aangedui dat die bestaande NOSe waar spesiale belasting- aansporings nie geld nie, geleidelik as SESe sal funksioneer  • Dit skep ‘n basis vir ‘n breë verskeidenheid van nywerheidsparke en verskaf ekonomiese infrastruktuur om werkverskaffing te bevorder  (Aanvaar enige ander relevante feit) Enige (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.5 Tot watter mate het die regering se fiskale beleid daarin geslaag om ‘n wenslike herverspreiding van inkome te verseker? • Progressiewe persoonlike inkomstebelasting impliseer dat hoër belastingkoerse op hoë inkomstegroepe gehef sal word en laer belastingkoerse op laer inkomsteverdieners – dit lei tot 'n aanvaarbare herverspreiding van inkomste  • 'n Te progressiewe persoonlike inkomstebelastingstelsel het gelei tot belastingontduiking en vermyding – dit kan die stelsel benadeel. Die aantal mense verantwoordelik vir meeste van die inkomste van die staat neem af  • Belasting op batebesit en welvaartsbelasting is beide kategorieë waar diegene wat dit kan bekostig, die belasting moet betaal  • Kontantvoordele sluit toelaes aan die armes in – ouderdomspensioen; toelaes aan gestremdes; WVF is bedrae betaal aan diegene wat deel vorm van die laer inkomstegroepe van mense sonder 'n inkomste  • In natura-betalings bestaan uit 'n laer heffing of geen heffing vir sekere inkomste kategorieë, bv. gesondheidsorg, onderwys, beskerming, munisipale dienste – poog om inkomste suksesvol te herverdeel alhoewel grootskaalse probleem van nepotisme, apatie, gebrek aan motivering en ondoeltreffendheid voorkom in hierdie sektore waar geld bewillig word vir hierdie groepe en nie dienooreenkomstig spandeer word nie  • Grond hervormingsprogramme behels grondherstel en -herverdeling aan mense wat voorheen onteien is sonder vergoeding sowel as mense uitgesluit van die besit van grond in die verlede. Implementering van hierdie beleid bly problematies omdat sekere besluite wat geneem is massaproduksie dramaties kan verlaag wat kan lei daartoe dat ons nie die nasie kan voed nie – dit sal armes nog verder benadeel  • Kontant en finansiële voordele aan KMMO's waar die owerheid opleiding, indiensnemingsubsidies en finansiering van KMMO’s verskaf – voorheen benadeelde groepe sal voorkeur geniet en inkomste sal suksesvol herverdeel word  • Publieke Werkeprogramme verskaf indiensneming maar gewoonlik op ‘n tydelike basis bv. waar werkloses aangestel is om stadionne vir ‘n Wêreldbeker te bou  • Eiendomsubsidies word aan mense betaal wat minder as R3 500 per maand verdien  (Aanvaar enige ander relevante feite) Enige (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE fases van 'n sakesiklus. • Resessie  • Depressie  • Voorspoed  • Herstel  (Aanvaar enige ander relevante feit) Enige (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal 'n hoë vlak van onderwys die vermoë van 'n individu beïnvloed om werk te kry? • Dit verskaf vaardighede om 'n sekere werk te doen  • Dit verskaf kennis om 'n sekere werk te doen  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2) 4.2 Datarespons 4.2.1 Identifiseer die instelling wat vir die publikasie van die data hierbo verantwoordelik is. Suid-Afrikaanse Reserwebank / SARB  (1) 4.2.2 Wat is die neiging in die indeks van invoerpryse? Die indeks van invoerpryse styg voortdurend  (1) 4.2.3 Verduidelik die begrip ruilvoet. Die verhouding van die indeks van uitvoerpryse tot die indeks van invoerpryse / die verwantskap tussen uitvoerpryse en invoerpryse / dit druk 'n land se uitvoerpryse in terme van sy invoerpryse uit  (Aanvaar enige ander relevante feit) (2) 4.2.4 Verduidelik kortliks hoekom 'n toename in die ruilvoet 'n positiewe effek op die welsyn van die land sal hê. Daar sal 'n styging in ekonomiese welsyn wees omdat meer inkomste verdien word met dieselfde besteding  (Aanvaar enige ander relevante feit) (2) 4.2.5 Bereken die ruilvoet vir 2011 (A). Toon ALLE berekeninge. Rond jou antwoord tot EEN desimale plek af. = Gemiddelde uitvoerprys/Gemiddelde invoerprys x 100 = 191 /153  x100  = 124,8  (Maks 4) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 4.3 Datarespons 4.3.1 Watter kurwe word in die grafiek hierbo uitgebeeld? Laffer-kurwe  (2) 4.3.2 Watter belastingkoers sal maksimum inkomste vir die owerheid genereer? 40%  (2) 4.3.3 Wat is die verband tussen 'n belastingkoers van nul en 'n belastingkoers van 100% vir die owerheid? In beide scenarios sal die owerheid geen inkomste ontvang nie  (2) 4.3.4 Verduidelik die implikasie van 'n belastingkoers van 60% vir die belastingbetaler. • Belastingontduiking of belastingvermyding sal voorkom omdat te veel belasting op die belastingbetaler gehef is  • Die belastingbetaler se las sal toeneem met 20%  • Sommige van die belastingbetalers sal ophou werk te wyte aan die stygende belastinglas  (Maks 4) (4) 4.4 Onderskei tussen devaluasie en appresiasie van 'n geldeenheid. Devaluasie: • 'n Afname in die waarde van 'n geldeenheid deur owerhede(regering)  • Verwys na ‘n vaste wisselkoersstelsel  • Die regering moet die geldeenheid devalueer om uitvoere te verbeter  • Bv. Die owerheid kan die koers van $1 = R10 verander na $1 = 12  (Maks 4) Appresiasie: • 'n Styging in die waarde van 'n geldeenheid  te wyte aan markkragte  • Tipies van 'n swewende wisselkoersstelsel  • bv. $1 = R10 veramder na $1 = 8  Verbeter koopkrag  (Maks 4) (8) 4.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die doeltreffendheid van dienslewering verbeter? • Goedere en dienste moet in die verlangde hoeveelhede en kwaliteit verskaf word  • Publieke goedere kan doeltreffend verskaf word as pareto doeltreffendheid bereik is  • Verminder 'red tape' (rompslomp) / burokrasie  reëls en prosedures het 'n negatiewe impak op die lewering van dienste  • Verhoog opleiding  doelmatige opleiding moet verskaf word vir regeringsamptenare bv. indiensopleiding, vaardighede verbeter  • Verbeter motivering  verskaf pryse vir produktiewe werkers, finansieel of in natura betalings Verhoog • Elimineer korrupsie  plaas effektiewe moniteringsmaatreëls in plek  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (4 x 2) (8) TOTAAL AFDELING B: [40] 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/November 2015 NSS – Memorandum AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE Die nuwe ekonomiese paradigma is vasgelê in vraag-en-aanbodkant-beleide om die ekonomie te beïnvloed. • Bespreek die gebruik van monetêre- en fiskale beleid om vraag en aanbod in die effening (gladstryking) van sakesiklusse te beïnvloed. (26 punte) • Hoe het die Keynesiaanse (endogene) denkskool sakesiklusse beïnvloed? (10 punte) INLEIDING • Teorieë deur die Monetariste (Friedman) en Keynesiane (Keynes) is ekstreem en slegs waar onder spesifieke omstandighede / • In werklikheid jaag die owerheid ekonomiese groei na onafhanklik of daar 'n inherente stabiele of onstabiele marktoestande heers / • Volgens die Nuwe Ekonomiese Paradigma, is dit moontlik vir die uitset om toe te neem oor 'n uitgebreide tydsperiode sonder om deur aanbodbeperkinge gepootjie te word en inflasiedruk ontstaan / dit bied nie noodwendig ideale beleide nie / • Effening van sakesiklusse is wanneer beleid gebruik word om dramatise pieke en trôe te voorkom  • Opeenvolgende periodes van toenemende en afnemende ekonomiese aktiwiteite  (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks 2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/November 2015 NSS – Memorandum INHOUD HOOFDEEL • Owerhede se doel met sakesiklusbeleide is om die bes moontlike groeikoerse te bereik  • Hulle behoort beleide toe te pas wat sikliese bewegings uitskakel, sodat pieke nie tot hoë inflasie lei of trôe wat tot hoë werkloosheid aanleiding gee  • Owerhede gebruik monetêre en fiskale beleide om dit te bereik  • Fiskale berleid – is meer suksesvol in die stimulering van ‘n onderdrukte ekonomie  • Monetêre beleid is meer doeltreffend wanneer ‘n oorverhitte ekonomie afgekoel moet word  Monetêre beleide As die vlak van ekonomiese aktiwiteit verander sal SARB uitbreidende en remmende maatreëls gebruik om die fluktuasie van sekere ekonomiese aktiwiteite te verminder. • 'n Uitbreidende monetêre beleid word geïmplementeer as die ekonomie in resessie is om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer  • Rentekoerse kan verlaag word om besteding aan te moedig  • Huishoudings en besighede kan meer geld leen en meer spandeer  • Die toename in besteding verhoog die vlak van ekonomiese aktiwiteit. Belegging sal styg en meer produksiefaktore sal indiens geneem word  • Hoër vlakke van produksie en inkome en besteding sal bereik word  • As die aanbod van goedere en dienste nie dienooreenkomstig toeneem nie, sal vraaginflasie styg. Dit impliseer 'n groter vraag as aanbod  • Inflasie kan verlaag word deur die geldvoorraad te verminder asook die beskikbaarheid van krediet  • Om die vraag by die piek af te koel moet die owerheid in staat wees om die geldvoorraad te verminder deur hoër rentekoerse  verkoop staatseffekte en sekuriteite (opemarkstransaksies) en verminder die geldvoorraad in sirkulasie  verhoog die kontantreserwevereistes en manipuleer die geldskeppingsaktiwiteite van banke  oortuig banke om lenings te verminder (morele oorreding)  en devalueer die wisselkoers (wisselkoersbeleid)  Fiskale beleid As die vlak van ekonomiese aktiwiteit verander sal die Minister van Finansies uitbreidende en remmende maatreëls instel wat die fluktuasie van sekere ekonomiese aktiwiteite verminder  • 'n Uitbreidende fiskale beleid kan geïmplementeer word as die ekonomie in 'n resessie is om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer  • 'n Styging in owerheidsbesteding sal die totale aanbod verhoog  • Dit dien as 'n inspuiting in die ekonomie aangesien produksie sal toeneem en meer produksiefaktore in diens geneem word  • Dit sal lei tot hoër inkome en hoër besteding  • Belasting kan verlaag word, wat sal lei tot 'n toename in verbruikbare inkomste  • Dit dien as 'n inspuiting in die ekonomie wat uiteindelik die totale vraag sal verhoog Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 DBE/November 2015 NSS – Memorandum  • As die ekonomie te vinnig groei kan die owerheid sy besteding verminder en belasting verhoog  • Dit sal lei tot 'n afname in totale vraag wat produksie sal verlaag omdat minder goedere en dienste benodig sal word  Vraag-kant-beleide: Tradisionele monetêre en fiskale beleide fokus op die totale markvraag  'n Vraag-kantbenadering alleenlik – lei nie tot die mees ideale resultate nie – groei moet dikwels beperk word omdat probleme met inflasie ontstaan, betalingsbalans en tekorte van geskoolde arbeid  • Totale aanbod moet goed bestuur word – fokus op toenemende aanpasbaarheid van aanbodkomponente  • As die koste van toenemende produksie volledig aanpasbaar is, kan 'n groter uitset verskaf word teen enige prysvlak  Aanbodkant-beleide – owerhede kan die ekonomie so manipuleer dat dit saamval met veranderinge in die vraag • Verlaging in koste  Groter uitset verskaf teen enige gegewe prysvlak. MA skuif na MA 1 en MV skuif na MV 1  uitset brei uit van Q na Q 1 teen stabiele pryse  • Owerheidsmaatreëls wat produksiekoste direk en indirek kan verminder  - Infrastruktuur dienste soos kommunikasie, vervoer en energie koste  - Administratiewe koste soos inspeksies en regulasies – dra by tot oorhoofse koste  - Kontantaansporings soos subsidies  en vergoeding aan uitvoerders  • Verbeter die doeltreffendheid van insette  - Belastingkoerse – hoë koerse van persoonlike inkomstebelasting ontmoedig mense om te werk  en skuif MA na regs – gewoonlik bereik met aansporingskemas en maatreëls soos