Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GEOGRAFIE V1
2017
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 416.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology14 marks
- Question 1.6Geomorphology16 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather16 marks
- Question 2.4Climate and weather14 marks
- Question 2.5Geomorphology16 marks
- Question 2.6Geomorphology14 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 3.2Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.5Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa15 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements16 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.
8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
10. Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
maak.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/2017
SSE
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1, 'n sinoptiese weerkaart.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 D.
MOENIE hierdie meervoudigekeuse-vrae op die ANTWOORDBLAD wat in
die ANTWOORDEBOEK verskaf is, beantwoord nie.
1.1.1 Die wolkbedekking by weerstasie X kan as … beskryf word.
A gedeeltelik bewolk
B wolklose toestande
C betrokke
D nie sigbaar nie
1.1.2 Die weer wat langs die vogfront voorkom, is oor die algemeen …
A swaar reënval.
B sneeuval.
C donderstorms.
D hael.
1.1.3 Die troglyn word met …-wolke geassosieer.
A cumulus
B cumulonimbus
C stratus
D altostratus
1.1.4 By E beweeg die warm, vogtige lug van lugdruksel A in 'n … rigting.
A noordoostelike
B noordwestelike
C suidoostelike
D suidwestelike
1.1.5 Die windrigting by weerstasie X is ...
A suidwes.
B noordoos.
C suidoos.
D noordwes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/2017
SSE
1.1.6 Die koue, droë lug van lugdruksel B …
A wig vanaf die Atlantiese Oseaan in.
B wig vanaf die Indiese Oseaan in.
C sny onder lugdruksel C in.
D sny onder lugdruksel D in.
1.1.7 Die vorm van die troglyn word deur … bepaal.
A verskille by weerstasie X en Y
B die posisie van die Suid-Atlantiese Hoog
C die inwigging van die Suid-Atlantiese Hoog
D oneweredige verspreiding van koue en warm lugmassas
(7 x 1) (7)
1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 'n Kleiner stroom wat by 'n rivier A grondwater
aansluit
B interfluviale rif
1.2.2 Hoogliggende gebied wat een
dreineerbekken van 'n ander skei C waterskeiding
1.2.3 Punt waar twee of meer strome D niedeurlatend
by mekaar aansluit
E stroomversnellings
1.2.4 Lei tot turbulente stroomvloei
F poreus
1.2.5 Gesteentes wat water hou
G watertafel
1.2.6 Water wat ondergronds insypel
H samevloeiing
1.2.7 Gesteentes wat nie toelaat dat
water dit binnedring nie I sytak
1.2.8 Boonste vlak van ondergrondse
water
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/2017
SSE
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat op 'n satellietbeeld gebaseer is.
1.3.1 Identifiseer die laagdrukweerstelsel wat in die satellietbeeld getoon
word. (1 x 1) (1)
1.3.2 Gee 'n bewys uit die satellietbeeld om jou antwoord op
VRAAG 1.3.1 te ondersteun. (1 x 2) (2)
1.3.3 Gee 'n rede vir die rigting waarin hierdie laagdrukweerstelsel
beweeg. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom het hierdie laagdrukweerstelsel 'n groter invloed op
Suid-Afrika in die winter? (1 x 2) (2)
1.3.5 Teken 'n benoemde deursnit van 'n kouefront wat met hierdie
laagdrukweerstelsel geassosieer word. (4 x 1) (4)
1.3.6 Verduidelik hoe hierdie laagdrukweerstelsel 'n positiewe invloed op
die ekonomie van die Suidwestelike Kaap het. (2 x 2) (4)
1.4 FIGUUR 1.4 toon die gemiddelde lugtemperatuurverspreiding in die
Johannesburgse SSK.
1.4.1 Gee die gemiddelde temperatuur van die geboue in die
Johannesburgse SSK. (1 x 1) (1)
1.4.2 Gee 'n rede vir die relatief hoë temperature van die geboue in die
Johannesburgse SSK. (1 x 2) (2)
1.4.3 Verduidelik waarom die gemiddelde lugtemperatuur tussen die
geboue effens laer as die temperatuur van die geboue is. (2 x 2) (4)
1.4.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarin jy maniere
voorstel waarop die Johannesburgse SSK herontwikkel kan word
EN hoe alternatiewe tipes materiaal gebruik kan word om die
hoeveelheid hitte wat in die stad gegenereer word, te verminder.
(4 x 2) (8)
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat oppervlakaflooppatrone uitbeeld.
1.5.1 Definieer die term oppervlakafloop. (1 x 1) (1)
1.5.2 In watter landskap is die hoogste oppervlakafloop aangeteken?
(1 x 1) (1)
1.5.3 Noem waarom die oppervlakafloop in die landskap wat jy in
VRAAG 1.5.2 gekies het, hoër is in vergelyking met die ander twee
oppervlakke. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/2017
SSE
1.5.4 Vergelyk die afloop op die bewerkte oppervlak (50–60%) met die
afloop van die beboste oppervlak (10–20%).
(a) Hoe het die infiltrasieproses die verskil in die aangetekende
oppervlakafloop beïnvloed? (1 x 2) (2)
(b) Beskryf die impak van die infiltrasievlak op die
grondwatervlakke vir beide oppervlak B en C. (2 x 2) (4)
1.5.5 Stel voor hoe verhoogde afloop bestuur kan word deur na stedelike
en bewerkte oppervlakke te verwys, soos in die diagram getoon.
(2 x 2) (4)
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat stroomroof illustreer.
1.6.1 Definieer die term stroomroof. (1 x 1) (1)
1.6.2 Watter bewys in skets A dui daarop dat stroomroof waarskynlik sal
plaasvind? (1 x 1) (1)
1.6.3 Noem TWEE fisiese veranderinge wat rivier A sal ondergaan nadat
stroomroof plaasgevind het. (2 x 1) (2)
1.6.4 Noem TWEE moontlike toestande wat daartoe gelei het dat rivier A
die roofstroom is. (2 x 2) (4)
1.6.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om te beskryf hoe die
verminderde watervolume 'n negatiewe invloed op die
boerderygemeenskap by B sal hê. (4 x 2) (8)
[75]
VRAAG 2
2.1 Bestudeer FIGUUR 2.1, gebaseer op 'n diagram wat die invloed van die plato
op Suid-Afrika se weer en klimaat toon.
2.1.1 Dui skets X of Y 'n somertoestand aan?
2.1.2 Benoem lugdruksel A.
2.1.3 Benoem die oseaan waaroor lugdruksel A geleë is.
2.1.4 Benoem lugdruksel C.
2.1.5 Word lugdruksel B met stygende of dalende lug geassosieer?
2.1.6 Sal wolklose en stabiele toestande in skets X of skets Y voorkom?
2.1.7 Gee 'n sterk of 'n swak daling van lug aanleiding tot die posisie van
die inversielaag in skets Y?
2.1.8 Moet die inversielaag bokant of onderkant die plato wees sodat reën
oor die binneland kan voorkom? (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/2017
SSE
2.2 Pas die stellings hieronder by die diagramme van fluviale verskynsels wat
A, B, C en D in FIGUUR 2.2 gemerk is.
2.2.1 Die rivier kan tot die vorming van hoefystermere lei.
2.2.2 Vertikale erosie is dominant in hierdie diagram.
2.2.3 Die rivier toon hoofsaaklik 'n goed ontwikkelde, kronkelende
stroomkanaalpatroon.
2.2.4 Die rivier set slik op die rivierbedding af en vorm 'n gevlegte
stroompatroon.
2.2.5 Rivierafsetting/-deponering is in die vorm van 'n waaier.
2.2.6 Die rivier is besig om te verjong.
2.2.7 Die rivier is in sy boloop. (7 x 1) (7)
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat hellingwinde toon.
2.3.1 Benoem hellingwind A. (1 x 1) (1)
2.3.2 Noem EEN faktor wat vir die beweging van hellingwind A
verantwoordelik is, soos in FIGUUR 2.3 getoon. (1 x 1) (1)
2.3.3 Watter invloed het die ongelyke hellings op die lug wat teen die
helling af beweeg? (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik waarom 'n temperatuurinversie snags in 'n vallei
voorkom. (2 x 2) (4)
2.3.5 Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe
hellingwind A beide 'n positiewe en negatiewe invloed op
plantegroei op die valleibodem kan hê. (4 x 2) (8)
2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4 wat op orkane gebaseer is.
2.4.1 Gee 'n bewys wat daarop dui dat die toestande wat in die
satellietbeeld getoon word, in die Noordelike Halfrond voorgekom
het. (1 x 1) (1)
2.4.2 Wat is die beraamde hoogte van die wolke rondom die oog? (1 x 1) (1)
2.4.3 Gee 'n rede vir vir die gebrek aan wolke in die oog. (1 x 2) (2)
2.4.4 Wat is die energiebron wat hierdie orkaan laat beweeg? (1 x 2) (2)
2.4.5 Beskryf die tipe weerstoestande wat die oog omring. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/2017
SSE
2.4.6 Teken 'n eenvoudige, benoemde boaansig-skets van die
geïllustreerde orkaan en dui die volgende duidelik aan:
(a) Lugbeweging rondom die oog (1 x 2) (2)
(b) Die gevaarlike halfsirkel (gebied waar die meeste skade
aangerig sal word wanneer dit die land bereik) (1 x 2) (2)
2.5 Bestudeer die grafiese voorstelling van stroomafloop in die verskillende
stadiums van 'n dreineerbekken.
2.5.1 Definieer die term stroomafloop. (1 x 1) (1)
2.5.2 In watter loop is die stroomkanaal op sy wydste? (1 x 1) (1)
2.5.3 Gee 'n moontlike verduideliking vir jou antwoord op VRAAG 2.6.2.
(1 x 2) (2)
2.5.4 Gee TWEE redes vir die toename in stroomafloop vanaf die boloop
na die benedeloop. (2 x 2) (4)
2.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf en verduidelik die
impak van 'n toename in reënval op die diepte en breedte van die
rivier in die benedeloop. (4 x 2) (8)
2.6 FIGUUR 2.6 is 'n gevallestudie oor opvangs- en rivierbestuur. Lees die artikel
aandagtig voordat jy die vrae wat volg, beantwoord.
2.6.1 Noem TWEE inisiatiewe wat die Working for Wetlands-program vir
volhoubare rivierbestuur in Suid-Afrika ingestel het. (2 x 1) (2)
2.6.2 Waarom is opvangsbestuursprogramme vir Suid-Afrikaanse riviere
ingestel? (1 x 2) (2)
2.6.3 Verduidelik die rol van vleilandherstel in die handhawing van 'n
goeie watervoorraad in Suid-Afrikaanse riviere. (2 x 2) (4)
2.6.4 Bespreek die negatiewe invloed van menslike aktiwiteite op
opvangsgebiede in Suid-Afrika. (3 x 2) (6)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/2017
SSE
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.8 D.
MOENIE hierdie meervoudigekeuse-vrae op die ANTWOORDBLAD wat in
die ANTWOORDEBOEK verskaf is, beantwoord nie.
3.1.1 'n Los groepering van plaasopstalle word 'n … genoem.
A boeredorpie
B gehuggie
C metropool
D dorp
3.1.2 Die presiese grond waarop 'n nedersetting gebou word:
A Ligging
B Standplaas
C Situasie
D Gebied
3.1.3 Nedersettingdigtheid verwys na die getal nedersettings per …
A m².
B km².
C cm².
D mm².
3.1.4 'n Kulturele faktor wat die ligging van 'n standplaas beïnvloed, is …
A water.
B weiding.
C brandstof.
D godsdiens.
3.1.5 'n Nedersetting word as landelik geklassifiseer as gevolg van die …
A aantal mense wat in die nedersetting woon.
B aantal hoë-orde-aktiwiteite.
C funksie van die nedersetting.
D aantal lae-orde-aktiwiteite.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/2017
SSE
3.1.6 Droëpuntnedersettings kom naby … voor.
A riviere
B oases
C moerasse
D hoogliggende gebiede
3.1.7 'n Nedersetting wat geleë is langs 'n rivier waar dit maklik
oorgesteek kan word:
A Ontspanningsnedersetting
B Poortnedersetting
C Oorbrugpuntnedersetting
D Kruispadnedersetting (7 x 1) (7)
3.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Nywerhede wat groot en swaar A brugnywerheid
grondstowwe gebruik
B ekonomiese resessie
3.2.2 'n Meting van die goedere en
dienste wat jaarliks in 'n land C onafhanklike nywerheid
geproduseer kan word
D nywerheidsdesentralisasie
3.2.3 Nywerheidsgebiede buite die
kern wat vir ekonomiese E bruto binnelandse produk
ontwikkeling gesoneer is
F uitvoermark
3.2.4 Nywerhede wat nie van 'n ligging
afhanklik is nie G tuismark
3.2.5 'n Nywerheid wat tussen sy H alomteenwoordige
grondstofbron en sy markgebied nywerheid
geleë is
I swaar nywerheid
3.2.6 'n Afname in ekonomiese
aktiwiteit
3.2.7 Markte wat binne 'n land vir
plaaslike verbruik van produkte
beskikbaar is
3.2.8 Markte in 'n ander land, waar
produkte verkoop word
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/2017
SSE
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, 'n spotprent oor die 1913 Naturelle Grond Wet in
Suid-Afrika.
3.3.1 Definieer die term grondrestitusie. (1 x 1) (1)
3.3.2 Wat was die doel van die Naturelle Grond Wet, 1913 (Wet 27
van 1913)? (1 x 1) (1)
3.3.3 Wanneer is die 1913 Naturelle Grond Wet herroep? (1 x 1) (1)
3.3.4 Verduidelik waarom grondrestitusie op gepaste wyse met die slak
verbind word. (2 x 2) (4)
3.3.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en beskryf kortliks
enkele van die faktore wat die grondhervormingsproses in
Suid-Afrika vertraag het. (4 x 2) (8)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, wat 'n sentrale plek en sy omliggende klante
illustreer.
3.4.1 Wat is 'n sentrale plek? (1 x 1) (1)
3.4.2 Tref 'n duidelike onderskeid tussen drempelbevolking en
invloedsfeer, soos in FIGUUR 3.4 getoon. (2 x 1) (2)
3.4.3 Verwys na klant A, B en C.
(a) Indien al drie klante dieselfde produk by die sentrale plek
koop, vir watter klant sal die produk duurder wees? (1 x 2) (2)
(b) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.3(a). (1 x 2) (2)
3.4.4 Verduidelik hoe die drempelbevolking 'n invloed op die winsgrens
van 'n besigheid het. (2 x 2) (4)
3.4.5 Beskryf en verduidelik die impak van die ligging van 'n hoogs
gespesialiseerde diens op die invloedsfeer van die sentrale plek.
(2 x 2) (4)
3.5 Verwys na die foto oor boerdery op klein skaal in FIGUUR 3.5.
3.5.1 Definieer die term kleinskaalse boer (kleinboer). (1)
3.5.2 (a) Sou jy die kleinskaalse boer in die foto as 'n bestaansboer of
'n kommersiële boer beskryf? (1 x 2) (2)
(b) Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.5.3(a). (1 x 2) (2)
3.5.3 Beskryf EEN probleem wat die kleinskaalse boer ondervind, wat op
die foto sigbaar is. (1 x 2) (2)
3.5.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die belangrikheid van
boerdery op klein skaal vir plaaslike gemeenskappe te motiveer.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/2017
SSE
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, wat inligting oor die Durban-Pinetown-
nywerheidstreek verskaf.
3.6.1 Watter bewys dui daarop dat Durban-Pinetown vinnig besig is om as
'n nywerheidstreek te groei? (1 x 1) (1)
3.6.2 Noem 'n grondstof wat nywerheidsgroei in hierdie streek
ondersteun het. (1 x 1) (1)
3.6.3 Haal EEN van die hoofvoordele van die Cornubia-nywerheidspark in
FIGUUR 3.6 aan. (1 x 1) (1)
3.6.4 Verduidelik hoe die voordeel, wat in VRAAG 3.6.3 geïdentifiseer is,
plaaslike gemeenskappe sal help. (2 x 2) (4)
3.6.5 Hoe ondersteun die infrastruktuur in hierdie nywerheidstreek vinnige
nywerheidgroei? (2 x 2) (4)
3.6.6 Gebruik voorbeelde en verduidelik waarom hierdie nywerheidstreek
baie vragverbrekingsnywerhede het. (2 x 2) (4)
[75]
VRAAG 4
4.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 I.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Grootste tipe landelike nedersetting A kernagtige nedersetting
4.1.2 Samesmelting van stede om 'n B megalopolis
aaneenlopende stedelike gebied te
vorm C plaasopstal
4.1.3 Kleinste nedersettingstipe D boeredorpie
4.1.4 'n Enkele stad wat deur afhanklike E dorp
dorpe omring word
F konurbasie
4.1.5 Kleinste tipe stedelike nedersetting
G metropool
4.1.6 Wanneer geboue in 'n nedersetting
'n kompakte eenheid vorm H nedersettingsontwerp
4.1.7 Die grootste stedelike
nedersettingstipe
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/2017
SSE
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 oor ekonomiese geografie om hierdie vraag te
beantwoord.
Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
4.2.1 Die (sekondêre/tersiêre) sektor verwys na die verskaffing van
dienste.
4.2.2 Na onttrekking word waarde tot grondstowwe deur die
(sekondêre/tersiêre) sektor gevoeg.
4.2.3 Ekonomiese groei in die primêre sektor het afgeneem as gevolg van
die afname in (landbou/mynbou).
4.2.4 Die dienssektor wat die grootste groei getoon het, is
(mynbou/finansies).
4.2.5 Die (sekondêre/tersiêre) sektor dra die minste tot die
Suid-Afrikaanse ekonomie by.
4.2.6 Die mynbousektor het gegroei as gevolg van 'n toename in die
produksie van (goud/platinum).
4.2.7 Die groei in handel is aan 'n groei in (vervaardiging/landbou)
gekoppel.
4.2.8 Die sektor waartoe toerisme 'n bydrae maak, is die
(sekondêre/tersiêre) sektor. (8 x 1) (8)
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 wat landelik-stedelike migrasie toon.
4.3.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 1) (1)
4.3.2 Waarom word 'n magneet in die diagram gebruik om
landelik-stedelike migrasie uit te beeld? (1 x 1) (1)
4.3.3 Noem TWEE stootfaktore, wat in die diagram sigbaar is, wat
landelik-stedelike migrasie tot gevolg het. (2 x 1) (2)
4.3.4 Noem TWEE maniere waarop landelik-stedelike migrasie die
landelike gemeenskap negatief beïnvloed. (2 x 2) (4)
4.3.5 Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare
maatreëls wat in landelike gebiede ingestel kan word om
landelik-stedelike migrasie te verminder. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 14 DBE/2017
SSE
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat op 'n stedelike probleem gebaseer is.
4.4.1 Noem die stedelike probleem in die spotprent. (1 x 1) (1)
4.4.2 Watter frase in die spotprent suggereer dat die fietsryers vinniger as
die motors beweeg? (1 x 1) (1)
4.4.3 Noem TWEE omgewingsinvloede van die probleem wat in
VRAAG 4.4.1 geïdentifiseer is. (2 x 1) (2)
4.4.5 Gee TWEE redes waarom fietsbane al hoe belangriker word in die
meeste stedelike grondgebruiksones. (2 x 2) (4)
4.4.6 Stel DRIE maniere voor waarop verkeersopeenhoping verminder
kan word. (3 x 2) (6)
4.5 Verwys na die koerantuittreksel oor die Maputo-ontwikkelingskorridor.
4.5.1 Gee 'n bewys uit die uittreksel wat bevestig dat die
Maputo-ontwikkelingskorridor 'n suksesvolle inisiatief is. (1 x 1) (1)
4.5.2 Watter kernnywerheidsgebied in Suid-Afrika vind die meeste baat by
die Maputo-ontwikkelingskorridor? (1 x 1) (1)
4.5.3 Noem TWEE infrastruktuurfasiliteite wat die groei van die
Maputo-ontwikkelingskorridor ondersteun. (2 x 1) (2)
4.5.4 Verwys na die stelling: ꞌHandel is hoofsaaklik uitgaande.'
(a) Wat beteken die stelling handel is uitgaande? (1 x 2) (2)
(b) Lewer kommentaar op waarom hierdie tipe handel vir
Suid-Afrika voordelig is. (1 x 2) (2)
4.5.5 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe
Suid-Afrika en Mosambiek by die Maputo-ontwikkelingskorridor baat
gevind het. (4 x 2) (8)
4.6 Verwys na die grafiese data oor die informele sektor in FIGUUR 4.6.
4.6.1 Definieer die term informele sektor. (1 x 1) (1)
4.6.2 Watter tendens toon die netto maandelikse inkomste vanaf 2008
tot 2016? (1 x 1) (1)
4.6.3 Stel TWEE redes voor vir die gedwonge verskuiwing van die
handelsplek na 'n nuwe ligging. (2 x 2) (4)
4.6.4 Bespreek en verduidelik die negatiewe impak van enige EEN
van die verswakkende werksomstandighede op werkers in die
informele sektor. (2 x 2) (4)
4.6.5 Waarom is vroulike werkers belangrik vir die informele sektor van
die ekonomie? (2 x 2) (4)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Prelim 2017 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum