Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
SENIOR CERTIFICATE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
NOVEMBER 2020
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Economics Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 337.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC November Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier16 marks
- Question 1.2The foreign exchange market and the balance of payments accounts8 marks
- Question 1.3The foreign exchange market and the balance of payments accounts12 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4Protectionism and free trade40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C – amplitude
1.1.2 B – China
1.1.3 D – 0,4
1.1.4 B – Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring
1.1.5 C – M3
1.1.6 D – arbeidsbronne
1.1.7 A – prima
1.1.8 A – belasting op alkohol (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 D – besteding wat ongeag die vlak van inkome plaasvind
1.2.2 E – die effening van sakesiklusse deur die gebruik van monetêre en
fiskale beleid
1.2.3 H – amptelike reëls en regulasies wat dienslewering kan verhinder
1.2.4 F – verseker die aanbod van gestandaardiseerde artikels deur 'n
geoutomatiseerde meganiese proses
1.2.5 C – fokus op die verkryging van vaardighede
1.2.6 I – verkoop van goedere in 'n ander land teen baie lae pryse
waarmee die plaaslike nywerheid nie kan meeding nie
1.2.7 G – styging in 'n land se produksiekapasiteit
1.2.8 B – koördineer regeringsaksies om die mededingendheid van Suid-
Afrikaanse besighede te vergroot (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Ekonomies aktiewe bevolking / ekonomies bedrywige bevolking
1.3.2 Philips-kromme
1.3.3 Spesiale trekkingsregte
1.3.4 Sanksies / embargo / boikotte / tariewe / verbod / invoerbelasting /
kwotas
1.3.5 Morele oorreding
1.3.6 Verstedeliking (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE bronne van staatsinkome.
Belasting (Persoonlike inkomstebelasting / Kapitaalwinsbelasting
/ Belasting op toegevoegde waarde / Doeaneregte / Aksynsregte
/ Brandstofheffing)
Inkome uit verhuur van eiendom
Inkome uit privatisering van staatsbates
Winste van SOOs
Donasies
Lenings (2 x 1)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.1.2 Wat is die doel van die residuele item wanneer die
bestedingsmetode gebruik word om nasionale inkome te
bereken?
Die residuele item neem foute en weglatings in ag wat voorgekom
het in die balansering van die BBP- en BBI-vergelyking
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Water regeringsvlak ontwikkel beleide en koördineer dienste
in al nege provinsies?
Nasionale / Sentrale (1)
2.2.2 Noem EEN makro-ekonomiese doelwit van die staat.
Ekonomiese groei
Volle indiensneming
Ekonomiese gelykheid
Prysstabiliteit
Wisselkoersstabiliteit
Betalingsbalans ewewig (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term rekenpligtigheid.
Die plig van 'n individu of organisasie om sy besluite en aksies te
verduidelik en verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
2.2.4 Hoe sal die staat voordeel trek uit die privatisering van
staatsbeheerde ondernemings?
Genereer ekstra fondse vir die owerheid om meer goedere en
dienste te voorsien
Die belastingbasis word uitgebrei, stygende maatskappy-
belasting wat 'n inkomste vir die staat verseker
Dit kan lei tot groter doeltreffendheid in die ekonomie omdat
die loonrekening daal en die staat toelaat om by 'n groter
verskeidenheid dienste betrokke te raak
Die owerheid kan privatisering gebruik om breëbasis swart
ekonomiese bemagtiging te bevorder
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.5 Hoekom is die prysbeleid 'n probleem vir die owerheid met die
verskaffing van goedere en dienste?
Staatsbeheerde ondernemings werk nie binne die markstelsel
van vraag en aanbod nie, en skep probleme in die bepaling
van pryse vir publieke goedere en dienste
Gemeenskapsgoedere word gratis verskaf, omdat dit moeilik is
om 'n prys toe te ken as gevolg van nie-uitsluitbaarheid en nie-
mededingende eienskappe
Gebruikerstariewe: regering verloor inkomste a.g.v. motoriste
in gebrek bly om e-tol te betaal, wat aanleiding gee tot
belastingontduiking
As die prys van 'n produk of diens skerp styg sal dit lei tot 'n
wantoedeling van hulpbronne byvoorbeeld water en
elektrisiteit
Wanneer die owerheid oorweeg om die koste van 'n diens deur
heffings te dek, ontstaan probleme as relatiewe hoë vaste
koste betrokke is publieke spoor- of busvervoer, waar
direkte en indirekte subsidies die koste gedeeltelik dek
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Watter item in die lopende rekening is uniek aan Suid-Afrika?
Netto gouduitvoere (1)
2.3.2 Benoem die item A in die lopende rekening in die tabel hierbo
ontbreek.
Lopende oordragte (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3.3 Beskryf kortliks die term kapitaaloordragrekening
Dit is 'n netto bedrag en sluit alle transaksies en toelaes verwant
aan die eienaarskap van vaste bates, skuldkwytskelding en die
waarde van huishoudelike en persoonlike aard asook finansiële
eise en laste van migrante in (2)
2.3.4 Verduidelik EEN faktor wat die vraag sal beïnvloed om die
tekort in die betalingsbalans te verminder.
'n Styging in die repokoers beïnvloed rentekoerse en lei tot 'n
daling in invoerbesteding
Owerheidsaansporings word toegepas om invoere te
vervang
Invoerbeheer (tariewe en kwotas) verlaag die vraag
Sekere vorme van wisselkoersbeheer is teruggehou deur die
sentrale bank, wat buitelandse valuta sal terughou en lei tot 'n
daling in die vraag
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.5 Bepaal die waarde van die handelsbalans. Toon alle
berekeninge.
Goedere-uitvoere 1 175 547
Plus netto gouduitvoere (+) 71 678
Minus Goedere-invoere (-) 1 222 944
R24 281m (4)
2.4 Verduidelik kortliks leidende en saamgestelde aanwysers as kenmerke
onderliggend aan die vooruitskatting van sakesiklusse.
LEIDENDE AANWYSERS
Wanneer hierdie aanwysers styg, sal die vlak van ekonomiese aktiwiteite
ook 'n paar maande later styg
Leidende aanwysers gee verbruikers, besighede en die regering insae in
die rigting waarin die ekonomie beweeg
Leidende wkonomiese aanwysers is ook belangrik vir beleggers, omdat
hulle gebruik word pm die ekonomie te voorspel
Bv. Advertensies van poste, voorraad en verkope (Maks 4)
SAAMGESTELDE AANWYSERS
'n Opsomming van die verskillende aanwysers van dieselfde soort as 'n
enkele syfer
Al drie aanwysers kan bereken word as 'n enkele saamgestelde aanwyser
wat verwysingsgegewend van die land se ekonomiese prestasie sal
wees
Bv. Vind 'n waarde vir 'n saamgestelde, leidende, samevallende en
sloerende aanwyser
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4)
(2 x 4)
('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote opnoem van
feite/voorbeelde) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
2.5 Ontleed die impak van 'n devaluasie van die rand op die ekonomie.
Dit sal die ekonomie positief beïnvloed omdat:
uitvoere goedkoper raak wat die land sal in staat stel om meer
mededingend te raak
produksie sal styg wat sal lei tot werkskepping
'n styging in uitvoere sal lei tot 'n verbetering in die betalingsbalans (wat
die tekort sal verminder)
'n toename in totale vraag sal lei tot ekonomiese groei
dit sentrale banke toelaat om rentekoerse te sny wat die ekonomie sal
stimuleer
Dit sal die ekonomie negatief beïnvloed omdat:
dit inflasie veroorsaak wat invoere duurder maak
dit die koopkrag verlaag (verlaging in reële lone) van Suid-Afrikaners wat
oorsee reis
dit potensiële beleggers afskrik want die bates se waardes sal daal wat
kan lei tot kapitaalvlug (disinvestering)
skuld in buitelandse valuta 'n negatiewe impak sal hê op die koste van
terugbetalings
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 8) (8)
('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote opnoem van
feite/voorbeelde) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE aanwysers wat aan buitelandse handel verwant
is.
Ruilvoet / Uitvoer en invoer verhouding
Wisselkoers
Betalingsbalans
Rentekoers differensiaal
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die doel van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram?
Dit bied werk vir gemarginaliseerde groepe wat huidiglik werkloos
is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer die ekonomiese aanwyser wat die gemiddelde
verdienste van elke persoon in die land weerspieël.
Per capita BBP (1)
3.2.2 Noem EEN internasionale instelling wat vereis dat Suid-Afrika
se ekonomiese aanwysers gestandaardiseer word.
Verenigde Nasies
Wêreldbank
Internasionale Monetêre Fonds (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk.
Die totale waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer
binne die landsgrense waar veranderinge in prysvlakke (inflasie) in
berekening gebring is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.4 Hoe word die werkloosheidskoers in die land bepaal?
Die aantal werklose mense uitgedruk as 'n persentasie van die
arbeidsmag
OF
aantal werklose mense x 100
EAB (arbeidsmag)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2.5 Hoekom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrika se ekonomiese
aanwysers volgens internasionale voorskrifte
gestandaardiseer word?
Dit is belangrik dat 'n land die vermoë besit om suksesvol
internasionaal mee te ding met volhoubare verbetering in reële
produksie en welvaart
Die Suid-Afrikaanse ekonomie is toenemend betrokke in
wêreldmarkte deur uitvoere en invoere, en ervaar hoë vlakke
van onsekerheid in die globale omgewing wat hoë groei
belemmer
Verskeie internasionale instansies bepaal spesifikasies hoe
aanwysers saamgestel moet word, wat vergelykbaarheid van
syfers op dieselfde wyse saamgestel, vergemaklik
Die Stelsel van Nasionale Rekeninge word volgens die
spesifikasies van die Verenigde Nasies opgestel
Suid-Afrika kan slegs bevoordeeel word uit hierdie
internasionale organisasies, as aanwysers geredelik
beskikbaar is Bv. oorbruggingsfinansiering van die IMF
finansiëê and kindertoelaes van die Verenigde Nasies se
Kinderfonds (Unicef)
Die Suid-Afrikaanse owerheid vorm deel van verskeie
internasionale organisasies en NROs, wat wêreldwyd betrokke
is by die verskaffing van finansiële hulp, toelaes, lenings en
lewering van gratis dienste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Gee EEN voorbeeld van 'n Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief
in Suid-Afrika wat nie hierbo genoem is nie.
Korridor / NOS
(Aanvaar die neem van enige ander ROI) (1)
3.3.2 Watter staatsdepartement is verantwoordelik vir
nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika?
Departement van Handel en Nywerheid (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term Nywerheidsontwikkelingsone.
Doelgeboude nywerheidseiendom, fisies omhein en strategies
verbind aan 'n hawe of lughawe in doeanevrye invoergebiede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.3.4 Hoe help die buitelandse beleggingstoelaag om
streeksnywerheidsontwikkeling te bevorder?
Dis 'n kontant-aansporingskema vir buitelandse beleggers wat hul
aanvangskoste dek en die vestiging van besighede in verskillende
streke aanmoedig bv. vergoed word vir die koste om nuwe
masjinerie en toerusting te verskuif (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
3.3.5 Hoekom word die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program
as 'n verbetering op die huidige Nywerheidsontwikkeling-
sones beskou?
Die SES'e het 'n breër nywerheidsontwikkelingsdoelwit en kan
in enige en kan in enige gebied aangetref word, en hoef nie
naby 'n hawe of lughawe geleë te wees soos die NOS'e nie
Die SES behels produksie vir uitvoer en binnelandse gebruik,
terwyl die NOS gefokus is op uitvoere uitsluitlik
SES bied spesiale belastinginsentiewe van 15% wat nie van
toepassing is op bestaande NOS'e nie
SESse lei tot ‘n mer gediversifiseerde ekonomie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik kortliks bevolkingsgroei en lewensverwagting as kenmerke
van demografie as sosiale aanwyser.
Bevolkingsgroei
Demografiese inligting verwys na inligting oor die grootte en ouderdom
struktuur van 'n bevolking, en het belangrike implikasies vir publieke
sektor besteding
Huidig is die Suid-Afrikaanse bevolking omtrent 58 miljoen
Sensus word elke paar jaar gedoen om die bevolkingsgroei te bepaal
Die bevolkingsgroeikoers is ‘n belangrike aanwyser vir die owerheid in
terme van die aantal sosiale dienste wat benodig word
Die grootte en die verandering in die bevolking is ‘n aanduiding van die
arbeidsmag van die toekoms wat infrastruktuur nodig sal hê
Lewensverwagting
Lewensverwagting verwys na die aantal jare wat 'n individu verwag om te
leef
Die reflekteer die gemiddelde ouderdom wanneer mense in 'n land
sterf
In Suid-Afrika is lewensverwagting laag as gevolg van VIGS
Ander demografiese aanwysers sluit migrasiekoerse, bevolkingsdigtheid,
sterftekoerse en geboortekoerse in
Assuransiemaatskappye stel belang in die daling van lewensverwagting,
omdat dit ‘n impak op premies en dienslewering sal hê
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 4) (8)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
3.5 Evalueer die sukses van die breëbasis swart ekonomiese bemagtiging
(BBSEB) in die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Die BBSEB was suksesvol in Suid-Afrika omdat:
Implementering van hierdie strategie die land se inheemse volke bemagtig
het, soos voorgeskryf deur die Verenigde Nasies en Wêreldbank se
ontwikkelingsinisiatief
Swart-beheerde ondernemings is bevoordeel deur die staat se
voorkeurverkrygingsbeleide waar ooreenstemming met die DHN-telkaart
noodsaaklik is
Dit verskaf toegang tot kapitaal en opleiding van potensiële swart
entrepreneurs gefokus op die bemagtiging van swart vroue
'n Aansienlike verandering het plaasgevind in die rasse-samestelling van
eienaarskap en bestuurstrukture van baie besighede
Politieke stabiliteit is bereik in die regstelling van ongelykhede van die
verlede en stimulering van deelname van voorheen benadeelde groepe in
die ekonomie
Die BBSEB was nie suksesvol in Suid-Afrika nie, omdat:
Die grootste deel van die benadeelde mense van hierdie land nog nie ten
volle voordeel getrek het uit die beleid nie, aangesien armoede en
werkloosheid steeds toeneem
Firmas met swak BBSEB-puntetellings sal hoogs onwaarskynlik deel in
staatskontrakte alhoewel hulle 'n groot persentasie swart mense in diens
het, wat negatiewe impak sal hê op ander swart beheerde maatskappye
Tenders word toegeken volgens voorkeurverkryging, en kos die staat
meer aangesien hulle nie die verskaffers van dienste is nie maar gebruik
maak van uitkontraktering (omdat hulle nie betrokke is by die verskaffing
van goedere en dienste nie word kwaliteit ingeboet)
Bedrog kom voor waar betaling vir tenders gemaak is sonder dat enige
produk of diens verskaf is
Bedrog soos vervalste SEB-sertifikate, wanvoorstellings aan
staatsdepartemente, nie in staat om aandelesertifikate uit te reik nie en
diefstal
Die herverdeling van rykdom is beklemtoon en het nie ekonomiese groei
bevorder nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE vorme van ekonomiese integrasie.
Vrye handelsgebied
Doeane-unie
Gemeenskapsmark
Ekonomiese unie
Monetêre unie (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is die fokus van die Nasionale Navorsing en
ontwikkelingstrategie?
Fokus op verbeterde innovering; navorsing in wetenskap,
ingenieurswese en tegnologie; ontwikkeling van menslike
hulpbronne; transformasie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die eksogene rede vir sakesiklusse in die inligting
hierbo.
A / klimaatstoestande wat lei tot droogtes en vloede (1)
4.2.2 Noem enige EEN tipe sakesiklus.
Kitchin
Jugler
Kuznets
Kondratieff (1)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
4.2.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus.
Opeenvolgende periodes van stygende en dalende ekonomiese
aktiwiteit (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
4.2.4 Hoekom moedig die endogene denkskool staatsinmenging in
die ekonomie aan?
Markte is onstabiel, daarom behoort die staat in te meng in die
ekonomiese prosesse om die ekonomie te stabiliseer (om pieke
en trôe uit te stryk)
Die prysmeganisme faal om aanbod en vraag in die produkte-
en faktormark te koördineer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
4.2.5 Hoe kan die Reserwebank 'n vraagkantbeleid gebruik om 'n
demper op die ekonomie te plaas?
Die Reserwebank sal 'n beperkende monetêre beleid gebruik
om ekonomiese aktiwiteit te verlaag of inflasie te verlaag
Gebruik die monetêre beleid om die rentekoers te verhoog om
geldvoorraad te verminder
Verhoog die kontantreserwevereiste wat daartoe lei dat banke
minder geld het om uit te leen
Verkope van staatseffekte aan banke om likiditeit te verlaag
(opemarktransaksies)
Oorreed banke om die hoeveelheid krediet aan verbruikers te
beperk (morele oorreding)
SARB kan tydelik inmeng deur buitelandse valuta te koop of te
verkoop om die waarde van die rand te stabiliseer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Watter internasionale organisasie moedig vryhandel aan?
Wêreldhandelsorganisasie (1)
4.3.2 Noem die begrip wat met die wêreldwye integrasie van
ekonomieë deur handel verband hou.
Globalisering (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term beskerming.
'n Beleid wat owerhede instel om plaaslike produsente teen die
onregverdige effek van buitelandse mededinging te beskerm
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Verduidelik die impak van beskerming op die waarde van die
rand.
Die rand (geldeenheid) sal appresieer as die wisselkoers verbeter
as gevolg van 'n negatiewe handelsbalans waar beskermings-
maatreëls ingestel is om tekort op betalingsbalans reg te stel
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.5 Hoe sal verbruikers uit 'n beleid van vryhandel voordeel trek?
Die verbruiker:
geniet vryheid van keuse om enige plek ter wêreld te koop /
hulle word nie beperk tot aankoop van plaaslik geproduseerde
goedere nie
koop produkte goedkoper aan in ander lande as hulle sekere
items goedkoper produseer (verminderde pryse)
se welvaart styg omdat sommiges verkies om buitelandse
goedere eerder as binnelandse goedere aan te koop
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
4.4 Verduidelik kortliks goeie owerheidsbestuur en belegging in sosiale
kapitaal as maatstafkriteria (verwysings-/normkriteria) vir
streeksontwikkeling.
GOEIE STAATSBESTUUR:
Streeksontwikkelingstrategieë moet effektief en vry van korrupsie bestuur
word
Moet ondersteun word deur demokratiese besluitneming wat nie deur
nepotisme en geheimhouding ondermyn word nie / stel mense mett die
regte vaardighede aan
Behels deursigtigheid waar daar oorleg gepleeg moet word met alle
rolspelers
Behoorlike finansiële bestuur en beheer is noodsaaklik om aan die
doelwitte deur die staat opgestel, voldoen word
BELEGGING IN SOSIALE KAPITAAL:
Streeksontwikkeling fokus op die beginsel van: van die mense, vir die
mense, deur die mense
Ontwikkeling moet aangespreek word van onder af waar die
noodsaaklikste menslike behoeftes bestaan
Totale ontwikkeling dek alle fasette van die menslike lewe insluitende
onderrig, gesondheid en voeding
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
(2 x 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
4.5 Evalueer die sukses van invoervervanging as 'n Suid-Afrikaanse
handelsbeleid.
Invoervervanging was suksesvol as handelsbeleid deur:
bevordering van die skepping en groei van plaaslike nywerhede
'n gaping vir investering binne binnelandse grense geskep is
hulpbronne toe te ken na produksie van goedere wat lei tot vorming van
nuwe nywerhede
dat dit gelei het tot verhoogde winste wat 'n positiewe impak gehad het op
besparings, investering en kapitaalvorming
die vorming van binnelandse industrialisering wat die vraag na
arbeidsintensiewe nywerhede vergroot en werksgeleenthede skep deur
die nuutste tegnologie te gebruik
die aanpasbaarheid tot globale ekonomiese skokke te verbeter deur voort
te bou op ekonomiese stabiliteit en volhoubaarheid
verstedeliking te fasiliteer deur uitbreiding van nywerhede
beperking van invoere wat ‘n verhoogde vraag vir plaaslik geproduseerde
produkte verhoog
Invoervervanging was nie suksesvol as handelsbeleid nie omdat:
beperkings op invoere 'n stygende vraag na produkte geskep het
dit gelei het tot 'n gebrek aan eksterne mededinging wat die
doeltreffendheid van kleuternywerhede beïnvloed net – groei is negatief
geaffekteer
dit gefaal het om aan die behoeftes van 'n groeiende binnelandse
industrie te voldoen, en gelei het tot swartmarkte (onwettige markte)
finansiële lekkasies staatsinkome en die totale kapitale basis van die
ekonomie verlaag
beskerming van handel as gevolg van invoervervanging wat gelei tot 'n
oorgewaardeerde wisselkoers wat binnelandse pryse laat styg
dit die staat gedwing het om meer te spandeer op gesubsidieerde
nywerheidsinvestering. Inflasie volg
kapitaal en entrepreneurstalent weggetrek word van nywerhede en
ontwikkelende lande na lande wat ‘n komparatiewe voordeel in produksie
het
die totale hoeveelheid invoere nie verminderr nie, omdat Suid-Afrika
steels gespesialiseerde produkte invoer, sowel as kapitaal (lenings) en
intermediêre goedere om produkte plaaslik te produseer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Bespreek die rol van markte in die ekonomiese kringloop. (26 punte)
Hoe kan die sakesektor 'n groter bydrae tot die ekonomie lewer? (10 punte) [40]
INLEIDING
Markte koördineer ekonomiese aktiwiteite en bepaal pryse vir goedere en dienste
Die ekonomiese kringloop model is 'n vereenvoudigde voorstelling van die
interaksie tussen die deelnemers van die ekonomie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
Goedere/produkte/uitsetmarkte
Dis markte vir verbruikersgoedere en dienste
In ekonomie is daar 'n onderskeid tussen goedere en dienste:
Goedere word gedefinieer as tasbare items soos voedsel, kleding en motors wat
sekere menslike behoeftes bevredig
Koop en verkoop van goedere wat geproduseer word in die markte bv.
- Kapitaalgoederemark vir handel in geboue en masjinerie
- Verbruikersgoederemark vir handel van duursame verbruiksgoedere, semi-
duursame verbruiksgoedere en nie-duursame verbruikersgoedere
Dienste word gedefinieer as nie-tasbare aksies en sluit groot- en kleinhandel,
vervoer en finansiële markte in
Vloeie van private en publieke goedere en dienste is reële vloeie en word vergesel
deur wedersydse vloeie van besteding en belasting op die produktemark
Faktor/hulpbron/insetmarkte
Produksiefaktore word gekoop en verkoop in die faktormark
Die faktormark sluit arbeid, eiendom en finansiële markte in
Faktordienste is reële vloeie en word vergesel van wedersydse vloeie van inkome
op die faktormark
Finansiële markte
Nie direk betrokke in produksie van goedere en dienste nie, maar verbind
huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers deur surplusfondse
Banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse vorm deel van die finansiele
mark
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Geldmarkte
In die geldmark, word korttermynlenings en baie korttermynfondse gespaar en
geleen deur verbruikers en sakeondernemings
Voorbeelde van produkte verkoop in hierdie mark is bankskuldbriewe,
skatkiswissels en staatseffekte
Die SARB is die sleutelinstelling in die geldmark
Kapitaalmarkte
In die kapitaalmark word langtermynfondse geleen en gespaar deur verbruikers en
sakeondernemings
Die Johannesburg Effektebeurs is die sleutelinstelling in die kapitaalmark
Voorbeelde van produkte verkoop in hierdie mark is verbandlenings en aandele
Buitelandse valutamarkte
Op die buitelandse valutamark koop/verkoop besighede buitelandse valuta om vir
ingevoerde goedere en dienste te betaal
Hierdie transaksies kom voor in banke en bestaan uit 'n elektroniese geldoordrag
van een rekening na die ander
Die belangrikste buitelandse valutamarkte is in Londen/New York/Tokio
Die SA rand word vryelik verhandel in hierdie markte as 'n persoon reisigerstjeks
koop om oorsee te reis
Invoere en uitvoere is reële vloeie en word vergesel deur wedersydse vloeie van
besteding en inkomste op die buitelandse valutamark
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL
Hoe kan die sakesektor 'n groter bydrae tot die ekonomie lewer?
Die sakesektor kan 'n groter bydrae lewer deur:
te investeer in meer arbeidsintensiewe projekte wat fokus op indiensopleiding en
vaardigheidsontwikkeling vir werkers
winste te herbelê in bruto kapitaalvormingsprogramme toerusting, gereedskap,
vervoerbates en elektrisiteit
hul besigheidsomvang uit te brei en te investeer in die nuutste tegnologie om te
verseker dat kwaliteit produksiefaktore nodig vir produksie verkry kan word
diversifisering van sakebedrywighede deur gedifferensieerde produkte aan te bied
wat buite hul lyn van produksie lê
Suid-Afrikaanse besighede te ondersteun in terme van verkryging van volmag in
grondstowwe en 'n groter markaandeel vir Suid-Afrikaans geproduseerde goedere
en dienste plaaslik en oorsee
die bestaan van goeie sakebeginsels te verseker teenoor 'n langtermyn
betrokkenheid in die ekonomie wat kan lei tot 'n positiewe ekonomiese groeikoers
die gebruik van lenings om te investeer in kapitaalgoedere soos masjinerie, wat
massaproduksie moontlik maak teen 'n laer koste en sodoende mededingendheid
verbeter
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) (Maks 10)
SLOT
Markte is baie belangrike instellings in ons ekonomiese stelsel, omdat hulle vraag en
aanbod reguleer en prysstabiliteit verseker asook algemene sakevertroue
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 17 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Bespreek, sonder grafieke, die aanbodkantbeleid om ekonomiese groei te
bevorder. (26 punte)
Hoekom behoort die owerheid meer op Klein-, Medium- en Mikro-
ondernemings (KMMO's) te fokus as dryfkrag in die ekonomie?
(10 punte) [40]
INLEIDING
Aanbodkantbeleide fokus op aanbod en sy mikro-ekonomiese komponente soos
mededinging en potensiële uitset in die aanbod van goedere en dienste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
1. DIE DOELTREFFENDHEID EN EFFEKTIWITEIT VAN MARKTE
Doeltreffend
As 'n besigheid sy doelwitte van winsgewendheid en groei bereik, is die besigheid
doeltreffend
Soortgelyk, is nywerhede en markte doeltreffend as hulle hul doelwitte bereik het
In Suid-Afrika, stel die owerheid doelwitte in op markte deur wetgewing waar hulle
verplig word om voort te gaan as hulle hul mikpunte bereik het, omdat dit dui op
doeltreffendheid
Effektiwiteit
Die owerheid vereis dat markte funksioneer op so 'n wyse dat meer swart mense
opgeneem word in die hoofstroomekonomie omdat hulle voorheen uitgesluit
was
Twee Wette is uitgevaardig om voorkeur te verleen aan swart werkers en
ondernemings van swart mense
Die Wet op Gelyke indiensneming Hierdie Wet verbied diskriminasie en vereis
dat die werksmag die rasse- en geslagsprofiel van die bevolking reflekteer
o Besighede moet hul indiensnemings-gelykheidsplan aan die Departement van
Arbeid en inspekteurs van die departement voorlê by besoek aan die besigheid
om te verseker dat hulle aan die wet voldoen
Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging
o Hierdie Wet verskaf 'n regsbasis vir transformasie van die Suid-Afrikaanse
ekonomie
o Dit vereis regstelling sodat die aantal swart mense wat besighede in die land
besit, bestuur ene beheer aansienlik sal styg en inkome-ongelykheid
aansienlik kan daal
o Pareto-doeltreffendheid beteken dat gegewe die beperkings van effektiewe
parameters, is dit nie moontlik om die toekenning van hulpbronne op so 'n wyse
te laat geskied dat iemand beter daaraan toe is sonder dat iemand swakker
daaraan toe is nie
o Dit sluit produktiewe en toedelingsdoeltreffendheid in
- Mededinging Dit is op die volgende wyse in die markte verbeter: deur die
stig van nuwe besighede en verkryging van BDI en die vermindering
van invoerbeperkings wat mededinging van oorsee verhoog het
- Bykomend, is 'n mededingingsreguleringsnetwerk begin wat mededingings-
praktyke tussen binnelandse besighede afdwing (die Wet op Mededinging
(1998), Mededingingstribunaal, Mededingingsappelhof) . Ten spyte
hiervan toon die Globale Mededingingsindeks dat Suid-Afrika se
mededinging verswak
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 18 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
- Deregulering Private sektor magsongelykhede wat die vrye
funksionering van markte aan bande lê, is hersien en sommiges geskrap in
die 1990s
- Privatisering doeltreffendheid verbeter in terme van kwaliteit dienste
gelewer en produkte geproduseer
o Die regering verbind hom steeds om die gemak waarmee sake in Suid-Afrika
gedoen word, te verbeter
o Wisselkoersbeheermaatreëls is periodiek verslap maar nie geskrap teen 2012
nie
o Die Gemak om Sake te doen Indeks toon dat Suid-Afrika se prestasie elke jaar
verswak
Sakedoeltreffendheid
Sommige maatreëls dien as aansporings tot groter inspanning en doeltreffendheid
asook groter winsgewendheid
Belasting
o Die land se maatskappybelasting is 28% en klein sakeondernemings betaal 'n
laer koers solank as wat hulle inkome minder as R350 000 per jaar is terwyl
mikro-ondernemings se omset R750 000 is
o Individuele inkomstebelasting begin op 18% en styg op 'n glyskaal tot 40%
o Die effek van blokkruiping op persoonlike inkomstebelasting is aangespreek in
omtrent elke begroting met aanpassings van inkomeblokke
Kapitaalvorming
o Die depresiasie van kapitaalgoedere gebruik deur besighede is ontwerp om
investering aan te moedig bv. Die aankope van nuwe masjinerie mag depresieer
oor 4 jaar, 40% in die eerste jaar en rekenaars en elektroniese toerusting oor
drie jaar
o Die owerheid, deur die DHN en NOK verskaf kapitaal en lenings aan KMMO's
en groter besighede
o Dit dien as aansporings om doeltreffendheid te bevorder
Menslike hulpbronne/transformasie in onderrig
o Onderwys ontvang proporsioneel 'n groter deel van die begrotingsbesteding
o Sektorale Onderwys en Opleidingsowerhede (SETAs) moet na skool fasiliteer,
asook werkverwante opleiding en al hierdie maatreëls is gerig op groter
doeltreffendheid
Gratis adviesdienste
o Voorbeelde sluit die ontwikkeling van uitvoermarkte, bestuur en beheer van
KMMO's, landbouproduksie, weervoorspellings, en voorkoming en genesing van
siektes onder diere in
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 19 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
2. KOSTE OM BESIGHEID TE DOEN
In Suid-Afrika beheer die regering meeste fisiese infrastruktuur-komponente
Die beskikbaarheid, betroubaarheid en koste van infrastruktuurdienste speel 'n
belangrike rol in die finansiële lewensvatbaarheid en winsgewendheid van
besighede
Vervoerkoste
o Vervoerkoste in die vorm van lug, pad, spoorlyn en seevervoer
o Die staat beheer lug- en spoorvervoer in Suid-Afrika
o 'n Aansienlike deel van vrag- en passasiervervoer geskied per pad
o Slegs 'n betroubare spoorvervoerdiens wat goedkoper is as padvervoer sal dit
omkeer
o Vervoerkoste binne Suid-Afrika en tussen Suid-Afrika en sy uitvoerbestemmings
is duur as gevolg van die lang afstande betrokke
o Die regering het hom verbind om die doeltreffendheid en betroubaarheid van
spoorvervoer dienste te verbeter en dit meer bekostigbaar te maak
Kommunikasiekoste
o Kommunikasieopsies is kabel, sein en pos
o Die owerheid beheer kabel (land / vas) en pos-kommunikasiedienste
o Kabel kommunikasie in Suid-Afrika is die duurste in die wêreld maar redelik
doeltreffend
o Die hoë koste maak IT-dienste vir besighede en individue duur en verhoed
globale mededingendheid
Energiekoste
Die 2 vernaamste vorme van energie in Suid-Afrika is elektrisiteit en brandstof
o Eskom is 'n monopolie as elektrisiteitverskaffer
o In onlangse jare het koerse aansienlik gestyg en by tye was dit onmoontlik om
aan die vraag vir elektrisiteit te voldoen wat die doeltreffendheid van die
ekonomie benadeel het
o Die regering kondig aansienlike investering in nuwe elektrisiteit kapasiteit
aan
o Die regering reguleer petrol en paraffienpryse
o Pryse op ingevoerde ru-olie word verbind aan hoë internasionale markpryse
o Hoë vloeistof energiepryse ondermyn die doeltreffendheid van die ekonomie
3. MENSLIKE HULPBRONNE
o Pas migrasiebeleide toe om werkers met baie vaardighede te behou en invloei
van werkers met swakker vaardighede te beperk
o Bevorder kwaliteit onderwys en opleiding om arbeidsproduktiwiteit te
verhoog
o Verminder die mag van vakbonde om 'n groter soepelheid in loon en
arbeidspraktyke aan te moedig
4. NATUURLIKE HULPBRONNE
o Waarde, groei en behoud van natuurlike hulpbronne van die land
o Investeer in nuwe ontdekking van minerale en ander hulpbronne
o Investeer in navorsing en tegnologie om produktiwiteit van natuurlike
hulpbronne te verhoog
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 20 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
5. KAPITAALVORMING
o Bevorder privaatsektor investering in mensgemaakte kapitaal soos nuwe
fabrieke
o Gebruik publieke geld doeltreffend om infrastruktuur, publieke goedere en
dienste te verbeter
o Bevorder tegnologiese verbeterings om produktiwiteit van kapitaal en arbeid te
verhoog
o Moedig buitelandse investering aan deur wisselkoersbeheer te verwyder en
ander beperkinge op die vrye beweging van kapitaal
o Moedig die publiek aan om te spaar en befondsing vir kapitaalvorming te
verskaf
o Skep 'n stabiele sakeomgewing wat vertroue daarstel en investering
bevorder
6. ENTREPRENEURSKAP
o Moedig mededinging aan deur beleide van deregulering en anti-monopolistiese
wetgewing
o Bevorder 'n entrepreneuriese kultuur en moedig oprigting van nuwe
sakeondernemings aan deur finansies en raad te verskaf, entrepreneuriese
onderrig en opleiding en 'n sake-vriendelike regsomgewing daar te stel
7. TEGNOLOGIE
o Nuwe wetenskaplike kennis in die vorm van uitvindings en ontdekkings word
toegepas
o Gevorderde tegnologie stimuleer ekonomiese groei en ontwikkeling, om ‘n wyer
verskeidenheid goedere te produseer / verbeter die kwaliteit van goedere en
dienste / navorsing en produksie van nuwe produkte
('n Maksimum van 8 punte kan toegeken word vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL
Die regering behoort te fokus op KMMO's om die ekonomie se dryf omdat:
die kleinsakesektor 'n groot deel van die arbeidsmag in diens neem in vergelyking
met ander grootte besighede
die gemiddelde kapitale koste van 'n werk wat geskep word in die KMMO-sektor
laer is as in die groot sakesektor
dit meer kompeterende markte toelaat waar verbruikers voordeel trek uit 'n wyer
verskeidenheid goedere teen meer mededingende (laer) pryse
dit vinniger as groter organisasies by die verandering in voorkeure en neigings
aanpas
dikwels plaaslike hulpbronne gebruik wat 'n rimpeleffek op die ontwikkeling van
ander nywerhede het
dit geleenthede bied vir aspirant-entrepreneurs, veral dié wat werkloos, onder-
indiens of afgelê is
daar van werkers by die smaller punt op die skaal dikwels 'n beperkte aantal
vaardighede of opleiding vereis word; hulle leer om die werk te doen
subkontraktering deur groot sakeondernemings aan KMMO's bied
uitbreidingsmoontlikhede in produksieprosesse
dit 'n belangrike rol speel in tegniese- en ander uitvindings wat kan lei tot 'n
wêreld met suksesvolle, hoogsgekwalifiseerde mededingers in die toekoms
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) (Maks 10)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 21 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
SLOT
Die aanbodkant-beleid benadering kan gebruik word om kwaliteit en kwantiteit gebruik
van produksiefaktore tot voordeel van die ekonomie aan te wend (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2014 Memo (English)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper