Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
EKONOMIE V1
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)

Economics Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo
Grade 11 Economics memorandum from the Eastern Cape November 2013, 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 903.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B entrepreneur
1.1.2 B kapitaal
1.1.3 A regering
1.1.4 B steenkool
1.1.5 C Lorenz
1.1.6 B HOP
1.1.7 A armoedelyn
1.1.8 C Suid-Afrikaanse Reserwebank (8 x 2) (16)
1.2 1.2.1 G Vervang Doeane-unie Ooreenkoms van 1910
1.2.2 E Totale waarde van finale goedere wat binne die grense
van ’n land geproduseer word
1.2.3 B Vrye-mark ekonomie
1.2.4 A Ontginning van grondstowwe
1.2.5 F Tradisionele genesing en medisyne
1.2.6 C Persentasie van totale bevolking wat in armoede leef
1.2.7 H Bank spaarrekeninge en termyndeposito’s
1.2.8 D Mense met dringende behoeftes wat nie deur die
regering aangespreek word nie (8 x 1) (8)
1.3 1.3.1 WAAR
1.3.2 ONWAAR
1.3.3 WAAR
1.3.4 tjek
1.3.5 ontwikkelende
1.3.6 entrepreneur (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 3
AFDELING B (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.)
VRAAG 2
2.1 Noem enige TWEE kategorieë van arbeid.
Hoër vlak/Geskoolde
Intermediêre vlak/Half geskoolde
Laer vlak/Ongeskoolde (Enige 2 x 2) (4)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Produksiemetode
Inkomemetode
Bestedingsmetode (Enige 2 x 2) (4)
2.2.2 Intermediêre goedere
Goedere en dienste wat deur ander besighede as insette
gebruik word om goedere en dienste te produseer of goedere
wat aangekoop word om weer verkoop te word.
Finale goedere
Goedere en dienste wat nie as insette deur ander besighede
gebruik word nie, maar wat deur verskillende deelnemers
verbruik word. (4)
2.2.3 Dit is die totale besteding, op finale goedere en dienste, deur
huishoudings en privaat nie-winsgewende instellings. (2)
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Volhoubare toename in kommoditeitspryse.
Sterk vraag uit Asië en ander opkomende ekonomieë.
(Enige 1 x 2) (2)
2.3.2 Geologiese uitdagings (4)
Toename in produksiekoste
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
2.3.3 Verskaf voedsel en minerale
Verdien buitelandse valuta
Lei werkers op en skep werkgeleenthede
Verskaf grondstowwe vir sekondêre nywerhede
Voorsien elektrisiteit
Stimuleer ekonomiese groei
Bydrae tot BBP
Toename in staatsinkome (Enige 2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik die voordele van ’n mark-ekonomie kortliks.
Privaat eienaarskap
Dit moedig individue aan om kreatief te wees in die manier hoe hulle hul
hulpbronne aanwend.
Doeltreffende gebruik van hulpbronne
Hulpbronne word doeltreffend gebruik ten einde maksimum
produktiwiteit en minimum vermorsing te bewerkstellig.
Verbetering van persoonlike welvaart
Individue is vry om welvaart bymekaar te maak en dit aan te wend
om welvaart verder uit te brei.
Hoë vlak van keuse
Nuwe besighede sal tot die mark toetree a.g.v. winste.
Verbruikers word voor ’n wye verskeidenheid keuses van goedere
en dienste gestel.
Dit werk outomaties
Die hoe, wat en vir wie probleme word deur die dryfkrag van
eiebelang outomaties opgelos.
Innovasie
Sterk aansporings om hoë kwaliteit goedere te produseer.
Ekonomiese groei
Baie dinamies a.g.v. dryfkrag van winste en kontrolerende kragte
van mededinging.
Verspreiding van inkomste en rykdom
Hulpbronne word toegeken aan diegene met koopkrag.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 5
Risiko
Individue neem versekering uit om risiko’s te verminder.
Enige 2 x (2 + 2) (8)
2.5 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van ‘energie’ as deel van
Suid-Afrika se infrastruktuur, kortliks.
Energie is noodsaaklik vir die funksionering van die moderne
gemeenskap.
Groot hoeveelhede energie word deur nywerhede en huishoudings
verbruik. / Nywerhede kan nie sonder energie funksioneer nie.
Die verlies aan energie vir kort tydperke kan tot groot verliese aan
inkome lei, vir besighede in alle sektore.
Gebruik van tegnologie om elektrisiteit te genereer uit hernieubare
bronne is een van die groei sektore.
Energie sektor verskaf werk aan ’n groot groep in die arbeidsmag.
Dit verdien ook buitelandse valuta deur elektrisiteit aan ander lande te
verkoop.
Betroubare vervoer en kommunikasie is nie moontlik sonder elektrisiteit
nie. (Enige 4 x 2) (8)
[40]
VRAAG 3
3.1 Ontwikkeling deur handel in landbou-produkte. / Natuurlike
hulpbronne
Ontwikkeling deur arbeidsintensiewe ontwikkelingsprogramme.
Ontwikkeling deur opvoedkundige hervorming.
Ontwikkeling van die kwaliteit van menslike hulpbronne. / Menslike
ontwikkeling
Ontwikkeling deur industrialisasie van die ekonomie.
Entrepreneurskap
Diversifikasie van die plattelandse ekonomie.
Ontwikkeling deur buitelandse investering, lone en hulp. / Kapitaal
Ontwikkeling deur toegang tot moderne tegnologie. / Tegnologie
Ontwikkeling van infrastruktuur.
Verskaffing van ’n stabiele makro-ekonomiese omgewing.
(Enige 2 x 2) (4)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Dit is die aantal mense in ’n land of streek wat in armoede bly. (2)
3.2.2 47,09% (2)
3.2.3 Absolute armoede
Verwys na ’n situasie waar mense nie hulle basiese behoeftes kan
bevredig nie.
Relatiewe armoede
Verwys na ’n situasie waar mense as arm beskou word in vergelyking
met die res van die gemeenskap. (4)
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
3.2.4 Gauteng (2)
3.3 DATA RESPONS
3.3.1 Dit is die rentekoers waarteen banke geld by die Reserwebank
leen. (2)
3.3.2 Verbeterde inflasiesyfers
Voortslepende eurosone krisis. (4)
3.3.3 Dit is ’n laekoste nasionale bankrekening.
Die doel is om bankdienste te bied aan lae inkome verdieners.
Aan hulle wat buite bereik van bankdienste is.
Dit is ’n inisiatief deur hoof banke om volledig bankdienste binne
15 km van alle Suid-Afrikaners te plaas. (Enige 2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik kortliks die rol van die SAOG in Suider-Afrika.
Om ontwikkeling en ekonomiese groei te fasiliteer regoor die streek. /
Streef ekonomiese samewerking en integrasie van lidlande na.
Om beleide te harmoniseer.
ROI’e word aangemoedig.
Om ’n vryhandel gebied daar te stel.
Bied goeie handels- en beleggingsgeleenthede.
Sosio-ekonomiese ontwikkeling wat armoede verligting en uitroeiing sal
verseker.
Moedig gemeenskaplike waardes en stelsels aan. / Voorstander van
gemeenskaplike mark en monetêre stelsel.
Konsolidering en behoud van demokrasie, vrede en
sekuriteit. (Enige 4 x 2) (8)
3.5 Bespreek ‘lae vlakke van produktiwiteit’ as een van die eienskappe van
ontwikkelende lande.
Ontwikkelende lande word gekenmerk deur lae vlakke van arbeid
produktiwiteit.
Lae vlakke van onderwys en opleiding.
Gebrek aan fisiese kapitaal soos masjinerie en tegnologie.
Wanvoeding lei tot swak menslike ontwikkeling.
Swak beheer oor produksiefaktore.
Gebrek aan goeie openbare dienste soos vars drinkwater, sanitasie,
vullisverwydering, ens.
Hoë voorkoms van water verwante en omgewings siektes.
(Enige 4 x 2) (8)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 7
VRAAG 4
4.1 Kindersorg-toelae
Afhanklikheidsorg-toelae
Oorlogveteraan-toelae
Pleegsorg-toelae
Ouderdomspensioen
Ongeskiktheidstoelae (Enige 2 x 2) (4)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Suid-Afrika (2)
4.2.2 Handelsurplus
Verwys na ’n situasie waar ’n land se totale uitvoere meer is as sy
invoere.