belastingkoerse  - Kapitaalverbruik deur vervanging van kapitaalgoedere op ‘n gereelde basis wat geleenthede sal skep vir besighede om op hoogte te bly met tegnologiese ontwikkeling  - Menslike hulpbron ontwikkeling waar die kwaliteit van arbeid kan verbeter deur verbeterde gesondheidsorg, opvoeding en opleiding wat die doeltreffendheid van die besigheid sal verhoog  - Gratis adviesdienste om geleenthede vir uitvoere te bevorder en sake- aktiwiteite in die buiteland te skep wat weervoorspellings, veeartsenydienste en navorsing insluit  • Verbeter die doeltreffendheid van markte  Maatreëls wat markdoeltreffendheid verbeter sluit die volgende in: - Deregulering waar wette en regulasies verwyder word om markte te bevry  - Mededinging word aangemoedig om nuwe besibghede te skep, buitelandse direkte investering aan te moedig en magswanbalanse te verwyder  - Gelykmaak van die speelveld in omdat private besighede nie kan meeding met publieke ondernemings nie te wyte aan wetlike beskerming  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 15 DBE/November 2015 NSS – Memorandum MARKVRAAG EN MARKAANBOD Prysvlak % MV MV1 MA MA1 1   F C P E MA MV1 MA1 MV  0 Q Q1 Uitsetvlak PUNTETOEKENNING VIR GRAFIEK Toepaslike opskrif = 1 punt Regte ligging van grafieke = 2 punte Benoem asse = 1 punt Benoem kromme = 1 punt TOTAAL = 5 PUNTE Die effek van vraag- en aanbodkant beleide : • Inflasie  Markvraag en aanbod is in ewewig by punt C  Markvraag word gestimuleer en beweeg na MV 1 – aanbod reageer en skuif na MA 1  'n groter werklike uitset sonder prysstygings  • Aanbod onbeweeglik en vas oor die korttermyn  met 'n toename in die vraag na MV 1 , bly die aanbod konstant – sny by punt F – werklike produksie en pryse styg  (inflasie) - skep toestande waar aanbod meer aanpasbaar is – deur die gebruik van aanbodkant maatreëls  • Werkloosheid  Vraagkant beleide is effektief in die stimulering van ekonomiese groei  ontstaan 'n toename in die vraag na arbeid  verminder werkloosheid  inflasie styg  (Maks 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 16 DBE/November 2015 NSS – Memorandum ADDISIONELE DEEL Hoe kan Keynesiaanse (endogene) denkskool sakesiklusse beïnvloed? • Die Keynesiaanse (endogene) sienswyse is dat markte inherent onstabiel is, daarom is die owerheid inmenging noodsaaklik om die ekonomie te stabiliseer  • Hulle argumenteer dat veranderinge in die waarde van totale besteding veranderinge in vraag meebring  • Die owerheid kan inmeng deur fiskale beleid wat belastings en owerheidsbesteding insluit  • Gedurende 'n resessie, sal die owerheid sy besteding verhoog en belasting verminder (stimuleer)  • Dit sal lei tot 'n styging in die vlak van ekonomiese aktiwiteit bv. produksie, indiensneming, inkome en vraag  • Gedurende 'n piek sal die owerheid belasting verhoog en owerheidsbesteding verlaag  • Dit sal lei tot verlaagde inkome, verminderde vraag na produksiefaktore en besteding  (Maks. 10) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) SAMEVATTING/SLOT Dit bly krities dat sakesiklusse duidelik gemonitor moet word deur beskikbare aanwysers, beleidmakers moet vinnig optree deur gebruik te maak van monetêre en fiskale instrumente om sodoende onstabiliteit in die ekonomie te voorkom  (Aanvaar enige ander relevante slot) (Maks. 2) (40) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 17 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES Ekonome gebruik verskillende aanwysers wat help in besluitneming. • Bespreek in besonderhede, die volgende ekonomiese aanwysers wat gebruik word om die prestasie van die ekonomie te bepaal: - Inflasiekoers - Indiensneming (26 punte) • Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die stabilisering van pryse op die verskillende markte as sy vernaamste oogmerk? (10 punte) INLEIDING Owerhede gebruik verskillende statistiese data om ekonomiese neigings te voorspel en formuleer bruikbare ontwikkelingstrategieë om die ekonomie te stuur in 'n sekere rigting  (Aanvaar enige ander toepaslike inleiding) (Maks. 2) INHOUD HOOFDEEL DIE INFLASIEKOERS Inflasie kan omskryf word as 'n toename in die algemene prysvlak in 'n ekonomie wat volgehou word oor 'n sekere tydsperiode  SARB se doelwit is om die inflasiekoers stabiel tussen 3 – 6% te hou  Die volgende instrumente word gebruik om inflasie te meet: • Verbruikersprysindeks (VPI) / Hooflyninflasie  - Dit toon die prysstygings van 'n verteenwoordigende mandjie goedere en dienste wat verbruikers koop  - Die gewigte word uit die bestedingspatrone van huishoudings in verskillende inkomstekategorieë verkry  - Besluit op ‘n basisjaar vir die berekening van VPI wat soortgelyk is vir alle SNR items  - Besluit op ‘n formule vir die berekening van VPI  - Besluit oor die insameling van pryse – in SA word deur middel van opnames maandeliks gedoen  - Dit toon veranderinge in die algemene aankope van 'n geldeenheid (bv. rand)  - Dit word ook gebruik vir inflasieteikens  - Het betrekking op lewenskoste  - Kapitaal en intermediêre goedere word uitgesluit  - Pryse sluit BTW in  - Rentekoerse word in berekening gebring  - Pryse van ingevoerde goedere word nie eksplisiet getoon nie  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 18 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Produsenteprysindeks (PPI)  - PPI meet pryse van plaaslik geproduseerde goedere sodra hulle die fabriekshek verlaat en ingevoerde goedere sodra hulle die land binnekom  - Dit bestaan uit 'n mandjie van plaaslike, ingevoerde en uitgevoerde goedere  - Dit sluit kapitaal en intermediêre goedere in maar geen dienste nie  - Pryse sluit BTW uit  - Rentekoerse word uitgesluit  - Dit meet die produksiekoste en nie lewenskoste nie  - Dit dien as 'n aanwyser wat verbruikersinflasie (VPI) voorspel  • BBP deflator  - Die BBP deflator is ‘n koers wat die verhouding tussen die BBP teen nominale pryse en die BBP teen reële pryse (formule) toon  - Die BBP deflator word bereken vir alle goedere geproduseer in ‘n land vir ‘n sekere jaar en is nie gebaseer op ‘n sekere mandjie goedere nie  - BBP teen konstante pryse word gebruik om ekonomiese groei en inflasie te meet  INDIENSNEMING • Indiensneming - Die aantal mense indiens uitgedruk as persentasie van die EAB gee die indiensnemingskoers  - Die Suid-Afrikaanse indiensnemingskoers was 75% gedurende 2014 en het nie gepaard gegaan met ‘n soortgelyke groei in indiensnemingsyfers nie  - Indiensneming aanwysers is belangrik en gebruik om neigings in indiensneming in verskillende sektore of nywerhede te bereken  wat strukturele veranderinge in die ekonomie aandui  om produktiwiteit te bereken  of om die sukses van die ekonomie aan te dui in die benutting van sy volle potensiaal  - Volle indiensneming of hoë vlakke van indiensneming is 'n aanwyser van 'n sterk ekonomie met hoë vlakke van groei en ontwikkeling  - Hoë vlakke van werkloosheid is gewoonlik 'n teken van diepgewortelde probleme in 'n ekonomie  bv. tekort aan binnelandse en buitelandse direkte investering, lae vlakke van arbeidsproduktiwiteit en streng arbeidswetgewing, hoë vlakke van armoede  - Indiensneming aanwysers word gebruik om die volgende te bereken: (1) neigings in verskillende sektore of industrieë (2) produktiwiteit (3) suksesse van die ekonomie in die aanwending van sy volle potensiaal  Daar is verskeie indiensneming aanwysers wat gebruik word om die indiensnemingsproses te monitor: • Die ekonomies bedrywige bevolking (EBB)  - Die amptelike indiensneming ouderdomme in Suid-Afrika is tussen (15- 65) wie gewillig is om te werk  - Dit sluit werkers in die formele sector, informele sektor, werkgewers, self-indiens en werkloses in  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 19 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Werkloosheid  - Streng definisie – werkloses is daardie mense binne die ekonomies aktiewe bevolking wat nie gewerk het gedurende die 7 dae voor die onderhoud nie, wat wil werk en beskikbaar is binne 2 weke na die onderhoud en aktief stappe geneem het om werk te vind 4 weke voor die onderhoud  - Uitgebreide definisie ingeslote almal wat graag wil werk, onafhanklik of hulle aktief probeer het om werk te kry  - Die werkloosheidskoers word uitgedruk as die persentasie van werklose mense tot die totale aantal mense wat gewillig en in staat is om te werk, m.a.w. die arbeidsmag  - StatsSA verkry arbeidsdata uit die Kwartaallikse Arbeidsmagopnames om werkloosheid te bereken  - In Suid-Afrika was die amptelike werkloosheidskoers in 2014, 25% wat die belangrikste oorsaak van armoede was  Daar is verskeie metodes om die aantal werkloses te bereken: • Sensus  vraelyste word versprei aan respondente en ingesluit in die vraelyste is vrae verwant aan die werkstatus van die mense  • Opname  Elke jaar onderneem Statistiek Suid-Afrika om 'n arbeidsmag opname te doen om die werkloosheidskoers te bereken  • Registrasie  Werkloses kan registreer by die Departement van Arbeid – geregistreerde werkloses kan betalings ontvang van die werkloosheidsversekeringsfonds en dis die mees akkurate metode om die werkloosheidskoers te bereken omdat nie alle werklose mense geregistreer is nie  • Indiensneming  - Persone in diens is dié wat werk lewer vir betaling, wins of familie voordele 7 dae voor die opname onderhoud vir ten minste 1 uur, of dié wat afwesig was van werk gedurende hierdie 7 dae en geen werk gehad het om na terug te keer nie  - Data verwant aan indiensneming is 'n belangrike aanwyser wat gebruik word om arbeidsproduktiwiteit te bepaal, die indiensnemingskoers in verskillende ekonomiese sektore, die inkomste per werker en die sukses van 'n land se ekonomie  - As indiensneming vergelyk word met die EBB kan die werkloosheidskoers bereken word  - StatsSA publiseer die Arbeidsmagopname in Maart en September elke jaar wat inligting soos die indiensnemingskoers, werkloosheidskoers en vlakke van indiensneming in die formele en informele sektore bevat  (Max 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 20 DBE/November 2015 NSS – Memorandum (Maks 26) ADDISIONELE DEEL - Die VPI oorskrei die boonste perk van die inflasieteiken gedurende 2014. SARB het rentekoerse verhoog om die inflasiekoers terug te dwing na laer perke en so pryse te stabiliseer  - Bepaling van die inflasieteiken van 3 – 6% was 'n belangrike inisiatief deur die staat wat gehelp het dat SARB pryse kon stabiliseer  - 'n Daling in internasionale ru-olie pryse in die afgelope aantal maande onder wêreldwye inflasiedruk. Dit het grootliks bygedra tot laer binnelandse inflasie  wat die Produsente prysinflasie gunstig beïnvloed. Te danke hieraan kon die Reserwebank die repokoers onveranderd laat  PPI vir intermediêre vervaardigingde goedere het 'n positiewe impak op die stabilisering van pryse  - Alhoewel die Reserwebank baie suksesvol is in die stabilisering van pryse, beïnvloed sekere eksterne faktore die ekonomie wêreldwyd soos die wêreld resessie wat 'n negatiewe impak gehad het op SARB se pogings om die pryse te stabiliseer  - Ander faktore soos disinvestering te wyte aan swak staatsbestuur het 'n skerp afname in stabiliteit meegebring wat die stabiliseringspogings van SARB benadeel het  - Die swak waarde van die Rand op internasionale markte is 'n groot negatiewe bydraende faktor tot die inflasiekoers a.g.v. grootskaalse afhanklikheid van invoere  (Aanvaar enige ander relevante feit) (Maks. 10) SAMEVATTING/SLOT Ekonomiese aanwysers is sommige van die mees belangrike en invloedryke hulpmiddels wat die owerheid kan gebruik om die rigting wat die ekonomie moet inslaan teenoor ander lande te beïnvloed  (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all