Skip to content

Economics Grade 10 National Exemplar 2020 Memo

MemorandumEconomicsGrade 10202019 pages

Grade 10 Economics memorandum from the National Exemplar Exam 2020, 19 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2020 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A ✓✓ ʼn onvolmaakte mark 1.1.2 B ✓✓ die hoeveelheid van die produk 1.1.3 C ✓✓ Weermag 1.1.4 D ✓✓ Sond belasting 1.1.5 B ✓✓ Ekonomiese aktiewe bevolking 1.1.6 A ✓✓ Migrasie 1.1.7 C ✓✓ Wet op Basiese Diensvoorwaardes 1.1.8 D ✓✓ regstellings (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 I Motorhandelaars en selfoonverskaffers ✓ 1.2.2 G Produkte wat gebruik word in die plek van ander produkte ✓ 1.2.3 E ʼn Sentrale ekonomiese probleem ✓ 1.2.4 F Word gedra deur mense wat nie betrokke is in die produksieproses nie ✓ 1.2.5 A Beskerm mense wat gewerk het en afgedank is ✓ 1.2.6 B Dit mag lei tot werkers wat hulle werk verloor ✓ 1.2.7 C Probeer dispute besleg deur bemiddeling ✓ 1.2.8 D Maak geld beskikbaar binne die sektor vir onderwys en opleiding ✓ (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 3 1.3 EEN WOORD-ITEMS 1.3.1 Wet van vraag ✓ 1.3.2 Indifferensiekaart ✓ 1.3.3 Sosialisme / Sentraal-beplande ekonomie ✓ 1.3.4 Werkloosheidskoers ✓ 1.3.5 Werkplek forum ✓ 1.3.6 Grondrestitusie ✓ (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe/kenmerke van indifferensie kurwes. • Indifferensiekurwes hel afwaarts. ✓✓ • Hoër indifferensie kurwes word verkies bo laer kurwes. ✓✓ • Indifferensiekurwes kruis nooit. ✓✓ • Indifferensiekurwes buig inwaarts. ✓✓ (2 x 1) (2) 2.1.2 Watter impak sal die toename in inkome tot op die vraag na goedere en dienste hê? Daar sal ʼn groter vraag na goedere/dienste wees. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Noem enige EEN voorbeeld van ʼn soort onvolmaakte mark. • Monopolie ✓ • Oligopolie ✓ • Monopolistiese mededinging ✓ (1) 2.2.2 Wat is die doel van Eskom? • Die doel van Eskom is om volhoubare elektrisiteitoplossings te verskaf en sodoende ekonomiese groei te ondersteun. ✓ (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die begrip ondoeltreffendheid. • Ondoeltreffendheid is die toestand waar maksimum produktiwiteit met minimum hulpbronne, nie bereik word nie. ✓✓/ Mislukking om die beste van tyd of hulpbronne gebruik te maak. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 2.2.4. Verduidelik die aard van die produk as ʼn eienskap van ʼn monopolie. Die goed of diens wat verskaf word is uniek en het geen naby substituut nie. ✓✓ (2) 2.2.5 Hoekom staar Eskom soveel uitdagings in die gesig? • Staatskaping / korrupsie ✓✓ • Swak bestuur ✓✓ • Elektrisiteitdiefstal ✓✓ • ʼn Kultuur van nie-betaling en munisipaliteite wat wanbestuur word ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 5 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die minimum uurlikse loon vir huishulpe. • R15,57 ✓ (1) 2.3.2 Noem EEN hoofrede vir die vasstel van minimum lone. • Om welvaart te verbeter en te verseker dat loonverdieners in staat is om in hul huishoudings se basiese behoeftes te kan voorsien. ✓ (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die begrip minimum lone. • Minimum lone is die laagste loon wat ʼn werkgewer toegelaat sal word om sy werker per week of maand te betaal. ✓✓ (2) 2.3.4 Watter uitwerking sal produsente subsidies tot die ekonomie hê? • Verhoog die aanbod van goedere om vir die verbruikersvraag in die ekonomie voorsiening te maak. ✓✓ • Verlaag die produksiekoste vir verskaffers en verhoog sodoende die winste. ✓✓ • Verbeter die kwaliteit van goedere wat geproduseer word om uitvoere te fasiliteer. ✓✓ • Verhoog staatsinkome en nasionale inkome. ✓✓ (1 x 2) (2) 2.3.5 Hoe sal minimum lone die lewens van werkloses beïnvloed? • Werknemers sal ʼn meer gelyke en regverdige loon betaal word vir hulle dienste gelewer. ✓✓ • Armoede mag verlig word indien die laer betaalde mense ’n hoër inkome verdien. ✓✓ • Die werkloses word aangemoedig om by die arbeidsmag aan te sluit. ✓✓ • Sommige werkers sal hulle werk verloor. ✓✓ • Hoër minimum lone lei tot ʼn toename in verbruiksbesteding, ✓✓ wat ook tot ʼn mate tot vraag-trek inflasie kan lei. ✓✓ • Minimum lone verseker dat maatskappye hulle rykdom met hulle werkers deel, wie gehelp het om dit te genereer. ✓✓ • Daar is ʼn surplus arbeid wat op die mark aangebied word. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) 2.4 Verduidelik kortliks die begrotingslyn, met behulp van ʼn grafiek met volledige byskrifte. Produk A ✓ x ✓✓ y Produk B ✓ Puntetoekenning: Korrekte teken van begrotingslyn = 2 Korrekte byskrifte by begrotingslyn =2 Maks. 4 punte • Die begrotingslyn toon al die kombinasies van die twee goedere wat ʼn verbruiker kan bekostig om te koop met die waarde van sy inkome wat hy beskikbaar het om te bestee. ✓✓ • Die bostaande grafiek toon al die moontlike kombinasies van produk A en produk B wat die verbruiker kan bekostig. ✓✓ • Die verbruiker kan enige kombinasie van produk A en produk B wat op die lyn lê, koop. ✓✓ • Enige punt regs van die lyn (soos by x) is onbekostigbaar. ✓✓ • Enige punt links van die lyn (soos by y) is bekostigbaar. ✓✓ (Maks. 4) (8) 2.5 Waarom word markte as ondoeltreffend in die toekenning van hulpbronne/goedere en dienste aan die mense van ʼn land beskou? • Besighede mag dalk nie bereid wees om sekere goedere en dienste te verskaf nie. ✓✓ • Monopolieë hef pryse op goedere en dienste wat té hoog is. ✓✓ • Besighede verskaf of té veel of té min van die goedere. ✓✓ • Die ongelyke verdeling van inkome veroorsaak dat sommige huishoudings uit die mark uitgesluit word. ✓✓ (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 7 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE regstellende metodes wat die regering gebruik om herverdeling van inkome af te dwing. • SEB ✓ • Regstellende aksie ✓ • Bemagtiging ✓ • Grondrestitusie ✓ • Grondherverdeling ✓ • HOP-huise ✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat was die hooffokus van onderwysbeleide sedert 1994? • Die fokus was op die transformasie van onderwys ten einde toegang, kwaliteit, gelykheid en regstelling vir leerders, sonder diskriminasie van enige soort, te verseker. ✓✓ • Die reg tot onderwys vir beide kind en volwassene, soos wat dit in Suid-Afrika se Grondwet beskerm word. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Waarvoor staan die akroniem NUMSA? Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika ✓ (1) 3.2.2 Noem enige EEN arbeidsreg in Suid-Afrika. • Die reg om te werk ✓ • Die reg tot gelyke betaling vir gelyke werk ✓ • Die reg tot ʼn loon wat basiese behoeftes van die huishouding kan dek ✓ • Die reg om aan ʼn vakbond te mag behoort ✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip konsultasie. Die samekoms van rolspelers (werkers en werkgewers) waar die uitruil van inligting, raad en opinies rakende kwessies wat die werksplek beïnvloed, plaasvind. ✓✓ (2) 3.2.4 Hoekom sal werkers verkies om lid van ʼn unie te wees? Werkers verkies om lede van vakbonde te wees, omdat vakbonde: • Met werkgewers namens die werkers, onderhandel ten einde lone en voordele te verbeter ✓✓ • Verseker dat daar geen diskriminasie teen enige groep werkers is nie ✓✓ en dat die arbeidswetgewing afgedwing word ✓✓ • Daarna streef om enige werkverlies, as gevolg van afdanking, te verminder ✓✓ • Lede bystaan om griewe op te los ✓✓ • Lede verteenwoordig in arbeidsdispute ✓✓ • Die sienswyse en wense uitspreek van die arbeidsmag in die werkplek ✓✓ / forums ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) 3.2.5 Watter gevolge kan ʼn staking/optog op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê? • Minder produksie ✓✓ • Daling in ekonomiese aktiwiteite ✓✓ • Verlies aan sakewinste ✓✓ • Verlies aan werksgeleenthede as gevolg van afdankings ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Watter element van makro-ekonomiese aanpassings word in die spotprent voorgestel? Inkome ongelykheid ✓ (1) 3.3.2 Waarvoor staan die afkorting BBP? Bruto Binnelandse Produk ✓ (1) 3.3.3 Wat is die doel van Swart Ekonomiese Bemagtiging? • SEB verskaf die fondasie vir die transformasie van die Suid- Afrikaanse ekonomie, sodat die aantal swart mense wie besighede in die land besit, bestuur en beheer, beduidend kan toeneem ✓✓ / om ongelykhede van Apartheid aan te spreek – waar swart Suid- Afrikaners nie die ekonomiese voorregte geniet het wat slegs beskikbaar was aan wit mense nie. ✓✓ (2) 3.3.4 Verduidelik kortliks enige TWEE oplossings vir die onstabiliteit van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Oplossings vir die onstabiliteit van die Suid-Afrikaanse ekonomie sal wees: • Om strategieë te vind wat die onsekerheid en oor-evaluasie van die geldeenheid verminder ✓ • Om te verseker dat inflasie onder beheer gehou word ✓ • Om te verseker dat fiskale en monetêre beleid saamwerk om volgehoue en gedeelde groei te bereik✓ • Om die begrotingsproses in die regering te verbeter ✓ • Om die regering se kapitale investering te bestuur ✓ (2 x 1) (2) 3.3.5 Na jou mening, wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die lewenstandaard van die armes te verbeter? • Deur die Suid-Afrikaanse menslike kapitaal te verbeter sodat hulle tot ekonomiese aktiwiteit kan bydra. ✓✓ • Deur ekonomiese ontwikkeling te bevorder en werksgeleenthede te skep. ✓✓ • Deur huise te bou en water, sanitasie en elektrisiteit te verskaf. ✓✓ • Deur skole en klinieke te bou. ✓✓ • Deur die ekonomie te herstruktureer en die kwaliteit van onderwys in armer gebiede te verbeter, ✓✓ sodat daar meer geskoolde arbeid is ✓✓ en meer geleenthede vir entrepreneurskap om deel te word van besighede. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 9 3.4 Verduidelik hoekom daar ʼn negatiewe verhouding tussen lone en die hoeveelheid arbeid wat aangevra word bestaan, met behulp van ʼn grafiek met volledige byskrifte. Loonkoers ✓ V L2 ✓✓ L1 a V 0 H1 H2 Arbeid ✓ Puntetoekenning: Korrekte teken van vraagkurwe vir arbeid = 2 Korrekte byskrifte van vraagkurwe vir arbeid = 2 Maks. 4 punte • Die loonkoers word op die vertikale-as gemeet, terwyl die horisontale-as die hoeveelheid van arbeid meet. ✓✓ • Teen loonkoers L1, is besighede bereid om meer mense in diens te neem (H2). ✓✓ • Soos wat die loonkoers na L2 toeneem, en dit duurder raak om arbeid in diens te neem, is besighede net bereid om minder werkers in diens te neem. ✓✓ • Soos wat die loonkoers toeneem, sal werkers duurder raak, en daarom sal daar ʼn daling in die hoeveelheid arbeid wees wat deur besighede aangevra word. ✓✓ • As die loon koers daal, raak arbeid minder duur en daarom is daar ʼn toename in die vraag na arbeid. ✓✓ • Die vraag na arbeid hang nie net af van die vraag na goedere nie, maar ook van die loonkoers. ✓✓ (Enige 4 x 2) (8) 3.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die kwessie rondom ongelykhede aan te spreek? • Beleidshervorming behoort daarop ingestel te wees om onregte van die verlede, reg te stel. ✓✓ • Beleidshervorming moet daarop gemik wees om gelyke geleenthede vir almal in vandag se tye te bied. ✓✓ • Beleide moet ʼn nasionale geskiedenis en skande van strukturele rassisme aanspreek, wat swartmense en mense met fisiese gestremdhede toegang tot hulpbronne geweier het. ✓✓ • Beleide wat die hoë kostes van onderwys aanspreek. ✓✓ • Vroeër inmenging in lewens word vereis, bv. bekostigbare gesondheidsorg, werkverskaffing en opleidingsprogramme. ✓✓ (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE hoofdoelwitte van die Wet op Arbeidsverhoudinge. • Self-regering ✓ • Meerderheid ✓ • Konsultasie ✓ (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie? Markte bring kopers en verkopers byeen ten einde die pryse te bepaal / reguleer die produksie van goedere en dienste / ken hulpbronne toe / dien as meganisme om goedere en dienste te ruil. ✓✓ (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 