Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201614 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GEOGRAFIE V1 2016 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/2016 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 10. Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/2016 SSE AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1, 'n uittreksel uit 'n sinoptiese weerkaart. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.8 A. 1.1.1 Lugdruksel A is 'n … laagdruksel. A termiese B kontinentale C kus- D afsny- 1.1.2 Gebied B ondervind … winde. A suidelike B oostelike C westelike D noordelike 1.1.3 Gebied C word oor die algemeen met …-wolke geassosieer. A cumulus B cumulonimbus C stratus D altostratus 1.1.4 Gebied D is die middelpunt van 'n … A tropiese sikloon. B middelbreedte-sikloon. C kuslaagdruk. D afsnylaagdruk. 1.1.5 Die lugdruklesing van isobaar E is … mb/hPa. A 1 004 B 1 012 C 1 020 D 1 016 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/2016 SSE 1.1.6 Laagdrukstelsel F is deel van 'n familie van … A middelbreedte-siklone. B tropiese siklone. C kuslaagdrukke. D afsnylaagdrukke. 1.1.7 Hoogdruksel G staan as die … Hoogdruksel bekend. A Suid-Indiese/Mauritius- B Suid-Pasifiese C Kalahari-/Kontinentale D Suid-Atlantiese/St. Helena- (7 x 1) (7) 1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Stroompatroon wat in 'n sentraal A reghoekige patroon geleë pan of laagliggende gebied invloei B geërfde dreinering 1.2.2 Ontwikkel op stollingsgesteentes C traliepatroon met nate en krake D antesedente dreinering 1.2.3 Ontwikkel op skuins rotslae wat oneweredig teen erosie bestand is E radiale/sentrifugale patroon 1.2.4 Ontwikkel op 'n koepel waar strome uitwaarts vloei F sentripetale patroon 1.2.5 'n Dreineerpatroon wat behou word G dendritiese patroon selfs nadat die land opgehef en geplooi is H gevlegte patroon 1.2.6 Hierdie stroompatroon pas nie by I ontwrigte patroon die geologie en topografie van die bestaande landskap nie 1.2.7 Ontwikkel meestal in gletserstreke waar geen spesifieke patroon identifiseer kan word nie 1.2.8 Kom voor op rotse wat eenvormig teen erosie bestand is en waar sytakke teen skerp hoeke by die hoofstroom aansluit (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/2016 SSE 1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat op die verbybeweeg van 'n tifoon gebaseer is. 1.3.1 (a) In watter gebied/streek van die wêreld kom Tifoon Usagi voor? (1 x 1) (1) (b) Noem EEN sigbare verskynsel in die diagram wat bevestig dat Tifoon Usagi in die volwasse ontwikkelingstadium is. (1 x 1) (1) 1.3.2 (a) Gee 'n rede vir die bewegingsrigting van die tifoon. (1 x 1) (1) (b) Hoeveel tifone is voor Tifoon Usagi in hierdie seisoen in hierdie gebied ervaar? (1 x 2) (2) 1.3.3 Noem EEN toestand wat daartoe kon gelei het dat Tifoon Usagi tot 'n supertifoon ontwikkel het? (1 x 2) (2) 1.3.4 'n Tifoon word deur die beskikbaarheid van energie tydens sy lewensiklus beïnvloed. Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy verduidelik hoe energie tydens die volwasse en ontbindingstadiums aan die stelsel beskikbaar gestel en weggeneem word. (4 x 2) (8) 1.4 FIGUUR 1.4 toon 'n temperatuurinversie in 'n vallei. 1.4.1 Identifiseer die oorsaak van lugbesoedeling in hierdie vallei. (1 x 1) (1) 1.4.2 Noem EEN voorbeeld van 'n tipe besoedelende stof wat by punt B vrygestel word. (1 x 1) (1) 1.4.3 Gee 'n geskikte term om gebied A te beskryf. (1 x 1) (1) 1.4.4 Beskryf die verwantskap tussen hoogte en temperatuur soos dit op die grafiek getoon word. (1 x 2) (2) 1.4.5 Die hoeveelheid rook op die valleibodem kan snags toeneem. Stel TWEE moontlike redes voor vir hierdie toename. (2 x 2) (4) 1.4.6 Ontleed die volgende stelling: 'Temperatuur beïnvloed die ligging van nedersettings in 'n vallei.' (3 x 2) (6) 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat op stroomroof gebaseer is. 1.5.1 Identifiseer verskynsel W in FIGUUR 1.5. (1 x 1) (1) 1.5.2 Watter doel dien verskynsel W? (1 x 1) (1) 1.5.3 Verduidelik die proses wat oor die afgelope 1 000 jaar moes plaasvind om aan Rivier B die naam 'roofstroom' te besorg. (2 x 2) (4) 1.5.4 Gee 'n rede vir die groot hoeveelheid riviergruis wat waarskynlik by gebied V aangetref sal word. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/2016 SSE 1.5.5 Noem EEN verandering wat Rivier B vanaf 1 000 jaar gelede tot vandag toe ondergaan het. (1 x 2) (2) 1.5.6 Watter implikasie het stroomroof vir gemeenskappe wat vir ekonomiese aktiwiteite van Rivier A afhanklik is? (2 x 2) (4) 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6, 'n foto wat die invloed van mense op riviere toon. 1.6.1 Wat beteken die term rivierbestuur? (1 x 1) (1) 1.6.2 Watter regeringsdepartement is vir die gesondheid en volhoubare gebruik van riviere verantwoordelik? (1 x 1) (1) 1.6.3 Watter bewyse in die foto dui op swak rivierbestuur? (2 x 1) (2) 1.6.4 Stel TWEE maniere voor waarop die munisipaliteit die invloed van informele nedersettings op riviere kan verminder. (2 x 2) (4) 1.6.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy redes gee waarom dit noodsaaklik is om die gesondheid (of gehalte) van riviere in Suid-Afrika in stand te hou. (4 x 2) (8) [75] VRAAG 2 2.1 Bestudeer FIGUUR 2.1 wat op die ontwikkelingstadiums van 'n middelbreedte-sikloon gebaseer is. 2.1.1 Watter breedtelyn, 20°S, 60°S of 80°S, word deur lyn A voorgestel? 2.1.2 Is 'n middelbreedte-sikloon 'n hoogdrukstelsel of 'n laagdrukstelsel? 2.1.3 Beskryf die lugsirkulasie, soos in stadium 2 getoon word. 2.1.4 Noem die verdelingsone tussen die weste- en oostewinde. 2.1.5 Noem die ontwikkelingstadium waartydens fronte vorm. 2.1.6 Definieer die term kouefront, wat in stadium 3 sigbaar is. 2.1.7 Watter stadium (1, 2, 3 of 4) toon die middelbreedte-sikloon in die okklusiestadium? 2.1.8 Gee EEN bewys in die diagram wat aandui dat hierdie sikloon in die Suidelike Halfrond voorkom. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/2016 SSE 2.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK. 2.2.1 (Grondwater/Die watertafel) is die boonste limiet van die versadigde sone in die rotse onder die Aarde se oppervlak. 2.2.2 Die rivier-(mond/oorsprong) is die gebied waar die rivier in 'n oseaan, see of meer invloei. 2.2.3 Die (dreineerbekken/rivierstelsel) bestaan uit al die sytakke en die hoofstroom. 2.2.4 Water wat oor die Aardoppervlak vloei voordat dit 'n rivier binnevloei, staan as (kanaal/plaat)-vloei bekend. 2.2.5 'n Kleiner rivier wat in die hoofstroom invloei, staan as die hoofstroom se (samevloeiing/sytak) bekend. 2.2.6 'n Hoogliggende gebied tussen twee riviere in dieselfde dreineerbekken is 'n (interfluviale rif/waterskeiding). 2.2.7 'n (Permanente/Tydelike) erosiebasisvlak word aangetref waar 'n rivier in die oseaan invloei. (7 x 1) (7) 2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat hellingwinde toon. 2.3.1 Benoem winde A en B. (2 x 1) (2) 2.3.2 Noem EEN faktor wat vir die verandering in windrigting verantwoordelik is, soos deur wind A en B getoon word. (1 x 1) (1) 2.3.3 Buiten lugbeweging, noem TWEE ander verskille tussen wind A en B. (2 x 2) (4) 2.3.4 Gee 'n rede waarom temperatuur in vallei D met hoogte styg. (1 x 2) (2) 2.3.5 Evalueer hoe die hellingwinde (A en B) beide 'n positiewe en negatiewe invloed op mense en menslike aktiwiteite kan hê. (3 x 2) (6) 2.4 FIGUUR 2.4 is 'n skematiese voorstelling van die afmetings van 'n stedelike hitte-eiland. 2.4.1 Gee 'n moontlike rede vir die asimmetriese (oneweredige) vorm van die termiese pluim van die stedelike hitte-eiland. (1 x 1) (1) 2.4.2 Gee TWEE bewyse wat aandui dat FIGUUR 2.4 dagtoestande voorstel. (2 x 1) (2) 2.4.3 Teken 'n benoemde diagram om veranderings in die vorm van die stedelike hitte-eiland gedurende die nag te toon. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/2016 SSE 2.4.4 Dui aan waarom die gebied in die middestad (SSK) met sterker stygwinde geassosieer word. (1 x 2) (2) 2.4.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die gebouedigtheid van die SSK en boumateriaal wat in die SSK gebruik is, die vorming van die intense (sterk) stedelike hitte-eiland veroorsaak. (4 x 2) (8) 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat 'n dreineerbekken vanaf die oorsprong tot by die mond, asook die ooreenstemmende lengteprofiel toon. 2.5.1 Definieer die term dreineerbekken. (1 x 1) (1) 2.5.2 Die volgende vrae verwys na dreineerdigtheid. (a) Wat is dreineerdigtheid? (1 x 1) (1) (b) Noem EEN faktor wat dreineerdigtheid beïnvloed. (1 x 2) (2) (c) Gee 'n bewys in die diagram om aan te dui dat die boloop die hoogste dreineerdigtheid het. (1 x 2) (2) 2.5.3 Die volgende vrae verwys na die lengteprofiel. (a) Watter bewys dui aan dat dit 'n gegradeerde profiel is? (1 x 1) (1) (b) Gebruik FIGUUR 2.5 en verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe 'n rivier sy gegradeerde lengteprofiel (die konsep van dinamiese ekwilibrium) behou. (4 x 2) (8) 2.6 Verskeie verskynsels, soos oewerwalle (levées) en deltas, word langs 'n rivierloop aangetref. 2.6.1 Verwys na die vorming van 'n oewerwal (levée) in FIGUUR 2.6. (a) Wat is 'n oewerwal (levée)? (1 x 1) (1) (b) Gee redes vir die verskil in grootte tussen die sediment wat by C en die sediment wat by D in FIGUUR 2.6 afgeset word. (2 x 2) (4) (c) Verduidelik waarom oewerwalle (levées) beide voordelig en nadelig vir boerdery op die aanliggende vloedvlakte kan wees. (2 x 2) (4) 2.6.2 Die volgende vrae verwys na deltas. (a) Waar word deltas in 'n rivier aangetref? (1 x 2) (2) (b) Gee 'n rede vir die groot hoeveelheid afgesette materiaal wat aangetref word waar 'n delta gevorm word. (1 x 2) (2) (c) Waarom is deltas in Suid-Afrikaanse riviere skaars? (1 x 2) (2) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/2016 SSE AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 3.1.8 A. 3.1.1 Die kleinste tipe landelike nedersetting is 'n … A gehuggie. B geïsoleerde plaasopstal. C lae-orde dienssentrum. D dorpie. 3.1.2 'n Nedersetting word as landelik geklassifiseer as gevolg van die … A getal mense wat in die nedersetting woon. B grootte van die nedersetting. C funksie van die nedersetting. D getal lae-orde aktiwiteite. 3.1.3 Die ligging van 'n nedersetting word deur die volgende natuurlike faktore beïnvloed: A Water, mark, klimaat B Water, grondvrugbaarheid, reliëf C Water, topografie, hawe D Historiese omstandighede, water, handel 3.1.4 Droëpuntnedersettings kom naby … voor. A woestyne B oases C moerasse D hoogliggende gebiede 3.1.5 Toerisme is 'n voorbeeld van 'n … ekonomiese aktiwiteit. A kwaternêre B tersiêre C sekondêre D primêre 3.1.6 Die invloed van hellingsrigting (aspek) op die ligging van nedersettings verwys na die volgende beginsel: A Valleibodems kan ryp ervaar. B Boonste hellings ervaar lae gemiddelde temperature. C Hellings in die Suidelike Halfrond wat noord front, is warmer. D Gelyk vlaktes lok meer mense as ongelyke terrein. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/2016 SSE 3.1.7 'n Nedersetting wat by 'n rivieroorgang geleë is, staan as 'n …-nedersetting bekend. A poort B brug C waterpunt D vragbrekingspunt (7 x 1) (7) 3.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 3.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 3.2.1 'n Ander naam vir 'n binnelandse A invoere mark B infrastruktuur 3.2.2 Grondstowwe wat verwerk word C tuismark 3.2.3 Goedere wat by ander lande aangekoop word D tariewe 3.2.4 Verwys na paaie, spoorweë en E toegevoegdewaarde- kommunikasienetwerke produkte 3.2.5 Vervang ingevoerde goedere met F ruimtelikeontwikkelings- plaaslik vervaardigde goedere inisiatiewe 3.2.6 Belasting wat op ingevoerde G vryhandel goedere gehef word H uitvoere 3.2.7 Moedig industrialisasie langs I invoervervanging hoofroetes aan om NOS'e met mekaar te verbind 3.2.8 Geen versperring vir die invoer en uitvoer van goedere en dienste nie (8 x 1) (8) 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, 'n spotprent oor stedelike uitbreiding. 3.3.1 Definieer die term stedelike uitbreiding. (1 x 1) (1) 3.3.2 Noem hoe stedelike uitbreiding die nedersettingspatroon vanaf 1980 tot 2020 sal verander. (1 x 1) (1) 3.3.3 Gee EEN rede vir stedelike uitbreiding. (1 x 2) (2) 3.3.4 Bespreek TWEE probleme wat uit stedelike uitbreiding voortspruit. (2 x 2) (4) 3.3.5 Stel TWEE moontlike oplossings voor vir die probleme wat met stedelike uitbreiding geassosieer word. (2 x 2) (4) 3.3.6 Die eiendomsagent adverteer die grond deur te sê: 'Dit het 'n mooi uitsig.' Waarom het die gesigsuitdrukkings van die voornemende kopers vanaf 1980 tot 2020 verander? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/2016 SSE 3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 wat die algemene buitelynvorm en uitleg van Bangkok, Thailand, toon. 3.4.1 Noem die algemene buitelynvorm van Bangkok. (1 x 1) (1) 3.4.2 Verwys na FIGUUR 3.4 en sê watter faktor vir die buitelynvorm van Bangkok, in jou antwoord op VRAAG 3.4.1, verantwoordelik is. (1 x 1) (1) 3.4.3 Beskryf die ligging van die SSK met betrekking tot Bangkok se stadsgrense. (1 x 2) (2) 3.4.4 Noem TWEE voordele van die ligging van die SSK soos beskryf in VRAAG 3.4.3. (2 x 2) (4) 3.4.5 Die SSK van Bangkok word deur pondokdorpies (informele nedersettings) omring. Dit kan tot kommersiële desentralisasie lei. In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom dit die geval kan wees. (4 x 2) (8) 3.5 Verwys na FIGUUR 3.5, 'n gevallestudie oor suikerrietboerdery. 3.5.1 In watter provinsie word suikerriet hoofsaaklik verbou? (1 x 1) (1) 3.5.2 Noem TWEE klimaatstoestande wat hierdie gebied geskik maak vir suikerrietverbouing. (2 x 2) (4) 3.5.3 Noem EEN sosio-ekonomiese faktor wat suikerrietboerdery negatief beïnvloed. (1 x 2) (2) 3.5.4 Verduidelik hoe suikerrietboerdery die ekonomiese ontwikkeling van die provinsie in VRAAG 3.5.1 gestimuleer het. (2 x 2) (4) 3.5.5 Bespreek waarom die suikermeule ideaal geleë is. (2 x 2) (4) 3.6 Bestudeer die kaart in FIGUUR 3.6 wat die kernnywerheidstreke van Suid-Afrika toon. 3.6.1 Noem EEN verskil tussen 'n swaar nywerheid en 'n ligte nywerheid. (2 x 1) (2) 3.6.2 (a) Watter EEN van die vier nywerheidstreke kan beskou word as 'n streek wat deur ligte nywerhede gedomineer word wanneer dit met die ander drie nywerheidstreke vergelyk word? 1 x 1) (1) (b) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.2(a). (1 x 2) (2) 3.6.3 Noem EEN nywerheidsontwikkelingstrategie wat ná apartheid ingestel is om oorkonsentrasie in die kernnywerheidstreke te verlig. (1 x 2) (2) 3.6.4 Die PWV/Gauteng-nywerheidstreek dra die meeste tot die BBP van Suid-Afrika by ten spyte daarvan dat dit deur land omring word/in die binneland is. In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek waarom dit die geval is. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 DBE/2016 SSE VRAAG 4 4.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 J. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 'n Stedelike nedersetting wat goedere A lae-orde diens en dienste aan die omliggende landelike bevolking verskaf B invloedsfeer 4.1.2 'n Klein nedersetting met min funksies, C hoë-orde sentrum byvoorbeeld 'n plattelandse dorpie D reikwydte van 4.1.3 Die minimum aantal mense wat nodig is goedere om 'n besigheid te ondersteun E drempelbevolking 4.1.4 Die gebied waaruit 'n besigheid sy kliënte trek (ook as 'n markgebied F lae-orde sentrum bekend) G sentrale plek 4.1.5 Die maksimum afstand wat 'n verbruiker H hoë-orde diens bereid is om te reis om goedere te koop 4.1.6 Dienste wat daagliks benodig word en gereeld deur mense gebruik word 4.1.7 'n Groot nedersetting met baie funksies, byvoorbeeld 'n stad (7 x 1) (7) 4.2 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK. 4.2.1 Mynbou is 'n voorbeeld van 'n (primêre/tersiêre) aktiwiteit. 4.2.2 Die Suid-Afrikaanse mynbousektor dra (meer/minder) as die tersiêre sektor tot die BBP by. 4.2.3 Suid-Afrika het 'n (groot/klein) verskeidenheid minerale in vergelyking met die meeste lande. 4.2.4 Die meeste van Suid-Afrika se waterbronne (wat 'n invloed op mynboubedrywighede het) word in die (oostelike/westelike) helfte van die land aangetref. 4.2.5 Die mynbousektor verskaf grondstowwe aan die (kwaternêre/sekondêre) sektor van die ekonomie. 4.2.6 Nywerhede wat naby 'n myn geleë is, staan as (mark/hulpbron) -gerigte nywerhede bekend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 13 DBE/2016 SSE 4.2.7 Platinummyne is die prominentste in (Noordwes/Mpumalanga). 4.2.8 (Steenkool/Platinum) word in Suid-Afrika as 'n grondstof in die opwekking van elektrisiteit gebruik. (8 x 1) (8) 4.3 Bestudeer FIGUUR 4.3, 'n spotprent oor 'n plattelandse dorpie. 4.3.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 1) (1) 4.3.2 Gee die bevolkingsgrootte van hierdie plattelandse dorpie oor naweke en gedurende die week onderskeidelik. (2 x 1) (2) 4.3.3 Noem en verduidelik EEN trekfaktor wat die grootte van die bevolking gedurende die week sou kon verduidelik. (2 x 2) (4) 4.3.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die gevolge van landelike ontvolking op mense en die plaaslike ekonomie van die plattelandse dorpie. (4 x 2) (8) 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat 'n informele nedersetting toon. 4.4.1 Definieer die term informele nedersetting. (1 x 1) (1) 4.4.2 (a) Noem TWEE faktore wat die ligging van hierdie informele nedersetting sou kon beïnvloed het. (2 x 1) (2) (b) Waarom is ligging 'n belangrike faktor vir die inwoners van informele nedersettings? (1 x 2) (2) 4.4.3 Verduidelik TWEE negatiewe omgewingsinvloede van informele nedersettings. (2 x 2) (4) 4.4.4 Met verwysing na FIGUUR 4.4, gee EEN rede waarom 'n brand maklik deur hierdie nedersetting sou kon versprei. (1 x 2) (2) 4.4.5 Gee TWEE moontlike redes waarom plaaslike regerings die groei van informele nedersettings wil beperk. (2 x 2) (4) 4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5, 'n foto wat middagete-handel in 'n tipiese Suid-Afrikaanse stad toon. 4.5.1 Sou jy die handel as formeel of informeel klassifiseer? (1 x 1) (1) 4.5.2 Gee 'n bewys uit die foto om jou antwoord op VRAAG 4.5.1 te ondersteun. (1 x 2) (2) 4.5.3 Waarom oortree die produk wat verkoop word waarskynlik munisipale regulasies? (1 x 2) (2) 4.5.4 Waarom dra hierdie tipe handel nie direk tot die BBP by nie? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 14 DBE/2016 SSE 4.5.5 Stel TWEE moontlike redes vir die vinnige groei van die informele sektor in Suid-Afrika voor. (2 x 2) (4) 4.5.6 Verduidelik waarom die informele sektor 'n belangrike rol het om in die Suid-Afrikaanse ekonomie te speel. (2 x 2) (4) 4.6 Die huidige droogte in Suid-Afrika het 'n negatiewe invloed op die land se voedselsekerheid. 4.6.1 Definieer die term voedselsekerheid. (1 x 1) (1) 4.6.2 Waarom is dit belangrik om voedselsekerheid in 'n land te verbeter? (2 x 2) (4) 4.6.3 Waarom sal mense wat in stedelike nedersettings woon, waarskynlik hoër vlakke van voedselsekerheid hê as mense wat in landelike gebiede woon? (1 x 2) (2) 4.6.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die invloed van die huidige droogtekrisis op Suid-Afrika se voedselsekerheid te ontleed. (4 x 2) (8) [75] TOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all