Handelstekort
Verwys na ’n situasie waar ’n land se invoere meer is as sy
uitvoere. (6)
4.2.3 Dit is goedere en dienste wat plaaslik geproduseer word en aan
ander land verkoop word. (2)
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 ’n Leefbare loon (2)
4.3.2 Nominale lone
Die bedrag geld wat werkers aan die einde van ’n periode
ontvang.
Reële lone
Die waarde van goedere en dienste wat ’n werker kan koop met sy
nominale loon. (4)
4.3.3 Doel is om ’n inkome te verdien.
Dit is deel van die eienaar. / Kan nie van die werker geskei word
nie.
Dit kan nie gestoor word nie.
Wissel in kwaliteit.
Aanbod kan nie skielik verhoog word nie. (Enige 2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik finale verbruiksbesteding deur die owerheid kortliks.
Toon aan hoe die regering sy inkome aanwend.
Finansiering van goedere en dienste deur die openbare sektor
benodig.
Besteding deur alle departemente van sentrale, provinsiale en plaaslike
owerhede.
Verbruiksbesteding op dienste gelewer aan die gemeenskappe.
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
Bestaan uit:
Lone en salarisse van werknemers
Aankope van goedere en dienste van ’n nie-kapitale aard en
Die toegerekende waarde van kapitaalverbruik
(waardevermindering).
Minus netto ontvangste uit verkope
Regeringsbesteding word geklassifiseer as funksioneel, administratief en
finansieel. (Enige 4 x 2) (8)
4.5 Verduidelik enige TWEE funksies van geld kortliks.
Ruilmiddel
Dit word algemeen aanvaar as ruilmiddel.
Goedere, dienste en arbeid word verruil vir geld.
Geld as waardedraer
Geld het waarde en dit behoort lank behou te word.
Geld kan gespaar word en versamel rykdom.
Geld as rekeneenheid
Geld voorsien ’n maatstaf wat verseker dat ons ’n waarde op goedere en
dienste kan plaas.
As ’n prys aan iets toegeken word, dien geld as rekeneenheid.
Voordele:
Handel word vereenvoudig.
Relatiewe waardes van goedere en dienste word uitgedruk.
Standaard vir uitgestelde betaling
Dit laat ons toe om op krediet te koop en skuld later te vereffen.
Ekonomie kan tot stilstand kom as uitgestelde betalings nie meer
toegelaat word nie.
Geld is ’n eenheid waarmee toekomstige betalings gemaak kan word.
bv. ʼn pensioen. Enige 2 x (2 + 2) (8)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 9
AFDELING C (Beantwoord enige EEN vraag uit hierdie afdeling.)
VRAAG 5
Verduidelik die eienskappe van kapitaal ten volle.
As toevoeging verduidelik die ekonomiese belangrikheid van kapitaal kortliks.
INLEIDING
Kapitaal is ’n mensgemaakte hulpbron en sluit alle goedere in wat benodig word
om toekomstige behoeftes mee te bevredig.
Kapitaal verwys na die geld wat belê is in masjinerie en toerusting wat in die
produksieproses gebruik sal word.
(Enige ander toepaslike definisies is aanvaarbaar) Maks. (1 x 3) (3)
INHOUD
Kapitaalgoedere word deur mense gemaak
As ʼn produksiefaktor word dit deur mense vervaardig.
Waardevermindering
Masjinerie is onderworpe aan slytasie en brekasies.
Dit verloor waarde oor tyd en dit word waardevermindering genoem.
Besighede moet kapitaalgoedere vervang ten einde voort te gaan met
produksie.
Geldkapitaal kan verander
Geldkapitaal kan omgeskakel word in enige ander tipe bate wat die besigheid
wil koop.
Dit kan ook maklik van een plek na ’n ander verskuif word of vir verskeie
doele aangewend word.
Moeilik om reële kapitaal te verander
Reële kapitaal is relatief onbeweeglik.
Meeste daarvan is beroeps onbeweeglik, maar wel geografies beweeglik.
Kapitaal is duur
Koop van masjinerie en ander kapitaalgoedere is duur.
Kapitaal word besit
Dit behoort aan iemand.
Sakeondernemings, verbruikers, produsente of die staat besit kapitaal.
Kapitaalgoedere soos paaie, skole, ens. is in staatsbesit.
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
Kapitaal word verbruik
Dit gebeur in die produksieproses.
Intermediêre goedere word in een proses opgebruik.
Geboue byvoorbeeld word oor baie jare gebruik.
Vaste kapitaal sluit nie die voorraad grondstowwe, intermediêre goedere en
finale produkte in nie.
Kapitaalvorming vereis ’n opoffering
Produksie van kapitaalgoedere (kapitaalvorming) word deur I aangedui.
I = S = Y – C
Kapitaal verhoog produksiedoeltreffendheid
Masjinerie maak spesialisasie moontlik.
Produksieprosesse wat uit menslike arbeid en masjien arbeid bestaan, is
baie doeltreffender as slegs menslike arbeid.
Doeltreffendheid help om hulpbronne verder te rek. (Enige 10 x 2) (20)
Ekonomiese belangrikheid van kapitaal
Ekonomiese groei is ’n direkte resultaat van kapitaalvermeerdering.
Om groei te laat plaasvind, moet die totale kapitaal in die ekonomie groei teen
’n koers wat ten minste gelyk is aan, of groter is as die toename in die
arbeidsmag.
Dit verhoog finansiële instellings se vermoë om geld uit te leen.
Dit vermeerder werkgeleenthede en verminder werkloosheid.
Kapitaal verbeter lewenspeil deur die verskeidenheid en keuse van goedere
en dienste te verhoog.
Beskikbaarheid van kapitaal verhoog uitvoere en verlaag die afhanklikheid
van invoere.
Kapitaalverbreding
Wanneer ’n land se kapitaal vermeerder teen ’n koers gelyk aan die koers
waarteen die arbeidsmag toeneem. / Bestaande arbeid-kapitaal
verhouding moet gehandhaaf word as die aantal werkers toeneem.
Kapitaalverdieping
Wanneer die arbeid-kapitaal verhouding toeneem.
Dit moet gebeur teen ’n koers wat hoër is as die groeikoers van die
bevolking. (Enige 5 x 2) (10)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 11
SLOT
Kapitaalgoedere speel ’n belangrike rol in die skep van produksiekapasiteit.
Kapitaal bestaan uit private en openbare bates.
(Enige toepaslike slot is aanvaarbaar) (2)
Gebruik die volgende assesseringstabel tesame met bogenoemde om die
bespreking te assesseer.
PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP
0 Kandidaat toon geen begrip van onderwerp nie.
1 Kandidaat toon ietwat begrip van die onderwerp, maar
het belangrike aspekte weggelaat. (1 – 15 punte)
3 Kandidaat het die onderwerp korrek verstaan, maar het nie feite
gekoppel aan die onderwerp nie. (16 – 24 punte)
5 Kandidaat het onderwerp korrek verstaan en het feite aan die
onderwerp gekoppel. (25 – 35 punte) (5)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 6
Skryf ’n opstel oor die redes vir/oorsake van armoede.
Verduidelik kortliks die uitwerking/gevolge van armoede.
INLEIDING
Armoede verwys na ’n situasie waar mense nie hulle basiese behoeftes kan
bevredig nie. (Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar.) (3)
INHOUD
Hoë bevolkingsgroei
Groot aantal mense met onvoldoende hulpbronne, werk en kos.
Oorbevolking kan lei tot agteruitgaan van natuurlike omgewing, water, grond,
ens.
Gebrek aan infrastruktuur
Onvoldoende vervoerstelsel en kommunikasienetwerke en ’n gebrek aan
energieverskaffing laat kostes en risiko’s styg.
Hoë bevolkingskonsentrasie en uitgestrektheid van landelike gebiede maak
dit onbekostigbaar.
Werkloosheid
Dit is die belangrikste rede vir armoede.
Dit is die gevolg van ’n onvermoë om werk te vind of te skep.
Werklose mense het nie genoeg geld om hul basiese behoeftes te bevredig
nie.
In ontwikkelende lande maak mense ’n bestaan uit landbou.
Kringloop van armoede
Arm mense is vasgevang in ’n situasie van armoede van een geslag na die
volgende.
Vorme van inmenging is nodig om hierdie kringloop van armoede te
breek.
Welsyn-afhanklikheid
Sosiale toelae mag dien as afskrikmiddel vir mense wat werk of werk
soek.
Sommige mense verkies om op toelaes te leef wat hul basiese behoeftes
bevredig.
Verstedeliking en geforseerde hervestiging
Migrasie binne lande lei soms tot armoede.
Geforseerde of vrywillige skuif van mense lei soms tot die ontstaan van
informele nedersettings.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) EKONOMIE V1 13
Gebrek aan sosiale infrastruktuur
Gebrek aan gesondheidsorg:
Siektes is ook ’n oorsaak van armoede.
Baie arm gemeenskappe het geen toegang tot gesondheidsdienste
nie.
As die inkome verdiener sterf of te siek raak om te werk, is die hele familie
sonder ’n inkome.
In arm lande is primêre gesondheidsorg en aanvullende faktore
(voldoende voeding, geletterdheid, goeie mediese personeel, ens.)
onvoldoende.
Dus kan siektes soos MIV/Vigs nie bekamp word nie.
Gebrek aan onderwys:
Gebrek aan onderwys en opleiding is die hoofoorsake van
werkloosheid.
Baie arm lande kan nie onderwys bekostig nie.
Ekonomiese groei en ontwikkeling steun baie op hoeveelheid en kwaliteit
van onderwys.
Swak staatsbestuur en beleide
Dit lei tot korrupsie, nepotisme, swak belastinginvordering en armoede
verligtingsprogramme.
Funksies van wetgewer, regstelsel en uitvoerende gesag word nie geskei
nie.
Begrotings, prosedures en protokolle word nie gerespekteer nie.
Gebrek aan hulpbronne
Totale hulpbronne in ontwikkelende lande is nie genoeg vir almal nie.
Kollektiewe armoede vind plaas in baie lande regoor die wêreld – Asië, Suid-
Amerika, ens.
Investering en skuld
Lande is arm omdat daar nie geld is vir investering nie en daar is nie geld vir
investering nie, omdat hulle arm is.
Investering is noodsaaklik vir ontwikkeling en groei.
’n Oormatige skuld-tot-BBP verhouding kan nadelig wees vir ontwikkeling en
groei.
Tekort aan tegnologiese vooruitgang
Ontwikkelende lande het nie bygehou met die nuutste tegnologiese
vooruitgang nie.
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2013)
Geweld en oorlog
Verlies aan geld wat andersins vir onderwys, gesondheid, ens., aangewend
kon word.
Dit vernietig menslike lewens, kapitaal en toerusting. (Enige 10 x 2) (20)
OORSAKE/GEVOLGE/UITWERKING VAN ARMOEDE
Gebrek aan skoon water, sanitasie of basiese gesondheidsorg kan lei tot
mense wat siek raak.
Sterftekoers verhoog as gevolg van wanvoeding en gebrek aan mediese
dienste.
Demoraliserende psigologiese uitwerking op mense.
Onregverdige behandeling van en diskriminasie teen arm mense kan lei tot
die verlies aan self-respek en waardigheid.
Omdat groot bedrae geld begroot word vir sosiale toelaes, is daar minder geld
om te voorsien in ander ontwikkelingsbehoeftes van die land.
Lae lewenspeil. / Lae ontwikkelingsvlak.
Toename in misdaad, openbare onrus en plaaslike geweld.
Arm gesinne ervaar baie meer stres as gemiddelde inkome gesinne.
Dit werk negatief in op natuurlike hulpbronne.
Verminderde vraag.
Styging in bevolkingsgetalle.
Afname in produktiwiteit.
Landelik-stedelike migrasie.
Degradering van die omgewing soos storting in oop gebiede, ontbossing en
besoedeling. (Enige 5 x 2) (10)
SLOT
Armoede veroorsaak enorme skade aan individue en dit lei tot baie probleme
onder mense en in gemeenskappe.
(Enige toepaslike slot is aanvaarbaar.) (2)
Gebruik die volgende assesseringstabel tesame met bogenoemde om die
bespreking te assesseer.
PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP
0 Kandidaat toon geen begrip van onderwerp nie.
1 Kandidaat toon ietwat begrip van die onderwerp, maar
het belangrike aspekte weggelaat. (1 – 15 punte)
3 Kandidaat het die onderwerp korrek verstaan, maar het nie feite
gekoppel aan die onderwerp nie. (16 – 24 punte)
5 Kandidaat het onderwerp korrek verstaan en het feite aan die
onderwerp gekoppel. (25 – 35 punte) (5)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2013 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Memo (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 P1 National November 2013 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National November 2013 Memo (Afr)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper