Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201612 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 FEBRUARIE/MAART 2016 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit. 4. Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 8. OMKRING die vraagnommers wat jy beantwoord het op die voorblad van die ANTWOORDEBOEK. 9. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 10. Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 Gebruik FIGUUR 1.1, 'n satellietbeeld van 'n tropiese storm, en beantwoord die vrae wat volg. 1.1.1 Identifiseer die tipe sikloon wat in die satellietbeeld voorgestel word. 1.1.2 Is dit 'n hoog- of 'n laagdrukstelsel? 1.1.3 In watter seisoen kom hierdie weerstelsel voor? 1.1.4 Noem die heersende winde wat hierdie sikloon aandryf. 1.1.5 Noem die globale lugsirkulasiesel waarin hierdie stelsel voorkom. 1.1.6 Watter EEN, Réunion of Mauritius, sal minder ernstige weer ondervind? 1.1.7 Wat vertel die naam Edilson oor die getal siklone wat in hierdie seisoen ervaar is? 1.1.8 Benoem die wolk wat rondom die oog van hierdie sikloon voorkom. (8 x 1) (8) 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 en benoem die diagram deur die stellings hieronder te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 A is 'n …, wat 'n bergreeks is wat een opvangsgebied van 'n ander opvangsgebied skei. 1.2.2 B is 'n …, wat 'n hoogliggende gebied binne 'n opvangsgebied is wat sytakke van mekaar skei. 1.2.3 C is die …, wat die oorsprong van 'n rivierstelsel in bergagtige, hoogliggende gebiede aantoon. 1.2.4 D is die … waar twee of meer strome by mekaar aansluit. 1.2.5 E is 'n …, wat water aan die hoofrivier voorsien. 1.2.6 F is in die …-loop van die rivier. 1.2.7 G is die … waar die rivier in die see invloei. (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.3 FIGUUR 1.3 toon die volwasse (warmsektor-) stadium in die ontwikkeling van 'n middelbreedte-sikloon aan. 1.3.1 Gee 'n ander naam vir hierdie weerstelsel. (1 x 1) (1) 1.3.2 Gee redes vir die lae lugtemperatuur by D. (2 x 1) (2) 1.3.3 Teken 'n deursnit van front A vanaf punt E tot punt F. Toon die hoofwolktipe en lugbewegings duidelik aan. (4 x 1) (4) 1.3.4 Gee die breedtegrade waartussen middelbreedte-siklone ontwikkel. (1 x 2) (2) 1.3.5 Gee 'n bewys om die stelling dat hierdie middelbreedte-sikloon in die volwasse (warmsektor-) stadium van ontwikkeling is, te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.3.6 Verduidelik hoe die Suid-Indiese hoogdruksel die beweging van die middelbreedte-sikloon sal beïnvloed. (2 x 2) (4) 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4, wat antisiklone oor Suid-Afrika aantoon. 1.4.1 Benoem elk van antisiklone A, B en C. (3 x 1) (3) 1.4.2 Antisiklone word met stabiele weerstoestande oor die Suid-Afrikaanse binneland geassosieer, veral in die winter. Teken 'n benoemde skets om die invloed van die binnelandse antisikloon op Suid-Afrika se weer te illustreer. (4 x 1) (4) 1.4.3 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die invloed van die intertropiese konvergensiesone (ITKS) op die veranderende ligging van die drie antisiklone, relatief tot Suid- Afrika. (4 x 2) (8) 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5, wat die veranderinge in dreineerdigtheid van 'n dreineerbekken gedurende die verloop van die jaar aantoon. 1.5.1 Definieer die term dreineerdigtheid. (1 x 1) (1) 1.5.2 Watter EEN van die dreineerbekkens, A of B, toon die dreineerdigtheid gedurende die droë seisoen en reënseisoen onderskeidelik aan? (2 x 1) (2) 1.5.3 Verduidelik waarom die dreineerdigtheid van die dreineerbekkens deur die loop van die jaar verander. (2 x 2) (4) 1.5.4 Die verandering in dreineerdigtheid verander die stroomorde van die dreineerbekken binne die verloop van 'n jaar. Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarom dit die geval is. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6, 'n foto van 'n rivierkanaalpatroon, en beantwoord die vrae wat volg. 1.6.1 Benoem die rivierkanaalpatroon in die foto. (1 x 1) (1) 1.6.2 Noem EEN stroomproses wat tot die ontwikkeling van hierdie stroomkanaalpatroon sou bydra. (1 x 1) (1) 1.6.3 In watter loop van die rivier sou jy die stroomkanaalpatroon in die foto aantref? (1 x 1) (1) 1.6.4 Beskryf die proses wat by die opbreek van die rivier in kleiner kanale betrokke is. (2 x 2) (4) 1.6.5 Ontleed die rol wat die bome in die stroomafloop sou speel. (2 x 2) (4) 1.6.6 Stel voor, met 'n rede, of die stroomkanaalpatroon in die foto permanent of seisoenaal in riviere in Suid-Afrika se binneland sou voorkom. (2 x 2) (4) [75] VRAAG 2 2.1 FIGUUR 2.1 toon die invloed van hellingsrigting op verskillende valleihange wat op 24°16'S geleë is. 2.1.1 Is die invloed van hellingsrigting op die valleihange meer waarneembaar in die somer of in die winter? 2.1.2 Sal helling X of helling Y direkte sonstrale ontvang? 2.1.3 Watter helling, X of Y, sal die hoogste grondwaterinhoud hê? 2.1.4 Sal helling X of helling Y die geskikste vir saaiboerdery wees? 2.1.5 Watter helling, X of Y, word die skadusone genoem? 2.1.6 Sal nedersettings die waarskynlikste by A of B voorkom? 2.1.7 Sal valleihange nader aan die ewenaar meer of minder deur die hellingsrigting beïnvloed word? 2.1.8 Sal woude die waarskynlikste op helling X of helling Y voorkom? (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.2 Bestudeer FIGUUR 2.2, wat 'n gedeelte van 'n rivierloop aantoon, en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Benoem die rivierloop tussen A en C. 2.2.2 Toon A die bron of die monding van die rivier aan? 2.2.3 Noem die tipe erosie by B. 2.2.4 Benoem die fluviale verskynsel by C. 2.2.5 Watter tipe erosie vind by C plaas? 2.2.6 Benoem die helling wat op die buiteoewer by D ontwikkel het. 2.2.7 Sal hierdie rivier 'n gegradeerde of ongegradeerde rivierprofiel hê? (7 x 1) (7) 2.3 Verwys na FIGUUR 2.3, wat 'n boaansig en 'n deursnit van 'n Suid-Afrikaanse bergwind aantoon. 2.3.1 Gee TWEE bewyse uit die skets om die stelling te ondersteun dat FIGUUR 2.3 'n bergwind aantoon. (2 x 1) (2) 2.3.2 Waarom ontstaan bergwinde hoofsaaklik in die winter? (2 x 1) (2) 2.3.3 Gee redes vir die hoë temperatuur en lae humiditeit van 'n bergwind wanneer dit die kus bereik. (2 x 2) (4) 2.3.4 Verduidelik waarom die invloed van bergwinde op mense en boerdery as negatief beskou word. (3 x 2) (6) 2.4 FIGUUR 2.4 toon 'n temperatuurinversie bo 'n stad aan. 2.4.1 Wat is 'n temperatuurinversie? (1 x 1) (1) 2.4.2 Watter bewys op die grafiek toon aan dat 'n temperatuurinversie voorkom? (1 x 1) (1) 2.4.3 Watter boodskap dra die deksel op die rookmis oor? (1 x 2) (2) 2.4.4 Noem TWEE maniere waarop rookmis die lewenskwaliteit van mense beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.4.5 Stel, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare metodes voor wat gebruik kan word om die hoeveelheid rookmis wat oor 'n stad geproduseer word, te verminder. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.5 FIGUUR 2.5 toon stroomroof aan. 2.5.1 Benoem S en Y onderskeidelik met die terme 'rowerstroom' en 'geroofde stroom'. (2 x 1) (2) 2.5.2 Benoem die stroomroofverskynsels by A en B onderskeidelik. (2 x 1) (2) 2.5.3 Gee TWEE redes waarom rivier S teen 'n vinniger tempo erodeer. (2 x 2) (4) 2.5.4 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die invloed van stroomroof op die watervolume en die erosievermoë van rivier B en S onderskeidelik. (4 (8) 2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat 'n lys met wenke van die Departement van Waterwese gee om opvangsgebiede en dreineerbekkens in Suid-Afrika volhoubaar te bestuur, en beantwoord dan die vrae wat volg. 2.6.1 Definieer die term oorbenutting. (1 x 1) (1) 2.6.2 Wat is 'n opvangsgebied? (1 x 1) (1) 2.6.3 Verduidelik hoe die verwydering van uitheemse plantegroei die oorbenutting van waterhulpbronne in Suid-Afrika sal voorkom. (2 x 2) (4) 2.6.4 Hoe dra die bewaring van vleilande by tot die volhoubare bestuur van 'n dreineerbekken? (1 x 2) (2) 2.6.5 Bespreek die belangrikheid van die bewaring van plantegroei- bedekking in 'n dreineerbekken. (3 x 2) (6) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 Verwys na FIGUUR 3.1, 'n foto van 'n nedersetting. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.8 tersiêr. 3.1.1 Die foto is 'n voorbeeld van 'n (landelike/stedelike) nedersetting. 3.1.2 Hierdie nedersetting staan as 'n (geïsoleerde plaasopstal/ boeredorpie) bekend. 3.1.3 Die fisiese faktor wat vir die keuse van die nedersetting se standplaas verantwoordelik is, is die (gelyk grond/rivier). 3.1.4 Die landbougrond in hierdie foto word deur (masjiene/arbeiders) bewerk. 3.1.5 Die nedersetting wat uitgebeeld word, is (geïsoleerd/kernagtig). 3.1.6 Die landbouproduk wat in hierdie gebied verbou word, is waarskynlik (graan/vrugte). 3.1.7 Hierdie nedersetting is (enkelfunksioneel/multifunksioneel). (7 x 1) (7) 3.2 Kies 'n voorbeeld uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 3.2.1 Primêre aktiwiteit A inligtingstegnologie 3.2.2 Sekondêre aktiwiteit B paaie, spoorweë en kommunikasie 3.2.3 Uitvoermark C mynbou 3.2.4 Kwaternêre aktiwiteit D plaaslike handel 3.2.5 Kleinskaalse boerdery E bruto binnelandse produk 3.2.6 Tuismark F groentetuin 3.2.7 Grootskaalse boerdery G vervaardiging 3.2.8 Infrastruktuur H internasionale handel I suikerrietplantasie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 3.3 Lees die artikel oor verstedeliking in FIGUUR 3.3 en beantwoord dan die vrae wat volg. 3.3.1 Definieer die term verstedeliking. (1 x 1) (1) 3.3.2 Noem die persentasie mense wat in stedelike gebiede in Suid-Afrika woon. (1 x 1) (1) 3.3.3 Wat is die oorsake van verstedeliking in Suid-Afrika? (2 x 1) (2) 3.3.4 Noem VIER probleme wat met verstedeliking verband hou. (4 x 1) (4) 3.3.5 Verwys na die 'slegte' geboue in die artikel. (a) Bespreek TWEE oorsake van 'slegte' geboue. (2 x 2) (4) (b) Stel TWEE moontlike oplossings vir die probleem van 'slegte' geboue voor. (2 x 2) (4) 3.4 FIGUUR 3.4 is 'n artikel uit die International Business Times oor informele wonings (behuising). Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg. 3.4.1 Definieer die term informele nedersetting. (1 x 1) (1) 3.4.2 Beskryf die tendens wat met informele nedersettings in Suid-Afrika geassosieer word deur syfers uit die artikel aan te haal. (1 x 2) (2) 3.4.3 Waarom is daar meer informele nedersettings in mynbou- en nywerheidskerne? (1 x 1) (1) 3.4.4 Waarom word hierdie nedersettings as onooglik (nie mooi om na te kyk nie) vir die landskap beskou? (1 x 2) (2) 3.4.5 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die sosiale probleme en kwesbaarheid van mense wat in informele nedersettings woon. (4 x 2) (8) 3.5 FIGUUR 3.5 is 'n staafgrafiek wat Suid-Afrika se invoere en uitvoere van landbouprodukte vanaf 2008 tot 2013 vergelyk, met 'n meegaande stelling. 3.5.1 Dui aan of Suid-Afrika meer van sy landbouprodukte in 2008/2009 ingevoer of uitgevoer het. (1 x 1) (1) 3.5.2 Dui die algemene tendens van invoere/uitvoere vanaf 2009/2010 tot 2012/2013 aan. (1 x 1) (1) 3.5.3 Watter landbouproduk het in 2012/2013 vir die grootste inkomste vir Suid-Afrika gesorg? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 3.5.4 Suid-Afrika kan meer geld verdien deur die landbouproduk in VRAAG 3.5.3 in 'n verwerkte vorm uit te voer. Verduidelik waarom dit die geval is. (1 x 2) (2) 3.5.5 Verduidelik TWEE handelsfaktore wat mense aangemoedig het om Suid-Afrikaanse landbouprodukte te koop. (2 x 2) (4) 3.5.6 Bespreek die belangrikheid van landbou vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. (3 x 2) (6) 3.6 Informele handel is 'n algemene verskynsel in ontwikkelende lande. 3.6.1 Definieer die term informele sektor. (1 x 1) (1) 3.6.2 Noem die verhouding tussen die werkloosheidsyfer en die persentasie mense wat in die informele sektor werk. (1 x 2) (2) 3.6.3 Waarom kom informele handel algemeen in ontwikkelende lande voor? (1 x 2) (2) 3.6.4 Hoe kon die formalisering van besighede 'n positiewe invloed op die ekonomie hê? (1 x 2) (2) 3.6.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy maniere voorstel waarop informele handelaars bemagtig kan word om 'n sinvolle bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie te lewer. (4 x 2) (8) [75] VRAAG 4 4.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.1.1 'n Groep mense, geboue, infrastruktuur en kommunikasie- verbindings wat saam as 'n enkele, geïntegreerde stelsel funksioneer 4.1.2 Die ligging van 'n nedersetting in verhouding tot die omliggende landskap 4.1.3 Die stuk grond waarop 'n nedersetting gebou is 4.1.4 Hierdie nedersetting kom voor in 'n gebied waar water skaars is en mense naby aan die watervoorraad bly 4.1.5 Die naam wat gegee word aan 'n stad met afhanklike dorpe wat dit omring 4.1.6 'n Nedersetting wat naby aan 'n deurgang deur 'n fisiese versperring ontwikkel 4.1.7 Die punt waar een tipe vervoer met 'n ander vervang word 4.1.8 'n Dorp wat by 'n brug oor 'n rivier ontwikkel (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 4.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.8 tersiêr. 4.2.1 'n (Grootskaalse/Kleinskaalse) boer het 'n klein, maar ekonomies lewensvatbare stuk grond wat winsgewend is en intensief verbou word. 4.2.2 Die gebrek aan toegang tot voedsel en water wat tot chroniese verhongering en verwante siektes aanleiding kan gee, staan as (voedselsekerheid/voedselonsekerheid) bekend. 4.2.3 Wanneer 'n regering eienaarskap en mynbou-aktiwiteite by myne oorneem, word dit (privatisering/nasionalisering) genoem. 4.2.4 Die prosessering van grondstowwe na verwerkte produkte staan as die (primêre/sekondêre) sektor bekend. 4.2.5 'n Nywerheid wat ontwikkel wanneer grondstowwe eweredig versprei is en geen invloed op die ligging van die nywerheid het nie, word 'n (brug-/alomteenwoordige) nywerheid genoem. 4.2.6 (Sentralisasie/Desentralisasie) is die groepering van nywerhede in een gebied. 4.2.7 (Brug-/Alomteenwoordige) nywerhede is tussen die bron van die grondstof en die verbruiker geleë. (7 x 1) (7) 4.3 FIGUUR 4.3 toon die invloedsfeer en reikwydte van voedselwinkels en motorhandelaars in nedersetting A en B aan. 4.3.1 Definieer die terme invloedsfeer en reikwydte. (2 x 1) (2) 4.3.2 Watter produk, voedsel of motors, het die grootste reikwydte? (1 x 1) (1) 4.3.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.3.2. (1 x 2) (2) 4.3.4 Lewer kommentaar op die drempelbevolking wat vir motorverkope benodig word. (1 x 2) (2) 4.3.5 Beskryf TWEE kenmerke van nedersetting A, wat 'n lae-orde- sentrum is. (2 x 2) (4) 4.3.6 Verduidelik wat die invloedsfeer van 'n nedersetting soos B beïnvloed. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 4.4 FIGUUR 4.4 toon 'n vereenvoudigde model en grondgebruiksones van 'n stad in Suid-Afrika aan. 4.4.1 Benoem grondgebruiksone A. (1 x 1) (1) 4.4.2 Gee 'n moontlike rede waarom die oorgangsone (B) nie sone A ten volle omring nie. (1 x 2) (2) 4.4.3 Waarom is grondgebruiksone D waarskynlik 'n lae-inkomste residensiële gebied? (1 x 2) (2) 4.4.4 Noem EEN faktor wat die ligging van winkelsentrum C sou begunstig het. (1 x 2) (2) 4.4.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy die negatiewe faktore in grondgebruiksone A bespreek wat daartoe gelei het dat besighede na C en die omliggende omgewing toe verskuif het. (4 x 2) (8) 4.5 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.5 oor steenkoolontginning in Suid-Afrika. 4.5.1 Noem die provinsie waarin die meeste van Suid-Afrika se steenkoolvelde voorkom. (1 x 1) (1) 4.5.2 Noem TWEE van Suid-Afrika se hoofnywerhede wat van steenkool as 'n grondstof afhanklik is. (2 x 1) (2) 4.5.3 Noem TWEE omgewingsprobleme as gevolg van steenkool- ontginning in Suid-Afrika. (2 x 2) (4) 4.5.4 Mynbou- en steenkoolafhanklike maatskappye moet saamwerk om die omgewingsprobleme wat met steenkoolontginning geassosieer word, reg te stel. Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe dit gedoen kan word. (4 x 2) (8) 4.6 Bestudeer FIGUUR 4.6, wat inligting verskaf oor die Coega- nywerheidsontwikkelingsone (NOS) in Suid-Afrika. 4.6.1 In watter provinsie in Suid-Afrika is Coega geleë? (1 x 1) (1) 4.6.2 Coega is die grootste nywerheidsontwikkelingsone in Suid-Afrika. Wat is die grootte daarvan? (1 x 1) (1) 4.6.3 Noem die diepwaterhawe by Coega. (1 x 1) (1) 4.6.4 Gee EEN rede waarom hierdie hawe so belangrik is. (1 x 2) (2) 4.6.5 Verduidelik waarom kragvoorsiening in hierdie gebied nie 'n probleem sal wees nie. (2 x 2) (4) 4.6.6 Bespreek DRIE faktore wat in berekening gebring is om die ligging van die Coega-NOS te bepaal. (3 x 2) (6) [75] TOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all