NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ʼn 9-bladsy bylaag.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Geography Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)
Grade 10 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 444.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape November 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A is teorie en
AFDELING B is kaartwerk.
2. Beantwoord ALLE vrae in hierdie vraestel.
3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen die onderafdelings wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die lyn.
8. MOET NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Teken geannoteerde diagramme wanneer dit vereis word.
10. Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy gevra word om te verskaf,
noem, identifiseer of te lys.
11. Verwys na die topografiese kaart en ortofotokaart om VRAAG 3 (Kaartwerk)
te beantwoord.
12. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
hiervoor toegeken word.
13. Dui die meeteenheid in die finale antwoord van die berekeninge aan. Sorg
dat die eenhede in AL jou berekeninge en finale antwoord behoue bly.
14. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
15. Die gebied afgebaken in SWART op die topografiese kaart verteenwoordig
die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. ʼn Woordelys van sommige Engelse en Afrikaanse woorde en hul vertalings
verskyn in die bylaag.
17. Lees ALLE instruksies versigtig.
18. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 3
AFDELING A: BEVOLKING EN WATERHULPBRONNE
VRAAG 1: BEVOLKING
1.1 Pas die term/konsep in KOLOM B by die korrekte beskrywing in KOLOM A. Skryf
SLEGS die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommers
(1.1.1–1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 K.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Statistieke wat aandui hoe die bevolking A emigrante
verander
1.1.2 Mense wat uit hulle eie land na ʼn ander B lewensverwagting
land vir werkgeleenthede beweeg
1.1.3 Die vinnige toename in die land se C bevolkingsdigtheid
bevolking
1.1.4 ʼn Grafiek wat die bevolkingstruktuur in D xenofobie
terme van ouderdom en geslag aandui
1.1.5 Migrante wat gedwing word om uit hul E bevolkings-aanduiders
land van herkoms te trek weens vrees vir
vervolging of natuurrampe
1.1.6 Die aantal mense per vierkante kilometer F bevolkingsontploffing
1.1.7 ʼn Sterk gevoel van vrees en afkeer of G ekonomiese migrante
vrees vir mense uit ander lande
1.1.8 Die verwagte gemiddelde aantal jare wat H vlugtelinge
mense in ʼn land sal leef
I bevolkingspiramide
(8 x 1) (8)
1.2 Bestudeer FIGUUR 1.2 A en B wat twee verskillende bevolkingspiramides
aantoon om die vrae wat volg te beantwoord. Skryf die vraagnommer en die
letter (A of B) neer wat met die onderstaande stellings ooreenstem, bv. 1.2.9 B.
1.2.1 Hierdie is ʼn vroeë groeiende bevolking.
1.2.2 Kinders dra by tot plaasarbeid in hierdie bevolking.
1.2.3 Daar is meer individue wat vir meer as 75 jaar lewe.
1.2.4 Sterfte- en geboortesyfer is beide hoog.
1.2.5 Mediese fasiliteite is van hoë gehalte.
1.2.6 Meeste van hierdie lande word in Afrika en Latyns-Amerika aangetref.
1.2.7 Afhanklikheidskoers is laag in hierdie land. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 (A en B) wat die verspreiding van die
wêreldbevolking aandui om die vrae wat volg te beantwoord.
1.3.1 Definieer bevolkingverspreiding. (1 x 1) (1)
1.3.2 Identifiseer vanaf die kaarte en tabel in FIGUUR 1.3A en B die
kontinent met die grootste bevolking. (1 x 1) (1)
1.3.3 Noem TWEE lande met die wêreld se grootste bevolkings. (2 x 1) (2)
1.3.4 Stel TWEE uitdagings voor wat ʼn land met ʼn groot bevolking in die
gesig staar. (2 x 2) (4)
1.3.5 Beskryf TWEE fisiese faktore wat meer mense aantrek, om in ʼn
gebied te woon. (2 x 2) (4)
1.3.6 Identifiseer ʼn land met min bevolking in FIGUUR 1.3A en beskryf
EEN uitdaging wat so ʼn land met min bevolking het. (1 + 2) (3)
1.4 Verwys na FIGUUR 1.4 en beantwoord die vrae war volg.
1.4.1 Definieer xenofobie. (1 x 1) (1)
1.4.2 Beskryf die impak van hierdie xenofobiese-aanval op die
buitelanders volgens die inligting in die verslag. (1 x 2) (2)
1.4.3 Noem TWEE groepe wat hulle in 2008 besig gehou het met die
beskerming van buitelandse burgers om bloedvergieting te stop.
(2 x 1) (2)
1.4.4 Gee TWEE redes waarom Suid-Afrikaners hul woede vir mense uit
ander lande toon. (2 x 2) (4)
1.4.5 Stel EEN rede voor waarom xenofobiese-aanvalle steeds in Suid-
Afrika plaasvind ondanks die regering, die burgerlike samelewing en
internasionale organisasies se pogings om dit te stop. (1 x 2) (2)
1.4.6 Stel maniere voor waarop geweld tussen Suid-Afrikaners en
buitelandse burgers verminder kan word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 5
1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat die landelike en stedelike bevolking (in miljoene)
van Suid-Afrika aantoon.
1.5.1 Definieer landelike bevolking. (1 x 1) (1)
1.5.2 Neem stedelike bevolking af of neem dit toe van 1960 tot 2016?
(1 x 1) (1)
1.5.3 Gee ʼn rede vir die patroon wat jy in VRAAG 1.5.2 hierbo beskryf het.
(1 x 1) (1)
1.5.4 Gebruik die inligting op die grafiek om die stedelike bevolking in 2015
uit te werk. (1 x 2) (2)
1.5.5 Verskaf TWEE stoot-faktore wat veroorsaak dat mense landelike
gebiede vir stedelike gebiede verlaat. (1 x 2) (2)
1.5.6 Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer agt reëls die moontlike
negatiewe gevolge wat die stede van Suid-Afrika sal ervaar as hulle
aanhou plaaslike en internasionale immigrante in groot getalle
ontvang. (4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: WATERBRONNE
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1, wat die watersiklus aantoon.
2.1.1 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf SLEGS die nommer en die
korrekte woord wat jy gekies het, uit die hakies, neer.
(a) Die groter persentasie van die aarde se water word aangetref in/op
die (atmosfeer/aardoppervlak).
(b) (Hael/Kondensasie) is ʼn vorm van neerslag.
(c) (Sneeu/Vog) is water in ʼn soliede toestand. (3 x 1) (3)
2.1.2 Noem die prosesse wat deur die letters A, B, C en D in FIGUUR 2.1 in
die bylaag voorgestel word. (4 x 1) (4)
2.2 Kies EEN woord/frase uit die blokkie wat met die daaropvolgende stellings
ooreenstem.
Ekosisteem; mariene besoedeling; ontsouting; oorbevissing; versuring;
viskwotas; gruis water; inter-bekken verplasing; volhoubaarheid
2.2.1 Die verwydering van sout uit oseaan water om dit meer bruikbaar te
maak.
2.2.2 Gebruikte water wat steeds vir ander doeleindes gebruik kan word.
2.2.3 Om meer visse te vang as wat hulle aanteel, verminder dus hul
bevolking.
2.2.4 Gekoppelde pype wat water van ʼn hoë reënvalgebied na ʼn droë gebied
oordra.
2.2.5 Gebruik bronne versigtig om hul toekomstige beskikbaarheid te verseker
2.2.6 Storting van afvalprodukte in oseane.
2.2.7 Die beheer van die aantal vis wat vissermanne mag vang.
2.2.8 Die gemeenskap waar lewende en nie-lewende dinge saam bestaan.
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 7
2.3 Verwys na FIGUUR 2.3, wat waterprobleme in Kaapstad aantoon, om die
onderstaande vrae te beantwoord.
2.3.1 Noem die provinsie wat deur die watertekort, geaffekteer word. (1 x 1) (1)
2.3.2 Verskaf die naam van die veldtog vir waterbestuur wat in Kaapstad van
stapel gestuur is. (1 x 1) (1)
2.3.3 Wat is Dag Zero, volgens die artikel? (1 x 2) (2)
2.3.4 Waarom lyk die mense wat in die artikel geïllustreer word, so desperaat?
(2 x 2) (4)
2.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer agt reëls, verskaf strategieë wat die
inwoners van Kaapstad en die munisipaliteite van die streek moet
implementeer om watertekorte te verminder. (4 x 2) (8)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat oorstromings in Port St Johns, Oos-Kaap, aantoon
om die vrae wat volg te beantwoord.
2.4.1 Wat is ʼn oorstroming? (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem die tipe oorstroming wat Port St. Johns affekteer het. (1 x 2) (2)
2.4.3 Verduidelik waarom groot gedeeltes van laagliggende landelike
nedersettings ontoeganklik gelaat is (nie bereikbare gebiede). (1 x 2) (2)
2.4.4 Beskryf die oorsake van oorstromings, soos die een wat in die artikel
uitgebeeld word. (2 x 2) (4)
2.4.5 Verduidelik die gevolge wat hierdie vloed vir die inwoners van Port St
Johns veroorsaak het, soos in die diagram aangetoon. (2 x 2) (4)
2.4.6 Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat die inwoners van Port St Johns sou
kon neem om die skade wat deur hierdie vloed in hul omgewing
veroorsaak is, te verminder. (1 x 2) (2)
2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 wat die verandering in die hoeveelheid Kaapse
perdemakriel in Suid-Afrikaanse waters toon.
2.5.1 Wat was die eindvoorraad van makriel in 2013? (1 x 1) (1)
2.5.2 Volgens die inligting in die grafiek, styg of daal die eindvoorraad van
makriel vanaf 2005 tot 2014? (1 x 1) (1)
2.5.3 Verskaf die jaar waarin die eindvoorraad van makriel die hoogste was.
(1 x 1) (1)
2.5.4 Bereken die verskil in voorraad (in ton) tussen jare 2005 en 2009.
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.5.5 Beskryf die voordele vir Suid-Afrika as die voorraad van die Kaapse
perdemakriel sal toeneem. (1 x 2) (2)
2.5.6 Stel die moontlike redes voor vir die toename in die voorraad van makriel
en ander visvoorraad. (2 x 2) (4)
2.5.7 Verduidelik die negatiewe resultate van oorbevissing aan die Suid-
Afrikaanse kus in die langtermyn. (2 x 2) (4)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 9
AFDELING B: KAARTWERK
VRAAG 3
3.1 KAARTWERK-VAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE
3.1.1 Verwys na die inligting oor die magnetiese deklinasie onderaan die
kaart en beantwoord die volgende vrae.
Bereken die magnetiese deklinasie vir die huidige jaar. (5 x 1) (5)
3.1.2 Verwys na blok I13 op die topografiese kaart.
Daardie deel van die kaart toon ʼn spoorlyn wat onder ʼn tonnel beweeg.
Meet en skryf die lengte van daardie tonnel in meter, neer.
FORMULE: AFSTAND: CM x SKAAL (2 x 1) (2)
3.1.3 Verwys na die ortofotokaart.
(a) Wat is die rigting van die skool, gemerk deur letter Q vanaf die
winkelsentrum, gemerk deur letter P? (1 x 1) (1)
(b) Bepaal die ware peiling van punthoogte 22 vanaf
trigonometriese gebaken nommer 71, wat albei in die gebied
rondom punt P op die ortofotokaart aangetref word. (2 x 1) (2)
3.2 KAART- EN FOTO-TOEPASSING EN INTERPRETASIE
3.2.1 Die tipe vervoer wat jy vanaf Somerset-Wes na Bellville kan gebruik,
as jy noordwes reis is, (lug en water / pad en spoor). (1 x 1) (1)
3.2.2 Verwys na die verskynsel met die naam PAARDEVLEI op die
ortofotokaart.
(a) Noem die verskynsel gemerk PAARDVLEI. (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik die belangrikheid van so ʼn waterverskynsel vir
mense wat in die omgewing woon. (2 x 2) (4)
3.2.3 Verwys na blok D4 op die topografiese kaart, tesame met die gebied in
die boonste noordwestelike deel van die ortofotokaart.
(a) Noem die belangrikste menslike aktiwiteit wat in daardie gebied
oorheers. (1 x 1) (1)
(b) Beskryf EEN voorwaarde wat gunstig is vir die ontwikkeling van
die aktiwiteit genoem in VRAAG 3.2.3 (a) hierbo. (1 x 2) (2)
3.2.4 Verwys na blok A10.
Verskaf EEN bewys dat natuurbewaring ʼn prioriteit in Somerset-Wes
is. (1 x 1) (1)
3.2.5 Regverdig met behulp van kaartbewyse waarom Somerset-Wes as ʼn
waterskaars gebied beskryf kan word. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS
3.3.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn rekenaarhardeware komponent. (1 x 1) (1)
3.3.2 Beskryf die gebruik van die hardeware komponent wat in VRAAG 3.3.1
hierbo genoem word. (1 x 2) (2)
3.3.3 Verwys na blok F6 op die topografiese kaart. Beskryf hoe ʼn GIS-
ruimtelike analise gebruik is, in verhouding tot die aktiwiteite wat in
daardie gebied voorkom. (1 x 2) (2)
3.3.4 Bestudeer die diagram (FIGUUR 3.3.4) wat afstandwaarneming toon,
tesame met jou kaarte om die vrae wat volg te beantwoord.
(a) Definieer afstandwaarneming. (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik waarom dit belangrik was vir die landmeters om
data deur middel van afstandwaarneming te versamel, voordat
die gekarteerde gebied ontwikkel is. (1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Memorandum
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 10 P2 National November 2018 QP (Afr)
More from Grade 10 Geography

Study guide
Gr10 Geografie OG studyguide LR

Annual teaching plan
Gr 10 Geo ATP 2023 24

Question paper and memo
Geography Grade 10 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Paper 1 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Addendum