In watter rigting sal die kurwe skuif indien die uitset afneem? • Links / inwaarts ✓ (1) 4.2.2 Wat stel ʼn punt op die PMK voor? • Doeltreffende produksie / doeltreffendheid ✓ (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die begrip produksiemoontlikheidkurwe. ʼn Diagram wat aandui watter kombinasie van twee verskillende produkte geproduseer kan word, gegewe die beperkte aanbod van die produksiefaktore. ✓✓ (2) 4.2.4 Hoeveel kapitaalgoedere sal geproduseer word, indien al die hulpbronne vir die produksie van verbruikersgoedere aangewend word? Nul ✓✓ (2) 4.2.5 Identifiseer die verskil tussen interne en eksterne faktore wat ʼn skuif van die PMK teweegbring. • Interne faktore verwys na faktore wat onder die beheer van die besighede is / wat tot ʼn toename in die hoeveelheid goedere geproduseer lei. ✓✓ • Eksterne faktore is daardie faktore waaroor besighede geen beheer het nie / wat tot ʼn verbetering in die hoeveelheid/kwaliteit van goedere en dienste wat geproduseer word mag lei ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 11 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer die jaar met die laagste aantal werkloses. • 2018 ✓ (1) 4.3.2 Watter instelling is verantwoordelik vir die publikasie van die werkloosheidsyfers in Suid-Afrika? • Statistieke Suid-Afrika / Stats SA ✓ (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip werkloosheid. • ʼn Situasie waar mense wat kan werk, wat wil werk en aktief besig is om werk te soek, nie daarin slaag om werk te kry nie. ✓✓ (2) 4.3.4 Wat beteken ʼn styging in die werkloosheidskoers? • ʼn Styging in die persentasie van die arbeidsmag wat werkloos is, wat beteken dit neem toe of af, afhangende van veranderinge in ekonomiese toestande. ✓✓ • Werkloosheid neig om siklies te wees ✓✓ en neem toe as ekonomiese aktiwiteit stadig is. ✓✓ • Werkloosheid styg wanneer die ekonomie inkrimp en maatskappye sommige werkers laat aflê. ✓✓ (2) 4.3.5 Watter stappe behoort die regering te neem ten einde werkloosheid te verminder? • Versnelde ekonomiese groei. ✓✓ • Verbeterde onderwys en opleiding. ✓✓ • Stimuleer klein, medium en mikro ondernemings (KMMOs) ✓✓ • Gebruik openbare werke programme (OWPe) of spesiale werkverskaffings programme. ✓✓ • Bevorder arbeidsintensiewe strategieë. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die eienskappe van nut. • Items met hoë nut is nie altyd bruikbaar nie ✓✓ • Nut verskil van plek tot plek ✓✓ • Nut verander van tyd tot tyd ✓✓ • Nut verskil van persoon tot persoon ✓✓ • Nut kan nie gemeet word nie ✓✓ (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) 4.5 Hoe behoort entrepreneurskap bevorder te word? • Die Ontwikkelingsagentskap vir Klein Ondernemings (SEDA) ✓ behoort KMMO’s te bevorder en te ondersteun, veral in plattelandse gebiede. ✓✓ • Bystand behoort te wees in die vorm van sakeplanne, tegniese advies, bemarking en inligting oor ondersteuning met uitvoere. ✓✓ • Vroue kan gehelp word met hulle sakeondernemings en om hulle entrepreneursvaardighede te ontwikkel, ✓✓ en toegang tot besigheids hulpbronne ✓✓ te verkry. Suid-Afrikaanse netwerk van vroulike entrepreneurs kan help. ✓✓ • Jong entrepreneurs kan met opleiding, navorsing en mentorskap bygestaan word. ✓✓ • Ntsika Ondernemings Bevordering ✓ verskaf gewoonlik nie-finansiële ondersteuningsdienste soos bestuursontwikkeling en bemarking. ✓✓ • Oorbrug die befondsinggaping in KMMO’s se mark te deur toegang tot finansiering by finansiële instellings, ✓✓ bv. Khula Enterprise Finance Ltd, te verkry ✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 13 AFDELING C Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTE- TOEKENNING Inleiding • ʼn Goeie beginpunt sal wees om ʼn begrip wat in die vraag verskyn gebruik word, te definieer. • Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun. • Moet nie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie. • Moet nie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te sê wat in die inhoud gaan bespreek. Maks. 2 Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Kritiese bespreking/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Assesseer/ Debatteer. Maks. 26 Addisionele gedeelte: Gee jou eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Kritiese evaluering/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10 Slot: Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende insluit: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek of ontleed is, sonder om die feite wat reeds in die inhoud genoem is, te herhaal. • ʼn Opinie of gewaardeerde oordeel oor bespreekte feite. • Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking ontleding te staaf. • ʼn Teenoorgestelde sienswyse met motivering, indien so verlang. • Aanbevelings Maks. 2 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek prys vorming in detail ten einde die vasstelling van pryse en hoeveelhede te illustreer van grafieke gebruik te maak. (26) • Wat is die betrokke voordele om jou besigheid op ʼn internasionale/ globale skaal uit te brei? (10) INLEIDING In ʼn mededingende mark, kom ewewig voor wanneer die prys van ʼn goed of diens vasgestel is teen die vlak waar die hoeveelheid gevra gelyk is aan die hoeveelheid aangebied. ✓✓ (2) INHOUD HOOFGEDEELTE: VRAAGKURWE ✓ PRYS Korrekte byskrifte van asse – 1 punt V Korrekte vorm – 2 punte Korrekte veranderinge – 1 punt P1 P2 ✓✓ ✓ V 0 H1 H2 HOEVEELHEID • Vraag is die hoeveelheid van ʼn goed of diens wat verbruikers in staat en bereid is om oor ʼn periode van tyd te koop. ✓✓ • ʼn Vraagkurwe is ʼn grafiek wat die hoeveelheid van ʼn goed of ʼn diens toon wat gevra word teen verskillende pryse oor ʼn gegewe periode van tyd. ✓✓ (8 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 15 AANBODKURWE ✓ A PRYS ✓✓ Korrekte byskrifte van asse – 1 punt P2 Korrekte vorm van kurwe – 2 punte Korrekte veranderinge – 1 punt P1 ✓ A 0 H1 H2 HOEVEELHEID • Aanbod is die hoeveelheid goedere en dienste wat produsente gewillig en bereid is om oor ʼn sekere periode van tyd aan te bied. ✓✓ • ʼn Aanbodkurwe is die grafiek wat die hoeveelheid goed of diens toon wat ʼn verskaffer bereid is om aan te bied teen verskillende pryse oor ʼn sekere periode van tyd. ✓✓ (8 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) PRYSVORMINGSKURWE V Oorskot A b P1 a P E✓✓ ✓ P2 c Tekort d A V 0 H Hoeveelheid ✓ Puntetoekenning vir grafiek: Korrekte byskrifte van die asse – 1 punt Korrekte identifikasie van die ewewig – 2 punte Korrekte teken en byskrifte van die vraagkurwe en die aanbod kurwe – 1 punt • Teen ʼn ewewigsprys kan kopers die hoeveelheid van ʼn produk koop wat hulle beplan het om te koop en verskaffers kan die hoeveelheid van ʼn produk verskaf wat hulle beplan het om aan te bied. ✓✓ • In die grafieke staan die prysvlak waarteen die vraag -en aanbodkurwe sny, bekend as die ewewigspunt en dit is punt e in bostaande grafiek. ✓✓ • Ewewigsprys is P en ewewigshoeveelheid is H. ✓✓ • Die hoeveelheid aangebied is gelyk aan die hoeveelheid aangevra en daar is geen kragte wat in werking is om die prys te verander nie. ✓✓ • ʼn Mark surplus (oormaat aanbod) bestaan wanneer daar ʼn ooraanbod van ʼn goed of diens in die mark is. ✓✓ • Wanneer dit gebeur hoop voorrade van hierdie goedere op totdat produsente dit teen ʼn laer prys verkoop (van P1 na P2). ✓✓ • Mark tekorte (oormaat vraag) bestaan wanneer die hoeveelheid van ʼn goed of diens wat aangevra word, die hoeveelheid aangebied oorskry. ✓✓ • In die grafiek word die tekort aangedui deur cd.✓✓ • By die markewewig (P), is daar geen tekort of surplus van ʼn goed en diens nie. ✓✓ (Maks.26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 17 ADDISIONELE GEDEELTE Wat is die betrokke voordele om jou besigheid uit te brei op ʼn internasionale skaal? • Nuwe inkome potensiaal ✓✓ • Die vermoë om meer mense te help ✓✓ • Groter toegang tot talent ✓✓ • Aanleer van nuwe kultuur ✓✓ • Blootstelling aan buitelandse investeringsgeleenthede ✓✓ • Verbetering van maatskappymarkte ✓✓ • Diversifisering van maatskappymarkte ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.) (Maks. 10) (10) SLOT Die begrippe vraag en aanbod is belangrik vir ekonome, omdat dit hulle help om te verstaan hoe pryse vasgestel word in die mark. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike hoër orde slot.) (Maks. 2) (2) [40] VRAAG 6: KONTEMPORêRE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek oorsake van werkloosheid. • Watter uitwerking het werkloosheid op die ekonomie? (26) INLEIDING Werkloosheid is ʼn situasie waar mense wat kan werk, wil werk en aktief werk soek, nie werk kan vind nie. ✓✓ (2) INHOUD: HOOFGEDEELTE Sikliese werkloosheid ✓ • Hierdie soort werkloosheid word veroorsaak deur die afswaai in die sakesiklus. ✓✓ • Dit beteken dat dit veroorsaak is deur ʼn afwyking in totale besteding, wat mense se vraag na goedere en dienste beïnvloed. ✓✓ • As vraag afneem, sal indiensnamevlakke ook daal. ✓✓ • Daar word ook daarna verwys as vraag-afwykings werkloosheid. ✓✓ • Omdat dit ʼn deel is van die natuurlike sakesiklus van ʼn ekonomie, wanneer die siklus in die groeifases in beweeg, sal die vlak van indiensname afneem as meer werksgeleenthede geskep word om te voldoen aan die styging in vraag. ✓✓ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) Seisoenale werkloosheid ✓ • Seisoenale werkloosheid is redelik algemeen in sekere sektore van die ekonomie, soos in landbou en toerisme wat slegs ʼn seisoenale vraag na arbeid het. ✓✓ • Mens wat in diens geneem word vir ʼn tydperk wat slegs oor ʼn gedeelte van die jaar strek is seisoenaal werkloos ✓✓ • Sommige besighede en nywerhede ervaar baie besige periodes, waartydens hulle baie werkers benodig en dan weer baie stil periodes, waartydens hulle minder of geen werkers benodig. ✓✓ • Die werkers is werkloos gedurende die stadige seisoen en word heraangestel gedurende die besige seisoen. ✓✓ Wrywingswerkloosheid ✓ • Wrywings werkloosheid vind plaas wanneer mense tussen werke beweeg of vir die eerste keer opsoek is na werk. ✓✓ • Dit is tydelik en onafwendbaar. ✓✓ • Sommige mense is dalk so pas afgedank en is besig om vir werk te soek. ✓✓ • Dit word soms soek werkloosheid genoem. ✓✓ Strukturele werkloosheid ✓ • Strukturele werkloosheid is die ernstigste tyd van werkloosheid. ✓✓ • Strukturele werkloosheid kan op enige tydstip gebeur, selfs gedurende hoë vlakke van ekonomiese groei. ✓✓ • Dit is as gevolg is van strukturele veranderinge in die ekonomie, soos byvoorbeeld tegnologiese vooruitgang. ✓✓ • Omdat ekonomieë voortdurend verander, sal sommige sektore groei terwyl ander sektore weer inkrimp, ✓✓ die gevolg is werksverliese in daardie inkrimpende sektore, maar weer die skep van werksgeleenthede in die groeiende sektore. ✓✓ • Die werkers van die inkrimpende sektore wat nie oor die nodige of toepaslike vaardighede beskik nie, kan nie geleenthede in die groeiende sektore aangryp nie. ✓✓ (Maks. 26) ADDISIONELE GEDEELTE Watter uitwerking het werkloosheid op die ekonomie? • Werkloosheid veroorsaak ʼn verlies aan potensiële uitset. ✓✓ • Werkloosheid skep sosiale en politiese onrus. ✓✓ • Werkloosheid is verwant aan misdaad ✓✓– hoë misdaadvlakke beïnvloed die manier hoe beleggers die ekonomie sien en daarmee interaksie het en lae investering beteken weer op sy beurt laer ekonomiese groei. ✓✓ • Werkloosheid lei tot ʼn siklus van armoede. ✓✓ • Mense wat vir lang periodes werkloos is, word ook vasgevang in ʼn werkloosheidsiklus wat hulle vaardighede vernietig ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Maks. 10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 19 SLOT Verskillende lande ly onder verskillende soort werkloosheid teen verskillende tye. Kennis oor die oorsake en soorte werkloosheid is krities as ʼn land oplossings vir sy werkloosheidsprobleme wil vind. ✓✓ (Maks. 2) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all