Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 768.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae as volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND.
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag in die ANTWOORDEBOEK.
2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou
antwoord voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vraag.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in die
ANTWOORDEBOEK verskyn.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (Verpligtend)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die
ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Die bevrediging wat ons verkry uit die verbruik van ʼn goed of diens
staan as ... bekend.
A skaarsheid
B nut
C utils (2)
1.1.2 ʼn Toename in die prys van een produk lei tot ʼn toename in die vraag na
ʼn ander produk, beteken dat hierdie twee produkte … goedere is.
A komplementêre
B noodsaaklike
C substitusie (2)
1.1.3 ʼn Marksituasie wat deur ʼn paar groot ondernemings oorheers word,
staan as … bekend.
A monopolistiese mededinging
B ʼn monopolie
C ʼn oligopolie (2)
1.1.4 As pryse uitgedruk word in vergelyking tot ander goedere, staan dit
bekend as ... pryse.
A relatiewe
B nominale
C absolute (2)
1.1.5 Die wet van dalende ... staaf dat as meer en meer veranderlike insette
by ʼn vaste inset bygevoeg word, sal die opbrengs van die veranderlike
inset afneem.
A nut
B opbrengs
C produktiwiteit (2)
1.1.6 Die proses van interaksie tussen die lande van die wêreld wat hul
ekonomieë nader aan mekaar bring, word … genoem.
A globalisasie
B industrialisasie
C behouering (2)
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2013)
1.1.7 Hierdie is ondernemings wat goedere en dienste produseer en versprei
in meer as een land, gewoonlik regoor die wêreld:
A Binnelandse ondernemings
B Multi-nasionale ondernemings
C Nasionale ondernemings (2)
1.1.8 Die totstandbringing van die ... Skerpioene deur die regering maak
voorsiening vir die vervolging van enige organisasie wat die omgewings-
wette van Suid-Afrika oortree.
A Geel
B Rooi
C Groen (2)
(8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas.
Skryf slegs die korrekte letter (A–H) langs die ooreenstemmende
vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Pryselastisiteit van A TVK + TVK
aanbod
1.2.2 Mark B Wanneer eenheidskoste afneem en
hoeveelheid toeneem
1.2.3 Monopolie mark C Het te make met basiese dienslewering
1.2.4 Totale Koste D Slegs een verskaffer van ʼn unieke produk
1.2.5 Handels-liberalisasie E Meet gevoeligheid van aanbod vir
prysveranderinge
1.2.6 Volmaak onelastiese F Vrye beweging van goedere en dienste
aanbod tussen lande
1.2.7 Skaalvoordele G Kommunikasie tussen kopers en
verkopers van goedere en dienste
1.2.8 HOP H Verandering in prys het geen uitwerking
op aanbod nie
(8 x 1) (8)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V2 5
1.3 Toon aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
ONWAAR langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Kruiselingse elastisiteit van vraag meet die reaksie van die hoeveelheid
aangevra, van ʼn spesifieke goed, teen die prys van ʼn verwante goed.
1.3.2 Faktormark is ʼn mark vir die koop en verkoop van goedere en dienste.
1.3.3 Multi-nasionale ondernemings mag plaaslike maatskappye uit besigheid
dryf, as gevolg van hulle massiewe skaalvoordele.
Voltooi die ontbrekende woord/e in die volgende sinne. Skryf slegs die woord/e
langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.4–1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.4 Die geleidelike toename in die globale temperatuur van die aarde se
oppervlakte, as gevolg van die kweekhuis-effek, staan as ... bekend.
1.3.5 Die verandering in totale inkome wanneer ʼn addisionele eenheid van ʼn
produk verkoop word, word … genoem.
1.3.6 Die koste van die produksiefaktore en ander insette gebruik in die
produksieproses, staan as ... bekend. (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2013)
AFDELING B (BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE UIT HIERDIE AFDELING.)
VRAAG 2 [40 punte]
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
2.1 Noem enige TWEE voorbeelde van ‘komplementêre goedere’. (2 x 2) (4)
2.2 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoorde die vrae wat volg.
V
P1
P2 V
H1 H2
2.2.1 Watter soort elastisiteit van vraag word in bostaande grafiek voorgestel? (2)
2.2.2 Verduidelik kortliks hierdie soort elastisiteit van vraag wat in die grafiek
voorgestel word. (6)
2.2.3 Gee ʼn voorbeeld van ʼn produk met dieselfde soort elastisiteit van vraag,
soos voorgestel in bostaande grafiek. (2)
2.3 DATA RESPONS
Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Aantal appels Totale nut Marginale nut
1 10 10
2 A 8
3 23 5
4 25 2
5 26 1
6 24 B
2.3.1 Bereken A en B in bostaande tabel. (4)
2.3.2 Definieer die begrip ‘marginale nut’. (2)
2.3.3 Teken ʼn marginale nut kurwe deur data in gegewe tabel te gebruik. (4)
2.4 Verduidelik die begrip ‘kruiselingse elastisiteit van vraag’ kortliks. (8)
2.5 Verduidelik die begrip ‘omgewings agteruitgang/degenerasie’ kortliks. (8)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V2 7
VRAAG 3 [40 punte]
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
3.1 Noem enige TWEE soorte onvolmaakte markte. (2 x 2) (4)
3.2 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande stelling en beantwoord die vrae wat volg.
Die onvolmaakte mark word gekenmerk deur ʼn gebrek aan mededinging en
oormatige markkrag.
3.2.1 Gee ʼn voorbeeld van ʼn onderneming in ʼn ‘monopolie mark’ in
Suid-Afrika. (2)
3.2.2 Verduidelik kortliks hoe pryse vasgestel word onder toestande van ʼn
onvolmaakte mark. (2)
3.2.3 Noem DRIE kenmerke van onvolmaakte markte. (6)
3.3 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
GROEN ENERGIE
Die Gautengse Departement van Infrastruktuurontwikkeling toon belangstelling
in die ondersoek na volhoubare alternatiewe vir energie opwekking en
infrastruktuur, veral in openbare geboue soos skole en hospitale.
Onder die departement se vlagskip groen projekte is ʼn projek om steenkool- en
dieselaangedrewe hospitaal-warmwaterstelsels geleidelik te vervang met
stelsels wat deur natuurlike gas aangedryf word, ten einde besoedeling te
verminder.
[Vryelik vertaal en aangepas uit: Mail&Guardian, 12 Februarie 2013]
3.3.1 Wat, volgens die uittreksel, is die TWEE energiebronne wat in openbare
hospitale gebruik word? (4)
3.3.2 Wat is die voordeel van die gebruik van natuurlike gas? (2)
3.3.3 Noem TWEE metodes wat aangewend kan word om die omgewing te
beskerm. (4)
3.4 Verduidelik ‘prysvasstelling’ in volmaakte markte kortliks. (8)
3.5 Bespreek enige TWEE kenmerke van ʼn volmaakte mark. (8)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 4 [40 punte]
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
4.1 Noem enige TWEE oorsake van globalisasie. (2 x 2) (4)
4.2 DATA RESPONSE
Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Vaste
Veranderlike Totale Koste Gemiddelde
Hoeveelheid Koste
Koste (R) (R) Totale Koste (R)
(R)
1 10 4 14 14
2 10 6 16 8
3 10 10 A
4 10 16 26 B
4.2.1 Bereken A en B in bogenoemde tabel. (4)
4.2.2 Onderskei tussen ‘Vaste Koste’ en ‘Veranderlike Koste’. (4)
4.2.3 Definieer die begrip ‘Marginale Koste’. (2)
4.3 DATA RESPONS
Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
KORTTERMYN EN LANGTERMYN
Die korttermyn of die langtermyn is nie ʼn definitiewe periode van tyd nie. Dit kan
verskillend wees vir verskillende besighede. Dit beteken net ʼn periode van tyd
wat enige lengte kan wees.
[Aangepas uit: Fokus]
4.3.1 Onderskei tussen ‘korttermyn’ en ‘langtermyn’. (6)
4.3.2 Definieer die begrip ‘gemiddelde inkome’. (2)
4.3.3 Gee die formule om ‘totale inkome’ (TI) te bereken. (2)
4.4 Onderskei tussen enige TWEE soorte wins. (8)
4.5 Onderskei tussen die begrippe ‘absolute voordeel’ en ‘vergelykende voordeel’. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V2 9
AFDELING C (BEANTWOORD ENIGE EEN VRAAG UIT HIERDIE AFDELING.)
PUNTETOEKENNING VIR OPSTELTIPE-VRAE
STRUKTUUR VAN OPSTEL Puntetoekenning
Inleiding Maks. 3
Inhoud
Hoofdeel: Byvoorbeeld bespreek/verduidelik/
Maks. 20
gedetailleerde opstel/ontleed/evalueer
Addisionele gedeelte: Byvoorbeeld teken ʼn grafiek of
Maks. 10
diagram/verwys/dui aan
Slot Maks. 2
Interpretasie Maks. 5
TOTAAL 40
VRAAG 5
OPSTELTIPE-VRAAG
Verduidelik ten volle die faktore wat die pryselastisiteit van vraag bepaal.
As toevoeging, verwys na die verskillende soorte pryselastisiteit van vraag. [40]
VRAAG 6
OPSTELTIPE-VRAAG
Verduidelik ten volle die uitwerking/gevolge van globalisasie.
As toevoeging, verduidelik die ‘noord-suid verdeel’ kortliks. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Memo (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 National November 2013 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 11 P2 National November 2013 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum