Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202019 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2020 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A – aksynsbelasting te gebruik  1.1.2 D – monopolisties-mededingende  1.1.3 B – gelykbreek  1.1.4 C – eksterne  1.1.5 B – kommunikasie  1.1.6 D – stagflasie  1.1.7 C – 'n verlaging in owerheidsbesteding  1.1.8 A – markverwante  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 B - die produksietydperk waar ten minste een produksiefaktor vas bly  1.2.2 D - die uitgawe aangegaan om 'n ekstra eenheid te produseer  1.2.3 H - wetsontwerpe wat deur die owerheid aangeneem word om negatiewe eksternaliteite te reguleer wat deur besighede veroorsaak is  1.2.4 G - owerheid meng in om goedere meer bekostigbaar te maak  1.2.5 I - 'n aansienlike en volgehoue verandering in die normale weer- patroon  1.2.6 A - besoek 'n land om plekke van argeologiese belang, soos die Kangogrotte te sien  1.2.7 E - die meting van die produksiekoste van goedere met tyd  1.2.8 C - 'n tarief wat op die produksie van produkte gehef word wat eksterne omgewingskoste veroorsaak  (8 x 1) (8) 1.3 EEN TERM 1.3.1 pareto-doeltreffendheid  1.3.2 sluitingspunt / afskakel-punt  1.3.3 swart mark / ondergrondse mark  1.3.4 toerisme  1.3.5 geadministreerde prys  1.3.6 besoedeling  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van eksplisiete koste vir 'n firma.  Huur   Rente   Lone  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom word monopolistiese mededinging as 'n hibriede struktuur beskou? Die monopolistiese mededinger is 'n kombinasie van 'n volmaakte mark en 'n monopolie  (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die tipe monopolie wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word. Kunsmatige / wetlik / statutêre  (1) 2.2.2 Wat is die aard van die produk wat deur monopolieë aangebied word? Uniek met geen naby-substitute nie  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term patent soos dit in Ekonomie gebruik word. Dit gee 'n eksklusiewe reg aan iemand om 'n produk te vervaardig  (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) 2.2.4 Hoe verskil die helling van die monopolis se vraagkromme van dié van die monopolistiese mededinger? Die helling van die monopolis se vraagkromme is relatief onelasties (styl helling) in vergelyking met die van 'n monopolistiese mededinger waar dit relatief elasties (minder styl hellilng) is  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2.5 Hoekom vind staatsbeheerde monopolieë in Suid-Afrika dit moeilik om 'n ekonomiese wins te maak?  Sekere staatsbeheerde monopolieë in Suid-Afrika het 'n geskiedenis van korrupsie en onbevoegdheid wat die vermoë om wins te maak, belemmer   As gevolg van hoë instandhoudingskoste, is die inkomste nie voldoende om al die uitgawes te dek nie   Nie-betaling van skuld van munisipaliteite, verminder die inkomste van staatsbeheerde ondernemings   Regulerende liggame soos NERSA beperk hoë prysstygings wat inkomste verminder   Oormatige vertroue op reddingsboeie lei tot ondoeltreffendheid in die bestuur se besluitnemingsprosesse   Sommige staatsbeheerde ondernemings verskaf noodsaaklike goedere en dienste soos water, wat dit moeilik maak om baie hoë pryse vas te stel om koste te dek  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Noem EEN tipe ondoeltreffendheid wat deur markmislukking veroorsaak word.  Produktiewe/tegniese   Toedeling  (1) 2.3.2 Gee EEN regstellende beleid wat die owerheid gebruik om inkomste te herverdeel.  SEB / BBSEB   Regstellende aksie   Grondrestitusie   Grondhervorming   Minimumloon  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term meriete goedere. Goedere wat voordelig is vir die gemeenskap waar elke individu dit behoort te gebruik, ongeag hul inkomste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Hoekom lei 'n negatiewe eksternaliteit tot die oorproduksie van goedere en dienste? Die eksterne/derdeparty koste is nie ingesluit by die markprys nie, en verlaag dus die koste, wat produsente toelaat om meer te produseer as wat hulle moet  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3.5 Verduidelik die negatiewe gevolge van minimum lone vir die ekonomie.  Minimum lone sal lei tot ‘n styging in werkloosheid as gevolg van die verminderde vraag na arbeid   Aangesien lone 'n groot deel van die produksiekoste vorm, word uitset en mededingendheid ingeboet   Die owerheid se belastinginkomste verminder deur laer indiensneming, wat die maatskaplike welsynslas van die staat verhoog   As gevolg van laer indiensneming, sal produksie daal wat kanlei tot inflasie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 2.4 Trek 'n volledig benoemde grafiek om die ekonomiese verlies in 'n monopoliemarkstruktuur te toon.  Prys MK GK Koste Inkomste K/10 a  b P/8 e MI vv=GI 0 Q1/5 Hoeveelheid PUNTETOEKENNING Korrekte benoeming van asse = 1 punt Korrekte trek/posisionering en benoeming van GI-kromme = 1 punt Korrekte trek/posisionering en benoeming van MI-kromme = 1 punt Korrekte trek/posisionering en benoeming van GK-kromme = 1 punt Korrekte trek/posisionering en benoeming van MK-kromme = 1 punt Verliesminimeringspunt = 1 punt Aandui van ekonomiese verlies = 2 punte Korrekte benoeming op asse = 1 punt Maksimum punte = 8 punte (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.5 Evalueer die impak van produsentesubsidies deur die owerheid op die sakesektor. Positiewe Produsente subsidies sal:  produksie stimuleer en help om pryse laag te hou wat hul mededingendheid sal verbeter   besighede aanmoedig om meer meriete goedere en dienste te verskaf, wat positiewe eksternaliteite sal genereer   die koste van kapitale investeringsprojekte verminder, wat die groei van verwante besighede sal stimuleer   besighede in staat stel om meer winste te verdien, as gevolg van laer koste  Negatiewe Produsente subsidies:  word somtyds nie eweredig aan alle besighede toegeken nie, wat die oorlewing van sommige besighede belemmer   mag markpryse verdraai, bv. uitvoersubsidies wat hulle bevoordeel bo hul mededingers, in die handel van goedere en dienste   beskerm somtyds ondoeltreffende firmas waar daar 'n behoefte aan herstrukturering is   veroorsaak dat firmas te afhanklik raak, en sukkel as die subsidie onttrek word  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 8) ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote opnoem van feite / voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee TWEE voorbeelde van wêrelderfenisterreine in Suid- Afrika.  Mapungubwe   Die Vredefort-koepel   Sterkfontein-grotte / Wieg van die Mensdom   Robbeneiland   Richtersveld Kulturele- en Botaniese Landskap   iSimangaliso Vleilande   Die Kaapse fynbosstreek   uKhahlamba Drakensbergpark   Khomani   Makhoniwa Berge  (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die toerismesektor help om armoede onder die plaaslike mense in die gemeenskap te verminder? Plaaslike, werklose mense kan 'n inkomste verdien deur goedere en dienste aan toeriste te verskaf  bv. kralewerk  / vorm vennootskappe met besighede om kuns- en handwerk aan kuriowinkels te verskaf om aan toeriste te verkoop  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Waarna verwys die twee stippellyne in die grafiek? Inflasieteiken  (1) 3.2.2 Gedurende watter jaar het die Monetêre Beleidskomitee die terugkoop-(repo)koers verhoog? 2016  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term hooflyninflasie. Die inflasiekoers wat die koste van 'n mandjie goedere van 'n gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding verteenwoordig, en gemeet word deur die verbruikersprysindeks / onaangepaste VPI- syfer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Verduidelik die invloed van inflasieverwagtinge op verbruiks- besteding.  Tydens inflasionêre toestande, verwag verbruikers dat pryse verder sal styg, en begin meer goed koop  bv. petrolpryse   Vakbonde wil hul lede se inkomste teen koopkrag-erosie beskerm wat deur inflasie veroorsaak is  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.5 Hoe sal 'n styging in belasting op toegevoegde waarde die ekonomie beïnvloed? 'n Styging in BTW kan:  verhoogde staatsinkome verseker wat die owerheid sal toelaat om meer maatskaplike dienste te verskaf tot voordeel van gemeenskappe   lei tot ‘n daling in staatsinkome omdat verbruikers hul verbruiksbesteding verminder   produksie (aanbod) negatief beïnvloed, as gevolg van ‘n daling in vraag deur hoër pryse   die laer inkomstegroepe meer nadelig beïnvloed, as gevolg van die regressiewe aard van die belasting   'n negatiewe impak hê op die vlak van totale vraag as gevolg van verhoogde pryse, wat tot meer werkloosheid mag lei   die inflasiekoers stabiliseer as gevolg van 'n laer vraag  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Gee die term wat gebruik word om toeriste uit 'n ander land wat Suid-Afrika besoek, te beskryf. Internasionale / buitelandse / inkomende toeriste  (1) 3.3.2 Noem EEN doelwit van toerisme.  Ontspanning en rekreasie   Besigheid en professioneel   Studies   Mediese redes   Kulturele toerisme  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennis. Kennis wat ‘n praktiese toepassing het op die daaglikse oorlewing van tradisionele gemeenskappe / die plaaslike kennis of tradisionele wyse hoe goed gedoen word wat uniek aan ‘n kultuur of ‘n gemeenskap is  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.4 Hoekom is bemarking as 'n toerismebeleid belangrik?  Bemarking sal die vraag volhoubaar maak in 'n bestaande mark of vraag skep in nuwe markte   Bemarking help om die negatiewe beelde van die land reg te stel  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 3.3.5 Hoe kan toerisme 'n negatiewe invloed op die omgewing hê?  Die kenmerke van 'n toeriste-oord sal vernietig word as die drakrag van die gebied oorskry word   Omgewing-sensitiewe areas word vernietig, wat beide kulturele en natuurlike bates vernietig   Omgewingstres lei tot 'n verlies aan wild-spesies as gevolg van safari-jag   Omgewingskoste behels die skep van afval en besoedeling en die onvolhoubare gebruik van water  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik kortliks die voordele van toerisme vir die huishouding.  Besteding deur toeriste lei tot verhoogde inkomste aan huishoudings, deur direkte betrokkenheid by toerisme  bv. reisagente of toergidse   Indirekte betrokkenheid in toerisme, omdat werknemers in handelsondernemings en die hotelindustry, bydra tot die inkomste van huishoudings   Meeste infrastruktuur wat vir toeriste geskep word, is ook beskikbaar vir gebruik deur plaaslike mense  bv. paaie en elektrisiteit   Toerisme vereis 'n verskeidenheid vaardighede waarvoor onderwys en opleiding nodig is  skole en onderwysinstellings bied 'n aantal reis- en toerismeprogramme wat die individu kan bevoordeel   Toerisme laat blootstelling aan buitelandse kulture toe wat kulturele en maatskaplike kennis verryk   Aanvanklike betrokkenheid van huishoudings in die informele sektor kan tot toekomstige entrepreneurs in die formele sektor lei  (4 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) 3.5 Hoe sal die verbruikersprysindeks die ekonomie beïnvloed?  Inflasie beïnvloed die ekonomie deur verdraaiing van pryse; dit is nie meer ‘n korrekte aanwyser van die waarde van goedere en dienste nie   Verskaf bruikbare aanwysers van prysbewegings, wat investering in 'n sekere rigting kan stuur   Vergelyk prysindekse van verskillende maande, wat help om die stand van die ekonomie te bepaal   Vakbonde onderhandel loonverhogings wat in lyn is met ‘n styging in die produktiwiteit van werkers   SARB gebruik die VPI om toepaslike monetêre beleidsopsies toe te pas, wat sal help om die inflasieteiken van 3 – 6% te bereik   Die seleksie van goedere en dienste in die berekening van die VPI, verteenwoordig nie altyd die gemiddelde huishouding nie, en mag elke huishouding anders beïnvloed   Huishoudings is slegter daaraan toe, omdat die VPI nie 'n ware weerspieëling van die werklike impak op huishoudings in die ekonomie is nie  (8) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE instellings wat vir die regulering van mededinging in Suid-Afrika verantwoordelik is.  Mededingingskommissie   Mededingingstribunaal   Mededingingsappelhof  (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom sal hoë inflasie tot aflegging by die werksplek lei? Hoër inflasie sal lei tot laer produksie waar besighede minder arbeid benodig  (1 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die onelastiese deel van die vraagkromme. EV1 / onder die knak / tweede segment  (1) 4.2.2 Benoem die vraagkromme hierbo. Geknakte  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term stilswyende samespanning. Die gedrag van firmas word gemotiveer deur ‘n informele reëling / Onuitgesproke aksies tussen oligopolistiese firmas, wat heel moontlik ‘n mededingende reaksie sal verminder / As 'n dominante firma sy prys verhoog, met die hoop dat sy mededingers dit sal sien as 'n marksein en hul pryse verhoog  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Hoe verskil die wins van 'n oligopolie van die wins van ‘n monopolistiese mededinger op langtermyn? Die oligopolie maak 'n ekonomiese wins oor die langtermyn in vergelyking met die monopolistiese mededinger wat net 'n normale wins maak  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2.5 Hoekom sal die produsent onwillig wees om die prys van R40,00 na R28,00 te verlaag? Toon alle berekeninge  Die produsent se inkomste sal daal.  Teen 'n prys van R40,00 sal die produsent R28 000 verdien (40 x 700)  teenoor 'n inkomste van R22 400 (27 x 700) teen 'n prys van R28  OF  Teen R40,00 is die inkomste R28 000 , teenoor R22 400 teen 'n prys van R28  Die produsent se inkomste daal as die prys daal  OF  Deur die prys te verlaag, sal die firma funksioneer op die onelastiese deel van die vraagkromme, waar die persentasie styging in die markaandeel minder sal wees as die persentasiedaling in die prys  %-daling in prys = (12 x 100) = 30%  40 %-styging in markaandeel = (100 x 100) 700 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Noem die Suid-Afrikaanse instelling wat vir die bestryding van inflasie verantwoordelik is. Suid-Afrikaanse Reserwebank / SARB  (1) 4.3.2 Watter denkskool glo dat inflasie deur die totale geldaanbod beïnvloed word? Monetariste  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term hiperinflasie. As 'n land buitengewone en onbeperkte algemene prysstygings ondervind / bo 50% / wat daartoe lei dat die waarde van die geldeenheid waardeloos word  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Hoe sou die koste van ingevoerde sleutelinsette tot 'n hoër inflasiekoers bydra? As sleutelinsette (masjinerie) ingevoer word van lande wat inflasie ondervind, sal die koste van plaaslik-geproduseerde goedere styg / As verskaffer lande inflasie ondervind, sal lande wat sleutelinsette invoer 'n hoër inflasie ondervind omdat die produksiekoste sal styg  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 4.3.5 Hoekom is 'n monetêre beleid effektief met die verlaging van vraagtrek-inflasie?  Monetêre beleid verlaag totale besteding, deur rentekoerse te verhoog   ‘n Styging in die kontantreserwevereiste, beperk die krediet beskikbaar aan verbruikers, wat die vraag verminder   Verkoop van staatseffekte (opemarktransaksies) verminder die geldaanbod waar banke minder geld beskikbaar stel   Banke kan deur die sentrale bank oorreed word om die hoeveelheid krediet te beperk   Help om die koste van krediet in die verskillende sektore van die ekonomie te verhoog  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die redes vir 'n koste-voordeelanalise. 'n Koste-voordeelanalise word gebruik:  in publieke sektor projekte omdat daar geen markseine is wat besluitneming rig nie  bv. paaie en brûe   om alle relevante voordele en koste van 'n projek te identifiseer voordat ingeligte besluitneming geneem kan word   om ekonomiese doeltreffendheid in hulpbrontoedeling te verseker   wat 'n wyer sosiale impak sal aandui wat eksternaliteite insluit in die besluitnemingsproses, om die effek van investering op maatskaplike welsyn en die omgewing te beraam   om groter objektiwiteit in besluitneming te bring wat subjektiwiteit verhoed  (4 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 4.5 Hoekom is investering in toerisme vir die ekonomie belangrik? Investering in toerisme is belangrik vir die ekonomie omdat:  dit markte men landelike gebiede verbind waar produksie plaasvind, as gevolg van die opgradering van vervoerinfrastruktuur na toeriste-oorde in landelike gebiede   dit die doeltreffendheid om sake te doen verbeter, deur effektiewe kommunikasie infrastruktuur aan hotelle te verskaf (telefoonlyne en internet toegang)   dit 'n betroubare energie-infrastruktuur verskaf bv. ligte en warm water, wat die kwaliteit en gerief van toeristeverblyf verbeter wat toerisme verder sal laat groei   dit 'n basiese dienste infrastruktuur vereis wat die vlak van werkloosheid kan verlaag en verseker dat skoon water en vuilgoedverwydering by toeriste-oorde en in die plaaslike gemeenskap verskaf word   dit lei tot die oprigting van besighede naby toeriste-oorde soos 'n algemene handelaar, apteek, 'n spa of restaurant wat die BBP sal verhoog   dit die toeris toelaat om 'n unieke ondervinding in die land te geniet, deur 'n verskeidenheid rekreasie-aktiwiteite soos abseil, 4x4-ritte, wildritte en voetslaan te geniet   ‘n toename in kapitaalvorming die groot sosio-ekonomiese probleem van werkloosheid sal oplos, deur te fokus op hierdie arbeidsintensiewe bedryf  ‘n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking in gebiede wat gekenmerk word deur buitengewone armoede en onderontwikkeling, waar verskeie groot toeriste-attraksies kan lei tot die ontwikkeling van projekte om hierdie probleme op te los   Negatiewe eksternaliteite soos koolstofvrystellings kan beperk word deur koolstofbelasting of verhandelbare koolstofpermitte, as addisionele inkome aan die owerheid  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 14 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELINGC Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE  Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, volmaakte mededinging as 'n markstruktuur. (26 punte)  Evalueer die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende ekonomie. (10 punte) INLEIDING Die volmaakte mark is 'n markstruktuur waar 'n onbeperkte aantal besighede in die mark funksioneer/Daar is verskillende markstrukture wat in die ekonomie voorkom, elk met sy eie unieke stel kenmerke  (Maks 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) LIGGAAM: HOOFDEEL Aard van produkte   Produkte moet homogeen (identies) wees   Daar behoort geen verskille in styl, ontwerp en kwaliteit te wees nie   Op hierdie manier ding produkte alleenlik mee op die basis van prys en kan op enige plek gekoop word   As produkte verskil, kan verkopers die kopers oorreed om hul duurder produkte te koop deur dit te gradeer   Markte vir koring en steenkool bestaan uit homogene produkte wat gegradeer word  Aantal besighede   Daar moet 'n groot aantal kopers en verkopers wees   Dit moenie moontlik wees vir een koper of verkoper om die prys te beïnvloed nie / As daar baie verkopers is sal die aandeel van elke verkoper in die mark so klein wees dat die verkoper nie die prys kan beïnvloed nie   Verkopers is prysnemers; hulle aanvaar die huidige markprys   As besighede pryse bo die markprys verhoog, sal hulle klante verloor  Geen voorkeurbehandeling/diskriminasie   Kopers en verkopers baseer hul aksies op die prys alleenlik; homogene produkte behaal dieselfde prys en geen voorkeur word verleen by koop of verkoop aan sekere persoon nie  Samespanning   Geen samespanning vind plaas nie   Elke verkoper tree onafhanklik van mekaar op / onmoontlik vir verkopers om groepe te vorm wat hoë pryse afdwing  Vrye mededinging   Kopers moet vry wees om te koop wat hulle wil, by watter firma en enige hoeveelheid   Verkopers moet vry wees om wat, hoeveel en waar hulle wil, te verkoop   Daar mag geen staatsinmenging en geen prysbeheer wees nie  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 15 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Beweeglikheid van produksiefaktore   Produksiefaktore kan vryelik tussen markte beweeg sonder enige beperkings  Volmaakte kennis van marktoestande   Alle kopers en verkopers moet ten volle bewus wees van wat gebeur in enige deel van die mark   Tegnologie het mededinging verhoog omdat inligting maklik verkrygbaar is via die internet  Toetrede tot markte   Daar is volkome vryheid van toe- en uittrede by 'n mark wat ten volle toeganklik is   Toegang is nie onderhewig aan enige beperkinge in die vorm van regs-, finansiële, tegnologiese of ander versperrings wat die vryheid van beweging van kopers en verkopers aan bande lê nie  Winste   In die kort termyn kan firmas 'n ekonomiese wins, ekonomiese verlies of normale wins maak   In die lang termyn maak firmas 'n normale wins  Beheer oor pryse   Elke verkoper is ‘n prysnemer en beskou die markprys as gegewe   Die markprys word bepaal deur die interaksie van die markiaanbod en markvraag – as ‘n produseng probeer om die prys bo die markprys te verhoog, sal verbruikers ‘n beter prys elders vind   As ‘n oorskotvraag of –aanbod bestaan, sal die prys reageer om te verseker dat die ewewig weer bereik sal word  Doeltreffendheid   Die volmaakte mededinger produseer teen die laagste koste oor die langtermyn  (Maks 26) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (‘n Maksimum van 8 punte sal toegeken word vir blote opnoem van feite/voorbeelde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 16 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Evalueer die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende ekonomie. Die mededingingsbeleid het 'n meer mededingende ekonomie bevorder deur:  suksesvolle ondersoek en vervolging van onregverdige mededinging op ‘n gereelde basis in die land   aanbevelings te maak rakende boetes vir besighede wat skuldig bevind word aan misbruik, en dit word onderskryf en boetes word gehef   die verbeterde mededingingsbeleid van die Wetsontwerp op die wysiging van Mededinging, deur direkteure/eienaars aanspreeklik te hou vir nie-mededingende gedrag   maak dit moontlik vir besighede om te appelleer teen die boete wat opgelê is, by die Mededingingsappèlhof   verminder die ekonomiese mag van groot konglomerate om 'n meer regverdige verdeling van inkomste en welvaart te bereik   reguleer samesmeltings en oornames om markmag van samesmeltings te reguleer, soos Massmart en Wallmart waar voorwaardes opgelê is om moontlike werklkoosheid te voorkom wat hieruit kon voortspruit  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Aanvaar praktiese voorbeelde waar Mededingingsbeleid suksesvol was) Die mededingingsbeleid was nie suksesvol nie, want:  daar is steeds 'n gereelde voorkoms van ondersoeke, rakende samespanning, ongeag die boetes wat opgelê  bv. konstruksie/sement/staal/brood/banksektor  boetes was te lig en het nie gedien as 'n suiwering van samespannende gedrag nie   te veel dominante firmas het gekeer dat agtergeblewe swart nyweraars tot die mark toetree (SEB)   die oorspronklike mededingingsbeleid het nie die impak samesmeltings en die verkryging van KMMO's, in terme van regverdige prysbepaling sou hê in berekening gebring nie   tekortkominge van die mededingingsbeleid, het tot die aanvaarding van die Wetsontwerp op die wysiging van Mededinging, aanleiding gegee, wat mededinging verder sal bevorder  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (maks 10) SLOT In werklikheid is daar slegs 'n paar naby-volmaakte markte, hoewel daar sommige sektore is, soos mynbou (goud) en landbou (koring), wat aan baie van die vereistes voldoen. Hierdie sektore illustreer die wyse waarop die markmeganisme werk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë orde slot) (Maks 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 17 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES  Bespreek die vernaamste omgewingsprobleme wat lande wêreldwyd beïnvloed. (26 punte)  Evalueer die sukses van die internasionale maatreëls wat aangeneem is om omgewingsprobleme aan te pak. (10 punte) [40] INLEIDING Omgewingsvolhoubaarheid van die omgewing word bedreig as gevolg van baie probleme wat erger raak met die tyd  Maks (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) INHOUD: HOOFDEEL Biodiversiteitsverlies   Dit hou verband met die genetiese verskeidenheid tussen individuele plant- en dierspesies binne 'n gemeenskap van organismes   Die uitputting van natuurlike hulpbronne kan lei tot uitwissing van sekere spesies wat biodiversiteit verminder   Die uitsterf van spesies is 'n onomkeerbare proses, en is dus 'n groot bedreiging vir die proses van oorplantings van gene tussen spesies   Sekere moderne tegnieke maak dit moontlik om gene van een spesie na 'n ander oor te plant, om 'n nuwe spesie te skep, hoewel die gene wat gebruik word moet verskil   Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies verbied die internasionale kommersiële handel in ‘n ooreengekome lys van bedreigde spesies wat van tyd tot tyd hersien word  Chemiese afval   Blootstelling aan chemikalieë soos insekdoders en pesbestryders kan lei tot onmiddellike dood   In ander gevalle kan dit lei tot dood na 'n periode van tyd as gevolg van wanfunksionering van die spysverteringskanaal of die senustelsel   By mense, plante en diere kan die blootstelling aan gif lei tot onvrugbaarheid   In normale konsentrasie raak die meeste chemikalieë nie-toksies, maar in wese is almal gevaarlik bv. verkeerde medisyne dosisse   Ander chemikalieë soos DDT is ontwerp met toksiese middels   Die produksie van chemikalieë het gelei tot chemiese afval en vernietiging van hierdie chemikalieë is altyd 'n probleem vir die omgewing   Die Stockholm Protokol verbied die twaalf dodelikste vervaardigde chemikalieë   Die Rotterdam Konvensie beskerm lande waar voldoende infrastruktuur ontbreek om die invoer en uitvoer van gevaarlike chemikalieë te monitor  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 18 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Klimaatsverandering   'n Opbou van sekere gasse soos koolstofdioksied in die atmosfeer veroorsaak die hitte om vasgevang te word in die atmosfeer, wat lei tot aardverwarming   Die mees algemene kweekhuisgas wat vrygestel word in die atmosfeer is koolstof- dioksied wat vrygestel word by die verbranding van fossielbrandstof en hout   Die hoeveelheid koolstofdioksied geproduseer kan nie deur bome absorbeer word nie   Toenemend word natuurlike woude vir menslike gebruik afgekap, wat die kweekhuisgasse in die atmosfeer laat toeneem   Verhoogde kweekhuisgasse lei tot die beskadiging van die osoonlaag en uiteindelik aardverwarming   Aardverwarming het 'n effek op die wêreld se weerpatrone, wat buitengewone temperature en 'n verandering in reënvalpatrone insluit   Vrywillige vermindering van koolstofdioksied-vlakke was nie suksesvol nie – en lei tot die ondertekening van die Kyoto Protokol in 1997  Gevaarlike afval   Hierdie tipes afval is gevaarlik vir lewende organismes en die ekosisteem in geheel omdat hulle so stadig opbreek   Die Basel Konvensie laat toe dat partye gevaarlike afval uitvoer waar lande die invoer daarvan nie verbied nie  Verlies aan inheemse kennis   Die organiese metodes en natuurlike prosesse gebruik deur tradisioneel inheemse mense is nie welbekend in alle plaaslike gemeenskappe of by buitelandse toeriste nie   Regeringsprogramme wat onderneem word om hierdie stelsels te beskerm, sal aanvaarbaarheid en geloofwaardigheid verleen in die oë van die plaaslike mense en die wêreld daarbuite   Daar is 'n dringende behoefte aan respek en bevordering van aangebore regte van inheemse mense wat hulle uit sosiale strukture verkry het   Inheemse kennis verskaf 'n magsbasis waarvandaan alternatiewe maniere ontwikkel kan word om hulpbronne te bestuur   Sorg moet gedra word dat inheemse kennis nie oorskadu word en vir ewig verlore gaan nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26) (Aanvaar enige ander probleme soos ontbossing, gronderosie, grondagteruitgang, oorbevolking, besoedeling, smelt van yslaag) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 19 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Die internasionale maatreëls wat toegepas word om omgewingsprobleme aan te pak was suksesvol omdat:  die Verenigde Nasies se Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (KIHBS) en die Kyoto Protokol geskep is om 'n bewustheid te skep en maatreëls te formuleer wat klimaatsverandering aanspreek   die Kyoto Protokol onderteken was deur 186 lande en bindende uitlaatgas-teikens (5.2%) vasgestel is   die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (KIHBS) die handel in bedreigde diere en plante gereguleer het om biodiversiteitsverlies aan te spreek  waardeur beheer uitgeoefen is deur die uitreik van permitte en kwotas om die moontlikheid van uitsterwing te verminder   'n permit nodig is om plante en diere na Suid-Afrika in te voer   die Verenigde Nasies 'n aantal ooreenkomste soos die Stockholm Protokol oor voortdurende organiese besoedeling om die probleem van toksiese afval wêreldwyd aan te spreek, fasiliteer   die protokol twaalf van die gevaarlikste vervaardigde substansies soos DDT, verban   die Baselkonvensie ingestem het om kernafval te bestuur  Die internasionale maatreëls wat toegepas word om omgewingsprobleme aan te spreek was nie suksesvol nie, omdat:  die koers waarteen kweekhuisgasse geproduseer word aanhou toeneem, ondanks vele klimaatsverandering konvensies (UNFCCC) en protokolle soos Kyoto   lande steeds die negatiewe effek van klimaatsverandering in onlangse jare ondervind   buitengewone natuurrampe soos siklone wat skade in Mosambiek in 2019 veroorsaak het   die Parys-ooreenkoms van klimaatsverandering (2012) ondermyn is deur die onttrekking van magtige lande soos die VSA wat ander lande beïnvloed het en 'n groot besoedelaar is   bedreigde spesies soos die renoster steeds doodgemaak word vir hul horings ten spyte van die maatreëls wat in plek geplaas is deur KIHBS   ontwikkelende lande storting van gevaarlike afval toelaat wat die ryk nywerheidslande aanmoedig om tot die probleem by te dra  (Maks 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë orde antwoord) SLOT Die sukses met die pogings om omgewingsprobleme aan te spreek, is afhanklik van die houding van owerhede, besighede en verbruikers wêreldwyd wat dit ernstig genoeg opneem om te implementeer  (Maks 2) (Aanvaar enige ander korrekte hoë orde slot) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all