Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS
NOVEMBER 2019
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, 'n 2 bladsy-formuleblad en
1 antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers %20Memo%20Afr_hlayiso.com_--84306089-a8b7-46a3-b855-e11cdd05618d/v1-be7a8c12216e172d3eee/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--5793f054-5622-4770-bc38-b451ab9fa3ca/v1-b63cfd9fe81f6b267174/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--205975a5-6c23-4617-b4af-a89e1a36dd92/v1-f0a06005964d014ebed2/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)
View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)


Electrical Technology Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 527.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord VRAAG 2.3.4 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
4. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op die
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
plekke af.
7. Nommer al die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Berekeninge moet die volgende insluit:
9.1 Formules en manipulasies waar nodig
9.2 Korrekte vervanging van waardes
9.3 Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing.
10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 3 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
1.1 Beskryf hoe spanwerk werksetiek verbeter. (2)
1.2 Met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
(Wet 85 van 1993):
1.2.1 Noem TWEE doelwitte van die Wet op Beroepsgesondheid en
Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2)
1.2.2 Definieer die term werkplek. (2)
1.3 'n Werkgewer het 'n verantwoordelikheid om inligting oor sake rakende
beroepsveiligheid en gesondheid te gee. Noem EEN persoon wat in kennis
gestel moet word wanneer:
1.3.1 Die aangewese taak gevaarlik is (1)
1.3.2 'n Ernstige voorval plaasvind (1)
1.4 Noem TWEE algemene noodprosedures wat gevolg moet word wanneer die
noodsirene by die skool afgaan. (2)
[10]
VRAAG 2: RLC-KRINGBANE
2.1 Definieer die volgende met verwysing na RLC-kringbane:
2.1.1 Drywingsfaktor (2)
2.1.2 Q-faktor van 'n induktor in 'n resonante kringbaan (2)
2.2 Noem TWEE toepassings van RLC-kringbane. (2)
2.3 FIGUUR 2.3 hieronder toon 'n RLC-seriekring. Beantwoord die vrae wat volg.
R L C
VR = 12 V VL = 16 V VC = 24 V
IT = 3 A
60 Hz
FIGUUR 2.3: RLC-SERIEKRING
Gegee:
IT = 3A
VR = 12 V
VL = 16 V
VC = 24 V
f = 60 Hz
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 4 DBE/November 2019
NSS
2.3.1 Bereken die totale toevoerspanning. (3)
2.3.2 Bereken die waarde van die induktiewe reaktansie. (3)
2.3.3 Noem of die kringbaan kapasitief of induktief is. Motiveer jou
antwoord. (2)
2.3.4 Voltooi die fasordiagram op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 2.3.4 en dui die rigting van rotasie aan. (4)
2.3.5 Beskryf hoe 'n toename in impedansie, terwyl die weerstand
konstant bly, die fasehoek en drywingsfaktor sal beïnvloed. (2)
2.4 FIGUUR 2.4 hieronder toon 'n RLC-parallelkring wat bestaan uit 'n
20 Ω-weerstand, 'n induktor met 'n induktiewe reaktansie van 30 Ω en
'n kapasitor met 'n kapasitiewe reaktansie van 40 Ω wat almal aan 'n
120 V/60 Hz-toevoer gekoppel is. Beantwoord die vrae wat volg.
IT
IR = 6 A IL = 4 A IC = 3 A
120 V R = 20 Ω XL = 30 Ω XC = 40 Ω
60 Hz
FIGUUR 2.4: RLC-PARALLELKRING
Gegee:
R = 20 Ω
XL = 30 Ω
XC = 40 Ω
VS = 120 V
f = 60 Hz
2.4.1 Bereken die totale stroomvloei in die kringbaan. (3)
2.4.2 Bereken die fasehoek. (3)
2.4.3 Noem of die fasehoek voorlopend of nalopend is. Motiveer jou
antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 5 DBE/November 2019
NSS
2.5 FIGUUR 2.5 hieronder toon 'n RLC-serie-resonansiekringbaan bestaande uit
'n 12 Ω-weerstand, 'n induktor met 'n induktiewe reaktansie van 50 Ω en 'n
verstelbare kapasitor wat almal aan 'n 120 V/2 kHz-toevoer gekoppel is.
Beantwoord die vrae wat volg.
R = 12 Ω XL = 50 Ω C
120 V/2 kHz
FIGUUR 2.5: RLC-SERIE-RESONANSIEKRING
Gegee:
VT = 120 V
f = 2 kHz
R = 12 Ω
XL = 50 Ω
2.5.1 Bereken die waarde van C wanneer die kringbaan by 2 kHz
resoneer. (4)
2.5.2 Bereken die waarde van die stroomvloei in die kringbaan. (4)
2.5.3 Noem hoe die stroom beïnvloed sal word indien die weerstand
verdubbel word. (1)
2.5.4 Maak 'n lys van DRIE eienskappe van 'n RLC-seriekring by (3)
resonansie. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 6 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: DRIEFASE-WS-OPWEKKING
3.1 Maak 'n lys van DRIE voordele van drywingsfaktorverbetering vir die
verbruiker. (3)
3.2 Verduidelik waarom die kragverspreiding na verbruikers in ster gekoppel is. (2)
3.3 Noem die verskil tussen 'n wattmeter en 'n kilowatt-uur-meter. (2)
3.4 Noem die doel van die volgende:
3.4.1 Nasionale kragnetwerk (1)
3.4.2 Eskom se nasionale beheersentrums (1)
3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+V VR 2 3
0
t
-V
FIGUUR 3.5: DRIEFASE-SPANNINGSGOLFVORM
3.5.1 Benoem die opgewekte spanningsgolfvorms genommer 2 en 3
volgens die universeel erkende volgorde.
LET WEL: Neem VR as verwysing. (2)
3.5.2 Noem die faseverskuiwing tussen die drie golfvorms wat in
FIGUUR 3.5 opgewek is. (1)
3.6 'n 380 V-, driefase-, sterverbinde WS-motor het 'n uitsetdrywing van 25 kW en
dit werk teen 'n nalopende drywingsfaktor van 0,87. Die rendement van die
motor is 85%.
Gegee:
VL = 380 V
ƞ = 85%
Cos ө = 0,87 nalopend
Puit = 25 kW
Bereken die:
3.6.1 Insetdrywing (3)
3.6.2 Lynstroom (3)
3.6.3 Fasestroom (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 7 DBE/November 2019
NSS
3.7 Verwys na FIGUUR 3.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Gegee:
P1 = 14 kW
P2 = 18 kW
L1 Terminaal A
Stroomspoel 1
P1
Spanningspoel 1
L2 Terminaal B
LAS
Spanningspoel 2
P2 Terminaal C
L3 Stroomspoel 2
FIGUUR 3.7
3.7.1 Identifiseer die metode wat in FIGUUR 3.7 gebruik word om die
drywing na die las te meet. (1)
3.7.2 Bereken die totale drywing deur die las gebruik. (3)
3.7.3 Bereken die drywingsfaktor van die stelsel. (3)
3.8 'n Deltaverbinde driefaselas word deur 'n 20 kVA-generator met 'n
fasespanning van 220 V voorsien. Die drywingsfaktor van die las word as
0,85 nalopend gegee. Bereken die lynstroom teen vollas.
Gegee:
S = 20 kVA
VF = 220 V
DF = 0,85 (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 8 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4: DRIEFASETRANSFORMATORS
4.1 Noem DRIE eksterne toestande wat kan veroorsaak dat 'n transformator
onklaar raak. (3)
4.2 Verduidelik wat kan gebeur indien 'n aardfout by een van die drie fases van
'n beskermde transformator voorkom. (3)
4.3 Beskryf hoe 'n toename in die las die magneto- motoriese krag in die primêre
wikkelings sal beïnvloed. (3)
4.4 Noem TWEE tipes verkoelingmetodes vir 'n droë transformator. (2)
4.5 Noem waarom die uitsetdrywing van 'n transformator effens minder as die
insetdrywing is. (1)
4.6 Beskryf die konstruksie van 'n driefase-kerntransformator. (3)
4.7 'n Ster-deltaverbinde transformator het 600 draaie op die primêre wikkelings
en 80 draaie op die sekondêre wikkelings. Die transformator is aan 'n
6 kV-toevoer gekoppel.
Gegee:
NP = 600 draaie
NS = 80 draaie
VL(F) = 6 kV
Bereken die:
4.7.1 Windingsverhouding (3)
4.7.2 Primêre fasespanning (3)
4.7.3 Sekondêre fasespanning (3)
4.7.4 Sekondêre lynspanning (2)
4.8 Met verwysing na Faraday se wet, beskryf hoe wedersydse induksie in 'n
transformator plaasvind. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 9 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 5: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
5.1 Maak 'n lys van DRIE elektriese inspeksies wat op 'n driefasemotor uitgevoer
moet word voordat dit in werking gestel word. (3)
5.2 Beskryf waarom dit nodig is om beskermingstoestelle as deel van
motorbeheer te hê. (2)
5.3 Bestudeer FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
L
O/B1
HK1
Stopknop
N/O2
Aansitknop HK1 T
N/O1 N/O
O/B2
Tyd-
HK1 skakelaar HK2
(T)
N
FIGUUR 5.3: BEHEERKRING
5.3.1 Identifiseer die motoraansitter in FIGUUR 5.3. (2)
5.3.2 Beskryf wat met kontaktor HK1 sal gebeur indien kontak HK1 N/O1
foutief en permanent toe was. (4)
5.3.3 Beskryf die aansitvolgorde van die beheerkring. (4)
5.3.4 Beskryf die hoofdoel van kontaktor HK1. (2)
5.4 Verduidelik waarom die aansitstroom in 'n ster-delta-motoraansitter verminder
word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 10 DBE/November 2019
NSS
5.5 'n 16 kW-driefase-sterverbinde motor met 12 pole, is aan 'n
380 V/50 Hz-toevoer gekoppel en trek 'n fasestroom van 29 A met 'n
drywingsfaktor van 0,85.
Gegee:
Aantal pole = 12
Cos θ = 0,85
PUIT = 16 kW
VL = 380 V
IF = 29 A
f = 50 Hz
Bereken die:
5.5.1 Skyndrywing (3)
5.5.2 Sinchrone spoed (5)
5.5.3 Persentasie glip indien die rotorspoed 1 400 r/min is (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 11 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 6: PROGRAMMEERBARE LOGIESE BEHEERDERS (PLB's)
6.1 Met verwysing na PLB's:
6.1.1 Noem die stelsel wat vir outomatiese masjienbeheer vir industriële
produksie gebruik is voordat PLB's ontwikkel is. (1)
6.1.2 Noem DRIE veiligheid- en gesondheidskwessies om in ag te neem,
behalwe stuwingsonderdrukking-beskerming, wanneer met
PLB-toerusting en -installasies gewerk word. (3)
6.2 Verduidelik die term sagteware met verwysing na die werking van 'n PLB. (3)
6.3 Verduidelik waarom dit belangrik is om stuwingsonderdrukking-beskerming te
installeer wanneer met PLB's gewerk word. (2)
6.4 Met verwysing na die insettoestelle van PLB's:
6.4.1 Definieer die term sensor. (2)
6.4.2 Maak 'n lys van DRIE tipes sensors behalwe 'n vlaksensor. (3)
6.4.3 Noem 'n toepassing van 'n vlaksensor. (1)
6.4.4 Beskryf die funksie van 'n analoogtoestel. (2)
6.5 Verwys na FIGUUR 6.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Inset A Inset B Uitset (F)
0 0 0
0 1 1
1 0 1
1 1 1
FIGUUR 6.5: WAARHEIDSTABEL
6.5.1 Teken die logikaheksimbool wat hierdie waarheidstabel
verteenwoordig. (3)
6.5.2 Teken die leerlogikasimbool wat hierdie waarheidstabel
verteenwoordig. (3)
6.5.3 Skryf die logikafunksie van FIGUUR 6.5 neer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 12 DBE/November 2019
NSS
6.6 FIGUUR 6.6 hieronder toon 'n PLB-logikaprogram met 'n tydvertraging van
10 sekondes. Beantwoord die vrae wat volg.
L N
I1 TD1
Drukknop 10 sek
TD1 Q
Uitset
I1
Q
10 sek
FIGUUR 6.6: TYDVERTRAGING-PLB-LOGIKAPROGRAM
6.6.1 Noem of die logikaprogram 'n AAN-tydvertragingskakelaar of 'n
AF-tydvertragingskakelaar gebruik. (1)
6.6.2 Beskryf die sekwensiële werking van die logikaprogram wanneer
die drukknop (I1) gedruk word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 13 DBE/November 2019
NSS
6.7 Teken 'n leerlogikadiagram wat dieselfde funksie as die beheerkring in
FIGUUR 6.7 hieronder sal uitvoer.
L
O/L
Stop-
knop
Aansit- HK1
knop N/O1
HK1
N/O2
HK1 LAMP
N
FIGUUR 6.7: BEHEERKRING (7)
6.8 FIGUUR 6.8 hieronder toon 'n verstelbarespoedbeheerder-(VSB)-kring.
Bestudeer die kringbaan en beantwoord die vrae wat volg:
Driefase-WS-toevoer
Motor
EERSTE STADIUM TWEEDE DERDE STADIUM
STADIUM
FIGUUR 6.8: VERSTELBARESPOEDBEHEERDER-(VSB)-KRING
6.8.1 Beskryf die doel van die eerste stadium van die VSB-kring. (2)
6.8.2 Verduidelik hoe spoedbeheer behaal word deur die skakelaars in
die derde stadium te gebruik. (2)
6.8.3 Verduidelik hoe die uitsetgolfvorm en die frekwensie van die
toevoer beïnvloed sal word as die skakelaars vir 'n langer tydperk
'AAN' bly. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 14 DBE/November 2019
NSS
6.9 Met verwysing na die gebruik van die VSB om die spoed van 'n motor te
beheer, beantwoord die vrae wat volg:
6.9.1 Noem DRIE produksievoordele vir nywerhede en vervaardigers
wanneer 'n VSB gebruik word om die spoed van 'n motor
te beheer. (3)
6.9.2 Noem EEN toepassing van 'n VSB. (1)
6.9.3 Noem DRIE VSB-metodes wat gebruik kan word om die spoed van
'n motor te beheer. (3)
6.10 Met verwysing na die regeneratiewe remmingsproses:
6.10.1 Gee DRIE voorbeelde waar terugvoerremming toegepas word
behalwe by hysbakke. (3)
6.10.2 Verduidelik hoe regeneratiewe remming behaal word. (2)
6.11 FIGUUR 6.11 hieronder toon die kenkromme van spoed versus wringkrag
wanneer die VSB gebruik word om die spoed van 'n driefase-induksiemotor te
beheer. Bestudeer die kenkromme en beantwoord die vrae wat volg.
400
A
% Wringkrag
300
200 B
100
20 40 60 80 100
% Spoed
FIGUUR 6.11: SPOED-WRINGKRAG-KENKROMME
6.11.1 Benoem gebied A. (1)
6.11.2 Beskryf die aansit-en-loop-profiel van die induksiemotor in
FIGUUR 6.11. (3)
[60]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2019
NSS
FORMULEBLAD
RLC-KRINGBANE DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P V I cos θ STER
XL 2 fL VL 3 VF
1 VF IF ZF
XC
2 fC IL IF
1
fr DELTA
2 LC
f VL VF
BW r
Q VF IF ZF
SERIE IL 3 IF
VR I R
DRYWING
VL I XL
VC I XC S (Pskyn ) 3 VL IL
V Q (Pr ) 3 VL IL Sin θ
IT T OF IT IR IC IL
Z P 3 VL IL Cos θ
P
Z R 2 X L X C Cos θ
2
S
VT VR VL VC VT I Z
2 2
OF RENDEMENT
R VR uitsetdrywing
Cos θ OF Cos θ η 100%
Z VT insetdrywing
XL X C VL VC 1 L
Q TWEEWATTMETERMETODE
Z Z VT VT R C
PARALLEL
PT P1 P2
VT VR VL VC
VT P - P
IR tan θ 3 1 2
R P1 P2
V
IC T DRIEWATTMETERMETODE
XC
VT
IL PT P1 P2 P3
XL
IT IR IL IC
2 2
VT
Z
IT
I
Cos θ R
IT
XL X C IL IC 1 L
Q
Z Z IT IT R C
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2019
NSS
DRIEFASETRANSFORMATORS DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER STER
VL 3 VF en IL IF VL 3 VF en IL IF
DELTA DELTA
IL 3 IF en VL VF IL 3 IF en VL VF
DRYWING DRYWING
S (Pskyn ) 3 VL IL S (Pskyn ) 3 VL IL
Q (Pr ) 3 VL IL Sin θ Q (Pr ) 3 VL IL Sin θ
P 3 VL IL Cos θ P 3 VL IL Cos θ
P P
Cos θ Cos θ
S S
RENDEMENT
Vf(p) Np If(s)
uitsetdrywing
Vf(s) Ns If(p) η 100%
insetdrywing
Transformat orverhouding (TR) 60 × f
ns =
N p
TR p
Ns ns nr
% glip 100
ns
ns nr
Per Eenheid Glip
ns
Glip n s nr
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2019
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
2.3.4 VL = 16 V
VR = 12 V
IT = 3 A
Dra punt oor na
antwoordeboek
VC = 24 V
MOD
FIGUUR 2.3.4 (4)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--84306089-a8b7-46a3-b855-e11cdd05618d/v1-be7a8c12216e172d3eee/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afr)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--5793f054-5622-4770-bc38-b451ab9fa3ca/v1-b63cfd9fe81f6b267174/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afr)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--205975a5-6c23-4617-b4af-a89e1a36dd92/v1-f0a06005964d014ebed2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum