NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
EKONOMIE V1
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers %202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)

%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)

View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Economics Grade 10 P1 National Exemplar 2020 QP (Afr)
Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the National Exemplar Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 596.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
National Exemplar Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Basic Concepts & Basic Economic Problem16 marks
- Question 1.2Basic Concepts & Basic Economic Problem8 marks
- Question 1.3Basic Concepts & Basic Economic Problem6 marks
- Question 2Basic Concepts & Basic Economic Problem40 marks
- Question 3Growth, Development & Globalisation40 marks
- Question 4Growth, Development & Globalisation14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.
• AFDELING A: VERPLIGTEND
• AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
• AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.
5. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks
van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.
7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Goedere wat om hulle eie onthalwe gebruik word, want dit
bevredig direk ons behoeftes.
A Dienste
B Verbruiksgoedere
C Kapitaalgoedere
D Intermediêre goedere
1.1.2 Die ontginning van grondstowwe uit die natuur.
A Primêre sektor
B Sekondêre sektor
C Tersiêre sektor
D Buitelandse sektor
1.1.3 Waar elke werker slegs ʼn klein gedeelte van die produksie-
aktiwiteit verrig, word dit … genoem.
A arbeidsverdeling
B uitkontraktering
C geskoolde arbeid
D spesialisasie
1.1.4 Die persentasie toename of afname in terme van die werklike
bedrag, nadat inflasie ingesluit is.
A Gewone syfers
B Nominale syfers
C Reële syfers
D Aangepaste syfers
1.1.5 Mense het nie ʼn keuse gehad oor watter voedsel om te verbruik
nie; hulle moes eet wat hulle ook al kon vind.
A Tradisionele stelsel
B Manoralisme
C Feodalisme
D Merkantilisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 ʼn Persoon in die ekonomies-aktiewe ouderdomsgroep wat
gewillig is om te werk en werk soek, maar nie werk kan kry nie.
A Indiensname
B Onder-indiensname
C Volle werkverskaffing
D Werkloos
1.1.7 Die surplus van mense wat die land binnekom, word … genoem.
A netto emigrasie
B netto immigrasie
C vrywillige migrasie
D nie-vrywillige migrasie
1.1.8 Maatreëls wat druk toepas op ʼn nasie om weg te doen met
onaanvaarbare beleide.
A Handelsembargo
B Tariewe
C Sanksies
D Kwotas (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 5
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die korrekte letter (A−I) langs die vraagnommers (1.2.1−1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekonomiese A sistematiese benadering om gewone
probleem patrone te ontbloot, deur na werklike
gebeure in die verlede te kyk
1.2.2 Monetaristiese B wanneer mense van plek tot plek beweeg
benadering vir voedsel, water en weiding
1.2.3 Wetenskaplike C vryemarkekonomie is inherent onstabiel
metode
1.2.4 Sakesiklus D mense het onbeperkte behoeftes, maar
slegs skaars hulpbronne is beskikbaar
1.2.5 Nomadies E die verskil tussen geldwaarde van invoere
en uitvoere
1.2.6 Handelsbalans F vryemarkekonomie is inherent stabiel
1.2.7 Ekonomiese beleid G die herhalende en fluktuerende vlakke van
ekonomiese aktiwiteit oor ʼn lang periode
van tyd
1.2.8 Khoisan H eerste inheemse mense in Suid-Afrika
I regeringsoptrede om ekonomiese
aktiwiteite te beïnvloed
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.3 Identifiseer die konsep wat in elk van die volgende stellings beskryf word.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Studie oor hoe individue, besighede en ander organisasies
keuses maak oor hoe om goedere en dienste te produseer met
skaars hulpbronne
1.3.2 ʼn Stelling wat ʼn subjektiewe waardeoordeel behels
1.3.3 Die beweging van goedere en dienste en produksiefaktore is onder
meer deelnemers aan die ekonomie
1.3.4 Die wêreldwye integrasie van markte en produksie
1.3.5 ʼn Organisasie van werkers wat saamspan om gemeenskaplike
doelwitte te bereik, soos beter diensvoorwaardes
1.3.6 ʼn Ekonomiese markstelsel waar alle besluitneming oor produksie
en verbruik deur individuele persone gemaak word (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 7
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE vertakkings van ekonomie. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom gebruik ekonome wiskundige finansies? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE 2019 (miljoene rande)
(BTW)
Primêre sektor 456 939
Sekondêre sektor 106 067
Tersiêre sektor 350 882
BTW TEEN BASIESE PRYSE VRAAG 2.2.5
Belasting op produkte 575
Subsidie op produkte 150
BBP TEEN MARKPRYSE 914 313
2.2.1 Identifiseer die metode wat in bostaande tabel gebruik is. (1)
2.2.2 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte. (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die begrip Bruto Binnelandse Produk (BBP). (2)
2.2.4 Hoekom word subsidies afgetrek wanneer die BBP bereken word? (2)
2.2.5 Bereken die Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese pryse. Toon
ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jou dag bestaan uit miljoene keuses; jou keuse wanneer om te studeer,
of wanneer om TV te kyk. Die probleem is dat jy ʼn hulpbron slegs vir een
doel kan aanwend.
2.3.1 Watter ekonomiese probleem word in bostaande prent aangedui? (1)
2.3.2 Identifiseer die rasionele keuse uit bostaande prent. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip keuse. (2)
2.3.4 Hoe verseker jy dat jy ʼn goeie keuse maak? (2)
2.3.5 Hoekom móét mense ʼn keuse maak? (4)
2.4 Verduidelik kortliks die verskil tussen ekonomiese en vrye goedere. (8)
2.5 Hoekom is die gebruik van modelle nodig in ekonomie? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 9
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE maniere wat die Gildes gebruik het om surplusse te
produseer vir handelsdoeleindes. (2 x 1) (2)
3.1.2 Watter rol het die ontwikkeling van dorpe en stede gespeel in die vroeë
ekonomiese ontwikkeling? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nou, luister vir my … Jy het tonne hooi,
maar benodig melk, nè? Ek, aan die ander
kant, het melk, maar benodig hooi …
3.2.1 Watter soort handel word in die bostaande spotprent voorgestel? (1)
3.2.2 Hoe het mense hierdie soort handel aangewend? (1)
3.2.3 Verduidelik die inmenging van die regering in handel. (2)
3.2.4 Wat het die ekonomie daartoe gelei om geld te gebruik? (2)
3.2.5 Hoekom behoort die nasie aangemoedig te word om te spaar? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERSTEDELIKING
Suid-Afrika verstedelik vinnig waar 63% Suid-Afrikaners reeds in stedelike
gebiede woon en die statistiek sal tot 71% teen 2030 toeneem. Teen 2015,
sal 8 uit 10 mense in stedelike gebiede woon en dit sal die vraag na basiese
infrastruktuurvereistes laat toeneem. Die uitdagings van verstedeliking is
heelwat.
[Aangepas uit http//pmg.org.za]
3.3.1 Noem EEN rede vir die styging van Suid-Afrikaners in stedelike
gebiede. (1)
3.3.2 Watter persentasie Suid-Afrikaners woon nie in stedelike gebiede
nie? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die begrip verstedeliking. (2)
3.3.4 Wat is waarskynlik die uitdagings van verstedeliking? (2)
3.3.5 Hoe doeltreffend is die gebruik van tegnologie in die ekonomie? (4)
3.4 Verduidelik kortliks die evolusie van beperkte aanspreeklike maatskappye.
(4 x 2) (8)
3.5 Hoe is inheemse mense negatief deur kolonialisme en imperialisme
beïnvloed? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE maniere waarop die San-mense geleef het. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom word ekonomie as ʼn sosiale wetenskap beskou? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Noem enige EEN beroepskeuse wanneer jy Ekonomie neem. (1)
4.2.2 Watter wetenskap kan met Ekonomie gekombineer word? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip loopbaan. (2)
4.2.4 Wat sou die effek daarvan wees om nie ʼn loopbaan te hê nie? (2)
4.2.4 Hoekom behoort mense hulle belangstellings en vaardighede te oorweeg
wanneer hulle ʼn loopbaan kies? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE INNOVASIE-SPILPUNT
Suid-Afrika het die mees hoogsontwikkelde telekommunikasienetwerk in
Afrika. Dit is 99% digitaal en sluit koordlose en satellietkommunikasie in.
Suid-Afrika is ook in ʼn uitstekende posisie om sy IKT-produkte en dienste uit
te voer na die mark in die res van Afrika, waar die vraag daarna vinnig groei
soos wat ekonomiese toestande verbeter.
[Aangepas en vertaal uit Fast Track Economics]
4.3.1 Noem enige EEN kommunikasiestelsel wat in Suid-Afrika gebruik
word. (1)
4.3.2 Wat is die hoofdoel van die Innovasie-spilpunt? (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die begrip kommunikasie. (2)
4.3.4 Verduidelik waarom ʼn kommunikasiestelsel belangrik is in die
ekonomie. (2)
4.3.5 Watter uitwerking sal mobiele en koordlose kommunikasie op ons
lewens hê? (4)
4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (4 x 2) (8)
4.5 Evalueer die negatiewe uitwerking van produksie op die omgewing. (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 13
AFDELING C
Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
PUNTE-
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
• ʼn Goeie beginpunt sal wees om ʼn begrip te definieer wat in
die vraag verskyn.
• Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun. Maks. 2
• Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat in die inhoud bespreek gaan
word.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking / Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer.
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot
• Die slot is ʼn kort opsomming van die bespreking van die onderwerp
in die inhoud en moet beskou word as ʼn hoërorde antwoord.
• Die slot kan in die vorm van ʼn eie opinie wees, voorbeelde om jou Maks. 2
bespreking te staaf of ʼn teenoorgestelde sienswyse van dit wat
bespreek is.
• Geen aspek uit die inleiding of die inhoud mag weer in die slot
voorkom nie.
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die ekonomiese aanwysers wat in vooruitskatting gebruik
word. (26 punte)
• Hoekom sal ʼn resessie ekonomies-kwesbare mense negatief beïnvloed?
(10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die VYF fases van die demografiese siklus.
(Maksimum van 6 punte per fase) (26 punte)
• Watter impak sal die verspreiding van COVID-19 op die arbeidsmag van ʼn
land hê volgens jou opinie? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P2 National Exemplar 2020 QP (Eng)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum