Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202012 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE 12 ECON.2 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2020 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. MIDDAGSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees die vrae aandagtig deur. 5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die owerheid kan inmeng om die produksie en verbruik van 'n niemerietegoed te verlaag deur … A aksynsbelasting te gebruik. B openbaresektor-voorsiening. C subsidies toe te staan. D die implementering van 'n progressiewe belastingstelsel. 1.1.2 Advertensies en handelsmerke speel 'n sleutelrol in 'n … mark. A monopolie- B formele C oligopolie- D monopolisties-mededingende 1.1.3 Normale wins staan ook as die … punt in 'n volmaakte mark bekend. A minimum B gelykbreek- C maksimum D nul- 1.1.4 Sosiale koste bestaan uit die som van private en … koste. A interne B openbare C eksterne D veranderlike 1.1.5 Ontwikkeling in mediategnologie is belangrik vir toerisme as deel van die …-infrastruktuur. A vervoer B kommunikasie C energie D basiese dienste 1.1.6 Wanneer 'n land hoë inflasie, hoë werkloosheid en lae ekonomiese groei ondervind, word dit … genoem. A disinflasie B deflasie C inflasieteiken D stagflasie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2020 SS/NSS 1.1.7 Watter EEN van die volgende is 'n fiskale maatreël om inflasie te bestry? A 'n Verlaging in direkte belastingheffing B 'n Styging in produktiwiteit C 'n Verlaging in owerheidsbesteding D Verhoogde invoerbeheer 1.1.8 Die ontwikkeling van omgewingsvriendelike tegnologie verwys na … maatreëls om volhoubaarheid te verseker. A markverwante B internasionale C vrywillige D owerheids- (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Kort termyn A besoek 'n land om plekke van argeologiese . belang, soos die Kangogrotte, te sien 1.2.2 Marginale koste B die produksietydperk waar ten minste een 1.2.3 Direkte beheer produksiefaktor vas bly 1.2.4 Maksimum pryse C 'n tarief wat op die produksie van produkte gehef word wat eksterne omgewingskoste 1.2.5 Klimaatsverandering veroorsaak 1.2.6 Paleo-toerisme D die uitgawe aangegaan om 'n ekstra eenheid te produseer 1.2.7 Produksieprys- indeks E die meting van die produksiekoste van goedere met tyd 1.2.8 Groen belasting F opoffering van een goed vir 'n ander een G owerheid meng in om goedere meer bekostigbaar te maak H wetsontwerpe wat deur die owerheid aangeneem word om negatiewe eksternaliteite te reguleer wat deur besighede veroorsaak is I 'n aansienlike en volgehoue verandering in die normale weerpatroon (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2020 SS/NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Wanneer dit onmoontlik is om die welvaart van een individu te verhoog sonder om iemand anders te benadeel 1.3.2 Die punt waar die marginale koste of gemiddelde inkomste aan die gemiddelde veranderlike koste gelyk is 1.3.3 Waar goedere onwettig aangekoop en verkoop word 1.3.4 Die aktiwiteite van mense wat vir nie meer as 'n jaar nie buite hul gewone omgewing reis 1.3.5 Tipe inflasie waar pryse van goedere en dienste deur die owerheid vasgestel word 1.3.6 Die storting van afvalmateriaal in die omgewing wat die ekosisteem beskadig (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van eksplisiete koste vir 'n firma. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom word monopolistiese mededinging as 'n hibriede struktuur beskou? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Jammer, mnr. Edison. Google, Microsoft en Facebook beweer dat hulle die patente besit. [Aangepas uit Google Images] 2.2.1 Identifiseer die tipe monopolie wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word. (1) 2.2.2 Wat is die aard van die produk wat deur monopolieë aangebied word? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term patent soos dit in Ekonomie gebruik word. (2) 2.2.4 Hoe verskil die helling van 'n monopolis se vraagkromme van dié van 'n monopolistiese mededinger? (2) 2.2.5 Hoekom vind staatsbeheerde monopolieë in Suid-Afrika dit moeilik om 'n ekonomiese wins te maak? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2020 SS/NSS 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARKMISLUKKING – Owerheid Meng In Daar is baie oorsake van markmislukking, soos ekster- ONS EIS naliteite, merietegoedere en 'N ongelyke verdeling van inkome. BESTAANSLOON Die owerheid het in Januarie 2019 ingemeng om ongelyke verdeling van inkome te oorbrug en 'n nasionale minimum loon aangekondig. Hierdie aankondi- ging is deur Cosatu en die Federasie van Unies van Suid- Afrika ondersteun. [Aangepas uit FIN24, 1 Januarie 2019] 2.3.1 Noem EEN tipe ondoeltreffendheid wat deur markmislukking veroorsaak word. (1) 2.3.2 Gee EEN regstellende beleid wat die owerheid gebruik om inkomste te herverdeel. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term merietegoedere. (2) 2.3.4 Hoekom lei 'n negatiewe eksternaliteit tot die oorproduksie van goedere en dienste? (2) 2.3.5 Verduidelik die negatiewe gevolge van minimum lone vir die ekonomie. (2 x 2) (4) 2.4 Trek 'n volledig benoemde grafiek om die ekonomiese verlies in 'n monopoliemarkstruktuur te toon. (8) 2.5 Evalueer die impak van produsentesubsidies deur die owerheid op die sakesektor. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die toerismesektor help om armoede onder die plaaslike mense in die gemeenskap te verminder? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOOFLYN-INFLASIE % PERSENTASIEVERANDERING OOR VIER KWARTALE % [Aangepas uit StatsSA en SARB, 2019] 3.2.1 Waarna verwys die TWEE stippellyne in die grafiek? (1) 3.2.2 Gedurende watter jaar sal die Monetêre Beleidskomitee meer waarskynlik die terugkoop(-repo)koers verhoog? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term hooflyn-inflasie. (2) 3.2.4 Verduidelik die invloed van inflasieverwagtinge op verbruiks- besteding. (2) 3.2.5 Hoe sal 'n styging in belasting op toegevoegde waarde die ekonomie beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2020 SS/NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOERISME STAAN VOOR UITDAGINGS Uitstallers het gedurende die 2018 Afrika-Reis-Indaba, wat in Durban gehou is, gekla dat township-toerisme hoë misdaadkoerse, 'n gebrek aan sekuriteit en befondsing moes trotseer. Opkomende besighede in die bedryf ondervind ekonomiese agterstand en bemarkingsuitdagings, en alhoewel 'n verswakte rand internasionale toeriste aangemoedig het om na Suid-Afrika te reis, besoek slegs 5% van die wêreld se toeriste Afrika. SAToerisme het versoek dat die owerheid nie moet probeer om die bedryf te bestuur nie, maar eerder ruimte vir besigheid moet skep waarbinne hulle suksesvol kan funksioneer. [Aangepas uit @SABCNewsOnline, 2019] 3.3.1 Gee die term wat gebruik word om toeriste uit 'n ander land wat Suid-Afrika besoek, te beskryf. (1) 3.3.2 Noem EEN doelwit van toerisme. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennis. (2) 3.3.4 Hoekom is bemarking as 'n toerismebeleid belangrik? (2) 3.3.5 Hoe kan toerisme 'n negatiewe invloed op die omgewing hê? (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik kortliks die voordele van toerisme vir die huishouding. (4 x 2) (8) 3.5 Hoe sal die verbruikersprysindeks die ekonomie beïnvloed? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE instellings wat vir die regulering van mededinging in Suid-Afrika verantwoordelik is. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom sal hoë inflasie tot aflegging by die werksplek lei? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Prys (Rand) V 45 40 E 28 V1 0 400 700 800 Hoeveelheid (miljoen) 4.2.1 Identifiseer die onelastiese deel van die vraagkromme. (1) 4.2.2 Benoem die vraagkromme hierbo. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term stilswyende samespanning. (2) 4.2.4 Hoe verskil die wins van 'n oligopolie van die wins van 'n monopolistiese mededinger op lang termyn? (2) 4.2.5 Hoekom sal die produsent onwillig wees om die prys van R40,00 na R28,00 te verlaag? Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2020 SS/NSS 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die owerheid moet Ja, miskien, inflasie beheer maar daardie deur verskillende beleide werk nie beleide te gebruik. altyd nie. [Aangepas uit Google Images] 4.3.1 Noem die Suid-Afrikaanse instelling wat vir die bestryding van inflasie verantwoordelik is. (1) 4.3.2 Watter denkskool glo dat inflasie deur die totale geldaanbod beïnvloed word? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term hiperinflasie. (2) 4.3.4 Hoe sou die koste van ingevoerde sleutelinsette tot 'n hoër inflasiekoers bydra? (2) 4.3.5 Hoekom is 'n monetêre beleid effektief met die verlaging van vraagtrek-inflasie? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die redes vir 'n koste-voordeelanalise. (4 x 2) (8) 4.5 Hoekom is investering in toerisme vir die ekonomie belangrik? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer of te omskryf.  Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Vergelyk/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer/Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor/Analiseer Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE– 40 MINUTE  Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, volmaakte mededinging as 'n markstruktuur. (26 punte)  Evalueer die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende ekonomie. (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek die belangrikste omgewingsprobleme wat lande wêreldwyd beïnvloed. (26 punte)  Evalueer die sukses van die internasionale maatreëls wat aangeneem is om omgewingsprobleme aan te pak. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all