NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
EKONOMIE V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 



%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b11245d4-e501-4dcc-8576-18b0c37fa1e8/v1-8f96cd1e7ad0c815c26b/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
View all


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Economics Grade 10 National Exemplar 2020 Question Paper
Grade 10 Economics question paper from the National Exemplar Exam 2020, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Economics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2020. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 799.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
National Exemplar Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Beantwoord vrae in volsinne. Die uitleg, inhoud en konteks moet voldoen aan
die kognitiewe vlakke van die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
6. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaars gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE − 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
ooreenstemmende vraagnommers (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.
1.1.1 ʼn Monopolie is ʼn voorbeeld van ...
A ʼn onvolmaakte mark.
B ʼn volmaak mededingende mark.
C ʼn monopolisties mededingende mark.
D ʼn kartel.
1.1.2 ʼn Vraagkurwe toon die verhouding tussen ʼn produk se prys en …
A koste van produksie.
B die hoeveelheid van die produk.
C die inkome van die verbruiker.
D veranderinge in die bevolking.
1.1.3 Watter van die volgende is ʼn openbare goed?
A Onderwys
B Elektrisiteitsverskaffing
C Weermag
D Gesondheidsdienste
1.1.4 Watter van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn indirekte belasting?
A Belasting op verdienste
B Maatskappybelasting
C Persoonlike inkomstebelasting
D Sondebelasting
1.1.5 Die werkende bevolking wat uit ouderdomme tussen 15 en 64 jaar
bestaan:
A Ekonomies nie-aktiewe bevolking
B Ekonomies aktiewe bevolking
C Ekonomies gemarginaliseerde bevolking
D Werksame bevolking
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 Die beweging van mense van streek tot streek of land tot land:
A Migrasie
B Verstedeliking
C Immigrasie
D Emigrasie
1.1.7 Die kern regte van werkers word deur die ... beskerm.
A Wet op Arbeidsverhoudinge
B Wet op Gelyke Indiensneming
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes
D Wet op Bedryfsgesondheid en Veiligheid
1.1.8 Regstellende aksie is baie belangrik vir die regering se ... beleid.
A herverdelings
B gelyke geleenthede
C welvaart
D regstellings (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A−I) langs die vraagnommers (1.2.1−1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Oligopolie A Beskerm mense wat gewerk het en
afgedank is
1.2.2 Substitute B Dit mag lei tot werkers wat hulle werk
verloor
1.2.3 Skaarsheid C Probeer dispute besleg deur bemiddeling
1.2.4 Eksternaliteite D Maak geld beskikbaar binne die sektor vir
onderwys en opleiding
1.2.5 Werkloosheid- E ʼn Sentrale ekonomiese probleem
versekering
1.2.6 Kapitaalintensief F Word gedra deur mense wat nie betrokke
is in die produksieproses nie
1.2.7 KMVA G Produkte wat in die plek van ander
produkte gebruik word
1.2.8 SOOG (SETA) H Produkte wat tesame met ander produkte
gebruik word
I Motorhandelaars en selfoonverskaffers
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
begrip langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 ʼn Wet wat bepaal dat daar ʼn omgekeerde verhouding tussen prys
en hoeveelheid is
1.3.2 ʼn Versameling van indifferensiekurwes
1.3.3 ʼn Ekonomie waar al die produksiefaktore deur die staat besit word
1.3.4 Die aantal werkloses gedeel deur die arbeidsmag uitgedruk as ʼn
persentasie
1.3.5 ʼn Platform vir bespreking tussen verkose verteenwoordigers van
werkers en hulle werkgewers
1.3.6 Vergoeding van gelyke waarde word verskaf aan die eienaars van
grond wat onder dwang van hulle weggeneem is (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe/kenmerke van indifferensiekurwes.
(2 x 1) (2)
2.1.2 Watter impak sal die toename in inkome tot die vraag na goedere
en dienste hê? (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
MOEILIKHEID MET ESKOM
Eskom het twee hoofprobleme. Hul bedryfskoste is te hoog en hulle kan nie
hulle skuld betaal nie. Groot stygings in tariewe is in onlangse jare aan
Eskom toegestaan, maar dit het klante weggedryf, wat van die Eskom rooster
afgegaan het en andere het bankrot gespeel. Eskom het so pas ʼn nuwe hoof
uitvoerende beampte aangestel, wat alreeds geluide maak dat hierdie reuse-
verskaffer veel langer gaan neem om herstel te word, as wat aanvanklik
verwag is. Eskom bly steeds ʼn beduidende hindernis vir ekonomiese groei,
met kragonderbrekings wat produktiwiteit benadeel en dit skrik internasionale
beleggers af wat beurtkrag as ʼn teken van groot ondoeltreffendheid
beskou.
[Aangepas uit www.biznews.com]
2.2.1 Noem enige EEN voorbeeld van ʼn soort onvolmaakte mark. (1)
2.2.2 Wat is die doel van Eskom? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die begrip ondoeltreffendheid. (2)
2.2.4 Verduidelik die aard van die produk as ʼn eienskap van ʼn
monopolie. (2)
2.2.5 Waarom staar Eskom soveel uitdagings in die gesig? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 7
2.3 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Vanaf 1 Maart 2020 sal nuwe arbeidswetgewing in werking tree, waarvan ʼn
sekere deel deur voornemende ouers verwelkom sal word, terwyl ander dele
slegs tot klein verbeterings vir die laagste besoldigde werkers in die land, sal
lei. Die nasionale minimum loon sal na R20,76 per uur styg, vanaf die vorige
R20,00. Die prentjie vir plaaswerkers, huishulpe en diegene wat in diens
geneem is deur die uitgebreide openbare werke program, is minder
rooskleurig en hulle is slegs geregtig op ʼn minimum uurlikse loon van R18,68,
R15,57 en R11,42 onderskeidelik.
[Aangepas uit Eyewitness News Februarie 2020.]
2.3.1 Identifiseer die minimum uurlikse loon vir huishulpe. (1)
2.3.2 Noem EEN hoofrede vir die vasstel van minimum lone. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip minimum lone. (2)
2.3.4 Watter uitwerking sal produsentesubsidies op die ekonomie hê? (2)
2.3.5 Hoe sal minimum lone die lewens van werkloses beïnvloed? (4)
2.4 Verduidelik kortliks die begrotingslyn, met behulp van ʼn grafiek met
volledige byskrifte. (8)
2.5 Waarom word markte as ondoeltreffend in die toekenning van
hulpbronne/goedere en dienste aan die mense van ʼn land, beskou?
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE regstellende metodes wat die regering gebruik om
herverdeling van inkome af te dwing. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat was die hooffokus van onderwysbeleide sedert 1994? (2)
3.2 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
UNIES BEPLAN OM TE APPELLEER TEEN DIE ARBEIDSHOF SE
BESLISSING OOR AFLEGGINGS BY SAL
Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika en die SA
Kajuitpersoneel Assosiasie sê hulle sal ʼn besluit deur SAL se sakereddings-
praktyke om poste te besnoei, beveg. NUMSA sê behoorlike konsultasie het
nie plaasgevind nie. Die nasionale lugredery het ook aangekondig dat hulle
verskeie plaaslike en internasionale roetes sal afskaf ten einde geld te bespaar.
[Aangepas www.enca.com> news: 06 Februarie 2020]
3.2.1 Waarvoor staan die akroniem NUMSA? (1)
3.2.2 Noem enige EEN arbeidsreg in Suid-Afrika. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die begrip konsultasie. (2)
3.2.4 Waarom sal werkers verkies om lede van unies te wees? (2)
3.2.5 Watter gevolge kan ʼn staking/optog op die Suid-Afrikaanse ekonomie
hê? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 9
3.3 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
MAKRO-EKONOMIESE AANPASSINGS
Die proses van ekonomiese regstelling om Suid-Afrika na 1994 werklik te transformeer,
sou nie moontlik gewees het sonder sekere moontlike veranderings of aanpassings in
die land se makro-ekonomie nie.
[Aangepas uit http//labor411.org]
3.3.1 Watter element van makro-ekonomiese aanpassings word in die
spotprent voorgestel? (1)
3.3.2 Waarvoor staan die afkorting BBP? (1)
3.3.3 Wat is die doel van Swart Ekonomiese Bemagtiging? (2)
3.3.4 Verduidelik kortliks enige TWEE oplossings vir die onstabiliteit van
die Suid-Afrikaanse ekonomie. (2)
3.3.5 Na jou mening, wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die
lewenstandaard van die armes te verbeter? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik hoekom daar ʼn negatiewe verhouding tussen lone en die
hoeveelheid arbeid wat aangevra word bestaan met behulp van ʼn grafiek
met volledige byskrifte. (8)
3.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die kwessie rondom
ongelykhede aan te spreek? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE hoofdoelwitte van die Wet op
Arbeidsverhoudinge. (2)
4.1.2 Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie? (2)
4.2 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Die basiese idee is dat enigiets wat veroorsaak dat die ekonomiese uitset
toeneem of afneem, sal die kurwe laat skuif. Die kurwe kan na links of regs
skuif.
[Aangepas uit www.investopedia.com]
4.2.1 In watter rigting sal die kurwe skuif indien die uitset afneem? (1)
4.2.2 Wat stel ʼn punt op die PMK voor? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip produksiemoontlikheidkurwe. (2)
4.2.4 Hoeveel kapitaalgoedere sal geproduseer word, indien al die
hulpbronne vir die produksie van verbruikersgoedere aangewend
word? (2)
4.2.5 Identifiseer die verskil tussen interne en eksterne faktore wat ʼn skuif
van die PMK teweegbring. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 11
4.3 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE WERKLOSE MENSE
Volgens die amptelike syfer is 6,7 miljoen mense in Suid-Afrika werkloos,
wat 29% van almal is wat sou kon werk. Volgens die uitgebreide definisie
van werkloosheid, is meer as 10 miljoen mense werkloos, of 38,5% van al
die mense wat sou kon werk.
[Aangepas uit https://.tradingeconomics.com]
4.3.1 Identifiseer die jaar met die laagste aantal werkloses. (1)
4.3.2 Watter instelling is verantwoordelik vir die publikasie van die
werkloosheidsyfers in Suid-Afrika? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die begrip werkloosheid. (2)
4.3.4 Wat beteken ʼn styging in die werkloosheidskoers? (2)
4.3.5 Watter stappe behoort die regering te neem ten einde werkloosheid
te verminder? (4)
4.4 Verduidelik kortliks die eienskappe van nut. (4 x 2) (8)
4.5 Hoe behoort entrepreneurskap bevorder te word? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
• ʼn Goeie begin sal wees om ʼn begrip wat in die vraag
gebruik qword, te definieer.
• Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
• Moet nie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit
nie.
• Moet nie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud
herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan
bespreek. Maks. 2
Inhoud
Hoofgedeelte:
Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Kritiese
bespreking/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Assesseer/
Debatteer. Maks. 26
Addisionele gedeelte:
Gee jou eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduideli/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk
/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10
Slot
Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende insluit:
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek of ontleed is, sonder om
die feite wat reeds in die inhoud genoem is, te herhaal.
• ʼn Opinie of gewaardeerde oordeel oor bespreekte feite.
• Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/
ontleding te staaf.
• ʼn Teenoorgestelde sienswyse met motivering, indien so
verlang
• Aanbevelings Maks. 2
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 13
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek prysvorming in detail ten einde die vasstelling van pryse en
hoeveelhede te illustreer deur van grafieke gebruik te maak. (26 punte)
• Wat is die betrokke voordele om jou besigheid op ʼn internasionale globale
skaal uit te brei? (10 punte) [40]
OF
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek oorsake van werkloosheid. (26 punte)
• Watter uitwerking het werkloosheid op die ekonomie? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 10 P1 National Exemplar 2020 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 10 P2 National Exemplar 2020 QP (Eng)

Memorandum
Economics Grade 10 National Exemplar 2020 Memo

Memorandum
Economics Grade 10 P2 National Exemplar 2020 Memo (English)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b11245d4-e501-4dcc-8576-18b0c37fa1e8/v1-8f96cd1e7ad0c815c26b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 QP (Eng)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
More from Grade 10 Economics

Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 Gauteng June 2024 Memo (English)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum