Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
EKONOMIE V1
(MAKRO-EKONOMIE)
PUNTE: 150
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)
Grade 11 Economics question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 795.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape November 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae as volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag in die ANTWOORDEBOEK.
2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
4. Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou
antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit
in die ANTWOORDEBOEK verskyn.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (Verpligtend)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Die ... kombineer al die ander produksiefaktore om goedere en
dienste te produseer ten einde verbruikers se behoeftes te
bevredig.
A arbeider
B entrepreneur
C regering (2)
1.1.2 Goedere wat nie direk verbruik word nie, maar wat help om
ander goedere te produseer, word ... goedere genoem.
A verbruikers-
B kapitaal-
C vrye (2)
1.1.3 In ’n sentraal beplande ekonomie, word alle ekonomiese
besluit deur ... geneem.
A die regering
B individue
C besighede (2)
1.1.4 Eskom genereer elektrisiteit in Suid-Afrika deur hoofsaaklik ...
te gebruik.
A water
B steenkool
C wind (2)
1.1.5 Die verspreiding van inkome of rykdom in ’n land word deur die
... kurwe voorgestel.
A Phillips-
B Laffer-
C Lorenz- (2)
1.1.6 Hierdie program is in 1994 geïmplementeer om die sosio-
ekonomiese probleme aan te spreek wat deur die beleide van
die vorige regering teweeggebring is.
A MOI
B HOP
C Jipsa (2)
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
1.1.7 Die minimum vlak van inkome wat nodig is om ’n basiese
lewenspeil te handhaaf, word ... genoem.
A die armoedelyn
B die relatiewe armoede
C die kroniese armoede (2)
1.1.8 Die Sentrale Bank van Suid-Afrika is die ...
A Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsbank.
B Standard Bank van Suid-Afrika.
C Suid-Afrikaanse Reserwebank. (2)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A.
Skryf slegs die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende
vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld
1.2.9 I.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 SADU A Ontginning van grondstowwe
1.2.2 BBP B Vryemark-ekonomie
1.2.3 Kapitalisme C Persentasie van totale bevolking
wat in armoede leef
1.2.4 Primêre sektor D Mense met dringende behoeftes wat
nie deur die regering aangespreek
word nie
1.2.5 Inheemse Kennis- E Totale waarde van finale goedere
stelsel wat binne die grense van ’n land
geproduseer word
1.2.6 Armoedekoers F Tradisionele genesing en medisyne
1.2.7 Quasi-geld G Vervang Doeane-unie Ooreenkoms
van 1910
1.2.8 Gemarginaliseerde H Bankspaarrekeninge en termyn-
groep deposito’s
I Totale waarde van finale goedere
wat deur permanente inwoners
geproduseer is
(8 x 1) (8)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 5
1.3 Toon aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
WAAR of ONWAAR langs die ooreenstemmende vraagnommer
(1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Ekonomiese goedere is skaars en mense is bereid om
daarvoor te betaal.
1.3.2 Daar is drie deelnemers in ’n oop ekonomie.
1.3.3 Sekondêre nywerhede verander natuurlike hulpbronne na
nuttige goedere.
Voltooi die ontbrekende woord in die volgende sinne. Skryf slegs die
woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.4–1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.4 ’n Geskrewe opdrag aan die bank om ’n sekere bedrag uit die
trekker se lopende rekening te betaal, word ’n ... genoem.
1.3.5 Lae lewenspeil is ’n eienskap van ... lande.
1.3.6 In ’n sakeonderneming word die besluite oor wat om te
produseer en waar om die besigheid op te rig, deur die ...
geneem.
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
AFDELING B (BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE UIT HIERDIE AFDELING.)
VRAAG 2 (40 PUNTE)
2.1 Noem enige TWEE kategorieë van arbeid. (2 x 2) (4)
2.2 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Verskillende maatstelsels word gebruik om die prestasie van ’n land se
ekonomie te meet. Die eerste stap is om die totale produksie-uitset van
’n land te meet. In die ekonomiese kringloop van ’n land, is dit duidelik
dat een persoon se besteding ’n ander persoon se inkome is en mense
bestee hulle inkome op goedere en dienste. Al drie maatstelsels van die
totale uitset van ’n ekonomie is dieselfde
Nasionale produksie = Nasionale besteding = Nasionale inkome
[Aangepas uit Fokus op Ekonomie]
2.2.1 Noem enige TWEE metodes om BBP te bereken. (4)
2.2.2 Onderskei tussen ‘intermediêre goedere’ en ‘finale goedere’. (4)
2.2.3 Definieer die begrip ‘finale verbruiksbesteding deur
huishoudings’. (2)
2.3 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Groei in indiensname in die mynsektor reflekteer gedeeltelik die
volgehoue toename in kommoditeitpryse en die sterk vraag van Asië en
ander opkomende markekonomieë. Goudproduksie aan die ander kant
het afgeneem, grootliks as gevolg van geologiese uitdagings en die
toename in produksiekoste.
[Verkort en aangepas uit die SARB Kwartaallikse bulletin, Junie 2011]
2.3.1 Noem EEN rede, volgens die uittreksel, vir die groei in
indiensname in die mynsektor. (2)
2.3.2 Wat, volgens die uittreksel, is die redes vir die afname in die
goudproduksie? (4)
2.3.3 Noem TWEE ekonomiese belangrikhede van die primêre
sektor. (4)
2.4 Verduidelik die voordele van ’n markekonomie kortliks. (8)
2.5 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van ‘energie’ as deel van
Suid-Afrika se infrastruktuur, kortliks. (8)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 7
VRAAG 3 (40 PUNTE)
3.1 Noem enige TWEE ‘ontwikkelingstrategieë’. (2 x 2) (4)
3.2 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Provinsie Koptelling-indeks Armoede-gaping
verhouding
Wes-Kaap 20,73% 7,04%
Oos-Kaap 47,09% 19,65%
Vrystaat 29,79% 10,93%
Noordwes 38,18% 15,15%
Gauteng 18,33% 5,61%
[Aangepas uit StatsSA 2011]
3.2.1 Definieer die begrip ‘armoede koptelling-indeks’. (2)
3.2.2 Wat, volgens die tabel, is die persentasie van mense wat in die
Oos-Kaap in armoede leef? (2)
3.2.3 Onderskei tussen ‘absolute armoede’ en ‘relatiewe armoede’. (4)
3.2.4 Watter provinsie, volgens die tabel, het die laagste aantal arm
mense? (2)
3.3 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Suid-Afrikaanse Reserwebank sny repokoers tot 5%
Ten spyte van verbeterde inflasiesyfers en die voortslepende eurosone
krisis, het die Reserwebank ekonomiese ontleders Donderdag verras,
toe hulle, die eerste keer in maande, die repokoers met 50 basispunte
gesny het.
[Aangepas uit M&G, Julie 2012]
3.3.1 Definieer die begrip ‘repokoers’. (2)
3.3.2 Wat, volgens die uittreksel, is die redes vir die sny van die
repokoers? (4)
3.3.3 Verduidelik die begrip ‘Mzansi rekeninge’ kortliks. (4)
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
3.4 Verduidelik kortliks die rol van SAOG in Suider-Afrika. (8)
3.5 Bespreek ‘lae vlakke van produktiwiteit’ as een van die eienskappe van
ontwikkelende lande. (8)
[40]
VRAAG 4 (40 PUNTE)
4.1 Noem enige TWEE voorbeelde van ‘sosiale toelaes’. (2 x 2) (4)
4.2 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
LAND UITVOERE INVOERE
Botswana 4 693 5 657
Nigerië 79 000 37 000
Egipte 26 438 52 923
Namibië 4 090 5 360
Swaziland 1 550 1 700
Suid-Afrika 81 821 9 050
[Aangepas uit Afrika Ontwikkelingsbank statistieke departement]
4.2.1 Watter land, volgens die tabel, is die grootste uitvoerder van
goedere en dienste? (2)
4.2.2 Onderskei tussen ‘handel surplus’ en ‘handelstekort’. (6)
4.2.3 Definieer die begrip ‘uitvoer’. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 9
4.3 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande foto en beantwoord die vrae wat volg.
[Aangepas uit Mail&Guardian]
4.3.1 Wat, volgens bostaande foto, is die eis van die werkers? (2)
4.3.2 Onderskei tussen ‘nominale lone’ en ‘reële lone’. (4)
4.3.3 Noem enige TWEE eienskappe van arbeid. (4)
4.4 Verduidelik finale verbruiksbesteding deur die owerheid kortliks. (8)
4.5 Verduidelik enige TWEE funksies van geld kortliks. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
AFDELING C (BEANTWOORD ENIGE EEN VRAAG UIT HIERDIE AFDELING.)
PUNTETOEKENNING VIR OPSTELTIPE VRAE
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 3
Inhoud
Hoofdeel: Byvoorbeeld bespreek/verduidelik / Maks. 20
gedetailleerde opstel/ontleed/evalueer
Addisionele gedeelte: Byvoorbeeld teken ʼn grafiek of
Maks. 10
diagram/verwys/dui aan
Slot Maks. 2
Interpretasie Maks. 5
TOTAAL 40
VRAAG 5
OPSTELTIPE VRAAG
Verduidelik die eienskappe van kapitaal ten volle.
As toevoeging verduidelik die ekonomiese belangrikheid van kapitaal kortliks. [40]
VRAAG 6
OPSTELTIPE VRAAG
Skryf ’n opstel oor die redes vir/oorsake van armoede.
Verduidelik kortliks die uitwerking/gevolge van armoede. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2013 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Memo (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P1 National November 2013 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 National November 2013 QP (Eng)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum