Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

MemorandumGeographyGrade 12201613 pages

Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V2 FEBRUARIE/MAART 2016 MEMORANDUM PUNTE: 75 Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 3126DD QUEENSTOWN. 2. Ortofotokaart 3126 DD 13 QUEENSTOWN. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word. 3. Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3126DD QUEENSTOWN) en 'n ortofotokaart (3126 DD 13 QUEENSTOWN) van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Aerodrome Vliegveld Caravan Park Karavaanpark College Kollege Diggings Uitgrawings Golf Course Gholfbaan Gorge Ravyn (Kloof) Holiday Resort Vakansieoord Purification Plant Watersuiweringsaanleg River Rivier Sewage Works Rioolwerke Yacht Club Seiljagklub Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum ALGEMENE INLIGTING OOR QUEENSTOWN • QUEENSTOWN Koördinate: 31°54'S 26°53'O Queenstown is 'n dorp in die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Dit lê aan die Komanirivier, wat deel van die Groot-Keirivierstelsel uitmaak. Queenstown het 'n verfrissende klimaat en oorvloedige watervoorraad uit die omliggende ruwe berge. Die water word opgegaar in die Bonkolo-dam (die naam is onlangs vanaf Bongolo-dam verander), wat tussen die heuwels geleë is. Die dam word op groot skaal vir ontspanning en watersport gebruik. Naby Queenstown is 'n natuurreservaat (Lawrence de Lange Nature Reserve) met talle wildsbokke, witrenosters en pragtige blomplante, asook panoramiese uitsigte vanaf die bergpiek. Queenstown het ryk sandsteenlae wat deur kronkelende riviere op die vloedvlakte afgeset is. Queenstown se uitleg weerspieël sy oorspronklike doel as 'n verdedigingsvesting vir die grensgebied en het 'n baie ongewone uitleg. Daar is 'n sentrale heksagonale gebied waarvandaan kanon- of geweervuur deur ses deurgange, wat vanaf die middel uitloop, gerig kon word. [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Queenstown, Eastern Cape] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3126DD QUEENSTOWN, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag. 1.1 Queenstown is in die … geleë. A Wes-Kaap B Oos-Kaap C Noord-Kaap  D Vrystaat B 1.2 Die nommers 3126 in die kaartindeks verwys na … A 31' breedtegraad en 26' lengtegraad. B 26' breedtegraad en 31' lengtegraad. C 26° breedtegraad en 31° lengtegraad. D 31° breedtegraad en 26° lengtegraad.  D 1.3 Die rigting vanaf peilbaken 60 in blok F1 vanaf punthoogte 1076 in blok J1 op die topografiese kaart is … A noordwes. B oos-noordoos. C noord. D noord-noordoos.  D 1.4 Watter verskynsel dui aan dat grondwater in I6 aangetref word? A Dam B Reservoir C D Windpomp Niestandhoudende rivier  C 1.5 Die hoek waarteen die sytakke by die hoofstroom in C1 op die topografiese kaart aansluit, toon aan dat die algemene vloeirigting van die stroom … is. A weswaarts B noordwaarts C D ooswaarts suidwaarts  A 1.6 Die hoogte van die indeks-kontoerlyn in blok B10 op die topografiese kaart is … meter. A 1 095 B 1 100 C D 1 160 1 200  D Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 1.7 Gebied 1 op die ortofotokaart het 'n … straatpatroon. A onbeplande onreëlmatige B ruit- C radiaal konsentriese D beplande onreëlmatige  C 1.8 Die dreineerpatroon in blok C9/10 en D9/10 op die topografiese kaart is 'n … patroon. A parallelle B sentripetale C radiale D tralie-  C 1.9 Wat is die stroomorde by punt X in blok D9? A 3 B 2 C 1 D 4  B 1.10 Die landvorm by R in blok I4 op die topografiese kaart is 'n … A pas. B saal. C kloof/ravyn. D uitloper.  C 1.11 Die skaduwees van die bome by 16 op die ortofotokaart is aan die suidoostekant, wat daarop dui dat die foto om … geneem is. A 08:00 B 16:00 C 10:00 D 14:00  D 1.12 Die hoof primêre aktiwiteit in die gekarteerde gebied is … A bosbou. B landbou. C D mynbou. visvang.  B 1.13 Bowkerskop, geleë tussen punt 7 en 8 op die ortofotokaart, is 'n … A mesa/tafelberg. B cuesta. C spitskop. D butte/tafelkop.  C Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 1.14 Die hoof sigbare faktor wat landbou in blok A3 op die topografiese kaart beperk, is ... A besoedeling. B ontbossing. C erosie. D oorbeweiding.  C 1.15 Identifiseer verskynsel 14 op die ortofotokaart. A Ophoping/Oewerwal B Mynhoop C Uitgrawing D Deurgrawing  C (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE 2.1 Bereken die magnetiese peiling van punthoogte 1200 (blok H5) vanaf peilbaken 203 in blok G6 op die topografiese kaart. Formule: Magnetiese peiling = ware peiling + huidige magnetiese deklinasie Ware peiling: 223°  Verskil in jare: 2016 – 2002 = 14 jaar  Gemiddelde jaarlikse verandering: 11'W Totale verandering: 14 x 11' W = 154' W (2°34'W)  Magnetiese deklinasie vir 2016: 24°16' W +2° 34' W  = 26°50'Wes van Ware Noord Magnetiese peiling vir 2016: 223°+ 26°50' = 249°50'  Speling: (248°01' - 250°01') (6 x 1) (6) 2.2 Verwys na ontspanningsgebied S op die topografiese kaart en 11 op die ortofotokaart. 2.2.1 Bereken die oppervlakte van ontspanningsgebied S op die topografiese kaart in m2. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: oppervlakte = lengte (L) x breedte (B) = (0,7 cm x 500)  (0,5 cm x 500)  = 350 m x 250 m  = 87 500 m2 Speling [60 000 m2 -120 000 m2] [Aanvaar ander berekeningsmetodes] (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 2.2.2 Die oppervlakte van ontspanningsgebied S op die topografiese kaart is dieselfde as die oppervlakte van ontspanningsgebied 11 op die ortofotokaart aangesien dit dieselfde plek is. Verduidelik waarom dit groter vertoon op die ortofotokaart. Die skaal van die ortofotokaart is 1 : 10 000 en die skaal van die topografiese kaart 1 : 50 000  Dit dui daarop dat die skaal van die ortofotokaart 5 keer groter as die skaal van die topografiese kaart is en dit laat die ontspanningsgebied groter op die ortofotokaart vertoon.  (2 x 1) (2) 2.3 Verwys na peilbaken 293 in blok D6 en peilbaken 187 in blok D7 en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen peilbaken 293 in blok D6 en peilbaken 187 in blok D7. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: gradiënt = vertikale interval (VI) horisontale ekwivalent (HE) VI = 1 468,9 m – 1 211,1 m VI = 1 468,9 m – 1 211,1 m = 257,8 m  = 257,8 m  HE = 3,2 cm x 500 OF HE = 2,5 cm x 50 000 100 = 1 600 m = 1 600 m  G = 257,8 G = 257,8 1 600  1 600  = 1 = 1 6.2 6,2 = 1 : 6,2  = 1 : 6,2  Speling [1 : 6 – 1 : 6,4] (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 2.3.2 Teken 'n diagram wat die gemiddelde gradiënt wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, voorstel. Diagram  1 6,2 (2 x 1) (2) 2.3.3 Gee redes waarom die gradiënt wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, as relatief steil beskou word. Vir elke een vertikale eenheid  beweeg jy slegs 6,2 eenhede horisontaal  Styg met een eenheid  oor 'n kort afstand  [Konsep] [Enige EEN] (2 x 1) (2) [20] VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Vind Bowkerskop in die suidoostelike gedeelte van die ortofotokaart. Die ortofotokaart toon duidelik 'n verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante van Bowkerskop. 3.1.1 Noem, en definieer, die mikroklimatologiese verskynsel wat vir die verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante van Bowkerskop verantwoordelik is. Klimatologiese verskynsel: Hellingrigting (Hellingaspek)  Definisie: Die ligting en rigting van die vallei-/heuwelhang in verhouding tot die sonstrale  [Konsep]) (2 x 1) (2) 3.1.2 Verduidelik hoe hierdie mikroklimatologiese verskynsel in VRAAG 3.1.1 vir die verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante van Bowkerskop verantwoordelik is. Hellings wat noordwaarts front, ondervind meer verdamping wat lei tot minder grondvoginhoud en die plantegroeidigtheid is laer  OF Hellings wat suid front is in die skadusone van die koppie en sal minder verdamping ondervind wat lei tot 'n hoër grondvoginhoud en dus digter plantegroei  (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.2 Verwys na blok H1 op die topografiese kaart en beantwoord die volgende vrae: 3.2.1 Benoem die stroomkanaalpatroon van die rivier in blok H1. 'n Kronkelende/meanderende stroomkanaalpatroon  (1 x 1) (1) 3.2.2 Gee redes waarom die stroomkanaalpatroon in VRAAG 3.2.1 hier ontwikkel het. In H1 vloei dit oor 'n geleidelike helling  wat dit van kant tot kant laat kronkel a.g.v. te veel energie  (2 x 2) (4) 3.2.3 Verduidelik waarom laminêre vloei in blok H1 voorkom. Die gradiënt is geleidelik  Daar is 'n stuwal om vloei te beheer/te laat afneem  Daar is 'n lae vloeisnelheid  [Enige EEN] (1 x 2) (2) 3.3 Bestudeer helling 12 en 13 op die ortofotokaart. 3.3.1 Gee die vorm van elke helling, helling 12 en 13. Helling 12: Eenvormig steil  Helling 13: Konkaaf  (2 x 1) (2) 3.3.2 Benoem die landvorm wat deur helling 12 en 13 gevorm word. (Homoklinale) Rug  (1 x 1) (1) 3.4 Bestudeer die residensiële gebied Blue Rise in blok D5 en D6. Verduidelik hoe die grootte van die persele (stukke grond) en die ligging van Blue Rise daarop dui dat dit 'n hoë-inkomste residensiële gebied is. Groot persele (stukke grond)   Aan die buitewyke van die stad geleë   [Enige EEN] (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.5 Queenstown word as 'n poortdorp geklassifiseer. 3.5.1 Definieer die term poortdorp. 'n Dorpie wat by 'n poort/gaping tussen heuwels/berge voorkom  [Konsep] (1 x 1) (1) 3.5.2 Noem EEN ekonomiese voordeel van die ligging van Queenstown. Dit sal 'n stopplek vir mense wees wat deur die poort reis en dit sal besigheid vir Queenstown inbring  (Kan voorbeelde gee bv. maak vol met petrol en koop goedere.) Meer besighede en beleggings word na die gebied gelok  Dit sal meer werk skep vir mense wat in die gebied woon  (Enige TWEE– Aanvaar ander relevante antwoorde) (1 x 2) (2) 3.5.3 Noem EEN omgewingsnadeel van die ligging van Queenstown. Katabatiese lugvloei lei tot lae temperature (rypholtes) snags  Katabatiese lugvloei sal besoedelingsdeeltjies in die vallei bo Queenstown vaskeer  Baie verkeersvloei sal voorkom wat tot baie lugbesoedeling sal lei  Toename in die hoeveelheid rommelbesoedeling  Toename in geraasbesoedeling  Kan tot omgewingsvernietiging lei  [Enige EEN – Aanvaar ander relevante antwoorde] (1 x 2) (2) 3.6 Jy is 'n dorps- en stadsbeplanner. Daar word van jou verwag om die Queenstown-gebied ten opsigte van sy toerismepotensiaal te evalueer. Waarom sou jy Queenstown as 'n toerismebestemming bemark? Dit het 'n natuurreservaat  Daar is damme vir ontspanning  Daar is baie ontspanningsentrums  Die heuwelagtige omgewing (estetiese waarde, ontspanning, staproetes) Het historiese waarde  [Enige TWEE] (2 x 1) (2) [25] VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Die ortofotokaart toon 'n hoë resolusie. 4.1.1 Verduidelik die term resolusie. Dit verwys na die detail en akkuraatheid van die beeld/foto  [Konsep] (1 x 1) (1) 4.1.2 Gee 'n bewys dat die ortofotokaart 'n hoë resolusie het. Alle verskynsels is duidelik  (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.1.3 Waarom kan 'n mens sê dat die ortofotokaart 'n voorbeeld van rasterdata is? Dit is 'n foto en bestaan uit pixels/digitale blokkies  (1 x 1) (1) 4.2 As gevolg van die toename in boerdery in blok A8 is die moontlike toename in erosie hoogs waarskynlik. Die plaaslike munisipaliteit kan afstandwaarneming gebruik om die invloed van erosie op die Bonkolo-dam te assesseer. 4.2.1 Verduidelik die term afstandwaarneming. Die versameling inligting van die Aarde oor 'n afstand, bv. met satelliete  [Konsep] (1 x 1) (1) 4.2.2 Verduidelik hoe die plaaslike munisipaliteit afstandwaarneming sal gebruik om die negatiewe invloed van die toenemende erosie op die Bonkolo-dam te monitor. Satelliete sal voortdurend foto's van die gebied op verskillende tye neem  Deur foto's te vergelyk kan die uitbreiding van die probleem waargeneem word  Foto's kan gebruik word om die invloed van erosie te ontleed  [Enige TWEE – Aanvaar ander redelike antwoorde] (2 x 2) (4) 4.3 Jy het 'n keuse tussen TWEE standplase waarop jy 'n winkelsentrum moet bou; T in blok B3 en U in blok E7. 4.3.1 Gee TWEE datalae, wat op die topografiese kaart sigbaar is, wat jy sal gebruik om jou te help om jou keuse te maak. Infrastruktuur/Die Nasionale Pad/N6  Topografie/Gelyk grond  Grondgebruik/Nader aan markgebied/Nader aan Queenstown/Nader aan woongebiede/Oop ruimte  [Enige TWEE] (2 x 1) (2) 4.3.2 Noem jou finale keuse. U (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.4 Die boaansig-skets van 'n gedeelte van Queenstown hieronder is 'n voorbeeld van data-integrasie. 4.4.1 Verduidelik die term data-integrasie. Dit is die kombinasie van verskillende inligtingsbronne om 'n eenheidsoorsig te gee  [Konsep]) (1 x 1) (1) 4.4.2 Noem TWEE bronne wat gebruik sou kon word om inligting te bekom om hierdie sketskaart saam te stel. Topografiese kaart  Ortofotokaart  Satellietfoto's  Lugfoto's  [Enige TWEE] (2 x 1) (2) 4.4.3 Noem EEN probleem wat 'n kartograaf kon ondervind het toe hy/sy hierdie sketskaart saamgestel het. Gebruik kaarte van verskillende skale  Om die skaal korrek te kry  Om die buitelyne van verskynsels reg te kry  Gebruik kaarte met verskillende kaartprojeksies  [Enige EEN] (1 x 1) (1) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all