Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201512 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit. 4. Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 7. OMKRING die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad van die ANTWOORDEBOEK. 8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 9. Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 Bestudeer FIGUUR 1.1 wat twee algemene lugdrukstelsels (A en B) toon wat oor Suid-Afrika voorkom. Pas elk van die stellings hieronder by lugdruksel A of B. 1.1.1 Staan bekend as die hitte-laagdruksel 1.1.2 Word ook na verwys as 'n antisikloon 1.1.3 Geassosieer met onstabiele weerstoestande 1.1.4 Veroorsaak suidoostelike winde wat oor die ooskus van Suid-Afrika waai 1.1.5 Lug divergeer vanuit hierdie lugdruksel 1.1.6 Domineer die land in die somer 1.1.7 Word met konveksiedonderstorms geassosieer (7 x 1) (7) 1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Strome wat hul oorsprong in hoë-reënval- A episodies gebiede het en deur woestyngebiede vloei B permanent 1.2.2 Riviervloei wat in dun lagies voorkom C turbulent 1.2.3 Boonste limiet van grondwater D watertafel 1.2.4 Riviere wat slegs na swaar reënval vloei E mond 1.2.5 Punt waar twee of meer strome ontmoet F bron 1.2.6 Riviervloei wat 'n malende beweging toon G samevloeiing 1.2.7 Riviere wat regdeur die jaar vloei H laminêr 1.2.8 Plek van oorsprong van 'n rivier I eksoties (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.3 Verwys na die skets in FIGUUR 1.3 wat aspek in 'n vallei in die Suidelike Halfrond toon en beantwoord die vrae wat volg. 1.3.1 Definieer die begrip aspek. (1 x 1) (1) 1.3.2 Watter bewys toon dat hierdie vallei in die Suidelike Halfrond geleë is? (1 x 1) (1) 1.3.3 Verduidelik waarom daar na gebied A as die skadusone verwys word. (1 x 2) (2) 1.3.4 Verduidelik hoe wind B bedags sal ontwikkel. (2 x 2) (4) 1.3.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en gee raad aan 'n boer oor hoe om die benutting van die grond by plek C en plek D doeltreffend te beplan deur die invloed van aspek en gevolglike winde in ag te neem. (4 x 2) (8) 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat 'n sinoptiese weerkaart toon. 1.4.1 Stel die kaart 'n tipiese somer- of wintertoestand voor? (1 x 1) (1) 1.4.2 Teken die simbool op die sinoptiese weerkaart wat die oog van Tropiese Sikloon Haruna aandui. (1 x 1) (1) 1.4.3 Watter bewys dui daarop dat Tropiese Sikloon Haruna in sy volwasse stadium is? (1 x 2) (2) 1.4.4 Beskryf die weer wat met die oog van die sikloon geassosieer word. (2 x 2) (4) 1.4.5 Hoe dra warm oseane by tot die ontwikkeling van hierdie siklone? (1 x 2) (2) 1.4.6 Stel TWEE voorkomingsmaatreëls voor wat die inwoners van Maputo binne die volgende 24 uur moet tref. (2 x 2) (4) 1.5 FIGUUR 1.5 is 'n skets wat op stroomroof gebaseer is. 1.5.1 Wat is 'n waterskeiding? (1 x 1) (1) 1.5.2 Waarom is die waterskeiding nie 'n permanente verskynsel nie? (1 x 2) (2) 1.5.3 Wat beteken dit wanneer 'n stroom terugwaarts erodeer? (1 x 2) (2) 1.5.4 Gee TWEE redes waarom sytak C energiek is. (2 x 2) (4) 1.5.5 Teken 'n boaansig-skets (soos van bo af gesien) om die landskap na stroomroof te toon. Gee byskrifte vir minstens TWEE kenmerke van stroomroof. (2 x 2) (4) 1.5.6 Watter van die strome sal verjonging ondergaan nadat stroomroof plaasgevind het? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n rivierkronkel toon. 1.6.1 Watter begrip word gebruik om 'n rivierkanaal te beskryf wat draai en kronkel? (1 x 1) (1) 1.6.2 Noem TWEE dimensies van 'n rivier wat in die dwarsprofiel sigbaar is. (2 x 1) (2) 1.6.3 Noem die helling van die rivier by B. (1 x 2) (2) 1.6.4 Waarom dink die vis dat beide die seuns idiote is? (1 x 2) (2) 1.6.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en gee 'n volledige verduideliking om die verskil in die ontwikkeling van helling A en helling B te verklaar. (4 x 2) (8) [75] VRAAG 2 2.1 FIGUUR 2.1 is 'n uittreksel van 'n sinoptiese weerkaart wat weerstoestande vir Marion-eiland toon. 2.1.1 Skryf die aangetekende lugtemperatuur neer. 2.1.2 Noem die doupunttemperatuur. 2.1.3 Wat is die windrigting wat op die eiland ervaar word? 2.1.4 Hoe vinnig waai die wind op die eiland? 2.1.5 Skryf die lugdruk neer wat op die eiland ervaar word. 2.1.6 Beskryf die wolkbedekking. 2.1.7 Noem die tipe neerslag wat op die eiland ervaar word. (7 x 1) (7) 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat drie verskillende tipes riviere toon en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Watter rivier (A, B of C) is 'n episodiese rivier? 2.2.2 Watter rivier (A, B of C) is periodies? 2.2.3 Watter rivier (A, B of C) is eksoties in sy benedeloop? 2.2.4 In watter prent (A, B of C) is die rivierbedding altyd laer as die watertafel? 2.2.5 In watter prent (A, B of C) dra die grondwater nooit tot stroomafloop by nie? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 2.2.6 In watter prent (A, B of C) vloei die rivier slegs tydens die reënseisoen? 2.2.7 In watter prent (A, B of C) vloei die rivier slegs na swaar reënval? 2.2.8 In watter prent (A, B of C) sny die rivier altyd deur die watertafel? (8 x 1) (8) 2.3 Bestudeer die boaansig van en die dwarssnit deur 'n middelbreedte-sikloon in FIGUUR 2.3. 2.3.1 In watter algemene rigting beweeg hierdie sikloon in die Suidelike Halfrond? (1 x 1) (1) 2.3.2 Gee TWEE bewyse om die stelling te ondersteun dat die sikloon in sy volwasse stadium is. (2 x 2) (4) 2.3.3 Waarom het die warm front (C) 'n baie klein invloed op die weer van Suid-Afrika? (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die okklusieproses en gepaardgaande weerstoestande van 'n middelbreedte-sikloon. (4 x 2) (8) 2.4 FIGUUR 2.4 toon 'n vogfront oor Suid-Afrika. 2.4.1 Wat is 'n vogfront? (1 x 1) (1) 2.4.2 Onderskei tussen die voginhoud van die winde by A en B. (2 x 1) (2) 2.4.3 Noem die tipe donderstorm wat langs die vogfront voorkom. (1 x 2) (2) 2.4.4 Aan watter kant van die vogfront ontwikkel die donderstorms? (1 x 2) (2) 2.4.5 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.4. (2 x 2) (4) 2.4.6 Beskryf die gevare wat met hierdie donderstorms verband hou vir boere in die binneland. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 2.5 FIGUUR 2.5 is op 'n dreineerbekken met 'n hoë oppervlakafloop/-vloei gebaseer. 2.5.1 Definieer die begrip dreineerbekken. (1 x 1) (1) 2.5.2 Wat beteken die begrip oppervlakafloop/-vloei? (1 x 1) (1) 2.5.3 Gee TWEE moontlike redes vir die hoë oppervlakafloop/-vloei wat in 'n dreineerbekken ervaar word. (4) 2.5.4 Daar is 'n derde-orde-rivier waar die rivier die see invloei. (a) Sal die stroomorde toeneem of afneem tydens periodes van hoë reënval? (1 x 2) (2) (b) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.4(a). (2 x 2) (4) 2.6 Rivierdeltas ontwikkel dikwels waar die rivier die see binnevloei. 2.6.1 In watter loop van 'n rivier onwikkel 'n delta? (1 x 1) (1) 2.6.2 Skryf 'n term neer vir die plek waar 'n rivier die see binnevloei. (1 x 1) (1) 2.6.3 Verduidelik waarom die rivier sy vrag afset as dit die see binnevloei. (2 x 2) (4) 2.6.4 Noem TWEE toestande wat tot die ontwikkeling van 'n delta lei. (2 x 2) (4) 2.6.5 Evalueer in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die ekonomiese belang van deltas vir baie lande oor die hele wêreld. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID- AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 Bestudeer FIGUUR 3.1 wat die hiërargie van nedersettings toon. 3.1.1 Noem die tipe nedersetting wat by A gevind sal word. 3.1.2 Waarom sal B 'n groter reikwydte hê? 3.1.3 Watter een is die kleinste nedersetting in die hiërargie? 3.1.4 Sal die dorp of die stad 'n groter bevolkingsdrempel hê? 3.1.5 Wat is die naam van die nedersetting wat groter as 'n konurbasie is? 3.1.6 Gee 'n rede waarom die konurbasie 'n groot invloedsfeer het. 3.1.7 Sal nedersetting A of B meer hoë-orde funksies hê? 3.1.8 Watter stedelike nedersetting bied die minste dienste? (8 x 1) (8) 3.2 Kies 'n tipe nywerheid uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.8 I. KOLOM A KOLOM B 3.2.1 Regoor die geografiese gebied geleë A swaar sonder konsentrasie in een spesifieke gebied B lig 3.2.2 Naby die bron van grondstowwe geleë, C onafhanklike want dit produseer bederfbare produkte D alomteenwoordige 3.2.3 Vervaardig kleiner produkte met min of E brug geen besoedeling nie F grondstof-georiënteerd 3.2.4 Produseer groot produkte en is naby die mark geleë G markgerig 3.2.5 Vereis gelyke grond wat langs H gedesentraliseerd gespesialiseerde vervoergeriewe geleë is 3.2.6 Nywerhede wat na gebiede buite 'n bestaande nywerheidsgebied verskuif 3.2.7 Geleë waar een tipe vervoer deur 'n ander vervang word (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n kerndorpie toon. 3.3.1 Beskryf die buitelynvorm van die dorpie. (1 x 1) (1) 3.3.2 Bespreek TWEE nadele vir boere wat in hierdie dorpie woon. (2 x 2) (4) 3.3.3 Bespreek EEN voordeel vir boere wat in hierdie dorpie woon. (1 x 2) (2) 3.3.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy volhoubare maatreëls voorstel om te voorkom dat mense hierdie dorpie verlaat om in stede te gaan woon. (4 x 2) (8) 3.4 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.4 oor grondgebruikbestuur en beantwoord die vrae wat volg. 3.4.1 Gee die betekenis van die begrip grondgebruikbestuur. (1 x 1) (1) 3.4.2 Hoe kan jy verseker dat die grond behoorlik bestuur word? (1 x 2) (2) 3.4.3 Waarom is oopruimte-sones in stede belangrik? (2 x 2) (4) 3.4.4 Noem TWEE sones in die lys in FIGUUR 3.4 wat versoenbaar is (langs mekaar kan bestaan). (1 x 2) (2) 3.4.5 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.5. (1 x 2) (2) 3.4.6 Verduidelik waarom vervoersones goed in stand gehou en gereeld opgegradeer moet word. (2 x 2) (4) 3.5 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.5 oor die Saldanhabaai-NOS en beantwoord die vrae wat volg. 3.5.1 In watter Suid-Afrikaanse provinsie is Saldanhabaai geleë? (1 x 1) (1) 3.5.2 Waarom is NOS'e weg van groot metropolitaanse gebiede geleë? (1 x 2) (2) 3.5.3 Gee TWEE redes waarom die Saldanhabaai-NOS die potensiaal vir ekonomiese groei het. (2 x 2) (4) 3.5.4 As 'n nyweraar, identifiseer enige TWEE aansporings wat jou sal lok om jou nywerheid binne 'n NOS te vestig. (2 x 2) (4) 3.5.5 Noem TWEE voordele wat die ontwikkeling van die windenergie- projekte vir hierdie gebied sal inhou. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 wat 'n kaart van Suid-Afrika is wat toon waar verskillende minerale ontgin word en hoofnywerheidsgebiede gevind word. 3.6.1 Watter nywerheidsgebied is in die middel van 'n aantal myne geleë? (1 x 1) (1) 3.6.2 Hoe ondersteun die myne nywerheidsgroei in die gebied wat in VRAAG 3.6.1 genoem is? (2 x 2) (4) 3.6.3 Gee EEN rede waarom drie van die vier nywerheidstreke langs die kuslyn geleë is. (1 x 2) (2) 3.6.4 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe nywerheidsgebied 4 tot die ekonomiese ontwikkeling van Suid- Afrika bydra. (4 x 2) (8) [75] VRAAG 4 4.1 FIGUUR 4.1 verteenwoordig 'n stedelike profiel en straatpatrone. 4.1.1 Noem die straatpatroon by A. 4.1.2 Noem die straatpatroon by B. 4.1.3 Gee EEN historiese rede vir die spesifieke uitleg van die straatpatroon by B. 4.1.4 Gee EEN rede waarom stadsbeplanners straatpatroon A in moderne tye gekies het. 4.1.5 Noem EEN kenmerk van die grondgebruiksone by C. 4.1.6 Gee EEN rede waarom die hoogte van die geboue vanaf C tot by die periferie (buitewyke) afneem. 4.1.7 Is die geboudigtheid by C hoog of laag? (7 x 1) (7) 4.2 Bestudeer FIGUUR 4.2 wat 'n tabel met statistiek is wat die bydrae van verskillende ekonomiese aktiwiteite tot die bruto binnelandse produk van Suid-Afrika toon. 4.2.1 Watter ekonomiese aktiwiteit het die minste tot Suid-Afrika se BBP bygedra? 4.2.2 Watter persentasie het die primêre sektor bygedra? 4.2.3 Dra die primêre of die tersiêre sektor 'n groter persentasie tot die ekonomie by? 4.2.4 Noem die ekonomiese aktiwiteit wat binne die sekondêre sektor val. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 4.2.5 Watter ekonomiese sektor moet die hoogste persentasie hê om aan te dui dat 'n land 'n ontwikkelde ekonomie het? 4.2.6 Dui die statistiek vir Suid-Afrika op 'n ontwikkelde land of op 'n ontwikkelende land? 4.2.7 Noem die ekonomiese aktiwiteit wat die grootste bydrae binne die tersiêre sektor lewer. 4.2.8 Gee 'n ander naam vir die tersiêre sektor. (8 x 1) (8) 4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 wat op sentrale plekke gebaseer is. 4.3.1 Wat is 'n sentrale plek? (1 x 1) (1) 4.3.2 Wat is die hooffunksie van 'n markdorp? (1 x 1) (1) 4.3.3 Wat is die verwantskap tussen die grootte van sentrale plekke en die getal sentrale plekke? (1 x 2) (2) 4.3.4 Noem TWEE verskille tussen 'n hoë-orde-diens en 'n lae-orde- diens. (2 x 2) (4) 4.3.5 'n Drempelbevolking is die minimum getal klante wat nodig is om 'n diens of 'n funksie te ondersteun. (a) Bepaal die verwantskap tussen die drempelbevolking en die orde van diens. (1 x 2) (2) (b) Verduidelik die impak van die plasing van 'n hoë-orde-diens binne 'n gebied met 'n lae drempelbevolking. (2 x 2) (4) 4.4 Verwys na die grondgebruikmodel in FIGUUR 4.4. 4.4.1 Benoem die grondgebruikmodel in FIGUUR 4.4. (1 x 1) (1) 4.4.2 Is die residensiële grondgebruiksone by C 'n lae-, middel- of hoë- inkomste-gebied? (1 x 1) (1) 4.4.3 Verduidelik waarom die grondwaarde by A hoog is. (2 x 2) (4) 4.4.4 Gee 'n rede waarom die nywerheidsone en sone B nie versoenbaar is nie. (1 x 2) (2) 4.4.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en analiseer hoe hierdie model met 'n tipiese Suid-Afrikaanse stad vergelyk. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5 wat 'n spotprent is wat toon hoe die wêreldleiers van die agt lande wat ekonomies die meeste ontwikkel het, die probleem van voedselsekerheid beskou. 4.5.1 Wat noem ons die groep lande wat om die tafel sit? (1 x 1) (1) 4.5.2 Watter bewys in die spotprent toon dat die agt mense om die tafel min van voedselsekerheid dink? (1 x 1) (1) 4.5.3 Noem TWEE faktore wat die agt lande met mekaar gemeen het. (2 x 1) (2) 4.5.4 Verduidelik TWEE redes waarom sommige lande probleme met voedselsekerheid ervaar. (2 x 2) (4) 4.5.5 Hoe kan die gebruik van geneties aangepaste gewasse voedselsekerheid in arm lande verbeter? (3 x 2) (6) 4.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.6 oor apartheid- en post-apartheid- nywerheidsontwikkelingstrategieë en beantwoord die vrae wat volg. 4.6.1 Definieer die begrip desentralisasie. (1 x 1) (1) 4.6.2 Wat is 'n groeipunt? (1 x 1) (1) 4.6.3 Gee EEN rede waarom werkloosheid as 'n groot probleem in die tuislande voorspel is. (1 x 2) (2) 4.6.4 Bespreek die hoofdoelwitte waarom die regering groeipunte gevestig het. (2 x 2) (4) 4.6.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek die voordele van post-apartheid-nywerheidsontwikkelingstrategieë, soos nywerheidsontwikkelingsones, vir ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) [75] GROOTTOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all