Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201614 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V2 FEBRUARIE/MAART 2016 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur EKSAMEN- NOMMER: SENTRUM- NOMMER: VRAAGNOMMER V1 V2 V3 V4 TOT NASIENER MODERATOR PUNT BEHAAL TOTAAL 15 20 25 15 75 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 3126DD QUEENSTOWN. 2. Ortofotokaart 3126 DD 13 QUEENSTOWN. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word. 3. Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3126DD QUEENSTOWN) en 'n ortofotokaart (3126 DD 13 QUEENSTOWN) van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Aerodrome Vliegveld Caravan Park Karavaanpark College Kollege Diggings Uitgrawings Golf Course Gholfbaan Gorge Ravyn (Kloof) Holiday Resort Vakansieoord Purification Plant Watersuiweringsaanleg River Rivier Sewage Works Rioolwerke Yacht Club Seiljagklub Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS ALGEMENE INLIGTING OOR QUEENSTOWN • QUEENSTOWN Koördinate: 31°54'S 26°53'O Queenstown is 'n dorp in die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Dit lê aan die Komanirivier, wat deel van die Groot-Keirivierstelsel uitmaak. Queenstown het 'n verfrissende klimaat en oorvloedige watervoorraad uit die omliggende ruwe berge. Die water word opgegaar in die Bonkolo-dam (die naam is onlangs vanaf Bongolo-dam verander), wat tussen die heuwels geleë is. Die dam word op groot skaal vir ontspanning en watersport gebruik. Naby Queenstown is 'n natuurreservaat (Lawrence de Lange Nature Reserve) met talle wildsbokke, witrenosters en pragtige blomplante, asook panoramiese uitsigte vanaf die bergpiek. Queenstown het ryk sandsteenlae wat deur kronkelende riviere op die vloedvlakte afgeset is. Queenstown se uitleg weerspieël sy oorspronklike doel as 'n verdedigingsvesting vir die grensgebied en het 'n baie ongewone uitleg. Daar is 'n sentrale heksagonale gebied waarvandaan kanon- of geweervuur deur ses deurgange, wat vanaf die middel uitloop, gerig kon word. [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Queenstown, Eastern Cape] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3126DD QUEENSTOWN, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag. 1.1 Queenstown is in die … geleë. A Wes-Kaap B Oos-Kaap C Noord-Kaap D Vrystaat 1.2 Die nommers 3126 in die kaartindeks verwys na … A 31' breedtegraad en 26' lengtegraad. B 26' breedtegraad en 31' lengtegraad. C 26° breedtegraad en 31° lengtegraad. D 31° breedtegraad en 26° lengtegraad. 1.3 Die rigting van peilbaken 60 in blok F1 vanaf punthoogte 1076 in blok J1 op die topografiese kaart is … A noordwes. B oos-noordoos. C noord. D noord-noordoos. 1.4 Watter verskynsel dui aan dat grondwater in I6 aangetref word? A Dam B Reservoir C Windpomp D Niestandhoudende rivier 1.5 Die hoek waarteen die sytakke by die hoofstroom in C1 op die topografiese kaart aansluit, toon aan dat die algemene vloeirigting van die stroom … is. A weswaarts B noordwaarts C ooswaarts D suidwaarts 1.6 Die hoogte van die indeks-kontoerlyn in blok B10 op die topografiese kaart is … meter. A 1 095 B 1 100 C 1 160 D 1 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.7 Gebied 1 op die ortofotokaart het 'n … straatpatroon. A onbeplande onreëlmatige B ruit- C radiaal konsentriese D beplande onreëlmatige 1.8 Die dreineerpatroon in blok C9/10 en D9/10 op die topografiese kaart is 'n … patroon. A parallelle B sentripetale C radiale D tralie- 1.9 Wat is die stroomorde by punt X in blok D9? A 3 B 2 C 1 D 4 1.10 Die landvorm by R in blok I4 op die topografiese kaart is 'n … A pas. B saal. C kloof/ravyn. D uitloper. 1.11 Die skaduwees van die bome by 16 op die ortofotokaart is aan die suidoostekant, wat daarop dui dat die foto om … geneem is. A 08:00 B 16:00 C 10:00 D 14:00 1.12 Die hoof primêre aktiwiteit in die gekarteerde gebied is … A bosbou. B landbou. C mynbou. D visvang. 1.13 Bowkerskop, geleë tussen punt 7 en 8 op die ortofotokaart, is 'n … A mesa/tafelberg. B cuesta. C spitskop. D butte/tafelkop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.14 Die hoof sigbare faktor wat landbou in blok A3 op die topografiese kaart beperk, is ... A besoedeling. B ontbossing. C erosie. D oorbeweiding. 1.15 Identifiseer verskynsel 14 op die ortofotokaart. A Ophoping/Oewerwal B Mynhoop C Uitgrawing D Deurgrawing (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE 2.1 Bereken die magnetiese peiling van punthoogte 1200 (blok H5) vanaf peilbaken 203 in blok G6 op die topografiese kaart. Formule: Magnetiese peiling = ware peiling + huidige magnetiese deklinasie Ware peiling: __________________________________________________ Verskil in jare: __________________________________________________ Gemiddelde jaarlikse verandering: __________________________________ Totale verandering: ______________________________________________ Magnetiese deklinasie vir 2016: ___________________________________ ___________________________________ ___________________________________ Magnetiese peiling vir 2016: _______________________________________ _______________________________________ (6 x 1) (6) 2.2 Verwys na ontspanningsgebied S op die topografiese kaart en 11 op die ortofotokaart. 2.2.1 Bereken die oppervlakte van ontspanningsgebied S op die topografiese kaart in m2. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: oppervlakte = lengte (L) x breedte (B) _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.2.2 Die oppervlakte van ontspanningsgebied S op die topografiese kaart is dieselfde as die oppervlakte van ontspanningsgebied 11 op die ortofotokaart aangesien dit dieselfde plek is. Verduidelik waarom dit groter vertoon op die ortofotokaart. _______________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2 x 1) (2) 2.3 Verwys na peilbaken 293 in blok D6 en peilbaken 187 in blok D7 en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen peilbaken 293 in blok D6 en peilbaken 187 in blok D7. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: gradiënt = vertikale interval (VI) horisontale ekwivalent (HE) _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.3.2 Teken 'n diagram wat die gemiddelde gradiënt wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, voorstel. Diagram (2 x 1) (2) 2.3.3 Gee redes waarom die gradiënt wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, as relatief steil beskou word. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) [20] VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Vind Bowkerskop in die suidoostelike gedeelte van die ortofotokaart. Die ortofotokaart toon duidelik 'n verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante van Bowkerskop. 3.1.1 Noem, en definieer, die mikroklimatologiese verskynsel wat vir die verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante van Bowkerskop verantwoordelik is. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) 3.1.2 Verduidelik hoe hierdie mikroklimatologiese verskynsel in VRAAG 3.1.1 vir die verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante van Bowkerskop verantwoordelik is. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 3.2 Verwys na blok H1 op die topografiese kaart en beantwoord die volgende vrae: 3.2.1 Benoem die stroomkanaalpatroon van die rivier in blok H1. _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.2.2 Gee redes waarom die stroomkanaalpatroon in VRAAG 3.2.1 hier ontwikkel het. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.2.3 Verduidelik waarom laminêre vloei in blok H1 voorkom. _______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.3 Bestudeer helling 12 en 13 op die ortofotokaart. 3.3.1 Gee die vorm van elke helling, helling 12 en 13. Helling 12: ______________________________________________ Helling 13: ______________________________________________ (2 x 1) (2) 3.3.2 Benoem die landvorm wat deur helling 12 en 13 gevorm word. _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.4 Bestudeer die residensiële gebied Blue Rise in blok D5 en D6. Verduidelik hoe die grootte van die persele (stukke grond) en die ligging van Blue Rise daarop dui dat dit 'n hoë-inkomste residensiële gebied is. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 3.5 Queenstown word as 'n poortdorp geklassifiseer. 3.5.1 Definieer die term poortdorp. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.5.2 Noem EEN ekonomiese voordeel van die ligging van Queenstown. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.5.3 Noem EEN omgewingsnadeel van die ligging van Queenstown. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.6 Jy is 'n dorps- en stadsbeplanner. Daar word van jou verwag om die Queenstown-gebied ten opsigte van sy toerismepotensiaal te evalueer. Waarom sou jy Queenstown as 'n toerismebestemming bemark? ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2 x 1) (2) [25] VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Die ortofotokaart toon 'n hoë resolusie. 4.1.1 Verduidelik die term resolusie. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.1.2 Gee 'n bewys dat die ortofotokaart 'n hoë resolusie het. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 4.1.3 Waarom kan 'n mens sê dat die ortofotokaart 'n voorbeeld van rasterdata is? _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2 As gevolg van die toename in boerdery in blok A8 is die moontlike toename in erosie hoogs waarskynlik. Die plaaslike munisipaliteit kan afstandwaarneming gebruik om die invloed van erosie op die Bonkolo-dam te assesseer. 4.2.1 Verduidelik die term afstandwaarneming. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.2 Verduidelik hoe die plaaslike munisipaliteit afstandwaarneming sal gebruik om die negatiewe invloed van die toenemende erosie op die Bonkolo-dam te monitor. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 2) (4) 4.3 Jy het 'n keuse tussen TWEE standplase waarop jy 'n winkelsentrum kan bou: T in blok B3 en U in blok E7. 4.3.1 Gee TWEE datalae, wat op die topografiese kaart sigbaar is, wat jy sal gebruik om jou te help om jou keuse te maak. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) 4.3.2 Noem jou finale keuse. _______________________________________________________ (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 4.4 Die boaansig-skets van 'n gedeelte van Queenstown hieronder is 'n voorbeeld van data-integrasie. 4.4.1 Verduidelik die term data-integrasie. _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.4.2 Noem TWEE bronne wat gebruik sou kon word om inligting te bekom om hierdie sketskaart saam te stel. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) 4.4.3 Noem EEN probleem wat 'n kartograaf kon ondervind het toe hy/sy hierdie sketskaart saamgestel het. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: MOENIE hierdie bladsy losmaak van die vraestel NIE.) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all