Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201512 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 NOVEMBER 2015 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/November 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs blou of swart ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/November 2015 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C. 1.1.1 Besparing vloei terug in die ekonomiese kringloop in as … A owerheidsbesteding. B investering. C uitvoere. 1.1.2 Die intensiteit van sikliese skommelinge in sakesiklusse word deur … aangedui. A amplitudes B bewegende gemiddeldes C ekstrapolasie 1.1.3 Openbare goedere waarvoor verbruikers moet betaal, staan as … goedere bekend. A gemeenskaps- B privaat C kollektiewe 1.1.4 Die finansiële rekening in die betalingsbalans bevat transaksies wat met … verband hou. A produksie B bates en laste C netto gouduitvoere 1.1.5 Die praktyk om goedere in die buiteland teen pryse laer as in die land van oorsprong te verkoop, staan as … bekend. A uitvoere B invoere C storting 1.1.6 Volgens die Verenigde Nasies se klassifikasie, val Suid-Afrika in die … menslike-ontwikkelingsindeksgroep (MOI)-lande. A lae B middel C hoë Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/November 2015 NSS 1.1.7 Geld wat deur die staat aan besighede betaal word as aansporing om hul produksiekoste te verlaag, staan as … bekend. A subsidies B tariewe C sekuriteite 1.1.8 Demografie as 'n sosiale aanwyser het met … te make. A die sterftekoers B voeding C behuising (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Portefeuljebelegging A prys van een land se geldeenheid ten opsigte van 'n ander land se 1.2.2 Leidende aanwysers geldeenheid 1.2.3 Mediumtermyn- B ryk nywerheidslande van die wêreld bestedingsraamwerk C 'n handelsbeleid wat tot 'n toename 1.2.4 Wisselkoers in plaaslike produksie lei 1.2.5 Invoervervanging D het ten doel om die sentralisasie van nywerhede te verminder 1.2.6 G8 E onderwys en gesondheid 1.2.7 Sosiale aanwysers F vroegtydige waarskuwing van 1.2.8 Streeksontwikkeling veranderinge in ekonomiese aktiwiteit G gemeenskaplike term vir ontwikkelende lande H toon verwagte inkomste en uitgawes vir drie jaar I koop en verkoop effekte/aandele (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/November 2015 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die proses waar 'n betreklike klein verandering in inspuitings 'n proporsioneel groter styging in nasionale inkome tot gevolg het 1.3.2 'n Mark vir korttermynbesparings en -lenings 1.3.3 Goedere en dienste, soos onderwys, wat die samelewing as 'n geheel bevoordeel 1.3.4 Die sektor wat ingesluit moet word vir die ekonomie om as 'n oop ekonomie beskou te word 1.3.5 Die koëffisiënt wat die ongelykheid van inkome meet 1.3.6 Die aantal jaar wat 'n persoon na verwagting sal bly lewe (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/November 2015 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van inspuitings in die ekonomiese kringloop. (2 x 1) (2) 2.1.2 Watter uitwerking sal kwotas op invoere hê? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE-INKOME-REKENINGE VAN SUID-AFRIKA R miljoen 2012 2013 Vergoeding van werknemers 1 451 1 576 Netto bedryfsurplus 922 961 Vastekapitaalverbruik 406 443 Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 2 779 2 980 Ander belasting op produksie 56 64 MIN: Subsidies op produksie 15 14 … (A) … 2 820 3 030 Belasting op produkte 338 374 MIN: Subsidies op produkte 20 19 Bruto binnelandse produk teen markpryse 3 138 3 385 [Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, September 2014] 2.2.1 Watter berekeningsmetode is in die tabel hierbo gebruik om die bruto binnelandse produk te bereken? (1) 2.2.2 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte. (1) 2.2.3 Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer. (2) 2.2.4 Hoe sal jy BBP na BNP omskakel? (2) 2.2.5 Bereken die vergoeding van werknemers as 'n persentasie van BBP teen markpryse in 2013. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/November 2015 NSS 2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Geselekteerde konsentrasie van EUROPA welvaart? VRY- HANDEL CHINA JAPAN Afrika is gedoem! [Aangepas uit www.economicscartoons.com] 2.3.1 Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra? (2) 2.3.2 Watter internasionale organisasie bevorder vryhandel? (2) 2.3.3 Stel EEN manier voor waarop 'n land deur vryhandel benadeel kan word. (2) 2.3.4 Hoe word Suid-Afrika deur handelsbande met China bevoordeel? (4) 2.4 Verduidelik kortliks die verskillende soorte tariewe as 'n metode van invoervervanging. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe kan die huishouding, as 'n belangrike deelnemer in die ekonomiese kringloopmodel, tot die opbou van die ekonomie bydra? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/November 2015 NSS VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE regstellende maatreëls wat tans in Suid-Afrika gebruik word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe hou ekonomiese groei verband met ekonomiese ontwikkeling? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wat is fout met julle mense? Roei! Roei! Wil julle hê ons moet almal verdrink?! NOORDE SUIDE [Aangepas uit Poly.org.uk, Oktober 2014] 3.2.1 Wat is die verskil in die per capita-inkome tussen lande in die Noorde en lande in die Suide? (2) 3.2.2 Watter boodskap word in die spotprent hierbo oorgedra? (2) 3.2.3 Hoekom sal die subsidiëring van landbouprodukte deur ryk lande dit vir ontwikkelende lande moeilik maak om deel te neem? (2) 3.2.4 Hoe dra lande in die Noorde by tot die vernietiging van die omgewing? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/November 2015 NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE SUID-AFRIKAANSE ERVARING VAN ROI's Die ROI is in 1996 in Suid-Afrika as 'n geïntegreerde beplanningshulpmiddel ontwikkel. Dit is na die voorbeeld van die hoogs suksesvolle roete tussen Gauteng en Mpumalanga in Suid-Afrika en die Maputo-hawe in Mosambiek ontwerp. 'n Sterk plaaslike, streeks- en internasionale beleggingsprofiel reageer deurgaans op die verbeterende logistiek- en beleidsomgewing wat deur die deelnemende regerings geskep is. Die privaat sektor het tot dusver 'n beraamde syfer van meer as R35 biljoen se beleggings aan suidelike Mosambiek en Mpumalanga toegesê. [Aangepas uit Verslag oor SEZ, DTI] 3.3.1 Waarvoor staan die afkorting ROI? (2) 3.3.2 Gee EEN voorbeeld van 'n ROI in Suid-Afrika. (2) 3.3.3 Verduidelik die begrip korridors. (2) 3.3.4 Hoe sal Suid-Afrika uit ROI's voordeel trek? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks spesiale ekonomiese sones (SES'e) in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) 3.5 Tot watter mate het die regering se fiskale beleid daarin geslaag om 'n wenslike herverspreiding van inkome te verseker? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/November 2015 NSS VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE fases van 'n sakesiklus. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal 'n hoë vlak van onderwys die vermoë van 'n individu beïnvloed om werk te kry? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA: RUILVOET Jaar Indeks van Indeks van Ruilvoet invoerpryse uitvoerpryse 2010 141 171 121.3 2011 153 191 A 2012 163 200 122.7 2013 179 214 119.6 [Bron: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2015] 4.2.1 Identifiseer die instelling wat vir die publikasie van die data hierbo verantwoordelik is. (1) 4.2.2 Wat is die neiging in die indeks van invoerpryse? (1) 4.2.3 Verduidelik die begrip ruilvoet. (2) 4.2.4 Verduidelik kortliks hoekom 'n toename in die ruilvoet 'n positiewe uitwerking op die welsyn van die land sal hê. (2) 4.2.5 Bereken die ruilvoet vir 2011 (A). Toon ALLE berekeninge. Rond jou antwoord tot EEN desimale plek af. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/November 2015 NSS 4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE EFFEK VAN BELASTING Belastinginkomste Rbn 130 B A C 100 0 20 40 60 100 Gemiddelde belastingkoers (%) 4.3.1 Watter kurwe word in die grafiek hierbo uitgebeeld? (2) 4.3.2 Watter belastingkoers sal maksimum inkomste vir die owerheid genereer? (2) 4.3.3 Wat is die verband tussen 'n belastingkoers van nul en 'n belastingkoers van 100% vir die owerheid? (2) 4.3.4 Verduidelik die implikasie van 'n belastingkoers van 60% vir die belastingbetaler. (4) 4.4 Onderskei tussen die devaluasie en appresiasie van 'n geldeenheid. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die doeltreffendheid van dienslewering verbeter? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/November 2015 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande Maks. 26 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/ Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/ Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder om enige feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Die nuwe ekonomiese paradigma is vasgelê in vraag-en-aanbodkant-beleide om die ekonomie te beïnvloed. • Bespreek die gebruik van monetêre en fiskale beleid om vraag en aanbod in die effening (gladstryking) van sakesiklusse te beïnvloed. (26 punte) • Hoe het die Keynesiaanse (endogene) denkskool sakesiklusse beïnvloed? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Ekonome gebruik verskillende aanwysers om met besluitneming te help. • Bespreek, in besonderhede, die volgende ekonomiese aanwysers wat gebruik word om die prestasie van die ekonomie te assesseer/evalueer: - Inflasiekoers - Indiensneming (26 punte) • Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse Reserwebank met die stabilisering van pryse op die verskillende markte as sy vernaamste oogmerk? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all