Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201613 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GEOGRAFIE V2 2016 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur EKSAMEN- NOMMER: SENTRUM- NOMMER: M In SM In DM In CM In IM In MC EA EX RM In V1 V2 V3 V4 TOT Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/2016 SSE BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2525DC MAFIKENG 2. Ortofotokaart 2525 DC 13 MAFIKENG 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf word. 3. Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2525DC van MAFIKENG) en 'n ortofotokaart (2525 DC 13 MAFIKENG) van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan. Geen punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word nie. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Diggings Uitgrawings Furrow Voor Gold Mine Goudmyn Golf Course Gholfbaan Landing Strip Landingstrook River Rivier Sewage Works Rioolwerke Waterworks Waterwerke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/2016 SSE ALGEMENE INLIGTING OOR MAFIKENG Mafikeng, nou bekend as Mahikeng, is die hoofstad van die provinsie Noordwes in Suid-Afrika. Dit het in 2001 'n bevolking van 49 300 gehad. Daar is berig dat Mafikeng in 2007 'n bevolking van 250 000 gehad het. Die dorp is op oop veld op 'n hoogte van ongeveer 1 500 m bo seevlak aan die oewer van die Bo-Moloporivier gebou. Die Madibi Goudvelde is ongeveer 15 km suid van die dorp. Mafikeng het ook in die 1970's vir 'n kort tydperk as die hoofstad van Bophuthatswana gedien. Die gemiddelde temperatuur is 18,5 °C. Mafikeng het 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 559 mm. [Bron: Eksaminator se kaart] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/2016 SSE VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2525DC MAFIKENG en op die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag. 1.1 Gedurende die apartheidsera was Mafikeng deel van die tuisland van ... A Ciskei. B Bophuthatswana. C Transkei. D Venda. 1.2 Die kaartindeks/-verwysing van die topografiese kaart suidwes van Mafikeng is … A 2525CD. B 2625BB. C 2625AB. D 2625BA. 1.3 Die rigting van 1 vanaf 2 op die ortofotokaart is … A noordoos. B suidwes. C suidoos. D noordwes. 1.4 Die ware peiling van punthoogte 1306 (K) in blok G9 vanaf peilbaken 101 (L) in blok H9 is … A 201°. B 207°. C 21°. D 27°. 1.5 Die uitgrawings (O) in blok J10 dui aan dat dit 'n … is. A argeologiese terrein B landbougebied C konstruksieterrein D mynbougebied 1.6 Die ruitverwysing/koördinate/posisie van die uitgrawing in blok A6 is … A 25°46'30''S 25°37'06''O/25°46,5'S 28°37,1'O. B 25°37'06''S 25°46'30''O/28°37,1'S 25°46,5'O. C 25°46'48''S 25°37'30''O/25°46,8'S 28°37,5'O. D 25°37'30''S 25°46'48''O/28°37,5'S 25°46,8'O. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/2016 SSE 1.7 Die algemene straatpatroon van die stedelike gebied in blok F7 is … A radiaal. B beplan onreëlmatig. C onbeplan onreëlmatig. D 'n ruitvorm. 1.8 Verskynsels vertoon groter op die ortofotokaart as op die topografiese kaart omdat die ortofotokaart … A groter is. B 'n kleiner skaal het. C 'n groter gebied dek. D 'n groter skaal het. 1.9 Die ware afstand tussen (P) in blok I1 en (Q) in blok H4 is … A 10 km. B 5 km. C 12 km. D 7 km. 1.10 Die algemene vloeirigting van die rivier in blok F2 is … A noordwes. B suidwes. C noordoos. D suidoos. 1.11 Verskynsel 3 op die ortofotokaart is 'n … A hoofpad. B ander pad. C kanaal. D spoorlyn. 1.12 Grondgebruiksone 4 op die ortofotokaart is 'n … A residensiële gebied. B swaar nywerheidsgebied. C ligte nywerheidsgebied. D sentrale sakegebied. 1.13 Die verskynsel wat by 5 op die ortofotokaart voorkom, is … A 'n watersuiweringstelsel. B 'n mensgemaakte meer. C 'n waterbergingsfasiliteit. D rioolwerke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/2016 SSE 1.14 Die stroomorde by N in blok J2 is … A 2. B 3. C 1. D 4. 1.15 Die primêre aktiwiteit in die gekarteerde gebied is … A mynbou. B bosbou. C gewasboerdery. D visvang. (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/2016 SSE VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE 2.1 Verwys na die magnetiese deklinasie wat op die topografiese kaart aangedui word. 2.1.1 Bereken die magnetiese deklinasie (peiling) van 2525DC Mafikeng vir die huidige jaar. Dui die maateenheid in jou finale antwoord aan. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Verskil in jaar: ________________________________________ ________________________________________ Gemiddelde jaarlikse verandering: ___________________________ Totale verandering: _____________________________________ _____________________________________ Magnetiese deklinasie vir 2016: _____________________________ _____________________________ (5 x 1) (5) 2.1.2 Noem die belangrikheid daarvan om die magnetiese deklinasie vir die huidige jaar te bereken. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 2.2 Verwys na die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, wat die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word, aandui. Gebruik die afgebakende gebied om die oppervlakte van die ortofotokaart in km² te bereken. Dui die maateenheid in jou finale antwoord aan. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: oppervlakte = lengte (L) × breedte (B) ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/2016 SSE 2.3 Verwys na punthoogte 1306 (K) in blok G9 en peilbaken 101 (L) in blok H9 op die topografiese kaart. 2.3.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punthoogte 1306 (K) en peilbaken 101 (L). Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. vertikale interval (VI) Formule: gradiënt = horisontale ekwivalent (HE) _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (5 x 1) (5) 2.3.2 Is die gemiddelde gradiënt tussen punthoogte 1306 en peilbaken 101 wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, 'n ware weerspieëling van die gradiënt in die werklikheid? Gee 'n rede vir jou antwoord. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 + 1) (2) 2.3.3 Is punthoogte 1306 sigbaar vanaf peilbaken 101? Gee 'n rede vir jou antwoord. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 + 1) (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/2016 SSE VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Verwys na die tabel hieronder, die inligting oor Mafikeng (op bladsy 3) en die topografiese kaart om die vrae wat volg, te beantwoord. Gemiddelde jaarlikse neerslag (mm) vir Mafikeng Jan. Feb. Mrt. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des. 114 81 68 49 21 4 1 5 10 52 72 82 3.1.1 Noem die seisoen wat die laagste neerslag ervaar. _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.1.2 Noem die hoogdruksel wat vir die lae neerslag in die seisoen wat in VRAAG 3.1.1 genoem is, verantwoordelik is. _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.1.3 Verduidelik waarom die hoogdruksel in die antwoord op VRAAG 3.1.2 'n lae neerslag tot gevolg het. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.1.4 Noem TWEE maniere wat op die topografiese kaart sigbaar is, waarop boere rondom Mafikeng voorberei het vir droogtetoestande wat dikwels in Suid-Afrika ervaar word. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) 3.2 Die post-apartheid-nywerheidsontwikkelingskomitee oorweeg die ontwikkeling van Mafikeng. Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart en bespreek TWEE gunstige faktore wat hulle behoort te oorweeg. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/2016 SSE 3.3 Vergelyk blok F6 op die topografiese kaart met dieselfde gebied op die ortofotokaart en noem EEN manier waarop die demokratiese regering in die basiese behoeftes van die armer gemeenskappe voorsien het. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.4 3.4.1 Noem EEN voordeel en EEN nadeel van die Bo-Moloporivier wat deur die dorp Mafikeng vloei. Voordeel:________________________________________________ _______________________________________________________ Nadeel: _________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) 3.4.2 Verduidelik TWEE maniere waarop die munisipaliteit van Mafikeng die uitwerking van die nadeel in jou antwoord op VRAAG 3.4.1 kan beperk. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.5 Verwys na die nywerheidsgebied in blok E6 en E7. 3.5.1 Is dit 'n swaarnywerheidsgebied of 'n ligtenywerheidsgebied? _______________________________________________________ (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/2016 SSE 3.5.2 Bespreek TWEE faktore wat die ligging van hierdie nywerheidsgebied beïnvloed het. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.6 Noem EEN verskil tussen die nedersettingspatroon by M in blok B4 en die nedersettingspatroon by R in blok D2. M: __________________________________________________________ R: __________________________________________________________ (2 x 1) (2) [25] VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart van Mafikeng. 4.1.1 Watter een, die topografiese kaart of die ortofotokaart, bestaan uit: Beeldelemente ('Pixels')/Rooster/Ruitselle: ____________________________________ Punt-, lyn- en poligoonsimbole: ______________________________ (2 x 1) (2) 4.1.2 Noem TWEE maniere waarop 'n hoë resolusie van groter hulp sal wees wanneer verskynsels bestudeer word. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/2016 SSE 4.2 Verwys na die gholfbaan in blok C7. 4.2.1 Verduidelik die begrip datalaag. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.2 Noem TWEE datalae wat die ligging van die gholfbaan beïnvloed het. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 2) (4) 4.3 Ruimtelike data en attribuutdata word gebruik wanneer verskynsels op 'n kaart bestudeer word. 4.3.1 Onderskei tussen ruimtelike data en attribuutdata. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 2) (4) 4.3.2 Noem TWEE attribute van die stroom (N) in blok J2 op die topografiese kaart. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (2 x 1) (2) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/2016 SSE ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all